# Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-afr/34520705-6280-4e40-9817-278f4b850250
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-afr/34520705-6280-4e40-9817-278f4b850250)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2014

                 DRAMATIESE KUNSTE

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                           *DRAMDM*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               DRAMATIESE KUNSTE                        (SEPTEMBER 2014)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A:      20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
     AFDELING B:      Suid-Afrikaanse Teater: 1960 – 1994 (40 punte)
     AFDELING C:      Suid-Afrikaanse Teater: Nà 1994 (40 punte)
     AFDELING D:      Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                      Vaardighede (40 punte)

2.   AFDELING A
     Alle kandidate moet hierdie vraag beantwoord deur na die toneelteks wat
     hulle bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys.

     EPIESE TEATER

        Caucasian Chalk Circle               Bertolt Brect
        Kaukasiese Krytsirkel                Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        Mother Courage                       Bertolt Brecht
        Moeder Courage                       Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        The Good Person of Szechwan          Bertolt Brecht
        Kanna Hy Kô Hystoe                   Adam Small

                                                OF

     TEATER VAN DIE ABSURDE

        Waiting for Godot                    Samuel Beckett
        Afspraak met Godot                   Vertaling van Samuel Beckett-
                                              toneelteks
        Bagasie                              Andrê P. Brink
        The Bald Prima Donna                 Eugene Ionesco
        Die Kaalkop Primadonna               Vertaling van Eugene Ionesco-
                                              toneelteks

                                                OF

     POSTMODERNE TEATER

        Skrapnel                             Willem Anker
        Top Girls                            Carol Churchill
        Popcorn                              Ben Elton
        Buried Child                         Sam Shepard

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               DRAMATIESE KUNSTE                                    3

 3.    AFDELING B
       Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in
       hierdie afdeling beantwoord.

       VRAAG 2: Woza Albert!                    Percy Mtwa, Mbonengi Ngema and
                                                Barney Simon
       VRAAG 3: Sophiatown                      Junction Avenue Theatre Company
       VRAAG 4: Siener in die Surburbs          PG du Plessis

 4.    AFDELING C
       Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in
       hierdie afdeling beantwoord.

       VRAAG 5: Nothing but the Truth           John Kani
       VRAAG 6: Mis                             Reza de Wet

 5.    AFDELING D:      Teater Geskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                        Vaardighede
       Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet TWEE vrae soos
       volg beantwoord.

       VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater is VERPLIGTEND.
       VRAAG 8: STEMWERK OF
       VRAAG 9: FISIESE WERK OF
       VRAAG 10: LEWENDIGE OPVOERING OF
       VRAAG 11: KULTURELE OPTREDES EN RITUELE

 NOTA AAN ONDERWYSERS

 AFDELING D kan elke jaar ŉ ander getal vrae bevat, afhangend van die aspekte wat
 getoets word en die bronmateriaal wat gebruik word.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               DRAMATIESE KUNSTE                            (SEPTEMBER 2014)

AFDELING A: 20STE EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Beantwoord hierdie vraag deur na die toneelteks wat jy bestudeer het, asook die
relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys (Teater van die Absurde, Epiese
Teater OF Postmoderne Teater).

Dui boaan jou opstel aan watter toneelteks jy bestudeer het.

Anders as ander werke in die letterkunde soos die roman en die kortverhaal, is ŉ
drama bedoel om met volle klank gehoor te word eerder as om dit self te lees.
Die skrywer van die toneelteks, bekend as ŉ dramaturg, skakel tonele met
dialoog van karakters aanmekaar om ŉ storielyn te skep wat die gehoor kan
volg …

                                               [Source: education.goodmantheatre.org]

Gebruik die teaterbeweging wat jy bestudeer het en skryf ŉ opstel waarin jy die
geldigheid van die bostaande stelling bewys deur na die volgende aspekte te
verwys:

       Temas
       Taal
       Struktuur

Jou opstel moet uit ten minste 2–3 bladsye bestaan.

