# Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-afr/d85b8c2f-d38e-49bc-aeb2-d6d3dfe91159
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-afr/d85b8c2f-d38e-49bc-aeb2-d6d3dfe91159)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2015

                 DRAMATIESE KUNSTE

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *DRAMEA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                               DRAMATIESE KUNSTE                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A:      20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
      AFDELING B:      Suid-Afrikaanse Teater: 1960 – 1994 (40 punte)
      AFDELING C:      Suid-Afrikaanse Teater: Nà 1994 (40 punte)
      AFDELING D:      Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede (40 punte)

 2.   AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS

      Alle kandidate moet hierdie vraag beantwoord deur na die toneelteks wat
      hulle bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys.

      EPIESE TEATER

          Caucasian Chalk Circle              Bertolt Brecht
          Kaukasiese Krytsirkel               Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
          Mother Courage                      Bertolt Brecht
          Moeder Courage                      Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
          The Good Person of Szechwan         Bertolt Brecht
          Kanna Hy Kô Hystoe                  Adam Small

                                                OF

      TEATER VAN DIE ABSURDE

          Waiting for Godot                   Samuel Beckett
          Afspraak met Godot                  Vertaling van Samuel Beckett-
                                               toneelteks
          Bagasie                             Andrѐ P. Brink
          The Bald Prima Donna                Eugene Ionesco
          Die Kaalkop Primadonna              Vertaling van Eugene Ionesco-
                                               toneelteks

                                                OF

      POSTMODERNE TEATER

          Skrapnel                            Willem Anker
          Top Girls                           Carol Churchill
          Popcorn                             Ben Elton
          Buried Child                        Sam Shepard

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)          DRAMATIESE KUNSTE                                     3

 3.   AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960−1994)

      Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in
      hierdie afdeling beantwoord.

      VRAAG 2: Woza Albert!                     Percy Mtwa, Mbonengi Ngema en
                                                Barney Simon
      VRAAG 3: Sophiatown                       Junction Avenue Theatre Company
      VRAAG 4: Siener in die Surburbs           PG du Plessis

 4.   AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NA 1994
      Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in
      hierdie afdeling beantwoord.

      VRAAG 5: Nothing but the Truth            John Kani
      VRAAG 6: Mis                              Reza de Wet

 5.   AFDELING D:       DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
                        INHOUD EN VAARDIGHEDE

      Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae. VRAAG 7 is VERPLIGTEND

      VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater is (VERPLIGTEND.)

      Beantwoord SLEGS EEN van die volgende vrae:

      VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK
      VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING
      VRAAG 10: KULTURELE OPTREDE EN RITUELE

 NOTA AAN ONDERWYSERS

 AFDELING D kan elke jaar ŉ ander getal vrae bevat, afhangend van die aspekte wat
 getoets word en die bronmateriaal wat gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                DRAMATIESE KUNSTE                             (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS

 VRAAG 1

 Beantwoord hierdie vraag deur te verwys na die dramateks wat julle bestudeer
 het en ook na die drama se relevansie tot die teaterbeweging van die 20ste eeu
 (Absurde Teater OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater).

 Oorweeg die volgende uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

 … Dramatiese styl ontstaan uit die wyse waarop ŉ toneelstuk in die teater
 aangebied word. Dit is die manier waarop die drama se regie en toneelspel
 uitgevoer word en sluit ook die verskillende soorte van verhoog-inkleding,
 kostuums en beligting in wat gebruik word, wat ook bydrae om die styl van die
 produksie te beïnvloed.

                          [Bron: Vertaal uit “dlibrary.acu.edu.au_Form and Style in Drama”]

 Verwys na die teks wat jy bestudeer het en bespreek die geloofwaardigheid van
 die bogenoemde stelling rakende enige DRIE van die volgende aspekte:

    Intrige
    Struktuur
    Karakters
    Taal
    Temas

 Jou opstel moet 2–3 bladsye lank wees.

 Aan die bokant van jou opstel moet jy aandui watter teks jy bestudeer het.                   [30]

                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)                DRAMATIESE KUNSTE                                                5

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 2:            WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA
                     EN BARNEY SIMON

 2.1      Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.

