# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/e0ceb97e-1fab-45af-860e-ea685e1bc1c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/e0ceb97e-1fab-45af-860e-ea685e1bc1c6)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2023

                       EKONOMIE V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE: 150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B    Oligopolie 

       1.1.2    C    Prysmakers 

       1.1.3    B    Korttermyn 

       1.1.4    A    MK = MI 

       1.1.5    C    Inkomste 

       1.1.6    D    Kapitalisme 

       1.1.7    D    Direkte buitelandse beleggings 

       1.1.8    B    Nie-hernieubaar                                                 (16)

1.2    PAS-ITEMS

       1.2.1    H    – goedere en dienste word verhandel 

       1.2.2    F    – verskil tussen totale inkomste uit die verkope van goedere en
                       eksplisiete koste 

       1.2.3    A – totale vraag is gelyk aan totale aanbod 

       1.2.4    G – die naasbeste alternatief wat prysgegee word 

       1.2.5    B – In kleiner hoeveelheid gevra wanneer inkomste toeneem 

       1.2.6    C – Dispuut internasionale handelsooreenkomste 

       1.2.7    E – wanneer koste per eenheid verminder terwyl produksie
                    toeneem 

       1.2.8    D – Bekendstelling van kontaminante wat die natuurlike
                    omgewing beskadig 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                               3

1.3     GEE EEN TERM

        1.3.1    Homogene 

        1.3.2    Versonke koste 

        1.3.3    Marginale nut 

        1.3.4    Absolute voordeel 

        1.3.5    Inheemse Kennisstelsel 

        1.3.6    Klimaatsverandering                               (6 x 1)     (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.
             • Huur 
             • Salarisse 
             • Versekering 
             • Terugbetaling van lening 
             • Versekeringpremies 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (2)

     2.1.2   Hoe word die besighede deur onelastiese vraag geraak?
             • Ondernemings sal nog steeds voortgaan om inkomste en wins te
                genereer omdat vraag onelasties is en vraag sal nie verander al is
                daar verandering in prys. Ondernemings sal nog altyd kan kop bo
                water bly. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (2)

2.2 DATARESPONS

     2.2.1   By watter hoeveelheid word uitsette gemaksimeer?
             100 eenhede                                                               (1)

     2.2.2   Wat word deur die ingekleurde gedeelte op die grafiek voorgestel?
             Ekonomiese verlies                                                        (1)

     2.2.3   Beskryf die term volmaakte mark.                                           (2)
             Dit is die mark waar verkopers van ŉ produk of diens vry is om
             regverdiging te kompeteer en verkopers en kopers beskik oor volledige
             inligting oor marktoestande. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (2)

     2.2.4   Waarom is verkopers in ŉ volmaak mededingende mark as
             prysnemers bekend?
             • Hulle is bekend as prysnemers a.g.v. die druk wat daar op hulle
                geplaas word deur ander kompeterende ondernemings so veel so
                dat hulle gedwing word om die heersende markprys te aanvaar. 
             • ŉ Enkele verkoper het geen invloed op die markprys nie. 
             (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                       5

     2.2.5     Hoe word verbruikers deur volmaakte mededinging bevoordeel?
               Hulle trek voordeel deur:
              • Lae pryse, hoë kwaliteit goedere, en ŉ verskeidenheid produkte om
                 van te kies 
              • Maklike toegang tot die produkte wat dit maklik maak om enige plek
                 aankope te doen 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                   (4)

2.3 DATARESPONS

     2.3.1    Identifiseer vanuit die bostaande uittreksel watter prys vertoon
              dat die produk elasties is.
              $3,00                                                                      (1)

     2.3.2    Noem enige EEN ander vorm van vraagelastisiteit.
              • Volmaak elastiese vraag 
              • Volmaak onelastisiteit 
              • Eenheidselastisiteit 
              • Relatief onelastiese vraag                            (Enige 1 x 1)      (1)

     2.3.3    Beskryf die term pryselastisiteit van vraag.
              • Pryselastisiteit verwys na die responsiwiteit van die vraag na, ŉ
                 verandering in prys. 
              • Dit verwys na die mate waarin vraag reageer op ŉ verandering in ŉ
                 ekonomiese faktor. 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                   (2)

     2.3.4    Verduidelik kortliks volmaak onelastiese vraag.
              • Is die omstandigheid waar ŉ verandering in prys van ŉ produk geen
                 verandering in hoeveelhede gevra meebring nie. 
              • Die persentasie verandering in hoeveelhede gevra verander
                 geensins wanneer daar ŉ persentasie verandering in prys is nie. 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

