# Economics Grade 12 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2012-afr/9b5e8aef-4a1a-4978-bbea-50a9679ee3fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 NSC November 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2012-afr/9b5e8aef-4a1a-4978-bbea-50a9679ee3fe)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                     EKONOMIE

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       2                    DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Beantwoord SES vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

           AFDELING A: VERPLIGTEND
           AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
           AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.

2.         Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
           nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste DRIE vrae nagesien
           word en in AFDELING C slegs die eerste TWEE.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik word.

4.         Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.         Lees AL die vrae aandagtig deur.

6.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.         Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.         Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
           konteks van jou antwoorde met die kognitiewe vereistes van die vrae
           ooreenstem.

9.         Gebruik slegs swart of blou ink.

10.        Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                        3                        DBE/November 2012
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         50 PUNTE – 25 MINUTE

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           1.1.1      Die geldmark is 'n mark vir …-termynbesparings en -lenings.

                      A    kort
                      B    kort- en lang
                      C    lang

           1.1.2      'n Vaste bedrag wat deur verbruikers betaal word vir water
                      en elektrisiteit, ongeag die eenhede verbruik, staan as … bekend.

                      A    munisipale belasting
                      B    gebruikersheffings
                      C    'n eenvormige tarief ('flat rate')

           1.1.3      'n Fokus op die verbetering van insetdoeltreffendheid is 'n kenmerk
                      van die …-kant-beleid.

                      A    vraag
                      B    aanbod
                      C    vraag- en aanbod

           1.1.4      Die helling van die vraagkurwe vir 'n monopolistiese mededinger
                      is ...

                      A    positief.
                      B    horisontaal.
                      C    negatief.

           1.1.5      Produkte van monopolistiese mededingers is ...

                      A    gedifferensieerd.
                      B    homogeen.
                      C    ongedifferensieerd.

           1.1.6      As die markprys laer as die marginale koste is, sal die produsent
                      produksie … om winste te maksimeer.

                      A    verlaag
                      B    verhoog
                      C    stop

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       4                        DBE/November 2012
                                              NSS

           1.1.7      Watter EEN van die volgende is 'n ontwikkelingsbeleid?

                      A    Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
                      B    Groei, Werkverskaffing en Herverdeling
                      C    Nywerheidsontwikkelingskorporasie

           1.1.8      Die toepassing van nuwe wetenskaplike kennis in die vorm van
                      uitvindings en ontdekkings staan as … bekend.

                      A    kapitaal
                      B    tegnologie
                      C    arbeid

           1.1.9      Ruimtelike areas wat toegang aan mynbou, vervaardiging en ander
                      besighede bied, word … genoem.

                      A    deurgange
                      B    korridors
                      C    uitvoerververvaardigingsones

           1.1.10     'n Hoë inflasiekoers saam met 'n hoë werkloosheidskoers word …
                      genoem.

                      A    deflasie
                      B    hiperinflasie
                      C    stagflasie

           1.1.11     Godsdienstige byeenkomste word onder … toerisme ingesluit.

                      A    eko-
                      B    mediese
                      C    kulturele

           1.1.12     Uitlaatgasse en klimaatsverandering word verbind met …

                      A    eiendomsregbelasting.
                      B    aardverwarming.
                      C    positiewe eksternaliteite.                          (12 x 2)        (24)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                         5                          DBE/November 2012
                                                NSS

1.2        Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
           slegs die term/begrip langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           1.2.1       'n Aanvanklike verandering in besteding lei tot 'n baie groter
                       verandering in nasionale inkome

           1.2.2       Die addisionele koste aangegaan as produksie met nog een
                       eenheid styg

           1.2.3       Die ekonomiese beleid wat in 1994 ingestel is om ongelykhede van
                       die verlede aan te spreek

           1.2.4       Die koëffisiënt wat ongelykheid van inkomste in die bevolking meet

           1.2.5       'n Volgehoue styging in die algemene prysvlak                 (5 x 2)       (10)

1.3        Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM A                                KOLOM B
           1.3.1     Internasionale Monetêre     A    glo dat markte inherent stabiel is
                     Fonds
                                                 B    vermindering van lewensvorme binne
           1.3.2     Monetaristiese                   die ekosisteem
                     benadering
                                                 C    verleen bystand aan lande met
           1.3.3     Koste-voordeel-ontleding         betalingsbalansprobleme

