# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-memo-sept-2018-afrikaans/b67deff7-0fa1-425f-ba78-835ff27c2e28
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-memo-sept-2018-afrikaans/b67deff7-0fa1-425f-ba78-835ff27c2e28)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                        EKONOMIE V1
                        NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1     C     Lekkasies 

       1.1.2     A     gebrek aan rekenskap 

       1.1.3     C     magte buite die markstelsel. 

       1.1.4     D     beskerming 

       1.1.5     B     BRICS 

       1.1.6     B     Stelsel van nasionale rekeninge 

       1.1.7     A     Monetêre 

       1.1.8     D     Uitgebreide Openbare Werkeprogram                (8 x 2)   (16)

 1.2   PASITEMS

       1.2.1     I     illustreer die verhouding tussen werkloosheid en
                       inflasie 

       1.2.2     C     betaling aan inkomste-dienste word gemaak deur
                       besigheid wat goedere verkoop, maar op die verbruiker
                       gehef 

       1.2.3     H     koop en verkoop van aandele en skuldbriewe
                       byvoorbeeld aandele en effekte 

       1.2.4     F     ’n amptelike bevel om handel met ’n land te stop, ten
                       einde hulle te dwing om internasionale wette te
                       gehoorsaam 

       1.2.5     G     die Wet op Banke verander soms die saldo’s van
                       banke om geldskeppings-aktiwiteite van banke te
                       manipuleer. 

       1.2.6     B     georganiseerde ekonomiese aktiwiteit om
                       vervaardiging, mynwese en dienste sektore te skep. 

       1.2.7     A     meet pryse by die eerste vlak van beduidende
                       kommersiële transaksie, dit is waar dit die land
                       binnekom of die fabrieksvloer verlaat 

       1.2.8     D     aanwysers moet bepaal word kragtens die reëls van
                       hul samestelling                             (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    EKONOMIE V1                                3

 1.3    IDENTIFISEER DIE BEGRIP

        1.3.1         Kapitaalmark 

        1.3.2         Resessie 

        1.3.3         Korrupsie 

        1.3.4         Devaluasie 

        1.3.5         M1 

        1.3.6         Korridors 
                                                                  (6 x 1)      (6)

                                                     TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1     2.1.1   Noem TWEE metodes om BBP te bereken.

                  Inkome / BBP (I) 
                  Bestedings / BBP (E) 
                  Produksie / BBP (P)                           (Enige 2 x 1)      (2)

         2.1.2   Hoe kan uitvoerbevordering die betalingsbalans
                 onewewigtigheid regstel?

                  Deur geld te leen by die IMF 
                  Beleide van uitvoerbevordering en invoervervanging 
                  Toename in totale aanbod sal pryse verlaag 
                  Uitvoere word aangemoedig deur goedkoper pryse 
                  Hoër rentekoerse help om besteding op invoere te laat
                   daal 
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                 (Enige 1 x 2)       (2)

 2.2     DATA RESPONS

         2.2.1   Wat word in bostaande grafiek geïllustreer?

                 Vraag- en aanbodkantbeleide                                        (1)

         2.2.2   By watter punte sal inflasie voorkom?

                 By punt A                                                          (1)

         2.2.3   Beskryf die begrip nuwe ekonomiese paradigma kortliks.

                 Die nuwe ekonomiese paradigma – ontmoedig beleidmakers
                 om monetêre en fiskale beleide te gebruik om die ekonomie
                 reg te stel,  maar moedig eerder die bereiking van stabiliteit
                 aan, deur middel van gesonde langtermyn beleidsbesluite
                 rakende die vraag en aanbod in ŉ ekonomie. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.)              (2)

         2.2.4   Wat sal met die uitset gebeur as aanbod nie op die
                 veranderinge in vraag reageer nie?

                 Uitset sal toeneem                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    EKONOMIE V1                                           5

         2.2.5    Hoe sal die regering produksiekoste verlaag om die
                  aanbodkant van die ekonomie te stimuleer?

                  Regering kan koste verlaag deur:
                   Infrastruktuurdienste te voorsien soos vervoer,
                    kommunikasie, water en energie 
                   Implementering van kontant aansporings, bv.
                    Subsidies 
                   Besighede te vergoed wat hulself vestig in afgeskeepte
                    gebiede waar hoë werkloosheid voorkom 
                   Uitvoerders te vergoed vir sekere kostes wat hul aangaan
                    in die ontwikkeling van uitvoermarkte 
                    (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                  (Enige 2 x 2)        (4)

