# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2018

                      EKONOMIE V2
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V2                                  (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
     1.1.1   B      1 500
     1.1.2   A       veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
     1.1.3   C      in dieselfde rigting beweeg as prys

     1.1.4   D      koers van ontwikkeling

     1.1.5   A      totale bevrediging verkry deur alle nut bymekaar te tel
     1.1.6   A       wanneer toegelaat word dat landbou-afloop lei tot die uitroei en
                       doodmaak van vis stroomaf
     1.1.7   D      volhoubare bestuur aan te moedig en woude te ontwikkel en te
                      beskerm

     1.1.8   B      subsidiëring van produsente om meer vir uitvoer te produseer
                                                                              (8 x 2)           (16)

1.2 PASITEMS

     1.2.1   H       vind plaas wanneer ’n besigheid se kostes sy inkome oorskry
     1.2.2   E       hindernisse beskerm hulle teen mededinging van ander
                      besighede
     1.2.3   A       vind plaas wanneer ekonomieë besluit om saam te werk
     1.2.4   F       meet die reaksie van vraag tot die verandering in inkome
     1.2.5   B       ’n buitelandse maatskappy investeer in besighede in ander lande
                      se fisiese bates
     1.2.6   G       uitbuiting van natuurlike hulpbronne sonder om die ekologiese
                      balans in ’n gebied te versteur
     1.2.7   C       paar groot verkopers oorheers die mark
     1.2.8   J       mense gee om vir flora en fauna indien hulle die regte gegee
                      word om dit te besit                                      (8 x 1)          (8)

1.3 1.3.1    Skaalvoordele 

     1.3.2   Monopolistiese kompetisie 

     1.3.3   Armoedestrik 

     1.3.4   Korttermyn 

     1.3.5   Besoedeling 

     1.3.6   Gini-koëffisiënt                                                        (6 x 1)     (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                        EKONOMIE V2                                       3

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 2.1.1      Noem TWEE voorbeelde van vaste koste.
               Huur 
               Lone en salarisse 
               (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                            (2 x 1)      (2)

      2.1.2    Wat sal ’n produsent aanmoedig om voort te gaan om sy
               produksie te laat toeneem?
               Besighede sal wil produseer waar die addisionele inkome wat hul
               ontvang vir elke eenheid, gelyk is aan die addisionele produksiekoste
               van die eenheid                                                           (2)

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      2.2.1    Wat is die impak op die prys en hoeveelheid deur die skuif van
               die aanbodkurwe van AA na A1A1?
               Styging in prys van petrol  en ’n daling in hoeveelheid gevra             (2)

      2.2.2    Verduidelik die frase omgekeerde verhouding.
               Soos een veranderlike daal, styg die ander                                (2)

      2.2.3    Wat kan die oorsaak wees van ’n skuif van die aanbodkurwe van
               AA na A1A1?
                Globale resessie 
                Styging in die prys van steenkool 
                Depresiasie van die geldeenheid 
               (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                                 (EC/NOVEMBER 2018)

      2.2.4   Teken die grafiek van die komplementêre produk (vir petrol) en
              toon aan wat die reaksie sal wees.

                     Prys van   V                           A
                     motors
                            

                                V1
                                               E
                          P

                          P1             E1

                                                       

                                                                     V
                                                          V1
                                                                

                                          H1       H        Hoeveelheid

                                                                                                (4)

2.3 DATARESPONS

      2.3.1   Noem enige TWEE kenmerke van ’n oligopolie volgens die
              uittreksel.
               Produkte is soortgelyk en word verkoop deur ’n paar vervaardigers 
               Produkte het handelsmerke a.g.v. uitsonderlike mededinging 
               Hindernisse tot toetrede                                   (2 x 1)             (2)

      2.3.2   Verduidelik die begrip toegangshindernis.
              Dit is nie maklik om tot die mark toe of uit te tree nie, ’n hindernis wat
              verhoed dat nuwe besighede die mark toetree                                     (2)