                                                         TOTAAL AFDELING A:             30

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  DRAMATIESE KUNSTE                                    5

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 2:          WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                   BARNEY SIMON

 2.1    Verduidelik die term “Agitprop”.                                             (2)

 2.2    Noem en verduidelik enige TWEE onregverdige wette wat deur die vorige
        regering (voor 1994) opgelê is.                                              (4)

 2.3    Skryf ŉ kort paragraaf waarin jy die verskillende fases van ŉ werkswinkel
        van ŉ produksie bespreek.                                                   (10)

 2.4    Lees die volgende uittreksel uit Woza Albert! en beantwoord die vrae wat
        volg.

        PERCY: There’s no jobs!
        MBONGENI. There is jobs!! Ten thousand bricks! This morning there
                   were many people at the gates standing there looking for
                   work. And you chased them away!
        PERCY: Zuluboy, you are getting cheeky, huh?
        MBONGENI: I’m not getting cheeky. It’s true.
        PERCY: Ja! I’m cutting down your salary. I think you’re getting too much.
               Ja! Ja!
        MBONGENI: The boss can’t cut salary.
        PERCY: Ek gaan dit doen! [I’m going to do it.]
        MBONGENI: That’s not showing sympathy for another man.
        PERCY: Zuluboy! Zuluboy! You sit around waiting for Morena and then
               you come and tell me about the cost of living? You talk about
               inflation? What do you know about inflation? I’ve got you here,
               just here. One more mistake, once more cheeky, and you’re
               fired.

        2.4.1      Hoekom gebruik Mbongeni en Percy hulle regte name in plaas
                   van karakterspesifieke name in Woza Albert?                       (3)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                DRAMATIESE KUNSTE                          (SEPTEMBER 2014)

      2.4.2    Is Woza Albert! ŉ voorbeeld van Protesteater? Verduidelik.              (5)

      2.4.3    Neem die bostaande uittreksel in ag: Watter temas word as die
               belangrikstes beskou in die teateraanbiedings in Suid-Afrika voor
               1994 en hoe word hierdie temas in Woza Albert! aangespreek?            (10)

      2.4.4    Is die temas nog relevant in Suid-Afrika vandag? Verduidelik.           (6)
                                                                                      [40]

                                          OF

VRAAG 3:       SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE
               COMPANY

3.1   Wat was die Groepsgebiedewet en watter impak het dit in die verlede op
      Suid-Afrikaners gehad?                                                           (4)

3.2   Verduidelik die term “free-hold suburb”.                                         (2)

3.3   Bestudeer die uittreksel uit Sophiatown en beantwoord die vrae wat volg.

      FAHFEE: ‘Nobody believed it was possible. Was this just a fantasy? A
              Jewish girl living in Softown! It’s not possible. Is she crazy as a
              bedbug? Who’d leave the easy white life of Yeoville for the
              seething hot-spots of Kofifi? Well, folks, let me introduce you.
              She is none other than Ruth Golden. Height: five foot three 5
              inches …’
      RUTH: Five foot four!
      JAKES: Oops! Sorry.
      FAHFEE: Aah … Five foot four. ‘Long black hair pulled back in a
              swinging switch. A pert but comfortable figure. Curious          10
              bright eyes …’
      RUTH: come on!
      FAHFEE: ‘She tells me …’
      JAKES: uh, uh – that’s my bit. ‘She tells me she worked at Vanguard’s,
             the bookshop, and we all know what happens there! Could 15
             she be an eager intellectual? A wide-eyed jazz maniac? A
             demure but daring do-gooder? Or is it just an advertising stunt?’
      RUTH: Jakes!
      3.3.1    Hoe het die naam Sophiatown ontstaan? Verduidelik.                      (3)

      3.3.2    Wat is so vreemd van Ruth wat by Mamariti’s intrek?                     (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    DRAMATIESE KUNSTE                                        7

