# Economics Grade 12 Economics 2021 Exam Guideline (Afrikaans)

> Grade 12 Economics exam guideline from the Economics 2021 (Afrikaans), 34 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/b4b8d5ca-fa99-4051-b48a-bbc3bd1c8c4c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Economics
- Curriculum: CAPS
- Pages: 34

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Economics 2021 Exam Guideline (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/b4b8d5ca-fa99-4051-b48a-bbc3bd1c8c4c)

## About this document

Economics · Grade 12 · Economics · 2021. Exam guideline, 34 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               EKONOMIE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 34 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                               2                   DBE/2021
                                   Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                          Bladsy

1.    INLEIDING                                              3

2.    ASSESSERING IN GRAAD 12                               4
2.1   Formaat van die vraestelle                            4
2.2   Detail van vraestelle                                 4
2.3   Kognitiewevlak-tabel                                  6
2.4   Riglyne vir nasien                                    7
2.5   Bevelswerkwoord-detail                                10
2.6   Hoër-orde-vrae                                        12

3.    INHOUD                                                14

4.    SLOT                                                  34

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                    3                                         DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ekonomie beskryf die aard en doel
van die vak Ekonomie. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en
assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

 Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
  Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Ekonomie geassesseer gaan word.
 Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

 Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
  (KABV): Ekonomie
 Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
  Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
  rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
 Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
  Kurrikulumstelling, graad R–12

LET WEL:        Alle onderwerpe waar 'bespreek in detail/ondersoek in
                detail/vergelyk en onderskei in detail' voorkom, moet as
                opstelonderwerpe vir die volgende drie-jaar siklus
                beskou word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Ekonomie                                     4                                       DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

 2.         ASSESSERING IN GRAAD 12

 2.1        Formaat van die vraestelle

 KLASSIFIKASIE VAN ONDERWERPE VIR DIE GRAAD 12-EKONOMIE-VRAESTELLE

                                         EKONOMIE GR.12

                  VRAESTEL 1                                     VRAESTEL 2

        150 PUNTE       –  2 UUR                       150 PUNTE       –  2 UUR
           HOOFONDERWERP:                                   HOOFONDERWERP:
           MAKRO-EKONOMIE                                     MIKRO-EKONOMIE
SUBONDERWERPE:                                    SUBONDERWERPE:
 Ekonomiese kringloop                             Volmaakte markte
 Sakesiklusse                                     Onvolmaakte markte
 Openbare sektor                                  Markmislukkings
 Buitelandsevaluta-markte
                                                             HOOFONDERWERP:
             HOOFONDERWERP:
                                                        KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
            EKONOMIESE STREWES
                                                                KWESSIES
SUBONDERWERPE:                                    SUBONDERWERPE:
 *Beskerming en vryhandel                         Inflasie
 Groei en ontwikkeling                            Toerisme
 Nywerheidsontwikkelingsbeleide                   Omgewingsvolhoubaarheid
 Ekonomiese en sosiale prestasie-
  aanwysers
* Neem kennis dat Beskerming en Vryhandel van Makro-ekonomie na Ekonomiese Strewes
  verskuif is.

 2.2        Detail van vraestelle

  Elke vraestel tel 150 PUNTE.
  Die tydsduur van elke vraestel is 2 UUR.
  Elke vraestel bestaan uit SES VRAE, wat in DRIE afdelings ingedeel is.
   Van die ses vrae moet slegs VIER soos volg beantwoord word:
   - AFDELING A: VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
   - AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae: VRAAG 2–4 waarvan die kandidaat slegs TWEE
       moet kies
   - AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae: VRAAG 5–6 waarvan die kandidaat slegs EEN
       moet kies
  Die bogenoemde vraestelle mag NIE op dieselfde dag geskryf word NIE.
  Die gedetailleerde vereistes vir elke afdeling (per vraestel) word op die volgende bladsy
   gegee.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                        5                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                                           TOTAAL: 30

VRAAG 1

1.1        *MEERVOUDIGEKEUSE-ITEMS (laer orde)
           MET 4 MOONTLIKE opsies per hoofonderwerp = 8 items (2 punte per item)
                                                                                          (8 x 2)         (16)
1.2        PASITEMS (KOLOM A EN B) (laer orde)
           VIER items per hoofonderwerp = 8 items (1 punt per item)                       (8 x 1)         (8)

1.3        NOEM DIE TERM (middel-/laer orde)
           DRIE items per hoofonderwerp.                                                   (6 x 1)        (6)

Alhoewel die vrae van 'n lae orde is, kan hulle as MAKLIK (bv. oop ekonomie), MATIG
(bv. reële vloei of MOEILIK (bv. outonome verbruik) geklassifiseer word.

AFDELING B (BEANTWOORD TWEE VRAE IN HIERDIE AFDELING)                              TOTAAL: 80

VRAE 2–4 (DRIE VRAE)

EEN vraag per HOOFONDERWERP en EEN gekombineerde vraag tussen die 2 HOOF
ONDERWERPE (50%/50%)

2.1        Kort items

           2.1.1        Laer orde (2 ITEMS) Noem TWEE.                                   (2 x 1)          (2)
           2.1.2        Middelorde (1 ITEM), bv. hoe, hoekom en wat ('n toepassing-tipe vraag).
                                                                                          (1 x 2)         (2)

2.2–2.3    TWEE dataresponsvrae (middelorde), bv. Bestudeer die volgende
           grafiek/spotprent/tabel/uittreksel/werklike data en beantwoord die vrae wat volg.
                                                                                          (10 x 2)        (20)
            (Items in die dataresponsvrae moet van maklik na moeilik gerangskik word:
              2 punte maklik, 4 punte redelik en 4 punte moeilik)
            Die antwoorde op die eerste 2 vrae (1 punt elk) mag in die data voorkom, maar
              sal 'n toepassing wees
            Datarespons-vrae gee konteks aan watter aspekte geassesseer word, en
              antwoorde sal nie noodwendig in die data voorkom nie