 2.3    DATA RESPONS

        2.3.1    Wat word in bostaande diagram voorgestel?

                 Ekonomiese kringloop / Twee sektor model                             (1)

        2.3.2    Watter deelnemer is die hoofverbruiker in die ekonomie?

                 Huishoudings                                                         (1)

        2.3.3    Omskryf kortliks die begrip ‘ekonomiese kringloop’.

                 Dit is ’n vereenvoudiging van die werking van die ekonomie en
                 die verhoudinge tussen inkome, produksie en besteding in die
                 ekonomie as ’n geheel. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.)                (2)

        2.3.4    Bespreek die rol van die faktormark in die ekonomiese
                 kringloop.

                      In die faktormark word produksiefaktore verhandel  bv.
                       grond vir huur, arbeid vir lone en salarisse,
                       entrepreneurskap vir wins en kapitaal vir rente. 
                      Huishoudings verkoop hulle produksiefaktore in die
                       faktormark en ontvang ŉ inkome 
                      Besighede koop produksiefaktore van die faktormark en
                       die faktor mark ontvang ŉ inkome.            (Enige 1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

        2.3.5   Hoe beïnvloed die vermenigvuldiger-effek die regering ten
                opsigte van die neem van besluite?

                Regering word soos volg beïnvloed:

                  Ekonomiese goei en die makro ekonomiese kwessies soos
                   werkskepping en inflasie d.m.v. manipulerende inspuitings
                   en lekkasies 
                  Afname in belastings: besteebare inkome van verbruikers
                   sal toeneem, wat sal lei tot styging in totale vraag, 
                  Wat weer lei tot hoër verbruiksbesteding. 
                  Winste na belasting van produsente sal styg en daarom ook
                   die styging van totale vraag wat lei tot hoër investerings. 
                  Verhoogde verbruik van goedere en dienste: As die
                   regering meer geld spandeer, sal totale vraag ook
                   toeneem. 
                  Stygende uitvoere: dit sal lei tot ŉ inspuiting van buitelandse
                   geld in die plaaslike ekonomie                  (Enige 2 x 2)
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)               (4)

 2.4    Onderskei tussen spesialisasie en keuse as argumente ten gunste
        van vryhandel.

        Spesialisasie
          Vryhandel veroorsaak spesialisasie in nywerhede waarin lande
            ŉ vergelykende voordeel het. 
          Hierdie nywerhede sal ŉ laer geleentheidskoste hê. 
          Dit sal ekonomiese doeltreffendheid laat toeneem en vermorsing
            van hulpbronne voorkom. 
          Elke land wat die beste geskik is vir spesifieke goedere en
            dienste sal onderneem om meer daarvan te produseer. 
                                                                (Enige 2 x 2)          (4)

            Keuse
             Vryhandel gee verbruikers die keuse om enige plek in die wêreld
              te koop. 
             Hulle is nie beperk om plaaslik geproduseerde goed te koop
              nie. 
             Dit lei tot ŉ globale mark en verbruikers trek voordeel uit die
              mededinging en verskeidenheid wat na die mark gebring
              word. 
             Wanneer ander lande dieselfde item goedkoper produseer, koop
              verbruikers minder.                             (Enige 2 x 2)
              (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
              (ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite of
              voorbeelde slegs genoem word.)                                           (4)
                                                                                       [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 EKONOMIE V1                                          7

 2.5    Hoe gebruik die regering die fiskale beleid om die ekonomie te
        beperk?
        Regering gebruik fiskale beleid deur:

         Staatsbesteding te verlaag ten einde totale vraag te beperk. 
         Produksie te verlaag, want soos minder goedere en dienste benodig
           word, sal minder produksiefaktore in diens geneem word en
           besteebare inkome sowel as besteding sal daal. 
         Belasting te verhoog, wat sal lei tot ŉ daling in besteebare inkome
           en ŉ daling in totale vraag. 
         Staatsbesteding te verlaag en ook gelyktydig belasting te verhoog:
           dit sal ŉ dubbele uitwerking hê. 
         Staatsbesteding te verlaag en verbruikers en produsente ook
           minder laat bestee. 
         Vraag te laat daal en gevolglik sal inflasie ook daal .
           (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)        Maks. 8
          (ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite /
           voorbeelde slegs genoem word.)                                          (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

    VRAAG 3

    3.1   3.1.1      Noem enige TWEE aansporings wat die Suid-Afrikaanse
                     regering gebruik om nywerheidsontwikkeling te verhoog.