            [Mcedisi Shabangu and Peter Mashigo in the revival of the satire Woza Albert! Photo
                                                              by James Glossop, Aug 7, 2012]

          2.1.1      Watter vorige Suid-Afrikaanse regeringswet is duidelik in die
                     bogenoemde foto? Verduidelik jou antwoord.                                   (3)

          2.1.2      Kan Woza Albert as ŉ satire geklassifiseer word? Verduidelik
                     jou antwoord.                                                                (5)

          2.1.3      Watter internasionale teaterpraktisyn het ŉ invloed op die
                     aanbiedingsstyl van Woza Albert! gehad?                                      (1)

          2.1.4      Bespreek die opleidingsmetode van die bogenoemde
                     teaterpraktisyn.                                                             (6)

          2.1.5      Hoe is hierdie metode duidelik sigbaar in die opvoering van
                     Woza Albert!?                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                    DRAMATIESE KUNSTE                             (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      … Hierdie sin van (her)ontdekking het ŉ ooreenstemmende impak op die
      kulturele geskiedenis van Suid-Afrika. Dit veroorsaak die herontdekking
      van verlore (of ontdekking van nuwe) feite, die herdefiniëring van
      historiografiese beginsels, die herinterpretasie van die ou beginsels en
      uiteindelik die behoefte om ŉ nuwe geskiedenis te skryf.

         [Bron: Vertaal uit: Temple Haupfleisch. University of Stellenbosch. SA. The shaping of
                                            South African Theatre: An overview of major trends]

      2.2.1    Is die bogenoemde uittreksel ŉ ware refleksie van die doelwitte
               van Protesteater? Gebruik enige tema uit Woza Albert! om jou
               antwoord te ondersteun.                                                             (6)

      2.2.2    Bewys die volgende stelling deur na die drama Woza Albert! te
               verwys.

               Woza Albert! is ŉ opname van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.                       (6)

      2.2.3    Is dit vandag in die nuwe bedeling nodig vir Suid-Afrikaners om na
               ŉ produksie soos Woza Albert! te kyk? Oorweeg die gebeure in
               die drama en ook die regering van daardie tyd.                                      (8)
                                                                                                  [40]

                                                OF

 VRAAG 3:        SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE
                 COMPANY

 3.1 Bespreek enige ander TWEE kunsvorme wat in Sophiatown voorgekom het
     en noem EEN kunstenaar by elkeen.                                                             (4)

 3.2 Gee TWEE redes wat aanleiding tot die gedwonge verskuiwings van die
     mense van Sophiatown gegee het.                                                               (4)

 3.3 Noem enige ander voorbeeld van gedwonge verskuiwings wat plaasgevind
     het gedurende die tydperk van die vorige Suid-Afrikaanse regering.                           (2)

 3.4 Verduidelik die term “township musical”.                                                     (2)

 3.5 Kan Sophiatown onder die term “township musical geklassifiseer word”?
     Verduidelik jou antwoord deur te verwys na die elemente van ŉ township
     musical en na die gebeure van drama.                                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)             DRAMATIESE KUNSTE                                           7

 3.6 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     [Bron: youngviclondon.wordpress.com

      3.6.1     Die bogenoemde prent wys die verwoesting wat in Sophiatown
                ingetree het. Bespreek die Suid-Afrikaanse wet wat daartoe
                aanleiding gegee het en verduidelik hoe dit die mense van
                Sophiatown beïnvloed het.                                                   (5)

      3.6.2     Beskryf die kleredrag van ŉ tipiese Sophiatown bendelid. Gebruik
                die karakters van Mingus en Charlie as jou verwysing.                       (6)

 3.7 Bestudeer die volgende uittreksel van Sophiatown en beantwoord die vrae
     wat volg.

      (A single tight spot reveals RUTH sitting in a chair. FAHFEE stands behind
      her. She listens with intense concentration, desperately trying to learn.)
      FAHFEE: (in a monotone) 1 is for King; 2, Monkey; 3, Seawater; 4, Dead
      Man; 5 is for Tiger; 6 is for Ox; 7 is for Skelm; 8 is for Pig; 9 is for Moon; 10,
      Eggs; 11, Car; 12, Granny; 13, Big Fish; 14, Dead Woman; 15, Slegte Vrou;
      16, Pegeon; 17, Diamond Lady; 18, Small Change; 19, Small Girl; 20, Cat;
      21, Elephant; 22, Ship; 23, Long Hair; 24, Big Mouth; 25, Big House; 26,
      Bees.
      (Blackout)

      3.7.1     Wat verstaan jy onder die term “monotoon”?                                  (2)

      3.7.2     Watter speelstyl sal jy gebruik, as jy ŉ karakter in die Sophiatown
                moet vertolk? Kies EEN karakter van die toneelstuk as verwysing
                in jou antwoord.                                                            (7)
                                                                                           [40]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                  DRAMATIESE KUNSTE                            (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1   Verduidelik die konsep “probleem drama”.
4.2   Bespreek TWEE redes waarom sommige Afrikaanse dramas van publieke
      teaters gedurende die vorige politieke bestel verban is.
4.3   Oorweeg die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                         [Siener in die Suburbs, 2010 deur PG du Plessis, regie deur GW Davids]