     2.3.5    Ondersoek die belangrikheid van pryselastisiteit van vraag en
              vraag voorspellings.
              • Pryselastisiteit van vraag dui aan hoeveel van ŉ produk of diens
                 verbruikers sal verbruik wanneer die prys verander. 
              • Dit is belangrik vir die formulering van regeringsbeleide veral die
                 belastingbeleid. 
              • Verbruikers sal in staat wees om rasionele besluite te maak wat
                 belangrik vir ekonome is om op ŉ daaglikse basis te gebruik. 
              • Om die gevoeligheid van vraag vir ŉ verandering in prys te bepaal is
                 nuttig in die voorspelling van verbruikersgedrag asook die
                 voorspelling van groot gebeurtenisse soos bv. ekonomiese resessie
                 of ekonomiese herstel. 
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

2.4   Bespreek kortliks enige TWEE doelwitte van ŉ besigheid wat van die
      SMART-beginsel gebruik maak.

      SPESIFIEK:
      • Die idee moet identifiseerbaar en maklik verstaanbaar wees en nie slegs ŉ
        ewekansige idee nie  byvoorbeeld. die besigheid moet die mees
        winsgewendste in die land wees. 
      • Die doelwitte moet goed gedefinieer en gefokus wees. 

      MEETBAAR:
      • Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwit bereik was 
        byvoorbeeld vir die besigheid om die spesifieke doel te bereik moet die
        besigheid maandeliks ŉ aanvaarbare wins maak. 
      • Doelwitte moet ŉ meetbare uitkoms hê. 

      AANVAAR:
      • In ŉ klein onderneming, is die doelwit maklik om vas te stel, aangesien dit
        net die eienaar is wat daaroor moet besluit. 
      • In ŉ groot onderneming is daar baie aandeelhouers wat mense met ŉ
        belang in die sukses van die besigheid het. 

       REALISTIES:
       • Die doelwit moet nie onbereikbaar vir die besigheid wees nie byvoorbeeld
         dit moet moontlik wees vir die besigheid om vasgestelde winste te
         genereer. 
       • Elke doelwit moet in spesifieke take en aktiwiteite opverdeel word om die
         doelwit te behaal. 

      TYD SPESIFIEK:
       • Daar moet spertye wees om doelwitte te bereik, byvoorbeeld die
         onderneming moet binne die volgende vyf jaar die winsgewendste in die land
         wees. 
       • Ondernemingsdoelwitte en objektiewe kan nie bereik word sonder dat daar
         spertye daaraan gekoppel is nie. 
       • Haalbare besigheidsdoelwitte word op heersende omstandighede gebaseer
         en werklike sakeklimaat. 
       • Dit is belangrik om gereeld doelwitte in heroorweging te neem om sodoende
         nodige aanpassings te maak. 
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                      7

2.5     Hoe ontstaan monopolieë?
        • ŉ Monopolie is ŉ besigheid wat in ŉ mark bestaan waar daar geen
            kompetisie is nie, d.w.s. die produsent kan dus self pryse vasstel om
            winste te maksimeer. 
        • Die gebruik van kopieregte en ŉ skaars hulpbron opgaar, onder andere
            is maniere om die mark te monopoliseer. 
        • Produsente verkry patentregte en kopieregte deur die regering aangesien
            die regeringswetgewing in plek moet hê om produsente se soewereine
            regte op ontwerpe en konsepte te beskerm. 
        • Nasionalisering van besighede waar die regering volle beheer neem oor
            die onderneming of industrie. 
        • Monopolieë mag deur samesmelting en verkrygings gevorm word, veral
            waar skaalvoordele ekonomiese doeltreffendheid skep, wat besighede
            toelaat om die proses af te dryf, wat daartoe kan lei dat ŉ punt bereik
            waar kompeterende produsente nie sal oorleef nie en liewer die mark
            verlaat.                                                                  (8)
        (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1    3.1.1 Noem enige TWEE metodes hoe die omgewing beskerm kan word.
             • Prysgebaseerde metode 
             • Markgebaseerde metode 
             • Gebruik van wette en regulasies 
             (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                               (2)

       3.1.2 Hoe kan die regering ingryp om volhoubare ontwikkeling te
             verseker?
             • Die daarstelling en implementering van ŉ watergehalte-
                beleidsraamwerk en standaarde. 
             • Regulering van omgewingsbesoedelingsvlakke en
                afvalwaterbestuur. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (Enige 1 x 2)     (2)

3.2    DATARESPONS

       3.2.1 Identifiseer enige EEN uitdaging wat deur lande in die Suide ervaar
             word.
             • Druk van hoë bevolking 
             • Armoede 
             • Hongersnood 
             • Siektes 
             • Omgewingsagteruitgang 
             • Konflik 
             • Natuurrampe
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (Enige 1 x 1)    (1)

