# Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 49 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-mg-afr/a96b2e32-24d1-444c-bd47-e5e32d010d4e
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 49

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-mg-afr/a96b2e32-24d1-444c-bd47-e5e32d010d4e)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               DRAMATIESE KUNSTE

                                  NOVEMBER 2024

                                  NASIENRIGLYNE

       PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 47 bladsye
                                     en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Dramatiese Kunste                         2                       DBE/November 2024
                                 NSS – Nasienriglyne

   ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

   1.   Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die
        'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar
        ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas
        op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal.
   2.   Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te
        assesseer, is Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se
        Taksonomie ('Revised Bloom's Taxonomy').
        • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
        • 4 denkprosesse van kompleksiteit
   3.   Nasieners:
        • Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse
            in dienasienriglyne uiteen te sit.
        • Vind algemene definisies en begrippe.
        • Assimileer en standaardiseer die:
            o Verwagte antwoorde op elke vraag
            o Kognitiewe moeilikheidsvlak wat vereis word van die kandidaat
            o Tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
            o Aksiewerkwoorde wat gebruik word by elk van die
                 kognitiewe vlakke endie tipes bewyse vereis (feite, konsepte,
                 prosesse en denke)
        • Maak 'n duidelike regmerkie langs die kognitiewe vlak/denkproses
            van kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardigheid/kennisaspek wat
            vereis word wanneer 'n punt toegeken word.
        • Die Hoofnasiener en Interne Moderator mag slegs 'n nasiener wees
            wat 'n geskikte kwalifikasie in Drama van ŉ Hoëronderwys Instituut
            het, bv. 'n Baccalaureusgraad of 'n graad in Drama op vlak drie.
        • Nuwe of onervare nasiener moet deur óf die Hoofnasiener óf die
            Interne Moderator gemodereer word
        • Aanvaar ander korrekte antwoorde wat die kandidaat se Kennis,
            Konsepte en Vaardighede weergee. Die meerderheid vrae van die
            vak, Dramatiese Kunste, verwag van ŉ kandidaat om persoonlike
            subjektiewe opinies asook oorspronklike en kreatiewe antwoorde
            te gee. Sien uit 'n holistiese oogpunt na en aanvaar korrekte
            antwoorde wat nie in die Nasienriglyne is nie
        • Raak aktief betrokke by die antwoord.
        • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne om
            te verseker dat nasien regverdig, geldig en betroubaar is en aan
            duidelike kriteria gemeet word.
        • Die Verdragingsreeks (ꞌTolerance Rangeꞌ) in Dramatiese Kunste
            word jaarliks aangepas om by die vraestel te pas. As nasieners
            punte hoër of laer as die Verdragingsreeks gee, moet die
            Hoofnasiener of die Interne Moderator 'n besluit neem en/of die
            punt ervaar of verwerp.
        • Daar moet gedurende die nasienproses gereelde
            konsultasierondtes/opleiding wees om te verseker dat nasien
            gestandaardiseer is.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Dramatiese Kunste                           3                          DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

        •    Die nasienriglyne kan nie al die antwoorde voorspel nie.
             Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en moet ontvanklik wees
             met die kandidate se antwoorde.
        •    Sien globaal na.
        •    Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde
             ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en
             Onderwerpe van graad 10/11/12 (konsepte, vaardighede en
             kennis) en met die spesifieke vraag se vereistes.
        •    As die nasienriglyne nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n
             nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken
             moet word of nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Dramatiese Kunste                           4                           DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

   Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

   Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae
   en diebygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

   1. Itemmoeilikheidsgraad (Vraag/Item):
      Hoe kompleks/moeilik is die ontwerp van die werklike vraag/item self?
   2. Taakmoeilikheidsgraad:
      Wat is die kompleksiteit/moeilikheidsgraad van die kognitiewe vlak en
      denkproses wat van die kandidaat verwag word?
   3. Stimulusmoeilikheidsgraad (Bron):
      Hoe kompleks/moeilik of maklik is dit om die bron toe te pas en te verstaan?
   4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
      Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed)
      van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in
      die nasienriglyne gegee?
      Is dit in lyn met die item, taak en
      stimulus? Is die punte toepaslik
      geweeg en toegeken?
                                                                – Leong: 2002

   Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word
   moet diehoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg:
     Maak seker daar is standaardisering van die puntetoekenning van
     kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen
     Standaardiseer nasionale nasienprosedures, prosesse en uitslae
     Volg die volgende prosedure:
     Die item (vraag) en taak (nasienriglyne):
      o Lees die item en bepaal die vlak van kompleksiteit en
          moeilikheidsgraad vandie ontwerp van die vraag: lae, middel of
          hoë vlak
      o Lees die taak (nasienriglyne) en bepaal watter inhoud van die
          kandidaat vereisword om die vraag te antwoord. Som die inhoud
          op
      o Deel antwoordplanne en som verwagtinge oor leerderantwoorde op.
      o Deel nie net die kwantiteit bewyse nie, maar ook die gehalte van
          die bewyse (hoe goed).
     Fasilitering van die opleiding van die nasiener m.b.t. die nasienriglyne
      en dierubrieke
      o Hersien die rubriek met betrekking tot die item en die taak
      o Hersien die prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur
          bewyse van die antwoord by die kriteria van die rubriek te pas en alle
          elemente ewe veel te laat weeg)
     Oefen om individueel na te sien
      o Sien 'n stel oefenskrifte na.
      o Nasieners moet die skrifte onafhanklik nasien.

