# Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 46 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-p1-may-june-2022-mg-afr/55ec3f96-5964-497d-8ddc-fdee2b0190f2
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 46

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-p1-may-june-2022-mg-afr/55ec3f96-5964-497d-8ddc-fdee2b0190f2)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                         2022

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                             PUNTE: 150

                 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 43 bladsye en 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           2                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.  Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
    van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit
    van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue
    herwin is, te bepaal.
2.  Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer,
    is Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.
     6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     4 kompleksiteitsdenkprosesse
3.  Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
    nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
    algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     Verwagte antwoorde op elke vraag
     Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
        bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
4.  Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe
    vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
    punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord
     Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne.
5.  As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
    kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
6.  Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
    verseker dat nasien gestandaardiseer is.
8.  Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
    nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
9.  Sien holisties na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
    goed gemotiveerde antwoorde.
10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
    KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede
    en kennis) en met die spesifieke vraag gevra.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            3                                    DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande
nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

1. Inhoudsmoeilikheidsgraad:
   Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak
   geassesseer?
2. Taakmoeilikheidsgraad:
   Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
   Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
   Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
   verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
   gegee?
   Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
   Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                                Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -uitslae
standaardiseer.

Inleiding tot die nasienproses
 Nasieners lees die vraag en beplan 'n antwoord.
 Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel
     nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe
     goed).

Inleiding tot die Nasienriglyne en Rubrieke
 Hersien rubriek met verwysing na die vraag.
 Hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die
     antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat
     weeg).
 Hersien elke vraestel met kommentaar

Oefen Nasien Onafhanklik
 Nasieners ken onafhanklik punte aan 'n pak oefenvraestelle toe.
 Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en
   kommentaar bevat.)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           4                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die volgende dien as 'n riglyn:

Die kandidaat moet:
 Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
 Hierdie antwoord skryf met verwysing na die toneelteks wat bestudeer is
 Na EEN van drie bewegings as die konteks verwys: Teater van die Absurde OF
   Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys
 Na die bronmateriaal in sy/haar antwoord verwys
 Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel verstaan, ontleed, geëvalueer en
   geïntegreer is

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
 Hoe dramaturge hulle toneelstukke prakseer/bewerk met boodskappe en betekenis
   in gedagte en hoe hulle die verhoog gebruik om hulle doelwitte, idees en gedagtes
   lewe te gee
 'n Seleksie van karakters, temas, boodskappe en betekenis, stelontwerp en
   verhoogplasingstegnieke uit die toneelteks om hulle bespreking te ondersteun
 Die 20ste-eeuse teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het:
   Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater
 Die vraag
 Die bron
 'n Begrip van die geïntegreerde aard van die toneelteks rakende die
   verhoogplasing

Nasiener se aantekeninge:
 Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die
  opstel toegepas is
 Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer
  word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon
 Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
   o     Kognitieweprosesdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed,
         evalueer en skep)
   o     Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
         prosedureel metakognitief)
 Neem alle instruksies in ag wanneer die opstel nagesien word
 Gebruik die rubriek se kriteria, vlakbeskrywers, kognitiewe vlakke en denkprosesse
  om 'n punt toe te ken
 Indien nasieners nie met Bloom se Taksonomie en die bygaande rubriek bekend is
   nie, moet nougesette opleiding gegee word

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                    5                                                   DBE/2022
                                           SS/NSS – Nasienriglyne

 BESKRYWER        PUNTE     DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                Skep, besin, ontdek, vernuwe, verander op uitstaande in 'n uitstaande wyse met
                   27–30
  Uitstaande                    metakognitiewe denke oor inhoud
                            •   Argument:
                  90–100%
Metakognitiewe                  Skep 'n nuwe en unieke, geïntegreerde, gedifferensieerde, verklarende argument wat
                                refleksiewe, kreatiewe, kritiese en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
                    A+
     Skep                   •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne op 'n uitstaande wyse
                                Voorbeelde is binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                Beoordeel, lewer kritiek, evalueer op uitstekende wyse met metakognitiewe denke oor
  Uitstekend       24–26        inhoud
                            •   Argument:
 Metakognitiewe   80–89%        Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van besinning, kritiese
                                en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
   Evalueer          A      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                Gebruik en kontekstualiseer uitstekende bronne. Evalueer voorbeelde binne 'n
                                omvattende reeks insiggewend gekose inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                Kom tot gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse, met
 Verdienstelik     21–23
                                proseduredenke oor inhoud
                            •   Argument:
  Prosedure       70–79%
                                Pas kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toe
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
   Ontleed           B
                                Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
                                bykomende bronne binne 'n breë reeks toepaslike gekose inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Wesenlik        18–20        Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor inhoud
                            •   Argument:
  Prosedure       60–69%        Pas kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toe
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
   Toepas            C          Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
                                binne 'n beperkte reeks gekose inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor
  Voldoende        15–17
                                inhoud
                            •   Argument:
 Konseptueel      50–59%
                                Begryp en konseptualiseer kennis op 'n voldoende vlak
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
    Begrip           D
                                Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
                                inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Gemiddeld        12–14        Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                            •   Argument:
 Konseptueel      40–49%        Verduidelik denkprosesse op 'n gemiddelde vlak
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
    Begrip           E          Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
                            •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Elementêr                     Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor inhoud
                   10–11    •   Argument:
    Feitlik        30–39        Verskaf denkprosesse op 'n elementêre vlak
                     F      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
   Onthou                       Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                bronne
  Nie Behaal                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                    1–9
      Nie                       Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
                            •   Argument:
                  20–29%
    Feitlik                     Verskaf feitelike denkprosesse, maar op 'n beperkte vlak
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
                     G
   Onthou                       Verskaf idees of inligting in woorde, maar op 'n beperkte vlak
  Nie Behaal                •   Kognitiewe vlak en denkproses:
      Nie                       Baie min of geen inligting nie. Kan nie denke/gedagtes in woorde uitdruk nie
                      0
                            •   Argument:
                  0 – 19%
    Feitlik                     Onvermoë om te identifiseer, noem, in verband te bring, definieer
                     H
                            •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron:
   Onthou                       Geen bewyse van enige feitelike kennis nie