2.4        EEN enkelvraag (middelorde), bv. verduidelik, bespreek, onderskei of differensieer
           tussen, trek 'n korrek benoemde grafiek/trek 'n korrek benoemde grafiek en
           verduidelik/gebruik 'n gegewe grafiek en verduidelik.                                          (8)

2.5        EEN enkelvraag (hoërorde) bv. hoe, hoekom of evalueer.                                         (8)
           Hoërorde-vrae is in die inhoud gegrondves. Hierdie tipes vrae toets kritiese
           denke, waar kandidate in staat moet wees om hul kennis deur logiese
           beredenering toe te pas en 'n bewustheid van hul huidige ekonomiese klimaat
           moet     hê.     Inhoud     (gedek    deur     bespreek/ondersoek/beskryf/ontleed/
           verduidelik/evalueer/vergelyk/assesseer/regverdig/konstrueer/bereken)  kan     as
           hoërorde vrae geassesseer word. Antwoorde                sal nie noodwendig in
           handboeke aangetref word nie.
           Met betrekking tot wat-, hoe- en hoekom-vrae, moet leerders deur die punte-
           toekenning in die beantwoording van die vraag gelei word. Bv. Hoekom … (2 punte)
           sal EEN besprekingspunt vereis, en Hoekom … (8 punte) sal DRIE tot VIER
           besprekingspunte vereis, afhangende van die voorbeelde wat gegee word.
           Antwoorde moet betekenis gee aan die kontekstuele vereistes van die vraag!                     [40]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                           6                                                       DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

AFDELING C BEANTWOORD EEN VRAAG IN HIERDIE AFDELING                                                    TOTAAL: 40
VRAE 5–6 (TWEE OPSTELVRAE) EEN vraag per HOOFONDERWERP
                                                                                                           PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                                         TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laer-orde-antwoord.                                                                    Maks. 2
     'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, verwant aan die vraagonderwerp, te
      definieer.
     Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
     Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
     Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek                                     Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Trek 'n
grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
gegewe grafiek
                                                                                                          Maks. 10
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle/
Konstrueer 'n grafiek (buitelandse valutamark, vermenigvuldiger)
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                                      Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
 Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                                           40

2.3        Kognitiewevlak-tabel
                                                                                                                      AFDELING
                                       AFDELING A                                  AFDELING B
                                                                                                                         C
                                                       Gee
                           Meervoudige      Pasitems                                   Data-
   HOOFONDERWERPE                                       die         Kort items                    Enkelvrae           Opstelvrae
                             keuse           A en B                                  respons
                                                       term

                              Laer            Laer     Laer       Laer    Middel     Middel     Middel    Hoër    Laer      Hoër

            Makro-
                             4x2 = 8         4x1 =4    3x1=3      2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8          10       30
            ekonomie
            Ekonomiese
VRAESTEL                     4x2 = 8         4x1 =4    3x1=3      2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8          10       30
            Strewes
   1        Makro en
                                                                  2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8
            Strewes
            TOTAAL             16              8         6          4       4          40         16       16         10       30

            Mikro-
                             4x2 = 8         4x1 =4    3x1=3      2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8          10       30
            ekonomie
            Kontemporêre
VRAESTEL                     4x2 = 8         4x1 =4    3x =3      2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8          10       30
            ekonomie
   2        Mikro en
                                                                  2x1=2   1x2=2     2x10 =20      8        8
            Kontemporêr
            TOTAAL             16              8         6          4       4          40         16       16         10       30

                                      KOGNITIEWE VLAKKE                                         PUNTE                    %
 VRAESTEL 1
    EN                               Laer orde (Vlakke 1 en 2)                                    44                    29,3
 VRAESTEL 2                          Middelorde (Vlakke 3 en 4)                                   60                    40,0
                                     Hoër orde (Vlakke 5 en 6)                                    46                    30,7

LET WEL:        Kognitiewevlakafwykings moet nie 2,67% oorskry nie.
Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                          7                                                   DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

2.4        Riglyne vir nasien
Puntetoekenning hang van die kognitiewe vlak van die vraag af, soos volg:

                                                AFDELING A

Meervoudigekeuse-items:                                                       2 punte per item (8 x 2) (16)

Bv. Oligopolieë wat op 'n formele wyse saamspan, word … genoem.
     A. kartelle. ✓✓
(Items in hierdie afdeling is maklike/matige laerorde-vrae en vereis slegs herroep van inligting.
Die kandidaat hoef slegs 'n bepaalde ekonomiese term identifiseer van 'n gegewe beskrywing).

Pasitems (Kolom A en B):                                                          1 punt per item (8 x 1) (8)

Bv. Inflasie
'n Volgehoue styging in die algemene pryspeil ✓
(Items uit hierdie afdeling is maklike/matige laerorde-vrae, en vereis slegs herroep van inligting.
Die kandidaat moet 'n spesifieke ekonomiese item in Kolom A by 'n gegewe beskrywing in Kolom B pas.)

Gee een term vir gegewe definisie:                                             1 punt per item      (6 x 1) (6)

Bv. Die stelsel wat afvalmateriaal in nuwe produkte omskakel.
     Herwinning ✓
(Items uit hierdie afdeling is matige/moeilike laerorde-vrae en vereis herroep van inligting. Die kandidaat
moet in staat wees om 'n spesifieke ekonomiese term uit 'n gegewe definisie te herroep)
LET WEL: In hierdie items word die antwoorde nie voorsien nie.

                                                AFDELING B

Noem TWEE                                                                      1 punt per item      (2 x 1) (2)

Bv. Gee TWEE redes vir markmislukking.
     Eksternaliteite ✓
     Ontbrekende markte ✓
     Onvolmaakte mededinging ✓
(Dit is 'n maklike laerorde-vraag en vereis herroep. Daar word dus van die kandidaat verwag om korrekte
feite, volgens die goedgekeurde handboeke, te verskaf.)