   Die hoofnasiener/interne moderator moet die nasieners se punte aanteken
   en diebespreking lei. (Opleidingskrifte moet punte en kommentaar bevat.)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Dramatiese Kunste                           5                           DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS

   VRAAG 1

   Die kandidaat moet:
      Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
      Verwys na die toneelteks wat bestudeer is
      Enige een van die drie Teaterbewegings binne die konteks van die vereistes van
      die vraag toepas:
      o Teater van die Absurde OF
      o Epiese Teater OF
      o Postmoderne Teater
      Na die bronmateriaal in hulle antwoord verwys
      Na die vraag in hulle antwoord verwys
      Demonstreer dat die vraag en bron verstaan, ontleed, toegepas, geëvalueer en in
      hulle opstel geïntegreer is
      Gekonstrueerde en gememoriseerde kennis in 'n bespreking kontekstualiseer, wat
      feitelike, kontekstuele, prosedurele en metakognitiewe denke toon
      Kreatiwiteit in die toepassing van die eise van die vraag

   Nasieners moet die volgende in ag neem:
     Kandidate moet demonstreer dat hulle die bostaande verstaan en krities ontleed en
     in hulle opstel toegepas het.
     Die Rubriek is 'n gids vir die nasiener om die volgende te assesseer:
     o Kognitiewe vlakke (onthou, verstaan, toepas, analiseer, evalueer en skep)
     o Kompleksiteite van denke wat deur die kandidaat getoon word (feitelik,
         konseptueel, prosedureel, metakognitief)
     Al die vrae se vlakke, elemente en instruksies moet in ag geneem word wanneer die
     opstel nagesien word.
     Om 'n billike, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners bevoeg wees
     in die betekenis en toepassing van Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se
     Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n rubriek:
     o Kriteria (vaardighede, kennis, konsepte, tegnieke en inhoud)
     o Vlakbeskrywers (laag, middel en hoog)
     o Woordbeskrywers
     o Aksiewerkwoorde
     o Kognitiewe vlakke
     o Denkprosesse
     Nasieners moet streng opgelei word hoe om al ses die kognitiewe vlakke, asook die
     vier denkprosesse te identifiseer, te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasies
     te meet.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Dramatiese Kunste                                  6                                          DBE/November 2024
                                          NSS – Nasienriglyne

      BESKRYWER       PUNTE               DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                    Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die
                       27–30        inhoud
       Uitstaande
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
                      90–100%       Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese
     Metakognitiewe
                                    en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
                        A+      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
          Skep
                                    Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                    teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die
                                    teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud en ander bronne
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                    Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke
                                    oor die inhoud
       Uitstekend      24–26
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
                                    Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese
     Metakognitiewe   80–89%
                                    en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
        Evalueer        A
                                    Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                    teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die
                                    teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud en ander bronne
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                    Maak gevolgtrekkings, dekonstruktureer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met
      Verdienstelik    21–23
                                    prosedurele denke oor die inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
      Prosedureel     70–79%
                                    Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
        Ontleed         B
                                    Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
                                    bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
        Wesenlik       18–20        Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak; met prosedurele denke oor die inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
       Prosedureel    60–69%        Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
        Toepas          C           Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
                                    binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
       Voldoende       15–17        Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
      Konseptueel     50–59%        Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
         Begrip         D           Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
                                    inhoud
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
       Gemiddeld       12–14        Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
      Konseptueel     40–49%        Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
         Begrip         E           Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                    bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
       Elementêr       10–11        Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
         Feitlik       30–39        Skryf ŉ opstel wat denke op 'n elementêre vlak toon
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
         Onthou         F           Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                    bronne
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
     Nie Behaal Nie     1–9
                                    Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
                                •   Argument: (Bespreking/Beskrywing)
         Feitlik      20–29%
                                    Skryf feite neer op 'n voorspelbare beperkte vlak
                                •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
         Onthou         G
                                    Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak
                                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                         0          Geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie.
                                •   Argument:(Bespreking/Beskrywing)
     Nie Behaal Nie   0–19%         Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om
                                    genoeg feite te verskaf
                        H       •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                    Geen bewyse van enige feitelike kennis nie

                                                                                       TOTAAL AFDELING A:                      30
Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Dramatiese Kunste                           7                           DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

   Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

   VRAAG 2:         WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                    BARNEY SIMON

   2.1       Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die openingstoneel
             demonstreer.

             Ken volpunte toe vir:
             • Twee aparte gedagtes/idees

             Die volgende is 'n riglyn:
             In die openingstoneel:
             • Skep die akteurs 'n totempaal
             • Vorm die akteurs 'n jazz-orkes
             • Vra die polisieman die musikant vir sy 'dompas'/pasboek
             • Transformeer/Omvorm een akteur van die jazz-orkes tot die polisieman en             (2)
                 die ander bly die musikant

   2.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die toneelstuk en die
            karaktertransformasietegnieke demonstreer wat deur die akteurs gebruik kan
            word.

