# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                 NOVEMBER 2017

                   EKONOMIE V2
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2017)

    AFDELING A (VERPLIGTEND)

    VRAAG 1

    1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1       B   Inkomste-elastisiteit 

          1.1.2       A   absoluut 

          1.1.3       A   oligopolieë 

          1.1.4       C   totaal 

          1.1.5       C   swartmark 

          1.1.6       B   Frankryk 

          1.1.7       A   kapitalisme 

          1.1.8       B   ultravioletstrale                                      (8 x 2)   (16)

    1.2   PASITEMS

          1.2.1       H   (die verwantskap tussen prys van die een produk en die
                          gevolglike verandering in die hoeveelheid gevra van ŉ ander
                          produk.) 

          1.2.2       A   (produk wat in samewerking met ŉ ander gebruik word) 

          1.2.3       G   (maak soveel wins as moontlik) 

          1.2.4       B   (tydperk waarin ŉ produsent al sy produksiefaktore kan
                          verander) 

          1.2.5       C   (moeilikheid ervaar deur mense om te oorleef) 

          1.2.6       D   (ŉ belasting gehef op invoere) 

          1.2.7       E   (die permanente vernietiging van boslande) 

          1.2.8       F   (koste van voordeel van ŉ produk of diens wat nie na derde
                          partye verander word nie)                              (8 x 1)    (8)

    1.3   1.3.1       Eenheidelastisiteit 

          1.3.2       Integrasie 

          1.3.3       Samespanning 

          1.3.4       Volhoubaarheid 

          1.3.5       Buitelandse direkte investering 

          1.3.6       Vryhandel                                                   (6 x 1)   (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           EKONOMIE V2                                        3

  AFDELING B

  VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

  2.1    2.1.1       Lys enige TWEE eienskappe van nut.

                        Dit is abstrak. 
                        Dit is subjektief 
                        Verskil van persoon tot persoon 
                        Verskil van een situasie tot ŉ ander                 (2 x 1)    (2)

         2.1.2       Hoe gebeur onvolmaakte markstrukture?

                     Onvolmaakte markte gebeur wanneer een van die toestande van
                     volmaakte markte nie bereik word nie. 
                     (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                  (2)

  2.2    Datarespons

         2.2.1       Identifiseer ŉ private monopolie uit die uittreksel.

                     Suid-Afrikaanse Brouery                                             (1)

         2.2.2       Identifiseer EEN eienskap van ŉ monopolie uit die uittreksel.

                     Daar is een verkoper / verskaffer van die produk.                   (1)

         2.2.3       Verduidelik kortliks ŉ natuurlike monopolie.

                     ŉ Monopolie wat met hoë kapitaalkoste/geografiese ligging /
                     geen nabye plaasvervangers het nie.                                 (2)

         2.2.4       Wanneer word ŉ produk ŉ substituutproduk genoem?

                     Is wanneer ŉ substituutproduk in die plek van ŉ ander produk
                     gebruik word.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2017)

          2.2.5 Hoe word mededingers verhoed om hierdie mark te betree?

                Hulle word verhoed deur:
                 Natuurlike struikelblokke soos alleeneienaarskap van natuurlike
                  hulpbronne soos die besit van ŉ diamantmyn. 
                 Ekonomiese skaal voordele wat groot voordele vir bestaande
                  maatskappye bied. Groot maatskappye het natuurlike voordeel
                  teenoor klein ondernemings. 
                 Regering kan toetrede tot mark verhoed deur lisensiëring. 
                 Patentregte wat die innoveerder eksklusiewe regte gee om ŉ
                  produk te vervaardig solank die patentregte geldig is. 
                                                                            (2 x 2)       (4)

    2.3   Datarespons: grafiek

          2.3.1 Voorsien byskrifte vir die kurwes ‘a’ en ‘b’

                A – totale inkomste 
                B – gemiddelde inkomste                                                  (2)