                                                                         TOTAAL AFDELING A:                      30
Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           6                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:             WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                     BARNEY SIMON

2.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die intrige
         van die toneelstuk weerspieël en 'n vermoë om die gebeure op te som.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
          Morena se dood word op die TV-nuus aangekondig
          Kaapstad word deur die kernontploffing vernietig wat             Morena
             doodgemaak het
          Morena staan uit die dood op
          Zuluboy maak die begraafplaas skoon
          Morena slaap bo-op 'n grafsteen
          Zuluboy sien Morena, nader hom en hulle herken mekaar
          Zuluboy is verras maar gelukkig dat Morena nog leef
          Morena vra of die grafte in alfabetiese volgorde gehou word
          Morena soek na mense om te laat opstaan uit die dood
          Hy laat die geeste van die vryheidstrydhelde opstaan                             (4)

2.2      Nasieners aanvaar goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van
         die1976-Soweto-opstande en die rol wat Hector Petersen as 'n simbool van
         die onderdrukte sukkelende en gevalle jongmense gespeel het wat hulle teen
         Afrikaans as 'n onderrigmiddel verset het.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Drie aparte stellings

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Hector Petersen was:
          'n Skolier tydens die 1976-skoolboikotte en opstande
          Deur die apartheid-polisie doodgeskiet
          Iemand wie se foto regdeur die wêreld as 'n simbool van die brutaliteit
             van die apartheidsregering geplaas is
          'n Simbool van moed en heldhaftigheid in teëspoed
          'n Held van die stryd teen apartheid
          'n Ikoon van die vryheidstryd                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise
         en waardering van die taalkeuse wat in BRON B gebruik is, toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Taal:
          Weerspieël die diversiteit van die Suid-Afrikaanse bevolking
          IsiXhosa/isiZulu en Engels word in die dialoog en sang gebruik
          Die taal van die teks sal aanklank vind by die verskillende taalgroepe en
             rassegroepe
          As die teks in die gehoor se moedertaal is, kan dit die gehoor se
             deelname aanspoor
          Die mense het maklik toegang tot die taal en identifiseer met wat gesê
             word
          Beide sang en dialoog kom in die toneel voor wat dramatiese
             verskeidenheid skep
          Druk die gedagtes en emosies van die mense uit
          Het 'n kragtige emotiewe effek op die gehoor deur die sang en oproep
             van vryheidstrydhelde
          Skree en uitroepe (deur hoofletters en uitroeptekens getoon) trek die
             aandag van die gehoor                                                           (4)
2.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip
         toon van die verskillende dinamiek en effek van sang en dans op die verhoog,
         wat tot 'n crescendo in die laaste toneel opbou.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Sang:
          Is emotief want dit skep stemming en atmosfeer en moedig die gehoor
             aan om deel te neem
          Die inhoud van die liedjie spoor die gehoor tot aksie aan
          Maak die toneel lewendig deur musikaliteit, ritme en inhoud
          A capella-sang sal aanklank vind by die gehoor en skep ruimte vir
             spontaneïteit
         Dans:
          Is 'n sterk fisiese uitdrukking van denke en gevoel
          Is hoogs energiek en wek emosie op wat suiwerend kan wees
          Het 'n mobiliserende effek want dit kan die gehoor aanspoor om saam te
             dans en deelname te verhoog
          Vul die verhoog met energie en vergroot die teaterimpak
          Dit roer die gehoor emosioneel want dit skep stemming en atmosfeer
          Dit word gebruik as 'n skakelmiddel om die tonele saam te skakel wat
             samehang tot gevolg het
          Gebruik om kommentaar te lewer op die handeling, baie soos die Griekse
             koor/refrein                                                                    (4)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
         duidelike analise van die verskillende aspekte van die finale oomblikke van
         die toneelstuk en hoe dit die gehoor kan affekteer, toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Drie aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die finale oomblikke van die toneelstuk:
          Is hard in volume om die dramatiese effek van die klimaks op die gehoor
             te verhoog
          Trek die gehoor se aandag want al die vryheidstrydhelde staan uit die
             dood uit op
          Mobiliseer die gehoor tot aksie buite die teater omdat die dramatiese
             effek 'n behoefte aan verandering aanmoedig
          Toon die vermoëns en grootheid van God. Hy laat mense uit die dood
             opstaan. Roer die godsdienstige geesdriftigheid van die gehoor aan en
             bevestig die mag van God
          Beklemtoon die belangrikheid van die titel – Woza Albert! wat beteken
             'staan op' en sal die gehoor bevredig voel                                      (3)