            Die volgende is 'n riglyn:
            Ken volpunte toe vir:
            • Twee goed gemotiveerde stellings OF
            • Vier aparte gedagtes/idees
            Die regisseur kan die akteurs lei om karakters te transformeer deur:
            • Van die jazz-orkes na die polisieman te verander. Dit word gedoen deur
               postuur, fisiese energie en stem-uitdrukking te verskuif en weer aan te pas.
               Daar is ook verskuiwings van die maak van die klank van 'n
               musiekinstrument na praat met die gesag en die aksent van 'n Afrikaanse
               polisieman wanneer hy sy tafeltennisneus opsit, sy postuur verander om
               regop te staan en sy stem gebruik om gesaghebbend en sarkasties te klink.
            • Van die jazz-orkes tot die musikant te transformeer. Dit word gedoen deur
               sy houding en mannerismes, wat onderdanigheid teenoor die wit polisieman
               toon, te verander, asook deur sy stem te verander en te gebruik in 'n
               nederige, smekende stem van iemand wat as minderwaardig
               binne die konteks van 'n apartheid-Suid-Afrika beskou word.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Dramatiese Kunste                            8                            DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

   2.3      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die gebruik
            van kostuum demonstreer.
            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is
            Die volgende is 'n riglyn:
            Die items wat op die klerereling hang, kan gebruik word vir die
            volgende:
            • Baas Kom se baadjie, wat sy werksdrag voorstel, mag geskep word
               deur die wit stofjas te gebruik
            • Aunty Dudu se tjalie mag geskep word deur 'n wit stofjas te gebruik
            • Die haarkapper se doek, wat die haarkapper oor die skouers van sy
               klantesit, word geskep deur die wit stofjas te gebruik
            • Die steenkoolverkopers se sakke wat hulle oor hulle koppe sit, mag
               gemaak word deur enige van die kledingstukke oor hulle koppe te hang
            • Die tandelose ou man se oorjas mag met enige een van die
               kledingstukkeop die reling gemaak word
            • Die klerereling mag gebruik word as ŉ skerm waaragter die akteurs
               kostuum of karakter veranderings kan maak
            • Die komberse mag ook gebruik word om die gevangenes se slaapplek
               voo te rstel
            • Die komberse mag ook gebruik word om die tafel van die verkoper voor te
               stel                                                                                 (4)

   2.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
            begrip en 'n toepassing van improvisasie demonstreer.
            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is
            • Om opvoering en woorde aan te pas ingeval dit vergeet word
            Die volgende is 'n riglyn:
            Die regisseur kan die akteurs lei na, in Prent A:
            • Om hulle liggame en gebare op verskillende maniere te gebruik om
               jazzmusiekinstrumente te speel soos dromme, 'n saksofoon en enige ander
               instrumente wat hulle kan uitdink en visualiseer. (Die verskille in die gebruik
               van die liggaam kan van een repetisie na 'n ander verskil.)
            • Die gebruik van mimiek om die musiekinstrumente op baie verskillende
               maniere te bespeel
            • Die gebruik van kreatiwiteit en oorspronklikheid, gevind deur die handeling
               van improvisasie, wat die impak van die opvoering mag verhoog
            • Die manipulasie van hulle liggame om verskillende vorme te skep, om
               hiermee deur improvisasie eksperimenteer
            • Die ervaring van kreatiewe vryheid om die fisieke en stemkenmerke op
               unieke en gevarieerde wyse deur die proses van improvisasie te
               interpreteer
            • Die gebruik van idiofone om die klanke van musiekinstrumente te skep
            Die regisseur kan die akteurs lei na, in Prent B:
            • Verskeie maniere van loop en praat as 'n polisieman en musikant om die
               karakterisering te vind wat die doeltreffendste werk

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Dramatiese Kunste                            9                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

            •   Eksperimentering met verskillende posture, bv. om 'n polisieman te wees
                vereis dalk 'n karakter met 'n regop postuur of 'n 'muuragtige' beweging
                (Laban)
            •   Verskeie maniere om hulle stemme te gebruik wanneer die verskillende
                karakters uitgebeeld word sodat elke karakter sy/haar eie, unieke en ander
                manier van praat het
            •   Rolspel en transformasiekeuses voordat hulle kreatiewe keuses gemaak
                word                                                                       (4)
            •   Om die toneelspel of dialoog te verander of aan te pas as dié vergeet word

   2.5       Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
             begrip en toepassing van fisieke en stemvaardighede demonstreer.
             Nasieners onderskei tussen fisiese en vokale vaardighede inhoud.

             Ken volpunte toe vir:
             • Drie stellings wat goed verduidelik is OF
             • Ses aparte gedagtes/idees

             Die volgende is 'n riglyn:
             Fisiese vaardighede benodig:
             • Karakterskepping of -transformasie: Die akteurs moet veelvuldige karakters
                skep en van een karakter na 'n ander transformeer (verander). Dit word gedoen
                deur die gebruik van sang, dans, fisieke teater en beweging
             • Buigsaamheid en/of fiksheid en/of stamina: Die akteurs verander van karakter
                deur die toneelstuk en is vir die hele duur van die toneelstuk op die verhoog en
                benodig hierdie fisieke vaardighede
             • Mimiek: Daar is geen ingewikkelde stelle en rekwisiete nie, die akteurs moet dit
                skep deur hulle fisiese liggame te gebruik                                       (6)

   2.6     Nasieners aanvaar relevante en antwoorde wat goed verduidelik is en kennis,begrip
           en ontleding van die werkswinkelfases van 'n toneelstuk demonstreer. Let wel:
           Sommige provinsies leer vyf, en ander leer ses, werkswinkelfases. Albei is korrek.