           1.3.4     Publieke goedere            D    bevorder die uitbreiding van handel
                                                      deur vryhandelsgebiede tussen
           1.3.5     Verbruikersprys-indeks           lidlande

           1.3.6     Mercusor                    E    belasting en owerheidsbesteding

           1.3.7     Biodiversiteits-verlies     F    niemededingend en nie-uitsluitbaar

           1.3.8     Emissie-permit              G    evalueer die uitvoerbaarheid van
                                                      groot infrastruktuurprojekte

                                                 H    beperkings wat deur die owerheid op
                                                      besoedeling geplaas word

                                                 I    meting van inflasie
                                                                                      (8 x 2)      (16)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                            6                              DBE/November 2012
                                                   NSS

AFDELING B

Beantwoord enige DRIE                  van   die   vyf   vrae   uit    hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                                   50 PUNTE – 25 MINUTE

2.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           2.1.1        Huishoudelike besparings en beleggings                   word      deur    die
                        (arbeids-/finansiële) mark gekanaliseer.

           2.1.2        Die proses waarvolgens wette en regulasies verwyder word, staan
                        as (deregulasie/privatisering) bekend.

           2.1.3        Die sleutelinstrumente van die fiskale beleid is owerheidsbesteding
                        en (belasting/rentekoerse).

           2.1.4        Suid-Afrika se netto gouduitvoere het 'n (positiewe/negatiewe)
                        effek op die betalingsbalans.                          (4 x 2)                       (8)

2.2        Noem enige DRIE dienste wat deur die owerheid verskaf word.                         (3 x 2)       (6)

2.3        Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               Kan jy vir                                     DIE PRIVAAT
                                                                                 SEKTOR
                                hulle 'n
                                slukkie
                               oorhou?

                   Julle
               veroorsaak ‘n
      Betaal   ongelykheids-
                                20%
      meer!       gaping
                                nou!
                                       STAAT

                                                                      Direkteursvergoeding

         Die
      werksmag
                                                           [Bron: Business Report, 19 September 2011]

           2.3.1        Wat is die boodskap van die spotprent?                                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     7                             DBE/November 2012
                                            NSS

           2.3.2      Wat kan die privaat sektor doen om die lewensomstandighede van
                      hierdie werkers te verbeter?                            (2 x 2)              (4)

           2.3.3      Hoe kan die staat die vlak van armoede verlig?                 (2 x 2)       (4)

2.4        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               VOORDELE VAN NASIONALISERING STEEDS NIE DUIDELIK NIE

           Cosatu eis die nasionalisering van myne en banke, asook strategiese
           besighede wat voorheen onder staatsbeheer was – insluitend petrochemiese
           maatskappy PetroSA en die staalmaatskappy ArcelorMittal.

           Daar word beweer dat gerugte van nasionalisering belegging ontmoedig het.
           Malikane, Cosatu se beleidshoof, het gesê dat '… buitelandse belegging
           voorheen gebruik is om die arbeidsbeweging af te pers'. Dis waarom dit nodig
           is dat Suid-Afrika die historiese ongelykhede wat voor 1994 bestaan het, moet
           verander. Die owerheid moet belê in strategiese minerale soos platinum en
           steenkool, '… maar nie goud nie, omdat dit 'n kwynende bedryfstak ('sunset
           industry') is'
                                               [Aangepas uit Business Times, 7 Augustus 2011]

           2.4.1      Wat beteken nasionalisering?                                                 (2)

           2.4.2      Watter effek sal die nasionalisering van myne en banke op
                      gewone burgers hê?                                  (2 x 2)                  (4)

           2.4.3      Hoekom, dink jy, word myne vir nasionalisering geteiken?                     (2)

           2.4.4      Hoekom word daar na goud as 'n 'kwynende bedryfstak' verwys?                 (2)

2.5        Verduidelik hoe eksogene faktore sakesiklusse veroorsaak.                 (4 x 2)       (8)

2.6        Onderskei tussen die appresiasie en depresiasie van die rand teenoor die
           dollar.                                                           (2 x 4)               (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      8                             DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 3: MIKROEKONOMIE                                          50 PUNTE – 25 MINUTE

3.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           3.1.1      Die    vasstelling  van      minimum     pryse      bevoordeel     die
                      (verbruiker/produsent).

