# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2019

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    C – MIV en Vigs 

       1.1.2    A – produksie 

       1.1.3    B – volle indiensname 

       1.1.4    A – landbou 

       1.1.5    D – 0 en 1 

       1.1.6    D – geletterdheid 

       1.1.7    C – ruilmiddel 

       1.1.8    B – armoede uit te wis                                    (8 x 2)    (16)

 1.2   PAS-ITEMS

       1.2.1    D – Ouderdomme tussen 14 en 65 

       1.2.2    H – Nie gebruik as insette om ander goedere mee te produseer 

       1.2.3    F – Onderwys, gesondheid en welsyn 

       1.2.4    B – Speel ’n belangrike rol in ontwikkelde lande 

       1.2.5    G – Progressiewe stelsel 

       1.2.6    I – Verkose gebiede wat sekere voordele bied aan mynbou,
                    vervaardiging en ander besighede 

       1.2.7    C – Gebruik deur sentrale bank om totale geldvoorraad te
                    beïnvloed 

       1.2.8    E – Tot stand gebring om internasionale handel te monitor en te
                    liberaliseer                                           (8 x 1)     (8)

 1.3 GEE EEN BEGRIP

       1.3.1    Huur 

       1.3.2    Reële vloei 

       1.3.3    Meriete goedere 

       1.3.4    Rykdom 

       1.3.5    Inheemse Kennisstelsel 

       1.3.6    Mikro-uitleners                                            (6 x 1)     (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V1                                        3

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
 2.1 2.1.1     Noem enige TWEE deelnemers aan ’n geslote ekonomie.
                    Huishoudings/verbruikers 
                    Sake ondernemings/besighede 
                    Regering/staat                                      (Enige 2 x 1)       (2)
       2.1.2    Waarom is die primêre sektor belangrik vir die Suid-Afrikaanse
                ekonomie?

                Dit is belangrik a.g.v. die bydrae tot uitvoere, werkskepping en
                stygende ekonomiese groei 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)               (1 x 2)      (2)
 2.2 DATARESPONS
       2.2.1    Noem die ander klassifikasie van verbruiksbesteding deur die
                owerheid.
                 Funksionele klassifikasie                                                  (1)
       2.2.2    Waaruit bestaan ‘vergoeding aan werknemers’?
                    Salarisse en lone                                                       (1)
       2.2.3    Beskryf kortliks die begrip finale verbruiksbesteding deur die
                owerheid.
                    Toon aan hoe die regering sy inkome aanwend om goedere en
                     dienste wat die openbare sektor benodig, te finansier. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)
       2.2.4    Verduidelik die belangrikheid van die finale verbruiksbesteding
                deur huishoudings.
                    Dit assesseer huishoudelike voorraad van duursame goedere wat
                     die vlak van die land se ekonomiese ontwikkeling onthul 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)
       2.2.5    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die geskatte
                verminderings in bogenoemde tabel bereik?

                Die regering kan die verminderings bereik deur:
                 programme en projekte wat nie belangrik is nie, af te skaal 
                 dienslewering modelle te wysig 
                 maatreëls soos verlaagde koste en verbeterde doeltreffendheid
                   aan te wend 
                 tegnologie meer doeltreffend aan te wend 
                 korrupsie te hanteer en te korrigeer 
                 staatsdepartemente te verminder 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 2.3 DATARESPONS

      2.3.1    Noem enige EEN komponent van kommunikasie infrastruktuur.

                    Posdienste 
                    Die media 
                    Vaste-lyn telefone 
                    Selfone 
                    Ondersese kabels 
                    Breë-band 
                    Internet 
                    Plaaslike verbinding 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (1)

      2.3.2    Wanneer begin Suid-Afrika se fiskale jaar?

                    1 April                                                                 (1)

      2.3.3    Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur.

