# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/6ec60763-f0b2-425c-b5ea-9c4756b5152e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/6ec60763-f0b2-425c-b5ea-9c4756b5152e)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                         EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

       x   AFDELING A: VERPLIGTEND
       x   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       x   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik word.

 3.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 4.    Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 5.    Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

 6.    Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
       konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die
       vrae.

 7.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Meer antwoorde as die
       vereistes aantal, sal NIE nagesien word NIE.

 8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                      ECONOMICS P1                                         3

 AFDELING A (VERPLIGTEND

 VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1     Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies
         die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1        Onttrekkings van geld wat die hoeveelheid van geld in die
                      ekonomie sal verlaag word ... genoem.

                      A    geldvloei
                      B    inspuitings
                      C    lekkasies
                      D    reële vloei

         1.1.2        Probleme van openbare sektor voorsiening is:

                      A    gebrek aan rekenskap.
                      B    die handhaaf van wet en orde.
                      C    om inwoners te beskerm teen vreemde bedreigings.
                      D    om natuurlike hulpbronne te bewaar.

         1.1.3        Eksogene verduideliking van sakesiklusse koppel die
                      uitbreiding en inkrimping van ŉ ekonomie aan …

                      A    slegs aanbodfaktore.
                      B    slegs vraagfaktore.
                      C    magte buite die markstelsel.
                      D    kragte binne die markstelsel.

         1.1.4        Wanneer die regering gebruik maak van tariewe om invoere te
                      ontmoedig, word dit ... genoem.

                      A    invoervervanging
                      B    uitvoerbevordering
                      C    monetêre beleid
                      D    beskerming

         1.1.5        ŉ Organisasie bestaande uit die wêreld se ontluikende
                      ekonomieë, staan as... bekend.

                      A    Mercosur.
                      B    BRICS
                      C    SADU
                      D    Europese-unie (EU)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

         1.1.6   Hierdie syfers verskaf ŉ sistematiese rekord van nasionale
                 ekonomiese aktiwiteit.

                 A    Wêreldbank
                 B    Stelsel van nasionale rekeninge
                 C    Progressiewe persoonlike inkome
                 D    Internasionale Monetêre Fonds

         1.1.7   ŉ Beleid wat deur die SARB gedryf word om pryse te stabiliseer
                 deur inflasie te bestuur, word die ... beleid genoem.

                 A    monetêre
                 B    fiskale
                 C    internasionale handel
                 D    arbeids-

         1.1.8   ŉ Landswye regeringsinmenging om werk te skep deur
                 arbeidsintensiewe metodes te gebruik word die ... genoem.
                 A    Swart Ekonomiese Bemagtiging
                 B    Nasionale Ontwikkelingsplan
                 C    Nasionale Groeiplan
                 D    Uitgebreide Openbare Werkeprogram                   (8 x 2)     (16)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     ECONOMICS P1                                           5

 1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
         (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1    Phillips-kurwe          A   meet pryse by die eerste vlak van
                                              beduidende kommersiële transaksie,
                                              dit is waar dit die land binnekom of die
                                              fabrieksvloer verlaat

         1.2.2    Indirekte belasting     B   georganiseerde ekonomiese aktiwiteit
                                              om vervaardiging, mynwese en
                                              dienste-sektore te skep

         1.2.3    Portfolio investering   C   betaling aan inkomste-dienste word
                                              gemaak deur besigheid wat goedere
                                              verkoop, maar op die verbruiker gehef

         1.2.4    Sanksies                D   aanwysers moet bepaal word kragtens
                                              die reëls van hul samestelling

         1.2.5    Kontantreserwe          E   die waarde van een geldeenheid
                  vereiste                    kragtens ŉ ander

         1.2.6    Nywerheids-             F   ŉ amptelike bevel om handel met ŉ
                  ontwikkeling                land te stop, ten einde hulle te dwing
                                              om internasionale wette te
                                              gehoorsaam

         1.2.7    Produsente-             G   die Wet op Banke verander soms die
                  prysindeks (PPI)            saldo’s van banke om geldskepping
                                              aktiwiteite van banke te manipuleer

         1.2.8    Spesifikasie            H   koop en verkoop van aandele en
                                              skuldbriewe byvoorbeeld aandele en
                                              effekte

                                          I   illustreer die verhouding tussen
                                              werkloosheid en inflasie
                                                                                 (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Akronieme en afkortings sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   Markte vir langtermyn-finansiële instrumente byvoorbeeld effekte
                en aandele

        1.3.2   Negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee agtereenvolgende
                kwartale van die jaar

