# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/e7133f2a-0119-4dec-a4e0-ba78794e5f91
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/e7133f2a-0119-4dec-a4e0-ba78794e5f91)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2022

                          EKONOMIE V2
                          NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    C     –   marginale inkomste 
       1.1.2    C     –   oligopolie 
       1.1.3    A     –   gedifferensieerde 
       1.1.4    D     –   eksternaliteite 
       1.1.5    B     –   koste-voordeel-analise
       1.1.6    A     –   teikening 
       1.1.7    D     –   vervoer 
       1.1.8    B     –   klimaatverandering                               (8 x 2)     (16)

1.2    PASITEMS

       1.2.1    D     –    Aanbevelings aanvaar of verwerp en oordeel 
       1.2.2    E     –    Het ŉ hibriede struktuur 
       1.2.3    F     –    Lei tot ŉ tekort aan goedere in die ekonomie 
       1.2.4    B     –    Gemiddelde veranderlike koste is gelyk aan prys 
       1.2.5    I     –    ŉ Beleid om pryse van items soos verbandrentekoste
                           aan prysindekse te koppel 
       1.2.6    G     –    Deur die land te reis 
       1.2.7    C     –    Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied 
       1.2.8    A     –    Enige strategie wat aangepak word om die omgewing te
                           beskerm en ongeskonde te hou                    (8 x 1)      (8)

1.3    GEE EEN TERM

       1.3.1   Lang termyn 
       1.3.2   Naturale monopolie 
       1.3.3   Swart mark 
       1.3.4   Hiperinflasie 
       1.3.5   Uitgaande toerisme 
       1.3.6   Basil Konvensie                                             (6 x 1)      (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   EKONOMIE V2                                        3

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere en
                 dienste.
                  • Nasionale verdediging 
                  • Vuurtoring 
                  • Straatbeligting 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2)

        2.1.2    Hoe word die markprys in ŉ volmaak mededingende mark
                 bepaal?
                  • Die markprys word bepaal deur interaksie tussen vraag en
                    aanbod. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2)

2.2     DATA-RESPONS

        2.2.1    Identifiseer ŉ hindernis vir marktoetrede tot ŉ oligopolie uit
                 die bogenoemde uittreksel.
                  • Patent 
                  • Groot hoeveelheid hulpbronne                                        (1)

        2.2.2     Gee EEN vorm van nie-prys-mededingingstrategie wat
                  oligopolieë gebruik.
                  • Reklame 
                  • Lojaliteitsbelonings 
                  • Deur-tot-deur aflewerings 
                  • Produkdifferensiasie 
                  • Verlengde inkopie-ure 
                  • Verkope op die internet 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die term oligopolie.
                 Oligopolie is ŉ markstruktuur waar slegs ŉ paar groot verkopers
                 bedrywig is, en toegang moeilik is en produkte gedifferensieer kan
                 word of homogeen. 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2022)

    2.2.4    Verduidelik interafhanklikheid as ŉ kenmerk van ŉ
             oligopolistiese mark.
              • Interafhanklikheid bestaan wanneer firmas in ŉ oligopolie hul
                 mededingers se reaksies oorweeg terwyl pryse en uitset aangepas
                 word. 
              • Elke firma is bewus van hoe mededingende firmas sal reageer op
                 enige aksie wat hulle neem. 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                               (2)

    2.2.5    Teken ŉ goed benoemde grafiek van ŉ vraagkurwe van ŉ
             oligopolie.

               Prys
                          V
                                                   korrekte vorm

               P/12                     e

                                                V
                      0                 H/ 30                Hoeveelheid 

               Puntetoekenning
               Korreksie-etikettering van beide asse                1
               Korrekte vorm (geknikte vraagkurwe)                  1
               Aanduiding en byskrifte van die knik-ewewig          2
                                              Maksimum              4 punte                   (4)