           3.1.2      Die produksie van goedere wat lei tot 'n negatiewe eksternaliteit
                      word dikwels (oor-/onder-) voorsien in die ekonomie.

           3.1.3      Die sluitingspunt in 'n volmaakte mark is waar prys gelyk is aan
                      (gemiddelde/gemiddelde veranderlike) koste.

           3.1.4      'n Kitskosbesigheid, soos KFC, is 'n              voorbeeld   van 'n
                      (monopolistiese/oligopolistiese) mededinger.                   (4 x 2)       (8)

3.2        Noem enige DRIE oorsake van markmislukkings.                                (3 x 2)     (6)

3.3        Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Prys

                                  V

                         P1

                         P2

                                                     V

                              0              Q1 Q2        Hoeveelheid

           3.3.1      Watter markstruktuur word in die grafiek hierbo voorgestel?                  (2)

           3.3.2      Watter tipe vraagkurwe word in die grafiek geïllustreer?                     (2)

           3.3.3      Verduidelik hoekom die produsent NIE die prys sal verlaag om
                      verkope aan te moedig NIE.                             (2 x 2)               (4)

           3.3.4      Watter onwettige optrede kan onder produsente in hierdie tipe
                      mark ontstaan indien hulle hul winste wil verhoog?                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     9                           DBE/November 2012
                                            NSS

3.4        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              MEDEDINGINGSKOMMISSIE WIL WALMART-VOORWAARDES HÊ

           Terwyl Walmart (VSA) en Massmart (SA) se direksies deur die
           Mededingingstribunaal oor hul oogmerke onder kruisverhoor geneem is, het
           werkers buite die Departement van Handel en Nywerheid in Pretoria
           byeengekom om hul teenkanting te wys teen die VSA se kleinhandelreus,
           Walmart, wat probeer om 'n beherende aandeel in die Suid-Afrikaanse
           maatskappy, Massmart, te verkry.
                                                                  [Bron: Reuters, Mei 2011]

           3.4.1      Wat is die hoofrede vir die werkers se teenkanting teen die
                      ooreenkoms tussen die twee maatskappye?                                    (2)

           3.4.2      Hoekom is die Mededingingskommissie bekommerd oor die
                      oorname van hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy? (2 x 2)                    (4)

           3.4.3      Watter ander instelling, behalwe die Mededingingskommissie en
                      Mededingingstribunaal, speel 'n rol in die regulering van
                      mededinging in Suid-Afrika?                                                (2)

           3.4.4      Hoe sal die verbruiker deur mededinging bevoordeel word?                   (2)

3.5        Verduidelik ondoeltreffendhede in die mark as 'n gevolg van markmislukking.
                                                                                 (2 x 4)         (8)

3.6        Beskryf kortliks die rol van nie-prysmededinging onder toestande van
           monopolistiese mededinging.                                    (4 x 2)                (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      10                            DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 4: EKONOMIESE STREWES                                      50 PUNTE – 25 MINUTE

4.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           4.1.1      Ekonomiese ontwikkeling impliseer 'n styging in die kapasiteit van
                      die (ekonomie/mense) om meer te produseer.

           4.1.2      Streeksontwikkeling is gemik op 'n toename in (invoere/uitvoere).

           4.1.3      Die getal huise voltooi is 'n belangrike (sosiale/ekonomiese)
                      aanwyser.

           4.1.4      Die telkaart wat die vordering in bemagtiging en transformasie
                      in   besighede meet,      word    deur die     (Suid-Afrikaanse
                      Reserwebank/Departement       van   Handel    en    Nywerheid)
                      gepubliseer.                                              (4 x 2)             (8)

4.2        Noem enige DRIE aansporingskemas wat kontanttoelaes vir die bevordering
           van streeksnywerheidsontwikkeling behels.                        (3 x 2)                 (6)

4.3        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           GROEIVOORUITSIG LAAG MAAR STABIEL

           Versekeringsmaatskappye glo dat Suid-Afrika 'n lae, maar stabiele
           ekonomiese groei oor die volgende 16 maande sal beleef, maar waarsku
           besighede dat hulle steeds 'n groot risiko van niebetaling sal loop en hul
           debiteure beter sal moet bestuur. Die verwagte groeikoers vir 2012 is 3% en
           2% vir 2013. Gedurende 2011 het verbruiksbesteding gedaal.

