# Economics Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2013-afr/cc895044-a5f6-4514-a3f8-d234aea8a10b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2013-afr/cc895044-a5f6-4514-a3f8-d234aea8a10b)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                     EKONOMIE

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       2                       DBE/November 2013
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Beantwoord SES vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

           AFDELING A: VERPLIGTEND
           AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
           AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.

2.         Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
           nagesien word nie. In AFDELING B sal slegs die eerste DRIE vrae nagesien
           word en in AFDELING C slegs die eerste TWEE.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.         Lees AL die vrae aandagtig deur.

6.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.         Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.         Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
           konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.         Gebruik slegs swart of blou ink.

10.        Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      3                           DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         50 PUNTE – 25 MINUTE

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           1.1.1      'n Tegniek wat in vooruitskatting gebruik word om die onbekende
                      te voorspel deur feite en inligting wat bekend is te gebruik, word …
                      genoem.

                      A    ekstrapolasie
                      B    innovering
                      C    opvoeding/onderwys

           1.1.2      Goedere wat as sosiaal skadelik beskou word, staan as
                      …-goedere bekend.

                      A    meriete
                      B    niemeriete
                      C    primêre gesondheidsorg

           1.1.3      Wat is die waarde van die vermenigvuldiger as nasionale inkome
                      met R200 miljoen styg as gevolg van 'n belegging van
                      R50 miljoen?

                      A    0,25
                      B    4
                      C    6,25

           1.1.4      As 'n prysplafon ingestel word, moet daardie prys … as die
                      markprys wees.

                      A    dieselfde
                      B    hoër
                      C    laer

           1.1.5      Die vraagkurwe van 'n monopolis is dieselfde as die …-kurwe.

                      A    gemiddelde-inkomste
                      B    totalekoste
                      C    grensinkomste

           1.1.6      As die produkreeks nie verbruikers se voorkeure weerspieël nie,
                      staan dit as … ondoeltreffendheid bekend.

                      A    produksie-
                      B    toedelings-
                      C    tegniese

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                        4                         DBE/November 2013
                                               NSS

           1.1.7      Die telkaart wat gebruik word om vordering met Swart Ekonomiese
                      Bemagtiging (SEB) te meet, word deur die … gepubliseer.

                      A   Amalgamated Banks of South Africa (ABSA)
                      B   Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (OBSA)
                      C   Departement van Handel en Nywerheid (DHN)

           1.1.8      'n Argument ten gunste van die beskerming van plaaslike
                      nywerhede is …

                      A   onstabiele loonvlakke.
                      B   die voorkoming van dumping.
                      C   minder werksgeleenthede.

           1.1.9      Die belangrikste    funksie    van   die Wêreldhandelsorganisasie
                      (WHO) is om …

                      A   tariewe en kwotas te hef.
                      B   handelsdispute op te los en belasting in te vorder.
                      C   internasionale handel te monitor en te liberaliseer.

           1.1.10     Stagflasie verwys na …

                      A   lae werkloosheid en hoë groei.
                      B   hoë werkloosheid en hoë pryse.
                      C   'n buitengewone prysstyging.

           1.1.11     Toerisme …

                      A   is een van die grootste werkverskaffers wêreldwyd.
                      B   ondersoek alle produkte om 'n toerisme-onderneming
                          te ontwikkel.
                      C   lewer nie verslag oor strategieë om die omgewing te
                          beskerm nie.

           1.1.12     Minerale hulpbronne is …

                      A   hernubaar.
                      B   vervangbaar.
                      C   niehernubaar.                                           (12 x 2)        (24)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       5                            DBE/November 2013
                                              NSS

1.2        Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
           langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           1.2.1      Die wisselkoersstelsel waar wisselkoerse deur die markkragte van
                      vraag en aanbod bepaal word

           1.2.2      Die meganisme wat kopers en verkopers van goedere en dienste
                      bymekaarbring

           1.2.3      Die Wet wat onbillike diskriminasie in die werkplek verbied

           1.2.4      Stygende temperature as gevolg van die vernietiging van die
                      osoonlaag

           1.2.5      Hierdie tipe toerisme behels besoeke aan natuurlike, ongerepte
                      gebiede                                                 (5 x 2)               (10)

1.3        Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
           1.3.1     Produksiefaktore         A     glo dat markte inherent stabiel is

           1.3.2     Sanksies                 B     'n markstruktuur met baie kopers en
                                                    verkopers
           1.3.3     Monopolistiese
                     kompetisie               C     'n markstruktuur met slegs een
                                                    verkoper
           1.3.4     Globalisering
                                              D     insette in die produksie van goedere
           1.3.5     Herwinning                     en dienste

           1.3.6     Eksogene benadering      E     die eksklusiewe reg om 'n produk te
                                                    vervaardig
           1.3.7     Patent
                                              F     skade aan rivierbeddings as gevolg
           1.3.8     Negatiewe                      van verkeerde kommersiële
                     eksternaliteit                 ontbossingspraktyke