2.3 2.3.1    Identifiseer die subsidiearea vanaf die grafiek hierbo.
              yz                                                                              (1)

    2.3.2    Gee enige EEN voorbeeld van ŉ direkte subsidie.
             • Kontanttoelaes 
             • Rentevrye lenings 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                (1)

    2.3.3    Beskryf kortliks die term produksiesubsidie.
             ŉ Produksiesubsidie is ŉ finansiële toekenning of hulpbron wat deur die
            regering aan besighede gegee word om die produksie van ŉ goed of
            diens te ondersteun 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                (2)
    2.3.4    Waarom word onvolmaakte markte as allokatief ondoeltreffend
             beskou?
            • Produkmengsel van onvolmaakte markte weerspieël nie verbruiker
               se smaak nie en daarom word hulpbronne nie in die regte
               verhoudings toegeken nie, die hoeveelhede wat deur verbruikers
               benodig word, is nie beskikbaar nie. 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   EKONOMIE V2                                       5

        2.3.5   Verduidelik die impak van ŉ produsentesubsidie op die
                ekonomie.
                 • Meer goedere sal vervaardig word 
                 • Algehele aanbod van die gesubsidieerde produk sal
                   toeneem 
                 • Die prys van goedere sal verlaag word en die hoeveelheid gevra
                   van daardie goed sal toeneem 
                 • Soos die produsent die aanbod verhoog, word die
                   produksiekoste verlaag wat die verskaffer in staat stel om
                   voordeel te trek uit beide die subsidie en laer koste 
                 • As gevolg van die subsidie sal die verhoogde aanbod die groter
                   hoeveelheid gevra kan akkommodeer 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)         (2 x 2)    (4)

2.4      Onderskei tussen meriete goedere en nie-merietegoedere.

        Merietegoedere
         • Goedere wat as nodig/voordelig vir die samelewing geag word  bv.
           gesondheidsorg en onderwys 
         • Hulle is hoogs wenslik vir die algemene welsyn, maar nie die hoogste
           aangeslaan deur die mark nie 
         • Mark produseer minder as die verlangde hoeveelhede/voorsien
           onvoldoende aanbod 
         • As mense markpryse daarvoor moes betaal, sou relatief te min verbruik
           word 
         • Rede vir onderaanbod van merietegoedere is dat die mark slegs die
           private voordeel in ag neem en nie die maatskaplike voordeel nie 
        (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)           (Maks. 4)

        Nie-merietegoedere
         • Goedere of dienste wat as skadelik vir die samelewing beskou word, dus
           moet minder daarvan verbruik word, bv. alkohol, sigarette ens. 
         • Hulle is hoogs ongewens vir die algemene welsyn van die samelewing,
           maar word oorverbruik 
         • Daar is ŉ ooraanbod van nie-merietegoedere 
         • Verbruikers is onbewus van die ware koste van die verbruik daarvan 
        (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (Maks. 4)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

2.5     Ondersoek die nadele vir die bestaan van die monopolistiese
        mededingende mark.
       • ŉ Firma kan nie optimale produksiedoeltreffendheid bereik nie 
       • Produktiewe ondoeltreffendheid kan die hulpbronvermorsing in die bedryf
          verhoog 
       • Die ewewigsprys is hoog daarom betaal verbruikers hoë pryse 
       • Dit is onmoontlik vir die firmas om ekonomiese wins op die lang termyn
          te verkry 
       • Meer fondse word aan advertensies bestee as om die kwaliteit van die
          produk te verbeter  wat dan daartoe lei dat verbruikers produkte van
          minderwaardige gehalte koop 
        (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                (4 x 2)    (8)
                                                                                    [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1    3.1.1   Noem enige TWEE tipes besoedeling.
               • Lugbesoedeling 
               • Waterbesoedeling 
               • Grondbesoedeling 
               • Klankbesoedeling                                                    (2)

