# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-afr/b92aa522-2cc5-45f6-827b-01405e9d2ce2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-afr/b92aa522-2cc5-45f6-827b-01405e9d2ce2)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                  NOVEMBER 2013

                    EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     1½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V2                            (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae as volg:
     AFDELING A: VERPLIGTEND.

     AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

     AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK.

2.   Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

4.   Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

6.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
     antwoord voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vraag.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die
     ANTWOORDEBOEK verskyn.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                           EKONOMIE V2                                      3

 AFDELING A (Verpligtend)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
        die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die
        ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1     Die bevrediging wat ons verkry uit die verbruik van ŉ goed of diens
                  staan as ... bekend.

                  A    skaarsheid
                  B    nut
                  C    utils                                                                   (2)

        1.1.2     ŉ Toename in die prys van een produk lei tot ŉ toename in die vraag na
                  ŉ ander produk, beteken dat hierdie twee produkte … goedere is.

                  A    komplementêre
                  B    noodsaaklike
                  C    substitusie                                                             (2)

        1.1.3     ŉ Marksituasie wat deur ŉ paar groot ondernemings oorheers word,
                  staan as … bekend.

                  A    monopolistiese mededinging
                  B    ŉ monopolie
                  C    ŉ oligopolie                                                            (2)

        1.1.4     As pryse uitgedruk word in vergelyking tot ander goedere, staan dit
                  bekend as ... pryse.

                  A    relatiewe
                  B    nominale
                  C    absolute                                                                (2)

        1.1.5     Die wet van dalende ... staaf dat as meer en meer veranderlike insette
                  by ŉ vaste inset bygevoeg word, sal die opbrengs van die veranderlike
                  inset afneem.

                  A    nut
                  B    opbrengs
                  C    produktiwiteit                                                          (2)

        1.1.6     Die proses van interaksie tussen die lande van die wêreld wat hul
                  ekonomieë nader aan mekaar bring, word … genoem.

                  A    globalisasie
                  B    industrialisasie
                  C    behouering                                                              (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V2                        (NOVEMBER 2013)

      1.1.7   Hierdie is ondernemings wat goedere en dienste produseer en versprei
              in meer as een land, gewoonlik regoor die wêreld:

              A      Binnelandse ondernemings
              B      Multi-nasionale ondernemings
              C      Nasionale ondernemings                                                (2)

      1.1.8   Die totstandbringing van die ... Skerpioene deur die regering maak
              voorsiening vir die vervolging van enige organisasie wat die omgewings-
              wette van Suid-Afrika oortree.

              A      Geel
              B      Rooi
              C      Groen                                                                 (2)
                                                                                (8 x 2)    (16)

1.2   Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die korrekte letter (A–H) langs die ooreenstemmende
      vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK.

                KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1   Pryselastisiteit van      A    TVK + TVK
              aanbod

      1.2.2   Mark                      B    Wanneer eenheidskoste afneem en
                                             hoeveelheid toeneem

      1.2.3   Monopolie mark            C    Het te make met basiese dienslewering

      1.2.4   Totale Koste              D    Slegs een verskaffer van ŉ unieke produk

      1.2.5   Handels-liberalisasie     E    Meet gevoeligheid van aanbod vir
                                             prysveranderinge

      1.2.6   Volmaak onelastiese       F    Vrye beweging van goedere en dienste
              aanbod                         tussen lande

      1.2.7   Skaalvoordele             G    Kommunikasie tussen kopers en
                                             verkopers van goedere en dienste

      1.2.8   HOP                       H    Verandering in prys het geen uitwerking
                                             op aanbod nie
                                                                                (8 x 1) (8)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                         EKONOMIE V2                                            5

 1.3    Toon aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
        ONWAAR langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1     Kruiselingse elastisiteit van vraag meet die reaksie van die hoeveelheid
                  aangevra, van ŉ spesifieke goed, teen die prys van ŉ verwante goed.

