# Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 40 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-p1-may-june-2023-mg-afr/d8b6a7ec-7381-433f-9a17-05656d5d27b7
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-p1-may-june-2023-mg-afr/d8b6a7ec-7381-433f-9a17-05656d5d27b7)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
          NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             DRAMATIESE KUNSTE

                                        2023

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                             PUNTE: 150

                 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 38 bladsye en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           2                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1. Die doel van assesserings-/ eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
    van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit
    van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue
    herwin is, te bepaal.
2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer,        is
    Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.
     6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     4 kompleksiteitsdenkprosesse
3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
    nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
    algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     Verwagte antwoorde op elke vraag
     Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse
       vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
4. Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe vlak/
    denkproses kompleksiteit/ konsep/ inhoud/ vaardighede/ kennis wanneer 'n punt
    toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord
    • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne.
5. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
    kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
    verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7. Merk holisties.
8. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/ sy
    nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
9. Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
    goed gemotiveerde antwoorde.
10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
    KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede en
    kennis) en met die spesifieke vraag gevra.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           3                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die Hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

1. Item(vraag) en Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die
   vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer?
2. Taak (antwoord)/ moeilikheidsgraad:
     Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
     Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
    Wat is die hoeveelheid/ aantal (hoeveel) en gehalte/ kwaliteit (hoe goed) van die
   verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
   gegee? Hoeveel inhoud en feite NIE hoeveel skryfwerk ‘n kandidaat gedoen het nie.
    Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
    Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                          Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
Hoofnasiener en Interne Modereerder in elke provinsie die volgende prosedure volg.
Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se
opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale
nasienprosedures, -prosesse en -uitslae standaardiseer.

Inleiding tot die taak (vraag)
 Die nasieners moet lees wat die taak is wat deur die vraag vereis word en dit
   opsom
 Die nasieners moet die nasienriglyne lees
 Die nasieners moet alternatiewe antwoorde deel
 Verwagtinge vir kandidaatantwoorde moet opgesom word
 Moenie net die hoeveelheid bewyse (hoeveel inhoud verskaf) deel nie, deel ook die
   gehalte/ kwaliteit van die bewyse.
 Die nasieners moet assesseer hoe goed die vraag beantwoord is

Inleiding tot die rubriek
 Die nasieners moet die rubriek met verwysing na die vraag hersien
 Die nasieners moet prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
   van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
   veel te laat weeg) hersien
 Die opleiers moet leiding gee in die hersiening van elke vraag en die
   ooreenstemmende rubriek

Oefen om individueel na te sien
 Die nasieners moet 'n stel opleidingskrifte individueel en onafhanklik nasien
 Die opleiers moet die punte aanteken en die bespreking lei. Die opleidingskrifte
  moet die punte en kommentaar bevat

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           4                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die volgende is 'n riglyn:

Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Na die toneelstuk wat bestudeer is, verwys, bv. karakters, temas, boodskappe
• Na enige EEN van drie teaterbewegings as die konteks verwys:
  o Teater van die Absurde OF
  o Epiese Teater OF
  o Postmoderne Teater
• Na die bronmateriaal in die antwoord verwys
• Na die vraag in hulle antwoord verwys
• Toon dat die vraag en bron in sy/ haar opstel verstaan, ontleed, toegepas,
  geëvalueer en geïntegreer is
• Kontekstualiseer en onthou kennis wat soos 'n papegaai aangeleer is in 'n
  oorspronklike antwoord wat feitelike, konseptuele, prosedurele en metakognitiewe
  denke vertoon

Nasieners moet die volgende in ag neem:
• Kandidate moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in hulle opstel
  toegepas is.
• Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
  o Kognitiewe prosesse (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
  o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
     prosedureel, metakognitief)
• Neem alle vlakke, elemente en instruksies van die vraag in ag wanneer die opstel
  nagesien word.
• Om 'n regverdige, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners vaardig
  wees in die betekenis en toepassing van Krathworth en Anderson se Aangepaste
  Bloom se Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n
  rubriek se:
  o Kriteria
  o Vlakbeskrywers
  o Woordbeskrywers
  o Aksiewerkwoorde
  o Kognitiewe vlakke
  o Denkprosesse
• Nasieners moet streng opgelei word oor hoe om al ses kognitiewe vlakke asook die
  vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidate se prestasievlakke te
  meet.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                      5                                                      DBE/2023
                                             SS/NSS – Nasienriglyne