       3.2.2 Verskaf EEN voorbeeld van ŉ oorgrensekwessie wat deur lande in
             die Suide ervaar word.
             • Beskerming van die omgewing 
             • MIV/Vigs 
             • Beweging van kapitaal en arbeid                                      (1)

       3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip Noord-Suid-verdeling.
             • Noord-Suid verdeling verwys na die groepering van lande met
                soortgelyke sosio-ekonomiese en politieke eienskappe 
             • Noord-Suid verdeling verwys ook na die onderskeid tussen die
                Noordelike halfrond en Suidelike halfrond van die wêreld in terme
                van ontwikkeling en rykdom. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)     (Enige 1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        EKONOMIE V2                                      9

       3.2.4    Verduidelik die begrip vryhandelsgebiede.
                 • Lande wat vrylik met mekaar sonder enige handelsbeperkings
                   handeldryf / deelnemende lande wat alle handelsversperrings op
                   goedere en dienste tussen hulle verwyder.                           (2)

       3.2.5    Ondersoek die negatiewe impak van Covid-19 op ontwikkelende
                lande in Afrika.
                • Hoё vlakke van werkloosheid was deur baie Afrika-lande ervaar as
                   gevolg,  van inperkingsregulasies wat die ekonomie grootliks
                   ontwrig het met die sluit van besighede en gevolglik
                   werksverliese. 
                • Daar was ŉ afname in toerisme wat die hoof ekonomiese sektore
                   van lande soos Suid-Afrika, Kenia, Tanzanië, Ethiopië, ens. is. 
                • Baie beleggers het hul beleggings uit hierdie lande onttrek wat ŉ
                   afname in direkte buitelandse beleggings meegebring het. 
                • Daar was aanpassings in die nasionale begroting t.o.v. die
                   gesondheidsektor asook die stadige pas van ekonomiese
                   ontwikkeling in ander ekonomiese sektore. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (4)

3.3    DATARESPONS

       3.3.1    Identifiseer vanuit die uittreksel EEN pilaar van die Nasionale
                Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling (NRVO).
                 • Natuur 
                 • Omgewingsgesondheid 
                 • Klimaatsverandering 
                 • Lewende organisme 
                 • Biosekuriteit                                                         (1)

       3.3.2    Gee enige EEN voorbeeld van groenbelasting.
                 • Besoedelingsbelasting 
                 • Belasting op energie 
                 • Koolstofvrystelling 
                 • Brandstofverbruik 
                 • Belasting op vervoer 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

       3.3.3   Definieer die begrip Nasionale Raamwerk vir Volhoubare
               Ontwikkeling.
               Nasionale Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling verteenwoordig die
               omvattende raamwerk vir alle goedgekeurde nasionale strategieë,
               beleide en agendas rakende die organisering van omgewingsaktiwiteite
               in die land en om ŉ volhoubare omgewing te handhaaf asook
               ekonomiese groei te ondersteun. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2)

       3.3.4   Verduidelik kortliks omgewingsimpakassessering as ŉ
               benadering tot volhoubaarheid.
               • Dit is ŉ instrument wat aangewend word om die gevolge van ŉ
                   projek of ontwikkelingsvoorstelle op die omgewing te bepaal. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2)

       3.3.5   Hoe kan ekonomiese groei en omgewingsbewaring gebalanseer
               word?
               • Produsente moet meer hernieubare hulpbronne aanwend i.p.v. nie-
                   hernieubare hulpbronne 
               • Afvalwater van fabrieke moet herwin word om skoonwater te
                   verkry 
               • Natuurlike hulpbronne moet oordeelkundig aangewend word
                   aangesien ekonomiese groei en die bewaring van die omgewing
                   onafskeidbaar is. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)  (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        EKONOMIE V2                                       11

3.4    Bespreek kortliks verandering in werkstoestande en omgewingsverval as
       gevolge van globalisering.

       Veranderde in werkstoestande
       • Globalisering het meegebring dat meer ondernemings na die buiteland
          uitgebrei het deur of dienslewering uit te kontrakteer of om nuwe fabrieke daar
          op te rig. 
       • Dit het meer werk geskep vir die plaaslike inwoners en het ook die optrede
          van hierdie ekonomieë verbeter. 
       • Dit het tot verhoogde inkomstevlakke en produktiwiteitsvlakke bygedra. 
       • Terselfdertyd het dit egter ook werksverlies in die ontwikkelde lande
          meegebring. 
       • Die standaard van indiensneming het wêreldwyd ooreengestem en
          veroorsaak dat meer mense begin het om te emigreer van een land na ŉ
          ander land weens beter werksgeleenthede aan. 
       • Globalisering het aanleiding gegee tot verbeterde werksgeleenthede in ŉ
          ekonomie. 
       • Die behoefte om meer goedere vir plaaslike en internasionale markte te
          produseer het ŉ aanvraag vir meer arbeid geskep,  dit bevoordeel
          gewoonlik die plaaslike arbeidsmark                                              (8)