      4.3.1     Noem die karakters wat in die bostaande foto gewys word.                           (3)
      4.3.2     Bestudeer die bostaande foto en beskryf wat op daardie oomblik in
                die drama gebeur.                                                                  (4)
      4.3.3     Kan Siener in die Suburbs as ŉ voorbeeld van Afrikaanse
                Protesdrama bestempel word? Ondersteun jou antwoord met
                motiverings en/of voorbeelde.                                                      (5)
      4.3.4     Oorweeg die situasie van die karakter van Tjokkie. Wat maak sy
                vermoë om te kan “sien” ŉ ironiese element in die storie?                          (6)
      4.3.5     Jy word die geleentheid gegee om iemand aan te stel om die
                karakter van “Ma” te speel. Verduidelik watter verwagtinge jy aan
                die aktrise sal stel en ondersteun jou antwoord deur te verwys na die
                gebeure in die drama waarby „Ma‟ betrokke is.                                      (8)
      4.3.6     Hoe het PG du Plessis die tema van armoede in die drama Siener in
                die Suburbs aangespreek?
                Oorweeg die volgende in jou antwoord:
                 Die karakters
                 Die ruimte                                                                       (8)
                                                                                                  [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:               40

 Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)                DRAMATIESE KUNSTE                                                9

 AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER POST-1994
 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.
 VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

 5.1 Bespreek die redes hoekom die Waarheids-en-Versoeningskommissie op die
     spesifieke tydstip in die Suid-Afrikaanse geskiedenis tot stand gebring is.                      (6)

 5.2 Dink jy die Waarheids-en-Versoeningskommissie het sy primêre doelwitte
     bereik? Gee ŉ voorbeeld om jou antwoord te ondersteun.                                           (5)

 5.3 Wat was die verskillende redes waarom baie Suid-Afrikaners die land verlaat
     het om oorsee ondergrondse weerstandsbewegings te vorm?                                          (4)

 5.4 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.

          [Bron: Warona Seane, John Kani, en Esmeralda Bihl in Nothing But the Truth (Foto © Paul
                                                                                          Kolnik)]

      5.4.1    Kan die ruimte hierbo onder die konsep “boks-stel” inpas? Verduidelik
               jou antwoord.                                                                          (3)

      5.4.2    Skryf ŉ kort samevatting oor wat op hierdie tydstip in die storie gebeur
               met verwysing na die bogenoemde foto.                                                  (4)

      5.4.3    Wat is die interne konflik waardeur Sipho worstel? Verskaf
               voorbeelde van die drama om jou antwoord te ondersteun.                                (8)
      5.4.4    Bespreek die tema van “kultuurverlies” in Nothing but the Truth.
               Oorweeg die verskil tussen die karakters om jou antwoord te
               ondersteun.                                                                           (10)
                                                                                                     [40]
                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                               DRAMATIESE KUNSTE                         (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET
 6.1 Bespreek van die kwessies wat families volgens die drama “Mis” moes
     deurwerk.                                                                              (6)

 6.2 Watter kwaliteite het die drama “Mis” wat ons in staat stel om dit as ŉ
     Afrikaanse Identiteit-teater te identifiseer. Verduidelik jou antwoord met die
     drama as verwysing.                                                                    (6)

 6.3 Sal dit van pas wees om hierdie drama op ŉ tweerigting-verhoog (“traverse
     stage set-up”) aan te bied? Gebruik die ruimte van die drama as verwysing
     in jou antwoord.                                                                       (6)
 6.4 Wie is die teikengehoor vir wie hierdie soort drama bedoel is? Gee redes vir
     jou antwoord.                                                                          (5)

 6.5 Bestudeer die volgende foto en beantwoord die vrae wat volg.

                                        [Bron: Miéle Janse van Vuuren. www.linden.co.za]

      6.5.1    Bespreek die karakter wat in die prent gewys word se verhouding
               met Miem. Ondersteun jou antwoord deur voorbeelde uit die drama
               te verskaf.                                                                  (6)

      6.5.2    Watter akteurs-opleidingsmetode sal jy gebruik as jy die rol moes
               vertolk van die karakter wat in die foto gewys word? Verduidelik
               deur die gebeure van die drama as verwysing te gebruik.                      (6)
      6.5.3    Verduidelik die ironie wat ontstaan met die koms van die sirkus na
               die dorp in die drama.                                                       (6)
                                                                                           [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             40

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)            DRAMATIESE KUNSTE                                        11

 AFDELING D:           TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD
                       EN VAARDIGHEDE

 VRAAG 7 is VERPLIGTEND.

