# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/16e07f8e-3009-41db-8486-b7f25066e893
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/16e07f8e-3009-41db-8486-b7f25066e893)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                          EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                 *IECONA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele vrae wat beantwoord
      is, sal NIE nagesien word NIE.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 4.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 5.   Lees die vrae noukeurig.

 6.   Begin ELKE vraag boaan ’n NUWE bladsy.

 7.   Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

 8.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
      van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         EKONOMIE V1                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
     korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die ooreenstemmende
     vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.9 D.

       1.1.1    Die grootste bedreiging vir werkers se gesondheid in Suid-Afrika,
                is …

                A     longontsteking.
                B     tuberkulose.
                C     MIV en Vigs.
                D     lae lone.

       1.1.2    Dubbeltelling is ’n probleem wat voorkom wanneer die ... -metode
                gebruik word om die BBP te bereken.

                A     produksie
                B     inkome
                C     bestedings
                D     binnelandse

       1.1.3    Een van die voordele van ’n sentraal beplande ekonomie is …

                A     keuse.
                B     volle indiensname.
                C     risiko.
                D     innovering.

       1.1.4    Voedselsekuriteit maak van … ’n belangrike nywerheid.

                A     landbou
                B     water
                C     energie
                D     kleinhandel

       1.1.5    Die waarde van die Gini-koëffisiënt wissel tussen …

                A     100 en 1 000.
                B     10 en 100.
                C     1 en 10.
                D     0 en 1.

       1.1.6    Die persentasie van mense in ’n land wat kan lees en skryf, staan as
                die … -koers bekend.

                A     bevolkings
                B     ontwikkelings
                C     ongeletterdheids
                D     geletterheids

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V1                               (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.7    Die probleme wat met ruilhandel geassosieer was, is uitgeskakel
               deur die ... funksie van geld.

               A      rekeneenheid
               B      stoor van waarde
               C      ruilmiddel
               D      algemene aanvaarding

      1.1.8    Die primêre doel van NEPAD is om ...

               A      oorloë te stop.
               B      armoede uit te wis.
               C      in verkiesings te stem.
               D      optogte te ondersteun.                                   (8 x 2)      (16)

 1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
     (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                 KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1    Ekonomies bedrywige        A     Hou vir langer periodes
               bevolking

      1.2.2    Finale goedere             B     Speel ’n belangrike rol in ontwikkelde
                                                lande

      1.2.3    Sosiale dienste            C     Gebruik deur sentrale bank om totale
                                                geldvoorraad te beïnvloed

      1.2.4    Tersiêre sektor            D     Ouderdomme tussen 14 en 65

      1.2.5    Lopende Betaalstelsel      E     Tot stand gebring om internasionale
                                                handel te monitor en te liberaliseer

      1.2.6    Ruimtelike                 F     Onderwys, gesondheid en welsyn
               Ontwikkelings Inisiatief

      1.2.7    Monetêre beleid            G     Progressiewe stelsel

      1.2.8    Wêreldhandels-             H     Nie gebruik as insette om ander
               organisasie                      goedere mee te produseer

                                          I     Verkose gebiede wat sekere voordele
                                                bied aan mynbou, vervaardiging en
                                                ander besighede

                                                                                (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                         5

 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip
     langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.
     Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

       1.3.1    Die prys wat aan die eienaars van natuurlike hulpbronne betaal word
                vir hul gebruik

       1.3.2    Die vloei van goedere en dienste tussen die deelnemers aan die
                ekonomiese kringloop

       1.3.3    Goedere en dienste waarvan die voorsiening daarvan voordele inhou
                vir die verbruiker en die gemeenskap

       1.3.4    Voorraad van kapitale bates van huishoudings, wat verdiende en
                gespaarde geld, op een of ander tyd, verteenwoordig

       1.3.5    Plaaslike kennis wat uniek is aan ’n sekere kultuurgroep of
                gemeenskap

       1.3.6    Besighede wat klein lenings aan mense aanbied, vir wie dit
                onmoontlik is om lenings by banke te verkry                     (6 x 1)      (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem enige TWEE deelnemers aan ’n geslote ekonomie.              (2 x 1)       (2)

      2.1.2    Waarom is die primêre sektor belangrik vir die Suid-Afrikaanse
               ekonomie?                                                     (1 x 2)          (2)