       Omgewingsagteruitgang
       • Die behoefte om meer goedere te produseer nodig intensiewe eksploitasie
         van natuurlike hulpbronne. 
       • Die omgewingsverval wat deur globalisering veroorsaak word sluit in:
         o Die uitputting van minerale 
         o Skade aan die fauna en flora 
         o Grond-, water- en lugbesoedeling 
       • Massaproduksie het so baie skade aan die natuur veroorsaak dat dit
         aanleiding gegee het tot meer natuurrampe as ooit. 
       • Dit sluit tsunami’s, El Niño, droogtes, aardverwarming, ens. in 
       • A.g.v. progressie in internasionale handel word natuurlike hulpbronne
         uitgeput, meer masjinerie word aangewend vir die produksie van goedere;
         daar is meer skepe, vliegtuie en vragmotors wat gebruik word om hierdie
         produkte te vervoer wat weer tot besoedeling wat weer skadelik is vir die
         planeet bydra. 
       • Die toestand van die omgewing is besig om vinnig agteruit te gaan terwyl
         verskeie natuurlike hulpbronne soos varswater, woude, plantegroei en
         dierespesies uitgeput raak 
       • Die verbruikspatrone van ryker lande is die hoofoorsaak van
         omgewingsverval wat aanleiding tot aardverwarming gee. 
       • Globalisering het aanleiding gegee tot ontbossing asook grootskaalse
         verbruik van nie-hernieubare fossielbrandstowwe en natuurlike
         hulpbronne 
       • Hoe meer ontbossing plaasvind en hoe meer waterweë gebruik word vir
         visvangs hoe armer en ongesond raak die omgewing 
       • In aansluiting tot kweekhuisgasse het globalisering ook aanleiding gegee tot
         baie diere wat vervreemd word vanaf hulle habitat om landbou slagoffers te
         word van visvangboerdery en ander ekonomiese aktiwiteite. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

3.5    Ontleed die belangrikheid van die bewaring van biodiversiteit.
        • Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid lewende organismes uit
          verskeie bronne soos terrestriële, mariene en ander water ekosisteme 
        • Biodiversiteit speel ŉ belangrike rol in volhoubare ontwikkeling en die
          uitskakeling van armoede 
        • Biodiversiteit ondersteun voedselsekerheid en die volhouding van ŉ
          leefstyl wat volhoubaar is deur genetiese diversiteit. 
        • Suid-Afrika se nasionale biodiversiteit-strategie en aksieplan verskaf
          leiding omtrent bewaring en die bestuur van biodiversiteit. 
        • Verseker volhoubare en billike voordele vir almal in die
          gemeenskappe. 
       (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                             (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                        13

VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
              KWESSIES

4.1     4.1.1 Lys enige TWEE Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
              • Veg teen armoede en hongersnood 
              • Verminder kindermortaliteit 
              • Bevorder moederlike gesondheid 
              • Beveg MIV/Vigs, malaria en ander siektes 
              • Verseker omgewingsvolhoubaarheid 
              • Ontwikkel ŉ wêreldwye vennootskap vir ontwikkeling 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1)              (2)

        4.1.2 Hoe kan ondernemings koste minimiseer?
              • Verbeter prosesdoeltreffendheid 
              • Onderhandel vir beter beprysing met verskaffers 
              • Verkry goedkoper materiaal of arbeid 
              • Verminder of skakel onnodige besteding uit       (Enige 1 x 2)            (2)

4.2     DATARESPONS

        4.2.1 Identifiseer kurwe B
              Gemiddelde totale koste/gemiddelde koste                                     (1)

        4.2.2 Benoem die soort wins wat hierbo uitgebeeld word.
              Normale wins                                                                 (1)

        4.2.3 Verduidelik Marginale Inkomste.
              Dit is die addisionele inkomste verkry uit die verkoop van ŉ verdere
              eenheid 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

        4.2.4 Verduidelik kortliks skaalverspillings.
              Skaalverspillings kom voor wanneer die koste per eenheid verhoog
              terwyl die hoeveelhede geproduseer ook toeneem. 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (2)

        4.2.5 Ondersoek die belangrikheid van marginale koste.
              • Voorkom die verlies aan geld as gevolg van die verlies aan
                 verkope of oorproduksie 
              • Bepaal hoeveel produkte word benodig om in verbruikers se
                 behoeftes te kan voorsien 
              • Voorsien die onderneming met belangrike metrieke vir die
                 beplanning vir wins 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2023)