                        Kleinsake-ondersteuningsprogram 
                        SEDA Tegnologie Program (STP) 
                        Vaardigheidsondersteuningsprogram 
                        Kritiese infrastruktuur fasiliteite 
                        Doeanevrye aansporings 
                        Buitelandse investerings aansporings 
                        Strategiese Investeringsprogram 
                        Dienste aan Sake Prosesse                    (Enige 2 x 1)      (2)

          3.1.2      Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan ’n beter lewe
                     vir almal verseker?

                     Dit is van plan om ekonomiese geleenthede uit te brei deur
                     investering in infrastruktuur, meer innovasie, privaat
                     investering en entrepreneurskap.
                     (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                        (Enige 1 x 2)     (2)

    3.2   DATA RESPONS

          3.2.1      Wat was die regering se doel met die totstandkoming
                     van Nywerheidsontwikkelingsones (NOSe)?

                     Om doelgeboude nywerheidsparke wat grens aan
                     internasionale hawens of lughawens te ontwikkel. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)                (1)

          3.2.2      Noem ŉ diens wat deur Oos-Londen se NOS verskaf
                     word.

                     Voertuie                                                (1 x 1)     (1)

          3.2.3      Omskryf die begrip ‘Nywerheidsontwikkelingsone’.

                     Dit is ŉ doelgeboude nywerheidspark wat fisies omhein is en
                     grens aan ŉ internasionale hawe of lughawe, bv. Coega 
                     (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                     (Enige 1 x 2)       (2)

          3.2.4      Verduidelik waarom die NOS as ŉ belastingvrye
                     aansporing beskou word.

                      Is om vervaardiging en buitelandse handel aan te
                        moedig. 
                      Maak dit makliker om materiale in- en uit te voer. 
                      Grondstowwe met die oog op produksie kan vry van enige
                        invoerbelastings ingevoer word, terwyl goedere wat
                        uitgevoer word, vrygestel is van BTW. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                     (Enige 1 x 2)       (2)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       EKONOMIE V1                                          9

          3.2.5       Hoekom was NOSe nie baie suksesvol sedert hulle ontstaan
                      in Suid-Afrika nie?

                       NOSe se suksesse was relatief klein. 
                       Investeringsvlakke was relatief laag. 
                       Die aantal permanente werksgeleenthede wat geskep is, was
                         maar min. 
                       Besighede binne die NOS het nie spesiale aansporings
                         ontvang nie, ten spyte van beloftes dat sodanige besighede
                         een of ander vorm van belasting en BTW verligting, wat
                         verband hou met in- en uitvoere, sou ontvang 
                       Slegs streke met toegang tot ŉ internasionale lughawe of
                         hawe was geregtig op ondersteuning. 
                       Die regering erken dat NOSe in SA nie ŉ sukses was nie,
                         omdat die hoofrede is dat nege konsessies van toepassing is,
                         maar slegs twee daarvan is in SA toegepas, naamlik
                         voorwaardelike vrystelling van invoerbelasting en zero BTW-
                         koerse. 
                        (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                          (Enige 2 x 2)      (4)

  3.3     DATA RESPONS

          3.3.1       Wat word voorgestel in bogenoemde spotprent?

                      Noord-Suid verdeling                                                  (1)

          3.3.2       Noem enige aspek wat gebruik word om die vlak van ’n land
                      se ontwikkeling aan te dui.

                         Indiensname-vlakke 
                         Armoede-vlakke 
                         Gesondheidsorg 
                         Lewensverwagting 
                         Onderwysvlakke 
                         Veiligheid en sekuriteitsvlakke                 (Enige 1 x 1)     (1)

          3.3.3       Verduidelik die begrip ‘Noord/Suid verdeel’.

                      Dit toon die verdeling tussen die ryk (politiek meer stabiele)
                      lande van die Noorde en die armer (politiek minder stabiele)
                      lande van die Suide. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

