# Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 35 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-afr/fa86e5d9-01a8-4943-b06d-fc15bac9ca50
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-afr/fa86e5d9-01a8-4943-b06d-fc15bac9ca50)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Memorandum, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                  DRAMATIESE KUNSTE
                    MEMORANDUM

PUNTE:   150

                 Hierdie memorandum bestaan uit 35 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                      (SEPTEMBER 2012)

ALGEMENE AANTEKENINGE AAN OPVOEDERS

1.   Merkers moet kort aantekeninge maak en motiveer waarom ŉ laer punt toegeken
     is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die merker sy eie
     diskresie moet gebruik.

2.   Maak ŉ merk om aan te dui waar die punt wat geassesseer is toegeken word.
     Merkers moet aktief met die antwoord omgaan.

3.   Hoofmerkers fasiliteer die rubriek met merkers. Die vlakbeskrywers van
     Dramatiese Kunste is die riglyn wat die merker volg.

4.   Gereelde konsultasie is nodig om die merkproses te standaardiseer.

5.   Geen penalisering word toegepas waar die kandidaat meer skryf as die
     voorgestelde aantal woorde nie. (Opstelvraag).

6.   Die memobesprekingsforum kan nie volwaardig alle response van leerder
     voorspel nie. Provinsiale merkers moet dit in ag neem en oop wees vir leerders
     se response en maak seker dat leerders nie benadeel word as gevolg van
     verskeidenheid in onderrig metodes nie.)

7.   Spandeer tyd om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die memo te
     ontsluit en soek gestandaardiseerde en gemeenskaplike definisies en konsepte.

8.   Merkers moet die Assesseringstandaarde in lyn bring met die vrae.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                      3

      INSTRUKSIES AAN DRAMATIESE KUNSTE MERKERS VIR DIE GRAAD 12
                          EKSAMENVRAESTEL

 1.    Hierdie vraestel is DRIE ure lank.

 2.    Die TOTALE aantal punte vir die vraestel is 150.

 3.    Leestyd van VYFTIEN minute word toegestaan voor die aanvang van die
       beantwoording van die vraestel. Dit is noodsaaklik sodat leerders die geleentheid
       gegun word om gepaste keuses te maak.

 4.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A, AFDELING B en
       AFDELING C. AFDELING A tel 30 punte, AFDELING B tel 60 punte, AFDELING
       C tel 60 punte

 5.    AFDELING A bestaan uit TWEE vrae en fokus hoofsaaklik op LU 3 maar LU2
       word ook direk of indirek getoets:

       • VRAAG 1:        Epiese Teater (Kaukasiese Krytsirkel, Moeder Moed of Kanna
                         Hy Kô Hystoe)

       • VRAAG 2:        Absurde Teater (Wag vir Godot, Die Kaalkop Primadonna OF ŉ
                         ander voorgeskrewe Teater van die Absurde-teks)

       Kandidate moet EEN van die twee vrae beantwoord.

 6.    AFDELING B bevat SES vrae wat hoofsaaklik fokus op LU 3 (ander LUste word
       ook direk of indirek getoets) en spesifieke toneeltekste van die Suid-Afrikaanse
       teater beweging:

       • VRAAG 3 (Boesman en Lena)
       • VRAAG 4 (Woza Albert!)
       • VRAAG 5 (Sophiatown)
       • VRAAG 6 (Nothing but the Truth)
       • VRAAG 7 (Siener in die Suburbs)
       • VRAAG 8 (Mis)
       Kandidate moet TWEE van die ses vrae beantwoord.

 7.    AFDELING C bevat DRIE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU1 en LU4. LU2 word
       ook getoets direk of indirek. Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Die
       gewigverspreiding van die LUste op die vraestel soos vervat in die
       Vakassesseringsriglyne is soos volg:

       • LU1 – 20% (30 punte)
       • LU3 – 60% (90 punte)
       • LU4 – 20% (30 punte)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                         DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                          (SEPTEMBER 2012)

AFDELING A                   VERSTAAN EN ANALISEER
VRAAG 1                      EPIESE TEATER
HIERDIE VRAAG VERWYS NA KAUKASIESE KRYTSIRKEL OF MOEDER MOED OF KANNA HY KO HYSTOE
Gebruik beide die rubriek hieronder asook die voorgestelde antwoord hieronder om jou te lei met die nasien van VRAAG 1.1.
KATEGORIE                PUNT         AANDUIDERS (BEWYSE)
                                       Goed georganiseerd, omvattend en samehangend, volmaakte struktuur.
                                       Vertoon buitengewone vlak van vaardigheid met die hantering van inligting, vir oorspronklike interpretasie en
Uitstaande
                          18-20        deurdagte keuse van feite.
bereiking
                                       Kandidaat maak gebruik van relevante dramatiese verwysings.
                                       Insiggewende, vlot, waarneming en kennis gesaghebbend uitgedruk.
                                       Goed georganiseerd, gedetailleerd en samehangend, afgeronde struktuur.
                                       Vertoon buitengewone vlak van vaardigheid met die omsigtige selektering van feite om inligting te prosesseer,
Bereiking met
                          16-17        vir oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
meriete
                                       Kandidaat maak gebruik van ŉ seleksie van dramatiese verwysings.
                                        Vertoon insig, waarneming en kennis goed uitgedruk.
                                       Georganiseerd, gedetailleerd en sekere mate van vaardigheid, effense tekortkominge sigbaar in die struktuur.
Substantiewe                           Interessant om te lees, duidelike stellings, oortuigend en eenvoudige direkte taal.
                          14-15
bereiking                              Ondersteun met ŉ seleksie van relevante dramatiese verwysings.
                                       Vertoon goeie begrip van die tema/taak, ŉ mate van logiese stellings.
                                       Struktuur is nie altyd logies nie.
Aanvaarbare                            Vertoon ŉ basiese begrip maar is geneig om meganisties te wees en soms stereotipiese response.
                          12-13
bereiking                              Aanvaarbare seleksie van dramatiese verwysings.
                                       Aanvaarbaar maar voel na ŉ gememoriseerde skrywe. Nie altyd ŉ hoë vlak van insig nie.
                                       Nie altyd georganiseerd nie, nie logies gestruktureer nie.
Middelmatige
                           9-11        Beperkte seleksie van inligting, swak taalvaardighede mag ŉ bydraende faktor wees.
bereiking
                                       Kandidaat het nie die vermoë om sy/haar antwoorde met gepaste voorbeeld te ondersteun nie.
                                       Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, weinige poging om inligting in ŉ aanvaarbare wyse
Elementêre                             aan te bied, min insette om werk in ŉ aanvaarbare wyse aan te bied.
                            6-8
bereiking                              Baie min inligting, deurmekaar, nie maklik om te volg nie, telkens onvanpas.
                                       Kandidaat het nie die vermoë om sy/haar antwoorde met gepaste voorbeeld te ondersteun nie.
                                       Onsamehangend, baie min werk, beperkte vaardighede, behoefte aan ondersteuning.
Geen
                            0-5        Onvanpas
bereiking
                                       Eenvoudige frases en woorde wat sonder begrip deur die kandidaat gememoriseer is.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                  5

 AFDELING A           VERSTAAN EN ANALISEER

 VRAAG 1              EPIESE TEATER

 1.1    MOONTLIKE ANTWOORD

        Vervreemding
        Historifikasie
        Epiese Struktuur

        Historifikasie: Beteken die gebruik van materiaal uit ander tye en plekke
        Brecht se redenasie is dat die dramaturg die (historiese) “Pastiness”
        beklemtoon – die uithaal van patrone en gebeure uit die huidige tyd. Hy
        poog om die toeskouer te laat voel asof hy die toestande in die verlede
        beleef het en positiewe aksies geneem het. Die toeskouers kry insig in
        die veranderings in die omstandighede en dat dit moontlik is om
        veranderings in die huidige tyd en konteks aan te bring.