          2.3.2 Verduidelik kortliks die term marginale inkomste.

                Dit is die ekstra inkomste ontvang deur een ekstra eenheid te
                verkoop.                                                                (2)

          2.3.3 Hoe word die waarde van ‘b’ bereken?

                                          Totale inkomste 
                Gemiddelde inkomste =
                                        Hoeveelheid verkoop                              (2)

          2.3.4 Wat is die verhouding tussen kurwe ‘a’ en marginale inkomste?

                Wanneer grenskoste positief is, sal die totale inkomste styg, 
                wanneer die grensinkomste-kurwe die horisontale as sny, is
                MI = 0, wanneer MI negatief is, sal TI begin daal.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           EKONOMIE V2                                     5

  2.4    Verduidelik interafhanklikheid van firmas en nie-prysmededinging as
         eienskappe van ŉ oligopolie.

         Wedersydse afhanklikheid
          Een verkoper se aksie sal die ander verkoper se aksie beïnvloed. 
          Elke firma is bewus van die ander se aksie omdat die mark deur ŉ paar
           firmas beheer word bv. motors.                                    (4)

         Nie-prysmededinging
          Oligopoliste is huiwerig om pryse te verander, dit is om prysoorloë te
            voorkom. 
          Hulle maak gebruik van ander maatreëls om kliënte te lok en hul
            markaandeel te verhoog,  byvoorbeeld naverkoopdiens, bou
            handelsmerklojaliteit ens.                                           (4)       (8)

  2.5    Verduidelik met behulp van ŉ grafiek die verband tussen toename in
         verbruik, totale nut en grensnut.

         Nut/Utiliteit 
                        90

                       80                           TI

                       70

                       60

                       50

                             0   1   2   3    4    5       6    7
                                                              Hoeveelheid verbruik 
                                                           GN 
                                                                              Maks. 4

         Verduideliking van grafiek
          Aangesien die eenhede vermeerder word, neem die totale nut teen ŉ
            laer koers toe  terwyl marginale nut teen ŉ vinnige koers
            verminder. 
          Die totale nutkurwe se helling is opwaarts en die totale marginale nut
            kromme is afwaarts. 
          Soos verbruik aanhou tot by eenheid 5, word marginale nut negatief
            terwyl totale nut verminder. 
            (Aanvaar enige relevante korrekte verduideliking.)              Maks. 4        (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2017)

    VRAAG 3

    3.1   3.1.1   Lys enige TWEE lidlande van die SAOG.

                  Angola;  Botswana;  Demokratiese Republiek van die Kongo; 
                  Lesotho;  Madagaskar;  Malawi;  Mauritius;  Mosambiek; 
                  Namibië;  Seychelle;  Suid-Afrika;  Swaziland; 
                  Verenigde Republiek van Tanzanië;  Zambië;  Zimbabwe
                                                                          (2 x 1)           (2)

          3.1.2   Watter impak het MIV/Vigs op armoede?

                  MIV/Vigs affekteer mense wie nog steeds werk tussen die
                  ouderdom van 20–45. Dit lei tot ŉ drastiese daling in inkomste, wat
                  lei tot armoede. 
                  (Aanvaar enige korrekte antwoord.)                                        (2)

    3.2   Datarespons

          3.2.1   Vanuit die spotprent identifiseer TWEE voorwaardes wat ryk
                  lande kan verbind om wêreld-armoede te verminder.

