# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                    NOVEMBER 2018

                         EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
      AFDELING A: Verpligtend
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
      antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.   Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg oorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                            EKONOMIE V2                                           3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
     neer, bv. 1.1.9 C.

       1.1.1    Wat sal die ekonomiese wins wees as jy ’n inkome van R10 000,
                eksplisiete koste van R6 000 en implisiete koste van R2 500 het?

                A     10 000
                B     1 500
                C     500
                D     15 000

       1.1.2    Gemiddelde veranderlike koste word bereken deur ...

                A     veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
                B     vaste koste te deel deur die eenhede geproduseer.
                C     vaste koste minus veranderlike koste.
                D     totale koste plus vaste koste.

       1.1.3    ’n Positiewe waarde van kruiselastisiteit van vraag, sal ...

                A     in die teenoorgestelde rigting as prys beweeg.
                B     nie beïnvloed word deur prys nie.
                C     in dieselfde rigting beweeg as prys.
                D     onafhanklik wees van verwante goedere.

       1.1.4    EEN van die volgende is ’n bydraende faktor tot die Noord-Suid-
                verdeling.

                A     Beweeglikheid van arbeid
                B     Verhoogde pryse
                C     Politieke stabiliteit
                D     Koers van ontwikkeling

       1.1.5    Totale nut kan gedefinieer word as ...

                A     totale bevrediging verkry deur alle nut bymekaar te tel.
                B     bevrediging verkry uit die verbruik van die laaste eenheid.
                C     meting van die waarde van bevrediging.
                D     die verskil in metings van nut.

       1.1.6    Omgewings-degradering kan beskryf word as ...

                A     toegelaat word dat landbou-afloop lei tot die uitroei en doodmaak
                      van vis stroomaf.
                B     die gebruik van sonkrag teen ’n versnelde koers.
                C     die gebruik van olie om brandstof mee te maak.
                D     herwinning.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.7    Die Wet op Nasionale Bosbou streef daarna om ...

               A     kwaliteit lug te beskerm en te verbeter.
               B     te verseker dat plaaslike gemeenskappe deel in die voordele van
                     woude.
               C     standaarde vir rommelverwydering te stel.
               D     volhoubare bestuur aan te moedig en woude te ontwikkel en te
                     beskerm.

      1.1.8    Uitvoerbevordering verwys na ...

               A     die produksie van goedere wat voorheen ingevoer is.
               B     die subsidiëring van produsente om meer vir uitvoer te produseer.
               C     die verwydering van handelsbeperkings.
               D     reëls in verband met handel wat wêreldwyd dieselfde is. (8 x 2)       (16)

 1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
     neer, byvoorbeeld. 1.2.2 H.

                KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1    Verlies                  A    vind plaas wanneer lande besluit om
                                             ekonomies saam te werk

      1.2.2    Monopolieë               B    ’n buitelandse maatskappy investeer in
                                             besighede in ander lande se fisiese bates

      1.2.3    Streekvorming            C    paar groot verkopers oorheers die mark

      1.2.4    Inkome elastisiteit      D    mense het ’n neiging om te probeer
               van vraag                     voorkom dat fauna en flora uitsterf

      1.2.5    Buitelandse direkte      E    hindernisse beskerm hulle teen
               investering                   mededinging van ander besighede

                                        F    meet die reaksie van vraag tot die
                                             verandering in inkome

      1.2.6    Omgewings-               G    uitbuiting van natuurlike hulpbronne
               volhoubaarheid                sonder om die ekologiese balans in ’n
                                             gebied te versteur

      1.2.7    Oligopolie               H    vind plaas wanneer ’n besigheid se
                                             kostes sy inkome oorskry

      1.2.8    Private eiendomsreg      I    ’n formele ooreenkoms tussen lande

                                        J    mense gee om vir flora en fauna indien
                                             hulle regte gegee word om dit te besit
                                                                                (8 x 1)     (8)

Kopiereg oorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         EKONOMIE V2                                        5

 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
     die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    Vind plaas wanneer die eenheidskoste daal terwyl die hoeveelheid
                geproduseer toeneem