        Vervreemding: In samehang met historifikasie, gebruik die dramaturg
        ander tegnieke om dinge vreemd voor te doen. Hy sal doelbewustelik die
        gehoor se aandag lei na die kunsmatigheid van die produksie eerder as
        om hulle te van die realiteit van die aanbieding te probeer oortuig.

        Liedere, vertellings, filmprojeksies en ander tegnieke word aangewend vir
        die doel. Die gehoor moet nooit verwar word met die wat hulle op die
        verhoog beleef as realiteit nie. Die toneelstuk moet kommentaar lewer op
        die lewe en moet krities beskou en beoordeel word.

        Brecht het altyd daarop aangedring dat die teater genot moet bied deur
        die produktiewe deelname wat die aktiewe oordeel van die gehoorlid te
        aktiveer en die toepassing van dit wat hulle op die verhoog sien in die
        omstandighede buite die teater. Om dit vir die toeskouer moontlik te
        maak om produktief deel te neem moet hy vervreem word van die
        gebeure in die toneelstuk. Vervreemding beteken nie dat die toeskouer
        nie emosioneel betrokke moet raak by die karakters en hulle handelinge
        nie, Emosionele reaksie is egter altyd deel van die groter, kritiese reaksie.

        Elke element van die produksie is ontwerp om by te dra tot die
        vervreemding van die toeskouer. Brecht se visie is juis die
        onafhanklikheid van elke kunsvorm. So byvoorbeeld moet musiek
        kommentaar lewer op die handeling in die produksie in plaas daarvan om
        ondersteunend tot die gebeure te wees. Die kontras tussen musiek en
        woorde skep vervreemding en dwing die toeskouer in oorweging van die
        betekenis van die lied. Die verhooginkleding skep net so ook slegs ŉ
        illusie. Hy is ŉ voorstaander van projeksies, fragmentariese invoegsels en
        stelinkledingstukke wat die plasing (ruimte) van die handeling aandui.

        In sy skrywes beveel Brecht aan dat akteurs aan hulle karakters in die
        derdepersoon dink. In die wyse word die speler verhinder om die karakter
        te word (soos wat sou gebeur indien die Stanislavski-metodiek toegepas
        word)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                          (SEPTEMBER 2012)

      As ŉ bykomende hulpmiddel met vervreemding verkies Brecht om die
      handeling “teatraal” te hou deurdat die meganismes van die teater sigbaar
      bly. Hy stel voor dat die beligtingstoerusting sigbaar moet wees,
      dekorwisselings vind plaas in die teenwoordigheid van en sigbaar vir die
      gehoor, en hy plaas musikante op die verhoog. Die toneelaanbieding
      word hierdeur verhinder om die gehoor in ŉ gevoel van tydloosheid en
      sekuriteit in te sus en word ondersteun om beide gevoelens en kritiese
      oordeel te verskerp ten einde die verantwoordelikheid teenoor die
      gemeenskap te bekragtig.

      Brecht voer ŉ aantal redes aan waarom hy sy teater “Epiese Teater”
      noem. Eerstens wil hy Epiese teater van Dramatiese teater onderskei.
      Tweedens voel hy verteenwoordig sy teater eerder die “epiese digkuns” in
      teenstelling met dramas in die verlede. Die epiese gedig word
      gekonstrueer deur afwisselende afdelings van dialoog en vertelling, en die
      hele verhaal word uit die perspektief van ŉ enkele storieverteller
      aangebied. Die epiese gedig beskik feitlik oor totale vryheid in wisseling
      van tyd en plek; dit vertel van sommige tonele en speel ander uit; dit
      oorbrug groot tydperke met ŉ enkele sin of kort vertelling; dit kan selfs die
      strekking en totaliteit van ŉ historiese periode dek.

      Epiese Teater handel oor die menslike kondisie; dit rapporteer en lewer
      kommentaar op verskeie aspekte van daardie kondisie. Soos met ander
      vorme van Teater vir Sosiale Aksie, sien Epiese teater dat die effek van
      die drama buite die teater sal plaasvind. Die drama roep gedagtes op en
      vuur die toeskouer aan om op te tree ten einde sosiale verandering te
      bewerkstellig. Die teater ontsnap daardeur dat dit irrelevant is en word ŉ
      belangrike en produktiewe deel van die gemeenskap se lewe.                         (20)

1.2   1.2.1    Kontraspunt
               Kontrasterende argument, plot, idee of tema, ŉ melodie wat in
               kontras met en saam met ŉ ander melodie gespeel word.                     (3)

      1.2.2    Paradoks
               Oënskynlik absurditeit of kontradiksie in ŉ stelling, selfs al is dit
               feitelik gegrond.                                                         (2)

      1.2.3    Onenig
               Kontradiksie, in konflik of nie in ooreenstemming met die logiese.        (2)

      1.2.4    Satiere
               Die gebruik van spot en ironie om ligsinnigheid of misbruik te
               ontbloot, baie keer om met persone in magsposisies te spot.               (1)

      1.2.5    Tableau
               ŉ Treffende, helder verteenwoordiging van ŉ beeld (stilprent).             (2)
                                                                                         [30]
                                                OF

