# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONAL
                 SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                  NOVEMBER 2024

                   EKONOMIE V2
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                      EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 1.1.1     B (winste) 

      1.1.2   A (geknikte) 

      1.1.3   A (positief) 

      1.1.4   D (veranderlike koste) 

      1.1.5   B (niehernubare) 

      1.1.6   C (inheemse kennis) 

      1.1.7   D (Basel Konvensie) 

      1.1.8   C (Noord-Suid verdeling)                                          (8 x 2)     (16)

1.2 1.2.1     F – Die verskil tussen ŉ firma se totale inkomste en eksplisiete koste 

      1.2.2   I – Hulle werk in ŉ oligopoliemarkstruktuur. 

      1.2.3   E – Lank genoeg sodat alle faktorinsette gevarieerd kan wees. 

      1.2.4   A – Die koste per eenheid neem toe terwyl hoeveelhede wat geproduseer
                  word, toeneem. 

      1.2.5   C – Firmas wat goedere en dienste in verskeie lande produseer 

      1.2.6   G – Aankoop van finansiële bates wat maklik omgeskakel kan word in
                  kontant. 

      1.2.7   D – Internasionale ooreenkomste wat daarop gemik is om kweekhuisgasse
                  te verminder 

      1.2.8   B – Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ spesifieke area 
                                                                                    (8 x 1)       (8)

1.3   1.3.1   Wet van dalende marginale nut 

      1.3.2   Homogeen 

      1.3.3   Wins 

      1.3.4   Koolstofkrediete 

      1.3.5   Handelsblok 

      1.3.6   Aardverwarming 
                                                                                      (6 x 1) (6)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                           EKONOMIE V2                                        3

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van perfekte mededingers.
                • JSE 
                • Varsproduktemark 
                (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)             (2 x 1)   (2)
       2.1.2    Waarom gaan produsente voort om hul produksie te verhoog?
                • Hulle gaan voort om hul produksie te verhoog solank
                  bykomende inkomste verdien uit die verkoop van ŉ bykomende
                  eenheid groter is as die bykomende koste aangegaan vir die
                  vervaardiging van die ekstra eenheid.                    (1 x 2)        (2)

 2.2   DATARESPONS
       2.2.1 Identifiseer die markstruktuur in die prent.
             • Onvolmaakte mark / Monopolie                                               (1)
       2.2.2    Noem EEN kenmerk van die markstruktuur wat in VRAAG 2.2.1
                geϊdentifiseer is.
                • Unieke produk met geen noue plaasvervanger nie 
                • Tegniese en allokatiewe ondoeltreffendheid 
                • Perfekte inligting 
                • Ekonomiese wins op die lange duur 
                • Afwaartse skuins vraagkurwe 
                • Slegs een verskaffer 
                • Geen mededinging 
                • Moeilike toegang tot mark 
                • Monopolis beheer prys 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (1)
       2.2.3    Beskryf kortliks die term markstruktuur.
                • Markstruktuur verwys na die wyse waarop ŉ mark georganiseerd is.  (2)

       2.2.4    Waarom is perfekte mededingers prysnemers?
                •  Perfekte mededingers is prysnemers omdat daar baie verkopers in
                   die mark is en ŉ enkele firma ŉ onbeduidende rol in die mark
                   speel. 
                •  Pryse word deur die markkragte van vraag en aanbod in die bedryf
                   bepaal en ŉ individuele firma neem die prys wat in die bedryf bepaal
                   word.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2024)

        2.2.5   Hoe vind verbruikers baat by perfek mededingende ondernemings?
                • Verbruikers trek voordeel omdat daar baie verkopers is en hulle
                  kan tussen verskillende verkopers kies. 
                • Verbruikers het ŉ voordeel om teen lae pryse te koop. 
                • Omdat daar baie verkopers is, verbeter die kwaliteit van die
                  produkte wat in die mark verkoop word. 
                • Verbruikers word nie deur produsente uitgebuit, omdat hulle kan kies
                  by watter produsent om te koop.                             (2 x 2)        (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1   Identifiseer die hoeveelheid wanneer die firma sy winste in die
                tabel hierbo maksimeer.
                 • Hoeveelheid 4                                                              (1)