 VRAAG 7: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER

 7.1 Kies enige EEN van die volgende teaterbewegings/style en skryf drie dinge
     neer wat jy daarvan weet.

         Surrealisme OF
         Dadaïsme OF
         Simbolisme OF
         Feminisme

      Dui die beweging/styl wat jy kies aan die bokant van jou antwoord.                 (3)

 7.2 Bestudeer die volgende teks en beantwoord die vrae wat volg.

      ŉ Groep tieners uit ŉ informele nedersetting het die storie van Koning
      Oedipus in ŉ gemeenskapsaal aangebied. Hulle het die drama aangepas
      deur dit met sang en dans in die vorm van jazz aan te vul.

      Oorweeg die bogenoemde teks en identifiseer die genre en die styl wat deur
      die tieners in hulle optrede gebruik is.                                           (4)

 7.3 Hoe raak politiek die samelewing? Ondersteun jou antwoord deur na die
     temas van enige teaterbeweging wat jy bestudeer het te verwys.                      (6)

 7.4 Bespreek EEN eksperimentele teaterpraktisyn en die impak wat hulle gehad
     het op teater soos ons dit vandag ken.                                              (5)

 7.5 Met wie in die teatergeskiedenis, kan jy die onderstaande aanhaling
     assosieer?

      “If you want to create a masterpiece, you must always avoid beautiful lies.”      (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                               DRAMATIESE KUNSTE                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 Beantwoord slegs EEN vraag uit die volgende.

 VRAAG 8: Stem en Fisiese Werk OF VRAAG 9: Lewendige Vertonings OF
 VRAAG 10: Kulturele Vertonings en Rituele

 VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK

 8.1 Oorweeg die volgende vergelyking en beantwoord die vrae wat volg.

                           WOORDE = BETEKENIS
                             STEM = EMOSIE

      8.1.1    Beskou jy die bogenoemde “vergelyking” as WAAR of ONWAAR.
               Verduidelik jou antwoord.                                                 (4)

      8.1.2    Beskryf die proses van stemproduksie in die vorming van die
               “-ng” klank. Oorweeg die spraakorgane in jou antwoord.                    (6)

 8.2 Oorweeg die volgende uittreksel van Drama Werke, Drama werkswinkels
     en Onderwyser hulpbronne en beantwoord die volgende vrae.                           (4)

      Fisieke Teater (wat ook Visuele Teater genoem is in ŉ poging om dit
      verder te verfyn – ŉ definisie wat nie blywend was nie) is ŉ teaterstyl waar
      die akteurs se liggame meer belangrikheid verkry as normaalweg soos
      byvoorbeeld in Naturalistiese Teater.

      8.2.1    Hoekom word daar in die bogenoemde uittreksel na fisieke teater
               as Visuele Teater verwys?                                                 (2)

      8.2.2    Oorweeg jou praktiese eksamen en beantwoord die volgende
               vraag.

               Wat was die tema van jou program en hoe het jy die fisieke teater
               gebruik om hierdie tema te kommunikeer?                                  (8)
                                                                                       [20]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)            DRAMATIESE KUNSTE                                        13

 VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING

 Oorweeg die volgende BRON om die vrae wat volg te beantwoord.

 9.1    Skryf ŉ kort paragraaf oor hoe jy jou verbeelding gebruik het om die
        speelruimte/toneelplasing van jou temaprogram te skep.                         (10)

 9.2    Watter akteursopleidingsmetode het jy in jou praktiese eksamen gebruik?
        Ondersteun jou antwoord deur die redes vir jou keuse te bespreek.              (10)
                                                                                       [20]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                              DRAMATIESE KUNSTE                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 10: KULTURELE OPTREDE EN RITUELE
 Oorweeg die volgende bron en beantwoord die vrae wat volg.

 “[Kultuur] is die gesamentlike programmering van die brein wat lede van een
 groep of kategorie onderskei van mense van ŉ ander.”

                                                              [Bron: „Hofstede 1994: 5]

 10.1   Wat is jou begrip van die term „kultuur‟? Gebruik voorbeelde om jou
        antwoord te ondersteun.                                                            (5)

 10.2   Hoe kan ons die drama gebruik om kulturele verdraagsaamheid te
        onderrig en om kulturele verskille aan te spreek? Motiveer jou antwoord
        met spesifieke voorbeelde uit die rituele en optredes wat jy bestudeer het.       (15)
                                                                                          [20]

                                                           TOTAAL AFDELING D:              40
                                                               GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2015 ENG final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-eng-final/48287ca5-be8d-4f44-a139-4a721d1544de) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-eng/913ae65b-c91a-4c83-ad3b-c200b80e2052) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-afrik/1c1a2d6f-a720-4e72-a241-9de305259eb5) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-eng/7ce5d6e3-ce66-4c4c-a299-ff2f1827cd78) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-afr/9977aca5-c5bf-4966-843e-71c496abd8e5) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-eng/9df471f2-5965-4d4b-be5b-1318890d6bf3) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