       3.3.4     Verduidelik kortliks enige uitdaging van globalisasie tussen
                 die Noord en die Suid.

                 Dit het gehelp om die lewensstandard van baie mense
                   wêreldwyd te verhoog, maar ook ander mense vêrder in
                   armoede laat verval. 
                 Klein besighede in Suid-Afrika is nie by magte om hul
                   tegnologie so gereeld op te dateer soos hulle teenstanders in
                   die Noorde nie – veral nie sonder investerings van die Noorde
                   nie. 
                  Hulle groei nie altyd tot hulle volle potensiaal nie.
                  Indien hulle nie groei met buitelandse investering nie, verloor
                   hulle baie winste aan hulle investeerders in die Noorde. 
                  Die Suide sukkel om met die Noorde mee te ding rakende
                   handel. 
                  Hulle suigelingindustrieë sukkel om mee te ding sonder die
                   beskerming van tariewe, wat deur die WHO ontmoedig
                   word. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)                   (2)

       3.3.5     Hoe kon lande in die Suid verdeel die inkome gaping oorbrug
                 wat Noord en Suid verdeel?

                 Lande in die Suide oorkom die gaping deur:

                   Buitelandse direkte investering te verkry uit die Noorde. 
                   Investering in kapitaal ten einde produksiekapasiteit te
                    verhoog. 
                   Prosessering van grondstowwe voordat dit uitgevoer word as
                    intermediêre of klaarprodukte. 
                   Maak die onderwysstelsel meer doeltreffend. 
                   Verhoog sosiale dienste sodat almal voldoende voedsel, water
                    en huisvesting mag hê .                          (Enige 2 x 2)
                 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                 (ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite /
                 voorbeelde slegs genoem word.)                                             (4)

3.4    Verduidelik ‘werkverskaffing’ as ŉ ekonomiese aanwyser, kortliks.

        Die ekonomies bedrywige bevolking: die arbeidsmag tussen 15 en 65
          jaar oud. 
        Die werkloses is mense binne die EBB. 
        Werkverskaffing: Die aantal werkende mense as ŉ persentasie van die
          EBB. 
        Werkloosheid: Die werkloses (wat aktief werk soek) as ŉ persentasie
          van die EBB. 
         (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)   (Enige 4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                EKONOMIE V1                                       11

3.5     Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering se aansporings
        t.o.v. die stimulering van nywerheidsontwikkeling?

        Die Suid-Afrikaanse regering is suksesvol in:

         Die skepping van werksgeleenthede. 
         Diversifisering van die ekonomie. 
         Toepaslike aansporings om beleggers te lok, te ontwikkel en te
           onderhou. 
         Die ontwikkeling van plaaslike vervaardigingsvermoë, ten einde
           uitvoere te laat toeneem. 
         Bereiking van hoë besparingskoerse en investering. 
         Vestiging van grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou
           produksie en dienste. 
         Uitbuiting van die wêreld ekonomie deur handel te dryf en kennis te
           versamel.                                                Maks. 8
        (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
        (ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite / voorbeelde
        slegs genoem word.)                                                       (8)
                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4

 4.1    4.1.1   Noem enige TWEE dienste wat deur die regering beskou
                word as noodsaaklik om mense se lewenstyl te verbeter
                asook die vlak van ekonomiese en sosiale ontwikkeling.

                    Elektrisiteit 
                    Vullisverwydering 
                    Watervoorsiening 
                    Sanitasie 
                    Behuising 
                    Onderwys                                      (Enige 2 x 1)
                     (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)            (2)

        4.1.2   Hoe kan plaaslike syfers na nasionale syfers omgeskakel
                word?
                BBP teen markpryse plus primêre inkome van die res van die
                wêreld minus primêre inkome aan die res van die wêreld. 
                                                                        (1 x 2)       (2)
 4.2    DATA RESPONS
        4.2.1   Gedurende watter jaar het Suid-Afrika die grootste
                handelstekort in die handelsbalans getoon?
                Januarie 2015                                                         (1)

        4.2.2   Watter rekening in die betalingsbalans toon die syfers van
                die handelsbalans aan?

                Lopende rekening                                                      (1)

        4.2.3   Omskryf die begrip ‘handelsbalans’.
                Is die waarde van uitvoere minus die waarde van invoere.             (2)