        2.3.2   Wat is die gemiddelde inkomste wanneer slegs een eenheid
                verkoop word?
                • R7                                                                          (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die term marginale inkomste.
                • Marginale inkomste verwys na die bykomende of ekstra inkomste
                   verdien uit die verkoop van een bykomende eenheid. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

        2.3.4    Waarom is die gemiddelde vaste koste (GVK) -kromme afwaarts
                 skuins van links na regs?
                • Gemiddelde vaste koste is afwaarts skuins omdat die vaste koste van
                   die vervaardiging van ŉ enkele eenheid afneem soos meer eenhede
                   vervaardig word.                                                          (2)

        2.3.5   Bereken die marginale koste vir hoeveelheid 4 met behulp van die
                inligting in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge.
                Verandering in TK ÷ Verandering in H 
                8 – 10/4 – 3 
                – 2/1 
                –2                                                        (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                            EKONOMIE V2                                        5

 2.4     Onderskei tussen rekeningkundige wins en ekonomiese wins.

               REKENINGKUNDIGE WINS                     EKONOMIESE WINS
         •    Ook bekend as totale wins           •
                                                   Dit is die ekstra wins wat die
         •    Dit is die verskil tussen totale     firma maak 
              inkomste uit verkope en totale        •
                                                   Is die wins wat die besigheid
              koste                              maak bykomend tot normale
         •    Rekeningkundige wins = Inkomste      wins 
              minus eksplisiete koste             •
                                                   Dit staan ook as surplus of
                                          (Maks. 4)oortollige of ekstra wins
                                                   bekend 
                                                • Ekonomiese wins = inkomste
                                                   minus eksplisiete koste plus
                                                   implisiete koste        (Maks. 4)
         (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
         (Ken ŉ maksimum van 4 punte vir blote lys van feite.)       (Mak. 8) (4 x 2)        (8)

 2.5     Ontleed die rol van winste in ŉ besigheid.
         •   Winste is noodsaaklik om besighede te motiveer, hulpbronnetoewysing
             te lei, aanmoediging van innovasie en die versekering van ekonomiese
             groei. 
         •   Dit help die besigheid om voort te gaan om in die mark te bly bestaan,
             deur hul eksplisiete en implisiete koste te bereik. 
         •   Besigheid werk met die doel om meer te verdien as wat belê is en wins
             is die oormaat van inkomste bo koste. 
         •   Winste stel die besighede in staat om die finansiële sukses te meet en
             om groei moontlik te maak. 
         •   Wins beïnvloed ook die toekenning van hulpbronne, dit is ŉ
             doeltreffendheidsaanwyser, en dit is ŉ beloning vir innovasie en vir
             risikoneming. 
         (Aanvaar enige korrekte en relevante antwoord.)
         (Ken ŉ maksimum van 2 punte vir blote lys van feite.)                  (4 x 2)     (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    EKONOMIE V2                                 (EC/NOVEMBER 2024)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1 3.1.1     Noem enige TWEE kenmerke van globalisering.
               • Handel 
               • Internasionalisering 
               • Regionalisering 
               • Belangrike infrastruktuur                                       (2 x 1)   (2)

      3.1.2    Hoe dra groen belasting by tot omgewingsvolhoubaarheid?
               • Groen belasting ontmoedig die gebruik van hulpbronne wat
                  omgewingskade veroorsaak omdat dit tot ŉ toename in
                  besoedeling lei. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)           (2)

 3.2 DATARESPONS

      3.2.1    Identifiseer die tipe besoedeling in die spotprent hierbo.
               • Lugbesoedeling                                                            (1)

      3.2.2    Identifiseer die omgewingskwessie in die spotprent hierbo.
               •   Groen omgewingskwessie                                                  (1)

      3.2.3    Beskryf die term besoedeling kortliks.
               • Besoedeling is die bekendstelling van kontaminante in die
                   natuurlike omgewing wat nadelige verandering veroorsaak. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      3.2.4    Hoe veroorsaak menslike aktiwiteite die agteruitgang van die
               omgewing?
               • Direkte en indirekte menslike aktiwiteit soos onttrekking van
                  hulpbronne uit die natuur is ŉ belangrike oorsaak van die
                  agteruitgang van die omgewing. 
               • Menslike aktiwiteit veroorsaak erosie van natuurlike omgewing deur
                  die uitputting van hulpbronne, vernietiging van ekosisteme en die
                  uitsterwing van dier- en plantspesies. 
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                (2 x 1) (2)