4.3    DATARESPONS

       4.3.1   Identifiseer (vanuit die uittreksel) ŉ toonaangewende
               Multinasionale Onderneming.
               •    Uber 
               •    Twitter 
               •    Meta                                           (Enige 1 x 1)          (1)

       4.3.2   Gee EEN voordeel van ŉ Multinasionale Onderneming.
               •   Dit is meer koste-effektief om plaaslik te produseer in plaas van
                   om ŉ finale eindproduk uit te voer 
               •   Produkte kan aangepas word na aanleiding van plaaslike
                   inwoners se smake en behoeftes. 
               •   Skep werksgeleenthede vir plaaslike inwoners 
               •   Dra by tot plaaslike ekonomiese groei van die gasheerland. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte Antwoord.)                          (1)

       4.3.3   Beskryf die begrip Multinasionale Onderneming.
               Multinasionale Ondernemings is internasionale maatskappye wat reg
               oor die wêreld ekonomies aktief is en funksioneer nie net binne hul eie
               land se grense nie. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

       4.3.4   Verduidelik kortliks vryhandelsones.
               •   Vryehandelsone is geografiese gebiede wat naby ŉ nasionale of
                   internasionale lughawens geleë is waar produkte maklik ingevoer
                   en uitgevoer kan word sonder die inmenging van doeane-
                   owerhede. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

       4.3.5   Ontleed die sosiale impak van globalisering op ontwikkelende
               lande.
               •    Globalisering skep groter geleentheid vir ondernemings in minder
                    ontwikkelde lande om toegang in groter markte wêreldwyd te
                    kry. 
               •    Besighede wat in ontwikkelende lande geleё is, het beter toegang
                    tot kapitaalvloei, tegnologie, menslike kapitaal, goedkoper
                    invoere en groter uitvoermarkte 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                     15

4.4    Bespreek kortliks die vlak van ruimte kapasiteit in die industrie en
       indiensnemingsvlak as graad van elastisiteit van aanbod.

       Vlak van ruimtekapasiteit in die industrie
       • Waar ŉ bedryf onder volle produksiekapasiteit funksioneer en daar
          werklose hulpbronne is sal aanbod elasties wees. 
       • Die bedryf sal in staat wees om produksie redelik maklik uit te brei deur
          meer produksiefaktore aan te wend asook onbenutte bates soos
          masjinerie  in gebruik te neem. 

       Indiensnemingsvlak
       • Tydens volle indiensneming sal die aanbod van goedere en dienste
           onelasties wees. 
       • Aanbod sal toeneem wanneer produktiwiteit toeneem, maar in die
           korttermyn sal die toename in produksie nie veel wees nie. 
       • Aanbod in die plaaslike mark mag steeds elasties wees indien oorsese
           verskaffers van ander lande gevind kan word, maar dit kan tot
           betalingsbalansprobleme lei. 
       (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                             (8)

4.5    Ondersoek die positiewe impak van globalisering op die Suid-
       Afrikaanse ekonomie.
       • Suid-Afrika was in staat om toegang het tot wêreldmarkte en
           internasionale forums te verkry deur die bestaan van globalisering. 
       • Die goed-ontwikkelde finansiële institute het gehelp om Suid-Afrika in ŉ
           gunstige posisie te plaas terwyl wêreldkrisisse ander ontwikkelende lande
           negatief beïnvloed het. 
       • Sekere ondernemings het grootliks gebaat by die toename in handel wat
           die gaping tussen ryk- en armlande vererger het.
       • Die fokus op kennis het toegeneem en die vraag na geskoolde en
           professionele arbeid het ook toegeneem. 
       • Dit het verhoogde inkomste vir geskoolde en vaardige werkers
           meegebring.                                                                (8)
       (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                            [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                             EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2023)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal as volg geassesseer word.

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

 •    Bespreek in detail die vraagverhoudinge met behulp van grafieke. (26 punte)
 •    Ontleed die belangrikheid van relatiewe prys.                    (10 punte)

 INLEIDING
                                                                                                          (2)
 Vraagverhoudings bestaan wanneer twee of meer goedere gesamentlik (komplemente)
 of plaasvervangende produkte (substitute) aangewend word. 
 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)

 HOOFGEDEELTE

 SUBSTITUTE
 • ŉ Substituut is ŉ ‘produk wat beskou word as ŉ alternatief om in dieselfde behoefte
    te kan bevredig. 
 • Goedere is substitute wanneer ŉ styging in die prys van een produk aanleiding gee
    tot die verhoogde vraag na die ander produk 
 • Die vraag na die produk word beïnvloed deur verandering in die prys van goedere
    en dienste 
 • Indien die prys van een produk verhoog is verbruikers geneig om minder van die
    spesifieke produk te koop aangesien hulle meer van die goedkoper substituut sal
    koop. 
 • Die vraag na produkte met nabye plaasvervangers is baie sensitief vir
    prysveranderinge van die produk 