        3.3.3      Die karakter van Fahfee verteenwoordig die polities ingeligte in
                   baie opsigte in die toneelstuk.
                   Is die stelling WAAR of ONWAAR? Verwys na die toneelstuk en
                   maak van voorbeelde in jou antwoord gebruik.                            (4)

3.4     Identifiseer TWEE karakters in die toneelstuk. Verduidelik hulle
        verhouding en hoe dit deur die gedwonge verskuiwings geraak is.                    (6)

3.5     Bespreek DRIE sosiale kwessies wat die mense van Sophiatown raak en
        verduidelik hoe die kwessies in die toneelstuk aangebied is.                       (9)

3.6     Sal jy die toneelstuk as Realistiese Teater klassifiseer?

        Oorweeg die volgende in jou antwoord:

             Stel/dekor
             Plot/intrige
             Karakters                                                                   (10)
                                                                                          [40]

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR P.G. DU PLESSIS

Bestudeer die uittreksel uit Siener in die Suburbs en antwoord die vrae wat volg.

GIEL: Toe-nou maar, my meisie, jy vat my verkeerd op. Ek ken jou              1
      gesindhede. Dis net dat diè ding ŉ mooi gedagte is vir die kinders – ek
      meen, dan’s ek tog ook iets in die huis.
TJOKKIE: (loop voor om die motor met ŉ sleutel in sy hand). Ma, koop tog
         die ding en kry klaar!                                                       5
             (Giel trek Ma so bietjie verder van die garage af en hulle gaan sit op
             die stoepie.)
MA: Die kinders hou nie van die ding nie.
GIEL: Onse liefde het nie wet nodig nie, my hart. Ek meen ek het jou life. As
      oorle Pa nog leef, orraait … ek meen … oraait. Hoekom laat jy nie vir 10
      Tjokkie ŉ shot oorle Pa sien nie? Hy’s nou al oor ŉ twintig jaar soek. Jy
      kan mos nie so aangaan nie. Laat Tjokkie ŉ shot sien.
MA: Jy moenie lol dat Tjokkie sien nie, Giel.
GIEL: Maar dit kos hom niks.                                                      15
MA: Is jy darem bang hy kom terug, Giel? Ek meen oorlede Pa.
GIEL: Hoe kan jy nou so ŉ ding vir ŉ man vra wat elke aand bang is hy verloor
      sy meisietjie dalk? Maar jy’s wettiglik sy vrou, my hart.
MA: Nou sien jy nie hoekom ek bang is Tjokkie moet daaroor sien nie?

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      DRAMATIESE KUNSTE                        (SEPTEMBER 2014)

    4.1    Wat wil Giel aan Ma verkoop?                                                    (1)

    4. 2   Is Giel en Ma getroud? Haal vanuit die uittreksel aan om jou antwoord te
           staaf.                                                                          (3)

4.3        Wie is Tjokkie se suster?                                                       (1)

4.4        Giel word gewys as die vaderfiguur in Ma se huishouding. Word hy as
           sodanig deur die familielede aanvaar? Ondersteun jou antwoord met ŉ
           voorbeeld uit die toneelstuk.                                                   (4)

4.5        Giel is ŉ slagoffer as gevolg van dit wat die samelewing van ŉ man
           verwag.

           4.5.1   Wat is dit wat die samelewing daardie tyd van ŉ man verwag
                   het?                                                                    (2)

           4.5.2   Verskaf ŉ voorbeeld vanuit die toneelstuk om jou antwoord te
                   staaf.                                                                  (2)

4.6        Verduidelik die verhoudings tussen die volgende karakters van die
           toneelstuk:

              Tjokkie en Giel
              Ma en Giel                                                                  (6)

4.7        Gee ŉ beskrywing van die kostuums wat geskik sou wees vir beide
           Tjokkie en Ma en motiveer jou keuses.                                           (6)

