# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2022

                     EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                                     EKONOMIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

        •     AFDELING A: VERPLIGTEND
        •     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
        •     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik word.

 3.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 4.     Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 6.     Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.

 7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
        nagesien word NIE.

 8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 9.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2022)                         EKONOMIE V2                                        3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    In ŉ perfekte mark sal die prys van die produk altyd gelyk wees
                 aan …

                 A    marginale koste.
                 B    gemiddelde koste.
                 C    marginale inkomste.
                 D    totale inkomste.

        1.1.2    ’n Markstruktuur waar samespanning plaasvind is ŉ …

                 A    volmaakte mark.
                 B    monopolie.
                 C    oligopolie.
                 D    monopolistiese mark.

        1.1.3    Monopolistiese mededingende firmas verkoop ... goedere.

                 A    gedifferensieerde
                 B    homogene
                 C    dieselfde
                 D    unieke

        1.1.4    Die koste en voordele aan die derde party wat nie by die markprys
                 ingesluit is nie, word….. genoem.

                 A    private koste
                 B    maatskaplike voordele
                 C    interne koste
                 D    eksternaliteite

        1.1.5    ŉ Instrument wat die regering vereis om opsies te vergelyk om te
                 bepaal om met ŉ projek voort te gaan of nie, word ŉ … genoem.

                 A    uitvoerbaarheidstudie
                 B    koste-voordeel-analise
                 C    SWOT-analise
                 D    behoefte-analise

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                        EKONOMIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.1.6    Om inflasie tussen 3% – 6% te hou, word inflasie… genoem.

               A     teikening
               B     monitering
               C     kosteberekening
               D     meeting

      1.1.7    Paaie, lughawens, parkeerterreine, ens. noodsaaklik vir toeriste-
               bestemming word … -infrastruktuur genoem.

               A     kommunikasie
               B     dienste
               C     energie
               D     vervoer

      1.1.8    'n Beduidende en volgehoue verandering in die normale weerpatrone
               word na as ... verwys.

               A     verwering
               B     klimaatverandering
               C     klimatologie
               D     kondensasie                                                   (8 x 2)     (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1    Mededingings-         A     Enige strategie wat aangepak word om die
               tribunaal                   omgewing te beskerm en ongeskonde te hou

      1.2.2    Monopolistiese        B     Gemiddelde veranderlike koste is gelyk aan
               kompetisie                  prys

      1.2.3    Maksimum prys         C     Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied

      1.2.4    Afsluitpunt           D     Aanbevelings aanvaar of verwerp en oordeel
                                           sȇ

      1.2.5    Indeksasie            E     Het ŉ hibriede struktuur

      1.2.6    Transit-toerisme      F     Lei tot ŉ tekort aan goedere in die ekonomie

      1.2.7    Sterkfontein grotte   G     Deur die land te reis

      1.2.8    Bewaring              H     Informele ooreenkoms oor pryse

                                     I     ŉ Beleid om pryse van items soos
                                           verbandrentekoste aan prysindekse te koppel
                                                                                (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2022)                       EKONOMIE V2                                            5

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1    ŉ Tydperk van produksie waar alle insette veranderlik is

        1.3.2    ŉ Monopolie wat as gevolg van hoë begin- en instandhoudings-
                 koste gevorm word

        1.3.3    Mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop word

        1.3.4    Uiterste styging in die pryse van goedere en dienste van meer as
                 50%

        1.3.5    Die soort toerisme waar Suid-Afrikaners na ander lande gaan

        1.3.6    ŉ Internasionale ooreenkoms wat handel van die gevaarlikste
                 stowwe beheer                                            (6 x 1)          (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     EKONOMIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere en dienste.                        (2)

       2.1.2   Hoe word die markprys in ŉ volmaak mededingende mark bepaal?                       (2)

2.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       OLIGOPOLIE

       Die wêreldmark vir farmaseutiese produkte funksioneer as ŉ oligopolie as
       gevolg van die aard van die bedryf en die hindernisse tot toetrede wat
       bestaan.

       Die ontwikkeling van ŉ nuwe geneesmiddel is ŉ uiters komplekse en duur
       taak wat ŉ groot hoeveelheid hulpbronne verg. Daarbenewens het die
       meeste medisyne patente wat beteken dat dit nie deur ander firmas
       gerepliseer en vervaardig kan word nie.
                         [Bron: www.invetopedia.com. Toegang op 15 Desember 2021 verkry.]

       2.2.1   Identifiseer ŉ hindernis vir marktoetrede tot ŉ oligopolie uit die
               bogenoemde uittreksel.                                                             (1)

       2.2.2   Gee EEN vorm van nie-prys-mededingingstrategie wat oligopolieë
               gebruik.                                                                           (1)

       2.2.3   Beskryf kortliks die terme oligopolie.                                             (2)

       2.2.4   Verduidelik interafhanklikheid as ŉ kenmerk van oligopolistiese
               markte.                                                                            (2)

       2.2.5   Teken ŉ goed benoemde grafiek van ŉ vraagkurwe van ŉ oligopolie.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2022)                            EKONOMIE V2                                        7

 2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          2.3.1       Identifiseer die subsidie vanaf die grafiek hierbo.                    (1)

          2.3.2       Gee enige EEN voorbeeld van ŉ direkte subsidie.                        (1)

          2.3.3       Beskryf kortliks die term produksiesubsidie.                           (2)

          2.3.4       Waarom word onvolmaakte markte as allokatief ondoeltreffend
                      beskou?                                                                (2)

          2.3.5       Verduidelik die impak van ŉ produsentesubsidie op die ekonomie.        (4)

 2.4      Onderskei tussen merietegoedere en nie-merietegoedere.                             (8)

 2.5      Ondersoek die nadele            vir die bestaan       van die monopolistiese
          mededingende mark.                                                                 (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                     EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Noem enige TWEE tipes besoedeling.                                                  (2)

       3.1.2   Hoe kan Suid-Afrika se swak rand inkomende toeriste uit die
               Verenigde State van Amerika beïnvloed?                                              (2)

 3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               ROTSKUNS IN SUID-AFRIKA

       Rotskuns verskaf belangrike inligting oor die eerste nasies in die streek. Dit
       gee insig in die lewenswyse en psige (denke) van die eerste inwoners van
       Suider-Afrika.