                     Infrastruktuur is die basiese geriewe, dienste en installasies wat
                      benodig word vir die funksionering van ’n ekonomie, soos geboue,
                      paaie en kragtoevoer wat produksie moontlik maak. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)

      2.3.4    Verduidelik die belangrikheid van kommunikasie infrastruktuur
               vir besighede.

               Kommunikasie infrastruktuur help besighede om:
                pryse te monitor 
                beskikbaarheid van grondstowwe en dienste te kontroleer 
                finansiële veranderinge soos rentekoerse, te volg 
                hulself ingelig te hou 
                binnelandse en buitelandse ekonomiese toestande te vergelyk en
                  te assesseer 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)             (2)

      2.3.5    Hoe sal die R100 miljard langtermynbelegging die ekonomie
               beïnvloed?

               Dit sal die ekonomie positief beïnvloed deur:
                meer werksgeleenthede te skep 
                ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling te bevorder 
                beleggers te lok 
                politieke stabiliteit te handhaaf 

               Dit sal die ekonomie negatief beïnvloed deur:
                stygende staatsbesteding 
                toenemende begrotingstekort 
                stygende rentekoerse 
                toenemende skade aan die omgewing 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                       5

 2.4 Bespreek die nadele van ’n gemengde ekonomie.

          Verspreiding van inkome is steeds nie gelyk, as werkers nog in die
           privaatsektor uitgebuit word, nie. 
          Daar is probleme met werkloosheid, inflasie en sakesiklusse. 
          Wanneer ’n regering in ’n gemengde ekonomie domineer, bestaan die
           risiko van burokrasie en korrupsie. 
          Gemengde ekonomieë bereik nie die hoë vlakke van doeltreffendheid wat
           markekonomie bereik nie. 
          Die omgewing en menseregte word misbruik en armoede neem toe. 
            (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)          (Enige 4 x 2)     (8)

 2.5 Evalueer die regering se betrokkenheid in die verhoging van toegang tot
     ekonomiese geleenthede.

       Die regering het daarin geslaag om toegang tot ekonomiese geleenthede te
       verhoog, deur:
        Afskaffing van wetlike beperkinge wat die toetrede van swart mense tot
          die hoofstroom ekonomie geblokkeer het. 
        Die bekendstelling van beleide wat nuwe geleenthede bied en die vlakke
          van deelname verhoog van swart mense in die eienaarskap, bestuur en
          beheer van ekonomiese aktiwiteite – SEB. 
        Verbetering in die voorsiening van infrastruktuur (kommunikasie, vervoer
          en elektrisiteit) aan arm gebiede. 
        Desentralisering van ekonomiese aktiwiteite aan voorheen benadeelde
          gebiede d.m.v. streekontwikkelingsprogramme. 
        Verskaffing van gratis onderwys om kwalifikasies van voorheen
          benadeelde individue te verbeter. 
          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
          (Aanvaar argumente wat dui op die mislukking van die regering om
          toegang tot ekonomiese geleenthede verhoog.)                                    (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1    Noem enige TWEE geld geassosieerde instrumente.
                tjeks 
                debietkaarte 
                kredietkaarte 
                reisigerstjeks 
                posorders 
                elektroniese oordragte (EFT)                            (Enige 2 x 1)     (2)
     3.1.2   Hoe bevorder die Suid-Afrikaanse regering inheemse kennisstelsels?