  BESKRYWER         PUNTE             DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die
                     27–30        inhoud
   Uitstaande
                              •   Argument:
                   90–100%        Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese en
 Metakognitiewe
                                  analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
                      A+      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Skep
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke
                                  oor die inhoud
   Uitstekend        24–26
                              •   Argument:
                                  Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese
 Metakognitiewe     80–89%
                                  en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
    Evalueer          A
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks, die
                                  teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Maak gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met
  Verdienstelik      21–23
                                  proseduredenke oor die inhoud
                              •   Argument:
   Prosedurieël     70–79%
                                  Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Ontleed          B
                                  Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
                                  bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
    Wesenlik         18–20        Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor die inhoud
                              •   Argument:
  Prosedurieël      60–69%        Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Toepas           C           Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
                                  binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Voldoende         15–17        Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
   Konseptueel      50–59%        Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Begrip           D           Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
                                  inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Gemiddeld         12–14        Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
   Konseptueel      40–49%        Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Begrip           E           Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
    Elementêr                     Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud
                     10–11    •   Argument:
      Feitlik        30–39        Stel 'n argument wat denke op 'n elementêre vlak toon
                       F      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Onthou                       Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Nie Behaal Nie      1–9
                                  Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
                              •   Argument:
      Feitlik       20–29%
                                  Stel 'n argument saam wat feite op 'n voorspelbare beperkte vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Onthou           G
                                  Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Nie Behaal Nie       0          Baie min of geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie.
                              •   Argument:
      Feitlik       0 – 19%       Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om
                                  genoeg feite te verskaf
     Onthou           H       •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                  Geen bewyse van enige feitelike kennis nie

                                                                                      TOTAAL AFDELING A:                          30
Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             6                                 DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

2.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
         teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.

         Die volgende is 'n riglyn:
          Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe.

         Die teaterstyl kan wees:
          Werkswinkelteater OF
          Protesteater OF
          Arm/ Gestroopte Teater                                                             (2)

2.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         van die doelwitte van Protesteater/ Werkswinkelteater of Arm/ Gestroopte
         teater toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee stellings wat met die doelwitte van Protesteater/ Werkswinkelteater of
           Arm/ Gestroopte teater verband hou

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die doelwitte van Protesteater tydens apartheid was:
          Opvoeding van mense beide in Suid-Afrika en oorsee oor die rassisme,
           onderdrukking en diskriminasie in Suid-Afrika van die swart mense deur die
           destydse wit regering
          Weerspieël swart Suid-Afrikaners se kulturele ervarings binne die konteks
           van apartheid
          Protesteer teen swart mense se onderdrukking en rassediskriminasie
          Aanmoediging van weerstand teen hierdie onderdrukking deur die
           onderdruktes aan te moedig om op te staan en terug te veg
          Lewer kommentaar op die verdeling binne die samelewing en beklemtoon
           die verskil die samelewing, bv. wit mense kon besighede besit, maar swart
           mense is verbied om dit te doen
          Ontlokking van 'n emosionele reaksie by die gehoor deur mense se woede
           en hartseer te gebruik en hulle aan te moedig om teen die onderdrukking te
           protesteer
          Bemagtiging van mense om die onderdrukkers se opgelegde denke en
           gedrag sowel as hulle eie selfopgelegde beperkings af te leer                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                                 DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.3      Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die teater-
         elemente van die produksie, soos deur Bradley Adams geresenseer, toon

         Ken volpunte toe vir:
          Vier aparte teaterelemente

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die teater-elemente van die produksie van Woza Albert! wat Bradley
         Adams geresenseer het, is:
         • Karakterisering
          Mimiek
          Fisiese teater
          Dans
          Sang
          Ideofone                                                                         (4)

2.4      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding en toepassing
         demonstreer van hoe die ongeregtighede van apartheid in die toneelstuk
         Woza Albert! voorgestel word.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die ongeregtighede van apartheid word voorgestel deur:

         Paswette:
          Swart mense was verplig om te alle tye 'n pasboek of 'dompas' op hulle
           persoon te dra
          Versuiming om dit te doen, sou tronkstraf deur die apartheidspolisie tot
           gevolg hê, bv. in die eerste toneel word die musikant opdrag gegee om sy
           pasboek te toon en wanneer hy nie kan nie, mag hy dalk gevange geneem
           word

         Die gebrek aan vryheid:
          Die apartheidstaat het swart mense uit sekere gebiede verban en hulle kon
           net in gebiede woon wat deur die wit regerende regering goedgekeur is
          Die vryheid om te werk, reis en woon waar hulle wou, is aan swart mense
           geweier a.g.v. wette soos die Groepsgebiedewet, bv. hulle bewegings-
           vryheid is beperk omdat hulle slegs binne die gebiede wat in hul pasboek/
           dompas gestipuleer is, kon reis, bv. Die toneel in Coronation-steenwerf
           waar Baas Kom aan Zuluboy opdrag gee om vir hom sy paspoort te bring
           om afgeteken te word. Baas Kom dank Zuluboy af omdat hy terugpraat

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            8                                   DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

         Polisiebrutaliteit/ -wreedheid:
          Die apartheidsregering het brutale wette geskryf en afgedwing, bv. die Wet
           op Afsonderlinge Ontwikkeling
          Die behandeling van swart mense deur die polisiemag was onmenslik. Die
           polisie sou mense ondervra, slaan, arresteer, aanhou en martel vir
           eenvoudige dinge soos om nie hulle pasboeke te dra nie, bv. die
           inhegtenisneming en daaropvolgende bomaanval op Morena deur die
           polisie