                   Moet niks verander nie. 
                   Moenie verhoed dat die ryk wêreld die globale ekonomie
                    domineer nie.                                                          (2)

          3.2.2   Verduidelik kortliks relatiewe armoede.

                  Relatiewe armoede is wanneer iemand relatief arm is in
                  vergelyking met die wat meer het in die gemeenskap waarin hy
                  woon.                                                                   (2)

          3.2.3   Verduidelik werkloosheid as ŉ oorsaak van armoede.

                  Sonder ŉ redelike inkomste, kan mense nie hulle basiese
                  behoeftes bevredig nie, kinders kan nie skool bywoon nie, en
                  hierdie gebrek aan inkomste veroorsaak meer armoede. 
                  (Aanvaar enige redelike korrekte antwoord.)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           EKONOMIE V2                                          7

          3.2.4      Hoe dink jy kan armoede verlig word?

                     Armoede kan verlig word deur:

                      Voorsien gratis onderwys en beurse aan die armes omdat
                       onderwys ŉ magtige instrument is om armoede te verlig. 
                      Voorsien basiese dienste en ander nie-finansiële oordragte in
                       die vorm van maatskaplike lone en toelaes. 
                      Voorsien toegang tot grond, behuising en kapitaal, insluitend
                       openbare infrastruktuur. 
                      Ekonomiese geleenthede moet geskep word om te verseker
                       dat die ekonomie geleenthede vir arm huishoudings genereer
                       om beter inkomste te verdien. 
                       (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)              (2 x 2)    (4)

  3.3     Datarespons

          3.3.1      Identifiseer TWEE faktore wat die meeste tot gronderosie
                     bydra.

                      Oorbeweiding 
                      Ontbossing                                                          (2)

          3.3.2      Hoe kan tegnologiese innovasie gebruik word om die
                     omgewing te beskerm?

                      Vervang fossielbrandstowwe met volhoubare energiebronne
                       soos wind-getybeweging, golfbewegings, son-energie, hidro-
                       energie 
                      Ontwikkel stelsels om afval in alle vorme te verminder, soos
                       herwinning of die produksie van by-produkte. 
                      Voorsien spesifikasies aan produkontwikkelaars om substituut-
                       produkte wat omgewingsvriendelik is te produseer.  (2 x 2)         (4)

          3.3.3      Hoe kan landbou tot grondagteruitgang bydra?

                        Deur die land oor en oor te gebruik sonder enige rusperiodes
                         tussenin. 
                        Wanneer die plaasgrond geploeg word, word die blootgestelde
                         boonste grond dikwels deur die wind weg gewaai of deur
                         reën weggespoel. 
                         (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2017)

    3.4   Verduidelik die verbetering van kommunikasie en tegnologie as ŉ
          oorsaak van globalisering.

          Verbetering van kommunikasie en tegnologie

           Die ontwikkeling van kommunikasie en tegnologie het lande regoor die
            wêreld in staat gestel om verbind te wees. 
           Internet en mobiele tegnologie het toegelaat dat verskillende lande meer
            kan kommunikeer 
           Dit vind plaas deur die gebruik van landlyne, satelliete en kabels onder
            water.
           Die spoed waarteen hierdie inligting versprei word het ook verbeter. 
           Die gebruik van moderne tegnologie soos Skype maak dit moontlik vir
            mense in verskillende lande om mekaar op die skerm van die rekenaar
            te sien. 
           Inligting Kommunikasie Tegnologie het die wêreld klein gemaak 
            (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)                       (2 x 4)    (8)

    3.5   Watter uitdagings sal die samelewing in die gesig staar as die
          regering nie ingryp om armoede te verlig nie?

          Die gemeenskap sal die volgende uitdagings in die gesig staar

           Baie mense sal nie hulle basiese behoeftes kan bevredig nie. 
           Min mense sal opgevoed word 
           Dit sal veroorsaak dat die land nie genoeg vaardighede het vir die groei
            en ontwikkeling van die ekonomie nie. 
           Daar sal meer misdaad wees. 
            (Aanvaar enige relevante antwoorde.)                                          (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                            EKONOMIE V2                                     9

  VRAAG 4
  4.1     4.1.1      Lys enige TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne

                        Woude 
                        Visse 
                        Herwinbare water 
                        Suurstof 
                         (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)               (2 x 1)    (2)
          4.1.2      Waarom is die hoeveelheid wat aangevra word van gewoonte-
                     artikels, prys-onelasties?
                     Dit is omdat verbruikers gewoond is om hierdie produkte te gebruik
                     en hulle glo dat hulle nie sonder dit kan oorleef nie. 
                     (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)                              (2)

  4.2     Datarespons: Spotprent

          4.2.1      Gee TWEE kontinente in die uittreksel genoem.
                          (Wes-) Europa 
                          Afrika                                                             (2)
          4.2.2      Verduidelik kortliks die term per capita inkomste
                      Dit is inkomste per kop in die bevolking  OF
                      Is die nasionale inkomste van ŉ land gedeel deur sy bevolking         (2)
          4.2.3      Onderskei tussen ryk en arm lande in terme van die vlak van
                     ontwikkeling.

                     Ryk lande is ontwikkelde lande  terwyl arm lande minder ontwikkeld
                     is of ontwikkelende lande is.                                            (2)
          4.2.4      Hoe dink jy kan ongelykhede tussen ryk en arm lande verminder
                     word?
                     Ongelykhede kan verminder word deur:

                        Nooi ryk lande uit om in arm lande te investeer 
                        Deel van inligting oor onderwys en gesondheidskwessies 
                        Bevorder industrialisering in ontwikkelende lande 
                        Die bekendstelling van beleide soos uitvoerbevordering en invoer
                         vervanging 
                     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)                  (2 x 2)     (4)

  4.3     Datarespons: Grafiek

          4.3.1      Voorsien die korrekte byskrif vir kurwe ‘a’

                     Vraagkurwe                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2017)

         4.3.2       As die prys sou styg van 10 tot 15, wat is die hoeveelheid
                     goedere wat aangevra sou word?

                     50 eenhede                                                              (1)

         4.3.3       Verduidelik kortliks pryselastisiteit van vraag vir luukse
                     goedere

                        Luukse goedere is pryselasties omdat hulle op
                         prysveranderinge reageer. 
                        ŉ Prysstyging in luukse goedere sal tot ŉ groot daling in
                         hoeveelhede lei omdat dit nie noodsaaklik is nie        (2 x 2)     (4)

         4.3.4       Gebruik die inligting vanuit die grafiek, bereken en dui aan die
                     soort pryselastisiteit van vraag

                     PEV = % verandering in hoeveelheid aangevra
                                  % verandering in prys
                         =      50/50 x100  = 100
                                5/15 x 100        33,3
                                                = 3  Relatiewe elastiese vraag              (4)

 4.4     Bespreek tyd en beskikbaarheid van arbeid as faktore wat
         pryselastisiteit van aanbod bepaal

         Tyd wat geneem word om te produseer

          Die kapasiteit van produsente is vasgestel op die korttermyn. 
          Hulle kan nie meer produkte oornag vervaardig nie. 
          Daarom is die aanbod meer onelasties op die korttermyn.  (Enige 2)

         Beskikbaarheid van arbeid

          As produsente ongeskoolde arbeiders gebruik is dit maklik vir hulle
           om by prysveranderinge aan te pas. 
          As produsente produksie wil verhoog sal dit makliker wees om
           ongeskoolde arbeiders aan te stel as geskoolde werkers. 
          Daarom is aanbod meer elasties as produksie ongeskoolde arbeid
           benodig aangesien daar ŉ tekort aan geskoolde arbeid in Suid Afrika
           is. 
                                                                          (Enige 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                     11

 4.5      Watter probleme sal ervaar word in die ekonomie as niehernieubare
          hulpbronne oormatig gebruik word?

          Baie probleme sal ervaar word as nie-hernieubare hulpbronne oormatig
          gebruik word:

           Niehernieubare hulpbronne is meesal natuurlike hulpbronne wat nie
            meer as een keer gebruik kan word nie bv. olie, steenkool, minerale,
            natuurlike gas. 
           Word meesal deur die sekondêre sektor vir vervaardiging gebruik. 