           Ken volpunte toe vir:
            • Drie stellings wat goed verduidelik is OF
            • Ses aparte gedagtes/idees
            • Indien ŉ kandidaat slegs ŉ lys van die stappe gemaak het, kan ŉmaksimum
               van drie punte toegeken word

             Die volgende is 'n riglyn:
             Die werkswinkelproses bestaan uit:
             'n Idee/boodskap:
             • In Woza Albert! was die idee waaroor 'n dinkskrum gehou is, wat sou
                 gebeur as Morena na 'n apartheid-Suid-Afrika teruggekeer het
             Navorsing en waarneming:
             • Mense in Soweto is ondervra, bv. by Dube-stasie, by die markte, 'n haarkapper
                 wat in die buitelug werk, ens. Die skeppers is ook deur Grotowski se
                 Arm/Gestroopte Teater beïnvloed

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Dramatiese Kunste                            10                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

             Improvisasie:
             • Die skeppers het improvisasie-oefeninge en -aktiwiteite gebruik om met
                verskeie idees en maniere om toneel te speel, te eksperimenteer. Deur
                improvisasie het hulle die karakters en die situasies wat hulle in hulle navorsing
                en waarneming teëgekom het, verken en verstaan
             Redigering/Keuring:
             • Die groep redigeer/keur en werkswinkeltonele wat nie geskik is nie,
                word uitgelaat. Slegs die toepaslikste en mees relevante tonele word gekeur
                om die toneelstuk te skep
             Repetisie:
             • Die skeppers repeteer en slyp die opvoering. (verfyn)
             Opvoering en Opname:                                                                  (6)
             • Die finale tonele word as 'n toneelstuk opgevoer en die toneelstuk word
                 neergeskryf/op video afgeneem

   2.7       Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die toneelstuk en die
             toepassing van die beginsels van regie demonstreer.
             Nasieners sien holisties na.

             Ken volpunte toe vir:
             • Twee goed gemotiveerde stellings OF
             • Vier aparte gedagtes/idees

             Die volgende is 'n riglyn:
             Regie kan van die oorspronklike werkswinkelproses verskil want:
             Regie:
             • Die regisseur van die toneelteks sou met 'n bestaande teks werk
             • 'n Regisseur mag nie improvisasie in die repetisieproses gebruik nie as gevolg
                van tydsbeperkings of kreatiewe keuses en mag eerder gesaghebbend en
                voorskriftelik wees in benadering
             • Die byvoeging van opgeneemde klank kan ingestel word
             • 'n Regisseur kan kies om meer akteurs te gebruik om die verskillende karakters
                uit te beeld
             Werkswinkeldramaskepping:
             • Die oorspronklike teaterskeppingproses het nie 'n teks gebruik nie, maar het
                eerder een geskep nadat die toneelstuk in die werkswinkelproses
                geskep/opgevoer is
             • Nie al die fases van die werkswinkel sal gebruik word nie omdat dieregisseur
                vir die kreatiewe aspekte van die hele toneelstuk verantwoordelik sal wees    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Dramatiese Kunste                            11                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

   2.8   Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.

          Nasieners aanvaar antwoorde wat die temas identifiseer en evalueer, wat die
          sosio-politieke toestande in Suid-Afrika gedurende apartheid en die huidige
          Suid-Afrika uitlig

          Die volgende is n riglyn:
          Betoging teen apartheid:
             • Die toneelstuk is n betoging teen die apartheids regering en sy
                 onderdrukkende wette van segregasie, diskriminasie en onreg
             • Die storielyn, dekorstel, liedjies en dialoog betoog/protesteer teen die
                 ongeregtighede en brutalitiet van apartheid
             • In hedendaagse Suid Afrika protesteer mense nog steeds teen kwessies
                 soos werkloosheid, armoede ens.
             Rassisme
             • Swart mense is gedwing om te alle tye 'n pasboek of 'dompas' by hulle
                 te dra. Versuim om dit te doen, sou tot tronkstraf deur die
                 apartheidspolisie lei. Morena is van die paswette vertel hoe swart mense
                 se bewegings beperk is. Hy het hulle opdrag gegee om hulle 'dompas'
                 weg te gooi
             • In hedendaagse Suid Afrika, selfs na die demokratiese regering is
                 gelykheid tussen rasse ingestel het, vind insidente van rasisme nog
                 plaas
             Onderwys
             • Die apartheidstaat het nie genoeg skole of onderwysers vir swart mense
                 voorsien nie. Die geboue en die salarisse was onvoldoende om
                 doeltreffende onderwys te lewer. Swart leerders en onderwysers is
                 gedwing om in n taal wat nie hul moedertaal was nie, te onderrig en te
                 leer. Hulle is ook gedwing om te leer oor kulture wat nie hulle eie was
                 nie. Dit het daartoe gelei dat opvoedkundige beginsels en konsepte nie
                 verstaan is nie of wat vir swart mense en hulle kulture irrelevant was nie.
                 Dit het tot ŉ gebrek aan relevante onderwys gelei.
             • In hedendaagse Suid Afrika is die onderwysstandaard nog steeds n
                 probleem
             Beperking van vryheid van beweging:
             • Die apartheidstaat het swart mense verbied om na sekere gebiede toe
                 te gaan. Hulle kon net in gebiede woon wat deur die regering
                 goedgekeur is. Vryheid om te loop, te reis en te woon waar hulle wou, is
                 aan swart mense geweier.
             • In hedendaagse Suid Afrika is vryheid van beweging steeds beperk want
                 arm mense in arm buurte het nie altyd toegang tot publieke vervoer nie
                 en dit mag nie altyd veilig wees om na ure publieke vervoer te gebruik
                 nie
             Polisiebrutaliteit
             • Die apartheidsregering het brutale wette geskryf en toegepas. Die
                 behandeling van swart mense deur die polisiemagte was onmenslik. Die
                 polisie sou mense ondervra, slaan, arresteer, aanhou en martel. Bv. Die
                 musikant was in die moeilikheid by die polisieman omdat hy nie sy
                 'dompas' gehad het nie. Die staatsveiligheidsmagte sou dikwels swart
                 mense tydens protesoptogte skiet en doodmaak. Baie swart mense is
                 tydens tronkstraf en ondervraging gemartel en sommiges het selfs
                 gesterf
             • In hedendaagse Suid Afrika is die polisie nog steeds brutaal teenoor
                 mense. Selfs as ŉ betoging vreedsaam is word mense soms met geweld
                 hanteer