                Die Suid-Afrikaanse regering het ’n IKS (Inheemse Kennisstelsels)
                 beleid wat in 2004 deur die Kabinet aanvaar is. 
                Dit erken dat inheemse kennis voortgaan om baie belangrik te wees in
                 die oorlewing en welsyn van die meerderheid van Suid-Afrikaners. 
                Dit streef daarna om alle aspekte van hierdie kennis te bevorder en te
                 bewaar. 
                Wetenskaplikes werk nog met inheemse gemeenskappe om
                 volhoubare landbou en goeie ekologiese praktyke toe te pas. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)        (Enige 1 x 2)    (2)
3.2 DATARESPONS
     3.2.1   Wat is Suid-Afrika se sentrale bank se naam?
             Suid-Afrikaanse Reserwebank 
     3.2.2   Noem enige ander instrument van die monetêre beleid, behalwe
             rentekoerse.
                Ope-mark transaksies 
                Morele oorreding 
                Kontantreserwe vereistes 
                Wisselkoers beheer / Wisselkoersbeleid                  (Enige 1 x 1)     (1)
     3.2.3   Verduidelik kortliks die begrip terugkoopkoers (‘repokoers’).
             Dit is die koers waarteen kommersiële banke geld leen by die
             Reserwebank, ten einde die gaping tussen die vraag na lenings en die
             hoeveelheid geld wat hulle tot hul beskikking het, uit te skakel. 
             (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                             (2)
     3.2.4   Verduidelik kortliks regeringsbankier as ’n funksie van die sentrale
             bank.
             Die sentrale bank is die hoofbankier van die staat:
              Dit lewer dienste aan die staat wat soortgelyk is aan dit wat
                 handelsbanke aan hulle kliënte lewer. 
              Staatsdepartemente deponeer hulle fondse by die sentrale bank en
                 trek tjeks teen hulle rekeninge. 
              Die sentrale bank verskaf ook lenings, buitelandse valuta en finansiële
                 advies aan die regering (Tesourie) 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)        (Enige 1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V1                                       7

       3.2.5    Hoe sal ’n daling in rentekoerse verbruiksbesteding beïnvloed?

                ’n Daling in rentekoerse sal lei tot:
                 handelsbanke wat die prima uitleenkoers verlaag 
                 ’n lae prima uitleenkoers moedig mense aan om meer te leen 
                 ’n groter hoeveelheid geld wat beskikbaar vir besteding is. 
                 ’n toename in besteding op goedere en dienste 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)       (4)

 3.3 DATARESPONS

       3.3.1    Noem die sosiale aanwyser in bostaande grafiek.

                    Onderwys                                                            (1)

       3.3.2    Wat is die neiging van die aantal nie-skoolgaande kinders in die
                laaste dekade?

                Dit neem af/daal                                                         (1)

       3.3.3    Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.

                    Sosiale aanwysers is numeriese maatstawwe wat die welstand
                     van individue en gemeenskappe weerspieël. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                   (2)

       3.3.4    Verduidelik waarom baie kinders skool in ontwikkelende lande
                verlaat.

                    Gebrek aan fondse 
                    Hoë vlakke van armoede 
                    Hoë werkloosheidsvlakke 
                    Gebrek aan onderwysfasiliteite 
                    Dwelms 
                    Tienerswangerskappe 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)   (2)

       3.3.5    Bereken die persentasie van die vroulike (female) bevolking wat
                in 2016 skool verlaat het. Toon alle berekeninge.

                    34,3 + 30,0 + 67,4 = 131,7 
                     131,7/263 x 100 
                     = 50,07%/50,1% 
                      (Maks. 2 punte indien slegs die antwoord gegee is)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

    3.4 Bespreek lae lewensverwagting en lae vlakke van produktiwiteit as
        kenmerke van ontwikkelende lande.

        Lae lewensverwagting
            Ontwikkelende lande het ŉ korter lewensverwagting, gemiddeld 51
              jaar, in vergelyking met 75 jaar vir ontwikkelde lande. 
            Dit beteken ’n kleiner gedeelte van ’n ontwikkelende land se
              bevolking is vir ’n doeltreffende arbeidsmag beskikbaar. 
            Meeste van die arbeidsmag baklei ’n oneindige oorlog teen siektes en
              wanvoeding.                                              (Enige 2 x 2)

        Lae vlakke van produktiwiteit
            Meeste ontwikkelende lande het laer arbeidsproduktiwiteit a.g.v. ’n
              gebrek aan kapitale investering en ervare bestuur. 
            Hierdie lande kan nie genoeg produseer nie, want hulle beskik nie oor
              die nodige vaardighede (onderwys en opleiding), gereedskap en
              masjinerie nie. 
            Hulle kan nie genoeg werksgeleenthede skep nie. 
            Lae vlakke van gesondheid onder werkers in ontwikkelende lande,
              het ŉ groot invloed op sekere sektore van die arbeidsmag. 
                                                                     (Enige 2 x 2)         (8)