          Die oorgebruik van hulpbronne sal:
           Lei tot uitputting van hierdie hulpbronne en daarom die
            vervaardigingsektor negatief affekteer. 
           Lei tot afname in ekonomiese aktiwiteite. 
           Lei tot aflegging en werkverliese wat in die ekonomie ervaar word 
           Oormatige lugbesoedeling veroorsaak as gevolg van ontginning van
            hulpbronne. 
           Suurreën veroorsaak wat tot globale verwarming lei.                       (8)
                                                                                       [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2017)

     AFDELING C

     Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
     ANTWOORDEBOEK.

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                             PUNTE-
                                                                    TOEKENNING
     Inleiding                                                        Maks. 2
     Liggaam
     Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
     bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/
     Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
     Debatteer                                                         Maks. 26

      Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/
     Evalueer/Evalueer Krities/teken ŉ grafiek en verduidelik/
     Gebruik ŉ grafiek en verduidelik /Voltooi die gegewe
     grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
     Interpreteer/Debatteer kortliks                                   Maks. 10
     Slot                                                              Maks. 2
     TOTAAL                                                            Maks. 40

     VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                40 PUNTE – 40 MINUTE

     Een van die belangrikste funksies van ŉ mark is om te verseker dat die
     regte produk op die regte tyd geproduseer word.

      Met verwysing na die bogenoemde stelling, verduidelik die vraagkant
       verhoudinge met behulp van grafieke en voorbeelde.
      Waarom is dit belangrik dat die produktemark oorweeg wat daar in die
       faktormark gebeur?

     INLEIDING

     ŉ Vraagverhouding vind plaas wanneer twee of meer goedere en dienste op
     dieselfde tyd gevra word omdat hulle saam gebruik word. 

     (Aanvaar enige relevante inleiding.)

     LIGGAAM

     Daar is twee soorte vraag verhoudings: substituut en komplementêre. 

     Substituut

      ŉ Substituutproduk is ŉ produk wat gebruik word in die plek van ŉ ander
       produk. 
      Sekere produkte het spesifieke verhoudings wat vraag gaan beïnvloed. 
      Byvoorbeeld: as jy beesvleis wil koop maar dit is te duur, dan sal jy geneig
       wees om die goedkoper alternatief te koop, bv. hoender. In hierdie geval is
       die hoender die substituutproduk. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                       13

         PRYS VAN BEESVLEIS                                        VRAAG NA HOENDER

 Prys                                            Prys

           V                      A1                              V1                  A

                                            A             V

  P1                                             P1 

                                                   P                                            V1

     P    A1                      V                                                   
                                                               A                       V

                   A
                       H1     H                                           H     H1

                Hoeveelheid beesvleis                               Hoeveelheid hoender

 Maksimum 4 punte vir elke grafiek (Kyk na regmerkies)

 VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK

 Prys van beesvleis

        Die prys van beesvleis sal van P tot P1 styg a.g.v. ŉ daling in aanbod (aanbodkurwe
         sal skuif van AA na A1A1). 
        Dit lei tot ‘n daling in die hoeveelheid en vraag na beesvleis van H na H1. 

 Vraag na hoender

        Die vraag na die substituutproduk, naamlik hoender, styg vanaf VV na V1V1. 

        Omdat daar ‘n toename in vraag is, sal die prys ook van P na P1 styg. 

 Dit impliseer dat ‘n toename in die prys van een produk sal lei tot ‘n toename in die vraag na
 substituutprodukte. 
                                                                                        Maks 13

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      EKONOMIE V2                                     (EC/NOVEMBER 2017)

 Komplementêre

 Produkte is komplementêre produkte wanneer hulle saam gebruik word om ŉ behoefte
 te bevredig  bv. tee en melk. 