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                    7
 VRAAG 2           TEATER VAN DIE ABSURDE
 Beantwoord hierdie vraag indien jy Wagtend op Godot OF Die Kaalkop
 Primadonna OF ŉ ander Teater van die Absurde-teks bestudeer het.
 2.1    Die antwoord hieronder is slegs ŉ moontlike antwoord. Die opstel
        moet gemerk word deur die gebruik van die rubriek en moet die
        kandidaat se benadering tot die onderwerp in ag neem.
        Gemotiveerde oorspronklike antwoorde wat bewys lewer van insig
        moet die nodige erkenning geniet. Die drama wat bestudeer is moet
        ook in ag geneem word.
        Die leerder moet nie benadeel word indien hulle meer as wat die verwagte
        3 bladsye geskryf het nie.
        Kandidate behoort nie gepenaliseer te word indien hulle nie direk na die
        aanhaling verwys nie. Algemene gebruik van aanhalings om antwoorde
        te staaf is nie noodsaaklik nie. Kandidate se antwoord kan enige van die
        volgende generiese punte betreffende die karakters, styl of taal en temas.
        Teater van die absurde is hoofsaaklik besig met die mens se soeke na
        betekenis en poog om sin te maak van die sinnelose situasie waarin hulle
        hulself bevind en om tot vergelyk te kom met die hopeloosheid van die
        situasie. Absurde drama skei dus ŉ omgewing waarin karakters geïsoleer
        is. Hulle is soos narre, karakters wat voortploeter deur hulle lewe omdat
        hulle nie weet wat anders om te doen nie. Karakters bly telkens
        bymekaar omdat hulle bang is om alleen in so ŉ onverstaanbare wêreld,
        byvoorbeeld Estragon en Vladimir in Wagtend op Godot. In teenstelling
        met realisme waar die karakters gerond en ten volle sielkundig oortuigend
        ontwikkel is, is die karakters in die teater van die absurde sonder identiteit,
        vaag, oninteressant en sonder dimensie. In plaas van deugde het die
        karakters swakhede en omdat dit nie geronde karakters is nie bly hulle
        staties en toon geen ontwikkeling nie, hulle kom oor as walglik, pateties,
        ongelukkig en onbeholpe. Hulle is emosioneel leeg en
        verteenwoordigend van die menslike kondisie soos dit deur Teater van die
        Absurde gedefinieer word. Die karakters is eerder verteenwoordigend
        van die mensdom, eerder as om ŉ „werklike” persoon op die verhoog te
        skep. Hulle kwaliteite is oordrewe en die situasies waarin hulle hulself
        bevind is gelaai met intensiteit. Hulle het geen verlede en ons het geen
        aanduiding wat hulle toekoms sal inhou nie. Vir die Absurddramaturge, is
        die karakters ŉ middel om uitdrukking te gee aan hulle gedagtes oor die
        menslike kondisie. Bekket se karakters toon ŉ interafhanklikheid terwyl
        Ionesco se karakters as “marionette” beskryf word. Die karakters word
        telkens in pare of groepe aangebied wat gebaseer is op die tweekarakter
        uitbeeldings uit “Vaudeville” of “music hall” komediante.
        In Wagtend op Godot word twee karakters, Vladimir en Estragon,
        byvoorbeeld as boemelaars, wat hulle hele dag spandeer om die verlede
        te herleef in ŉ poging om sin te maak van hulle bestaan en oorweeg selfs
        selfmoord as manier om te ontsnap. Hulle is kenmerkende absurde
        karakters wat die afstand tussen hulle en die gehoor behou. Hulle het in
        wese geen identiteit nie en hulle “Vaudeville” manerismes het meer van ŉ
        komiese effek op die gehoor in plaas van ŉ tragiese impak. Ons word
        bewus hiervan wanneer hulle hulself probeer hang en die meegaande
        bespreking van wie eerste moet hang. Vladimir stel voor dat Estragon
        eerste moet gaan omdat hy ligter is en die tak nie sal breek nie.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                      (SEPTEMBER 2012)

    Absurde karakters verskyn telkens in pare, soos reeds genoem,
    verteenwoordig ŉ eenheid van aspekte van dieselfde persoon en daarom
    spieëlbeelde van mekaar. Die boemelaars in Wagtend op Godot steun op
    mekaar vir gemak, ondersteuning en veral ter wille van betekenis. Hulle
    het mekaar nodig om te voorkom dat hulle ŉ eensame betekenislose lewe
    lei. Hulle voel genoop om van mekaar te skei en terselfdertyd genoop om
    bymekaar te bly. Hulle oorweeg om weg te breek van mekaar maar kom
    nooit sover nie en hulle onvermoë om te gaan is ŉ aanduiding van hulle
    onsekerheid en frustrasie wat hulle ervaar terwyl hulle wag op ŉ
    verduideliking van hulle bestaan. As gehoor, kan ons net toekyk hoe hulle
    oor en oor dieselfde dinge doen, luister as hulle oor en oor dieselfde dinge
    sê en die feit aanvaar dat Godot nooit mag opdaag nie. Net soos hulle is
    ons ook vasgeval in ŉ wêreld waar ons handelinge ons oorlewing bepaal.
    Nog ŉ belangrike idee is dat die mens nie beskik oor die kommunikasie
    vermoë nie en doelbewustelik konflik skep deur die dialoog ten einde
    betekenis aan ŉ betekenislose wêreld te gee. Taal word ŉ hindernis vir
    kommunikasie, wat die individu selfs meer isoleer, en spraak word dus
    futiel. Becket bevraagteken die waarde van taal in oortuiging dat dit die
    vermoë verloor het om te kommunikeer. Ionesco demonstreer dat
    pogings tot kommunikasie telkens disintegreer met clichés en selfs
    betekenislose klankgrepe. In pas met die Eksistensialistiese idee dat die
    mens geïsoleer voel in ŉ wêreld vol bedreigings.
    Absurde dramaturge fokus telkens op die onvermoë van taal om die
    gaping tussen karakters te oorbrug. Taal stroop die persoonlike is
    outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters mag yl
    wees, karakters mag by mekaar verby praat sonder om mekaar te
    beïnvloed. Taal dien dan die doel dat dit die onverwagte, bisarre en
    absurde aanbied.
    Die volgende is voorbeelde van hoe taal in absurde toneeltekste
    aangewend word:
    • Stilte is net so ŉ belangrike middel tot kommunikasie as die gesproke
      woord, byvoorbeeld- in Wagtend op Godot is daar lang pouserings en
      stiltes waarin niks plaasvind nie.
    • Daar is betekenislose gesprekke en “gewoonte” oppervlakkige
      opmerkings waarin karakters betrokke raak. Taal word gesien as
      ontsnapping uit die sleur van die lewe of die stilte het te ondraaglik
      geword.
    • Nuwe woorde word geskep om aan te dui dat mense poog om met
      mekaar te kommunikeer. Die kommunikasie is gedoem tot mislukking.
    • Alledaagse banale gesprekke word gemeng met literêre taal,
      woordspelings, clichés, slengtaal en herhalings word gemeng met
      poëtiese taal. Alles word gebruik om die tyd om te kry.
    • ŉ Herhalende styl van dialoog word gebruik om die sikliese aard van die
      lewe te beklemtoon.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                     9

        Dramatiese handeling:
        • Tradisionele dramatiese handeling is afwesig.
        • Die plot in Absurde toneelstukke konformeer nie aan die tradisionele
          strukture en vorme nie.
        • Die drama handel nie oor ŉ afgeronde storie nie en beskik ook nie oor ŉ
          begin middel en einde nie.
        • Die handeling in die drama is doelbewustelik nie-dramaties. Dit is nie
          logies en liniêr nie maar siklies en herhalend om aan te dui dat die lewe
          sonder betekenis nie ŉ fokuspunt kan hê of direk en doelgerig
          voortbeweeg nie.
        • Absurde drama skenk geen oorweging daaraan om verteenwoordigende
          gebeure uit te beeld nie, of ŉ storie te vertel, of ŉ karakter uit te beeld as
          verteenwoordiger in ŉ situasie nie.
        • Die oppervlakkige handeling is niks anders as verskuilde stagnasie nie.
        • Konflik is meestal innerlik en word uitgespeel as ŉ futiele stryd teen tyd
          en ewigheid.
        • Die toneelstukke van die Absurde teater is gewoonlik sonder ŉ storielyn
          of intrige wat bydra om te beklemtoon dat mense in wese slagoffers van
          ŉ betekenislose bestaan is waarin tyd en ontwikkeling geen
          belangrikheid of waarde het nie.
        Temas wat algemeen voorkom in Absurde toneelstukke:
        • Dit openbaar die ervaring van die tydelike en verganklike. (tyd).
        • Hulle openbaar ŉ aanvoeling vir die tragiese probleem van die mens om
          van hom/haarself bewus te word in die ongenaakbare proses van
          herstel en afbreek wat met verloop van tyd plaasvind. (tyd).
        • Dit openbaar die onvermoë om te kommunikeer tussen mense. (taal).
        • Dit openbaar die nimmereindigende strewe na realiteit in ŉ wêreld
          waarin alles onseker is en die grens tussen werklikheid en droom ewig
          wisselend.
        • Die tragiese aard van liefdesverhoudings en die selfbedrog met
          vriendskap.
        • Die afgryse wat die mens in die gesig staar in die totale afwesigheid van
          betekenis, die vormloosheid van die heelal en al die gebeure waaruit dit
          bestaan.
        • Die mens is alleen, verlore in ŉ wêreld waar God hom verlaat het.
        • Wetenskap en rede is illusies.
        • Die natuur het wraak geneem.
        • Die dood is die enigste sekerheid, en dit is maar die finale voltrekking
          van die absurditeit.
        • Kommunikasie is nie meer moontlik nie.
        Wagtend op Godot
        In Wagtend op Godot, beeld Beckett die wêreld uit as koud, sonder
        passie, stil en onherbergsame plek sonder sekerheid. Binne hierdie
        konteks van die toneelstuk dra hy die idees oor wat konklusie vind daarin
        dat alle dinge tot ŉ einde kom.
        Die idee van dood word in die toneelstuk deur middel van ŉ paradoksale
        wyse oorgedra: aan die een kant, dood is by uitstek die mens se vyand, ŉ
        einde aan alles, en aan die ander kant is dit sy enigste roete uit of wyse
        van ontsnapping in ŉ heelal vol bedreigings.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                      (SEPTEMBER 2012)