Wat? Hoekom? Hoe? en Toon                                      2 punte vir 'n korrekte antwoord (1 x 2) (2)

Bv. Watter effek sal 'n swak geldeenheid op uitvoere hê?
    Dit sal lei tot 'n styging in uitvoere ✓✓
(Dit is 'n maklike tot matige middelorde-vraag en vereis begrip. Daar word dus van die kandidaat verwag
om die korrekte beredenering/ begrip van die betrokke term of feit te verskaf)

TWEE dataresponsvrae                                                                             2 x 10 (20)

Items in 'n: Spotprent, Uittreksel, Grafiek, Tabel, Prente, of 'n mengsel daarvan.

(Dit is 'n maklike tot moeilike middelorde-vraag en vereis insig en begrip van die betrokke onderwerp)
Vrae se omvang van maklik tot moeilik.
Bv. GRAFIEK

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                              8                                                 DBE/2021
                                                  Eksamenriglyne

       Prys/Koste/Inkomste                                              MK    GK

                    200

                    150

                    125

                    100

                     50

                                                  MI                      GI/vv
                          0                 100     150 180                Hoeveelheid

            2.2.1             Wat is die verkoopprys van die besigheid hierbo?                              (1)     (2)

            2.2.2             Identifiseer die letter op die grafiek hierbo wat die verlies                         (2)
                              minimeringspunt aandui.                                                       (1)

            2.2.3             Beskryf kortliks die term monopolie.                                          (2)     (2)

            2.2.4             Hoekom is die ewewigsposisie hierbo tipies van die korttermyn?                (2)     (4)

            2.2.5             Bepaal die verlies vir hierdie besigheid. Toon ALLE berekeninge.              (4)     (4)

Paragraafvraag                                                                           (4 x 2) of (2 x 4) (8)

(Hierdie is 'n matige tot moeilike middelorde-vraag wat insig en begrip van die betrokke onderwerp vereis,
kandidate moet in staat wees om te herroep, feite beredeneer uit goedgekeurde handboeke en dan feite
met toepaslike voorbeelde te staaf/demonstreer)

Puntetoekenning: TWEE punte moet per feit toegeken word. Noem van voorbeelde sal slegs EEN punt tel.
Indien 'n voorbeeld toepaslik verduidelik word, sal TWEE punte toegeken word. Indien feite slegs genoem
word, sal 'n maksimum van VIER punte toegeken word.

Paragraafvraag                                                                   (4 x 2) of (2 x 4) (8)
(Hierdie is 'n hoërorde-vraag en vereis 'n dieper insig en begrip van die betrokke onderwerp. Kandidate
moet in staat wees om hul eie opinie te gee en dan argumente teen/ten gunste van te gee, of oplossings
rakende sekere kwessies aan te beveel. Toepassing van kennis)

Kandidate moet in staat wees om:
   ● hul eie opinie te gee en te staaf / argumente teen of ten gunste van te demonstreer
   ● sekere aksies/waardes in die ekonomie te evalueer en te kritiseer
   ● sekere aspekte in die ekonomie te ontleed deur ondersoek en kritiek
   ● ekonomiese modelle bv. grafieke en diagramme te gebruik, om sekere aspekte van die ekonomie
       te verduidelik

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                           9                                                  DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

                                                AFDELING C
Opstelvraag                                                                                              (40)

Inleiding                                                                                                 (2)

(Die inleiding is 'n matige tot moeilike laerorde-antwoord, 'n Kandidaat kan 'n aanvaarde definisie of
gepaste verduideliking van die onderwerp onder bespreking, as inleiding gee)
Puntetoekenning: TWEE punte sal toegeken word as 'n kandidaat 'n korrekte definisie of 'n gepaste
verduideliking van die onderwerp onder bespreking, kan gee.
Inhoud: Hoofdeel                                                                                         (26)

(Die hoofdeel is 'n hoërorde-antwoord wat sekere laerorde-elemente bevat. Bv. Die noem van opskrifte
kan as 'n laerorde-antwoord beskou word)
                                     Voorbeeld: As die vraag lees:
              Bespreek hoe die fiskale beleid gebruik kan word om sakesiklusse te effen.
●    Die antwoord moet verband hou met belastings en owerheidsbesteding, deur aan te toon hoe dit in die
     effening/gladstryking van siklusse gebruik word.
●    As 'n kandidaat slegs die fiskale beleid bespreek sonder om duidelik te toon wat die verwantskap met
     die effening van siklusse is, kan die kandidaat nie maksimum punte verdien nie.
●    Waak daarteen om inligting onder 'n sekere opskrif te aanvaar, bloot omdat dit in die teks verskyn.
     Somtyds is die inligting nie verwant aan die vraag wat gevra is nie.
●    Hou in gedagte dat handboeke meer of minder inligting oor 'n onderwerp verskaf, as wat deur die
     eksamenriglyne vereis word. Volgens die eksamenriglyne, kan meer as een vraag oor 'n bepaalde
     onderwerp gevra word. Die kandidaat moet in staat wees om die relevante inligting te kies/onttrek en
     dan te verbind met die vraag.
Puntetoekenning:

●    EEN punt sal toegeken word vir 'n feit wat nie in konteks geskryf is nie/genoem is/nie ten volle
     verduidelik is nie.
●    TWEE punte sal toegeken word vir 'n feit wat ten volle verduidelik is en verband hou met die vraag.

Bv. As die kandidaat na prysleierskap in sy antwoord verwys, en die kandidaat skryf:
'prysleier', ('n enkel begrip sonder enige verdere detail) kry die kandidaat slegs EEN punt.

As die kandidaat skryf: 'die prysleier is gewoonlik die grootste of dominante besigheid in die nywerheid', kry
die kandidaat TWEE punte.