               PRYS VAN TEE                                   DIE VRAAG NA MELK

                                                      Prys

 Prys                            A1                                                            A

                  V                           A

                                                           V1        V

     P1                                               P

     

      P      A1                                       P1                                  

                                        V                                                                   V

                        A                                         A                       V1

                         H1      H                                         H1       H

                      Hoeveelheid tee                                 Hoeveelheid melk

 Puntetoekenning (Maksimum 4 vir elke grafiek)

 VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK

 Prys van tee

  Die prys van tee styg as gevolg van ŉ daling in die aanbod. 
  Aanbodkurwe sal skuif van AA tot A1A1,  Die prys van tee styg van
   P tot P1, 
  Hoeveelheid aangevra vir tee daal van H tot H1, 

 Die vraag na melk

         Die styging in die prys van tee sal ŉ daling in die vraag na melk
          veroorsaak. 
         Mense gaan minder tee koop, daarom sal hulle minder melk benodig. 
         Dit veroorsaak dat die vraagkurwe (VV) na links skuif tot by V1V1, en die
          hoeveelheid aangevra sal daal van H tot H1 en die prys sal daal van
          P tot P1. 

 Vir komplementêre goedere, wanneer die prys van die een produk styg, sal die
 vraag na komplementêre produkte daal. As die prys van een produk daal sal die
 vraag na komplementêre produkte styg.                              (Maks. 13)                     (26)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          EKONOMIE V2                                15

 ADDISIONELE GEDEELTE

    Die faktormark is ŉ mark waar die produksiefaktore gekoop en verkoop
     word. 
    Die produktemark is ŉ mark waar goedere en dienste gekoop en verkoop
     word 
    Die produktemark is afhanklik van die faktormark vir die beskikbaarheid van
     die produksiefaktore. 
    Wanneer die aanbod van een produksiefaktor verander sal dit beide die
     faktormark en produktemark beïnvloed. 
    ŉ Verandering in die aanbod van velle sal die velle mark negatief beïnvloed
     omdat daar minder velle aangebied word. 
    Dit sal skoenvervaardigers beïnvloed en daar sal minder skoene en sakke
     beskikbaar wees in die produktemark vir skoene en sakke. 
    Wanneer die vraag na skoene in die produkmark vermeerder sal die vraag na
     produksiefaktore in die faktormark ook styg.                                  (10)

 SLOT

 Dit is belangrik dat die produk- en faktormark nou saamwerk en mekaar verstaan
 omdat hulle afhanklik is van mekaar; die een kan nie sonder die ander bestaan
 nie. 

 (Aanvaar enige relevante korrekte slot.)                                             (2)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 6

 Die omgewing is ŉ waardevolle bate waarsonder die ekonomie en die
 samelewing nie kan oorleef nie.

  Bespreek die verskeie benaderings tot die volhoubaarheid van die
   omgewing.

  Watter rol kan die regering speel om die omgewing te probeer red van
   aardverwarming?

 INLEIDING

 Die omgewing is al die lewende en nie-lewende organismes wat natuurlik op die
 aarde is insluitend die atmosfeer, water, grond, minerale, plante en diere.
 Volhoubaarheid beteken om die omgewing op ŉ korrekte manier te bestuur. 

 (Aanvaar enige relevante inleiding.)                                                    (2)

 LIGGAAM

 Omgewingsbestuur-benaderings

 Die Suid-Afrikaanse regering het wette goedgekeur vir omgewingsbestuur as sy
 bydrae tot die volhoubaarheid van die omgewing. Sommige van die wette is soos
 volg: 

 Die Wet op Geïntegreerde Kusbestuur,Wet 24 van 2008: wat verantwoordelik is vir
 die volhoubaarheid van water en oseane. 

 Die Wet op Luggehalte, Wet 39 van 2004: die volhoubaarheid van die
 atmosfeer. 

 Die Wet op Beskermde Gebiede, Wet 57 van 2003: die volhoubaarheid van die
 grond. 