        4.2.4   Wat kan Suid-Afrika doen om die uitvoer van goedere
                positief te beïnvloed?
                Suid-Afrika kan uitvoere beïnvloed:
                 Deur die prestasie van die vervaardiging en dienste
                   nywerhede te verbeter. 
                 Met verwysing na tegnologie en produktiwiteit. 
                 Deur die gebruik van produksiefaktore soos natuurlike
                   hulpbronne, te maksimeer. 
                 Besighede te voorsien van subsidies en aansporings. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                  (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   EKONOMIE V1                                          13

        4.2.5    Hoe word die ekonomie positief beïnvloed deur
                 internasionale handel?
                 Dit beïnvloed nywerhede en lande deur:
                  Groei te stimuleer wat mense se lewenstandaard kan
                    verhoog.
                  Plaaslike nywerhede met vergelykende voordeel sal
                    suksesvol wees in die globale markte en diegende wat
                    ondoeltreffend vergelyk met dieselfde nywerhede in ander
                    lande, sal geneig wees om onder te gaan. 
                  Dit sal lei tot lande wat spesialiseer waarin hulle goed is. 
                  Dit lei groot markte na massaproduksie en toenemende
                    doeltreffendheid. 
                  Dit lei na globalisasie wat internasionale koöperasie en
                    kommunikasie verbeter. 
                  Skep interafhanklikheid tussen lande, wat hulle broos maak
                    vir ekonomiese skokke wat buite hulle grense plaasvind. 
                                                                      (Enige 2 x 2)
                    (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)                (4)

 4.3    DATA RESPONSE

        4.3.1    Identifiseer die sosiale aanwyser wat hierbo aangetoon
                 word.
                 Wanvoeding                                                             (1)

        4.3.2    Noem enige oorsaak van wanvoeding in Suid-Afrika.
                  Ma’s wat nie borsvoed nie. 
                  MIV/Vigs 
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)                 (1)

        4.3.3    Omskryf kortliks die begrip ‘sosiale aanwyser’.

                 Is maatreëls wat gebruik word om die prestasie van ŉ land,
                 kragtens sosiale-welstand van sy inwoners, te evalueer. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                    (Enige 1 x 2)        (2)

        4.3.4    Watter planne en strategieë word deur die regering ingestel
                 om die algehele gesondheidverwante sake aan te spreek?

                  Voorsien supplemente, soos Vitamien A, wat by basiese
                   voedselsoorte soos brood, bygevoeg word. 
                  Departement van Gesondheid moedig borsvoeding aan. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                  (Enige 1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

        4.3.5   Hoe kan onderwys armoede in Suid-Afrika verlig?
                  Deur die minderbevoorregtes te voorsien van hulpbronne 
                   en geleenthede vir opwaartse sosiale beweeglikheid 
                  Kan ongelykheid verlaag. 
                  Verhoog verdienste vir individue.
                  Bevorder ekonomiese groei. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)
                                                                  (Enige 2 x 2)     (4)
 4.4    Onderskei tussen aansporings en subsidies as metodes van uitoer-
        bevordering.
        Aansporings:
         Aansporings om uitvoere aan te moedig deur finansiële bystand te
          verleen aan uitvoer maatskappye. 
         Hierdie bystand laat hulle toe om doeltreffend mee te ding in die
          internasionale markte. 
         Sodanig dat hulle ŉ groot gedeelte van hulle produksie kan
          uitvoer. 
         Soorte aansporings: versamelde inligting aangaande, of
          marknavorsing oor potensiële uitvoermarkte. 
         Handelsendings wat Suid-Afrika se produkte en dienste kan ten toon
          stel by internasionale uitstallings. 
         Versekeringskontrakte vir uitvoer transaksies en uitvoer
          kredietlenings.                                        (Enige 2 x 2)
        Subsidies:
        Twee soorte subsidies – direkte en indirekte subsidies
        Direkte subsidies:
         Lei tot staatsbesteding om direkte finansiële ondersteuning aan
            plaaslike produsente te bied, wat goedere uitvoer na oorsee. 
         Doelgerigte of direkte subsidies is om die produksiekoste te verlaag
            en mededingendheid in die uitvoermark te verhoog. 
         En om oorsese markte te vestig. 
         Streng keuring vind plaas wanneer maatskappye aansoek doen om
            finansiële bystand. 
        Soorte direkte subsidies:
         Kontanttoelaes aangebied aan Suid-Afrika se uitstallers om hulle
            produkte oorsee ten toon te stel. 
         Buitelandse handelsendings om nuwe markte te ontdek. 
         Fondse vir inligting van formele uitvoerraad, ens. 
        Indirekte subsidies:
         Gebeur wanneer die regering nie sekere soorte staatsinkome
          ontvang nie,  bv. belasting. 
         Die regering betaal dikwels belastings terug aan maatskappye ten
          einde uitvoere te bevorder. 
        Soorte indirekte subsidies:
         Algemene belasting rabatte 
         Belastingkonsessies op winste verdien deur uitvoere en op kapitaal
          wat belê is om uitvoergoedere te produseer. 
         Terugbetalings op invoertariewe.                      (Enige 2 x 2)       (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                EKONOMIE V1                                       15