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Dramatiese Kunste                          12                       DBE/November 2024
                                  NSS – Nasienriglyne

              Onbellike/Swak werksomstandighede
              • Baie Suid-Afrikaners het gebuk gegaan onder onregverdige werks-
                omstandighede, lae lone en lang werksure, bv. werkers by Coronation-
                Steenwerf het lang ure gewerk vir baie min betaling/lone. Hulle het
                swaar en harde hande-arbeid gedoen. Daar is van hulle verwag om
                tienduisend bakstene per dag te maak/produseer
              Armoede
              • Swart mense is dikwels gedwing om vir wit mense te werk en is swak
                betaal en kon slegs vir minderwaardige werk aansoek doen. Met die
                groot hoeveelheid werklose mense en die minderwaardige salarisse was
                daar diep en pynlike armoede. Bv. Aunty Dudu het gewens dat wit      (1
                mense meer partytjies moes hou sodat sy meer oorskiet uit hulle
                vullisdromme kon kry
              • In hedendaagse Suid-Afrika leef die meerderheid mense steeds in
                armoede
                                                                                          (10)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Dramatiese Kunste                           13                        DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

   3.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis demonstreer van die
            toneel wat in BRON C getoon/opgevoer word.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            In hierdie toneel:
            • Gee Mingus vir Ruth 'n geskenk van pêrels wat hy gesteel het
            • Is Prinses nie gelukkig dat Mingus vir Ruth sy aandag en geskenke gee
                nie, want sy wil al die aandag vir haarself hê
            • Is Jakes besig om ’n storie/koerant artikel op sy tikmasjien te skryf
            • Is Mamariti en Lulu in die agtergrond en praat hulle met mekaar                   (2)

   3.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die karakters se
            innerlike gedagtes en emosies demonstreer, soos uitgedruk deur die
            gesigsuitdrukkings, postuur en gebare van die akteurs wat Ruth en Mingus in
            die prent in BRON C speel.

            Ken volpunte toe vir:
            • Drie stellings wat goed verduidelik is OF
            • Ses aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Ruth:
            • Sy lyk geskok/verbaas/verstom omdat sy nie verwag het om 'n geskenk
               van Mingus te kry nie
            • Haar gesigsuitdrukking mag dalk verbasing toon omdat haar mond oop is
               en dit lyk asof haar wenkbroue gelig is
            • Haar skouers is gelig, wat mag aandui dat Mingus se gebaar
               onverwags was
            • Dit lyk asof sy aan sy hand raak wanneer sy aan die pêrels raak omdat sy
               moontlik gevoelens het vir Mingus of sy mag dalk baie van juwele hou
            • Sy lyk geskok omdat Mingus vir haar gesteelde juweliersware aanbied
            Mingus:
            • Mingus lyk selftevrede en selfvoldaan om vir Ruth so 'n duur geskenk te kan
               gee, en hy kan afwagtend wees omdat hy Ruth dalk as 'n potensiële meisie
               sien
            • Hy voel dalk meerderwaardig om 'n voorsiener te wees en, omdat hy vir
               Ruth kan voorsien, hy voel waardig vir haar toegeneendheid
            • Sy gesigsuitdrukking toon tevredenheid en triomf
            • Dit weerspieël sy egotistiese persoonlikheid
            • Sy verwaandheid en selfvertroue word in sy uitgedrukte bors en regop
               postuur weerspieël                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Dramatiese Kunste                           14                          DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   3.3      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding
            demonstreer van hoe kostuum karakter oordra.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee goed gemotiveerde stellings OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Mingus se kostuum mag sy karakter aan die gehoor oordra, want:
            • Mingus se kostuum dui daarop dat net die beste goed genoeg vir hom is,
               want die materiaal wat vir sy baadjie gebruik word, lyk na die beste gehalte,
               blink en pronkerig
            • Hy trek die beste op die dorp aan, volgens sy eie verwaande houding
               teenoor homself
            • Sy keuse van 'n Woodrow/Borsalino hoed, veer in die hoedband en strikdas
               weerspieël sy styl en duur smaak, gepas vir ŉ arrogante bendelid in daardie
               tyd
            • Hy boots die kleredrag van die filmsterre na, wat toon dat hy hoogs
               verwaand is en sterre soos Clark Gable naboots                                      (4)