                                             SUBSTITUTE
       Figuur A                                                           Figuur B
 Prys van botter                                        Prys van margarien
                          A1                                                  V1           A
            V                            A                            V
                                                                         
                                                                 P1
     P1
                                                            
      P                                                          P

           A1
                                                                                                   V1

                A                        V                            A                        V
      0                                                          0
                    Q1  Q                                                     H  H1
                    Hoeveelheid botter                                         Hoeveelheid margarien

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                                EKONOMIE V2                                          17

•       Die aanbod van botter daal vanaf AA na A1A1 en die prys van botter styg vanaf P
        na P1 terwyl hoeveelhede daal vanaf Q na Q1. 
•       Dit veroorsaak dat minder botter aangevra word en meer margarine aangevra
        word. 
•       Die vraag na margarine neem toe vanaf VV na V1V1, prys styg vanaf P na P1 en
        hoeveelhede aangevra neem toe vanaf Q na Q1. 
•       Indien die prys van botter styg gaan die hoeveelhede margarine aangevra ook
        toeneem aangesien verbruikers altyd geneig is om die goedkoper produk te koop
        a.g.v. begrotingbeperkings. 
•       Dus bestaan daar ŉ positiewe verhouding tussen die prys van ŉ bepaalde produk
        en die hoeveelhede gevra na sy substituut. 

KOMPLEMENTE
•  ŉ Komplementêre produk word saam met ŉ verwante produk gebruik. 
•  Die twee produkte is komplementêr indien die gebruik van goed A die gebruik van
   goed B verg. bv. kopiedrukkers en inkpatrone 
•  Met komplementêre produkte, ŉ verandering in die prys van een sal ŉ verandering
   in die vraag na die ander een meebring. 
•  ŉ Verandering in die produksiekoste van kopiedrukkers a.g.v. tegnologiese
   vooruitgang sal veroorsaak dat kopiedrukkers teen laer pryse beskikbaar gestel
   word. 

                                    KOMPLEMENTÊRE PRODUKTE

                      Figuur A                                               Figuur B
Prys van kopiedrukker                                  Prys van inkpatrone
             V                                                   V           V1
                                         A                                                  A
                                                                             

                                            A1          P1

                                                       
    P
                                                          P
    P1

         A                                                                                      V1
                                                                      A1
V
                 A1                  V

    0                 H       H1                          0                  H    H1
                 Hoeveelheid kopiedrukkers                       Hoeveelheid inkpatrone

 Puntetoekenning
 Verandering in vraag (Fig. B) en verandering in aanbod (Fig. A) = 1 punt elk
 (totaal = 2 punte)
 Verandering in prys in elke grafiek = 1 punt elk (totaal = 2 punte)
                                                                     Maks. = 4 punte

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

•  Die aanbod van kopiedrukkers neem toe vanaf AA tot A1A1 en die prys daal
   vanaf P tot P1 terwyl die hoeveelhede gevra toeneem vanaf H na H1. 
• Die toename in hoeveelhede gevra vir kopiedrukkers sal ook aanleiding gee tot ŉ
   toename in die aanvraag na die komplementêre produk, naamlik ink. 
• Die vraag vir ink neem toe vanaf VV tot V1V1 terwyl die prys dan sal styg vanaf P
   tot P1 en die hoeveelhede gevra sal toeneem vanaf H tot H1. 
• Daar is ŉ negatiewe verhouding tussen die prys van ŉ produk en die vraag na die
   komplementêre produk. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

ADDISIONELE GEDEELTE
• ŉ Relatiewe prys is die prys van ŉ kommoditeit in vergelyking met ŉ ander
    produk 
• Relatiewe pryse is belangrik omdat dit die toewysing van hulpbronne in ŉ
    markekonomie beïnvloed indien die relatiewe prys van ŉ produk verhoog sal
    meer hulpbronne outomaties daarvoor toegewys word 
• Begrip oor hoe hierdie veranderings die ekonomie affekteer is belangrik want dit
    beïnvloed noodsaaklike sosio-ekonomiese besluite wat gemaak moet word. 
• Om relatiewe pryse te verstaan sal ons help om te verstaan hoe inflasie in ŉ
    markekonomie probleme kan veroorsaak. 
• Hulle is belangrik vir besighede omdat dit die vraag oor wat om te produseer en
    hoe faktor insette in die produksie van die finale produk gebruik word aanspreek
    d.w.s hoe om te produseer. 
• Relatiewe pryse tree op as waarskuwingseine oor surplusse en tekorte wat mag
    in die individuele mark ontstaan asook hoe om hulpbronne doeltreffend in die
    mark vir hul beste gebruik te allokeer. 
• Hulle word deur verbruikers gebruik om te bepaal waar die beste winskopies
    verkry kan word en produsente sal poog om op die goedkoopste manier te
    produseer en ten duurste wil verkoop. 
• Hul dui aan hoe goedkoper of duurder die een produk in vergelyking met die
    ander produk is. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)