      2.3.3   Waarom vind samespanning tussen maatskappye plaas?
               Hulle span saam met mekaar ten einde winste te maksimeer 
               Om toetrede tot die mark te beperk 
                (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                 (1 x 2)                (2)

      2.3.4   Hoe help handelsmerke om ’n maatskappy te bedryf in ’n
              oligopolie-markstruktuur?
              Help om:
               ’n Produk te onderskei van sy mededingende handelsmerke 
               Handelsmerklojaliteit te bevorder 
               Klante te lok 
              (Aanvaar enige korrekte alternatiewe antwoord)           (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                                 EKONOMIE V2                                           5

2.4 Bespreek aard van die produk en toetrede, as kenmerke van ’n volmaakte
    mark, kortliks.
    Aard van die produk:
     Die produk is homogeen 
     Dit is in alle opsigte identies, daar is geen handelsmerke nie  (2 x 2)
    Toetrede:
     Toe- en uittrede is gratis 
     Daar is geen hindernisse tot toetrede nie                       (2 x 2)
    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
    (Maksimum van 4 punte indien slegs genoem)                                                           (8)
2.5 Verduidelik, met die hulp van grafieke, hoe ’n toename in vraag na ’n
    produk, die faktormark kan beïnvloed.

                            PRODUKTEMARK                                    FAKTORMARK
                                                                     V1 
                                                                                   A
                     V1 
                                       A
                V                                                V

                                                           P1
           P1
                                                           P
           P

                                                    
                                           V1                                         V1
                                                                                 V
                                       V
                            h   h1   Hoeveelheid                        H H1    Hoeveelheid

      Puntetoekenning – Maksimum 4 punte
      Toename in vraag in beide markte = 2 punte
      Aanduiding van toename in prys = 1 punt
      Aanduiding van die effek van produktemark na faktormark = 1 punt

      Wanneer die vraag na ŉ sekere produk in die produktemark toeneem, beïnvloed
      dit die vraag na ŉ natuurlike hulpbron wat die produk vervaardig. 

      Die vraag na die produk vermeerder van VV na V1 V1 . Dit sal lei tot ŉ toename
      in vraag in die faktormark van VV na V1 V1. 

      Dit sal lei tot die toename in prys.

      Byvoorbeeld, die styging in die vraag na klere  sal lei tot ’n styging in die vraag
      na katoen of sy, wat natuurlike hulpbronne is  vir die produksie van klere.
      (Aanvaar enige korrekte relevante interpretasie)                                                  (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V2                                  (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 3
3.1   3.1.1   Noem enige TWEE aspekte wat die vlak van ontwikkeling in ’n land
              aandui.
               Ekonomiese aktiwiteit / Groei 
               Vlakke van indiensname 
               Vlakke van armoede 
               Gesondheidsorg en lewensverwagting 
               Vlakke van onderwys 
               Sosiale organisasie 
               Veiligheid en sekuriteit insluitende misdaadvlakke 
               Bestuur en politieke stabiliteit 
                (Enige twee korrekte toepaslike antwoorde)               (2 x 1)              (2)
      3.1.2   Waarom is dit vir ons belangrik om die omgewing te onderhou?
              Die omgewing is ’n ekostelsel waarvan die gemeenskap en die
              ekonomie afhanklik is. Indien dit nie onderhou word nie, sal die
              gemeenskap nie oorleef nie en die ekonomie sal nie floreer nie 
              (Enige korrekte toepaslike antwoord)                                            (2)
3.2 DATARESPONS
      3.2.1   Watter ekonomiese begrip kan geassosieer word met die frase ‘Die
              aarde is rond, ons sal daar uitkom’?
              Globalisasie                                                                   (1)
      3.2.2   Waarvoor staan die afkorting WHO?
              Wêreld Handelsorganisasie                                                      (1)
      3.2.3   Verduidelik kortliks die begrip vryhandel.
              Dit is die afskaffing of vermindering van handelstariewe soos
              invoerkwotas en doeanebelasting                                               (2)
      3.2.4   Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en
              vryhandel.
              Vryhandel lei tot spesialisasie: ’n land sal fokus op die produkte wat hulle
              teen die laagste koste kan produseer, in vergelyking met ander lande 
              (Aanvaar enige ande korrekte relevante response)                             (2)
      3.2.5   Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ’n
              vryhandelsbeleid?
               Verhoog toegang tot beter kwaliteit en goedere met laer pryse 
               Verhoog ekonomiese groei 
               Verbeter doeltreffendheid en innovasie 
               Bevorder mededinging en regverdigheid 
                 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         EKONOMIE V2                                       7