        1.3.2     Faktormark is ŉ mark vir die koop en verkoop van goedere en dienste.

        1.3.3     Multi-nasionale ondernemings mag plaaslike maatskappye uit besigheid
                  dryf, as gevolg van hulle massiewe skaalvoordele.

        Voltooi die ontbrekende woord/e in die volgende sinne. Skryf slegs die woord/e
        langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.4–1.3.6) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.4     Die geleidelike toename in die globale temperatuur van die aarde se
                  oppervlakte, as gevolg van die kweekhuis-effek, staan as ... bekend.

        1.3.5     Die verandering in totale inkome wanneer ŉ addisionele eenheid van ŉ
                  produk verkoop word, word … genoem.

        1.3.6     Die koste van die produksiefaktore en ander insette gebruik in die
                  produksieproses, staan as ... bekend.                              (6 x 1)       (6)

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        EKONOMIE V2                            (NOVEMBER 2013)

AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.)

VRAAG 2                                                                           [40 punte]
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
2.1   Noem enige TWEE voorbeelde van ‘komplementêre goedere’.                          (2 x 2)     (4)

2.2   DATA RESPONS
      Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoorde die vrae wat volg.

                           V
                      P1
                      P2                                      V

                                    H1                 H2

      2.2.1     Watter soort elastisiteit van vraag word in bostaande grafiek voorgestel?          (2)

      2.2.2     Verduidelik kortliks hierdie soort elastisiteit van vraag wat in die grafiek
                voorgestel word.                                                                   (6)

      2.2.3     Gee ŉ voorbeeld van ŉ produk met dieselfde soort elastisiteit van vraag,
                soos voorgestel in bostaande grafiek.                                              (2)

2.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg.

              Aantal appels                  Totale nut                 Marginale nut
                    1                            10                          10
                    2                            A                            8
                    3                            23                           5
                    4                            25                           2
                    5                            26                           1
                    6                            24                          B

      2.3.1     Bereken A en B in bostaande tabel.                                                 (4)

      2.3.2     Definieer die begrip ‘marginale nut’.                                              (2)

      2.3.3     Teken ŉ marginale nut kurwe deur data in gegewe tabel te gebruik.                  (4)

2.4   Verduidelik die begrip ‘kruiselingse elastisiteit van vraag’ kortliks.                       (8)

2.5   Verduidelik die begrip ‘omgewings agteruitgang/degenerasie’ kortliks.                        (8)
                                                                                                  [40]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                         EKONOMIE V2                                                   7

 VRAAG 3                                                                                       [40 punte]

 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

 3.1    Noem enige TWEE soorte onvolmaakte markte.                                          (2 x 2)        (4)

 3.2    DATA RESPONS

        Bestudeer die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.

        Die onvolmaakte mark word gekenmerk deur ŉ gebrek aan mededinging en
        oormatige markkrag.

        3.2.1     Gee ŉ voorbeeld van ŉ onderneming in ŉ ‘monopolie mark’ in
                  Suid-Afrika.                                                                             (2)

        3.2.2     Verduidelik kortliks hoe pryse vasgestel word onder toestande van ŉ
                  onvolmaakte mark.                                                                        (2)

        3.2.3     Noem DRIE kenmerke van onvolmaakte markte.                                               (6)

 3.3    DATA RESPONS

        Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                         GROEN ENERGIE

        Die Gautengse Departement van Infrastruktuurontwikkeling toon belangstelling
        in die ondersoek na volhoubare alternatiewe vir energie opwekking en
        infrastruktuur, veral in openbare geboue soos skole en hospitale.

        Onder die departement se vlagskip groen projekte is ŉ projek om steenkool- en
        dieselaangedrewe hospitaal-warmwaterstelsels geleidelik te vervang met
        stelsels wat deur natuurlike gas aangedryf word, ten einde besoedeling te
        verminder.