         Werkloosheid/ Uitbuiting:
          Swart mense moes 'n pasboek hê om in diens geneem te word. Pasboeke
           moes gereeld hernu word. Hierdie genadelose stelsel het daartoe gelei dat
           die meerderheid swart mense werkloos was, bv. die toneel wat by
           Albertstraat afspeel waar swart mans tougestaan het om hulle
           werkspermitte op datum te bring omdat hulle nie sonder 'n permit kon werk
           nie, bv. In Coronation-steenwerf waar die werkers oorwerk is en te min
           betaal is. Hulle het in klein beknopte ‘sink’ huisies gewoon. Die bakstene is
           gebruik om groot huise vir klein, wit gesinne te bou, terwyl swart gesinne te
           veel mense in klein huisies was

         Armoede:
          Swart mense is nie toegelaat om besighede te besit of te bestuur nie. Hulle
           is gedwing om vir wit mense te werk
          Hulle is swak betaal en kon slegs vir onbelangrike werk aansoek doen
          Met die groot aantal werklose mense en die geringe salarisse wat verdien
           is deur diegene wat in diens was, was daar diepe en pynlike armoede, bv.
           Aunty Dudu wat in dromme vir kos soek

         Onderwys:
          Die apartheidstaat het nie genoeg skole of onderwysers vir swart mense
           voorsien nie
          Die fasiliteite en infrastruktuur wat deur die wit regerende regering verskaf
           is, was onvoldoende om doeltreffende onderwys te lewer
          Leerders is gedwing om in 'n taal te leer wat nie hulle moedertaal was nie
          Leerders is gedwing om oor die kultuur van die wit onderdrukker te leer
          Dit het daartoe gelei dat opvoedkundige beginsels en konsepte verkeerd
           verstaan is of irrelevant was vir swart mense en hulle kulture
          Dit het leerders gedwing om te staak en skole te boikot, wat gelei het tot 'n
           gebrek aan onderwys vir baie, bv. Die karakter van die vleisverkoper wie se
           wens dit was om skool toe te gaan in plaas van om vleis te verkoop

         Aanbieding
         • ‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien
           die antwoorde korrek is en ooreenstem met die vraag en bron                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                                 DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.5      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip van die werkswinkel-
         proses van die toneelstuk demonstreer wat met 'n sentrale idee begin het en
         daaruit ontwikkel het. Nasieners aanvaar die verskillende inhoudsbronne wat
         deur die verskillende provinsies gebruik word. Sommige provinsies leer daar
         is vyf fases en ander leer daar is ses fases vir die werkswinkelproses.

         Ken volpunte toe vir:
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die werkswinkelproses van Woza Albert! het deur die volgende fases
         ontwikkel:
         Idee:
          'n Idee het ontstaan toe Mbongeni Ngema en Percy Mtwa godsdienstige
           liedere op 'n bus gesing het en by 'n grenspos deur die Suid-Afrikaanse
           Polisie aangehou is
          Hulle het vorendag gekom met die idee van wat sou gebeur as Morena
           (Jesus Christus) na 'n apartheid Suid-Afrika sou terugkom
          Hierdie idee en vraag het die basis van die toneelstuk gevorm
         Navorsing:
          Mbongeni Ngema, Percy Mtwa en Barney Simon het die Bybel bestudeer
           as 'n manier om navorsing oor Jesus te doen en Hom te verstaan, want Hy
           sou die hoofkarakter in hulle toneelstuk wees
          Hulle het onderhoude gevoer met mense van die townships wat hulle
           drome, aspirasies en verwagtinge gedeel het, as Morena sou terugkom
          Hulle het ook 'n paar van hulle persoonlike ervarings gebruik om die
           toneelstuk, intrige, temas en karakters toe te lig
          Hulle het waargeneem hoe mense opgetree het en die karakters in die
           toneelstuk op hierdie mense gebaseer
         Improvisasie:
          Daar is met tonele geëksperimenteer deur die gebruik van improvisasie.
          Deur hierdie improvisasie is die beste tonele gekies.
         Keuring/ Seleksie:
          Die skeppers het die mees relevante tonele gekies en ander uitgegooi
          Die geselekteerde tonele is geredigeer en verfyn
         Redigering/ Verfyning:
          Die toneelstuk is vir gehore binne en buite die grense van Suid-Afrika
           opgevoer
         Opname/ Opvoer:
          Die toneelstuk is gesamentlik deur Barney Simon, Percy Mtwa en
           Mbongeni Ngema geskryf.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                                    DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en evaluering van die belangrikheid van die karakter Morena in die toneelstuk
         demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Morena is 'n belangrike karakter want hy:
          Verteenwoordig die Christus-figuur wat die onderdrukte mense van Suid-
           Afrika inspireer om te betoog en op te staan vir hulle vryheid, menseregte
           en waardigheid
          Simboliseer liefde, vryheid en menswaardigheid wat aan die meeste
           onderdrukte Suid-Afrikaners tydens Apartheid ontsê is
          Is die verlosser van die onderdrukte massas omdat hy vryheid
           verteenwoordig het
          Bevry mense omdat hy hulle opdrag gee om hulle pasboeke weg te gooi en
           hulle aanmoedig om te veg vir hulle regte en gelykheid
          Wek die struggle-helde op sodat hulle kan help om apartheid, wat slegs 'n
           paar uitverkorenes bevoordeel het, te beëindig
          Is in staat om die onderdrukkers se planne te vernietig deur diegene wat
           onderdruk word, te bevry
          Word deur die apartheidsregering as 'n bedreiging/terroris beskou
          Is die sentrale figuur van die toneelstuk. ie eerste helfte van die toneelstuk
           fokus op die verwagting van sy aankoms. Daarna volg sy aankoms in
           Albertstraat, sy daaropvolgende leierskap, arrestasie, dood en oproep van
           die struggle-helde                                                                   (4)