4.8        Noem TWEE sosiale probleme in die samelewing wat deur die toneelstuk
           aangespreek word.                                                               (2)

4.9        Verduidelik hoe die dramaturg hierdie probleme in die toneelstuk
           aanspreek. Verwys na die temas in die toneelstuk om jou antwoord te
           ondersteun.                                                                     (6)

4.10       Jy is die kans gegee om die toneel hierbo aan te bied. Hoe sal jy dit
           opvoer? Verwys na die volgende in jou antwoord:

              Gebruik van stem
              Karakterisering
              En blok/verhoogplasing (beweging op die verhoog)                            (7)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              40

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   DRAMATIESE KUNSTE                                      9

 AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER NÀ-1994

 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

 5.1    Bestudeer die volgende Suid-Afrikaanse Teater-ontleding en reageer op
        die vrae wat volg.

        (Die meeste Suid-Afrikaanse toneelstukke word beïnvloed deur
        internasionale teatertendense, bewegings en style. Hierdie tendense kan
        vanaf die aktiewe proses van teater skep tot die styl van aanbieding dek.)

        5.1.1      “Nothing but the Truth” is op verskeie maniere tipies van die
                   realistiese teater. Is die stelling WAAR of ONWAAR?                  (1)

        5.1.2      Bewys jou antwoord in VRAAG 5.1.1 deur te verwys na die ruimte
                   in “Nothing but the Truth”.                                          (8)

        5.1.3      Noem enige EEN van die internasionale teaterbewegings.               (1)

 5.2    Lees die volgende uitreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                     UITTREKSEL VANUIT NOTHING BUT THE TRUTH
         SIPHO: How was your day?                                                  1
         THANDO: Oh! The same grind. Former soldiers, policemen and
                 security people applying for amnesty. Saying they are sorry.
                 Sometimes I sit there translating, interpreting, and not even
                 feeling. It’s easy to get numb you know.
         SIPHO: That’s why I do not go anymore. It’s pointless.                    5
         THANDO: The truth does come out, and at least the families get to
                 know what happened.

         SIPHO: Their version of what happened.
         THANDO: Don’t start! Don’t start! I know how you feel about that.
                      Pause
         SIPHO: The undertaker must be on his way now.                             10
         THANDO: [as she exits]: Daddy, what did uncle Themba die of?
         SIPHO: His heart gave in, so says his wife.
        THANDO: [from the bedroom]: Why didn’t Auntie Thelma accompany
                 his body instead of Mandisa?                          14

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                DRAMATIESE KUNSTE                                (SEPTEMBER 2014)

      5.2.1     Wat is die Waarheid-en-Versoeningskommissie?                                     (2)
      5.2.2     Bespreek DRIE punte oor die karakters van Sipho en Thando.
                Watter soorte persoonlikhede het hulle?                (6 x 2)                  (12)
      5.2.3     Hoe weet die gehoor dat Sipho en Thando al vantevore hierdie
                gesprek gehad het?                                                               (2)
      5.2.4     Sipho verander die onderwerp na pouse. Hoe sal jy jou stem in
                die optrede gebruik om die verandering te wys?                                   (4)
      5.2.5     Bespreek die tema van “waarheid” in Nothing but the Truth.
                Oorweeg Thando en Sipho se gesprek oor die Waarheids-en-
                Versoeningskommissie.                                                           (10)
                                                                                                [40]
                                              OF
VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET
Lees die volgende uittreksel van ŉ artikel deur Johan Coetser vir die Universiteit
van Kwazulu-Natal.