 3.3 DATARESPONS

       3.3.1    Identifiseer enige TWEE maniere, uit die uittreksel, hoe om die
                omgewing te beskerm.
                 Verminder die hoeveelheid water wat jy gebruik 
                 Bespaar op brandstof 
                 Verminder die gebruik van elektrisiteit 
                 Verhoed dat items op stortingsterreine beland 
                 Bespaar op natuurlike hulpbronne                        (2 x 1)                (2)

       3.3.2    Beskryf kortliks die begrip ekosisteem.
                Dit is ’n plaaslike groep interafhanklike organismes tesame met die
                omgewing waar hulle hul bevind en waarvan hulle afhanklik is                    (2)
       3.3.3    Verduidelik prysbeleid as ’n metode om die omgewing te beskerm.
                 Dit is om die prys van nie-hernieubare hulpbronne te verhoog, veral vir
                  mense wat dit ondoeltreffend aanwend 
                 Wanneer aanbod beperk is en vraag neem steeds toe, sal die
                  ewewigsprys toeneem 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)             (1 x 2)          (2)

       3.3.4    Waarkom is dit belangrik vir mense om die omgewing te beskerm?
                 Die ekostelsels waarbinne ons lewe, voorsien dienste vir mense en alle
                   ander spesies 
                 Ons woude verwyder koolstofdioksied en ander besoedelingstowwe uit
                   die lug wat ons inasem en dit koel ook die lug se temperatuur af 
                 Ons vleilande bewaar stormwater 
                 Omgewing ondersteun lewe 
                 As die omgewing beskerm word, is ons verseker van beter
                   gesondheid, voedsel ens. kwaliteit lug 
                  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                    (4)

 3.4 Verduidelik veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes en veranderinge
     in kultuur as gevolge van globalisasie.

       Veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes:
        Globalisasie veroorsaak dat MNO’s BDI’s maak in besighede in ontwikkelende
         lande en dit skep werksgeleenthede 
        BDI’s verskaf lonende werksgeleenthede 
        Dit het gelei tot werksverlies in ontwikkelde lande                     (2 x 2)
       Veranderinge in kultuur:
        Daar is ’n toename in die begeerte om buitelandse idees te gebruik 
        Globalisasie het gelei tot verskeie kulture wat saamgevoeg word 
        Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hulle kultuur wanneer hulle in
         kontak kom met ander kulture 
        Hulle pas aspekte van ander kulture aan wat meer in lyn is met die tye 
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                      (2 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

3.5 Waarom dink jy dat dit belangrik is vir die ekonomie en die omgewing om na
    woude om te sien?

      Daar moet na woude omgesien word omdat:
       Menslike wesens afhanklik is daarvan 
       Dit suurstof genereer of die lug wat ons inasem  
       Dit in die produksie van meubels, boeke en alle ander houtprodukte word
        gebruik 
       Dit habitatte vir diere verskaf 
       Dit beskerming teen vermorsing van water bied 
       Dit gronderosie voorkom 
       Dit klimaatsveranderinge verminder 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                    (4 x 2)      (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         EKONOMIE V2                                         9