        1.3.3   Oneerlike gedrag deur persone in verantwoordelike posisies

        1.3.4   Die doelbewuste daling in die waarde van ’n geldeenheid as gevolg
                van regeringsinmenging

        1.3.5   Note en munte in omloop en vraagdeposito’s van die plaaslike
                privaatsektor

        1.3.6   ŉ Stuk land wat ŉ gang/deurgang bied van een gebied na ŉ ander
                                                                          (6 x 1)       (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    ECONOMICS P1                                           7

 AFDELING B
 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1       Noem enige TWEE metodes om ŉ BBP te bereken.                 (2 x 1)            (2)

        2.1.2       Hoe kan uitvoerbevordering die betalingsbalans onewewigtigheid
                    regstel?                                                  (1 x 2)               (2)

 2.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

  Prysvlak %
                               TV1

                        TV
                                                                         TA

                                                                                 TA1
                                                            A

                P                                     B            C

                                                                                        TV1

                        TA                                                       TV

                             TA1

                    0                                H            H1
                                                                         Reële uitset

        2.2.1       Wat word in bostaande grafiek geïllustreer?                               (1)

        2.2.2       By watter punte sal inflasie voorkom?                                     (1)

        2.2.3       Beskryf die begrip nuwe ekonomiese paradigma kortliks.                    (2)

        2.2.4       Wat sal met die uitset gebeur as aanbod nie reageer op die
                    veranderinge in vraag nie?                                                (2)

        2.2.5       Hoe sal die regering produksiekoste verlaag om die aanbodkant
                    van die ekonomie te stimuleer?                           (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.3     Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1       Wat word in bostaande diagram voorgestel?                               (1)

         2.3.2       Watter deelnemer is die hoofverbruiker in die ekonomie?                 (1)

         2.3.3       Omskryf kortliks die begrip ‘ekonomiese kringloop’.                     (2)

         2.3.4       Bespreek die rol van die faktormark in die ekonomiese
                     kringloop.                                                              (2)

         2.3.5       Hoe beïnvloed die vermenigvuldiger-effek die regering ten
                     opsigte van die neem van besluite?                       (2 x 2)        (4)

 2.4     Onderskei tussen spesialisasie en keuse as argumente ten gunste van
         vryhandel.                                                      (2 x 4)             (8)

 2.5     Hoe gebruik die regering die fiskale beleid om die ekonomie te beperk?
                                                                         (4 x 2)            (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 ECONOMICS P1                                            9

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                             40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE aansporings wat die Suid-Afrikaanse regering
                gebruik om nywerheidsontwikkeling te verhoog           (2 x 1)              (2)

       3.1.2    Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan ŉ beter lewe vir almal
                verseker?                                                  (1 x 2)          (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                      COEGA NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE (NOS)

       Die Coega NOS is geleë naby Nelson Mandela-baai in Suid-Afrika se voorste
       investering gebied vir nywerhede met ŉ globale perspektief. Coega het
       sukses behaal met die lok van ŉ gesonde mengsel van beide plaaslike en
       internasionale investeerders.

                                                       [Aangepas uit www.coega.co.za]

        3.2.1    Wat was die regering se doel met die totstandkoming van
                 nywerheidsontwikkelingsones (NOSe)?                                        (1)

        3.2.2    Noem enige diens wat deur Oos-Londen se NOS verskaf word.                  (1)

        3.2.3    Omskryf die begrip ‘nywerheidsontwikkelingsone’.                           (2)

        3.2.4    Verduidelik waarom die NOS as ’n belastingvrye aansporing
                 beskou word.                                                               (2)

        3.2.5    Hoekom was NOSe nie baie suksesvol sedert hulle ontstaan in
                 Suid-Afrika nie?                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.3    Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

        Vandag, lewe ongeveer die helfte van Suid-Afrika onder die armoedelyn en
        oorleef op net meer as R500 per maand, ŉ verbetering aangesien dit die geval
        was vir die meeste van die bevolking. Ja, daar was ŉ afname in armoede oor
        tyd – maar duidelik nie genoeg nie. En dit is slegs ’n gedeelte van die dilemma
        wat Suid-Afrika in die gesig staar, want terwyl armoede-vlakke daal, het
        ongelykheid toegeneem en die gaping tussen die ‘hê’ en ‘nie-hê-nie’ raak net
        groter.