     Die absurditeit van die dood word verder beklemtoon teen die einde van
     die eerste bedryf as Vladimir en Estragon selfmoord oorweeg te midde
     daarvan dat hulle niks beters het om hulleself mee besig te hou nie. Die
     sentrale boodskap word baie vroeg in die stuk bekendgestel deur
     Estragon se woorde: “Niks om te doen nie” („Nothing to be done.').
     Dit impliseer dat in plaas daarvan om vir vandag te lewe, is die mens
     voortdurend bekommerd oor wat more sal gebeur, en is dit geen
     verrassing dat hy sy lewe weg wens nie.
     Die konsep van hoop maak sy opwagting in die feit dat die twee
     hoofkarakters, ten spyte van hulle vrees en onsekerheid in hulle situasie,
     bereid is om te wag vir iemand om betekenis en ŉ gevoel van
     doelgerigtheid vir hulle lewens te bring. Dit waarvoor die karakters wag -
     is ŉ teken wat aandui dat hulle van die dood verlos is en dat daar
     inderdaad ŉ more sal wees.
     As gevolg van hulle geheue verlies kan die karakters nie oor die verlede
     praat nie. Hulle pogings om die situasie te hanteer loop uit op die gebruik
     van taal en logika wat meganies en sinneloos is. Ten spyte van baie
     praat, ontdek ons aan die einde van die toneelstuk, dat hulle bitter min
     gesê het. Die oomblikke van stilte in samehang met die uitinge wat
     gereduseer is van volle sinne tot enkel, monosilabiese woorde en
     uitroepe, dui op die afwesigheid - eerder as die teenwoordigheid van
     natuur en kultuur.
     Die feit dat beide Vladmir en Estragon ly aan fisieke en geestelike kwale is
     ŉ aanduiding van die mislukking van die menslike liggaam om na behore
     te funksioneer.
     Die hartseer werklikheid dat hulle eindelose onvermoë om enige iets te
     onthou, asook die identifisering van hulle omgewing, laat die menslike
     liggaam voorkom as ŉ onbetroubare masjien.
     Die tema van Kapitalisme, verskyn deur middel van ondertone en
     geïmpliseerde stellings, bevorder die idee dat die wêreldsgoedere slegs
     die mens verder vervreem van die grondliggende aard van sy bestaan.
     Die verwyl van tyd word ooglopend as die karakters met hoë verwagting
     wag op Godot se aankoms. Die feit dat hulle verwagting onvervuld is,
     veroorsaak noodwendig dat die lewe meer betekenisloos is as die dood.
     Die karakters is die gevangenis van tyd in hulle situasie waar, ten spyte
     daarvan dat hulle oënskynlik voortbeweeg, in der waarheid, agteruit
     beweeg na die dood. Tekens dat die tyd verbygaan; is die blare wat aan
     die boom groei, asook die fisieke veranderings aan Pozzo in die tweede
     bedryf; wat blind geword het, en Lucky, wat stom geword het. Dit
     ondersteun die eindelose aard van wag. Die teistering en kwaliteit van
     wag word deur die karakters sowel as die gehoor ervaar, gepaard met die
     voortdurende herhaling van gebeure, veroorsaak dat tyd – tydloos
     voorkom.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                 11

        Die Kaalkop Primadonna deur Eugene Ionesco
        Die Kaalkop Primadonna is ŉ “taal van tragedie” en handel oor die
        toenemende verlies van kommunikatiewe funksie in onsinnige frases en
        betekenislose clichés. Teen die einde van die toneelstuk breek die
        dialoog in ŉ reeks “non sequiturs”, wat suggereer dat rasionele
        beredenering onmoontlik geword het, dat gepaste gedagtes nie onderhou
        kan word vir langer as ŉ enkele sin of twee nie. Die Martins en Smiths
        verval eenvoudig in ŉ onsamehangende onvanpaste sinnelose fraseboek
        van clichés voordat hulle uiteindelik in ŉ sillabiese gebabbel uitbars.
        Woorde word afgebreek tot objekte, wat soos pasteie in ŉ komiese kom
        wat rondgegooi wil word.
        Ionesco beklemtoon beide die verlies van persoonlike identiteit en sosiale
        en familie vervreemding. Sy karakters is vervreemd, nie omdat hulle
        sensitiewe wesens in ŉ onpersoonlike bedreigde wêreld is nie, maar
        omdat hulle hoegenaamd geen individualiteit het nie. Hulle is te
        soortgelyk om onderskeidende persoonlike identiteit te hê: dit maak
        daarom nie saak dat, soos die Smiths, hulle geen voorname het nie.
        Hulle vervreemding het alles ter sake as gevolg van die totale afwesigheid
        van persoonlike identiteit, wat selfs deur hulle taal verhinder word om
        uitdrukking te vind. Hulle is eenvoudig in onvermoë gelaat, sonder die
        vermoë tot ingrypende, individuele denkvermoëns.
        Die karakters is anti-karakters. Die Smiths en Martins is totaal sonder
        onderskeidende of volhoubare persoonlikhede; hulle kan nie omskryf word
        nie, beskik oor geen volhoubare persoonlikheid nie; byna veranderlik en
        feitlik karakterloos. Hulle praat soos mekaar, telkens ego hulle mekaar se
        frases, soos wat gesien kan word in die dialoog tussen die Martins. Dit is
        nie vir hulle moontlik om ŉ betekenisvolle gesprek te onderhou nie, want
        hulle is gedefinieer deur die clichés van hulle klas, van wie hulle nie kan
        loskom of bo hulle kan uitstyg nie. Hulle is anti-helde nie omdat hulle
        fisiek gestremd of swaksinnig is, of buitengewone ongelukkige
        omstandighede ervaar nie, maar omdat hulle geen (“mind”) intelligensie
        het nie. Nie een van hulle staan as protagonis of hoofkarakter in die
        tradisionele sin nie.
        By die openingsaanbieding van Die Kaalkop Primadonna, het Ionesco die
        tiperende aard van sy karakters beklemtoon en herhalend aangedring
        daarop dat hulle en hulle omstandighede “Engels” is. Die eerste karakters
        wat ons teëkom word “Smith” genoem, ŉ baie algemene Engelse naam,
        wat ook die paartjie se konvensionele aard suggereer.
        Hierdie is figure wat geen onderskeidende begrip van self het nie. Die
        enigste suggestie van andersheid van identiteit is geteken volgens geslag
        en klas onderskeiding en selfs dit is doelbewustelik vervaag. Mev. Smith
        is belas met die tuisteskeppingverantwoordelikhede, sy verwys na Mnr.
        Smith se tekortkominge as ŉ man, terwyl hy in teenstelling kla oor die
        vroue wat hulle soos mans gedra. Deurgaans in die drama is die
        karakters se vrese oënskynlik gesentreer rondom bedreigings en nie hulle
        individualiteit nie, maar slegs ten opsigte van hulle rolle soos bepaal is
        deur geslag en klas. Selfs ŉ betroubare identiteit wat op geslag gebaseer
        is word ondermyn in die toneelstuk Die Kaalkop Primadonna.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                     (SEPTEMBER 2012)