    3.5 Ontleed die gevolge van bankmislukking.

           Die bank sal nie meer deposito’s aan deposante kan uitbetaal nie. 
           Vertroue in die banksektor is verbreek, wat tot wydverspreide
            kontantonttrekkings lei. 
           Beleggers sal nie in staat wees om lenings te verkry om uit te brei of
            nuwe besighede te begin nie, wat sal tot ’n afname in ekonomiese groei
            lei. 
           Werknemers van die bank sal werkloos raak, wat die las op die regering
            sal vergroot. 
           Bank mislukkings het ’n negatiewe vermenigvuldigerseffek op die
            ekonomie – afname in investering, daling in vraag en afdankings lei
            almal tot ’n resessie. 
            (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                            (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            EKONOMIE V1                                   9

 VRAAG 4: MAKRO EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
 4.1 4.1.1      Noem enige TWEE komponente van die sekondêre sektor.

                    vervaardiging 
                    elektrisiteit, gas en water 
                    konstruksie 
                    voedselverwerking 
                    olie-suiwering 
                    energie-produksie                                  (Enige 2 x 1)      (2)
       4.1.2    Wat is die doel van ekonomiese aanwysers?
                    Ekonomiese aanwysers maak voorsiening vir die ontleding van
                     ekonomiese gebeurtenisse en vooruitskattings van toekomstige
                     gebeurtenisse. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)        (1 x 2)      (2)
 4.2 DATARESPONS
       4.2.1    Watter ekonomiese stelsel word op die beginsel van die
                ‘onsigbare hand’ gebaseer?
                Vrye markekonomie/Kapitalisme                                              (1)
       4.2.2    Wie ken die hulpbronne in bogenoemde stelsel toe?
                Besighede / Produsente                                                     (1)
       4.2.3    Beskryf kortliks die begrip ekonomiese stelsel.
                Dit is ’n wyse waarop lande en regerings hulpbronne toeken en handel
                dryf met goedere en dienste. 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                          (2)
       4.2.4    Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word.
                    Infrastruktuur vir water, sanitasie, telekommunikasie en vervoer
                     moet verbeter word. 
                    Bestuur van omgewingshulpbronne moet verbeter word. 
                    SA moet sy ekonomiese groei spoedig verbeter. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)       (2)
       4.2.5    Hoe is eie-belang voordelig vir ’n ekonomie?
               Eie-belang is een van die hoof dryfkragte in ’n mark-ekonomie wanneer:
                besighede gedryf word om goedere en dienste teen ’n minimum
                   koste te produseer 
                hulle ook gedrewe is om skaars hulpbronne aan te wend om slegs
                  goedere en dienste te produseer wat die gemeenskap die meeste
                  aanvra, ten einde allokatiewe doeltreffendheid te bereik. 
                besighede probeer om wins te maksimeer en verliese te
                  minimaliseer. 
                eienaars van produksiefaktore probeer om inkome te maksimeer. 
                dit sal tot ekonomiese groei lei. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 4.3 DATARESPONS

      4.3.1    Noem enige ander ontwikkelingstrategie wat in Suid-Afrika
               aangewend is.

                Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP) 
                Nasionale Groei Pad (NGP) 
                Versnelde Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (AsgiSA) 
                     Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP) 
                Groei, Werkskepping en Herverdeling van inkomste (GEAR) 
                JIPSA 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                        (1)

      4.3.2    Noem ’n voorbeeld van wat inwoners van Suid-Afrika kan doen
               om hulself op te hef.

                    Stig hulle eie besighede / self indiensname 
                    Kry meer opleiding / vaardighede 
                    Wees by gemeenskapsprojekte betrokke 
                    Woon BBOV (‘ABET’) klasse by 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)    (Enige 1 x 1)    (1)

      4.3.3    Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.