Inhoud: Addisionele deel                                                                                   (10)

(Hierdie is 'n matige tot moeilike hoërorde-vraag en vereis dieper insig en begrip van die spesifieke
onderwerp. Kandidate moet in staat wees om:
●    Hul eie mening te gee en dan te staaf/demonstreer argumente teen of ten gunste van
●    Sekere aksies/waardes in die ekonomie te evalueer en te kritiseer
●    Sekere aspekte in die ekonomie te ontleed deur ondersoek en lewering van kritiek
●    Ekonomiese modelle, bv. grafieke en diagramme, te gebruik om sekere aspekte van ekonomie te
     verduidelik
Puntetoekenning:
●    Waak daarteen om inligting onder 'n sekere opskrif te aanvaar, bloot omdat dit in die teks verskyn.
     Somtyds is die inligting nie verwant aan die vraag wat gevra is nie.
●    Hou in gedagte dat handboeke meer of minder inligting oor 'n onderwerp verskaf, as wat deur die
     eksamenriglyne vereis word. In terme van die eksamenriglyne, kan meer as een vraag oor 'n
     bepaalde onderwerp gevra word. Die kandidaat moet in staat wees om die relevante inligting te
     kies/onttrek en dan te verbind met die vraag.
●    EEN punt sal vir 'n feit, wat nie in konteks geskryf is nie/nie ten volle verduidelik is nie, toegeken word
●    TWEE punte sal vir 'n feit wat ten volle verduidelik is en verband hou met die vraag, toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                          10                                                DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

Slot                                                                                                   (2)

(Die slot is 'n matige tot moeilike hoërorde-antwoord. Die kandidaat kan enige gepaste finale/
slotopmerking oor die onderwerp onder bespreking, gee)

Puntetoekenning: TWEE punte sal toegeken word as die kandidaat 'n gepaste finale/slotopmerking oor die
onderwerp onder bespreking, kan gee)
LET WEL: Om kritiese denke binne die vak Ekonomie te ontwikkel, moet onderwysers voldoen aan die
           voorgeskrewe manier van merk, en behoort dit reeds op 'n gr. 10-vlak te begin.

2.5        Bevelswerkwoord-detail

Die volgende lys van bevelwerkwoorde, gee onder andere 'n aanduiding van die omvang en diepte van
eksamineringsinhoud:

         BEVELWERKWOORD                                  GEKOPPEL AAN EKSAMENVRAESTELLE
Bespreek in detail/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/
                                             Hoofdeel van die opstelvraag
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
                                             ●   Hoër orde 20 punte (vlakke 5 en 6)
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
                                             ●   Laer orde 10 punte (vlakke 1 en 2)
Debatteer/Trek 'n grafiek en verduidelik/
Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die grafiek

Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Konstrueer 'n grafiek/Bereken/Lei    Addisionele deel van opstelvraag
af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/          ●   Hoër orde 10 punte (vlakke 5 en 6)
Regverdig/Debatteer/Gee voorstelle nie

Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Trek 'n grafiek en verduidelik/
Gebruik die gegewe grafiek en                Enkelvrae
verduidelik/Voltooi die grafiek/Bereken/     ●   Een 8-punt middelorde (vlakke 3 en 4)
Lei af/Vergelyk/Toon/Onderskei/              ●   Een 8-punt hoër-orde-vraag (vlakke 5 en 6)
Interpreteer/Bespreek kortliks/
Verduidelik/Regverdig/Debatteer kortliks

Gebruik die: grafiek/tabel/diagram/
spotprent/data/inligting/uittreksel en …/     Dataresponsvrae
bereken/lei af/vergelyk/onderskei/            ●   Middelordevrae
interpreteer/Bespreek kortliks/Verduidelik    ●   Vlakke 3 en 4
kortliks/Definieer/Gee 'n breë oorsig/        ●   10 punte elk
Debatteer kortliks/Wat?/Hoe?/ Hoekom?/        ●   Items sal van maklik tot moeilik varieer
Toon

Kies die korrekte antwoord (meervoudige-      Kort en objektiewe items
keuse-items)/Pas Kolomme A en B/ Gee          ●    Laer-orde-items
een term vir/Noem/Wat?/Hoe?/Hoekom?/          ●    1 en 2
Toon                                          ●    Items varieer van maklik tot moeilik
                                              ●    1 tot 2 punte elk

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                                            11                                                DBE/2021
                                                                 Eksamenriglyne

                           DIE VOLGENDE ILLUSTREER DIE TIPES LEERDER-RESPONSE IN DIE VERSKILLENDE
                                                     KOGNITIEWE VLAKKE
                                                          VLAK 6: SKEPPEND
                             Kan die leerder nuwe menings of standpunte skep?
                             ●   Stel alternatiewe oplossings voor.
                             ●   Ontwikkel nuwe, unieke strukture, stelsels, modelle, benaderings, idees en kreatiewe denke.
                             ●   Ontwikkel planne of prosedure, ontwerp oplossings, integreer metodes, hulpbronne, idees, of
                                 nuwe benaderings, en skryf protokolle of gebeurlikhede.
                             ●   Ontwikkel, beplan, skep, organiseer, hersien, formuleer, maak voorstelle, vestig, integreer en

HOËR ORDE
                                 herrangskik.
                                                                 VLAK 5: EVALUERING
                             Kan die leerder 'n standpunt of besluit verdedig/regverdig?
                             ●   Evalueer scenario's; oordeel met bewyse en maak toepaslike gevolgtrekkings.
                             ●   Beoordeel effektiwiteit van begrippe in geheel, in verhouding tot waardes, produksie
                                 doeltreffendheid, lewensvatbaarheid, kritiese denke, strategiese vergelyking en oorsig;
                                 oordeel verwant aan eksterne kriteria
                             ●   Hersien strategiese opsies of planne in terme van doeltreffendheid, opbrengs op belegging of
                                 koste-effektiwiteit; uitvoerbaarheid; beoordeel volhoubaarheid; voer 'n SSGB-analise in
                                 verband met alternatiewe uit; lewer 'n finansiële regverdiging vir 'n besigheidsvoorstel,
                                 bereken die effekte van 'n plan of strategie; voer 'n gedetailleerde kostevoordeel-analise uit
                                 met aanbevelings en regverdigings.
                                                                    VLAK 4: ONTLEDING
                             Kan die leerder tussen verskillende dele onderskei?
                             ●   Versamelproses en ontleed inligting uit verskeie bronne om probleme en kwessies te
                                 evalueer.