     Rolonderskeidings vervaag deur die loop van die toneelstuk. Aan die
     begin beskuldig Mnr. Smith sy vrou daarvan dat sy onnosel vrae vra,
     daardeur dui hy aan dat sy intelligensie beter is as hare en dat haar
     vermoëns wat redenasie betref uiters beperk is, omdat sy vrou is, ŉ
     irrasionele romantiese wese. Ten spyte daarvan, tydens die
     Brandweerhoof se besoek gee Mnr. Smith toe dat sy vrou meer intelligent
     is as hy en selfs “baie meer vroulik”, dit suggereer dat daar ŉ vroulike
     streep in sy karakter en gedrag is. Mevrou Smith beaam dit wanneer sy
     kla oor mans wat rooisel op die lippe gebruik en die heeldag rondsit en
     drink.
     Sy suggereer dat Mnr. Smith die “sout” van die aand se sop kort, ŉ
     sywaartse aantyging op haar man se manlikheid. Sy is ook seksueel
     meer aggressief as hy. Sy sleep vlerk by die Brandweerhoof en Mnr.
     Martin, wat haar behoefte suggereer om ŉ seksuele identiteit daar te stel
     wat haar deur haar man se gebrek aan volwaardig manwees ontsê is.
     Die Smiths en Martins het ŉ klas ingesteldheid wat bevraagteken word
     deur die Smith paar se bediende, Mary. Mary is vir hulle ŉ bedreiging
     omdat sy moedswillig en sonder respek optree, en sy skynbaar nie haar
     plek ken nie. Die getroude pare word meer kwaadwillig en eieregtig as
     Mary, tydens die Brandweerhoof se besoek, versoek dat sy toegelaat
     word om ŉ storie te vertel. Hulle beskou haar versoek “as aanstellerig en
     onvanpas”, en al kry Mary dit reg om haar gedig ter ere van die
     brandweerhoof op te sê word sy in die proses van die verhoog af
     gedwing.
     Absurde temas kom voor in Die Kaalkop Primadonna. Die belangrikste
     onder die temas is die konsep of neiging dat orde verval in chaos
     (entropie). Die verval word gereflekteer in spraak van die karakters, wat
     deur die loop van die toneelstuk, toenemend disfunksioneel word, en in
     die totale disintegrasie van taal as ŉ haalbare medium vir menslike
     kommunikasie.
     Chaos word ook oorgedra deur die karakterisering, of, beter gestel die
     afwesigheid daarvan. Die mensdom is gereduseer tot die Smithe en die
     Martins, wat by tye soos poppe voorkom wat uitings aanbied wanneer
     hulle geaktiveer word en die uitdrukking geen verband het met die situasie
     nie. Hulle het geen siele nie en is leeg, oorblyfsels van karakters
     gereduseer tot die tentoonstelling van angs oor die afwesige of verwarde
     identiteite.
     Die opmerkings van die karakters is telkens onvanpas, teenstrydig, of
     geheel en al betekenisloos, veral teen die einde wanneer die taal self
     verval in woordfragmente, die Smithe en die Martins word byna manies in
     hulle woede. Wat hulle openbaar is een van die belangrike temas in die
     teater van die absurde: die moderne onvermoë van die mens om
     aanklank te vind by mekaar op ŉ opregte of eerlike wyse.                     (20)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                   13

 2.2    2.2.1      Komiese-kruis-spraak: Enkelfrases (one liners) dialoog wat die
                   karakters aan mekaar sê, wat soms snaaks, soms geen
                   aansluiting het by wat vooraf gesê is nie. Soos die oor en weer
                   lyne van die musiekkamer (music hall) komediante.                    (2)

        2.2.2      Nie-vertellend: Daar is geen karakters en intrige in die
                   konvensionele sin nie. Die toneelstuk beskik oor ŉ tydloosheid
                   en plekloosheid. Slegs een punt vir “dit het nie ŉ behoorlike
                   storie nie”.                                                         (2)

        2.2.3      Onlogies: ŉ stelling en konklusie wat nie logies opvolg op wat
                   vooraf gesê is nie.                                                  (2)

        2.2.4      Arbitrêr: ŉ besluit of handeling wat skynbaar nie gebaseer is op
                   enige beginsel of plan nie, en wat dus onregverdig, irrasioneel of
                   onlogies is.                                                         (2)

        2.2.5      Tragie-komedie: Het ernstige onderwerpe en hanteer dit op ŉ
                   komiese wyse. Gewoonlik gewone mense en karakters.                    (2)
                                                                                        [30]

                                                            TOTAAL AFDELING A:          30

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                     (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B         VERSTAAN EN ANALISEER

Beantwoord enige TWEE vrae vanuit hierdie afdeling.

VRAAG 3      BOESMAN EN LENA – ATHOL FUGARD

Lees die uittreksel hieronder VAN Boesman en Lena en beantwoord die vrae
wat volg:

3.1   Hy sê hierdie woorde in woede. Hy is fisiek moeg daarvan om elke keer
      te herbou as die Witman sy pondok met stootskrapers platstoot. Hy is
      moeg daarvan om altyd te moet trek. Al sê hy die woorde bedoel hy dit
      nie. Sy dialoog is vol ironie en sarkasme. Hy besef hoe min beteken
      hulle lewe vir die witman wat geen voorbehoud het om hulle pondokke te
      brand, sonder om te dink waar hulle met hulle nederige besittings moet
      heen nie. Hulle, die witman, voel geregverdig deur te sê dat dit deurtrek
      is van siekte en hulle het dus die reg om dit te verbrand. Boesman en
      Lena en duisende ander tel nie in die groter skema van die lewe nie. Hy
      moet elke keer die vernietiging van alles wat hy besit en wat kosbaar is
      aanskou – sy stories en herinneringe. Hy is nie gelukkig oor hoe hulle
      geforseer is om te leef nie, maar omdat hy arm en werkloos is sonder
      hoop op ŉ beter lewe, het hy geen keuse nie. Boesman is gefrustreerd
      met die witman se gebrek aan simpatie en sensitiwiteit. Hy sê “dankie
      baas”, maar hy is vol ironie en bitterheid. Daarom lag hy. Dit was asof
      die witman ŉ deel van sy lewe en sy herinneringe, hulle geskiedenis en
      identiteit vernietig. Boesman beskou homself as gemors wat deur die
      witman weggegooi is.                                                         (5)