                Dit is ’n verbetering in die lewenspeil van die mense in ’n land. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)              (1 x 2)    (2)

      4.3.4    Verduidelik die hoofdoelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan.

                    Om armoede uit te skakel en ongelykheid teen 2030 te
                      verminder. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)       (2)

      4.3.5    Hoe sal Suid-Afrika se vaardigheid basis deur die implementering
               van die NOP verbeter word?

               Suid-Afrika se vaardigheidsbasis sal verbeter word deur:
                Investering in onderwys en opleiding. 
                Toenemende inskrywings by hoëronderwysinstellings deur die
                  implementering van gratis hoër onderwys. 
                Vorming van vennootskappe met die privaatsektor om meer indiens
                  opleidingsgeleenthede te skep/Leerderskappe. 
                Skep van meer werksgeleenthede. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          EKONOMIE V1                                        11

 4.4 Onderskei tussen duursame en nie-duursame goedere.

             Duursame goedere                       Nie-duursame goedere
        Het ’n verwagte lewensduur van  Word verbruik en vernietig in die
         meer as een jaar                   proses van verbruik. 
        Lewer konstante bevrediging   Kan slegs een maal gebruik word. 
        Voorbeelde sluit in grond,  Byvoorbeeld gloeilampe, papierprodukte en
         voertuie en toerusting.            voedselprodukte. 
         (Aanvaar enige ander korrekte     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike
         toepaslike antwoord)              antwoord)
                             (Enige 2 x 2)                             (Enige 2 x 2) (8)

 4.5 Ontleed die rol van Suid-Afrika in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
     gemeenskap (SAOG).

          Suid-Afrika is die huidige voorsitter van die SAOG. 
          Die land is ook die deurgang na buitelandse direkte investering aan die
           ontwikkelende wêreld. 
          SA lok sommige van die SAOG se arbeidsmag uit alle sfere, insluitend
           ongeskoolde, halfgeskoolde en hoogs geskoolde arbeid. 
          Suid-Afrika se grootste uitvoermark is die SAOG. 
          Suid-Afrika het ’n leidende rol gespeel in die streek, met betrekking tot
           kwessies soos nouer samewerking en ekonomiese integrasie. 
          Dit sluit in die stigting van ’n vryhandel-gebied in die streek, die ontwikkeling
           van basiese infrastruktuur en die ontwikkeling van menslike hulpbronne 
          Beide Suid-Afrika se landbou-en nywerheidsektor is afhanklik van streek
           waterbronne, veral vir toekomstige ontwikkeling. 
          Toekomstige water-invoere word vanuit lande verder noord verwag. 
          ’n Ander belangrike belang in Suid-Afrika in die streek, is dié van beperking
           op immigrasie. 
          Suid-Afrika is een van die grootste bydraers tot pogings vir die handhawing
           van streek- en wêreldvrede, bv. in Rwanda en Darfur Sudan 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                   (8)
                                                                                               [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING C

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDEBOEK.

  Bespreek die kenmerke van kapitaal in detail.                                       (26)
  Ontleed die positiewe uitwerkings van kapitaalverdieping                            (10)

 INLEIDING

    Kapitaal sluit in alle goedere wat benodig word om toekomstige behoeftes te
     bevredig, insluitend masjinerie en fabrieksgeboue. 
      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)                               (2)

 HOOFGEDEELTE

 KENMERKE VAN KAPITAAL

 Kapitaal word besit 
  Dit behoort aan of word besit deur iemand, soos ’n sakeonderneming of die
   regering. 
  Produsente besluit dikwels om nie kapitaalgoedere te koop nie, maar om eerder
   te huur en die huurgeld te betaal. 
  Die verhuurder besit dan die kapitaal. 
 Kapitaal word verbruik in die produksieproses. 