 4.5   Evalueer die belangrikheid van produktiwiteit as ekonomiese
       aanwyser.

        Produktiwiteit is die verhouding tussen die uitset van ekonomiese
         aktiwiteite en die inset van produksiefaktore. 
        Arbeidsproduktiwiteit: Word gemeet deur die reële BBP te deel
         deur die aantal werkers in diens. 
        Wanneer arbeidsproduktiwiteit toeneem, kan dit lei tot
         ekonomiese groei, wat werkers se lewenspeil kan verhoog. 
        Vergoeding per werker: Die vlak van reële lone beïnvloed die
         prys van goedere en dienste. 
        Wanneer reële lone styg teen ŉ hoër vlak as die styging in
         arbeidsproduktiwiteit, sal die prys van goedere en dienste styg en
         dit sal bydra tot inflasie. 
        Onderwys, opleiding en ontwikkeling van ŉ positiewe houding
         teenoor en trots op werk, kan arbeidsproduktiwiteit verhoog. 
      (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)            Maks. 8
                                                                                  (8)
                                                                                 [40]

                                                      TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag van hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

                                                                                 PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING:
 Inleiding                                                                        Maks. 2
 Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
     verband hou, te definieer.
  Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Bespreek            Maks. 26
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
                                                                                   Maks. 10
 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Trek ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
 Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
  ŉ Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
      alreeds genoem is, te herhaal
  Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
                                                                                    Maks. 2
  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
  ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
  Aanbevelings
 TOTAAL AANTAL PUNTE                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)                  EKONOMIE V1                                          17

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTES

 Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat.             (26 punte)
 Hoe suksesvol was die regering om openbare sektor mislukking te verminder?
                                                                     (10 punte)

Inleiding

Makro-ekonomie is die studie van die totale ekonomiese aktiwiteite, dit sluit in streek,
nasionale en internasionale studievelde. 
Makro-ekonomiese doelwitte is die teikens en doelwitte wat die openbare sektor wil bereik
ten opsigte van die hele ekonomie.
(Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding)                               Maks. 2

Inhoud
HOOFGEDEELTE

Makro ekonomiese doelwitte
 Ekonomiese groei 
   Is die toename in die produksie van goedere en dienste. 
   Dit word gemeet kragtens Reële BBP. 
   Daar moet meer goedere en dienste geproduseer word in ŉ land as wat die groei in
    die bevolking is. 
   Ekonomiese ontwikkeling benodig ekonomiese groei. 
   Ekonomiese groei en ontwikkeling in ŉ land bevoordeel die bevolking, omdat dit lei
    tot hoër lewenstandaarde. 

 Volle indiensname 
   Dit impliseer dat alle mense wat wil werk en werk soek, werk behoort te kry. 
   ŉ Hoë vlak van werkverskaffing is die mees belangrike doelwit van die regering. 
   Die ideaal is om volle indiensname te bereik, alhoewel dit nie tegnies moontlik is
    nie. 
   Die werkloosheidskoers het oor die laaste paar jaar bly toeneem. 
   Informele sektor aktiwiteite moet aangemoedig word omdat dit ŉ area is waar
    werkskepping verhoog kan word. 
   Vir werkskepping om toe te neem, moet produksie eers styg. 
   Die regering ondersteun onderwys, arbeidsintensiewe besighede en die informele
    sektor. 
   GEAR as ŉ strategie is geïmplimenteer om ’n positiewe klimaat te skep en dit was
    bevorderlik vir werkskepping in die privaatsektor. 