VRAAG 4

4.1   4.1.1    Noem enige TWEE lidlande van die SAOG-streek.
                Angola 
                Botswana 
                DRK 
                Lesotho 
                Madagaskar 
                Malawi 
                Mauritius 
                Mosambiek 
                Namibië 
                Seychelles 
                Suid-Afrika 
                Swaziland 
                Tanzanië 
                Zambië 
                Zimbabwe                                                           (2 x 1)       (2)

      4.1.2    Waarom hel die gemiddelde vastekoste-kurwe opwaarts van links na
               regs?
               Want sy waarde neem af vir elke hoeveelheid wat geproduseer word 
                                                                              (1 x 2)              (2)

4.2 DATARESPONS

      4.2.1    Watter markstruktuur word hierbo voorgestel?
               Volmaakte mark                                                                     (1)

      4.2.2    Watter soort wins word aangetoon in bostaande grafiek?
               Normale wins                                                                       (1)

      4.2.3    Verduidelik kortliks punt ‘e’ op die grafiek.
               ’n Ewewigspunt waar marginale koste gelyk is aan marginale inkomste               (2)

      4.2.4    Verduidelik die helling van die marginalekoste-kurwe.
               Die marginalekoste-kurwe daal aanvanklik skerp afwaarts, styg dan
               geleidelik opwaarts, want daar is ’n verandering in totale koste 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                  (2)

      4.2.5    Hoekom is MI en GI gelyk aan mekaar in die grafiek?
               Want die prys is konstant; ekstra inkome word ontvang vir ’n ekstra
               eenheid (MI) en dis gelyk aan die prys 
               En inkome per eenheid is ook gelyk aan die prys 
               Daarom is marginale inkome gelyk aan gemiddelde inkome 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V2                                   (EC/NOVEMBER 2018)

4.3 DATARESPONS

      4.3.1   Noem enige TWEE faktore wat tot die verlies aan biodiversiteit
              bydra.
               Verlies aan habit 
               Agteruitgang 
               Oormatige lading van voedingstowwe 
               Lug- en waterbesoedeling 
               Oor-uitbuiting en onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne 
                                                                              (2 x 1)           (2)

      4.3.2   Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering?
              Aardverwarming                                                                  (2)

      4.3.3   Verduidelik kortliks bruin omgewingskwessies.
              Bruin omgewingskwessies fokus op die verstandhouding dat sosiale
              kwessies nie van die omgewing geskei kan word nie                               (2)

      4.3.4   Hoe beïnvloed klimaatsveranderinge die ekonomiese omgewing?
               Verlies aan habitatte en biodiversiteit het ŉ negatiewe invloed op die
                toerisme-sektor want toeriste word gelok deur die skoonheid van die
                natuur en inheemse plante 
               Die landbousektor word negatief beïnvloed want droë seisoene raak
                langer en nat seisoene begin laat 
               Die vervaardiging van hout neem af want woude kan geheel en al
                verlore raak 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                     (2 x 2)        (4)

4.4 Bespreek kortliks die SMART-beginsel om doelwitte vir besighede te
    ontwerp.

         Spesifiek: Die idee moet geïdentifiseer en verstaan word, bv. die besigheid
          moet die mees winsgewende in die land word 
         Meetbaar: Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwitte
          bereik is. bv. vir ’n besigheid om sy doelwit te bereik, moet dit ’n wins van
          R5 000 ’n maand behaal 
         Haalbaar: Alle partye moet saamstem oor die voorgestelde doelwit 
         Relevant: Die doelwit moet binne die bereik van die besigheid wees, bv. die
          besigheid moet by magte wees om die vereiste wins te realiseer 
         Tyd spesifiek: Daar moet ’n tydsbeperking wees waarbinne die doel bereik
          moet word, bv. die besigheid moet die mees winsgewende wees binne ’n
          periode van vyf jaar 
         (Enige 4 van bogenoemde)                                                     (4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         EKONOMIE V2                                      11

4.5 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit integrasie met ander ekonomieë?