MIDDELORDE
                             ●   Interpreteer elemente en beginsels.
                             ●   Identifiseer samestellende dele en funksies van 'n proses of begrip.
                             ●   Breek idees in eenvoudige dele op.
                                                             VLAK 3: TOEPAS VAN KENNIS
                             Kan leerders kennis op 'n nuwe manier gebruik/toepas?
                             ●   Gebruik of toepas van kennis (bv. terme, begrippe, teorieë en metodes) en vaardighede
                                 (bv. kommunikasie, kritiese denke) om probleme en kwessies te bespreek.
                             ●   Skakel teorie om in praktyk, skep oplossings vir ekonomiese kwessies.
                             ●   Pas kennis toe op werklike situasies.
                                                                    VLAK 2: BEGRIP
                             Kan die leerders idees of begrippe verduidelik?
                             ●   Verstaan betekenis, herhaal data in jou eie woorde, verduidelik of interpreteer die betekenis

             LAER ORDE
                                 van 'n gegewe scenario of stelling, stel behandeling voor, reaksie of oplossing van gegewe
                                 probleem, skep voorbeelde of metafore.
                             ●   Demonstreer 'n begrip van die feit.
                                                            VLAK 1: KENNIS/ONTHOU VAN
                             Kan die leerder inligting, idees en beginsels herroep, onthou of herken in die gepaste vorm
                             waarin hulle onderrig is?
                             ●   Demonstreer kennis (onthou) van die betrokke inhoud (bv. sleutelwoorde of begrippe of
                                 terminologie).

LET WEL:

Neem kennis van die volgende:

●                        'Navorsing wêreldwyd bewys dat: in baie gevalle, die enigste rede waarom kandidate presteer met 'n
                         mate van bevoegdheid in hul finale eksamens, is omdat vrae in die eksamens basies 'n afskrif van
                         vrae is wat hulle al tevore gesien het; die kandidate word nie gevra om te dink nie.'

Kopiereg voorbehou                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      12                                             DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

2.6        Hoërorde-vrae
Hoërorde-vrae plaas gevorderde kognitiewe eise op leerders. Dit moedig leerders aan om
verder as letterlike vrae te dink. Hoërorde-vrae bevorder kritiese denkvaardighede, omdat
hierdie tipe vrae van leerders verwag om inligting toe te pas, te ontleed, te sintetiseer en te
evalueer, in stede van blote herroep van feite. Kwessies uit die regte wêreld kan gebruik word
om 'n sienswyse te ondersteun of te weerlê.
Hoërorde-vrae vereis van 'n persoon om afleidings te maak, tot relevante en insiggewende
gevolgtrekkings te kom, en hul kennis in nuwe situasies te gebruik. Dit vereis van 'n persoon
om hul denke met ander situasies, en hul eie agtergrondkennis te verbind.
Dis noodsaaklik dat onderwysers besef dat daar baie meer maniere is om te onderrig, as blote
leer soos 'n papegaai (memorisering deur herhaling). Daar is onderrig vir begrip,
besluitneming, probleemoplossing, verbind 'n gedeelte met die geheel, detail tot begrip, en
begrip tot begrip. Daar is ook afleiding, voorspelling, ontleding teenoor partydigheid, en leer vir
oordrag. Elk van hierdie prosesse vereis 'n vorm van kritiese denke.
Geleenthede vir leerders om kritiese denkprosesse te ontwikkel word nie in klaskamers gevind
wat oorheers word deur woordelikse herroep van feitelike inhoud nie. Dit word aangetref in
klaskamers waar aktiewe leer 'n noodsaaklike komponent is.
 Eienskappe van hoërorde-vrae:
  o Vereis dat leerders by onvoorbereide of onbekende kontekste betrokke raak.
  o Vereis diep denke.
  o Gegrond op KABV-kurrikuluminhoud.

 Tipes hoër-orde-denke-vrae: (Wat? Hoe? Hoekom?)
  Analise: Hierdie vrae vereis dat leerders sleutelinligting ontleed en belangrike begrippe,
  temas en prosesse analiseer.
  Byvoorbeeld:
  o Hoe is x aan y verwant?
  o Wat is die vernaamste redes vir?
  o Wat is die impak/invloed van b op c?
  o Wat is die probleem waarvoor hulle te staan kom …?
  o Wat is die kernidee? Tema?
  o Wat is sommige/party van die probleme van …?
  o Hoe is … soortgelyk aan/verskillend van …?
  o Hoekom het … veranderinge voorgekom?

  Evaluering: Hierdie vrae vereis van leerders om uitsprake/menings/oordele en kritiek
  volgens duidelik geartikuleerde evalueerbare kriteria te formuleer en te regverdig/motiveer.
  Byvoorbeeld:
  o Verskaf 'n beter oplossing vir …?
  o Wat is die gevolge van …?
  o Wat is die voor- en nadele van …?
  o Wat is die alternatiewe vir …?
  o Hoe effektief is …?

  Kreatiwiteit/Sintese: Hierdie vrae vereis van leerders om 'n holistiese opsomming van
  sleutelidees te formuleer; 'n geïntegreerde, samehangende, ondersteunde antwoord te gee;
  afleidings te maak; te herformuleer, herkonstrueer of scenario's te skep. Die eie mening is
  krities.
  Byvoorbeeld:
  o Gebaseer op hierdie feite, watter voorspellings sou jy maak?
  o Maak 'n voorstel om hierdie probleem op te los.
  o Hoe kan die foute reggestel word?
  o Watter alternatief sou jy voorstel …?