2.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kreatiwiteit en innovering in hulle opvoerkeuses (wat dalk onverwags, maar
         nogtans aanvaarbaar is) toon. Keuses moet beskou word as dat dit die impak
         van die toneelstuk op 'n manier versterk.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Blok kan die volgende insluit:
          Die kreatiewe gebruik van al die verhoogareas, bv. 'USC', 'DSL'
          Die gebruik van vlakke op die verhoog – rostrums op verskillende vlakke
            kan 'n platform verskaf wat van lae na gemiddelde tot hoë vlakke beweeg
          Interessante patrone, reguitlyne, sirkels, vierkante
          Verskillende dinamiek: stadige, medium en vinnige pas om oor die
            verhoog te beweeg
         Tegniese aspekte kan die volgende insluit:
          Visuelemedia-projeksies,      beelde/foto's     met  inligting  oor   die
            vryheidstrydhelde
          Gepaste gebruik van emotiewe musiek in die agtergrond om 'n empatiese
            gevoel uit die gehoor te lok
          Baniere, slagspreuke en protessang teen apartheid
          Die gehoor in die aksie van sing en dans intrek deur die akteurs wat
            tussen die gehoor inbeweeg
          Ekstra dialoog om oor die verset uit te brei en gehore te sê hoe hulle
            moet optree om verandering teweeg te bring                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
         weerspieël om die moontlike waarde en impak wat Woza Albert! as 'n nie-
         gewelddadige wapen vir verandering op die vryheidstryd kon gehad het
         demonstreer.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Woza Albert!
          Het 'n stem aan stemloses en die onderdrukte ontburgerde bevolking van
             Suid-Afrika gegee
          Het mense van hulle regte bewus gemaak
          Het mense verenig in die stryd teen die apartheidsregering
          Het die geskiedenis van apartheid gedokumenteer
          Het die lewens en stryd van die gewone mens weerspieël en was daarom
             katarties in die weerspieëling van die lewens van baie lede van die
             gehoor
          Het die gesensorde boodskap van die onderdrukking en brutaliteit van
             apartheid aan die res van die wêreld oorgedra
          Het internasionale regerings en organisasies gemobiliseer om Suid-Afrika
             te boikot
          Het 'n rol as nie-gewelddadige wapen vir verandering in Suid-Afrika
             gespeel                                                                          (6)
2.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.
         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate
         moet kan evalueer hoe die studie van die toneelstuk hulle denke gevorm het.
         Die antwoord kan persoonlik wees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Kwessies in die toneelstuk:
          Armoede
          Werkloosheid
          Brutale apartheidswette
          Hopeloosheid teenoor hoop
          Karakters wag vir die verlosser om hulle uit hulle situasie te red
          Die toneelstuk weerspieël die menseregteskendings, gruweldade, honger,
             dors en desperaatheid van 'n nasie in krisis
          Rassisme en onregverdige diskriminasie gebaseer op die kleur van jou
             vel, bv. twee wit mense bly in 'n groot huis met tien duisend stene gebou
             terwyl die meerderheid mense in sinkhutte woon
          Uitbuiting van werkers, bv. Bobbejaan en Zuluboy se lone
          Ontburgering van regte, bv. mense is nie toegelaat om te stem nie
          Gebrek aan identiteit, bv. passtelsel en sommige karakters is naamloos,
             bv. vleisverkoper                                                                (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          10                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die intrige
         van die toneelstuk weerspieël.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
          Die gedwonge verskuiwing van inwoners van Sophiatown
          Die G-men het 'n paar dae vroeër as in die briewe gestipuleer na
             Sophiatown gegaan om die inwoners uit te sit                                     (2)

3.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en
         analise toon van die rol wat Jakes in die toneel speel.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Drie aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Jakes:
          Tree as verteller op en vertel die storie en geskiedenis van wat met
             Sophiatown gebeur het
          Lewer kommentaar oor die dramatiese handeling
          Maak waardeoordeel oor die gebeure, bv. die gedwonge uitsetting
          Spreek die gehoor direk aan – verwyder skans tussen die gehoor en die
             akteur om oor kwessies uit te wei
          Dra die boodskappe en die temas van die toneelstuk oor en beklemtoon
             die patos van die einde
          Moedig die gehoor aan om op te tree na die toneelstuk
          Lê sy eie weerloosheid bloot asook dit van alle swart mense                        (3)