3.2   ŉ Ou verbleikte hemp, grys of swart vormlose broek – kan plek plek
      geskeur wees of gelap wees – dit moet oud en voos gedra wees om die
      armoede voor te stel. Miskien ŉ ou verbleikte sportbaadjie, ŉ keps en
      sonder skoene. Die fokus is op die armoede en vuil. Hulle is altyd op pad
      en daar is nie tyd om te bad of aan te trek nie. Ook is baie van hulle
      besittings verbrand of vernietig toe hulle pondokke afgebrand is. Fokus
      van die kostuum is op die beklemtoning van armoede – enige gepaste
      kostuum wat so ŉ man sou dra is aanvaarbaar.                                 (4)

3.3   Dat sy Lena is en dat haar lewe betekenis het. Sy ontwikkel as persoon
      en laat haarself geld. Uiteindelik neem sy beheer oor haar eie lewe en
      bevestig sy haarself, onttrek van Boesman se dominansie en is sy gelyke
      en nie meer onderdanig aan hom nie. Haar belewing van haarself word
      verstewig. Sy besef ook dat Boesman haar net so nodig het soos wat sy
      hom nodig het en dat hy net so weerloos soos sy is. Kandidate moet
      antwoord met voorbeelde uit die teks motiveer.                               (4)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                     15
 3.4    MOONTLIKE ANTWOORD:
        Die toneelstuk ondersoek die verhouding tussen Boesman en Lena, die
        behoefte aan geselskap, meelewing en hoop. Ons as die gehoor of leser
        het empatie/simpatie met ŉ karakter soos Lena wat duisende
        mishandelde vroue verteenwoordig wat in ŉ siklus van armoede en
        verwaarlosing vasgevang is. Vir baie jare is Lena reeds saam met
        Boesman en moes baie keer die spits van sy woede verduur. Boesman is
        ŉ man, maar is deur die gemeenskap van sy manlikheid gestroop en hy
        haal sy frustrasie op verskeie maniere op Lena, Outa en die hond uit. Hy
        het op verskeie maniere vir Lena mishandel; hy slaan haar gereeld met
        die vuis, sy word verbaal mishandel, teister haar en veroorsaak dat sy
        haarself in twyfel trek, byvoorbeeld; hy oortuig haar dat sy die drie bottels
        gebreek het, wat hulle sou verkoop, en intussen was dit hyself wat die
        bottels gebreek het. Lena is oortrek van kneusplekke soos sy geslaan is
        deur Boesman maar steeds bly sy by hom. Watter alternatief is daar vir
        haar? Dit is die enigste lewe wat sy ken – sy weet nie van beter nie. Sy
        sê verskeie kere dat sy hom gaan verlaat, maar doen dit nie omdat die
        onbekende meer vreesaanjaend is as die bekende. Nog belangriker is
        die feit dat Boesman haar enigste skakel met haar verlede is. Boesman
        kan sy woede nie op die witman wat hulle pondok verwoes het laat
        uitwoed nie en daarom ontgeld Lena dit, iemand wat hy kan beheer en
        oor wie hy mag het.
        Hy verwaarloos haar en weier om met haar te praat en sê verskeie keer
        dat hy wens dat sy hom sal verlaat. Tog op ŉ vreemde wyse het hy haar
        nodig. Sy is altyd daar, saam met hom en hy verwag dat sy daar sal
        wees. Hy kan sy frustrasies op haar uithaal – sy slaansak wees. Op ŉ
        sieklike wyse is hulle beide afhanklik van mekaar om die eensaamheid af
        te weer, vir sekuriteit, asook vir bevestiging dat hulle mense is en leef,
        eerder as om alleen teen die wêreld te staan.
        Boesman reageer ook met geweld teenoor die hond en Outa. Tog, teen
        die einde doen Lena dit ook. Kan hierdie geweld geregverdig word deur
        die mishandeling en ervarings wat sy moes beleef as gevolg van hulle
        armoede, geweld en diskriminasie wat deur die witman aan hulle gedoen
        is?                                                                             (9)
 3.5    Subjektiewe antwoord word verwag. Kandidate moet hulle
        antwoorde met konkrete voorbeelde ondersteun.
        Kandidate moet redes aanvoer waarom dit ŉ goeie keuse is om die teks
        aan te bied asook die relevansie met die huidige Suid-Afrika.
        Daar kan verwys word na huisloosheid en armoede wat in die teks uitgelig
        word en dit vergelyk met die armoede en tekort aan behuising en
        dienslewering proteste in verskeie dele van die land, veral plattelandse en
        onderontwikkelde gebiede. Merkers moet bewus wees van kwessies wat
        tydens die Wêreldbeker in die pers aangespreek is, geld wat gespandeer
        is en byvoordele wat uit tenders en ander aspekte van die Wêreldbeker
        voortgespruit het.
        Tenders wat toegeken is aan mense wat nie oor die ondervinding en
        vaardighede beskik om konstruksie en dienste te lewer wat aan hulle
        toegeken is nie en uitloop op behuising wat nie behoorlik gebou is nie, die
        verwydering en vernietiging van plakkerskampe om plek te maak vir
        stadions, ens.                                                                   (8)
                                                                                        [30]

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                      (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4             WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA
                    AND BARNEY SIMON

MOONTLIKE ANTWOORD.
4.1   Die finale toneel van die drama, volg die Wederopstanding van Jesus na
      drie dae; Zuluboy werk nou by die begraafplaas waar Morena begrawe is,
      hy kruip weg vir die polisie, vir die eerste keer het ons ŉ speler wat
      Morena speel, hy word aangesien vir ŉ boemelaar; in der waarheid is hy
      op die uitkyk vir mense wat uit die dood opgeroep en lewendig gemaak
      moet word, soos wat hy met Lasarus gedoen het; dit is egter
      vryheidsvegters wat deur die wederopstanding opgeroep word; Albert
      Lethuli, die eerste president van die ANC en organiseerder van die
      “Defiance Campaign”; Robert Sebukwe, een van die stigterslede van die
      PAC, ŉ leier tydens die anti-apartheid pasboek proteste; Braam Fischer,
      die verdedigings advokaat tydens die “Treason Trial” en die Rivonia Trial”;
      Lilian Ngoyi, president van die ANC se vroueliga; Steve Biko, die
      president van SASO en die dryfveer agter die “Black Consiousnous
      Movement” in Suid-Afrika; Ruth First, waarnemende sekretaresse van die
      Kommunistiese Party en leidende lid van die ANC. Hierdie mense was
      die oorsprong en die voortdurende inspirasie vir die Vryheidstryd. Die
      toneelstuk eindig met ŉ boodskap van hoop – dat apartheid oorkom sal
      word, dat Suid-Afrika vry sal wees van onderdrukking.                         (10)
4.2   Protesteater, Armteater of Werkswinkelteater het die mense ingelig en
      insig gegee in die onderdrukking en rassediskriminasie asook die protes
      teen ongelykheid en onregverdigheid. Dit poog om die gehoor aan te
      moedig om verandering te weeg te bring.                                       (4)
4.3   ŉ Werkswinkel produksie is ŉ toneelstuk wat geskep word deur ŉ groep
      mense wat eksperimenteer en improviseer rondom ŉ sentrale
      idee/intensie, doen navorsing en waarneming, selekteer en uiteindelik
      skryf hulle die teks neer. Dit is episodies, gebruik eenvoudige stereotipe
      karakters, gewoonlik word musiek of sang gebruik as ŉ
      verbindingsmeganisme.                                     (Aanvaar enige 3)   (6)
4.4   Spelers moet vokaal sterk wees omdat die produksie verbale dinamika
      vereis. Spelers moet fisies sterk en aanpasbaar wees omdat die
      produksie vereis dat spelers van karakters moet kan verwissel. Daar is
      slegs twee spelers in die stuk en die spelers moet ŉ verskeidenheid
      karakters in die 26 tonele speel. Die stuk vereis baie fisieke beweging en
      die akteurs moet fiks en aanpasbaar wees om die vinnige pas van die
      handeling te kan onderhou. Kreatief, energiek, hardwerkend omdat die
      produksie veeleisend in terme van struktuur (vinnige wisseling van tonele)
      is. Spelers moet oor veelvuldige vaardighede beskik – moet kan dans,
      sing en toneelspeel.
      (Merkers aanvaar enige geldige antwoord wat van pas is by die produksie
      en toneelteks)                                                                (6)
4.5   ŉ Subjektiewe antwoord word verwag en merkers gebruik hulle eie
      diskresie. Aanvaar goed ondersteunde stellings.                                (4)
                                                                                    [30]