       3.1.2   Hoe kan Suid-Afrika se swak rand inkomende toeriste uit die
               Verenigde State van Amerika beïnvloed?
               • Inkomende toeriste van die Verenigde State van Amerika sal
                 meer geld vir hul sterk Amerikaanse dollar ontvang en dus meer
                 binne Suid-Afrika spandeer. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2)

3.2    3.2.1   Gee EEN voorbeeld van inheemse kennis.
               • Rotsverf/kuns 
               • Tradisionele kos en klere 
               • Erdewerk 
               • Kralewerk 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (1)

       3.2.2   Watter tipe Wêrelderfenisgebied is uKhahlamba Drakensberg-
               park?
               Omgewing                                                              (1)

       3.2.3   Beskryf kortliks die terme inheemse kennisstelsel.
               Dit is kennis ontwikkel binne inheemse samelewings onafhanklik
               van en voor die koms van moderne wetenskaplike kennis-
               stelsel/kennis-sisteem wat uniek aan ŉ gegewe kultuur is. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                    EKONOMIE V2                                          7

       3.2.4    Verduidelik die doel van die Welkom-veldtog as die
                bemarkingstrategie vir toerisme.
                 Die doel van die Welkom-veldtog as ŉ bemarkingstrategie is
                 om:
                 • alle Suid-Afrikaners aan te moedig om elke toeris tuis te laat
                   voel en ŉ onvergeetlike ervaring in die land te hê 
                 • toeriste aan te moedig om terug te keer vir ŉ herhaalde
                   besoek en ander te vertel van hul ervaring in die land wat
                   besoek is 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

       3.2.5    Hoe dra inheemse kennisstelsel tot plaaslike gemeenskaps-
                ontwikkeling by?
                 Inheemse kennisstelsel dra by tot gemeenskapsontwikkeling deur:
                 • die bewaring van die omgewing 
                 • die ontwikkeling van volhoubare landbou 
                 • die versekering van voedselsekerheid 
                 • die instandhouding van tradisionele praktyke aan te moedig 
                 • aanmoediging van gedragsveranderinge en lewenstyl 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (2 x 2)         (4)

3.3    3.3.1    Skryf die afkorting ‘SARB’ volledig uit.
                Suid-Afrikaanse Reserwebank                                                 (1)

       3.3.2    Wat beteken 25 basispunte?
                0,25% / persent                                                             (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term repokoers.
                Die koers waarteen die sentrale bank van ŉ land geld aan
                kommersiële banke leen in die geval van enige tekort aan fondse. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

       3.3.4    Hoe kan loonverhogings inflasie beïnvloed?
                Verhogings in lone lei tot ŉ styging in produksiekoste wat lei tot ŉ
                styging in pryse, daarom is loonverhogings ŉ bron van koste-druk-
                inflasie. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

       3.3.5    Waarom is die Monetêre Beleidskomitee belangrik in Suid-Afrika?
                Die werk van die Monetêre Beleidskomitee is belangrik omdat dit:
                • ŉ rentekoers wat ooreenstem met die bereiking van die
                    inflasieteiken van 3%–6% bepaal 
                • ŉ rentekoers as ŉ uitbreidingsmaatstaf kan gebruik deur die
                    repokoers te verlaag om die ekonomie te stimuleer 
                • ŉ rentekoers as ŉ inkrimpende monetêre maatstaf kan gebruik
                    deur die repokoers te verhoog sodat die ekonomie verlangsaam
                    
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (2 x 2)         (4)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2022)