3.3      Nasieners aanvaar relevante interpretasies van Jakes se woorde. Antwoorde
         moet 'n begrip toon van die betekenis van wat Jakes in reël 1–3 sê.
         Kandidate wys die vaardigheid om dit in hulle eie woorde uit te druk

         Ken volpunte toe vir:
          As die kandidaat in staat is om die betekenis van Jakes se woorde op te
            som OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Jakes se toespraak:
          Hy wens dat slegte dinge met die oortreders van die ongeregtighede
             (gedwonge verskuiwings) sal gebeur
          Vergifnis en genesing sal nie onmiddellik plaasvind nie, want die pyn is so
             diep                                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          11                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van die geskiedenis en impak van gedwonge verskuiwings in Suid-
         Afrika weerspieël.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Sophiatown:
          Is vernoem na Herman Tobiansky se vrou en was daarom aan die grond
             gekoppel wat 'n geskenk aan die mense was want hulle is toegelaat om
             daar te woon en 'n lewe te skep
          Die dorp was 'n mikrokosmos van die diverse rasse en kulture en 'n
             voorbeeld van hoe goed diverse mense respekvol kan saamleef, en in
             harmonie 'n lewendige gemeenskap kan skep

         Triomf:
          Was 'n Afrikaanse naam wat dus die dominansie van die oorwegend
             onderdrukkende wit Afrikaanse nasionale regering van daardie tyd
             verteenwoordig het
          Die naam 'Triomf' is ironies want oorwinning vir een persoon, veroorsaak
             lyding en dominansie vir 'n ander persoon                                       (4)

3.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en analise van die inhoud en impak van die liedjie toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die liedjie:
          Word as 'n musikale partituur in die agtergrond gebruik terwyl Jakes praat
          Verhoog die emotiewe kwaliteit van Jakes se woorde
          Bevat die trane ('tears') van die mense. Dit impliseer diepe hartseer. Dit
             wys die treurlied (klaagsang) en emosionele impak op die mense wat die
             gedwonge verskuiwings moes ervaar
          Sluit die toneelstuk met 'n duidelike stemming van verlies, hartseer en
             verwoesting af
             Die hopeloosheid van hulle lewens word oorgedra deur die herhaling van
             die woorde in die liedjie                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                                     DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         van die belangrikheid van Sophiatown die toneelstuk en die plek toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die storie van Sophiatown:
          Dokumenteer die geskiedenis van die Swart, Kleurling- en Indiër-lewens
             tydens die brutaliteit van apartheid
          Herinner ons aan die gruwels van gedwonge verskuiwings en die
             verwoesting wat dit veroorsaak het
          Die storie van Sophiatown bewys 'Memory is a weapon' (Geheue is 'n
             wapen) wat 'n nie-gewelddadige wapen is om verandering in ons
             samelewing teweeg te bring
          Sluit persoonlike besonderhede van spesifieke swart lewens in waarmee
             die gehoor kan empatie hê en hulleself sien
          Herinner ons daaraan om nie die foute van die verlede te herhaal nie                  (4)
3.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
         toon om die effek wat die finale oomblikke van die toneelstuk op die gehoor
         gehad het, te verstaan.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Drie aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die gehoor se reaksie kan wees om:
          Emosioneel deur die sang geraak te word
          Oor die verwoesting en vernietiging van die apartheidsregering se
             gedwonge verskuiwings op die mense van Sophiatown ingelig te word
          Sensitief te raak oor die persoonlike pyn van die swart mense
          Gemobiliseer te word om op te tree in die samelewing na die toneelstuk                (3)
3.8      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiewe
         toepassing van die beginsels en praktyke van blokkering/opvoer van die finale
         toneel weerspieël.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Blok:
          Die ander karakters kan agter op die verhoog weg van Jakes sing terwyl
             hy vertel
          Karakters kan op verskillende plekke op die verhoog geplaas word. Hulle
             kan baie stil staan, met elke karakter wat hartseer na hulle vorige plekkies
             kyk, en besin oor die tye wat hulle in die huis gehad het

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          13                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

                                                OF
         Tegniese aspekte:
          Klankeffekte van bewegende trokke en mense wat skree en hulle verset
            teen die verskuiwing kan op die agtergrond gespeel word, asook die
            klanke van polisiemanne wat van die verhoog af op die mense skree en
            hulle dwing om te trek
          Die klank van borde en koppies wat breek, van messegoed wat val, ens.
            kan alles gespeel word as klankeffekte wat die 'verbryseling' van mense
            aandui soos wat hulle haas om hulle besittings te pak
          Verdoffing van kolligte kan ook gebruik word om elke karakter eers uit te
            lig en dan een vir een te laat vervaag totdat die verhoog swart is
          Akteurs kan ook afbeweeg as die kollig vervaag wat 'n leë verhoog laat
            wat die leegheid beklemtoon
          Die ligte kom vlugtig na die verdonkering aan om 'n leë verhoog te wys            (6)

3.9      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.