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                      17
 VRAAG 5                 SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE
                         COMPANY
 5.1    Sophiatown is ŉ dokumentere drama en ŉ waardevolle deel van Suid-
        Afrikaanse geskiedenis.
        5.1.1      Dit dokumenteer ŉ waardevolle opwindende deel van Suid-Afrika
                   se geskiedenis wat andersins verlore sou wees omdat die
                   regering dit geheel en al wou wegvee. Dit was beskou as ŉ vlek
                   op hulle visie van aparte ontwikkeling, omdat dit ŉ plek was waar
                   verskillende rassegroepe in totale harmonie en vrede
                   saamgeleef het in teenstelling met die regering se
                   apartheidsbeleid.
                   Die toneelstuk is ŉ geskiedskrywing van gewone mense se
                   lewens in Sophiatown, hulle stryd om oorlewing, teen alle
                   weerwil in, hulle eindelose stryd met die apartheidsregering. Die
                   toneelstuk gee ons insig in die wyse waarop die mense oor die
                   weg gekom het met die beperkings wat oor hulle geplaas is en
                   die voortdurende onderdrukking. Die kultuur, musiek, tradisies
                   van Sophiatown wat ŉ groot invloed op soveel swartmense in
                   Suid-Afrika gehad het sou vergete gewees het as dit nie
                   opgeteken is nie.
                     (4 punte as dit in fyner besonderhede bespreek is en 2 punte as
                                                              dit kortliks aangedui is).   (4)
        5.1.2      Punt             Beskrywers
                   7-8     Baie     Kandidate demonstreer buitengewone begrip
                           goed     van teatertegnieke wat gebruik word in prosesse
                                    en produkte wat aansluiting vind by die
                                    beskrywing van Sophiatown as dokumentere
                                    drama.     Maak gebruik van verwysings en
                                    motiverings vanuit die drama.
                   5-6     Goed     Kandidate verwys na die beskrywing van die
                                    teatertegnieke wat gebruik word in prosesse en
                                    produkte wat aansluiting vind by die beskrywing
                                    van Sophiatown as dokumentere drama.
                                    Kandidaat      kan      die    navorsing     en
                                    skeppingsproses wat lei na die skryf van die
                                    drama verduidelik.
                   3-4     Gemi     Kandidaat verduidelik kortliks wat teater
                           ddeld    meganismes is maar kan nie aansluiting vind by
                                    die proses en produk nie.
                   0-2     Swak     Kandidaat is geneig om algemene stellings te
                                    maak oor teater tegnieke. Baie min of geen
                                    verwysing na prosesse en produkte wat
                                    aansluiting vind by die beskrywing van
                                    Sophiatown as dokumentere drama.                       (8)

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                       (SEPTEMBER 2012)

5.2   MOONTLIKE ANTWOORD:
      5.2.1   Lulu verteenwoordig die duisende skoolkinders wat ontnugter is
              deur die Bantoe-onderwys wat hulle nie op die lewe voorberei
              het nie. Sy lig die tema van onderwys uit deur haar verskeie
              gesprekke met haar ma en Fafhee asook ander karakters.
              Daarteenoor verteenwoordig Princess die vele vroue in die
              woonbuurte wat niks anders as hulle voorkoms en ambisies het
              om vooruitgang in die lewe te bekom nie. Hulle leef met
              mishandeling van hulle kêrels/mansvriende solank dit ŉ beter
              lewe bied (baie van hulle het uit die agterbuurtes (slums)
              gekom). Princess kom weldra weg uit haar haglike lewe.                  (4)
      5.2.2   Een van die belangrike bydraes tot die Sophiatown kultuur was
              die fliek.
              Gedrag, taal en kleredrag moes rekening hou met die jongste
              trefferfilm. Dit is meer sigbaar in die Mingus karakter wat
              aangetrek het soos die gangsters in die films van die
              negentienvyftigs soos Clark Gable. Hy gaan selfs so ver as om
              homself Clark Mingus Cable te noem. Die ritme en melodrama
              van die filmtaal verryk die tsotsitaal wat gebruik is tydens die era,
              word opgeneem in die toneelstuk. Die graffiti teen die mure van
              Sophiatown is ontleen aan die film “ons sal nie trek nie” en “ hy
              wat Sophiatown vernietig sal self vernietig word”. Die
              Bohemians, in die toneelstuk het gehoop dat magsdeling en die
              swart man se regmatige plek ingestel sou word in die nabye
              toekoms, is afkomstig van die film (The Bronze Venus) en het
              ooreengestem met die “Civil rights movement” in Amerika.
              Musiek speel ŉ belangrike rol in die voortstu van die intrige.
              Karakters beweeg gemaklik van hulle dialoog na ŉ capella sang
              wat emosies van hartseer en vreugde oproep, afhangende van
              die situasie. Die musiek van Sophiatown het opmerklik ook die
              Amerikaanse style soos jazz, swing en blues gereflekteer. Ons
              eie musikale ikone soos Hugh Masikela, Dollar Brand, Dolly
              Rathebe, Miriam Makeba ensovoorts, het hierdie style
              opgeneem in hulle eie musiek wat van hulle huishoudelike name,
              plaaslik en oorsee gemaak het. Jazz klubs word gewild en
              gereeld deur groot getalle mense oor die kleurgrense heen
              besoek.
              (Aanvaar ander gepaste inligting en voorbeelde uit die
              toneelstuk).                                                            (4)

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                                     19

