# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2024

                          EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *IECONA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                        EKONOMIE V2                    (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      x   AFDELING A: VERPLIGTEND
      x   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      x   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

3.    Skryf die nommer van die vraag boaan elke antwoord neer.

4.    Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

7.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele aantal antwoorde sal
      NIE nagesien word NIE.

8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                          EKONOMIE V2                                    3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    ŉ Perfekte markfirma maksimeer sy ... wanneer MK=MI.

                 A     inkomste
                 B     winste
                 C     koste
                 D     uitgawes

        1.1.2    ŉ Oligopolis word gekonfronteer met ŉ ... vraagkromme.

                 A     geknikte
                 B     opwaarts skuins
                 C     horisontale
                 D     vertikale

        1.1.3    ŉ … verband bestaan tussen die prys van ŉ goed en
                 hoeveelheid van sy plaasvervanger gevra.

                 A     Positiewe
                 B     Negatiewe
                 C     Nul
                 D     Neutrale

        1.1.4    Koste wat verander namate die uitset wissel.

                 A     Vaste koste
                 B     Totale vaste koste
                 C     Marginale koste
                 D     Veranderlike koste

        1.1.5    Hulpbronne wat uitgeput kan raak as dit nie volhoubaar bestuur word
                 nie, staan as ... hulpbronne bekend.

                 A     hernubare
                 B     niehernubare
                 C     eindige
                 D     mensgemaakte

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

        1.1.6   Kennis wat praktiese toepassing vir die daaglikse oorlewing van
                plaaslike gemeenskappe het.

                A     Historiese kennis
                B     Algemene kennis
                C     Inheemse kennis
                D     Ekonomiese kennis

        1.1.7   ŉ Internasionale ooreenkoms om kernafval te bestuur.

                A     Stokholm-protokol
                B     Kioto-protokol
                C     Parys-ooreenkoms
                D     Basel Konvensie

        1.1.8   ŉ Sosio-ekonomiese en politieke verdeeldheid tussen die ontwikkelde
                ryk en die armer ontwikkelende lande word ... genoem.

                A     Suid-verdeling
                B     Noord-verdeling
                C     Noord-suid-verdeling
                D     Ekonomiese verdeling
                                                                                  (8 x 2) (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                        EKONOMIE V2                                        5

 1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                   KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1    Rekeningkundige wins     A    Die koste per eenheid neem toe terwyl
                                               hoeveelhede wat geproduseer word,
                                               toeneem

        1.2.2    Kartel                   B    Die verskeidenheid plant- en dierelewe
                                               in ŉ spesifieke area

        1.2.3    Langtermyn               C    Firmas wat goedere en dienste in
                                               verskeie lande produseer

        1.2.4    Skaalverspillings        D    Internasionale ooreenkomste wat
                                               daarop gemik is om kweekhuisgasse
                                               te verminder

        1.2.5    Multinasionale           E    Lank genoeg sodat alle faktorinsette
                 ondernemings                  kan verander

        1.2.6    Portefeulje beleggings   F    Die verskil tussen ŉ firma se totale
                                               inkomste en eksplisiete koste

        1.2.7    Kioto-protokol           G    Aankoop van finansiële bates wat
                                               maklik in kontant omskep kan word

        1.2.8    Biodiversiteit           H    Wat verbruikers aangaan wanneer
                                               hulle goedere koop

                                          I    Hulle werk in ŉ oligopolie-
                                               markstruktuur
                                                                                   (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                     EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2024)

 1.3    Gee EEN term vir die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die
        vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   Hierdie wet bepaal dat die totale nut teen ŉ stadiger tempo sal
                toeneem met elke bykomende eenheid wat verbruik word

        1.3.2   Die produkte wat aangebied word, is identies met geen duidelike
                verskille in kwaliteit nie

        1.3.3   Die geld wat oorbly sodra die firma sy totale koste van die totale
                inkomste aftrek

        1.3.4   Die aantal permitte wat nodig is om die koolstofvrystellings van ŉ
                spesifieke fabriek te dek

        1.3.5   ŉ Groepering van lande om meer beheer oor die wêreldekonomie te
                kry