         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate
         moet kan evalueer hoe die studie van die toneelstuk hulle denke gevorm het,
         en besin oor kwessies hieronder genoem, en kommentaar inkorporeer oor
         huidige omstandighede. Kandidate moet ‘n persoonlike antwoord gee.
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Kwessies in die toneelstuk:
          Bantoe-onderwys, soos deur die karakter van Lulu getoon, was 'n
             minderwaardige onderwysstelsel wat daarop gemik was om die
             meerderheid van die bevolking onderdruk te hou
          Gedwonge verskuiwings: Inwoners van Sophiatown wou nie trek nie
             want hulle het die volste reg gehad om in hulle eie huis te woon.Om te
             protesteer het hulle plakkate met geskrewe slagspreuke gebruik soos:
             'We Won't Move' (Ons sal nie trek nie')
          Rampokkery: Mededingende bendes sou oor beheer van gebiede en
             meisies baklei om geld te maak om te oorleef en ook om mekaar te
             beskerm
          Oorbevolking is as normaal in Sophiatown beskou want baie mense was
             aangetrokke tot die plek as gevolg van die lewendige leefstyl waar
             verskillende kulture vrylik met mekaar kon meng, hulle kreatiwiteit,
             musikaliteit, idees en kulture kon deel.
          Huishoudelike geweld, soos deur die karakters van Mingus en Princess
             getoon. Mingus misbruik Princess fisies en verbaal want hy voel hy is
             geregtig daarop aangesien hy vir haar sorg, wat seksisme, 'n patriargale
             stelsel en toksiese manlikheid toon
          Ongelykheid word uitgebeeld deur die beperking van beweging van
             swart mense
          Rassisme: daar is leefruimtes aan mense volgens hulle ras toegeken
             (Groepsgebiedewet) omdat apartheidswette mense gesegregeer het                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           14                                  DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS

4.1.     Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van die intrige van die toneelstuk en 'n vermoë om die gebeure op te
         som, weerspieël.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie aparte stellings

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die gebeure wat tot die finale toneel gelei het:
          Tjokkie voorspel dat die grys perd die resies sal wen. Hy voorspel dat sy
             pa terugkom en dat Jakes nie die pa van Tiemie se baba is nie.
          Wanneer Natty Tatty (grys perd) die resies wen, glo hulle dat die res van
             die voorspellings ook waar sal wees
          Jakes rand Tiemie aan want hy glo dis nie sy baba nie
          Tjokkie pleeg selfdood omdat hy skuldig voel oor sy voorspelling dat
             Tiemie se baba nie Jakes s'n is nie                                              (3)

4.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip
         van beide die liedjie en die dramatiese impak van die skielike einde toon.

         Ken punte vir die volgende toe:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die liedjie Sugar Sugar en die skielike einde daarvan is belangrik want:
          Die liedjie is Tiemie se gunsteling
          Die liedjie verwys na Tiemie se onskuldigheid want sy is soet en 'n 'honey'
          Die musiek stop wanneer Jakes haar in die huis aanrand
          Die skielike einde van die liedjie funksioneer as 'n dramatiese pouse in
             die handeling/aksie, wat daardeur die belangrikheid van die gebeure
             beklemtoon
          Dit kan miskien Tiemie se dood OF die verlies van haar onskuld voorspel
          Die opgewekte lighartige liedjie is 'n skerp kontras met die wrede
             gebeure                                                                          (4)

4.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip
         van Tjokkie se woorde toon.

         Ken punte vir die volgende toe:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
          Dit beklemtoon hoeveel Tjokkie homself vir die tragedie blameer
          Dit toon hoe diep Tjokkie se skuldgevoel is
          Dit skep 'n gevoel van desperaatheid by Tjokkie wat die gehoor kan voel            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           15                                     DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