        3.3.1   Wat word in bogenoemde spotprent voorgestel?                                    (1)

        3.3.2   Noem enige aspek wat gebruik word om die vlak van ’n land se
                ontwikkeling aan te dui.                                                        (1)

        3.3.3   Verduidelik kortliks die begrip ‘Noord/Suid verdeel’.                           (2)

        3.3.4   Verduidelik kortliks enige uitdaging van globalisasie tussen die Noord
                en die Suid.                                                                    (2)

        3.3.5   Hoe kon lande in die Suid die inkome-gaping oorbrug wat Noord en
                Suid verdeel?                                                                   (4)

 3.4    Verduidelik werkverskaffing as ’n ekonomiese aanwyser kortliks.          (4 x 2)        (8)

 3.5    Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering se aansporings ten opsigte van
        die stimulering van nywerheidsontwikkeling?                           (4 x 2)           (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  ECONOMICS P1                                                11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1    Noem enige TWEE dienste wat deur die regering beskou word as
                 noodsaaklik om mense se lewenstyl, asook die vlak van
                 ekonomiese en sosiale ontwikkeling te verbeter.        (2 x 1)                  (2)

        4.1.2    Hoe kan plaaslike syfers na nasionale syfers omgeskakel word?
                                                                           (1 x 2)               (2)

 4.2    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                   BETALINGSBALANS
        (R Miljoene)
        Lopende rekening                    2015             2016               2017
        Goedere uitvoer                   970 623         1 058 032          1 108 322
        Netto goud uitvoere                59 521           66 762             66 411
        Ontvangste vir dienste            191 605          210 865            210 238
        Ontvangste vir inkome              98 016           87 773             81 637
        - Goedere invoer                 1 076 290        1 090 089          1 105 876
        - Betaling vir dienste            197 643          218 830            215 544
       - Betaling vir inkome              198 382          208 243            225 201
        Lopende oordragte                 -33 533          -27 458            -38 303
        Saldo op lopende rekening        -186 084         -121 188           -114 317
                                            [Bron: SARB Kwartaallikse Bulletin, Maart 2018]

        4.2.1    Gedurende watter jaar het Suid-Afrika die grootste handelstekort in
                 die handelsbalans getoon?                                                       (1)

        4.2.2    Watter rekening in die betalingsbalans toon die syfers van die
                 handelsbalans aan?                                                              (1)

        4.2.3    Omskryf die begrip ‘handelsbalans’.                                             (2)

        4.2.4    Wat kan Suid-Afrika doen om die uitvoer van goedere positief te
                 beïnvloed?                                                                      (2)

        4.2.5    Hoe word die ekonomie positief beïnvloed deur internasionale
                 handel?                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.3    Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

        Wanvoeding bly ŉ probleem in Suid-Afrika, alhoewel dit nie so endemies is
        soos in ander lande nie. 15% van Suid-Afrikaanse babas word gebore met
        ŉ lae gewig by geboorte en 5% van Suid-Afrikaanse kinders is ondergewig.

                                                                           [Bron: Eksaminator]

        4.3.1        Identifiseer die sosiale aanwyser wat hierbo aangetoon word.                 (1)

        4.3.2        Noem enige oorsaak van wanvoeding in Suid-Afrika.                            (1)

        4.3.3        Verduidelik kortliks die begrip ‘sosiale aanwyser’.                          (2)

        4.3.4        Watter planne en strategieë was deur die regering ingestel om
                     die algehele gesondheid verwante sake aan te spreek?                         (2)

        4.3.5        Hoe kan onderwys armoede in Suid-Afrika verminder?               (2 x 2)     (4)

 4.4    Onderskei tussen aansporings en subsidies as metodes van
        uitvoerbevordering.                                                           (4 x 2)     (8)

 4.5    Evalueer die belangrikheid van produktiwiteit as ŉ ekonomiese aanwyser.
                                                                          (4 x 2)                 (8)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  ECONOMICS P1                                                 13

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                    PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                  TOEKENNING:
 Inleiding                                                                           Maks. 2
 Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
 x ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
     verband hou, te definieer.
 x Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 x Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 x Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Bespreek               Maks. 26
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
                                                                                      Maks. 10
 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Trek ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
 Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 x ŉ Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
      alreeds genoem is, te herhaal
 x Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
                                                                                      Maks. 2
 x Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 x ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 x Aanbevelings
 TOTAAL                                                                                   40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 x Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat.             (26 punte)
 x Hoe suksesvol die regering was om openbare sektor mislukking te verminder.
                                                                      (10 punte)                   [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

 x    Bespreek die aanbodkant benadering om groei en ontwikkeling in Suid-Afrika te
      bevorder, onder hoofde van die volgende subhoofde:
      ¾ Doeltreffendheid en effektiwiteit van mark
      ¾ Doeltreffendheid van besighede
      ¾ Die koste om besigheid te doen                                  (26 punte)

 x    Evalueer die toepaslikheid van Suid-Afrika se streekontwikkelings-beleide.
                                                                      (10 punte)                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                     GROOTTOTAAL:                  150
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/87194943-d258-4bd9-a7a0-7e2fc3c27b6a) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-english/4bded7c3-f717-49ba-8ceb-612b8e43eddd) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 MEMO SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-memo-sept-2018-english/b620ea39-e03a-4808-91b0-a06a2f306e46) — Economics · Memo · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Eng R](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-eng-r/fb418164-fee3-4df0-aadc-178e890984ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