      3.2.5    Hoe kan produsente tot ekonomiese groei bydra en terselfdetyd die
               omgewing beskerm?
               • Produsente moet meer hernubare hulpbronne as nie-
                  hernubare hulpbronne gebruik. 
               • Afvalwater wat deur nywerhede gegenereer word, moet herwin
                  word om skoon water te produseer. 
               • Natuurlike hulpbronne moet versigtig gebruik word sodat
                  ekonomiese groei en ekologiese bewaring saamgaan. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                           EKONOMIE V2                                         7

 3.3 DATARESPONS

       3.3.1    Identifiseer enige EEN handelsblok in die uittreksel hierbo.
                • Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfKVHG) 
                • Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU)                                      (1)

       3.3.2    Noem die organisasie wat handel tussen lande reguleer.
                • Wêreldhandelsorganisasie (WHO)                                            (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term vryehandel.
                • Vryehandel verwys na die vrye beweging van goedere en
                   produksiefaktore tussen lande. 
                • Wanneer produsente en verbruikers vry is om goedere en
                   dienste by enige plek in die wêreld sonder die inmenging van
                   die regering te koop 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante beskrywing)                          (2)

       3.3.4    Verduidelik die hoofdoel van die organisasie in VRAAG 3.3.2
                genoem.
                • Die hoofdoel van die WHO is om sy lede te help om handel
                   te gebruik as ŉ manier om lewenstandaarde te verhoog,
                   werk te skep en mense se lewens te verbeter.                            (2)

       3.3.5    Ondersoek die positiewe impak van vryehandel op die Suid-
                Afrikaanse ekonomie.
                Vryehandel het:
                • verbruikers in staat gestel om toegang tot hoër gehalte goedere
                   en lae pryse te verkry. 
                • toename in ekonomiese groei en help om die lewenstandaard
                   te verbeter. 
                • verbeterde doeltreffendheid en innovasie in die produksie van
                   goedere en dienste. 
                • mededinging en regverdigheid bevorder, wat lei tot meer
                   werksgeleenthede geskep word. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)              (2 x 2)      (4)

 3.4 Bespreek kortliks die toekenning van eiendomsreg as ŉ maatreël om die
     omgewing te onderhou.
     • Die toekenning van eiendomsreg het ŉ bewaringseffek as mense
         sorg vir dinge wat aan hulle behoort. 
     • Gee mense eiendomsreg oor plante en diere om te verhoed dat hulle
         uitsterf. 
     • Plante en diere mag dan bewaar word teen minimum koste vir die
         belastingbetaler. 
     • Wanneer plaasboere eiendomsreg ontvang om op hulle plase te jag,
         sal hulle na die wild kyk en ook ŉ inkomste deur die toeriste wat die
         wild gaan bekyk, verdien. 
     • Dit is onprakties om privaat eiendomsreg op lug uit te brei 
     • Maar die beginsel van besoedelaars wat slagoffers betaal om
         besoedeling te verminder word soms deur regerings gevolg. 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
     (ŉ Maksimum van 4 punte sal gegee word vir blote.)                        (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                  EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2024)

 3.5 Ontleed die belangrikheid van die versorging van woude vir die
     ekonomie en die omgewing.
     Woude moet versorg word omdat:
      • mense is afhanklik van woude omdat woude suurstof genereer vir die lug
        wat hulle inasem. 
      • die hout word gebruik vir die vervaardiging van meubels, boeke en
        allerhande ander houtprodukte. 
      • hulle bied habitatte vir diere en bied waterskeidingsbeskerming 
      • hulle voorkom gronderosie en help om die omgewing te onderhou. √√
      • hulle versag klimaatsverandering en bied bevorderlike toestande vir
        landbou-aktiwiteite. 
     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
     (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir ŉ blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                           EKONOMIE V2                                        9

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1 4.1.1     Noem enige TWEE metodes om die omgewing te beskerm.
              • Prysgebaseerde metode 
              • Markgebaseerde metode 
              • Gebruik van wette en regulasies                                 (2 x 1)      (2)