        1.3.6   Die vasvang van hitte in die atmosfeer wat klimaatsverandering tot
                gevolg het.                                               (6 x 1)        (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                          EKONOMIE V2                                     7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van volmaakte mededingers.            (2 x 1)        (2)

       2.1.2    Waarom gaan produsente voort om hul produksie te verhoog?         (1 x 2)       (2)

2.2    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    MONOPOLIE

       2.2.1    Identifiseer die markstruktuur in die prent hierbo.                             (1)

       2.2.2    Noem EEN kenmerk van die markstruktuur wat in VRAAG 2.2.1
                geϊdentifiseer is.                                                              (1)

       2.2.3    Beskryf kortliks die term markstruktuur.                                        (2)

       2.2.4    Waarom is perfekte mededingers prysnemers?                                      (2)

       2.2.5    Hoe vind verbruikers by perfek mededingende ondernemings baat?
                                                                             (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                        EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

2.3   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         PRYS            HOEVEELHEID          TOTALE              TOTALE        WINS /
                                            INKOMSTE              KOSTE        VERLIES
              8                 0                0                  10           -10
              7                 1               A                   15            -8
              6                 2               12                  12            0
              5                 3               15                  10            5
              4                 4               16                   8            8

      2.3.1       Identifiseer die hoeveelheid wanneer die firma sy winste maksimeer in die
                  tabel hierbo.                                                                      (1)

      2.3.2       Wat is die gemiddelde inkomste wanneer slegs een eenheid verkoop
                  word?                                                                              (1)

      2.3.3       Beskryf kortliks die term marginale inkomste.                                      (2)

      2.3.4       Waarom het die gemiddelde vaste koste (GVK)-kromme ŉ afwaartse
                  skuins van links na regs?                                                          (2)

      2.3.5       Bereken die marginale koste vir hoeveelheid 4 met behulp van die inligting
                  in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge.                       (2 x 2)          (4)

2.4   Onderskei tussen rekeningkundige wins en ekonomiese wins.                      (4 x 2)         (8)

2.5   Ontleed die rol van winste in ŉ besigheid.                                     (4 x 2)         (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                          EKONOMIE V2                                          9

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1    Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van globalisering.                            (2 x 1)    (2)

        3.1.2 Hoe dra groen belasting tot volhoubaarheid by?                        (1 x 2)     (2)

 3.2    Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               [Aangepas uit www.twitter.com]

        3.2.1    Identifiseer die tipe besoedeling in die spotprent hierbo.                     (1)

        3.2.2    Identifiseer die omgewingskwessie in die spotprent hierbo.                     (1)

        3.2.3    Beskryf kortliks die term besoedeling.                                         (2)

        3.2.4    Hoe veroorsaak menslike aktiwiteit die agteruitgang van die omgewing?
                                                                               (2 x 1) (2)

        3.2.5    Hoe kan produsente tot ekonomiese groei bydra en terselfdertyd
                 die omgewing beskerm?                                         (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2024)

3.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          SA STUUR EERSTE BESENDING ONDER AFKVHG-OOREENKOMS

      Die implementering van die voorkeurhandel onder die Afrika Kontinentale
      Vryehandelsgebied (AfKVHG) het ŉ werklikheid geword met Suid-Afrika wat
      sy eerste besending produkte na ander lande gestuur het wat onder die
      ooreenkoms handel dryf. Suid-Afrika is die eerste onder die lidlande van die
      Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) wat die AfKVHG-ooreenkoms
      prakties verwesenlik het.

      Vir Suid-Afrika sal die begin van voorkeurhandel groot geleenthede vir groei en
      ontwikkeling skep. Nie net sal dit ons land se produsente bevoordeel nie, maar
      dit sal ook vir ŉ groot toename in verkeer deur ons hawens, ons lughawens en
      ons landgebaseerde grensposte sorg.
                                                       [Aangepas van www.sanews.gov.za]

      3.3.1    Identifiseer enige EEN handelsblok in die uittreksel hierbo.                 (1)

      3.3.2    Noem die organisasie wat handel tussen lande reguleer.                       (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term vryehandel.                                        (2)

      3.3.4    Verduidelik die hoofdoel van die organisasie genoem in VRAAG
               3.3.2.                                                                       (2)