 2.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        ALGEMENE OWERHEIDSBESTEDING VERMINDERINGS VOLGENS HOOF
                              EKONOMIESE KLASSIFIKASIE
       R miljoen                   2019/20      2020/21 2021/22
       Vergoeding aan                -106          -93     -98
       werknemers
       Oordragte en Subsidies       -2 468       -4 211  -8 909
       Goedere en Dienste             -5            -5      -6
       Totaal                       -2 579       -4 309 - 9 013
                                                                [Bron: www.treasury.go.za]

      2.2.1      Noem die ander klassifikasie van verbruiksbesteding deur die
                 owerheid.                                                                    (1)

      2.2.2      Waaruit bestaan ‘vergoeding aan werknemers’?                                 (1)

      2.2.3      Beskryf kortliks die begrip finale verbruiksbesteding deur die
                 owerheid.                                                                    (2)

      2.2.4      Verduidelik die belangrikheid van die finale verbruiksbesteding deur
                 huishoudings.                                                                (2)

      2.2.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die geskatte verminderings in
                 bogenoemde tabel bereik?                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         EKONOMIE V1                                            7

 2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                           INFRASTRUKTUUR-ONTWIKKELING

       Die Suid-Afrikaanse regering bestee baie op infrastruktuur. In sy
       begrotingstoespraak het Minister Tito Mboweni vier dinge genoem om SA se
       infrastruktuur te verbeter:
        om ’n sinvolle pyplyn-projek te skep.
        om die wet meer vaartbelyn te maak ten einde dit makliker te maak om te
           bou.
        beter inligting aan almal.
        om werklik te bou.

       Die infrastruktuur-fonds is ’n sentrale pilaar van die Begroting en van
       prioritisering. Dit sal R526 miljard se begrotingsprojekte versnel deur die
       privaatsektor in te bring en finansiële instansies te ontwikkel. Daarmee saam,
       sal die regering R100 miljard oor die volgende dekade bewillig.

                                                         [Aangepas uit www.treasury.gov.za]

       2.3.1    Noem enige EEN komponent van kommunikasie-infrastruktuur.                      (1)

       2.3.2    Wanneer begin Suid-Afrika se fiskale jaar?                                     (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die begrip infrastruktuur.                                    (2)

       2.3.4    Verduidelik die belangrikheid van kommunikasie-infrastruktuur vir
                besighede.                                                                     (2)

       2.3.5    Hoe sal die R100 miljard langtermynbelegging die ekonomie
                beïnvloed?                                                                     (4)

 2.4 Bespreek die nadele van ’n gemengde ekonomie.                                 (4 x 2)     (8)

 2.5 Evalueer die regering se betrokkenheid in die verhoging van toegang tot
     ekonomiese geleenthede.                                                                   (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 EKONOMIE V1                                   (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE geld geassosieerde instrumente.                   (2 x 1)      (2)

      3.1.2    Hoe bevorder die Suid-Afrikaanse regering inheemse
               kennisstelsels?                                                   (1 x 2)      (2)

 3.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

               MONETÊRE BELEIDSKOMITEE SNY TERUGKOOPKOERS
                               (REPOKOERS)

                                                  [Aangepas uit https://images.app.goo.gl]

      3.2.1    Wat is Suid-Afrika se sentrale bank se naam?                                   (1)

      3.2.2    Noem enige ander instrument van die monetêre beleid, behalwe
               rentekoerse.                                                                   (1)

      3.2.3    Verduidelik kortliks die begrip terugkoopkoers (repokoers).                    (2)

      3 .2.4   Verduidelik kortliks regerings-bankier as ’n funksie van die sentrale
               bank.                                                                          (2)

      3.2.5    Hoe sal ’n daling in rentekoerse verbruiksbesteding beïnvloed?                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        EKONOMIE V1                                                  9

 3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

          EKONOMIESE ONTWIKKELING VOLGENS SOSIALE AANWYSER

                                           [Bron: UNESCO Instituut vir Statistieke databasis]

       3.3.1    Noem die sosiale aanwyser in bostaande grafiek.                                  (1)

       3.3.2    Wat is die neiging van die aantal nie-skoolgaande kinders in die
                laaste dekade?                                                                   (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.                                    (2)

       3.3.4    Verduidelik waarom baie kinders skool verlaat in ontwikkelende
                lande.                                                                           (2)

       3.3.5    Bereken die persentasie van die vroulike (female) bevolking wat in
                2016 skool verlaat het. Toon ALLE berekeninge.                                   (4)