     4.1.2    Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel?
              •   Die stel van doelwitte help die onderneming om die rigting wat dit
                  sal neem, te kan definieer – doelwitte moet ooreenstem met die
                  onderneming se missie- en visiestellings 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (1 x 2)      (2)

4.2 DATARESPONS

     4.21     Identifiseer die oorspronklike vraagkurwe in die motormark-grafiek
              hierbo.
              • 𝐕𝟏                                                          (2 x 1)          (1)

     4.2.2    Watter mark verteenwoordig die faktormark in die grafiek hierbo.
              • Staalmark                                                                    (1)

     4.2.3    Beskryf kortliks die term substituutprodukte
              • Substituutgoedere is goedere wat in die plek van ander goedere gebruik
                word wat voldoen aan dieselfde behoefte of begeerte.                        (2)

     4.2.4    Wat het ŉ verskuiwing van 𝐕𝟏 na 𝐕𝟐 in die staalbedryf veroorsaak?
              • Die toename in die vraag na motors het ŉ toename in die vraag na
                  staal in die staalmark veroorsaak. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

     4.2.5    Wat is die impak op die werknemers in die staalmark as die vraag na
              motors van 𝐕𝟏 na 𝐕𝟐 toeneem?
              • Indiensneming in die staalbedryf sal toeneem en daar sal meer
                geleenthede vir bevordering wees. 
              • Werknemers sal meer inkomste as gevolg van oortyd gewerk, verdien. 
              • Werknemers se lewenstandaard sal verbeter omdat hulle meer goedere
                en dienste sal kan koop.                                    (2 x 2) (4)

  Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2024)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1   Identifiseer die jaar waarin stropery van renosters die hoogste was.
              •   2014                                                                     (1)

      4.3.2    Wat is die hoofrede vir die stropery van renosters?
              •  Renosterhorings 
              •  Geld                                                     (Enige EEN)      (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term ekosisteem.
              • Ekosisteem is ŉ plaaslike groep onafhanklike organismes saam
                 met die omgewing wat hulle bewoon en afhanglik van is. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      4.3.4   Hoe kan die bewustheid van die belangrikheid van flora en fauna
              geskep word?
              • Om kinders en volwassenes meer bewus te maak van
                 omgewingskwessies deur die media soos radio en televisie asook
                 skoolbesoeke 
              • Die oprigting van gemeenskaps wild reservate as nasionale
                 parke 
              • Organisering van velduitstappies en begeleide omgewingstoere 
              • Gebruik sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram en
                 Tik-Tok om meer bewustheid te skep 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      4.3.5   Hoe beïnvloed klimaatsverandering die ekonomiese omgewing?
              • Verlies aan habitatte en biodiversiteit beïnvloed die toerisme
                sektor negatief omdat toeriste deur die skoonheid van die natuur
                en inheemse plante aangetrek word 
              • Die landbousektor word negatief geraak aangesien droë seisoene
                langer word en nat seisoene begin later. 
              • Die vervaardiging van hout neem af omdat woude heeltemal uitgewis
                kan word.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 2)    (4)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                          EKONOMIE V2                                        11

 4.4    Bespreek kortliks die verband tussen faktor- en produkmarkte.
        • Die faktormark is ŉ mark waar produksiefaktore soos natuurlike
           hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneursvaardighede gekoop
           en verkoop word. 
        • Produsente gebruik hierdie produksiefaktore om goedere en
           dienste te produseer wat in die produkmark gekoop en verkoop
           word, soos duursame, semi-duursame en nie-duursame
           verbruikersgoedere en dienste. 
        • Wanneer die vraag na ŉ sekere produk in die produkmark afneem,
           kan dit ook na ŉ afname in die vraag na faktore van produksie in
           die faktormark lei. 
        • As die aanbod van een produksiefaktor in die faktormark afneem,
           kan dit daartoe lei dat ondernemings minder produseer en dit sal
           prysstygings in die produkmark tot gevolg hê. 
        • Veranderinge in die faktormark sal veranderinge in die produkmark
           veroorsaak en omgekeerd, aangesien hierdie markte interafhanklik
           is. 
        (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)               (4 x 2)   (8)