3.4    Bespreek die fiskale maatreëls om inflasie te bekamp.
       Fiskale maatreëls is maatreëls wat deur die Minister van Finansies getref
       word met betrekking tot belasting en uitgawes. 
       • ŉ Verhoging in direkte belasting (persoonlike inkomstebelasting) wat sal
          help om die vraag te verminder. 
       • ŉ Styging in indirekte belasting (BTW) veroorsaak dat besteding afneem
          omdat goedere duurder word. 
       • ŉ Leningsheffing verminder die besteebare inkomste van verbruikers. 
       • Die staat besnoei uitgawes deur regeringsprojekte soos paaie, hospitale
          en skole te kanselleer. 
       • Die land se finansiële begrotingstekort is nie-inflasionêr (die regering
          gebruik lenings van die nie-banksektor om inflasie te beperk). 
       • Die staat stel bybetalings op ingevoerde goedere. 
       • Dit verhoog die prys van hierdie ingevoerde goedere, wat daartoe lei dat
          baie mense nie kan bekostig om hierdie goedere te koop nie. 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (4 x 2)     (8)

3.5    Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig?
       Toerisme kan armoede verlig veral in landelike gebiede deur:
       • die verspreiding van hulpbronne na landelike gebiede om hulle as
         toeristeterreine te ontwikkel. 
       • geleenthede te bied om bronne van inkomste vir die armes te diversifiseer
         deur ŉ aandeel in kleinskaalse toerisme toe te laat 
       • die bemagtiging van landelike mense om geleenthede soos
         werksopleiding te ontgin en vennootskap met hoofstroombesighede te
         skep 
       • die bevordering van plaaslike ondernemings wat deur die armes besit
         word om as ŉ voordeel te dien aangesien toeriste ŉ wye verskeidenheid
         goedere/dienste koop 
       • die verskaffing van ŉ groot aantal werksgeleenthede aan mense met min
         of geen formele opleiding 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (4 x 2)           (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   EKONOMIE V2                                        9

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1 4.1.1 Noem enige TWEE tipes samespanning.
          • kartelle/openbaar/eksplisiet 
          • prysleierskap/stilswyend/implisiet 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      4.1.2 Hoe sal ŉ hoë inflasiekoers die betalingsbalans beïnvloed?
            ŉ Hoë inflasiekoers sal lei tot:
            • duur uitvoere (min uitgevoer) en goedkoper invoere (baie ingevoer)
               en sodoende die tekort in die betalingsbalans
               verhoog. 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (2)

4.2 4.2.1 Identifiseer die inkomstemaksimerende uitset uit die tabel hierbo.
           • 5 eenhede                                                                  (1)

      4.2.2 Wat beteken die frase monopoliste beheerprys?
            • Monopolie stel sy eie prys vas 
            • Prysmaker                                                                 (1)

      4.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste.
            • Dit is inkomste per eenheid 
            • dit bereken as totale inkomste gedeel deur eenhede verkoop 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      4.2.4 Verduidelik die aard van produkte wat deur ŉ monopolis verkoop
            word.
            • Produkte is uniek en het nie soortgelyke plaasvervangers nie             (2)

      4.2.5 Hoekom is dit vir ŉ monopolis moontlik om ŉ ekonomiese verlies
            op ŉ kort termyn te maak?
            • Op die kort termyn is die monopolis nie in staat om al sy insette te
              verander nie, dan is die koste van produksie hoog 
            • Die vraag na die produk is dalk nie voldoende om wins te lewer nie
              
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)      (4)

4.3 4.3.1 Identifiseer die persentasie verandering van die wesensinflasie van
          Desember tot Januarie uit die inligting hierbo.
          0,2%                                                                          (1)

      4.3.2 Noem die verbruikersinflasie wat items met wisselvallige pryse
            uitsluit.
            Kerninflasie                                                                (1)

      4.3.3 Beskryf kortliks die term wesensinflasie.
            • Weseninflasie verwys na inflasie gemeet deur VPI en slegs vir
              stedelike gebiede bereken 
            • Dit verwys na onaangepaste VPI-syfers                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

       4.3.4   Hoe veroorsaak beleggingsbesteding vraag-trek-inflasie?
               • Besighede belê meer en dit kan lei tot ŉ toename in die vraag na
                 die kapitaalgoedere en dienste wat deel vorm van die
                 belegging 
               • As die totale vraag teen ŉ vinniger tempo toeneem as die totale
                 aanbod, sal prysstygings volg 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