      Suid-Afrika sal voordeel trek uit die volgende:
       Verlaging in die koste van handel 
       Verbeterde beskikbaarheid van ’n wyer verskeidenheid van goedere en
        dienste 
       Verbetering in werksgeleenthede 
       Die mark neig om uit te brei, wat lei tot die deel van tegnologie en die vloei
        van investering oor grense heen 
       Politieke samewerking tussen lidlande lei tot sterker ekonomiese bande 
         (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                             (4 x 2)     (8)
                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V2                                 (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

                 STRUKTUUR VAN OPSTEL                       PUNTE-TOEKENNING
Inleiding
 ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of
    sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te
    definieer.
 Sluit ander sinne in om die onderwerp te
    ondersteun.                                                      Maks. 2
 Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding
    insluit nie.
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou
    inhoud herhaal nie.
 Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud
    gaan bespreek.
Inhoud
 Hoofgedeelte:                                                       Maks. 26
Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek /
Bespreek krities /Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer /
Debatteer
Addisionele gedeelte:                                                Maks. 10
Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer
krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe
grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
Onderskei / Interpreteer / Debatteer
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende
behoort in te sluit:
  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed
    sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te                Maks. 2
    herhaal
  ŉ Mening of waarde- oordeel oor die bespreekte
    feite
  Addisionele ondersteunende inligting om bespreking
    te versterk / ontleding
  ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien
    vereis
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                       EKONOMIE V2                                      13

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek soorte pryselastisiteit van vraag, met behulp van grafieke met
  volledige byskrifte.                                                                     (26)

 Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot
  prysveranderinge?                                                                        (10)

INLEIDING

Pryselastisiteit van vraag meet tot watter mate verbruikers reageer of hoe sensitief
hulle is vir prysveranderinge. Reaksie van hoeveelheid aangevra tot ’n verandering in
prys. (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding)                                (2)

INHOUD

                                Volmaak elastiese vraag 

                       p                                 V

                       0
                                    Hoeveelheid

Die kleinste % verandering in prys lei tot ’n oneindige % verandering in hoeveelheid
gevra. 
Word ook na verwys as oneindige elastisiteit. 
Die pryselastisiteit van vraag is ∞.                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2018)

                                Volmaak onelastiese vraag 

          Prys
                                           V

                 P2

             P1

                      0                    H         Hoeveelheid

        Die vraag toon geen reaksie op prysveranderinge nie 
        Die pryselastisiteit van vraag is nul 
        Dit beteken ’n prysverandering sal lei tot geen verandering in die hoeveelheid
         wat verbruikers aanvra nie                                                           (5)

                               Eenheid-elastisiteit vraag 

          Prys
                           A

             P2

             P1

                                               A

                                H2    H1                      Hoeveelheid
                      0

        Vind plaas wanneer ’n spesifieke % verandering in prys lei tot presies dieselfde
         % verandering in hoeveelheid aangevra 
        As ’n prys styg met 10%, sal hoeveelheid aangevra ook met 10% styg 
        Die waarde van elastisiteit is gelyk aan een                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                           EKONOMIE V2                                   15

                               Relatief elastiese vraag 

              prys

                               V

                      P2
                      P1                                       V

                           0                    H2       H1
                                                        Hoeveelheid

   Vind plaas wanneer ’n klein % verandering in prys, lei tot ’n groter % verandering
    in hoeveelheid aangevra 
   Pryselastisiteit is groter as een, maar kleiner as oneindig 
   Om inkome te verbeter, behoort pryse verlaag te word                                   (5)