 4.5    Watter probleme sal in die ekonomie ondervind word as nie-hernubare
        hulpbronne buitensporig verbruik word?
        Oormatige gebruik van hierdie hulpbronne sou:
        • Daartoe lei dat hulle uitgeput raak en die vervaardigingsektor
           negatief beinvloed 
        • Vermindering van die hoeveelheid voedselproduksie wat tot
           voedselonsekerheid kan lei 
        • Lei tot ŉ ernstige afname in ekonomiese aktiwiteit 
        • Dit lei tot afleggings en werksverliese in die ekonomie 
        • Veroorsaak oormatige lugbesoedeling as gevolg van die
           onttrekking van hierdie hulpbronne 
        • Veroorsaak suurreën wat tot aardverwarming lei 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
        (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite.)
                                                                            (4 x 2)    (8)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                    EKONOMIE V2                                    (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

• Bespreek in detail die pryselastisiteit van vraag sonder die hulp van grafieke.
                                                                        (26 punte)
• Waarom is die elastisiteit van vraag belangrik vir produsente?        (10 punte)

INLEIDING
Pryselastisiteit van vraag meet hoeveel verbruikers reageer op ŉ verandering in
die prys van ŉ produk / meet hoe sensitief die vraag van die produk vir ŉ
verandering in die prys van die produk is / Pryselastisiteit van die vraag sal die
sensitiwiteit van ŉ produk bepaal wanneer daar ŉ verandering in prys is. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                               (2)
LIGGAAM: HOOFGEDEELTE

Perfek elastiese vraag 
• Die kleinste prysverandering sal tot ŉ oneindige verandering in hoeveelheid wat
   gevra word, lei. 
• Dit word ook na as oneindige elastisiteit verwys. 
• Hierdie pryselastisiteit is gelyk aan oneindigheid. 
• Produsente kan nie die prys verander nie, maar moet ander maniere vind om
   inkomste te verhoog. 

Perfek onelastiese vraag 
• Die vraag sal geen reaksie op enige of alle prysveranderings toon nie. 
• Pryselastisiteit van vraag is nul. 
• Die implikasie is dat ŉ verandering in prys geen verandering in die hoeveelheid
  wat verbruikers eis, sal veroorsaak nie. 
• Produsente kan pryse verhoog om inkomste te verhoog aangesien die vraag nie sal
  verander nie. 

Unitêre elastiese vraag 
• Kom voor wanneer ŉ spesifieke verandering in prys presies dieselfde
  verandering in vraag veroorsaak. 
• As die prys met 10% styg, sal die hoeveelheid wat gevra word met 10% styg. 
• Die waarde van elastisiteit is gelyk aan 1. 
• Produsente sal dalk ander metodes om inkomste te verhoog moet oorweeg. 

Relatief onelasties 
• Die waarde is minder as 1, maar meer as 0. 
• Die vraag reageer nie baie op veranderinge in prys nie. 
• Om inkomste te verbeter, verhoog slegs prys. 
• Goedere en dienste met ŉ relatief onelastiese vraag is dinge soos sout,
  mediese sorg, tabakprodukte en petrol (brandstof). 
• Hulle het almal ŉ elastisiteitskoëffisiënt van minder as 1, wat beteken dat die
  hoeveelheid wat gevra word nie baie sensitief is vir ŉ verandering in die prys
  nie. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                           EKONOMIE V2                                          13

Relatief elasties 
• Kom voor wanneer ŉ klein verandering in prys ŉ groot verandering in die
  hoeveelheid wat gevra word, veroorsaak. 
• Pryselastisiteit is groter as een, maar minder as oneindig. 
• Om inkomste te verbeter, moet pryse verlaag word.                     (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