2.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
         ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
         verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk het steeds die mag om te inspireer:
         Verontwaardiging:
          Die situasies wat in die toneelstuk aangespreek word, is steeds relevant in
           vandag se samelewing omdat mense steeds kwaad is oor dieselfde
           kwessies as dié wat in die toneelstuk Woza Albert! aangespreek is, bv.
           armoede, haweloosheid, rassisme en diskriminasie
          Soortgelyk aan die vleisverkoper in die toneelstuk is daar vandag nog
           kinders wat nie kan skool toe gaan nie omdat hulle ouers nie die skoolgeld
           kan bekostig nie
          Die werkloosheidsyfer styg ondanks die regering se beloftes van
           werkskepping
          Daar is 'n hoë koers van verstedeliking, met mense van die landelike
           gebiede wat na die stedelike gebiede gaan, op soek na werk en beter
           lewensomstandighede
          Verstedeliking het die afbreek van die tradisionele gesinstruktuur tot gevolg
           en lei tot oorbevolking en ander sosiale euwels soos dwelmmisbruik,
           geslagsgebaseerde geweld, ens.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          11                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

         Solidariteit:
          Gemeenskappe word aangemoedig om bymekaar te kom en hulle
           ontevredenheid oor huidige sosiale ongeregtighede uit te spreek, bv. swak
           lewensomstandighede
          Die toneelstuk roep steeds mense se emosies op en moedig hulle aan om
           op te staan en terug te veg om volkome vryheid, erkenning van hulle
           menseregte en respek vir hulle waardigheid te bereik
          Jonk en oud word geïnspireer om saam te werk vir 'n beter toekoms
         Aksie:
          Selfs vandag kom massas mense steeds bymekaar om te staak teen hoë
           lewenskoste, swak dienslewering, werkloosheid, ens.                               (6)

2.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.

         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip, ontleding, toepassing en evaluering demonstreer van hoe om 'n
         produksie van Woza Albert! te skep om dit dramaties effektief en meer
         opwindend te maak.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
          Akteurs/ Opvoerders oor ‘n wye reeks vaardighede van die kuns beskik en
           kan toepas, soos sang, dans, toneelspel, mimiek, ens. Daar is 26 tonele en
           slegs twee akteurs op die verhoog regdeur die toneelstuk om die baie
           uiteenlopende karakters en tonele uit te beeld
          Daar dinamiese interaksie tussen die karakters en gehoorlede is
          Akteurs hulle eie stemme kan gebruik om te sing en byklanke te maak, bv.
           geluid van 'n vragmotor, trein, ens.
          Daar interaksie tussen die akteurs kan wees soos hulle hul karakters
           vertolk
          Die akteurs fisies en vokaal op die verhoog kan transformeer
          Toepaslike gebare en bewegings deur die akteurs gebruik word
          Beligting op 'n kreatiewe manier gebruik kan word, bv. 'n lig wat fokus op
           die grafsteen waar Morena slaap
          Baniere en slagspreuke gebruik kan word om die gevoelens en emosies
           van die akteurs uit te beeld
          Vlakke gebruik kan word om die ruimte meer dinamies te maak, met die
           fokus op spesifieke akteurs of aksies
          Vertolkingsenergievlakke hoog is en die karakters goed uitgebeeld word            (10)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          12                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
         teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.

         Die volgende is 'n riglyn:
          Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe.

         Die teaterstyl kan wees:
         • Werkswinkelteater OF
         • Township-musiekblyspel OF
         • Protesteater OF
         • Hibriede Teater: 'n Mengsel van style, insluitend Realisme in die Teater,
           musiek, dans, ens.                                                                (2)