       1.3.2    Baie kopers en verkopers verkoop gedifferensieerde produkte

       1.3.3    ’n Situasie waar arm families nie uit armoede kan wegbreek nie

       1.3.4    ’n Periode waar slegs een produksiefaktor aangepas kan word

       1.3.5    Die bekendstelling van besoedelingsfaktore tot die omgewing

       1.3.6    Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om inkomeverspreiding
                tussen groepe mense aan te dui                              (6 x 1) (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem TWEE voorbeelde van vaste koste.                         (2 x 1)      (2)

      2.1.2    Wat sal ’n produsent aanmoedig om voort te gaan om sy produksie te
               laat toeneem?                                                              (2)

 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     MARK VIR PETROL

                              PETROLMARK

        PRYS         V                       A1
                                                    A

                                E2
          P1

           P                            E

                    A1
                                                     V
                         A

                                H1 H              HOEVEELHEID

      2.2.1    Wat is die impak op die prys en hoeveelheid deur die skuif van die
               aanbodkurwe van AA na A1A1?                                                (2)

      2.2.2    Verduidelik die frase omgekeerde verhouding.                               (2)

      2.2.3    Wat kan die oorsaak wees van ’n skuif van die aanbodkurwe van
               AA na A1A1?                                                                (2)

      2.2.4    Teken die grafiek van die komplementêre produk (petrol) en dui aan
               wat die reaksie sal wees.                                                  (4)

Kopiereg oorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          EKONOMIE V2                                            7

 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      OLIGOPOLIEË

       ŉ Paar groot oligopolieë domineer ’n oligopoliemark, d.w.s. ŉ aantal
       maatskappye wat selfone vervaardig domineer die selfoonnetwerk in Suid-
       Afrika. Die produkte is dieselfde en word deur ’n paar maatskappye verkoop.
       Verder verkry die produkte handelsmerke a.g.v. uitermatige mededinging en
       omdat daar groot langtermyn toegangshindernisse is, maak die maatskappye
       buitensporige winste. Die mededingende maatskappye het ’n ongewone
       interafhanklikheid, tot by die punt dat hulle byna as een funksioneer.
                                                            [Aangepas uit Markitects./co.za]

       2.3.1    Noem enige TWEE kenmerke van ’n oligopolie volgens die uittreksel.              (2)

       2.3.2    Verduidelik die begrip toegangshindernis.                                       (2)

       2.3.3    Waarom vind samespanning tussen maatskappye plaas?                              (2)

       2.3.4    Hoe help handelsmerke om ’n maatskappy te bedryf in ’n oligopolie
                markstruktuur?                                               (2 x 2)            (4)

 2.4 Bespreek aard van die produk en toetrede as kenmerke van ’n volmaakte
     mark, kortliks.                                                                            (8)

 2.5 Verduidelik, met die hulp van grafieke, hoe ’n toename in die vraag na ’n
     produk, die faktormark kan beïnvloed.                                                      (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3:      KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE aspekte wat die vlak van ontwikkeling in ’n land
               aandui.                                                         (2 x 1) (2)

      3.1.2    Waarom is dit vir ons belangrik om die omgewing te onderhou?                  (2)

 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               VRYMAKING VAN DIE HANDEL

                                                              [Bron: www.cartoonstock.com]

      3.2.1    Watter ekonomiese begrip kan geassosieer word met ‘Die aarde is rond,
               ons sal daar uitkom’?                                                         (1)

      3.2.2    Waarvoor staan die afkorting WHO?                                             (1)

      3.2.3    Verduidelik kortliks die begrip vryhandel.                                    (2)

      3.2.4    Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vryhandel.         (2)

      3.2.5    Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ’n vryhandelsbeleid?       (4)

Kopiereg oorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          EKONOMIE V2                                             9

 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           BESKERMING VAN DIE OMGEWING

        Die aarde is ’n ekosisteem wat beskerming verdien. Sonder ons omgewing,
        sal dit onmoontlik vir ons as mense wees om te floreer. Dit is elkeen van ons
        se plig om te help om die omgewing te beskerm. Elke keer wanneer jy die
        hoeveelheid water wat jy gebruik verminder, brandstof bespaar,
        elektrisiteitsverbruik verminder, verhoed dat items op stortingsterreine
        beland of natuurlike hulpbronne bespaar, help jy die omgewing beskerm op
        belangrike maniere.