       4.3.5   Hoe word vaste-inkomsteverdieners negatief deur inflasie
               geraak?
               • Vaste-inkomsteverdieners word erg deur inflasie geraak omdat hul
                 inkomste nie toeneem op dieselfde tyd as wat pryse dit doen
                 nie 
               • Soos pryse toeneem, koop die inkomste van vaste-
                 inkomsteverdieners al hoe minder en dit lei tot ŉ daling in hul
                 standaard van lewe 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4)

4.4    Verduidelik die gebrek aan inligting as ŉ oorsaak vir markmislukking.
       • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om
         rasionale besluite te neem nie en dit kan lei tot ondoeltreffende toewysing
         van hulpbronne 
       • Verbruikers benodig gedetailleerde inligting oor goedere en dienste om hul
         nut te maksimeer 
       • Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede en kan dus nie die
         vereiste werk kry nie en dit sal die produksie van goedere en dienste
         beïnvloed 
       • Entrepreneurs het nie inligting oor koste nie, beskikbaarheid van
         produktiwiteit van produksiefaktore het ŉ impak op hul doeltreffendheid 
       • Entrepreneurs kan op grond van verkeerde inligting werk 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (4 x 2)        (8)

4.5    Evalueer die sosiale impak van toerisme.

       Positiewe impak
       • Toerisme bevorder reis en nuwe mense ontmoet en vriende maak 
       • Toeriste kan oor verskillende kulture leer 
       • Daar is groter begrip van mense wat in verskillende samelewings leef 
       • Plaaslike gemeenskappe is in staat om hul vaardighede en sosiale status te
         verbeter 
       • Mense trek voordeel uit verbeterde en nuwe fasiliteite soos besiens-
         waardighede en spysenieringsfasiliteite 
       • Toerisme-aktiwiteite lei tot direkte en indirekte werksgeleenthede wat
         geskep word vir plaaslike mense in toerismebestemmings 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 EKONOMIE V2                                     11

       Negatiewe impak
       • Toerisme kan konflik tussen toeriste en gasheergemeenskappe tot gevolg
         hê omdat mense in die area aanstoot kan neem van toeriste omdat hulle
         voel dat hulle hul gemeenskap oorneem 
       • Daar kan verhoogde misdaad in die besoekte gebied wees bv.
         dwelmhandel, roof, ens. 
       • Mense kan van hul oorspronklike woonplek verwyder word om plek vir
         toerisme-ontwikkeling te maak 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
       (Kandidate kan na die een kant of albei kyk)                     (4 x 2)      (8)
                                                                                    [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                           EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•    Met behulp van goed benoemde grafieke, bespreek in detail die
     verskillende korttermyn-ewewigsposisies van ŉ individuele onderneming
     in ŉ volmaakte kompetisie.                                    (26 punte)
•    Hoe beskerm die Mededingingswet verbruikers?                  (10 punte)
INLEIDING
Die individuele onderneming kan op die kort termyn, ekonomiese wins, ekonomiese
verlies of normale wins maak. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)              (Maks. 2 punte)                    (2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ekonomiese wins 
•   ŉ Firma maak ekonomiese wins wanneer die gemiddelde inkomste (GI)
    groter as die gemiddelde koste (GK) is/ totale inkomste (TI) groter as totale
    koste (TK) is. 
•   Ekonomiese wins is die wins wat ŉ besigheid maak wat meer is as die
    normale wins 
                              Ekonomiese wins

             Prys/Inkomste/Koste
                                                           MK

                                                 E                       GK 
                                   R10                                    V=GI=MI 

                                   R8                 F

                                        0        15        Hoeveelheid
             Puntetoekenning
             Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes           = 1 punt
             Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt
             Korrekte aanduiding van ekonomiese winste             = 2 punte
                                                              Maks. = 4 punte