                      Relatief onelastiese vraag 

           Prys                V

                     P2

                     P1

                                                 V        Hoeveelheid
                                    H2 H1

 Vind plaas wanneer hoeveelheid gevra nie so sterk op veranderinge in prys reageer
  nie 
 Pryselastisiteit is minder as 1 maar groter as 0 
 Om inkome te verbeter, moet pryse styg                                                   (5)
            (Maks. 8 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee)
            (Maks. 5 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee)                         (26)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2018)

ADDISIONELE GEDEELTE
Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot prysveranderinge?
 Die beskikbaarheid van naby substitute: indien ’n naby substituut beskikbaar is,
   sal die vraag na ’n produk baie elasties wees, want verbruikers sal verkies om die
   substituut te koop.
 Die vraag na noodsaaklike produkte soos basiese voedselsoorte, medisyne en
   elektrisiteit is prysonelasties omdat dit benodig word vir oorlewing. 
 Verbruikers reageer maklik op prysstyging vir duursame goedere, want duursame
   goedere hou vir ’n lang tydperk, besteding kan uitgestel word. 
 As pryse daal, sal verbruikers vinnig wees om die produk te koop want hulle
   beskou dit as ’n winskoop. 
 Veranderinge in prys van gewoontevormende produkte sal nie ’n invloed hê op die
   hoeveelheid aangevra nie.  
 Verbruikers is sensitief vir prysveranderings indien ’n produk vir ’n langer periode
   gebruik kan word. 
 As ’n produk slegs een moontlike gebruik het, sal verbruikers meer sensitief wees
   wanneer die prys styg.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                        (10)

SLOT

Dit is belangrik vir produsente om kooppatrone van verbruikers te bestudeer en
dienooreenkomstig te beplan 

(Aanvaar enige toepaslike hoër-orde slot)                                                  (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                       EKONOMIE V2                                     17

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek die oorsake van armoede in detail.
 Was Suid-Afrika suksesvol in sy probeerslae om die uitdagende kwessies
  van armoede aan te spreek?
INLEIDING
Armoede is wanneer dit nie vir mense moontlik is om in hulle basiese behoeftes te
voorsien nie en hul lewenspeil is laag. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)                                        (2)

INHOUD
Werkloosheid 
Sonder ’n ordentlike inkome kan mense nie hulle basiese behoeftes bevredig nie. Arm
mense steun swaar op bestaansboerdery vir ’n lewe. 

Onvoldoende infrastruktuur 
Groot plattelandse gebiede en hul ongelyke verspreiding maak dit duur om voldoende
infrastruktuur te voorsien;  dit is ’n hoofoorsaak van armoede in Suid-Afrika. 
Die volgende moet verbeter word: vervoerstelsels en inligtingstegnologie nodig wat
om besigheid te doen, skoon water en sanitasie, energie en stedelike
ontwikkeling 

Swak gesondheidstoestande: 
Siektes verminder die hoeveelheid werk wat swak of siek mense kan doen, dit verlaag
hulle inkome en dryf hulle dieper in armoede in. 
Siektes soos MIV en Vigs kan dood veroorsaak en dit sny die hoofbron van inkome af
vir die gesin. 
Hoë mediese kostes wat baie arm families nie kan bekostig nie 

Gebrek aan onderwys: 
Dit verhoed mense om ordentlike werk te kry wat hulle en hulle families uit armoede
sal lig. 
’n Gebrek aan onderwys vergroot die gaping tussen vaardighede wat die ekonomie
benodig om in daardie behoeftes te voorsien. 

Hoë bevolkingsgroei: 
Groot aantal mense met te min hulpbronne, te min werksgeleenthede en nie genoeg
kos nie, is basiese oorsake van armoede. 
Oorbevolking lei tot ’n agteruitgang van die natuurlike omgewing, insluitende
waterbronne, grond en woude. 

Welsynsafhanklikheid: 
Sosiale toelaes kan dien as ’n afskrikmiddel vir mense om te werk of werk te soek. 
Sommige mense verkies om van toelaes te lewe en so hulle basiese behoeftes te
bevredig en so bly armoede voortbestaan. 