4.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         konseptuele begrip en die effek van dramatiese simbole toon.
         Ken punte vir die volgende toe:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die belangrikheid van die bloedbevlekte kanseldoek:
          Dit is 'n dramatiese beeld en het konnotasies van lyding en die
             belangrikheid van die kerk se tradisies
          Dit is 'n simbool en metafoor vir meer as die letterlike waarde daarvan op
             die verhoog:
                  Dit verteenwoordig liefde en godsdiens want Ma borduur die doek
                  met die woorde: 'God is Liefde'.
                  Dit simboliseer dat wanneer jy iemand lief het, jy uiteindelik kan seer
                  kry.
          Giel wil dit verkoop vir geld en daardeur word dit van sy waarde beroof
          Daar is bloed op die doek nadat Jakes vir Tiemie aangerand het en dit
             toon die hewigheid van die aanranding
          Toon dat Ma nie meer in ware liefde glo nie. Haar laaste woorde is:
             'Daar's altyd net bloed aan.'                                                       (4)
4.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
         toon om te identifiseer en te analiseer hoe geslagsgebaseerde geweld in die
         bron hanteer word en ook hoe dit op die verhoog uitgebeeld word. Kandidate
         moet na die reëls en woorde in BRON D verwys.
         Ken punte vir die volgende toe:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Geslagsgebaseerde geweld word deur die volgende uitgebeeld:
          Jakes wat Tiemie fisies mishandel
          Die reaksies en aksies/handelings van die karakter in die toneel
             weerspieël die impak van die geweld
          Die ontwrigtende en verskriklike geraas in die huis wat die gehoor kan
             skok en daarop dui dat geweld plaasvind
          Tiemie se gil wat aandui dat sy deur Jakes aangerand word.
          Die opgewekte liedjie wat skielik stop en die hartseer geweld wat teen
             Tiemie gepleeg word, aandui
          Ma wat desperaat probeer om die deur oop te maak. Haar
             dringende/desperate pleidooie dui haar angstigheid oor wat pas gebeur
             het aan, net soos haar roep na Tjokkie vir hulp
          Jakes se finale verskyning met die bloedbevlekte kanseldoek in sy hand
             en sy gewelddadige aggressiewe gebaar om dit in Ma se gesig te gooi
          Die gehoor se kennis van wat gebeur het, alhoewel dit van die verhoog af
             plaasgevind het. Die plasing van die aksie van die verhoog af, vererger
             die geweld van die gebeure in die gehoor se verbeelding                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            16                                 DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
         toon om die karakter van Tjokkie en sy gawe om die toekoms te voorspel en
         hoe dit na die tragiese einde van die toneelstuk (sy selfdood) gelei het, kan
         analiseer en evalueer.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Tjokkie word 'n slagoffer van sy eie gawe omdat:
          Sy vermoë om die toekoms te voorspel 'n vloek word; sy voorspellings
             veroorsaak verraad, hartseer, geweld en selfs moord
          Hy wil nie sy gawe gebruik nie want dit maak hom vir dae lank siek
          Ander mense dwing/mishandel hom om sy gawe tot hulle eie voordeel
             te gebruik
          Hy is 'n gevangene van sy eie gawe, want hy voorspel (sien) selfs al wil
             hy nie sien nie, wat fisies en emosioneel vir hom traumaties is
          Jakes wil hê hy moet 'sien' of Tiemie swanger is
          Giel wil weet wat die uitslag van die perdereisies is sodat hy geld op die
             wenperd kan wed, want hy het dringend geld nodig
          Fé stel voor dat Tjokkie moet lieg oor die feit dat Jakes nie die vader van
             Tiemie se moontlike swangerskap is nie
          Ná sy visie besef hy sy gawe het Ma en Tiemie seergemaak (Giel los Ma
             en Jakes mishandel Tiemie)
          Dit lei tot sy selfdood aan die einde van die toneelstuk                           (4)

4.7.      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
          vermoë toon om die effek wat die finale oomblikke van die toneelstuk op die
          gehoor het, analiseer.

          Ken volpunte toe vir:
           Drie aparte stellings

          Die volgende dien as 'n riglyn:
          Die gehoor se reaksie:
           Sal kan identifiseer met party van die karakters want hulle is ouers wat
              dieselfde pyn as Ma ervaar wat albei haar kinders verloor het
           Geraak sal word deur die hartseer situasie van Ma wat nou alleen,
              sonder Giel of haar kinders, is
           Teen geslagsgebaseerde geweld sal kan opstaan as gevolg van Jakes
              se gewelddadige gedrag
           Indien hulle bevoorreg en nie bewus is van die moeilike situasie in die
              voorstede ('suburbs') nie, sal leer om hulle eie situasie te waardeer
           Sal sien dat selfdood nie die antwoord op probleme is nie
           Sal besef dat jy getrou aan jou waardes moet bly
           Hulle mag geskok wees deur die geweld en mishandeling                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          17                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.8      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiewe
         toepassing van die beginsels en praktyke van die opvoer van die finale toneel
         weerspieël.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Opvoer van die finale toneel kan insluit:
         Blok:
          Ma kan geplaas word middelverhoog, omdat sy in die middel van al die
             aksie (handeling) is en nie weet waarheen om te gaan nie
          Ma kan op en af beweeg, want sy weet nie of sy vir Tjokkie of vir Tiemie
             moet help of keer dat Jakes weggaan nie
          Jakes is haastig om die verhoog te verlaat want hy wil van die situasie
             wegkom

                                                 OF

         Tegniese aspekte bestaan uit:
          Gedetailleerde      konseptualisering     en    produksie     van opvoer
            (verhoogplasing), stel, rekwisiete, kostuums, grimering
          Gedetailleerde fokus op die klankeffekte ('slag in die huis')
          Die bloed op die doek om die huishoudelike geweld te beklemtoon
          Tjokkie se selfdood onder die motor word beklemtoon deur die
            klankeffekte (gesis van die domkrag)
          Beligting en die beweging van die Buick op die domkrag want sy dood
            kom nader
          Die beligting wat op Ma in die middel van die verhoog kan fokus omdat sy
            die middelpunt van die gebeure en die gevolge daarvan is
          Die klankeffekte van die motorfiets wat kan beklemtoon dat Jakes die
            situasie verlaat (wegkom uit die situasie)
          Totale stilte en 'n pouse voor Ma se laaste woorde om die impak van die
            laaste woorde te beklemtoon                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          18                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.9      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A 'n om jou nasienwerk toe te lig.