 3.4 Bespreek lae lewensverwagting en lae vlakke van produktiwiteit as
     kenmerke van ontwikkelende lande.                                              (4 x 2)      (8)

 3.5 Ontleed die gevolge van bankmislukking.                                                     (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V1                                (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4: MAKRO EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1 Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE komponente van die sekondêre sektor.           (2 x 1)      (2)

      4.1.2    Wat is die doel van ekonomiese aanwysers?                      (1 x 2)      (2)

 4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        [Bron: marketbusinessnews.com]

      4.2.1    Watter ekonomiese stelsel word op die beginsel van die ‘onsigbare
               hand’ gebaseer?                                                             (1)

      4.2.2    Wie ken die hulpbronne in bogenoemde stelsel toe?                           (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die begrip ekonomiese stelsel.                             (2)

      4.2.4    Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word.             (2)

      4.2.5    Hoe is eie-belang voordelig vir ’n ekonomie?                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       EKONOMIE V1                                          11

 4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

         NOP 2030 – DIE STAAT KAN NIE DOELWITTE ALLEEN BEREIK NIE

       Om SA se vaardigheidsbasis te verbeter en studente uit arm en middel
       inkome gesinne te ondersteun, is krities vir die groei en ontwikkeling van SA
       se ekonomie.

       Volgens ’n verslag uitgereik deur die departement van hoër onderwys en
       opleiding, woon ’n baie klein aantal mense tersiêre instansies in Suid-Afrika
       by, die minste van die vyf BRICS-lande.

       Volgens die NOP, word aktiewe burgery in die laaste 10 jaar voor 2030
       benodig, waar inwoners (burgers) pogings aanwend om hulself op te hef
       asook diegene om hulle, ten einde die doelwitte te bereik.

                                                          [Bron: www.businesslive.co.za]

       4.3.1    Noem enige ander ontwikkelingstrategie wat in Suid-Afrika
                aangewend is.                                                               (1)

       4.3.2    Noem ’n voorbeeld van wat inwoners van Suid-Afrika kan doen om
                hulself op te hef.                                                          (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.                        (2)

       4.3.4    Verduidelik die hoofdoelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan
                (NDP).                                                                      (2)

       4.3.5    Hoe sal Suid-Afrika se vaardigheidsbasis deur die implementering
                van die NOP verbeter word?                                                  (4)

 4.4 Onderskei tussen duursame en nie-duursame goedere.                         (4 x 2)     (8)

 4.5 Ontleed die rol van Suid-Afrika in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
     gemeenskap (SAOG).                                                                     (8)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING C
 Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDEBOEK.
 Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die
 maksimum aantal punte behaal word:

                                                                                  PUNTE
 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                TOEKENNING
 Inleiding:
  ’n Goeie beginpunt is om ’n begrip of sleutelwoord te definieer wat in die
   vraag voorkom.
  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
  Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
  Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
  Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.          Maks. 2
 Inhoud:
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/ Bespreek
 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
 Assesseer/Debatteer                                                               Maks. 26
 Addisionele gedeelte: Eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Kritiese
 evaluasie/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/
 Interpreteer/Debatteer kortliks                                                   Maks. 10
 Slot:
  Die slot is ’n opsomming van wat bespreek is in die inhoud en behoort ’n
   hoër orde antwoord te wees.
  Die slot kan in die vorm wees van ’n eie opinie voorbeelde om die
   bespreking te ondersteun of weersprekende siening van wat bespreek is.
  Geen aspek van die inleiding of die inhoud mag in die slot ingesluit word        Maks. 2
   nie.
 TOTAAL                                                                                40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

  Bespreek die kenmerke van kapitaal in detail.                                (26 punte)
  Ontleed die positiewe uitwerkings van kapitaalverdieping.                    (10 punte)    [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 40MINUTE

  Bespreek, die volgende metodes wat in die herverdeling van inkome en rykdom
   aangewend word, in detail:
   - Belastings                                                       (10 punte)
   - Kontanttoelaes                                                    (8 punte)
   - In natura voordele                                                (8 punte)

  Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika
   aan te spreek.                                                    (10 punte)               [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-english/3e763b3d-dab5-4b8c-b400-763a8532e892) — Economics · Memo · 2019 · Eng
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (English) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-english-june-2019-question-paper/56b7b885-58d6-4588-92c4-20c8e00e6db3) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [Gr11 Ecn P1 (English) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-english-november-2019-question-paper/510a7177-50ad-4345-929a-fd687dd1fb91) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