“In Reza de Wet se drama Mis (1993a), maak die ma, Miem, en die dogter Meisie
ŉ lewe daaruit om mis te verkoop. Miem se man, Gabriël, bly permanent in die
solder en alles wat hy benodig, moet vir hom opgehys word.”
                      [Bron: Afrikaans Theatre: Reflections of Identity, Johan Coetsee, UKZN]

6.1   Watter geleentheid vind in die gemeenskap gedurende die drama plaas?                       (2)

6.2   Dit lyk of daar ŉ gevaar is wat met die geleentheid geassosieer kan word.
      Wat is die gevaar?                                                                         (3)

6.3   Hoe beeld die dramaturg armoede as een van die sosiale probleme in die
      drama uit?                                                                                 (6)

6.4   Bespreek die ironie van die besoek deur die polisieman.                                    (5)

6.5   Miem en Meisie het vir Gabriël pligsgetrou vir die afgelope sewe jaar
      bedien. Hoe is dit ŉ aanduiding van geslagskwessies wat in die toneelstuk
      aangespreek word?                                                                          (6)

6.6   Dink jy dat Mis die Realistiese teater (realisme) uitbeeld in terme van sy
      voorstelling en temas wat dit aanspreek? Verduidelik jou antwoord.                        (10)

6.7   Miem kom teen einde van die toneelstuk terug en kom agter dat Meisie
      vermis is.

      Hoe sal jy die karakter van Miem speel, nadat sy besef het dat Meisie
      vermis is? Verwys na jou kennis van stem en liggaamstaal in die teater.                   (10)
                                                                                                [40]
                                                                TOTAAL AFDELING C:               40

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 DRAMATIESE KUNSTE                                               11

 AFDELING D:        DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
                    INHOUD EN VAARDIGHEDE

 Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.

 VRAAG 7: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER

 7.1    Noem enige TWEE filosowe en ŉ teaterbewegings wat deur hulle
        beïnvloed is.                                                                            (4)

 7.2    Watter teaterbeweging het Adolphe Appia beïnvloed?                                       (1)

 7.3    Bespreek DRIE verskille tussen Realisme en Ekspressionisme-teater. Jy
        kan ŉ tabel gebruik om die verskille aan te dui.               (3 x 2)                   (6)

 7.4    Hoekom is dit belangrik om bewus te wees van die sosiale en politieke
        agtergrond van die toneelstukke wat jy in Dramatiese Kunste bestudeer?                   (3)

 7.5    Noem jou gunsteling 20ste eeuse-teaterbeweging wat jy hierdie jaar
        bespreek het. Verduidelik jou keuse deur na die temas te verwys.                         (6)
                                                                                                [20]

 Beantwoord slegs EEN vraag uit die volgende.

 VRAAG 8: STEMWERK

 Bestudeer die volgende uittreksel uit die boek, “Voice and Speech in Theatre” en
 beantwoord die volgende vrae.

 “… Daar is ŉ plek in die teater vir baie stemtipes, maar daar is hoegenaamd geen
 plek vir ŉ stem wat nie korrek aangewend word nie, of vir stem en spraak wat nie
 by die toneelstuk pas nie …”
                           [Bron: Voice and Speech in the Theatre deur James Clifford Turner]

 8.1      Jou stem is ŉ belangrike instrument in die teater. Is dit WAAR of
          ONWAAR? Gee EEN rede vir jou antwoord.                                                 (2)

 8.2      Gee TWEE redes hoekom stemoefening vir ŉ akteur belangrik is.                          (4)

 8.3      Beskryf enige TWEE stemoefeninge en verduidelik hulle belangrikheid.                   (6)

 8.4      Hoe het jy jou stem gebruik om te pas by die karakter wat jy gespeel het?
          Verwys na jou praktiese toneelspel in jou antwoord.

          Oorweeg die volgende in jou antwoord:

              Die ouderdom van die karakter
              Die gebeure in die drama waar die karakter sy stem moet gebruik om
               emosie oor te dra                                                                 (8)
                                                                                                [20]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              DRAMATIESE KUNSTE                             (SEPTEMBER 2014)

                                        OF

VRAAG 9: FISIESE WERK

Verwys na die volgende uitbeelding om die volgende vrae te antwoord.