Waarom is die elastisiteit van vraag belangrik vir produsente?
• Dit sê vir ŉ produsent dat daar vir elke aksie ŉ reaksie is. 
• Deur pryselastisiteit van vraag te bestudeer, kan ons voorspel wat die
   verandering in prys sal wees vir die produsente. 
• Pryselastisiteit van vraag is nuttig om firmas te help besluit hoe om hul totale
   inkomste te verhoog 
• Om sy totale inkomste te verhoog, kan die produsent die prys verhoog om
   meer inkomste per produk te kry;  en laat die prys daal om die hoeveelheid
   wat verkoop word, te verhoog. 
• As die kopers sensitief is vir die prys (elastiese vraag), sal hulle meer koop as
   die prys daal,  dus moet die produsente die prys laat daal. 
• As die kopers nie sensitief vir die prys (onelastiese vraag) is nie, sal hulle nie
   minder koop nie, al styg die prys,  dus moet die produsent die prys laat
   styg. 
• Om verkope te verhoog, verhoog die prys wanneer die vraag onelasties is,  of
   laat die prys daal wanneer die vraag elasties is. 
• Produsente wil weet hoe sensitief die markaanbod vir ŉ verandering in die prys van
   die produk is. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie.)
(ŉ Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite.)            (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING
Dit is belangrik dat produsente die kooppatrone van verbruikers bestudeer om
dienoorkomstig te beplan. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking)             (Maks. 2) [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                   EKONOMIE V2                                 (EC/NOVEMBER 2024)

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 •   Bespreek in detail die oorsake van globalisering.                (26 punte)
 •   In watter opsig word Suid-Afrika negatief deur die Noord-Suid verdeling
      geraak?                                                         (10 punte)

 INLEIDING
 Globalisering is die proses van interaksie tussen die lande van die wêreld om hul
 ekonomieë en samelewings saam te bring om die wêreldekonomie te ontwikkel
 /globalisering is die interaksie en interkoppeling van ekonomieë vir doeleindes van
 handel. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                        (2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL
 Oorsake van globalisering
 Handelsliberalisering/Vrymaking van die handel 
 • Handelsliberalisering is die verwydering of vermindering van
    handelshindernisse tussen lande, bv. invoerregte 
 • Die doel van handelsliberalisering was om internasionale handel te stimuleer 
 • Dit het na die Tweede Wêreldoorlog begin met die stigting van AOTH deur
    die Verenigde Nasies. 
 • AOTH-lede het onderhandel vir die opheffing van handelsbeperkings en
    hindernisse sowel as om metodes te vind om internasionale handel te
    verhoog. 
 • Hierdie rol is deur die WHO in 1994 oorgeneem. 
 • Die WHO verseker dat handelsooreenkomste tussen lande vereer word en
    tree as bemiddelaar in handelsgeskille op. 
 • Die verwydering van handelsbeperkings is daarop gemik om direkte
    buitelandse belegging aan te moedig om nywerhede verder te ontwikkel en
    verbruikers se koopkrag te verhoog. 
 • Die uitvloei van hierdie aksies was die vorming van uitvoerverwerking sones
    (EPZs) deur baie lande waarin geen handelstariewe gehef is nie. 
 • Deur handelsliberalisering het sommige lande vryehandelsgebiede VHG
    gevorm, waar ooreenkomste bereik is waardeur deelnemende lande alle
    handelshindernisse onderling op goedere / dienste wat verhandel word,
    verwyder. 
 • Die effek van ŉ VHG is dat die totale handelsvolume toegeneem het omdat
    lande kan spesialiseer in die produkte wat hulle die goedkoopste kan
    produseer. 

Multinasionale ondernemings
• Multinasionale ondernemings is maatskappye wat vervaardiging, diens en
  handelsbesighede in verskeie lande vestig. 
• Multinasionale korporasies het ontwikkel omdat dit baie duur was om
  fabrieke tydens die industriële fase te vestig. 
• In baie gevalle het besighede begin saamwerk en groot korporasies gevorm
  wat meestal gesamentlike aandelemaatskappye was wat deur
  aandeelhouers besit is. 
• Hierdie multinasionale korporasies het skakels regoor die wêreld gebruik om
  hul markte uit te brei en massa hoeveelhede goedere te produseer. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2024)                        EKONOMIE V2                                         15

 Kapitaalliberalisering 
 • Geld kan met spoed en gemak oor die wêreld beweeg word. 
   byvoorbeeld finansiering van nuwe tegnologie in ontwikkelende lande. 
 • Ontwikkeling van tegnologie en kunsmatige intelligensie 
 • Moderne tegnologie het die manier waarop produksie geïmplementeer word
   en hoe vervaardiging bestuur word, verander. 
 • Masjienleer het sagteware verbeter vir besighede om in staat te wees om
   verbruikersgedrag regoor die wêreld te voorspel. 