Grafiese verduideliking
• Die hoeveelheid geproduseer is 15 en die firma se gemiddelde inkomste
    (GI) is R10  terwyl die gemiddelde koste per eenheid R8 is wat laer is as
    die prys van R10 
• ŉ Besigheid sal op die uitsetvlak produseer waar MI=MK (punt E) omdat dit
    wins op hierdie vlak kan maksimeer 
• ŉ Besigheid maak ekonomiese winste wanneer die laagste punt van GK-
    kurwe onder die markprys is 
• Ekonomiese wins in die grafiek hierbo is R2 x 15 = R30 

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                           EKONOMIE V2                                         13

 • Die verskil tussen hierdie twee areas is die ekonomiese wins wat deur die
   ingekleurde area verteenwoordig word 
                                                     Maks. 6 punte vir verduideliking

 Ekonomiese verlies 
 • ŉ Besigheid maak ekonomiese verlies wanneer sy inkomste minder as sy koste is
   
 • Die minimum punt van die GTK-kurwe lê bo die markprys 
 • Dit impliseer dat die gemiddelde inkomste minder as die gemiddelde
   koste is 
                                              Ekonomiese verlies

             Prys/Inkomste/Koste
                                                                   GK 
                                                         MK
                                                G
                                   R12
                                         
                                   R10                                 V=GI=MI 
                                                    E

                                    0
                                               15        Hoeveelheid

          Puntetoekenning
          Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes            = 1 punt
          Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt
          Korrekte aanduiding van ekonomiese verlies             = 2 punte
                                                           Maks. = 4 punte

 Grafiese verduideliking
 • Gegewe ŉ markprys van R10, word wins gemaksimeer waar MI = MK en dit vind
   plaas by hoeveelheid 15 
 • By hoeveelheid 15 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van
   produksie R10  en die gemiddelde koste per eenheid is R12 wat hoër is as die
   prys van R10 
 • Die firma maak ŉ ekonomiese verlies wat gelyk is aan die -R2 x 15 = -R30 verlies
   
                                                    Maks. 6 punte vir verduideliking

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2022)

 Normale wins 
 • Normale wins is die maksimum opbrengs wat die eienaar van ŉ firma verwag om
   te ontvang om aan te hou om in die bedryf te werk 
 • ŉ Firma maak normale winste wanneer totale inkomste (TI) gelyk is aan totale
   koste of wanneer gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan gemiddelde koste (GK)
   
 • Normale winste is op die punt waar die besigheid genoeg inkomste genereer om
   al sy kostes voldoende te dek sonder dat buitensporige winste gemaak word 

                                           Normale wins

        Prys/Inkomste/ koste
                                                    MK           GK 

                                          
                               R10              E                     V=GI=MI 

                                0          15         Hoeveelheid
       Puntetoekenning
       Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes            = 1 punt
       Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt
       Korrekte aanduiding van normale wins                   = 2 punte
                                                        Maks. = 4 punte

 Grafiese verduideliking
 •   Gegewe ŉ markprys van R10, word wins gemaksimeer waar MI = MK = P en dit
     gebeur by punt E waar hoeveelheid 15 is 
 •   By 15 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie R10,
     wat ook gelyk is aan die gemiddelde koste per eenheid R10 
 •   Aangesien gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste maak die
     produsent ŉ normale wins 
                                                     Maks. 6 punte vir verduideliking
                                                                   (Maks. 26 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  EKONOMIE V2                                        15