3.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         van die doelwitte van Protesteater/ Werkswinketteater/ Township-
         musiekblyspel of Hibriede teater toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee stellings wat met die doelwitte van Protesteater/ Werkswinketteater/
           Township-musiekblyspel of Hibriede teater toon.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die doelwitte van Protesteater tydens apartheid was:
          Opvoeding van mense beide in Suid-Afrika en oorsee oor die rassisme,
           onderdrukking en diskriminasie in Suid-Afrika van die swart mense deur die
           destydse wit regering
          Weerspieël swart Suid-Afrikaners se kulturele ervarings binne die konteks
           van apartheid
          Protesteer teen swart mense se onderdrukking en rassediskriminasie
          Aanmoediging van weerstand teen hierdie onderdrukking deur die
           onderdruktes aan te moedig om op te staan en terug te veg
          Lewer kommentaar op die verdeling binne die samelewing en beklemtoon
           die verskille in die samelewing, bv. wit mense kon besighede besit, maar
           swart mense is verbied om dit te doen
          Ontlokking van 'n emosionele reaksie by die gehoor deur mense se woede
           en hartseer te gebruik en hulle aan te moedig om teen die onderdrukking te
           protesteer
          Bemagtiging van mense om die onderdrukkers se opgelegde denke en
           gedrag sowel as hulle eie selfopgelegde beperkings af te leer                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           13                                   DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.3      Nasieners aanvaar antwoorde wat die teater-elemente van die produksie
         identifiseer, soos deur Lebo Ntshingila geresenseer.

         Ken volpunte toe vir:
          Vier aparte feite

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die teater-elemente van die produksie van Sophiatown wat Lebo
         Ntshingila geresenseer het, is:
          Die ongeïnspireerde lees van die toneelstuk
          Die vervelige, lewelose toneelspel
          Die gebrek aan vertelling
          Geen musiek en dans nie
          Die lewelose karakters wat geen opvoeringsenergie het nie
          Die akteurs wat bloot gesit en hulle woorde opgesê het
          Die gebrek aan baniere en slagspreuke                                               (4)

3.4      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding, toepassing en
         evaluering demonstreer van hoe die ongeregtighede van apartheid in die
         toneelstuk, Sophiatown, voorgestel word

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die ongeregtighede van apartheid word voorgestel deur:
         Gedwonge verskuiwings:
          Die apartheidsregeringswette soos die Groepsgebiedewet het gebiede
           volgens ras toegewys. As jy van ‘n ras, anders as die wit ras sou wees, sal
           die regering van die dag jou met geweld verwyder het van grond wat aan
           wit mense toegeken is
          Die gebiede wat vir vernietiging geïdentifiseer is, was dié waar mense van
           gemengde rasse geleef het, bv. in Sophiatown het verskillende rasse in
           harmonie saamgeleef
          Stootskrapers het opgedaag en alle geboue, kerke en huise vernietig.
          Mense is met geweld uit hulle huise verwyder en op vragmotors gelaai om
           afgelaai te word in gebiede wat deur die regering toegewys is om die
           verskillende rasse te skei
          Die meeste van hierdie gebiede het geen infrastruktuur gehad nie, was ver
           van stede af en het dikwels geen hulpbronne gehad nie
          Hierdie brutaliteit het gebroke huise, ongekende hartseer, terreur en trauma
           veroorsaak vir die mense wat in Sophiatown gewoon het
         Betogings:
          Daar was beplande betogings deur die mense om die gedwonge
           verskuiwings teen te staan
          Die betogings het egter nie gerealiseer nie omdat die regering die
           polisiemag en die stootskrapers drie dae vroeër gestuur het as die datum
           wat aan die mense in Sophiatown oorgedra is

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                                   DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

         Verwyder die stem van die mense:
          Die hulpkrete van die mense van Sophiatown om in hulle eie huise te bly
           woon, is deur die apartheidregering geïgnoreer.
          Stootskrapers het huise vermorsel en trokke het mense gewelddadig
           weggery en verwyder.
         Rasse- en kulturele diversiteit is nie toegelaat nie:
          Sophiatown was 'n lewendige multikulturele en veelrassige gebied.
          Die gemeenskap van mense het die verskillende rassegroepe, tale, kulture
           en gevierde diversiteit aanvaar.
          Die wit apartheidregering het rasse en mense gewelddadig van mekaar
           geskei in aparte gebiede
         Aanbieding:
         ‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien die
         antwoord korrek is en ooreenstem met die vraag en bron                               (6)
3.5      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding, toepassing
         en evaluering demonstreer van die werkswinkelproses van die toneelstuk wat
         met 'n sentrale idee begin het en ontwikkel het tot ‘n toneelstuk. Nasieners
         aanvaar die verskillende inhoudsbronne wat deur die verskillende provinsies
         gebruik word. Sommige provinsies leer daar is vyf fases en ander leer daar is
         ses fases vir die werkswinkelproses.
         Ken volpunte toe vir:
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die werkswinkelproses van Sophiatown het deur die volgende fases
         ontwikkel:
         Idee:
          Die Junction Avenue Theatre Company het 'n idee gehad om die lewe te
           dokumenteer soos dit in Sophiatown was voor die gedwonge verwydering
           van mense
          Die maatskappy het met die idee vorendag gekom van wat moontlik kan
           gebeur as 'n wit Joodse meisie in Sophiatown in Suid-Afrika gedurende die
           apartheid regime kom woon
         Navorsing:
          Onderhoude is gevoer met mense wat deur die gedwonge verwyderings
           geraak is, bv. Don Mattera
          Artikels is gelees oor die lewe in Sophiatown tydens apartheid Suid-Afrika
          Drum-tydskrif het addisionele materiaal vir die toneelstuk verskaf
         Improvisasie:
          Daar is met tonele geëksperimenteer deur die gebruik van improvisasie.
          Deur hierdie improvisasie is die beste tonele gekies.
         Keuring/ Seleksie:
          Die mees relevante tonele is geïdentifiseer en vir die toneelstuk gekies.
           Ander tonele is uitgelaat
         Redigering en Verfyning:
          Redigering en verfyning van die tonele is gedoen
         Opvoering en Opname:
          Die toneelstuk is opgevoer en opgeneem
          Dit was 'n demokratiese en samewerkende proses wat deur die hele groep
           gedoen is                                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          15                                   DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en evaluering van die belangrikheid van die karakter van Charlie in die
         toneelstuk demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is ‘n riglyn:
         Charlie is 'n belangrike karakter want hy:
          Beklemtoon die tema van rassisme in die toneelstuk Sophiatown.
          Is geskok en verras toe Mingus weier om hom na Meadowlands te neem
          Bevestig die gebroke lewens en verhoudinge as gevolg van die harde en
           wrede wette van apartheid
          Het ‘n kinderlike onskuld ten opsigte van die gedwonge verskuiwings.
           Hierdie onskuld reflekteer ‘n samelewing waar kleurverskille nie raakgesien
           is nie
          Is gedwing om vrede te maak met die feit dat hy nie van dieselfde ras as
           Mingus is met wie hy vir 'n baie lang tyd in harmonie saamgeleef het nie
          Toon hoe werkloosheid die misdaadsyfer verhoog. Hy was 'n lid van die
           Americans-bende en Mingus se helper/ 'side-kick'
          Het dit moeilik gevind om op sy eie te oorleef. Iewers nadat Mingus weens
           die gedwonge verwyderings weg is, is Charlie se lyk gevind waar hy op die
           omgekeerde bad gelê het wat hy vir Ruth gekry het. Die liggaam het
           steekwonde oraloor gehad                                                           (4)