Wanfunksionerende regering: 
Baie ontwikkelende lande het hulle eie ongeluk bewerkstellig, omdat hulle dikwels
onstabiel en korrup is. 
Hulle respekteer en eer nie altyd die begroting, prosedures en protokolle nie.
Swak demokrasie versteur die toekenning van hulpbronne, wat lei tot nie-
dienslewering, mense ontvang nie basiese behoeftes nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2018)

Oorlog en konflik: 
’n Groot gedeelte van vandag se globale armoede word aangetref in oorlog verskeurde
lande en lande waar konflik heers. 
Geld word dikwels vermors op wapens. Onderwys word ontwrig, wat lei tot meer
armoede 

Gebrek aan produktiewe hulpbronne: 
In arm lande is daar nie genoeg produktiewe hulpbronne om volhoubare lewensbestaan
te verseker nie 
Menslike kapitaal is laag a.g.v. honger, siektes en lae geletterdheidsvlakke. 
Natuurlike hulpbronne neem af, omdat bome afgesaag word en grond uitgeput word. 
Kapitaal is nodig vir toekomstige investering, maar ’n gebrek aan besparing maak dit
onmoontlik. 
Arm landelike nedersettings benodig teerpaaie, kragopwekkers, besproeiingskanale,
trokke, ens. 
Entrepreneurskap bestaan nie, a.g.v. ’n gebrek aan opleiding en
vaardigheidsontwikkeling 

Globale finansiële krisis 
Arm lande het nie genoeg geld vir investering nie, wat belangrik is vir ontwikkeling en
groei. 
Ekonomiese groei word nie regverdig verdeel nie en die ekonomiese krisis vergroot
verder die gaping tussen ryk en arm. 
Stygende voedselpryse, vorm gedeeltelik nuwe biobrandstof beleide, wat lei tot hongerte
vir baie mense en dit vererger globale armoede 

Verstedeliking en geforseerde hervestiging 
Migrasie binne ’n land lei dikwels tot armoede. 
Sommige mense wat in landelike gebiede bly, verkies om na stede te trek, want hulle
sien min moontlikhede om ’n inkome in die landelike gebiede, vêr van markte, te verdien.
 Soms word mense geforseer om te trek om plek te maak vir ontwikkelingskemas. 
In beide gevalle, word mense dikwels gedwing om in informele nedersettings op die rand
van stede te bly. 
                                  (8 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee ) (26)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      EKONOMIE V2                                     19

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Was Suid-Afrika suksesvol in sy pogings om die uitdagende kwessies van
 armoede aan te spreek?

 Die regering was suksesvol op die volgende maniere:
 Die aantal begunstigdes van sosiale toelaes het drasties toegeneem 
 Die regering het probeer om baie skole te bou ten einde die ongeletterdheidsvlakke
 te verlaag 
 Die nuwe voorgestelde nasionale ontwikkelingsplan, met die doelwit om armoede uit
 te roei en ongelykheid te verminder teen 2030 
 Toegang tot water en formele behuising het gestyg van 63,5% tot 79,8% 
 Die meeste mense het toegang tot elektrisiteit 
 Die regering het ook ‘geen fooi’ skole, voedingskemas en ook vervoer na skole,
 ingestel 

 Negatiewe:
 Swak gesondheid en werkloosheid is steeds ’n probleem 
 Die land benodig meer skepping van werksgeleenthede. bv. KMMO’s. Klem moet
 op goeie leierskap geplaas word                                                      (10)

 SLOT
 Die Suid-Afrikaanse regering het probeer om armoede te verlig, maar daar is nog
 steeds baie wat gedoen kan word. 
 (Aanvaar enige toepaslike slot)                                                         (2)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answers/6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/b7d1646a-1959-4170-8d12-2cc36869a0ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/149ad84a-c4c2-4a55-bcd2-d746db2272b2) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