 ADDISIONELE DEEL
 • Die Mededingingswet probeer om praktyke uit te skakel wat negatiewe
    uitwerking op mededinging het wat die verbruiker bevoordeel 
 • Mededinging sal bevorder en volgehou word in die markte wat daartoe sal
    lei dat verbruikers laer pryse vir goedere en dienste betaal 
 • Verbruikers se belange word beskerm om vryheid van handel te
    verseker 
 • Verbruikers word beskerm teen prysopblasing deur produsente met die
    doel om hoër winste te maak 
 • Minimum kwaliteit spesifikasies en veiligheidstandaarde word gestel vir
    beide goedere en dienste wat meganisme daarstel om verbruikers se
    griewe reg te stel 
 • Vorming van kartelle wat lei tot samespanningspryse, verdeling van markte
    en gesamentlike besluite om aanbod te verminder word deur die wet
    verhoed 
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)               (Maks. 10 punte)      (10)

 SLOT
 In werklikheid is daar min volmaakte markte in sommige sektore soos mynbou en
 landbou waar voorwaardes vir ŉ volmaakte mark nagekom word. 
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (Maks. 2 punte)           (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 •   Bespreek in detail regeringsmaatreёls om volhoubare ontwikkeling te
     verseker.                                                  (26 punte)
 •   Hoe gebruik Suid-Afrika bewaring om ŉ volhoubare omgewing te
     verseker?                                                  (10 punte)

 INLEIDING
 Omgewingsvolhoubaarheid verwys na die ontwikkeling wat die huidige behoeftes
 van die mense bevredig sonder om die kwaliteit van die omgewing te komprimeer
 sodat dit ewe bekwaam bly om die toekomstige geslagte te ondersteun 
 (Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                    (Maks. 2 punte)        (2)

HOOFDEEL

 Toekenning van eiendomsregte 
 • Eiendomsregte is wette wat reguleer hoe individue hulpbronne kan beheer,
   gebruik, voordeel trek en oordra 
 • Eiendomsregte het positiewe bewaringseffekte omdat dit verseker dat mense
   sorg vir die eiendom wat hulle besit 
 • Hulle sal dit so lank as moontlik gebruik indien winsgewend, selfs vir
   generasies om te kom 
 • Om te verhoed dat fauna en flora spesies uitsterf, kan die regering mense
   eiendomsreg oor hulle toelaat 
 • Eienaars van eiendomme kan dan die omgewing teen min koste aan
   belastingbetalers bewaar 
 • Eiendomsregte kan uitgebrei word na algemene goedere soos skoon lug 
 • Kyoto-protokol is ŉ internasionale ooreenkoms waarvolgens ontwikkelde
   lande ontwikkelende lande betaal vir hul reg om te besoedel 

 Betaal vir omgewingsgebruik 
 • Die regering kan die omgewing beskerm deur gebruikersfooie en heffings te
   hef op individue wat die omgewing gebruik of beskadig 
 • Regering hef fooie vir afval wat geproduseer en in die omgewing gestort
   word 
 • In Suid-Afrika hef plaaslike owerhede heffings op vullis wat versamel word
   en rioolstorting 
 • Heffings moet eweredig aan die afval wees vir die beste resultate omdat ŉ
   vaste totale heffing nie afvalprodusente sal aanmoedig om afval te verminder
   nie 

 Hef omgewingsbelasting 
 • Dit staan ook as groenbelasting of ekobelasting bekend 
 • Die regering hef hierdie belasting op verbruik van ŉ goed wat ŉ negatiewe
   impak op die omgewing het en nie ten goede van die omgewing is nie 
 • Bv. heffing op plastieksakke, filament gloeilampe, bande ens. 
 • Om ŉ sosiaal doeltreffende uitset te bereik, moet die belastingkoers gelyk
   wees aan die marginale eksterne koste 

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                EKONOMIE V2                                       17

 Betaal omgewingsubsidies 
 • Die regering betaal ŉ subsidie aan firmas wat hulle in staat stel om
    besoedelingsvlakke met ŉ sekere persentasie of onder ŉ sekere vlak te
    verminder 
 • Bv. die regering subsidieer nuwe tegnologie wat energie bespaar, soos
    energiebesparende gloeilampe of sonkraggeisers 