   3.4      Nasieners aanvaar goed gemotiveerde en relevante antwoorde wat kennis,
            begrip en toepassing van improvisasie demonstreer.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee goed gemotiveerde stellings OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Die regisseur gebruik improvisasie om akteurs moontlik op die
            volgende maniere te help:
            • Die akteurs kan hulle liggame en gebare gebruik om verskillende tonele
               en situasies uit die toneelstuk te improviseer, bv. 'n argument uit te voer
            • Improvisasie gee aan die akteurs kreatiewe vryheid om die fisieke en
               stemkenmerke van karakters op ’n unieke en gevarieerde wyse te
               interpreteer
            • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer van hulle karakter se manier
               van loop, praat, optrede en reaksie voordat hulle keuses oor vertolking
               maak
            • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer om hulle stemme te gebruik
               wanneer hulle hul karakters uitbeeld sodat elke karakter hulle eie, unieke
               manier van praat het, bv. Mingus as 'n bendelid, met waardes en houdings
               wat sigbaar kan wees deur spraakpatrone, volume en aksent
            • Die akteurs kan verskillende emosies van hulle karakter improviseer en
               opvoer om uit te vind wat die beste in die toneel werk
            • Die akteurs die toneelspel of dialoog verander of aanpas as dié vergeet
               word                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Dramatiese Kunste                           15                          DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   3.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis,
            begrip en ontleding van die historiese tydperk van Sophiatown sowel as die
            agtergrond van die toneelstuk demonstreer.
            Nasieners aanvaar gemotiveerde antwoorde wat verwys na die verhoog
            aanwysings in die drama asook die stel ontwerp.
            Ken volpunte toe vir:
            • Twee goed gemotiveerde stellings OF
            • Vier aparte gedagtes/idees
            Die volgende is 'n riglyn:
            Die agtergrond is geskik vir die toneelstuk, want:
            • Dit weerspieël die bui en emosies van dié wat geweier het om te swig voor
               gedwonge verskuiwings omdat die woorde op die banier die rebelse
               emosies van Sophiatown se inwoners toon
            • Die eenheid onder die inwoners van Sophiatown word in die slagspreuk
               weerspieël omdat dit hulle gemeenskaplike weerstand teen gedwonge
               verskuiwings getoon het
            • Dit teken die geskiedenis van die betoging wat in Sophiatown plaasgevind
               het, aan                                                                           (4)

   3.6      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van
            werkswinkeldramaskepping van 'n toneelstuk demonstreer.
            Let wel: Sommige provinsies leer vyf, en ander leer ses, werkswinkelfases.
            Albei is korrek.
            Ken volpunte toe vir:
            • Drie stellings wat goed verduidelik is OF
            • Ses aparte gedagtes/idees
            Indien 'n kandidaat slegs 'n lys van die stappe gemaak het, kan 'n maksimum
            van drie punte toegeken word.
            Die volgende is 'n riglyn:
            Die toneelstuk is oorspronklik geskep deur die werkswinkelproses wat
            bestaan uit:
            'n Idee/boodskap:
            • In Sophiatown is die idee gedinkskrum om ŉ advertensie in Drum-tydskrif
                te plaas vir ŉ inwoner wat behuising soek in Sophiatown en die vraag te vra
                van sal gebeur as ŉ wit meisie opdaag
            Navorsing en waarneming:
            • Mense wat vroeër in Sophiatown gewoon het, is ondervra, bv. Dollar Brand,
                Dolly Radebe, oud-inwoners van Sophiatown. Lede van die Junction
                Avenue Theatre Company het na argiewe in biblioteke gekyk. Die skeppers
                is ook deur Grotowski se Arm/Gestroopte Teater beïnvloed
            Improvisasie:
            • Die skeppers het improvisasie-oefeninge en -aktiwiteite gebruik om met
                verskeie idees en maniere om toneel te speel, te eksperimenteer. Deur
                improvisasie het hulle die karakters en die situasies wat hulle in hulle
                navorsing en waarneming teëgekom het, verken en verstaan

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Dramatiese Kunste                           16                        DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

            Redigering/Keuring:
            • Die groep redigeer/kies en laat werkswinkeltonele wat nie geskik is nie, uit
               Slegs die toepaslikste en mees relevante tonele sal gekeur word om
               die toneelstuk te skep
            Repetisie:
            • Die skeppers repeteer en slyp die opvoering
            Opvoering en Opname:
            • Die finale tonele word as 'n toneelstuk opgevoer en die toneelstuk word
               neergeskryf/op video afgeneem                                               (6)

   3.7      Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die toneelstuk en
            die toepassing van die beginsels van regie demonstreer.
            Sien holisties na.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Regie kan van die oorspronklike werkswinkelproses verskil want:
            • Die regisseur van die toneelteks sou met 'n bestaande teks werk. Die
               oorspronklike teaterskeppingproses het nie 'n manuskrip gebruik nie, maar
               eerder een geskep in die werkswinkel proses
            • 'n Regisseur gebruik dalk nie improvisasie in die repetisieproses nie as
               gevolg van tydsbeperkings of kreatiewe keuses en kan gesaghebbend en
               voorskriftelik in benadering wees
            • Opgeneemde musiek kan gebruik word eerder as om die stemme van die
               akteurs te gebruik om te sing
            • Die dekorstel kan volgens die regiekonsep verander word                            (4)

 3.8         Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.

             Nasieners aanvaar antwoorde wat die temas identifiseer en evalueer, wat die
             sosiopolitieke toestande in Suid-Afrika gedurende apartheid en die hedendaagse
             Suid-Afrika uitlig.