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     13                                           DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

*PUNTE OM IN AG TE NEEM WANNEER HOËR KOGNITIEWE VRAE MET 'N NASIEN-
RIGLYN NAGESIEN WORD

 Dis belangrik om daarop te let dat 'n nasienriglyn hoofsaaklik die nasiener 'n aanduiding gee
  oor watter antwoorde aanvaarbaar is. Die kandidaat hoef NIE die antwoorde presies soos in
  die nasienriglyn te gee nie (behalwe objektiewe tipe vrae). Ten opsigte van ander vrae
  (AFDELING A, AFDELING B, noem, definieer, ens.) moet die nasienriglyn die kern van dit
  wat die kandidate sê/weergee, dek.
 Wanneer 'n sekere vraag, bv. vir 8 punte, nagesien word, is dit belangrik dat die kandidaat
  sy antwoord op so 'n wyse aanbied dat dit die vraag beantwoord.
 As 'n kandidaat slegs 'n voorbeeld gee, sal 1 punt toegeken word. 'n Verduideliking van die
  voorbeeld kan 'n verdere punt verdien.
 In 'n 8 punt-vraag is die maksimum getal punte wat 'n kandidaat vir voorbeelde en
  verduidelikings kan verdien, 4 punte. Die nasiener moet te alle tye kontroleer of die
  verduideliking die vraag beantwoord. In hoërordevrae, word 'n maksimum van 2 punte (25%)
  vir die blote noem van feite en voorbeelde toegeken.
 Ons moet waak teen die aanvaarding van inligting onder 'n sekere opskrif omdat dit in die
  teks voorkom. Soms is die inligting nie verwant aan die vraag wat gevra is nie.
 Daar moet onthou word dat handboeke meer/minder inligting oor 'n onderwerp gee as wat
  deur die eksamenriglyne vereis word. Ten opsigte van die eksamenriglyne kan meer as een
  vraag oor 'n sekere onderwerp gevra word. Die kandidaat moet in staat wees om die
  relevante inligting te kies/onttrek sodat dit op die vraag betrekking het.
 Soms lyk die inligting onder 'n sekere opskrif in handboeke abstrak in vergelyking met die
  eksamenvereistes. Die belangrike aspek om in ag te neem, is dat nie alle inligting in die teks
  relevant tot die vraag kan wees nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                   14                                                DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

3.          INHOUD

                                        HOOFONDERWERP:
                                        MAKRO-EKONOMIE
    ONDERWERP 1:                           CONTENT DETAILS FOR TEACHING, LEARNING
EKONOMIESE KRINGLOOP-                            AND ASSESSMENT PURPOSES
       MODEL
Stel die ekonomiese kringloop   (Fokus: Relevante begrippe, onderlinge verhoudings tussen deelnemers,
as 'n makro-ekonomiese model    markte, vloeie, inspuitings, lekkasies en ewewig in die ekonomie)
voor:

1.1 Die oop ekonomiese-          Beskryf kortliks die begrippe verwant aan die ekonomiese kringloop
    kringloop-model              Teken en interpreteer 'n oop viersektor-ekonomiesekringloop-
                                  vloeidiagram
                                 Bespreek die 4 deelnemers en die onderlinge verhoudings tussen hulle:
                                   - Huishouding, sakesektor, owerheid en buitelandse sektor
                                   - Reële vloeie en geldvloeie
                                   - Toon die verhouding van die finansiële sektor in die ekonomiese
                                       kringloop

      -   Vergelykings           Regverdig die ewewig: L = J en dui sy komponent-elemente aan:
                                   - Inspuitings (J = I + G + X)
                                   - Lekkasies (L = S + T + M)
                                 Kort verduideliking van 'n ekonomie in ewewig:
                                   - Y = C + I + G + (X – M)
                                 Verbind totale verbruiksbesteding aan inkome
                                 Verduidelik begrippe outonome verbruik en marginale verbruiks-
                                  geneigdheid (mvg)

      - Markte                   Bespreek in detail die markte in die VIERSEKTOR-model
                                   - Faktormarkte: (arbeid, hulpbron, kapitaal)
                                   - Produktemarkte: (verbruiks- en kapitaalgoedere, duursaam, semi-
                                      duursaam en nie-duursaam)
                                   - Finansiële (geld en kapitaal) mark
                                   - Buitelandse valutamark
                                   - Verbind die funksionering van finansiële en buitelandsevaluta-markte
                                      aan die deelnemers van die ekonomiese kringloop

1.2 Nasionale rekeningtotale    (Fokus: Relevante begrippe, afleidings, interpretasie, ontleding van totale en
                                omskakelings)
                                  Beskryf kortliks die begrippe BBP en BNP
                                  Beskryf die DRIE metodes om BBP te bepaal met die gebruik van tabelle:
                                   - Produksie BBP(P)
                                   - Inkome BBP(I)
                                   - Besteding BBP(E)
                                  Ontleed, interpreteer en lei totale in data-tabelle af

     Nasionale rekening-         Ontleed die nasionale rekeningomskakelings:
     omskakelings                  - Faktorkoste, basiese pryse, markpryse
                                   - Belastings en subsidies op produksie
                                   - Belastings en subsidies op produkte
                                   - BBP na BNP
                                 Verduidelik die doel met die Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR) soos
                                  deur die Verenigde Nasies (VN) uiteengesit

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                               15                                               DBE/2021
                                    Eksamenriglyne

1.3 Die vermenigvuldiger   (Fokus: Relevante begrippe, berekeninge, interpretasie of grafiese
                           verduideliking, aflei en toepas)
                            Beskryf kortliks die begrip vermenigvuldiger
                            Verduidelik die vermenigvuldigerproses. (Koppel aan ekonomiese
                               kringloop en voorbeelde).
                            Bereken die waarde van die vermenigvuldiger deur die basiese formules
                              te gebruik (2-sektor model):
                                -
                               -
                               -
                              Toepassing van die basiese formule (2-sektor model)
                              'n Kort verwysing na die impak van 'n 3-sektor en 4-sektor ekonomie op die
                               waarde van die vermenigvuldiger
                              Verduidelik die vermenigvuldiger met die gebruik van 'n goedbenoemde
                               grafiek.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      16                                                DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

       ONDERWERP 2:                       DETAIL OOR DIE INHOUD VIR ONDERRIG-, LEER- EN
       SAKESIKLUSSE                                ASSESSERINGSDOELEINDES
Ontleding en verduideliking van   (Fokus: Relevante begrippe, samestelling, verduideliking, owerheidsbeleide,
sakesiklusse en hoe dit word in   nuwe ekonomiese paradigma en kenmerke onderliggend aan vooruitskatting
vooruitskatting gebruik word      met betrekking tot Suid-Afrikaanse toestande)

2.1 Die samestelling en            Beskryf kortliks die begrippe
     kenmerke van                  Beskryf kortliks die aard van sakesiklusse
    sakesiklusse                   Toon/Illustreer 'n tipiese sakesiklus
                                   Gebruik 'n diagram en bespreek kortliks die verskillende fases in 'n
                                    sakesiklus
                                   Gee 'n breë oorsig van die werklike sakesiklus.