SAMEVATTING
ŉ Produsent se vermoë om stukveranderings te maak word bepaal deur koste,
beskikbaarheid en beweeglikheid van produksiefaktore. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte samevatting.)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V2                                     19

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

•   Bespreek in detail die probleme wat die omgewing bedreig.            (26 punte)
•   Ontleed die belangrikheid om die omgewing te beskerm.                (10 punte)

INLEIDING
Die omgewing is die fisiese omstandighede en toestande waarbinne lewende
organismes leef en nie-lewende organismes funksioneer. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                       (2)

HOOFGEDEELTE
Natuurlike omgewingsverval 
• Natuurlike omgewingsverval is die proses waardeur die omgewing op een of ander
  manier beskadig word soos bv. die afbreek van die biologiese diversiteit asook die
  algemene gesondheid van die omgewing. 
• Natuurlike omgewingsverval sluit in die volgende toestande wat mag ontstaan
  a.g.v. uiterste weersomstandighede, ramptoestande en aansteeklike
  siektetoestande 
• Vernietiging en die verlies aan natuurlike spesies asook natuurlike prosesse waar
  slegs sekere komponente van die oorspronklike biodiversiteit en ekologiese
  funksies nog bly voortbestaan. 
• Die hoof impak van hierdie veranderinge is om eenvoudiger op aarde te leef en
  eenvoud is ook aan die verdwyn. 
• Mense verander die natuur op drie verskillende maniere:
  o Deur die land en see te transformeer deur die skraap en skoonmaak van
      stukke grond; ontginning; ontbossing; weiding en treilvissery. 
  o Die toevoeging of verwyder bv. uitwissing van sekere spesies deur bv. verlies
      aan habitat of jagtery; die aanwesigheid van indringerspesies 
  o Verander die biogeochemiese siklusse van koolstof; water; suurstof en
      sintetiese chemikalieë 

Omgewingsverval veroorsaak deur mense 
• Meeste agteruitgang van die omgewing mag as gevolg van landbou-aktiwiteite;
  huishoudings en besighede wees want almal is besig om hul sosio-ekonomiese
  omstandighede te verbeter 
• Hierdie aktiwiteite kan teenproduktief wees omdat mense nie regtig die natuurlike
  hulpbronbasis verstaan nie. 
• Swak toepassing van eiendomsregte mag omgewingsverliese meebring soos in
  die geval van gemeenskapsweivelde, boomgewasse, waterbronne 
• Mense is konstant besig met landbouaktiwiteite soos nywerheidsontwikkeling
  ontginning, stedelike ontwikkeling en plattelandse nedersettings,wat tot
  ontbossing, land- en waterdegradering sowel as lugbesoedeling lei 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

Armoede en omgewingsverval 
• Armoede word as ŉ groot bedreiging vir die omgewing beskou aangesien swak
   gesondheidstoestande mense beperk om te kan produseer en ŉ inkomste te
   verdien 
• Wanneer mense van dag tot dag moet oorleef raak hulle ongevoelig teenoor die
   natuur en sy hulpbronne 
•   Arm huishoudings in plattelandse gebiede maak dikwels staat op hout as ŉ bron
   van energie wat dus tot ontbossing aanleiding gee 
• Om in staat te wees om te oorleef gaan mense oor tot die ontwikkeling van
   groentetuine, ruimte vir behuising en plantasies hulle maak gebruik van die
   omgewing sonder om die omgewing weer aan te vul 
• Mense is dikwels swak toegerus met die nodige vaardigheid om met
   omgewingsverval en die gevolge daarvan te deel 

Landbou-ontwikkeling en ontbossing 
• Landbou-uitbreiding en boomplantasies asook kommersiële aktiwiteite is ŉ
   bedreiging vir natuurlike hulpbronne 
• Landbou-ontwikkeling benodig groot stukke grond wat verder ontwikkel moet
   word om sodoende in die behoefte aan voedsel te vir ŉ groeiende bevolking
   voorsien 
• Dit gee altyd aanleiding tot ontbossing; gronderosie en grongdegradering asook
   desertifisering en verskeie vorms van lug-en waterbesoedeling 
• Plaasgrond is dikwels die oorsaak van 80% ontbossing, plaasboere doen weg
   met boomplantasies om te dien as weiveld of vir plangebied vir sojabone en
   palmolie asook om grond skoon te skrap vir familie kleinhoewes 
• Landbou is een van die grootse redes agter ontbossing want daar moet geplant
   word vir beide mens en dier 