         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
         evaluering toon van hoe die toneelstuk hulle denke gevorm het, en besin oor
         kwessies hieronder genoem, en kommentaar inkorporeer oor huidige
         omstandighede. Kandidate moet persoonlike begrip toon.

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Kwessies in die toneelstuk:
          Arm wit Suid-Afrikaners:
                    In die 1970's was die 'suburbs' en die skakelhuise aan die armer
                  wit Suid-Afrikaners toegeken

             Klas en sosiale stand/status:

                     Hierdie toneelstuk deur PG du Plessis is die eerste toneelstuk
                      wat die lewens van die arm wit Afrikaner beklemtoon. Die
                      meeste van die karakters in die toneelstuk kan nie uit hulle
                      situasies ontsnap nie
                    Tiemie werk aan die ander kant van die spoorlyn – in die ryk
                      gebied. Deur die dag is sy deel van die beter meer welaf deel
                      van die samelewing, maar sy woon steeds by Ma in die arm
                      'suburbs'
                    Tiemie vertel haar gesin dat die mense by die werk nie enigiets
                      weet oor hulle arm toestande in die 'suburbs' nie
                    Hulle sal verleë voel en minder van haar dink as hulle hoor waar
                      sy
                    woon
                    Tjokkie en Ma hoop dat Tiemie met 'n man uit 'n beter sosiale
                      stand sal trou
            Armoede van die wit Afrikaner:
                      Ma se man het tydens die Tweede Wêreldoorlog vermis geraak
                      en sy ontvang 'n klein pensioen
            Liefdelose verhoudings:
                   Giel bly slegs by Ma vir haar geld en huis, maar hy vertel haar
                      hy is lief vir haar
                   Tiemie is nie lief vir Jakes nie, sy besluit om 'n beter lewe te
                      soek
            Vasgekeerde lewens:
                    Tjokkie is Ma se seun by haar eerste man, maar hy weet dat hy
                      nie die vaardighede het om die 'suburbs' agter te laat nie
                    Hy het groot verwagtinge dat sy suster Tiemie die laeklaslewe in
                      die 'suburbs' sal agterlaat
                    Sy is slim en baie mooi en het 'n werk in 'n kantoor (by dié wat
                      aan n beter gemeenskap behoort)
                    Haar ondergang is dat sy Jakes se meisie is, die laagste klas in
                      die 'suburbs' (Hulle noem Jakes 'n 'tang')

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                                  DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

            Geslagsgebaseerde geweld:
                   Tiemie is bang vir Jakes se woede en bly by hom omdat sy
                     bang is, maar sy is nie lief vir hom nie
                   Wanneer sy dink sy is swanger, wil sy nie met Jakes trou nie,
                     want sy weet sy sal dan nie uit die 'suburbs' kan ontsnap nie
                   Jakes rand Tiemie fisies aan want hy voel sy het hom verraai en
                     omdat hy glo hy is nie die pa van die kind wat Tiemie dra nie          (10)

                                                           TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          20                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1.1    Ken 'n punt vir EEN van die volgende karakters wat genoem is toe:
         Thando Makhaya OF Sipho Makhaya OF Mandisa Mackay met 'n rede vir die
         keuse                                                                                (1)

5.1.2    Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         van karakterkeuse toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Mandisa is:
          'n Onafhanklike vrou wat soms selfs as selfgesentreerd beskou kan word
          Vol selfvertroue en reguit en in staat om haar menings vrylik te lug
          Onsensitief vir die kulturele norme van haar Suid-Afrikaanse familie
          'n Modeontwerper
          Woon in Londen
         Thando is:
          Respekvol, versorgend en liefdevol
          'n Onderwyseres en werk ook by die WVK as 'n vertaler
          Sipho se enigste dogter
          Is bewus van haar kulturele waardes
         Sipho is:
          'n 63-jarige Assistenthoof-bibliotekaris by die openbare biblioteek in Port
             Elizabeth
          Baie konserwatief en n tradisionele Xhosa-man
          Is trots op sy voorkoms en sy huis
          Het vaste gewoontes
          Is gebonde aan sy kulturele waardes en handhaaf dit                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          21                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