3.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
         ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
         verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk het steeds die mag om te inspireer:
         Verontwaardiging:
          Die situasies wat in die drama aangespreek word, is steeds relevant tot die
           moderne hedendaagse samelewing omdat mense steeds soortgelyke
           kwessies ervaar as dié wat in Sophiatown aangespreek word, bv.
           diskriminasie en rassisme en wat veroorsaak dat hulle steeds protesteer
          Die hoë werkloosheidsyfer en die regering se leë beloftes van
           werkskepping raak mense vandag steeds en het tot gevolg dat hulle kwaad
           is
         Solidariteit:
          Selfs vandag kom massas mense steeds bymekaar om te staak teen die
           hoë lewenskoste, werkloosheid en dienslewering omdat mense nie
           lewenskwaliteit gegun word nie
         Aksie:
          Die toneelstuk roep steeds mense se emosies van pyn, woede en hartseer
           op en dit moedig hulle aan om op te staan en terug te veg teen 'n regering
           wat die arm en werklose mense in die steek laat.
          Daar is 'n hoë misdaadsyfer en rampokkery ('gangsterism') wat ons steeds
           teister                                                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          16                                   DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.

         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip, ontleding, toepassing en evaluering van die opvoering van 'n
         produksie demonstreer.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
          Daar 'n insluiting van vertelling was om die volgende weer te gee:
           o 'n Inleiding oor wat om van die toneelstuk te verwag
           o Inligting oor die lewe, die mense en die kulture in Sophiatown
          Die akteurs hulle woorde memoriseer wat hulle in staat sou stel om op
           kreatiewe karakterisering te fokus
          Die karakters kon sing en dans om die lewenskragtigheid van die kultuur en
           kuns in Sophiatown, die plek, te toon
          Vooraf opgeneemde musiek gebruik kan word om 'n sekere stemming en
           atmosfeer te skep
          Akteurs/ Opvoerders energiek was en 'n wye reeks vaardighede (sing,
           dans, ens.) kan gebruik om hulle interessant te maak om na te kyk
          Akteurs interaksie met mekaar het om hulle vertoning eg en outentiek te
           maak
          Relevante baniere en slagspreuke gebruik word om die ware essensie van
           die oorspronklike toneelstuk te skep en te wys wat in Sophiatown, die plek,
           gebeur het                                                                         (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           17                                   DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

4.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
         teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Die korrekte antwoord

         Die teaterstyl is:
          Realisme in die Teater OF
          Nuwe Realisme in die Teater OF
          'Kitchen Sink' Drama/ 'Kitchen Sink'-realisme                                       (2)

4.2      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die kenmerke
         van die genre wat in VRAAG 4.1 geïdentifiseer is.