Grondverval 
• Grondverval is nie in lyn met gehalte, verbruik en produktiwiteit nie. 
• Dit word veroorsaak deur veelvuldige magte insluitend uiterste
   weersomstandighede, veral droogtes 
• Dit is ook menslike optredes en aktiwiteite wat tot besoedeling of die afgradering
   in die gehalte van die grond en grondverbruik bydra 
• Indien grond nie effektief en doeltreffend aangewend word nie kan dit deur
   ontbossing, gronderosie, onvrugbare grond en vloede erodeer 
• Bogenoemde is dikwels die redes waarom daar jaarliks al minder suksesvolle
   oeste is en al minder weiding vir diere is 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                      EKONOMIE V2                                      21

Nywerheidsontwikkeling, mynbou en omgewingsverval. 
• Industriële prosesse dra by tot water, lug en grondbesoedeling. 
• Een van die grootste faktore wat bydra tot hoë besoedelingsvlakke in Suid-Afrika is
  die land se olie-raffinaderye wat hoë vlakke van sulfaatdioksied  en nog vele
  ander chemiese afvalstowwe wat uiters giftig is en gesondheidsprobleme
  meebring. 
• Kweekhuisgasse as gevolg van motors se uitlaatgasse asook die van fabrieke,
  groot vee voorraad mag verwoestende gevolge op die klimaat van die land hê. 
• ŉ Effense verhoging in wêreldtemperature is ŉ direkte gevolg van kweekhuisgasse
  wat uiterste weersveranderinge tot gevolg het en aanleiding gee tot voedsel- en
  watertekorte asook vloede. 
• Besoedeling van mynaktiwiteite dra direk tot waterbesoedeling in Suid-Afrika by. 
• Ontginning het ook ŉ negatiewe effek op die natuur a.g.v. erodering; gronderosie,
  motorspore en verlate masjinerie en toerusting. 

Menslike nedersetting, verstedeliking en omgewingsagteruitgang
• Plattelandse migrasie help om druk op die plattelandse omgewing te verlig, maar dit
   plaas weer druk op stedelike gebiede soos die vraag na beskikbare grond. 
• Onbeplande informele nedersettings is een van die gevolge van grootskaalse
   migrasiepatrone vanaf die platteland na die stad. 
• Stormwater wat nie dreineer nie is ŉ algemene probleme in onbeplande
   nedersetting weens die gebrek aan naamborde en dreinering het gelei tot minder
   opgevoede en ouer arbeidsmag wat van die landbou afhanklik is. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Maksimum van 2 punte vir slegs genoem en voorbeelde.)

ADDISIONELE GEDEELTE
• Om die omgewing te beskerm is die grondslag vir die beskerming van die planeet,
   die gemeenskap en die ekonomie omdat dit die ekosisteem huisves  en
   ondersteun deur dit toe te laat om te groei en te floreer. 
• Indien ons nie daarin slaag om die omgewing te beskerm nie sal dit negatiewe
   gevolge inhou vir mens, plant, dier en meer. 
• Omgewingsbewaring dra by tot die gesondheid van mens en die planeet. 
• Beskerming van die omgewing is uiters belangrik want omgewingsverval kan nie
   ongedaan gemaak word nie. Dit sal honderde jare neem om dit reg te maak en dit is
   baie gevaarlik vir mens en dier. 
• Gehalte natuurlike omgewing is nodig om in basiese behoeftes van skoon lug en
   water, vrugbare grond en voedselproduksie te voorsien. 
• Ons moet ons natuurlike hulpbronne beskerm en bewaar aangesien dit belangrik is
   om ŉ groener en skoner omgewing aan die lewende organismes te verskaf. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                        (10)

SLOT
Dit is belangrik om die misbruik van natuurlike hulpbronne te stop maar om die
aardoppervlakte doeltreffend te gebruik want so spoedige verbruik kan nie meer deur
die aarde verdra word nie. Die doelwitte kan deur volhoubare ontwikkeling bereik
word.                                                                                    (2)
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                        [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 11 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-11-june-2023-p1-and-memo/16275360-c290-4e47-b268-9c038b3e4af2) — Memo · 2023
- [Economics Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-march-2023-qp-and-memo/7bf14762-8297-40aa-ba3f-fa755749132a) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