      3.3.5    Ondersoek die positiewe impak van vryehandel op die Suid-Afrikaanse
               ekonomie.                                                   (2 x 2)          (4)

3.4   Bespreek kortliks die toekenning van eiendomsreg as ŉ maatreël om die
      omgewing te onderhou.                                               (4 x 2)           (8)

3.5   Ontleed die belangrikheid van die versorging van woude vir die ekonomie en
      die omgewing.                                                        (4 x 2)          (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                           EKONOMIE V2                                         11

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1 Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1     Noem enige TWEE metodes om die omgewing te beskerm. (2 x 1)                   (2)

       4.1.2     Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel?                   (2)

 4.2 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     MOTORMARK                             STAALMARK

                                                                            A1
        Prys                                  Prys
                                      A1

                                             V2                                    V2
                                        V1                                   V1
                       H1 H2     Hoeveelheid                     H1 H2   Hoeveelheid

       4.2.1     Identifiseer die oorspronklike vraagkurwe in die motormarkgrafiek
                 hierbo.                                                                      (1)

       4.2.2     Watter mark verteenwoordig die faktormark in die grafiek hierbo?             (1)

       4.2.3     Beskryf kortliks die term substituutprodukte.                                (2)

       4.2.4     Wat het ŉ verskuiwing van V1 na V2 in die staalbedryf veroorsaak?            (2)

       4.2.5     Wat is die impak op die werknemers in die staalmark as die vraag
                 na motors van V1 na V2 toeneem?                            (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                                           EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2024)

 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  IS DIE ONWETTIGE JAG (STROPERY) VAN RENOSTERS BESIG OM TOT
                                         ʼN EINDE TE KOM?

                          GETAL RENOSTERS AANGETEKEN WAT IN SUID-AFRIKA GESTROOP
                                                   IS

          Aantal renosters gestroop

                                                                              [Aangepas uit www.PoachStatsSA. 2017]

      4.3.1                           Identifiseer die jaar waarin stropery van renosters op sy hoogste was.           (1)

      4.3.2                           Wat is die hoofrede vir die stropery van renosters?                              (1)

      4.3.3                           Beskryf kortliks die term ekosisteem.                                            (2)

      4.3.4                           Hoe kan die bewustheid van die belangrikheid van flora en fauna
                                      geskep word?                                                                     (2)

      4.3.5                           Hoe beïnvloed klimaatsverandering die ekonomiese omgewing?
                                                                                                (2 x 2)                (4)

 4.4 Bespreek kortliks die verband tussen faktor- en produkmarkte.                                           (4 x 2)   (8)

 4.5 Watter probleme sal in die ekonomie ondervind word indien nie-hernubare
     hulpbronne buitensporig verbruik word?                               (4 x 2)                                       (8)
                                                                                                                       [40]

                                                                                     TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief
                                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                        EKONOMIE V2                                         13

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg beoordeel word.

                          STRUKTUUR VAN OPSTEL                                     PUNTE-
                                                                                 TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
 x ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat met die vraagonderwerp
      verband hou te definieer.                                                        Maks. 2
 x MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.
 x MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
 x Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek               Maks. 26
 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik

 Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en         Maks. 10
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
 Onderskei/Interpreteer/Debateer kortliks/Hoe/Stel voor
 Gevolgtrekking
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 x ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om feite wat reeds genoem is,
      te herhaal
                                                                                       Maks. 2
 x Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 x Bykomende ondersteunende inligting wat bespreking/ontleding versterk
 x ŉ Teenstrydige sienwyse met motivering, indien gevra
 x Aanbevelings
 TOTAAL                                                                                  40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

x   Bespreek in detail pryselastisiteit van vraag sonder behulp van grafieke.
                                                                          (26 punte)
x   Waarom is die elastisiteit van vraag vir produsente belangrik?        (10 punte)          [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

x   Bespreek in detail die oorsake van globalisering.                  (26 punte)
x   In watter opsig word Suid-Afrika deur die Noord-Suid-verdeling negatief geraak?
                                                                        (10 punte)            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                 GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 11 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-11-june-2023-p1-and-memo/16275360-c290-4e47-b268-9c038b3e4af2) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