         Ken volpunte toe vir:
          Vier kenmerke van die genre

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die kenmerke van die styl/ genre is soos volg:
          Goed afgeronde en goed gedefinieerde karakters word geskryf en geskep
          Karakters het 'n geskiedenis/ biografie
          Die dialoog wat gepraat word, is alledaagse taal en die gehore kan maklik
           daarmee identifiseer
          Karakters is geloofwaardig en herkenbaar vir gehore
          Karakters is individue eerder as stereotipes
          Karakters ervaar werklike probleme
          Die taal weerspieël die soort karakter wat uitgebeeld word om die
           karakterisering geloofwaardig te maak
          Die kostuum is 'n eksterne uitdrukking van 'n karakter se eienskappe
          Die gegewe omstandighede vertel ons meer van die karakter en sy/ haar
           sosiale agtergrond
          Die stel bestaan uit en beeld alledaagse meubels uit, bv. 'n regte bed, 'n
           regte motor (Buick) soos dit in die regte lewe gebruik word
          Die ruimte word kreatief gebruik en met detail van betekenisvolle items, bv.
           die hoenderhok, die katrolstel en die Buick
          Al die aksies word gemotiveer omdat karakters op sekere gegewe
           omstandighede en op mekaar se optrede reageer
          Temas handel oor alledaagse lewensgebeure, bv. armoede, persoonlike
           verwagtinge en drome
          'n Lineêre, 'goed gemaakte' toneelstuk-intrige-struktuur met 'n begin, middel
           en einde
          Die opvoeringsruimte is die prosceniumboog-verhoog ('proscenium arch
           stage')                                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            18                                     DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.3      Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis, begrip en ontleding van die
         teater-elemente van die produksie demonstreer soos deur Sanet du Plessis
         geresenseer.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die teater-elemente van die produksie van Siener in die Suburbs wat
         Sanet du Plessis geresenseer het, is:
          Die verhoog was amper leeg
          Dit het nie die agterplaas van 'n huis in die voorstede uitgebeeld nie
          'n Realistiese stel is nie geskep nie en geen poging is aangewend om 'n
           spieël na die werklikheid ('slice of life') op die verhoog te skep nie. Die stel
           het nie die alledaagse lewe in die voorstede gewys nie
          Die Buick is deur 'n swart rostrum voorgestel, terwyl dit 'n regte motor moes
           wees om die Realisme van die toneelstuk te weerspieël
          Slegs deurkosyne word gebruik om die ingang na die huis te wys en dit kan
           die illusie van die werklikheid afbreek
          Daar was geen realistiese draadhoenderhok nie, maar slegs geverfde
           prentjies van hoenders in 'n hok. Dit het nie bygedra tot die
           geloofwaardigheid van die omgewing van die aksie nie
          Geen realistiese gereedskap of 'n regte katrolstel is gebruik nie en vooraf
           opgeneemde klanke is gespeel om die gereedskap wat gebruik is, aan te
           dui. Dit het die akteurs beperk om met die vereiste rekwisiete om te gaan
           om hulle aksie geloofwaardig te maak, bv. werk aan die kar
          Jakes het nie 'n regte motorfiets gebruik nie, maar 'n motorfiets nageboots.
           Die motorfietsklanke is vooraf opgeneem en dit is nie realisties nie
          Die swart kostuums het die gehoor nie veel vertel van die karakters of hulle
           sosio-ekonomiese situasies nie                                                         (4)

4.4      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding en toepassing van
         die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika tydens apartheid demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Vier goed gemotiveerde stellings OF
          Agt aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika tydens apartheid word
         soos volg voorgestel:
          Die ongeregtighede van die samelewing word getoon deur Tiemie wat
           desperaat probeer ontsnap uit die 'suburbs' en van haar reputasie dat sy
           van 'n lae klas kom
          Die verbale en fisiese mishandeling tussen Tiemie en Jakes wanneer Ma
           met die bebloede lap uit die huis kom
          Geweld vorm ook deel van hulle lewens aangesien Jakes en Giel Tjokkie
           dwing om in die toekoms te ‘sien’

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            19                                    DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

          Alkoholisme word verteenwoordig deur die karakters wat oormatig drink
          Diskriminasie tussen verskillende klasse in die samelewing word getoon
           deur Tiemie en haar begeerte om deel te wees van die hoër klas in die
           samelewing
          Mishandeling is deel van almal se lewens omdat mense geneig is om
           diegene wat 'anders' is, te marginaliseer en te boelie, of dit nou ras, fisies,
           kultureel, sielkundig of ekonomies is
          Armoede word deur al die karakters voorgestel, bv. Tjokkie werk aan 'n kar
           omdat hy nie ander werk kan kry nie
          Die stel weerspieël 'n gesin wat sukkel om te oorleef met wat hulle het
          Verslawing en armoede word voorgestel deur Giel wat dobbel deur op die
           perde te wed om met 'n oorwinning van armoede te probeer loskom

         Aanbieding:
         ‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien die
         antwoord korrek is en ooreenstem met die vraag en bron                                  (8)

4.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en evaluering van die belangrikheid van die karakter van Pa in die toneelstuk
         demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings

         Die volgende is 'n riglyn:
          Pa vorm deel van die gesin se verlede en is steeds relevant in hulle lewens
           omdat Ma steeds sy pensioen ontvang en hy dalk nog leef
          Pa hou Ma terug, want sy hoop steeds hy sal terugkeer en daarom wil sy
           nie met Giel trou nie
          Tjokkie 'sien' 'n man by die klein hekkie in sy visioen en dit hou die gehoor
           in spanning, want dit is dalk 'n visioen van Pa
          Pa het die huis voorsien waarin Ma ,Tjokkie en Tiemie leef. Hulle het ‘n huis         (6)

4.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
         ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
         verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die volgende kan faktore wees wat verseker dat die toneelstuk steeds
         die mag het om te inspireer:
         Verontwaardiging:
          Werkloosheid sal steeds woede ontlok soos ons dikwels sien met optogte
           wat vandag in die strate gehou word
          Baie van die maatskaplike kwessies is vandag nog in Suid-Afrika
           teenwoordig, wat daartoe lei dat baie mense met die huidige
           lewensomstandighede ontevrede is
         Solidariteit:
          'n Gehoor sal steeds die gevoel van verlatenheid en armoede ervaar omdat
           hulle steeds daarmee kan identifiseer
          Die slegte ekonomiese situasie van vandag kan tot solidariteit lei aangesien
           almal onder die gevolge ly
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            20                                    DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         Aksie:
          Diskriminasie tussen dié wat ryk en arm is bestaan steeds en protesaksie
           kan daarteen plaasvind.
          Geslagsgebaseerde geweld is steeds algemeen
          Groepe mense kan verenig en teen die volgende omstandighede
           protesteer:
           o Isolasie sosiaal en geografies
           o Haweloosheid
           o Werkloosheid en moeilike werksomstandighede
           o Verlies van lewens
           o Verdere opleiding word nie deur baie jongmense nagestreef nie
           o Armoede en die psigologiese en emosionele impak daarvan                             (6)
           o Werksgeleenthede is beperk
           o Dwelmmisbruik

4.7      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.

         Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         en evaluasie toon van hoe om 'n produksie van Siener in die Suburbs te skep
         en dit dramaties effektief en meer opwindend te maak.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
          Die stel 'n realistiese prentjie van 'n agterplaas in die voorstede ('suburbs')
           was omdat dit die armoede en lae-klas-lewe van die karakters moet wys
          Die Buick 'n regte kar was om te wys dat Tjokkie daaraan werk
          Die katrolstel eg was en die motor in 'n verhewe posisie was, want dit
           veroorsaak uiteindelik Tjokkie se dood wanneer die kar op hom neerkom
          Daar 'n regte fasade van 'n huis was met deure en voorgestelde
           binneruimtes omdat die karakters in en uit die huis uit moet beweeg
          Jakes op 'n regte motorfiets ingekom het met regte byklanke wat deur 'n
           motorfiets gemaak word
          Beligting gebruik is om die tyd van die dag aan te dui en dit kan gebruik
           word om op 'n spesifieke karakter te fokus, asook om 'n gepaste atmosfeer
           te skep
          Kostuums die karakters duidelik uitgebeeld het, bv. Ma in 'n ou rok, Jakes
           in jeans met 'n leerbaadjie
          Die liedjie 'Sugar Sugar' gebruik is om die stemming van lewe in die
           voorstede ('suburbs') te skep en dit dikwels herhaal kan word                         (10)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          21                                   DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die waarde en
         gebruik van regisseursaantekeninge.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Regisseursaantekeninge is nuttig omdat:
          Die regisseur idees kan formuleer en onthou en gedagtes en konsepte kan
           aanteken om in die skepping van die produksie te gebruik
          Dit die basis vorm van wat uiteindelik as 'n lewendige produksie op die
           verhoog gaan verskyn                                                               (2)

5.2      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van 'n goeie
         oudisieproses en wat van die akteur verwag word wat 'n oudisie vir die rol
         aflê.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Daar word van 'n akteur, wat 'n oudisie vir die rol aflê, verwag om die
         volgende te demonstreer:
          Selfvertroue want die akteur moet die rol/ karakter vertolk
          Duidelikheid van spraak, wat projeksie, artikulasie en toon insluit
          'n Begrip van die korrekte interpretasie van die karakter
          Die vermoë om die woorde te memoriseer
          'n Begrip van die subteks van die stuk
          Volgehoue fokus tydens die oudisie
          Luistervaardighede om die regisseur se voorskrifte te interpreteer                 (4)

5.3      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding en
         toepassing van die stelontwerp van die toneelstuk, sowel as die betrokke
         ontwerpvereistes, demonstreer.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         'n Skets/ Foto/ Model van die stelontwerp kan nuttig wees, want:
          Dit is 'n visuele gids/ prentjie van die stel en is maklik om te bestudeer
          Dit dui die plasing van al die elemente van die stel aan, soos die dekor en
            rekwisiete

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-afr/d83a79ed-952c-4dbb-bcf5-b472a41821c8) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-eng/a642c426-e331-474c-8fc6-3b8e2d1cfd4a) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [DRMA P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-afr/fa86e5d9-01a8-4943-b06d-fc15bac9ca50) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Afr
- [DRMA P1 S12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-eng/ff4d8c64-465f-4080-bbef-2ce67442d502) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