2.2 Verduidelikings/Oorsake          Bespreek die eksogene (Monetaristiese) verduideliking
                                     Bespreek die endogene (Keynesiaanse) verduideliking
                                     Vergelyk beide verduidelikings
                                     Gee 'n breë oorsig van die tipes sakesiklusse (Kitchin, Jugler, Kuznets
                                      en Kontratieff)

2.3 Owerheidsbeleid                Verduidelik kortliks die samestelling van die volgende beleide:
                                     - Fiskale beleid
                                        o    Belasting en owerheidsbesteding
                                        o    'n Kort verband met die begroting
                                     - Monetêre beleid
                                        o    Rentekoerse (repokoers)
                                        o    Opemarktransaksies
                                        o    Kontantreserwevereiste
                                        o    Morele oorreding

2.4 Die nuwe ekonomiese            Bespreek volledig 'Die nuwe ekonomiese paradigma/Verduidelik
    paradigma (effening/            die 'effening/gladstryking/uitstryking van siklusse'
    gladstryk van siklusse)         - Verduidelik vraagkantbeleide.
                                        o Verduidelik duidelik hoe monetêre en fiskale beleide
                                            (uitbreidend en inkrimpend) gebruik kan word met die
                                            gladstryk/effening van sakesiklusse
                                        o Dui die verband aan tussen inflasie (piek) en werkloosheid
                                            (trog) deur die Phillips-kromme te gebruik
                                    - Verduidelik aanbodkantbeleide en hoe totale aanbod gestimuleer
                                       kan word deur:
                                        o Vermindering in koste
                                        o Verbetering in die doeltreffendheid van insette
                                        o Verbetering in die doeltreffendheid van markte
                                   Verduidelik die effek/invloed van vraagkant- en aanbodkantbeleide
                                    deur 'n grafiek (totale vraag en totale aanbod) te gebruik.
                                   Beskryf kortliks die relevante begrippe

2.5   Kenmerke onderliggend        Bespreek volledig die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting:
      aan vooruitskatting van       - Aanwysers
      sakesiklusse                     o Leidende
                                       o Samevallende
                                       o Sloerende/Naloop
                                       o Saamgestelde
                                    - Lengte/duur van 'n siklus
                                    - Amplitude
                                    - Die tendenslyn
                                    - Ekstrapolasie
                                    - Bewegende gemiddeldes
                                   Gebruik 'n diagram en bespreek die sikluslengte, amplitude en die
                                    tendenslyn as kenmerke onderliggend aan vooruitskatting.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       17                                               DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

      ONDERWERP 3:                         DETAIL OOR DIE INHOUD VIR ONDERRIG-, LEER- EN
     PUBLIEKE SEKTOR                                ASSESSERINGSDOELEINDES
Evalueer die rol van die            (Fokus: Samestelling en noodsaaklikheid van die openbare sektor, probleme
openbare sektor in die              van openbaresektor-voorsiening, doelwitte, fiskale beleid en redes vir
ekonomie met spesifieke             openbaresektor-mislukking)
verwysing na die sosio-
ekonomiese verantwoorde-
likheid daarvan in die Suid-
Afrikaanse konteks

3.1 Die samestelling en              Bespreek kortliks die samestelling van die openbare sektor
    noodsaaklikheid van              Verduidelik die noodsaaklikheid van die openbare sektor:
    die openbare sektor                - Om openbare goedere te voorsien
                                       - Om hulpbronne te bewaar
                                       - Om die ekonomie te bestuur

3.2 Probleme van openbare            Bespreek hoe elk van die volgende faktore tot swak openbaresektor-
    sektorvoorsiening                 voorsiening bydra:
                                       - Aanspreeklikheid/rekenpligtigheid/verantwoordbaarheid
                                       - Doeltreffendheid
                                       - Assessering van behoeftes
                                       - Prysbeleid
                                       - Parastatale/Semistaatsinstellings
                                       - Privatisering/Nasionalisering

3.3 Doelwitte van die openbare       Bespreek in detail die vernaamste doelwitte van die openbare sektor
    sektor                            in die ekonomie
                                       - Ekonomiese groei
                                       - Volle indiensneming
                                       - Wisselkoersstabiliteit / Betalingsbalans ewewig
                                       - Prysstabiliteit
                                       - Ekonomiese gelykheid

3.4 Begrotings                       Gee in breë trekke 'n oorsig van die verskillende begrotings
                                     Beklemtoon openbare skuld as 'n % van die BBP
                                     Ontleed huidige hoofbegroting-data met betrekking tot:
                                       - Belastings
                                       - Bronne van inkomste
                                       - Bestedingstoekenning
                                       - Persoonlike-inkomstebelasting-tabelle (belastingberekening)
                                     Onderskei tussen Mediumtermyn bestedingsraamwerk (MTBR) en
                                      Mediumtermyn Begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV)
                                     Verduidelik hoe sosio-ekonomiese regte in die begrotings van die Suid-
                                      Afrikaanse owerheid geïntegreer word

3.5 Fiskale beleid (ingeslote die    Bespreek die volgende kortliks:
    Laffer-kromme)                     - Die belangrikste veranderlikes (belasting en owerheidsbesteding)
                                       - Kenmerke van fiskale beleid: doelwitgebonde, vraaggebaseerd, siklies
                                     Bespreek die uitwerking/effek van fiskale beleid.
                                       - Verspreiding van inkomste/ekonomiese ekwiteit
                                       - Verbruik/vraag en besteding
                                       - Prysvlak
                                       - Aansporings/Teenaansporings met betrekking tot die Laffer-
                                         kurwe/verdringingseffek/sektorgroei
                                       - Teken en interpreteer die Laffer-kurwe
                                       - Diskresie