    Bedryfskapitaal items soos grondstowwe, word gedurende die produksieproses
     opgebruik. 
    Tydens die produksieproses van goedere en dienste, word kapitaalgoedere
     verbruik. 
    Vaste kapitaal items soos masjinerie word oor lang tydsperiodes ‘verbruik’ –
     slytasie. 
    Besighede behoort van hulle winste eenkant te hou, ten einde verweerde
     kapitaalgoedere te vervang. 

 Kapitaal het ’n beperkte lewensduur. 
  Sommige kapitaalgoedere soos masjinerie en toerusting is onderhewig aan
   slytasie. 
  Hulle waarde verminder met tyd. 
  Dit mag ook verouderd of verslete raak a.g.v. tegnologiese vooruitgang. 

 Kapitaalvorming vereis opoffering. 

    Om kapitaalgoedere te produseer of aan te koop, staan as kapitaalvorming of
     investering bekend. 
    Fondse wat vir kapitaalvorming benodig word, word uit besparings verkry. 
    Besparings verteenwoordig huidige inkome wat opgeoffer word deur
     ekonomiese deelnemers. 
    Meeste besparings kom van privaat sakeondernemings, met kleiner besparings
     deur huishoudings en die
     regering. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       EKONOMIE V1                                     13

 Kapitaal verhoog produksie doeltreffendheid. 

    Kapitaalgoedere maak spesialisasie moontlik. 
    Wanneer meer kapitaalgoedere oor ’n sekere tydsperiode geproduseer word, kan
     minder verbruiksgoedere oor dieselfde tydsperiode geproduseer word. 
    Die voordeel van die opoffering is dat die produksie van kapitaalgoedere tot ’n
     groter produksiekapasiteit sal lei. 
    Moderne produksieprosesse bestaan uit elemente van menslike en masjien-
     arbeid, maar masjien-arbeid is meer doeltreffend as menslike arbeid alleen. 
    Doeltreffendheid lei tot hulpbronne wat baie verder gerek word.         Maks.     (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Kapitaal verdieping het die volgende positiewe effekte:
  Produktiwiteit per werker neem toe as die hoeveelheid kapitaal per werker
    toeneem. 
  Doeltreffendheid per werker styg. 
  As produktiwiteit per werker styg, sal reële lone ook styg. 
  Die ekonomie sal uitbrei, wat sal lei tot ’n volgehoue reële ekonomiese groei,
    selfs sonder die tegnologiese proses. 
  Kapitaal verdieping word ook beskou as ’n hoof faktor – indien nie ’n voorvereiste
    – vir ekonomiese ontwikkeling in ontluikende markte. 
  Dit is een van die mees belangrikste bronne van groei in moderne ekonomieë. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                          Maks. (10)

 SLOT

 Die belangrikheid van kapitaal lê in sy verhouding met ekonomiese groei en dit moet
 groei teen ’n koers wat gelyk of hoër is as die toename in die arbeidsmag. 
 (Aanvaar enige ander hoër-order gevolgtrekking.)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

  Bespreek, die volgende metodes wat in die herverdeling van inkome en
   rykdom aangewend word, in detail:
   - Belastings                                                                         (10)
   - Kontant toelaes                                                                     (8)
   - In natura voordele                                                                  (8)
  Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika
   aan te spreek.                                                                       (10)

 INLEIDING

 Herverdeling verwys na die prosesse wat inkome en rykdom meer gelyk verdeel onder
 die inwoners van ’n land, ten einde ongelykheid te verminder. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)