           Pravin Gordhan verwag 'n begrotingstekort van 5,3% van die BBP in die
           fiskale jaar tot einde Maart 2012. Dit vergelyk ongunstig met die
           internasionale maatstaf vir begrotingstekorte as 'n persentasie van die BBP.

           Besighede met swak indiensnemingsyfers het risiko's vir die land ingehou.
           Kontantvloeiprobleme het krediteure gedwing om terugbetalingstermyne te
           verleng, eerder as om debiteure te likwideer. Hoë insetkoste en die swak
           ekonomie het maatskappye se winsmarges verder verswak.
                                               [Aangepas uit Natal Witness, 16 September 2011]
                                                                     .
           4.3.1      Definieer die term ekonomiese groei.                                          (2)

           4.3.2      Wat is die redes vir die lae groeikoers in die ekonomie?        (2 x 2)       (4)

           4.3.3      Wat is die aanvaarde internasionale maatstaf vir die
                      begrotingstekort as 'n persentasie van die bruto binnelandse
                      produk?                                                                       (2)

           4.3.4      Hoe het besighede dit reggekry om die impak van die nie-betaling
                      deur debiteure te beperk?                                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     11                              DBE/November 2012
                                            NSS

4.4        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            MENSLIKE ONTWIKKELINGSINDEKS VOLGENS PROVINSIE: 2010
                                  LEWENS-
                                                             REËLE
                                VERWAGTING     VOLWASSE
                    RANG-                                   BBP PER
       PROVINSIE           MOI       BY     GELETTERDHEIDS-
                    ORDE                       KOERS (%)
                                                             CAPITA
                                 GEBOORTE
                                                              (PPP$)
                                   (JAAR)
      Oos-Kaap        7   0,643     60,41        76,47          2 856
      Vrystaat        4   0,671     52,78        88,77          5 185
      Gauteng         1   0,771     59,62        98,13         11 862
      KwaZulu-Natal   5   0,658     52,98        89,17          4 563
      Mpumalanga      6   0,657     53,49        79,42          6 105
      Noord-Kaap      3   0,679     55,62        83,79          6 513
      Limpopo         8   0,629     60,10        73,16          3 509
      Noordwes        9   0,608     53,29        95,76          9 381
      Wes-Kaap        2   0,762     60,83        95,76          9 381
      RSA                 0,688     57,04        85,93          5 916
                                     [Bron: The SA Financial Sector Forum, http:/www.absa.co.za]

           4.4.1      Identifiseer 'n aanwyser wat deel van die Menslike Ontwikkelings-
                      indeks vorm.                                                                   (2)

           4.4.2      Hoekom is die reële BBP per capita (PPP$) in Gauteng hoër as in
                      Limpopo?                                                                       (2)

           4.4.3      Stel voor hoe lewenstandaarde in jou plaaslike gemeenskap
                      verbeter kan word.                                  (2 x 2)                    (4)

           4.4.4      Hoekom is daar oor die algemeen 'n lae lewensverwagting by
                      geboorte in Suid-Afrika?                                                       (2)

4.5        Bespreek dumping/storting as 'n argument ten gunste van beskerming. (4 x 2)               (8)

4.6        Bespreek indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser.                           (4 x 2)       (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      12                              DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 5: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                                   50 PUNTE – 25 MINUTE

5.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           5.1.1      Die pryse van goedere wat deur besighede ingevoer word, word
                      gemeet deur die (verbruikers/produsente) -prysindeks sodra dit die
                      land binnekom.

           5.1.2      Die beskerming van die omgewing om kontinuïteit vir huidige en
                      toekomstige generasies te verseker, word (bewaring/beskerming)
                      genoem.

           5.1.3      Te veel geld wat te min goedere jaag, word (vraagtrek/kostedruk)-
                      inflasie genoem.

           5.1.4      Geld wat op toerusting spandeer word om besoedeling te
                      verminder, kan tot 'n (positiewe/negatiewe) eksternaliteit vir ander
                      lei.                                                          (4 x 2)           (8)

5.2        Noem enige DRIE wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.                         (3 x 2)       (6)

5.3        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          INFLASIEDRUK