             Die volgende is 'n riglyn:
             Die temas gedurende apartheid en die hedendaagse Suid-Afrika weerspieël
             die sosiopolitieke toestande, bv.:
             Betoging teen apartheid:
             • Die toneelstuk is 'n betoging teen die apartheidsregering en sy
                onderdrukkende wette van segregasie, diskriminasie en onreg
             • Die storielyn, dekorstel, liedjies en dialoog betoog/protesteer teen die
                ongeregtighede en brutaliteit van apartheid
             • In Suid-Afrika word daar vandag steeds betoog teen die verwoesting wat
                apartheid gelaat het
             Om 'n stem aan die stemloses te gee:
             • Die toneelstuk gee 'n stem aan die stemloses; die stemloses is elke persoon
                wat in Sophiatown gewoon het en wat met geweld verwyder is, bv. Charlie,
                wat deur die hele toneelstuk stilgebly het, begin praat wanneer hy saam met
                Mingus na Meadowlands toe wil gaan. Mingus sê dat hy nie geweet het dat
                Charlie
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Dramatiese Kunste                           17                        DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

                soveel woorde gehad het om te sê nie
             •  Die arm en onopgevoede mense in Suid-Afrika ervaar steeds dat hulle
                stemloos is, want die huidige regering het nie baie van hulle stryd opgelos nie
             • Die kuns wat vernietig is; die danse, liedjies, visuele kuns en geskrifte
                deur joernaliste en dramaturge gee ook 'n stem aan die stemloses
             • Kunstenaars in die hedendaagse Suid-Afrika sukkel steeds om 'n inkomste
                te verdien wat voldoende is om hulle verantwoordelikhede na te kom
             Rampokkery ('Gangsterism'):
             • Mededingende bendes sou veg, en veg nog steeds, oor die beheer van
               gebiede en meisies om sodoende geld te maak om te oorleef en ook om
               mekaar te beskerm
             Oorbevolking:
             • Is in Sophiatown as normaal gesien omdat baie mense aangetrokke was tot
                die plek as gevolg van die lewendige leefstyl, waar verskillende kulture vrylik
                gemeng het en hulle kreatiwiteit, musikaliteit, idees en kulture uitgeruil het
             • In die hedendaagse Suid-Afrika woon die arm mense in oorvol townships en
               gemeenskappe. Skole en klaskamers is oorvol
             Huishoudelike geweld:
             • Soos gesien deur die karakters van Mingus en Prinses. Mingus het Prinses
                fisies en verbaal mishandel omdat hy gevoel het hy het aanspraak om dit te
                doen aangesien hy in haar behoeftes voorsien het, wat seksisme en patriargie
                en giftige manlikheid toon
             • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar bewustheid van geen geweld teen
                kinders, vroue en oumense nie, maar huishoudelike geweld is steeds 'n
                alledaagse gebeurtenis
             Kulturele diversiteit:
             • Sophiatown, die plek, was 'n lewendige, multikulturele en veelrassige gebied
             • Die gemeenskap van mense het verskille aanvaar en diversiteit gevier. Dit was
                'n direkte trotsering van die apartheidsregering, wat nie geglo het dat
                anderskleuriges in harmonie kan saamleef nie
             • Charlie vind skielik dat hy gedwing word om die feit te aanvaar dat hy nie van
                dieselfde ras as Mingus is nie. Charlie is 'n Kleurling
             • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar wettige politieke/menseregte-
                gebaseerde Grondwet wat kulturele diversiteit aanmoedig
             Ras en konflik/gedwonge verskuiwings:
             • Mense is met geweld uit hulle huise verwyder en op vragmotors gelaai om
                afgelaai te word in gebiede wat deur die regering gekies is
             • Die meeste van hierdie gebiede het geen infrastruktuur gehad nie, was ver van
                stede en het dikwels geen omgewingsrykdom of -voordele gehad nie.
             • Hierdie brutaliteit het gebroke huise, ongekende hartseer, terreur en trauma
                veroorsaak vir die mense wat in Sophiatown gewoon het
             • Daar was 'n beplande betoging deur die mense om weerstand te bied teen die
                gedwonge verskuiwings
             • Die betoging het egter nie gerealiseer nie omdat die regering die polisiemagte
                en die stootskrapers drie dae vroeër gestuur het as die datum wat aan die
                mense oorgedra is
             • In die huidige Suid-Afrika is daar wette teen enige vorm van rassisme. Maar
                baie mense handhaaf steeds rassistiese houdings, gedagtes, gedrag en
                praktyke. Hulle doen dit deur stereotipering, diskriminasie en om vooroordele
                te hou teen mense wat van 'n ander ras is                                       (10)
                                                                                                [40]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Dramatiese Kunste                          18                         DBE/November 2024
                                  NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

   4.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis demonstreer van die
            toneel wat in BRON D getoon/opgevoer word.
            Nasieners aanvaar as kandidate Tiemie as die karakter identifiseer wat met
            Tjokkie praat
            Ken volpunte toe vir:
            • Twee aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            In hierdie toneel:
            • Sit Tjokkie en voer 'n gesprek met Fé wat ongelukkig en ietwat
                geïrriteerd lyk, soos deur haar gesigsuitdrukking uitgedruk
            • Het Fé Tjokkie gevra om 'in die toekoms te sien' om Tiemie te help
                omhaar probleem op te los
            • Weier Tjokkie om 'in die toekoms te sien' en verduidelik dit aan Fé
            • Handhaaf albei karakters 'n emosionele afstand van mekaar
            • Dui die lyftaal van beide karakters daarop dat daar geen verband tussen
                hulle is nie                                                                      (2)