                                  [Vryelik vertaal en aangepas uit: Mail&Guardian, 12 Februarie 2013]

        3.3.1     Wat, volgens die uittreksel, is die TWEE energiebronne wat in openbare
                  hospitale gebruik word?                                                                  (4)

        3.3.2     Wat is die voordeel van die gebruik van natuurlike gas?                                  (2)

        3.3.3     Noem TWEE metodes wat aangewend kan word om die omgewing te
                  beskerm.                                                                                 (4)

 3.4    Verduidelik ‘prysvasstelling’ in volmaakte markte kortliks.                                        (8)

 3.5    Bespreek enige TWEE kenmerke van ŉ volmaakte mark.                                                 (8)
                                                                                                          [40]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                       EKONOMIE V2                              (NOVEMBER 2013)

VRAAG 4                                                                                   [40 punte]

Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

4.1   Noem enige TWEE oorsake van globalisasie.                                         (2 x 2)     (4)

4.2   DATA RESPONSE

      Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                            Vaste
                                      Veranderlike          Totale Koste   Gemiddelde
      Hoeveelheid           Koste
                                       Koste (R)                 (R)       Totale Koste (R)
                             (R)
              1              10              4                  14                 14
              2              10              6                  16                 8
              3              10              10                 A
              4              10              16                 26                  B

      4.2.1       Bereken A en B in bogenoemde tabel.                                               (4)

      4.2.2       Onderskei tussen ‘Vaste Koste’ en ‘Veranderlike Koste’.                           (4)

      4.2.3       Definieer die begrip ‘Marginale Koste’.                                           (2)

4.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                KORTTERMYN EN LANGTERMYN

      Die korttermyn of die langtermyn is nie ŉ definitiewe periode van tyd nie. Dit kan
      verskillend wees vir verskillende besighede. Dit beteken net ŉ periode van tyd
      wat enige lengte kan wees.
                                                                           [Aangepas uit: Fokus]

      4.3.1       Onderskei tussen ‘korttermyn’ en ‘langtermyn’.                                    (6)

      4.3.2       Definieer die begrip ‘gemiddelde inkome’.                                         (2)

      4.3.3       Gee die formule om ‘totale inkome’ (TI) te bereken.                               (2)

4.4   Onderskei tussen enige TWEE soorte wins.                                                      (8)

4.5   Onderskei tussen die begrippe ‘absolute voordeel’ en ‘vergelykende voordeel’.                 (8)
                                                                                                   [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             80

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                       EKONOMIE V2                                     9

 AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG UIT HIERDIE AFDELING.)

                    PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE-VRAE
                   STRUKTUUR VAN OPSTEL                 Puntetoekenning
 Inleiding                                                  Maks. 3
 Inhoud
      Hoofdeel:     Byvoorbeeld bespreek/verduidelik/
                                                                           Maks. 20
                     gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer
       Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ŉ grafiek of
                                                                           Maks. 10
                               diagram/verwys/dui aan
 Slot                                                                       Maks. 2
 Interpretasie                                                              Maks. 5
 TOTAAL                                                                       40

 VRAAG 5

 OPSTELTIPE-VRAAG

 Verduidelik ten volle die faktore wat die pryselastisiteit van vraag bepaal.
 As toevoeging, verwys na die verskillende soorte pryselastisiteit van vraag.             [40]

 VRAAG 6

 OPSTELTIPE-VRAAG

 Verduidelik ten volle die uitwerking/gevolge van globalisasie.
 As toevoeging, verduidelik die ‘noord-suid verdeel’ kortliks.                            [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:       40
                                                                      GROOTTOTAAL:        150

## Related documents

- [ECON P2 GR11 -QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-eng/718d3a74-43b5-4290-b854-14bb77595b0a) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-eng/bfaad6c6-a550-4878-865b-5391588394c1) — Economics · Memo · 2013 · Eng
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-afr/ffa46060-9736-487f-b9d6-fb07eff3abe6) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-eng/bee44f6f-cb26-47a0-a272-08bd98a10e7c) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/2380ae01-5860-460b-811e-44f136c88db2) — Economics · QP · 2013 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