 5.3    Hierdie is slegs ŉ moontlike antwoord - byvoorbeeld; Musikale
        Teater.

        Die toneelstuk word op ŉ eenvoudige musikale wyse aangebied. Die
        eksposisie deur Jakes se monoloog belig die verskeie strate, bendes en
        bekende persone van Sophiatown, wat die gemoed van die toneel skep.
        Dan word ons aan die rolverdeling voorgestel, inwoners van Mamariti se
        polsende en chaotiese huishouding. Die stel is eenvoudig en maklik om
        op te stel en af te breek soos wat aan die einde van die toneelstuk sigbaar
        word as die karakters al hulle besittings bymekaarmaak en die stel stuk vir
        stuk afbreek, simbolies van die aftakeling van hulle huise en hoop.
        Karaktersketse word op ŉ interessante wyse geopenbaar. (Mingus 'Easy
        man-check the labels! Only genuine English or American imports. You tell
        her I'm a best dresser in town... I'm a smart guy-no messing around'). Hy
        verteenwoordig die gansters. Hy is ŉ luid, oordrewe, charismatiese
        individu vir wie gehore lief is om te haat. Die ander karakters in die
        tonteelstuk verteenwoordig gewone mense van Sophiatown wat maklik
        herkenbaar is soos Mamariti, die shebeen-queen. Sy bring kleur en
        humor in die stuk terwyl sy ook nadink oor die probleme waarmee baie
        vroue gekonfronteer is in die tydperk, wat in die besigheid geforseer is om
        hulle gesinne te onderhou. Tydens die geforseerde verwyderings belig
        haar karakter die pyn en swaarkry wat die mense moes beleef om hulle
        familie, vriende bure en besittings agter te laat en te trek na ŉ totale nuwe
        omgewing. Die gehoor beleef haar emosies en pyn en het empatie met
        haar situasie. Jakes verteenwoordig die intellektuele wat ingeperk was in
        die tyd weens die tekort aan geleenthede. Ten spyte van die stuk se
        ernstige onderwerp, geforseerde verskuiwing, gebruik die toneelmakers
        musiek, sang, dans en humor in die dialoog om te verhoed dat hulle ŉ
        somber hartseer toneelstuk maak. Die karakters glip met moeitelose
        gemak van dialoog na tradisionele acapella, swing en jazz. Dit skep die
        effek van spontane uitbarsting van vreugde of hartseer en spreek direk tot
        die gehoor. Tsotsitaal bring geur en vermaak. Hierdie faktore dra by tot
        die beklemtoning van die tema van gedwonge verskuiwing en ontbloot die
        hartverskeurende swaarkry wat die mense van Sophiatown moes verduur.            (10)

        0-2 Punte          3-5 Punte           6-7 Punte           8-10 Punte
        Nie bereik         gemiddeld           Aanvaarbaar         Uitstaande
        Kandidaat          Kandidaat           Kandidaat           Duidelike begrip
        verstaan nie die   verstaan die        verstaan            en insig in
        toneelteks nie,    relevansie van      Sophiatown, en      Sophiatown, met
        antwoord is        Sophiatown.         die relevansie      sinvolle
        swak met min       Motivering is       met gepaste         motivering en
        motiverings.       swak                motivering          relevansie.

        Die nasienrubriek moet gebruik word vir die antwoorde soos in die
        bostaande voorbeeld.                                                            [30]

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                          DRAMATIESE KUNSTE (Memo)                    (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6            NOTHING BUT THE TRUTH – JOHN KANI
MOONTLIKE ANTWOORD:
6.1   Mandisa se aankoms veroorsaak dat Thando haar lewe weer opweeg. Sy
      is gekonfronteer met die kontras tussen haar en Mandisa. Mandisa is
      onafhanklik, prontuit, nie bang om te sê wat sy dink nie, sy verstaan nie
      veel van die tradisies en gebruike wat Thando navolg nie. Thando sou
      byvoorbeeld nie blatant Sipho se outoriteit bevraagteken nie, maar
      Mandisa bevraagteken sy outoriteit. Thando is ŉ pligsgetroue en
      konsidererende dogter en hierdie kwaliteite word getoets. Mandisa wat in
      Londen grootgeword het verstaan nie hoe Thando haar pa se woord
      sonder bevraagtekening navolg nie. Thando beleef innerlike konflik vanaf
      Mandisa se aankoms, want Mandisa bied ŉ buitestaandersperspektief op
      dinge. Thando begin om haarself as ŉ onafhanklike volwassene te laat
      geld soos wat ons in lyne 14 – 16 kan sien.
      Ken 4 punte toe as twee aspekte goed bespreek is of 2 punte as dit
      kortliks aangeraak is                                                       (4)
6.2   Merker gebruik eie diskresie oor die beskouing van persepsies oor
      verassing in Suid-Afrikaanse inheemse kulture. Sipho het met die
      ondernemer ooreengekom dat hy by sal wees wanneer sy broer se
      liggaam van Londen af aankom. Hy wou sy broer nog een maal sien voor
      hy hom te ruste lê. Hy is die voorreg ontsê en is daarom, wat
      verstaanbaar is, geskok en verward om kennis te neem dat sy broer
      alreeds veras is – iets wat vreemd aan sy kultuur is. Binne konteks van
      die toneelstuk se struktuur kan Sipho se reaksie gesien word as komiese
      verligting.                                                                 (6)
6.3   Stanislavski se metode vir toneelspel sou die mees geskikste wees vir ŉ
      speler wat vir hierdie rol voorberei. Waar die kandidaat slegs na
      Stanislavski se metode verwys word slegs 6 punte uit die 8 toegeken. Vir
      vol punte moet inligting omtrent die karakter ingesluit word.
      Hoofpunte van Stanislavski-sisteem:
      1. Die “magic” 'if'.
      • Die akteur weet dat die toneelstuk en die omstandighede daarin deur die
         dramaturg geskep is, maar hy vra homself af: “Hoe sou ek reageer as
         dit werklik was?”
      • Deur hierdie vraag te vra help dit hom om die verbeeldingswêreld van
         die toneelstuk in ŉ werklike situasie te omskep.
      2. Die akteur het ŉ sterk verbeelding nodig om hom te help om die “magic
         if” toe te pas.
      • Hy behoort homself vrae te vra oor die gegewe omstandighede en die
         karakter van die rol wat hy moet speel. In die opvoering moet hy/sy
         die motiverings van wat die karakter sê en doen verstaan.
      3. Die akteur moet sy aandag konsentreer op die gebeure wat op die
         verhoog plaasvind en nie sy aandag verskuif na die “swart opening”
         waar die gehoor sit nie.
      4. Dit is noodsaaklik dat hy vry is van onnodige spanning in die spiere,
         veral in momente van sterk dramatiese spanning.
      5. Klein fisieke handelinge op die verhoog is belangrik. Die akteur moet
         dit met oortuiging doen en dit so doelbewustelik moontlik uitvoer,
         byvoorbeeld, handelinge op die verhoog moet ŉ motivering of rede hê.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [DRMA P1 S12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-memo-eng/ff4d8c64-465f-4080-bbef-2ce67442d502) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Eng
- [DRMA P1 S12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-qp-eng/719dad30-11d1-4b09-a86e-585748e70254) — Dramatic Arts · QP · 2012 · Eng
- [DRMA P1 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-qp-afr/ffc365c7-0430-4a3d-9373-06af191d91c6) — Dramatic Arts · QP · 2012 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-memo-eng/d1c813ad-1640-49e6-a139-610a29216aac) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-memo-afr/da4acaa2-dcaf-44e7-9769-cb51d90835e5) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