   4.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip demonstreer van die
            karakters se innerlike gedagtes en emosies soos uitgedruk in hierdie toneel
            deur die akteurs wat Fé en Tjokkie speel.
            Nasieners aanvaar antwoorde waarin kandidate die akteurs se gevoelens
            bespreek

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee goed gemotiveerde stellings OF
            • Vier aparte gedagtes/idees
            Die volgende is 'n riglyn:
            Fé:
            • Sy is kwaad omdat Tjokkie nie na haar wil luister nie omdat hy weier
               om in die toekoms te sien'
            • Fé se gesigsuitdrukking dui aan dat sy ongelukkig is met Tjokkie se
               antwoord
            • Fé hou 'n emosionele afstand van Tjokkie
            • Fé kyk nie na Tjokkie nie en sy lyk buierig en ontsteld
            • Het gevoelens vir Tjokkie gehad en was gefrustreerd want Tjokkie voel nie
               dieselfde nie
            Tjokkie:
            • Hy is kwaad en gefrustreerd dat Fé hom gevra het om 'in die toekoms
               te sien’
            • Hy voel onder druk en gefrustreerd omdat hy sy standpunt moet
               verduidelik
            • Sy gesigsuitdrukkings toon dat hy in 'n lewendige bespreking is waarin hy
               'n punt probeer maak
            • Tjokkie se handgebare toon dat hy desperaat is om sy standpunt te
               verduidelik                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Dramatiese Kunste                           19                          DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   4.3      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding
            demonstreer van hoe kostuum karakter oordra.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Tjokkie se kostuum dra sy karakter oor omdat die oorpak toon:
            • Hy is 'n motorkar werktuigkundige
            • Hy voel veilig in sy oorpak. Wanneer hy wil ontsnap, gaan hy onder die
               kar in om te werk.
            • Hy is gemaklik in die oorpak, want dit beskerm hom teen die harde
                                                                                                  (4)
               werklike situasies.

   4.4      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis,
            begrip en toepassing van improvisasie demonstreer.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Die regisseur gebruik improvisasie om akteurs moontlik op die
            volgende maniere te help:
            • Die akteurs kan hulle liggame en gebare sonder woorde gebruik om die
               toneel in BRON D te improviseer. Dit kan hulle interpretasie van hulle
               gedagtes en gevoelens deur die gebruik van liggaamlikheid (aksies, gebare,
               ens.) verduidelik
            • Improvisasie kan die akteurs help om onnodige inhibisies vry te stel. Die
               akteurs sal kreatiewe vryheid hê om die fisieke en stemkenmerke van ŉ
               karakter op 'n unieke, gevarieerde wyse te interpreteer
            • Die akteurs kan baie verskillende maniere van loop, praat, toneelspel en
               reaksie improviseer voordat hulle opvoeringskeuses maak
            • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer om hulle stemme te gebruik
               wanneer hulle hul karakters uitbeeld. Karakters sal hulle eie, unieke manier
               van praat hê, met waardes en houdings wat deur spraakpatrone, volume en
               aksent oorgedra kan word
            • Die akteurs kan verskillende emosies improviseer en uitbeeld om uit te vind
               wat die beste in die toneel werk
            • Die akteurs kan die toneelspel of dialoog verander of aanpas as dié vergeet
               word                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Dramatiese Kunste                           20                       DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

   4.5      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis, begrip en ontleding
            demonstreer van hoe die realistiese dekorstel van Siener in die Suburbs 'n
            geskikte omgewing van die toneelstuk bied.
            Nasieners aanvaar antwoorde wat die verhoog aanwysings in die teks
            bespreek.

            Ken volpunte toe vir:
            • Drie stellings wat goed verduidelik is OF
            • Ses aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Die stel toon:
            • ŉ Moontlike area wat as ŉ garage gebruik kan word
            • ŉ Kar wat reggemaak word
            • The garage bevat ŉ krat op waarop Fé sit
            • Dit bevat ŉ kar trollie waarop Tjokkie sit
            • A muur/skerm wat die area afsluit                                                (6)

   4.6      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip demonstreer
            van hoekom die toneelstuk oorspronklik geskep is.

            Ken volpunte toe vir:
            • Twee stellings wat goed verduidelik is OF
            • Vier aparte gedagtes/idees

            Die volgende is 'n riglyn:
            Die toneelstuk is oorspronklik geskep, want die dramaturg wou:
            • Die essensie van die menslike natuur in die arm wit voorstede vasvang deur
               die karakters, temas, onderwerp en situasies wat in die toneelstuk gevind
               word
            • Gehore bewus maak van die lewe in die voorstede waar arm mense 'n
               bestaan probeer maak, bv. Tjokkie probeer die kar regmaak
            • Wys hoe die lewe aan die 'verkeerde kant' van die spoorlyn is, bv. armoede
               en skaamte van die inwoners
            • Die verskil in sosiaal-ekonomiese omstandighede tussen arm mense in die
               voorstede en die Dandies in die ryk gebiede beklemtoon
            • Die hoop en drome van die laeklas-mense toon, soos Tiemie wat probeer
               om deel te wees van die Dandies                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — Dramatic Arts · QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — Dramatic Arts · QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — Dramatic Arts · QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — Dramatic Arts · QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-afr/d83a79ed-952c-4dbb-bcf5-b472a41821c8) — QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd) — QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-eng/9495f15f-cb71-4b42-ab67-6a4b08401714) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