 Reik bemarkbare permitte uit 
 • Die regering reik ŉ permit aan elke firma uit wat ŉ sekere hoeveelheid
    besoedeling toelaat, so dit stel ŉ standaard 
 • Firmas word toegelaat om die permitte aan ander firmas te verhandel wat
    ŉ groter besoedelingsvlak het 
 • Wanneer uitset verhoog word, kan elke firma besluit of dit meer
    winsgewend is om permitte vir bykomende besoedeling te koop of om sy
    tegnologie te verander om minder besoedeling te produseer deur sy
    huidige permitte te gebruik 

Bevel en beheer 
• Maksimum toegelate vlakke word gestel, bv. emissie minimum aanvaarbare
   vlakke van omgewingskwaliteit 
• Inspekteurs monitor die aktiwiteite en lê boetes op indien die wetlike perke nie
   gerespekteer word nie 
• Daar is drie benaderings tot die ontwerp van bevel- en beheerstelsel:
• Hoeveelheidstandaarde: fokus op hoeveelhede besoedeling wat
   vrygestel word 
• Gehaltestandaarde:  Hierdie fokus op die omgewingsimpak van die
   besoedeling wat vrygestel word. 
• Maatskaplike impakstandaarde:  Hierdie fokus op die uitwerking op
   mense van die besoedeling wat vrygestel word.

Vrywillige ooreenkomste 
• Die regering probeer om vrywillige ooreenkomste met besighede aan te gaan
   om besoedeling te verminder. Eerder as om wette en regulasies op te lê 
• Hierdie ooreenkomste sluit formele kontrakte of informele verbintenisse in wat
   besighede onderhandel om by hul eie omstandighede te pas 

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 18                               EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

Onderwys 
• Dit word gebruik om mense se houding teenoor die omgewing te probeer
   verander 
• Innoverende benaderings is probeer om die wêreld te ontwikkel om mense op
   te voed, bv. die oprigting van ŉ gemeenskapswildreservaat  
• Onderwys moet aspekte van inheemse kennisstelsels insluit omdat inheemse
   mense ŉ breë kennis het van hoe om volhoubaar te leef 
• Mense moet bewus gemaak word van omgewingskwessies en die gevolge van
   hul optrede 
• Om hul verbruiksgewoontes meer omgewingsvriendelik te maak
• Onderwys speel ŉ belangrike rol in die verbetering van mense se vermoë om
   die omgewing te bestuur 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (Maks. 26 punte)      (26)
Maksimum van 8 punte vir blote lys van feite of voorbeelde.

 ADDISIONELE DEEL
Bewaring hou verband met die versorging van natuurlike hulpbronne om te
verseker dat hulle nie heeltemal opgebruik word en uit die omgewing verdwyn
nie. 
Suid-Afrika verseker volhoubare omgewing deur bewaring deur:
 • herkenning, beskerming en instandhouding van tradisionele kennis,
     praktyke en kulture 
• om tradisionele kennis te gebruik met goedkeuring en betrokkenheid van
     diegene wat die kennis besit 
• die vestiging en doeltreffende bestuur van ŉ verteenwoordigende en
     doeltreffende stelsel van beskermde gebiede 
• beheer en voorkoming van inbring van skadelike spesies wat die
     biodiversiteit bedreig 
• versterking van maatreëls vir die bewaring van biologiese diversiteit buite
     natuurlike habitat 
• die handhawing van voorraadvlakke van omgewingshulpbronne deur die
     uitreiking van permitte en kwotas 
• die handhawing van hernubare voorraad deur kragte van vraag en
     aanbod 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)              (Maks. 10 punte)    (10)

SLOT
Die omgewing is belangrik as ŉ kosbare hulpbron wat deur beide die regering en
individue grootliks versorg moet word.
Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                (Maks. 2 punte)      (2)

                                                          TOTAAL AFDELING C: 40
                                                              GROOTTOTAAL: 150

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