 Standaardisering 
 • Namate lande geïndustrialiseer geraak het, het ŉ groot hoeveelheid produkte
    die markte as gevolg van massaproduksie oorstroom. 
 • Dit het tot die ontwikkeling van massabemarkingstrukture gelei. 
 • Aspekte van massabemarking sluit in die ontwikkeling van massiewe winkels
    en massa-advertering wat groot gehore deur uitsaaitegnologie en gedrukte
    media kan bereik  byvoorbeeld Coca-Cola, Nike, ens. 

 Skaarste aan hulpbronne 
 • Wêreldhandel verwys na die koop van goedere en dienste deur regerings,
   maatskappye en individue regoor die wêreld. 
 • Die rede vir wêreldhandel is skaarste aan hulpbronne en produkte. 
 • Geen land het al die goedere wat hy nodig het nie, en ook kan een land nie
   alles produseer wat dit nodig het nie. 

 Ontwikkeling van vervoer 
 • Nuwe tegnologieë wat op die gebied van vervoer ontwikkel is, insluitend
   moderne infrastruktuur soos snelweë wat lande verbind, vervoernetwerke en
   vinnige vervoermiddels per see, lug en land. 
 • Hawens en lughawens het groter geword met meer kapasiteit om
   verskillende lande met mekaar te verbind. 

Ontwikkeling van tegnologiestelsels 
• Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie het lande in staat gestel om oor die
   hele wêreld verbind te word. 
• Sommige van hierdie ontwikkelings sluit in: selfone, rekenaars en die
   internet wat onmiddellike skakels na mense of besighede in enige land in die
   wêreld te plaas, om te praat, boodskappe te stuur en geld oor te dra. 
• Die skakels word moontlik gemaak deur nuwe kommunikasietegnologie met
   behulp van landlyne, satelliete of onderwater kabelverbindings. 
• Die spoed waarteen inligting oorgedra word, het aansienlik toegeneem. 
• Radio, televisie en sosiale media kan nou inligting in ware tyd stuur 
• Elektroniese finansieringsmarkte maak dit moontlik om geld maklik oor te dra. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (Maks. 26)     (26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                                   EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2024)

 BYKOMENDE DEEL
 In watter opsig word Suid-Afrika negatief deur die Noord-Suid verdeling geraak?
 • Afhanklikheid van die primêre sektor – Suid-Afrika is steeds grootliks afhanklik van
     die primêre sektor as ŉ bron van inkomste / minerale word na Noordelike lande
     uitgevoer. 
 • Die lande in die Suide, insluitend Suid-Afrika, is steeds in sekere gebiede dig
     bevolk. 
 • Groot werkloosheidsvlakke – Suid-Afrika het ŉ groot groep jeugdiges wat werkloos
     is – selfs gegradueerdes kry nie maklik werk nie / gebrek aan fondse vir
     vaardighede. 
 • Lae lewensverwagtinge in die land – faktore soos TB / malaria / MIV en Vigs is
     groot probleme / onvoldoende gesondheidsorg, veral in landelike gebiede. 
 • Toenemende vlakke van armoede – ramings is dat 50% van die Suid-Afrikaanse
     bevolking in armoede is/ onvermoë van die regering om ekonomiese groei en
     BDI’s te skep. 
 • Gebrek aan ekonomiese groei en ontwikkeling – aspekte soos droogtes, korrupsie,
     wanbestuur en disinvestering is groot kommer. 
 • Lae geletterdheidsvlakke en hoërskool- en tersiêre uitvalsyfers – gebrek
     aan rigting, motivering, fondse, ens. is negatiewe faktore. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie.)
 (ŉ Maksimum van 4 punte sal vir blote notering/feite toegeken word.)        (Maks. 10)         (10)

 GEVOLGTREKKING
 Die wêreld het ŉ globale dorp geword en integrasie en handel is belangrik vir enige
 ekonomie om te groei. Alle lande moet teen mekaar meeding vir markaandeel en die
 ontwikkelende lande kan nie met die hoogs gesubsidieerde ontwikkelde lande se
 bedrywe meeding nie. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking)              (Maks.2)          (2)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                   GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr
- [Economics Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-march-2023-qp-and-memo/7bf14762-8297-40aa-ba3f-fa755749132a) — QP + Memo · 2023
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