       Rotskuns is ŉ inheemse erfenis. Die rotskuns in die uKhahlamba-
       Drakensbergpark is sowat 3 000 jaar oud.

                                                     [Aangepas uit Afrika-begrotingsafari's]

       3.2.1    Gee EEN voorbeeld van inheemse kennis.                                             (1)

       3.2.2    Watter tipe Wêrelderfenisgebied is uKhahlamba Drakensbergpark?                     (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die terme inheemse kennisstelsel.                                 (2)

       3.2.4    Verduidelik die doel van die Welkom-veldtog as die bemarking-
                strategie vir toerisme.                                                            (2)

       3.2.5    Hoe dra inheemse kennisstelsel tot plaaslike gemeenskaps-
                ontwikkeling by?                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2022)                          EKONOMIE V2                                              9

3.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          DIE SARB VERLAAG DIE REPOKOERS
                                             DIE DRUPPEL …

                                                                     SA EKONOMIE

        Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het 25 basispunte van die repokoers
        afgeneem. Hierdie optrede het die repokoers afgebring tot 3,5%, 'n volle 300
        basispunte onder van waar dit in 2020 begin het (en ŉ rekordlaagtepunt van
        vier dekades).

                          [Aangepas uit directaxis.co.za. Toegang op 21 November 2021 verkry.]

        3.3.1    Skryf die afkorting ‘SARB’ volledig uit.                                             (1)

        3.3.2    Wat beteken 25 basispunte?                                                           (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die term repokoers.                                                 (2)

        3.3.4    Hoe kan loonverhogings inflasie beïnvloed?                                           (2)

        3.3.5    Waarom is die Monetêre Beleidskomitee belangrik in Suid-Afrika?                      (4)

3.4     Bespreek die fiskale maatreëls om inflasie te bekamp.                                         (8)

3.5     Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig?                                     (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE tipes samespanning.                                       (2)

       4.1.2    Hoe sal ŉ hoë inflasiekoers die betalingsbalans beïnvloed?                (2)

 4.2   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        INKOMSTETABEL VIR 'N MONOPOLIE
         Prys    Hoeveel-      Totale   Gemiddelde     Marginale
                   heid      inkomste     inkomste     inkomste
          11        0            0            -            -
          10        1           10           10           10
          9         2           18            9            8
          8         3           24            8            6
          7         4           28            7            4
          6         5           30            6            2

       4.2.1    Identifiseer die inkomstemaksimerende uitset uit die tabel hierbo.        (1)

       4.2.2    Wat beteken die frase monopoliste beheerprys?                             (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste.                            (2)

       4.2.4    Verduidelik die aard van produkte wat deur ŉ monopolis verkoop
                word.                                                                     (2)

       4.2.5    Hoekom is dit vir ŉ monopolis moontlik om ŉ ekonomiese verlies in
                die korttermyn te maak?                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2022)                        EKONOMIE V2                                            11

 4.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  VERBRUIKERSINFLASIE VERLAAG IN JANUARIE 2022

        Weseninflasie het in Januarie 2022 tot 5,7% gedaal vanaf 5,9% in Desember
        2021.
                                            [Bron: Statistiek Suid-Afrika: 16 Februarie 2022.]

        4.3.1    Identifiseer die persentasie verandering van die wesensinflasie van
                 Desember tot Januarie uit die inligting hierbo.                                  (1)

        4.3.2    Noem die verbruikersinflasie wat items met wisselvallige pryse
                 uitsluit.                                                                        (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die term wesensinflasie.                                        (2)

        4.3.4    Hoe veroorsaak beleggingsbesteding vraag-trek inflasie?                          (2)

        4.3.5    Hoe word vaste-inkomsteverdieners negatief deur inflasie geraak?                 (4)

 4.4    Verduidelik die gebrek aan inligting as ŉ oorsaak vir markmislukking.                     (8)

 4.5    Evalueer die sosiale impak van toerisme.                                                  (8)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                                      EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                               TOEKENNING

Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
   te definieer of te omskryf.                                                 Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie.
• Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Ondersoek/             Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik
Bykomende gedeelte: Gee eie opinie Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/ Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee
en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Bereken /Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor           Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder enige feite wat
   reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite                       Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting om bespreking/ontleding te
   versterk.
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis.
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                            40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

• Met behulp van goed benoemde grafieke, bespreek in detail die verskillende
  korttermyn-ewewigsposisies van ŉ individuele onderneming in ŉ volmaakte
  kompetisie.                                                            (26 punte)
• Hoe beskerm die Mededingingswet verbruikers?                           (10 punte)                [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

• Bespreek in detail regeringsmaatreëls om volhoubare ontwikkeling te verseker.
                                                                          (26 punte)
• Hoe gebruik Suid-Afrika bewaring om ŉ volhoubare omgewing te verseker?
                                                                          (10 punte)               [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                       GROOTTOTAAL:                150

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