           Lae-inkomste-huishoudings beleef baie groter inflasiedruk. Die werkers-
           verbruikersprysindeks, saamgestel deur Statistiek Suid-Afrika, vind dat lae-
           inkomste-werkers meer as 45% van hul inkomste op voedsel en drank
           spandeer – meer as dubbel die gewig wat hierdie items geniet in die
           amptelike verbruikersprysindeks-mandjie. Verder spandeer hulle 8% van hul
           inkomste op elektrisiteit en vervoer – drie tot vier keer meer as die
           gemiddelde verbruiker. Die werkers-verbruikersprysindeks was gemiddeld
           10,1% in 2009 in vergelyking met loonooreenkomste van 8,6%. Volgens
           Statistiek Suid-Afrika was die dryfkrag agter hoër inflasie voedsel, brandstof
           en geadministreerde pryse.
                                                   [Aangepas uit Financial Mail, September 2011]

           5.3.1      Hoekom word lae-inkomste-huishoudings negatief geraak deur die
                      gewig van items in die verbruikersprysindeks-mandjie?  (1 x 3)                  (3)

           5.3.2      Verduidelik die begrip geadministreerde pryse.                    (2 x 2)       (4)

           5.3.3      Hoekom, dink jy, behoort lone vasgestel te word op dieselfde of 'n
                      hoër vlak as die gemiddelde verbruikersprysindeks?         (1 x 3)              (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                                                                 13                                              DBE/November 2012
                                                                                        NSS

5.4                      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      GETAL BUITELANDSE EN SUID-AFRIKAANSE TOERISTE
                                             VOLGENS JAAR VAN REIS, 1991–2010
                 35 000 000-

                 30 000 000-                                                                                                                       Totaal

                 25 000 000-
                                                                                                                                                                         22 mil

Getal toeriste
                                                                                                                                                       Buitelandse
                                                                                                                                                       toeriste
                 20 000 000-

                 15 000 000-

                                                                                                                                                  SA inwoners
                 10 000 000-

                  5 000 000-

                               1991   1992    1993   1994   1995   1996   1997   1998     1999      2000   2001   2002   2003   2004    2005    2006      2007   2008   2009   2010

                                                                                                 Jaar van reis

                                                                                                                                       [Bron: Stats SA, Oktober 2011]

                         5.4.1               Definieer toerisme.                                                                                                               (2)

                         5.4.2               Gebruik die data in die grafiek hierbo en bereken die persentasie
                                             buitelandse toeriste in 2010. Toon ALLE berekeninge.       (2 x 2)                                                                (4)

                         5.4.3               Watter toeriste vorm die grootste deel van die toeristebedryf in
                                             Suid-Afrika?                                                                                                                      (2)

                         5.4.4               Wat het gelei tot die bestendige toename in die getal buitelandse
                                             toeriste wat Suid-Afrika besoek?                                                                                                  (2)

5.5                      Verduidelik enige TWEE oorsake van koste-druk-inflasie.                                                                             (2 x 4)           (8)

5.6                      Bespreek die effek van toerisme op die bruto binnelandse produk van Suid-
                         Afrika.                                                            (4 x 2)                                                                            (8)
                                                                                                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      14                           DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 6: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          50 PUNTE – 25 MINUTE

6.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           6.1.1      'n Sleutelveranderlike in die meting van           sakesiklusse      is
                      (nominale/reële) bruto binnelandse produk.

           6.1.2      Die Laffer-kurwe meet die verband tussen belasbare inkomste en
                      die (belastingkoers/produksie van goedere).

           6.1.3      Die pogings van die staat om ekonomiese groei te verhoog en
                      werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer, word die
                      (Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
                      [AsgiSA])/Groei, Werkverskaffing en Herverdelingstrategie [GEAR])
                      genoem.

           6.1.4      Die G8-lande van die wêreld is in die (Noordelike/Suidelike)
                      Halfrond geleë.                                      (4 x 2)                 (8)

6.2        Noem enige DRIE probleme van openbaresektor-voorsiening.                  (3 x 2)       (6)

6.3        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          UITTREKSEL UIT DIE NASIONALE REKENINGE VAN SUID-AFRIKA
                                 TEEN HUIDIGE PRYSE
                                R miljoen                   2010
      Bruto binnelandse produk (BBP) teen markpryse         2 407 689
      Primêre inkome vanaf die res van die wêreld              34 075
      Primêre inkome aan die res van die wêreld               A
      Bruto nasionale produk (BNP) teen markpryse           2 354 171
                                                          [Bron: SA Kwartaalblad, Junie 2010]