                                   [Michael Marmitte in Ma Ravan Ensemble. Cuepix 2009]

9.1     Hoe weet jy dat die bostaande uitbeelding ŉ werklike fisieke teater-
        aanbieding voorstel? Motiveer jou antwoord.                                        (3)

9.2     Verskaf TWEE redes waarom dit belangrik is om voor ŉ teater-
        aanbieding op te warm.                                                             (4)

9.3    Watter kwaliteite, dink jy, moet ŉ akteur hê, om op te tree in ŉ fisieke
       teater-aanbieding wat soortgelyk aan die een in die uitbeelding is?                 (4)

9.4    Beskryf EEN oefening wat jy kan gebruik om jou liggaam vir ŉ fisieke
       teater-aanbieding voor te berei.                                                    (3)

9.5    Skryf ŉ 50–60 woorde storie/verhaal oor die handeling/aksie wat in die
       foto getoon word.                                                                   (6)
                                                                                          [20]

                                             OF

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  DRAMATIESE KUNSTE                                          13

 VRAAG 10: LEWENDIGE OPTREDE
 Oorweeg die volgende bron en beantwoord die vrae wat volg.
 BRON
 ŉ Drama-student het die volgende opmerking teenoor sy drama-onderwyser
 gemaak: “Die proses by die skep van ŉ optrede hang van baie dinge af; die
 finale optrede is slegs ŉ refleksie daarvan.”

 10.1     Hoe belangrik is dit om deeglik vir jou praktiese optrede voor te berei?
          Verduidelik.                                                                      (5)

 10.2     As student van die vak, Dramatiese Kunste, het jy deel uitgemaak van
          die skep van ŉ produksie. Skryf ŉ kort verslag oor die proses van die
          ontwikkeling van jou praktiese optrede vir die September-eksamen.

          Jou verslag behoort die hele proses in te sluit – vanaf die eerste dag tot
          en met die dag van jou optrede.                                                  (15)
                                                                                           [20]

                                              OF

 VRAAG 11: KULTURELE OPTREDES EN RITUELE
 Bestudeer die bron wat uittreksel is uit die werke van ŉ kenner van mitologie,
 Joseph Campbell.
 BRON

 “… Gewoonlik het beskawings rituele wat bonatuurlike kragteoorwinnings en
 helde vereer. Dikwels word bonatuurlike vorme verteenwoordig deur kostuums
 en maskers te gebruik. Rituele wat uitgevoer is as deel van verpligtinge teenoor
 die gode, het ook vermaak en plesier verskaf.”
                                                     [Bron: Joseph Campbell, ŉ mitoloog]

 Oorweeg die elemente van drama wat jy in die jare as ŉ Dramatiese Kunste-
 leerder bestudeer het. Bespreek hoe ŉ rituele-seremonie van pas kan wees om
 as ŉ optrede te kwalifiseer. Jy mag verwys na ŉ tradisionele ritueel wat in jou
 gemeenskap beoefen word as ŉ voorbeeld in jou bespreking.

 Dink aan die volgende:

  Hoe die seremonie begin
  Die deelnemers (karakters) wat betrokke is
  Fisieke teater                                                                          [20]

                                                            TOTAAL AFDELING D:              40
                                                                GROOTTOTAAL:               150

## Related documents

- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2014 EA final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-ea-final/f0fa26ae-d416-4370-aefe-5d6054507f17) — Dramatic Arts · QP · 2014
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2014 ENG final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-eng-final/e5ec1349-718c-4a11-b440-0991d4eff84f) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2014 AFR FINAL](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2014-afr-final/997e307a-0dec-413a-829f-5a812227cd36) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Afr
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2014 ENG FINAL](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2014-eng-final/e9e71aee-87ef-4555-b978-e7d28ae0d47c) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-afr/f1f0d3cb-1333-4f9a-9e18-a22839cc2585) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-eng/cfd94812-8e9e-4446-9e4c-240bce82e620) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