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

  Wisselkoers-stabiliteit 
  Druk die waarde van ŉ land se geldeenheid uit in verhouding tot die waarde van
   dié van ŉ ander land se geldeenheid. 
  Skommelinge, soos die depresiasie en appresiasie van ’n geldeenheid, kan
   onsekerheid skep vir beleggers, produsente en handelaars. 
  Tekorte in die betalingsbalans veroorsaak ook verdere ekonomiese probleme. 
  Suid-Afrika het ŉ vryswewende wisselkoersstelsel. 
  Die regering moet nogtans seker maak dat die wisselkoers relatief stabiel bly ten
   einde internasionale markte te verseker. 
  Prysstabiliteit 
  Impliseer dat pryse in die ekonomie nie baie oor tyd verander nie.
  Stabiele pryse lei tot beter resultate i.t.v. werkskepping en ekonomiese groei. 
  Die SARB se inflasiekoers is 3%–6% en hulle is suksesvol om die inflasiekoers
   binne die teiken te hou. 
  Rentekoerse, gebaseer op die Repokoers is die hoofinstrument wat gebruik word
   om prysstabiliteit te verseker. 
  ŉ Stabiele tekort op die begroting het ook ’n stabiliserende uitwerking op die
   inflasiekoers. 

  Ekonomiese regverdigheid 
  Is die redelike verdeling van inkome onder die bevolking.
  Suid-Afrika gebruik ŉ progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op winste,
   belasting op rykdom, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding word gebruik
   om gratis dienste te finansier. 
  Die regering meng in sodat die rykes nie ryker word nie en die armes nie armer
   nie. 
  Die regering probeer ook vergoed vir die misbruik van menseregte in die
   verlede. 
  Die regering betaal kontanttoelaes soos ouderdomspensioen,
   ongeskiktheidstoelaes en kindersorgtoelaes. 
  Die regering implementeer beleide om BBSEB te behaal.
                                                 (Indien slegs genoem, maks. 5 punte)
                                                (Voorbeelds maks. 3 punte)
                                                                             Maks. 26

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  EKONOMIE V1                                         19

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Hoe suksesvol was die regering om openbare sektor mislukking te
 verminder

 Die regering verminder openbare sektor mislukking deur:
  Leierskap en opleiding aan bestuur en werkers te verskaf. 
  Implementering van verskillende strategieë ten einde dienslewering te
    verseker  bv. stel van teikens. 
  Uitskakeling van korrupsie deur gereelde monitering  bv. ouditte.
  Erkenning van werkers se prestasie deur aansporings  bv. toekenning vir
    uitstekende diens. 
  Administreer buigbare sake prosesse om individuele verskille te
    akkommodeer. 

 Regering het nie daarin geslaag om openbare sektor mislukking te
 bekamp nie, deur:
  Vermorsing met die toekenning van hulpbronne, meer as die privaat-
   sektor. 
  Nie-bereiking van doelwitte. 
  Onvoldoende en onmoontlik om die verwagte uitwerkings in die ekonomie te
   bewerkstellig. 
  Neig om minder produktief te wees. 
   (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord)              Maks.10

 SLOT

 Dit is belangrik vir die regering om toepaslike beleide toe te pas ten einde die
 makro-ekonomiese doelwitte te bereik. 
 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike slot)                           Maks. 2    [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                             EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek die aanbodkant benadering om groei en ontwikkeling in
 Suid-Afrika te bevorder, onder hoofde van die volgende:

     Doeltreffendheid en effektiwiteit van markte (10)
     Doeltreffendheid van besighede               (8)
     Die koste om besigheid te doen               (8)         (26 punte)

 Evalueer die toepaslikheid van Suid-Afrika se streekontwikkelings-
 beleide.

 Inleding

 Aanbodkantbeleid sluit in enige iets wat die totale aanbod van goedere en
 dienste kan beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente, bv.
 mededinging en potensiële uitset.
 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding)            Maks. 2

 Inhoud
 HOOFGEDEELTE

  Doeltreffendheid en effektiwiteit van markte
   Doeltreffendheid
    Pareto doeltreffendheid beteken dat gegewe die beperkings van die
     grense van doeltreffendheid, dit nie moontlik is om die toekenning van
     hulpbronne op so ’n manier te verander dat iemand beter daaraan toe is
     op so ’n wyse dat iemand anders slegter daaraan toe is nie. 
    Dit sluit produktiewe en allokatiewe doeltreffendheid in. 