 HOOFGEDEELTE

 Belastings
  Verskeie vorme van belasting en rykdom belasting is ingestel om die ongelyke
   verdeling van inkome in Suid-Afrika, aan te spreek. 
  Hoër inkome verdieners en ryk mense word belas om kontantvoordele en in natura
   voordele te bied aan lae inkome verdieners en ander arm mense. 
  Progressiewe individuele inkomstebelasting  – waar hoë inkome verdieners teen
   hoër koerse belas word. 
  Rykdombelasting – in Suid-Afrika, word eiendomme soos huise en fabrieksgeboue
   in stedelike gebiede jaarliks belas. 
  Kapitaalwinsbelasting  word gehef op winste verdien deur die verkoop van
   kapitaalgoedere, bv. eiendom en aandele. 
  Oordragbetalings  word betaal wanneer eiendom gekoop word. 
  Erfbelasting  word gehef wanneer geld by ’n oorlede persoon of familielid geërf
   word. 
  Boedelbelasting  – gehef op die waarde van boedels van oorlede persone wat
   R3,5 miljoen oorskry. 
  Grondbelasting  op plase is ingestel om inkome ongelykheid aan te spreek. 
  Hierdie belastings word aangewend om uitgawes te finansier vir ontwikkeling wat
   die armes meer sal bevoordeel.                                     (Maks. 10)

 Kontant toelaes
  Die hoof kontanttoelaes in Suid-Afrika is ouderdomspensioen, gestremdheid
   toelaes, kindertoelaes en werkloosheidsversekering. 
  Dit staan ook bekend as sosiale-sekuriteitbetalings. 
  Suid-Afrika is die grootste welsynstaat in die wêreld en het R567 miljard in die
   2019/2020 fiskale jaar toegestaan. 
  Hierdie soort toelaes help met die herverdeling van inkome. 
  ŉ Groot gedeelte van BBP word op sosiale-toelaes bestee.            (Maks. 8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     EKONOMIE V1                                      15

In natura voordele
 Hierdie is in natura betalings. 
 Dit bestaan uit primêre gesondheidsorg, basiese onderwys, beskerming en
   infrastruktuur. 
 Arm huishoudings ontvang ook welsyn toelaes, gratis munisipale dienste soos ’n
   beperkte hoeveelheid gratis water en elektrisiteit, sanitasie en behuising
   subsidies per huishouding, per maand. 
 Hierdie betalings dra nie by tot die versameling van bates om langtermyn rykdom
   te skep nie. 
 Dit bevredig basiese behoeftes en help om inkome en rykdom te herverdeel. 
                                                                         (Maks. 8)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika aan
 te spreek.

 Die Suid-Afrikaanse regering het die volgende maatreëls ten einde ekonomiese
 ongelykheid aan te spreek:

 Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging 
  Hierdie wet lê die grondslag vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse
   ekonomie sodat die aantal swartmense wat die land se ekonomie besit, bestuur
   en beheer, kan vermeerder. 
  Inkome ongelykheid sal beduidend afneem. 
  Een aanduiding van vlak van transformasie is swart aandeelhouding op die
   JEB. 

 Grondrestitusie en grondherverdeling 
  Grondrestitusie – doel is om grond terug te besorg aan diegene wat dit verloor
   het as gevolg van rasse diskriminerende wetgewing na 1913 
  Grondherverdeling – fokus op grond vir woongebied en produksie gebiede. 
  Die regering mik daarna om 30% van die land se landbougrond te herverdeel aan
   voorheen benadeelde persone. 

 Eiendom subsidies 
  Dit word gebruik om begunstigdes te help om eienaarskap te bekom van vaste
    residensiële eiendom. 
  Die regering se behuising-subsidieskema (HOP huise) voorsien ook befondsing
    opsies aan alle kwalifiserende persone wat minder as R3 500 verdien. 
  Vaste residensiële eiendom is ideale rykdom bates omdat dit ook gebruik kan
    word as kollateraal vir enige soort lening. 

 Regstellende aksie 
  Die beleid en praktyk om voorheen benadeelde groepe te bevoordeel 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

 SLOT

 Die Suid-Afrikaanse regering het stappe gedoen om in te meng in die werking van
 die markstelsel, ten einde te verseker dat herverdeling van rykdom en inkome
 versnel word. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot)                                      (2)
                                                                                    [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:           40
                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P1 GR11 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/16e07f8e-3009-41db-8486-b7f25066e893) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