5.1.3    Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip
         toon van die gepaste kleredrag vir die karakter wat op die vereiste foto
         uitgebeeld moet word.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie aparte stellings
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Mandisa kan die volgende dra:
          Modieuse/kontemporêre/stylvolle klere want sy is 'n modeontwerper van
              Londen
          Hoëhakskoene om gesofistikeerd te lyk
          Helderkleurige klere om haar flambojante aard te vertoon
          'n Serp of handsak met 'n bekende handelsnaam as 'n
              modebykomstigheid
         Sipho kan die volgende dra:
          Formele klere want hy werk as Assistenthoof-bibliotekaris en hy is op pad
              om Reverend Haye te besoek
          Formele hemp
          'n Formele das want hy het pas van die werk af gekom en Thando help
              hom met sy das in die toneelstuk
          Formele gepoleerde skoene want hy versorg sy voorkoms
         Thando kan die volgende dra:
          Konserwatiewe klere want sy is 'n onderwyseres en sy werk ook by die
              WVK
          Fatsoenlike klere, bv. lang romp
          Kortmoubloes want sy is jonk
          Hofskoene, eenvoudig en prakties, om by haar werk te pas
          'n Deftige baadjie                                                                 (3)
5.2.1    Nasieners aanvaar die identifisering van enige dramaties uitdagende toneel in
         die toneelstuk. Kandidate moet ‘n persoonllike antwoord gee
         Ken volpunte toe vir:
          Drie aparte stellings
         'n Voorbeeld van 'n dramaties uitdagende toneel kan die volgende wees:
          Sipho wat die waarheid vir Mandisa en Thando vertel, asof hy by die
              WVK is, waar daar van hom verwag sou word om 'die waarheid, die volle
              waarheid en niks anders as die waarheid' te praat nie.
          Hy is geforseer om die waarheid te praat, selfs al weet hy dat die
              potensiaal bestaan dat dit sy familie uitmekaar kan skeur
          Dit bring al die pynlike en teenstrydige herinneringe van sy verlede terug,
              waaroor hy nog nie die kans gehad het om praat of te hanteer nie want hy
              is nog nie voorheen daarmee gekonfronteer nie
          Hy het 'n emosionele uitbarsting
          Hy vind sy eie stem, hy word bevry en verlos van sy verdriet. Omdat hy
              die vryheid het om homself uit te spreek, voor die waarheid te staan te
              kom en om verantwoordelikheid te neem om sy broer, sy vrou en sy
              werkgewer te vergewe vir al die pyn en verdriet wat hulle hom aangedoen
              het
          Hy is in staat om vrede te maak en die mense te vergeef wat dinge by
              hom weggevat het                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           22                                    DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

5.2.2    Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en analise toon van 'n toneel wat dramaties uitdagend is. Merk holisties

            Een goed gemotiveerde stelling OF
            Drie aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Ek verkies hierdie toneel want dit onthul die versteekte waarheid wat Sipho vir
         sy familie weggesteek het en verskaf die volgende geleenthede vir die akteur
         om te toon:
          Wat sy emosionele omvang is: die akteur moet diep en pynlike emosies
             toon
          Sy emosionele geheue: die akteur moet 'n vermoë toon om sy
             herinneringe as 'n bron vir sy karakter te gebruik
          Sy vokale vaardighede en tegnieke: die akteur moet in staat wees om 'n
             hoë intensiteit in sy vokale energie te toon, maar daar moet tog tegniese
             beheer en behendigheid wees
          Sy fisieke vaardighede: die akteur moet sy intensiteit en emosies deur sy
             liggaam (bewegings, gebare, stap en houding) kan kanaliseer
          Sy intellektuele vaardighede: die akteur moet 'n goeie begrip van die
             karakter se doelwitte, gegewe omstandighede en subteks toon                        (3)

5.2.3    Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en toepassing van enige van Stanislavski se tegnieke/metodes in die
         voorbereiding van sy/haar karakter toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         'n Akteur moet van die volgende bewus wees:
         Gegewe omstandighede:
          Kennis van die toneelstuk, intrige, en subteks
          Kennis van die karakter, biografie, agtergrond, motiewe en doelwitte
         Fisiese stand van aksies
          Aksies en reaksies (emosies, gedagtes/denke, bewegings, besluite) moet
             realisties en gemotiveerd wees
          Die geskikte keuse, skepping en karakterisering (gesigsuitdrukking,
             gebare en beweging) om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te
             skep
         Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work')
          Verskuiwings in denke, gevoelens, behoeftes en handelinge (aksies)
             moet effektief en realisties weergegee/vertolk word
          Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisieke en vokale uitdrukking
             weerspieël word

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-eng/cb639575-ecb2-4e7f-8188-9b4a238fb059) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-eng/a642c426-e331-474c-8fc6-3b8e2d1cfd4a) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [DRMA P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-afr/fa86e5d9-01a8-4943-b06d-fc15bac9ca50) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Afr
- [DRMA P1 S12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-eng/ff4d8c64-465f-4080-bbef-2ce67442d502) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