                                                          [Bron: www.consumerprotect.com]

       3.3.1    Identifiseer enige TWEE maniere, uit die uittreksel, hoe om die
                omgewing te beskerm.                                                                (2)

       3.3.2    Beskryf kortliks die begrip ekosisteem.                                             (2)

       3.3.3    Verduidelik prysbeleid as ’n metode om die omgewing te beskerm.
                                                                              (1 x 2)               (2)

       3.3.4    Waarom is dit belangrik vir mense om die omgewing te beskerm?                       (4)

 3.4 Verduidelik veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes en veranderinge in
     kultuur as gevolge van globalisasie.                                                           (8)

 3.5 Waarkom dink jy is dit belangrik vir die ekonomie en die omgewing om na
     woude te sien?                                                                                 (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1 Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE lidlande van die SAOG-streek.                 (2 x 1)     (2)

      4.1.2    Waarom hel die gemiddelde vastekoste-kurwe opwaarts van links na
               regs?                                                       (1 x 2)       (2)

 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    MK
              Prys
                                                               GTK

                     P                   e                     MI / GI

                         0
                                         Hoeveelheid

      4.2.1    Watter markstruktuur word hierbo voorgestel?                              (1)

      4.2.2    Watter soort wins word in bostaande grafiek aangetoon?                    (1)

      4.2.3    Verduidelik kortliks punt ‘e’ op die grafiek.                             (2)

      4.2.4    Verduidelik die helling van die marginalekoste-kurwe.                     (2)

      4.2.5    Hoekom is MI en GI gelyk aan mekaar in die grafiek?                       (4)

Kopiereg oorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                            EKONOMIE V2                                          11

 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       VERLIES AAN BIODIVERSITEIT EN GLOBALE KLIMAATSVERANDERING

       Globale klimaatsverandering vind vandag plaas teen ’n ongekende koers,
       hoofsaaklik as gevolg van ’n styging in die vrystelling van kweekhuisgasse soos
       CO2. Globale temperature het toegeneem met ongeveer 0,6–0,7 °C en dit word
       voorspel dat dit verder sal styg tot 1,4 – 5,8 °C in 2100. Verlies aan biodiversiteit
       het ’n ernstige kwessie geword in baie plekke regoor die wêreld. Baie faktore
       soos ’n verlies aan habitat, agteruitgang, oormatige lading van voedingstowwe,
       lug- en waterbesoedeling, oorbenutting en onvolhoubare gebruik van natuurlike
       hulpbronne dra by tot die verlies aan biodiversiteit.

       4.3.1    Noem enige TWEE faktore wat tot die verlies aan biodiversiteit bydra.
                                                                                (2 x 1)             (2)

       4.3.2    Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering?                                     (2)

       4.3.3    Verduidelik kortliks bruin omgewingskwessies.                                       (2)

       4.3.4    Hoe beïnvloed klimaatsveranderinge die ekonomiese omgewing?
                                                                          (2 x 2)                   (4)

 4.4 Bespreek kortliks die SMART-beginsel om doelwitte vir besighede te ontwerp.                    (8)

 4.5 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit integrasie met ander ekonomieë?                          (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                   EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                      PUNTE-
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.
  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
   verband hou, te definieer.                                                 Maks. 2
  Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
                                                                             Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/
Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Trek 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle    Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 ŉ Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
    reeds genoem is, te herhaal                                               Maks. 2
 Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                          40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek soorte pryselastisiteit van vraag met behulp van grafieke met volledige
  byskrifte.                                                                                  (26)

 Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot prysveranderinge?           (10)
                                                                                              [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek die oorsake van armoede in detail.                                                 (26)

 Was Suid-Afrika suksesvol in sy pogings om die uitdagende kwessies van armoede
  aan te spreek?                                                                              (10)
                                                                                              [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                       GROOTTOTAAL:           150

 Kopiereg oorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/b7d1646a-1959-4170-8d12-2cc36869a0ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/149ad84a-c4c2-4a55-bcd2-d746db2272b2) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answers/6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