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                    18                                               DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.6 Openbaresektor-mislukking    Verduidelik kortliks die kernkenmerke van openbaresektor-mislukking.
                                   - Oneffektiwiteit
                                   - Ondoeltreffendheid

                                 Bespreek in detail die volgende rede(s) vir openbaresektor-mislukking
                                  en koppel hulle aan tipiese probleme ondervind deur openbaresektor-
                                  voorsiening:
                                   - Bestuursmislukking
                                   - Onverskilligheid
                                   - Gebrek aan motivering
                                   - Burokrasie
                                   - Politici
                                   - Strukturele swakhede
                                   - Spesiale belangegroepe

                                   Verduidelik kortliks die volgende uitwerking (effekte) van openbaresektor-
                                    mislukking:
                                    - Toekenning van hulpbronne
                                    - Ekonomiese onstabiliteit
                                    - Verspreiding/Verdeling van inkomste
                                    - Sosiale onstabiliteit

                                Waar van toepassing smelt saam met: nasionale makro-ekonomiese beleid en
                                dienslewering met betrekking tot sosio-ekonomiese regte, onderwys,
                                gesondheid en die omgewing, maatskaplike sekuriteit, ooreenkoms oor die
                                regte van die kind, belasting en vergoeding vir menseregteskendings.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                    19                                                DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

      ONDERWERP 4:                       DETAIL OOR DIE INHOUD VIR ONDERRIG-, LEER-
       BUITELANDSE                              EN ASSESSERINGSDOELEINDES
      VALUTAMARKTE
Ondersoek die buitelandse-       (Fokus: Redes vir en uitwerking van internasionale handel, betalingsbalans,
valutamark, die totstandkoming   buitelandse valuta, buitelandsevaluta-markte en die regstelling van
van wisselkoerse en toon aan     onewewigtigheid in die buitelandsevaluta-mark)
hoe die Betalingsbalans-
rekening geaffekteer word         Bespreek in detail die redes vir internasionale handel:
                                   Vraagredes:
4.1 Die vernaamste redes vir       - Grootte van die bevolking
    internasionale handel          - Inkomstevlakke
                                   - Verandering in die welvaart van die bevolking
                                   - Voorkeure en smake
                                   - Die verskil in verbruikerspatrone
                                   Aanbod-redes:
                                   - Natuurlike hulpbronne
                                   - Klimaatstoestande
                                   - Menslike hulpbronne
                                   - Tegnologiese hulpbronne
                                   - Spesialisasie
                                   - Kapitaal
                                   - Absolute- en vergelykende kostevoordeel
                                  Bespreek kortliks die volgende uitwerking/effek van internasionale
                                   handel op:
                                   - Spesialisasie
                                   - Massaproduksie
                                   - Doeltreffendheid
                                   - Globalisering

4.2 Die betalingsbalans           Beskryf kortliks die begrippe
                                  Verduidelik die waarde/doel van die Betalingsbalans
                                  *Bespreek die samestelling van die huidige Betalingsbalans (wat
                                   onlangs verander het) ten opsigte van die verskillende rekeninge. Elke
                                   item in die rekeninge behoort verduidelik te word
                                      1. LOPENDE REKENING
                                      Goedere-uitvoere
                                      + Netto gouduitvoere
                                      + Dienste-ontvangste
                                      + Inkomste-ontvangste
                                      minus Goedere-invoere
                                      minus Betaling vir dienste
                                      minus Inkomebetalings
                                      Lopende oordragte (netto ontvangste)
                                      Saldo van die Lopende Rekening
                                      Memo item: handelsbalans

                                       2. KAPITAALOORDRAGREKENING

                                       NETTO LENINGS AAN (+) OF LENINGS VAN (-) DIE RES
                                       VAN DIE WÊRELD

                                       3. FINANSIËLE REKENING
                                       Netto direkte investering
                                       Netto portefeulje-investering
                                       Netto finansiële afgeleides
                                       Netto ander investering
                                       Reserwebates (STR-toekennings)
                                       Saldo op die finansiële rekening
                                       Memo item: saldo van finansiële rekening reserwebates
                                       uitgesluit
                                       Onaangetekende transaksies

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     20                                               DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

4.3 Regstelling van Betalings-     Bespreek die verskillende maatreëls om die Betalingsbalans surplus en
    balanssurplusse en -tekorte     tekort (disekwilibrium) reg te stel.
    (onewewigtighede/                - Rentekoerse
    disekwilibria)                   - Invoerbeheer
                                     - Leen en uitleen
                                     - Verandering in vraag
                                     - Uitvoerbevordering
                                     - Invoervervanging
                                     - Verandering in wisselkoerse

4.4 Buitelandsevaluta-markte       Beskryf die begrippe (tipes wisselkoerse, appresiasie, depresiasie,
                                    devaluasie, revaluasie, buitelandsevaluta-beheer)
                                   Vraag en aanbod van buitelandse valuta
                                    - Faktore wat vraag beïnvloed
                                    - Faktore wat aanbod beïnvloed
                                    - Wisselkoersewewig
                                    - Veranderinge in ewewig (teken en interpreteer grafieke)
                                    - Verduidelik kortliks inmenging in die mark

4.5 Die totstandkoming van         Verduidelik kortliks die volgende wisselkoersstelsels:
    wisselkoerse                    - Vryswewing (verbind met Suid-Afrika)
                                    - Beheerde swewing
                                    - Vas
                                   Beskryf ruilvoet onder die volgende opskrifte:
                                    - Omskrywing
                                    - Formule en
                                    - Die uitwerking/effek op die ekonomie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-english/f71b59cc-d759-45ca-8fbc-31cb94eeac9f) — Economics · Memo · 2021 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-english-2021-preparatory-question-paper/0e1a3563-e2f5-403a-ba99-428d634c0725) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics Grade 12 Trial 2021 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-trial-2021-p1-and-memo/ed51c4b0-5c6a-443c-b684-4fa0927b34d8) — Economics · Memo · 2021
- [Economics P1 May-June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2021-eng/d66c929a-31ea-4967-b5f5-de0b0dbc06ea) — Economics · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