 Private eiendomsregte

 Mense gee gewoonlik nie om vir dinge wat hulle nie besit nie.  Die regering
 probeer om hierdie probleem op te los en gee aan hulle eiendomsregte. Dit
 verander mense se houding en hulle gebruik die grond versigtig en effektief. 

 Fokus op eksternaliteite 

 Eksternaliteite is wanneer die koste of voordele van ŉ aktiwiteit oorgaan na derde
 partye,  bv. wanneer kinders naby ŉ steenkoolkragstasie asma kry as gevolg van
 die rook. 

 Dit bring addisionele sosiale koste vir die inwoners wat nou mediese koste betaal
 vir die negatiewe eksternaliteite (rook). 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                     17

 Oordrag en beheerstelsels 

 Hierdie strategie handel oor die omgewingkwessies wat staatmaak op wetgewing,
 voorgeskrewe wetgewing en streng handhawing van nakoming,  bv. laat sekere
 vlakke van gasvrystellings toe. 

 Vrywillige omgewingsooreenkomste: 

 Hierdie benadering laat organisasies toe om omgewingswette en regulasies
 vrywilliglik na te kom. ŉ Organisasie wat omgewingsbestuurstelsels ontwerp en
 implementeer.  Dit word gesertifiseer deur die beherende liggaam en word
 gereeld geouditeer om seker te maak dat hulle aan omgewingsregulasies
 voldoen. 

 Omgewingskostes, -belasting en -subsidies  Hierdie benadering gebruik die
 markmeganisme se ekonomiese inisiatiewe om hulle doelwitte in die
 omgewingsbestuur te bereik.  Plaaslike owerhede in Suid-Afrika implementeer
 omgewingskoste op verbruikers, besighede en ander organisasies op riool-
 verwydering en rommelversameling. 

 Ekostelselbenadering 

 Hierdie benadering poog om die hele stelsel in besluitneming te oorweeg in plaas
 van om te reageer op spesifieke kwessies en uitdagings.  Die
 besluitnemingsproses sal ŉ kollektiewe benadering wees wat belanghebbendes
 van die regerings- departemente, verteenwoordigers van industrieë en
 omgewingsgroepe en gemeenskappe. 

 Opvoeding 

 Mense hou daarvan om tot die beskerming van die omgewing by te dra as hulle
 meer weet van die gevolge van hulle aksies en die vernietiging wat deur die
 omgewings-agteruitgang veroorsaak sal word. 

 Bestuur van menslike verbruik benadering 

 Mense is die grootste bydraer tot omgewingsagteruitgang  Die verbruikers sal
 minder hulpbronne gebruik wat tot minder produksie-uitsette lei en minder
 afval.  Hierdie benadering sluit die opvoeding van mense in om hulle individuele
 leefstyl en verbruikspatrone te verander.                                           (26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Gemeenskappe kan die volgende doen:

  Leer oor globale verwarming. Dit is belangrik om bronne te vind en te gebruik
   wat nie die omgewing gaan besoedel nie 
  Vermy veldbrande omdat dit lei tot die vrystelling van CO2. 
  Erken die gevolge van globale verwarming en inspireer veranderinge 
  Spaar krag, bv. skakel die ligte af as daar niemand in die vertrek is nie. 
  Elimineer verkwistende aktiwiteite gedurende tuinmaak 
  Speel die rol van ŉ omgewingsaktivis. 
  Oorreed mense naby jou om krag te spaar bv. herwin; dit spaar krag in
   vervaardiging.                                                                   (10)

 SLOT

 Beskerming van die omgewing teen globale verwarming is ŉ onselfsugtige en
 edele daad. Dit is baie belangrik sodat toekomstige generasies ook die omgewing
 kan geniet wat ons nou geniet en selfs beter. 

 (Aanvaar enige relevante slot.)                                                       (2)

                                                          TOTAAL AFDELING C:           40
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