           6.3.1      Definieer die begrip bruto binnelandse produk.                               (3)

           6.3.2      Hoekom is die bruto binnelandse produk van Suid-Afrika altyd
                      groter as die bruto nasionale produk?                 (2 x 2)                (4)

           6.3.3      Bereken die primêre inkome aan die res van die wêreld (A).                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      15                             DBE/November 2012
                                             NSS

6.4        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES IN SUID-AFRIKA

                                   GAUTENG
                                   GAUTENG
                                    GAUTENG
                             Hoogtegnologie-industrieë
                            Hoogtegnologie-industrieë
                             Hoogtegnologie-industrieë

      Saldanha
      Saldanha
        Staal
        Staal

                                                                             Richardsbaai
                                                                                Metale

                                                                              West Bank
                                                         A
                                                         A                     Voertuie
                                                   [Aangepas uit Natal Witness, 16 September 2011]

           6.4.1      Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone?                                          (3)

           6.4.2      Watter nywerheidsontwikkelingsone word by A aangetref? Noem
                      EEN voordeel van nywerheidsontwikkelingsones.         (2 x 2)                  (4)

           6.4.3      Hoekom sal die staat nuwe nywerhede aanmoedig om hulself in
                      nywerheidsontwikkelingsones te vestig?             (1 x 3)                     (3)

6.5        Bespreek enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die Suid-
           Afrikaanse Reserwebank gebruik word.                        (2 x 4)                       (8)

6.6        Verduidelik klimaat en natuurlike hulpbronne as redes vir internasionale
           handel.                                                           (2 x 4)                 (8)
                                                                                                     [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     16                                 DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE          van    die   vier   vrae   uit   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

                        PUNTETOEKENNING VIR OPSTELVRAE
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                                     PUNTE-
                                                                             TOEKENNING
Inleiding                                                                       Maks 3
Inhoud:
• Hoofdeel:             Byvoorbeeld bespreek/onderskei/
                        differensieer/verduidelik/ontleed/evalueer/
                        assesseer                                                Maks 30

•   Addisionele deel:   Byvoorbeeld teken 'n grafiek of diagram/
                        lei af/gee 'n oorsig/verduidelik kortliks/
                        brei uit op/jou eie opinie/ondersteun                    Maks 10
Gevolgtrekking                                                                   Maks 2
Interpretasie                                                                    Maks 5
TOTAAL                                                                             50

VRAAG 7: MAKROEKONOMIE                                           50 PUNTE – 40 MINUTE

Ontleed die verskillende sakesiklusaanwysers en eienskappe wat in vooruitskatting
gebruik word. Teken 'n volledig benoemde diagram van 'n tipiese sakesiklus om jou
ontleding te ondersteun.
• Koppel jou ontleding aan die fases van die sakesiklus.                                            [50]

VRAAG 8: MIKROEKONOMIE                                           50 PUNTE – 40 MINUTE

Onderskei, in besonderhede, tussen die markstruktuur van 'n monopolie en 'n
volmaakte mededinger. Teken ook 'n volledig benoemde grafiek wat die langtermyn-
ewewigsposisie van enige EEN van die markte hierbo toon.
• Jou antwoord kan óf in tabel- óf in paragraafvorm gegee word.
• Volsinne word vereis.                                                                             [50]

VRAAG 9: EKONOMIESE STREWES                                     50 PUNTE – 40 MINUTE

Bespreek invoervervanging en uitvoerbevordering as deel van Suid-Afrika se
internasionale handelsbeleid en verduidelik hoe suksesvol Suid-Afrika is in die
vervanging van invoere met plaaslik vervaardigde goedere.
• Gebruik goed gestruktureerde argumente om jou antwoord te ondersteun.                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                               17                          DBE/November 2012
                                      NSS

VRAAG 10: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                       50 PUNTE – 40 MINUTE

Bespreek die maatreëls wat gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker
onder die volgende hoofde:
• Markverwante beleide
• Openbaresektor-inmenging
• Openbaresektor-beheer

Na jou mening, hoe suksesvol was die relevante internasionale protokolle en
ooreenkomste?                                                                     [50]

                                                       TOTAAL AFDELING C:         100
                                                           GROOTTOTAAL:           300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics+Nov+2012+Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2012-eng/86179408-3315-409f-a0ee-4ba3eb818091) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics (HG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-hg-english-june-2012-qp/1348c740-b9d8-4f95-8cd6-12ba7225e20a) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