     Mededinging.
      Mededinging in die mark het op drie maniere toegeneem deur die oprig
       van nuwe besighede, werwing van BDI en die verslapping van
       invoerbeperkings wat mededinging van oorsee verhoog het. 
      ’n Mededinging regulerende netwerk is geskep om mededingende
       praktyke tussen plaaslike besighede af te dwing. 

     Deregulasie 
      Wanbalanse betreffende mag in die privaatsektor, wat die vrye werking
       van die mark beperk, moet hersien word. 
      Regering hou vol dat hulle daartoe verbind is om die gemak waarmee
       besigheid in Suid-Afrika gedoen word, te vergemaklik. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 EKONOMIE V1                                         21

  Effektiwiteit:
    Regering vereis dat markte werk op ŉ manier wat verseker dat meer
      swart mense in die hoofstroom ekonomie geabsorbeer word omdat
      hulle voorheen uitgesluit was. 
    Twee wette is ingestel, tesame met ander maatreëls, om voorkeur te
      verleen aan swart werkers en die besighede van swart mense  bv.
      Wet op Gelyke Indiensname en die BBSEB.                  Maks. 10

  Doeltreffendheid van besighede
    Belastings moet doeltreffend ingesamel word, klein besighede betaal ’n
     laer koers solank as wat hulle inkome minder as R350 000 per jaar is.
     (Aanvaar die huidige inkome) 
    Die vlak van belasting in Suid-Afrika is redelik in vergelyking met ander
     ontwikkelde lande. 
    As ŉ ontwikkelende land sal laer koerse bydra tot groei en
     ontwikkeling. 
    Kapitaalvorming moet toeneem. 
    Waardevermindering op kapitaalgoedere deur besighede gebruik, is
     ontwerp om investering aan te moedig. 
    Hierdie dien as aansporings om doeltreffendheid te bevorder. 
    Menslike hulpbronne moet ondersteun word ten einde te verbeter. 
    Onderwys ontvang proporsioneel die grootste deel van die
     besteding. 
    Hierdie is maatreëls wat daarop gemik is om doeltreffendheid te
     bevorder. 
    Gratis advies dienste moet beskikbaar gemaak word sodat sake-
     doeltreffendheid verbeter kan word. 
    Bv. dit sluit in ontwikkeling van uitvoermarkte en die bedryf van
     KMMOs.                                                             Maks. 8

      Die koste om besigheid te doen
        Kostes om sake te doen, moet verlaag word,  bv. vervoer,
           kommunikasie en energie.
        Die beskikbaarheid, betroubaarheid en koste van infrastruktuur
           dienste speel ’n belangrike rol in die finansiële lewensvatbaarheid
           en winsgewendheid van besighede. 
        Die pryse van ingevoerde ru-olie is gekoppel aan die internasionale
           markpryse wat hoog is. 
        Hoë vloeibare energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die
           ekonomie.                                                  Maks. 8
                                                                      (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                            EKONOMIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Streekontwikkeling beleide is toepaslik deur te fokus op:

  Prioritiseer werkskepping 
  Skuif werkers na waar die werk is. 
  Die afstand na die werkplek moet maklik bereikbaar wees vanwaar die
   werklose mense bly.
  Daar behoort akkommodasie naby die werkplek te wees .
  Neem van werk na werkers word beskou as die beleid wat heel waarskynlik
   die langtermyn probleme van strukturele werkloosheid en streeksverskille
   t.o.v. groei en ontwikkeling sal kan aanspreek. 
  Verlaag oorbevolking in stedelike gebiede en voorkom daarom ongewenste
   newe-effekte  bv. besoedeling, dwelmmisbruik en MIV.       Maks. 10

 SLOT

 Aanbodkantbeleide is ontwerp om ’n omgewing te skep waar besighede,
 nywerhede en markte optimaal kan funksioneer. 
 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike slot)          Maks. 2

                                                    TOTAAL AFDELING C:            40
                                                        GROOT TOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/87194943-d258-4bd9-a7a0-7e2fc3c27b6a) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