                                              G 'n wêreldwye interaksie van ekonomieë
                                                met handel as sleutelelement

                                              H     handels- en finansiële boetes wat deur
                                                    een of meer lande op 'n ander land
                                                    gehef word

                                              I     die produksie van ekonomiese
                                                    goedere uit afvalmateriaal
                                                                                         (8 x 2)    (16)
                                                                   TOTAAL AFDELING A:               50
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                                          6                                     DBE/November 2013
                                                                 NSS

AFDELING B
Beantwoord enige DRIE                        van      die    vyf       vrae         in   hierdie      afdeling      in   die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                                    50 PUNTE – 25 MINUTE
2.1           Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
              die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (2.1.1–2.1.4)  in     die
              ANTWOORDEBOEK neer.
              2.1.1              Kapitaal word op die (finansiële/goedere-) mark verhandel.
              2.1.2              Die verhouding tussen 'n land se uitvoerpryse en sy invoerpryse
                                 word die (ruilvoet/handelsbalans) genoem.
              2.1.3              'n Doelbewuste maatreël om die waarde van 'n geldeenheid te
                                 verlaag, staan as (depresiasie/devaluasie) bekend.
              2.1.4              Lande met fundamentele betalingsbalansprobleme word gewoonlik
                                 deur die (Wêreldbank/Internasionale Monetêre Fonds) bygestaan.
                                                                                          (4 x 2)                                   (8)
2.2           Noem enige DRIE faktore wat die aanbod van buitelandse valuta beïnvloed.
                                                                                  (3 x 2)                                           (6)
2.3           Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  DIE BEGROTINGS-
                     TOESPRAAK                               Meneer die Speaker, ek
                                                             staan op om ... eina, dit
                                                             lyk of ek vasgebind is!

      Ons verteenwoordig
          gesondheid,
      behuising, belasting,
      korrupsie, armoede,

                                                                                                                                     ONDERWYSN
       provinsies, toelaes
         en onderwys.
                              GESOND-
                                HEID                    BELAS-
                                          BEHUISING
                                                         TING                                              PROVINSIES     TOELAES
                                                                                            ARMOEDE
                                                                        KORRUPSIE

                                                                                            [Bron: City Press, 26 Februarie 2012]

              2.3.1              Wie is die Minister van Finansies wat in die spotprent uitgebeeld
                                 word?                                                                                              (2)
              2.3.2              Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent oorgedra word.
                                                                                            (2 x 2)                                 (4)
              2.3.3              Die grootste deel van owerheidsinkome word aan onderwys
                                 spandeer. Na jou mening, het die ekonomie hieruit voordeel
                                 getrek? Gee moontlike redes.                        (2 x 2)                                        (4)
Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       7                           DBE/November 2013
                                              NSS

2.4        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            DIE LOPENDE REKENING OP SUID-AFRIKA SE BETALINGSBALANS
                                              2011           2012
                                         (2de kwartaal) (2de kwartaal)
                                              R bn.          R bn.
           Goedere-uitvoere                   652,4          688,6
           Netto gouduitvoere                  70,4          79,2
           Goedere-invoere                   -696,9         -843,5
           Handelsbalans                       25,9          -75,7
           Netto dienste-, inkome- en        -114,4         -124,3
           lopende oordragbetalings
           Saldo op die lopende rekening      -88,5            ?
                                                      [Aangepas uit SARB Kwartaalblad 2012]

           2.4.1      Definieer die begrip betalingsbalans.                                        (2)

           2.4.2      Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede kwartaal
                      van 2012.                                                                    (2)

           2.4.3      Gee 'n rede vir die verandering in die handelsbalans tussen
                      2011 en 2012.                                                                (2)

           2.4.4      Na jou mening, wat kan gedoen word om 'n surplus op die lopende
                      rekening van die betalingsbalans te verseker?            (2 x 2)             (4)

2.5        Verduidelik kortliks hoe die Suid-Afrikaanse regering fiskale en monetêre
           beleid (vraag-en-aanbodkant) sou toepas om sakesiklusse te effen (glad te
           stryk).                                                            (2 x 4)              (8)

2.6        Verduidelik rekenpligtigheid en privatisering as probleme van openbaresektor-
           voorsiening.                                                          (2 x 4)           (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                      8                           DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                        50 PUNTE – 25 MINUTE

3.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
           3.1.1      In 'n monopoliemark sal die marginalekoste-kurwe altyd die
                      gemiddelde-(koste/inkomste)-kurwe by sy minimum punt sny.
           3.1.2      Merietegoedere, byvoorbeeld onderwys, word dikwels (onder-/oor-)
                      voorsien deur die mark.
           3.1.3      Interne koste staan ook as (sosiale/private) koste bekend.
           3.1.4      'n Monopolis sal wins maksimeer waar marginale inkomste gelyk is
                      aan (gemiddelde/marginale) koste.                        (4 x 2)            (8)
3.2        Noem DRIE kenmerke van 'n oligopolie.                                     (3 x 2)      (6)
3.3        Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        MEGAN: Jippie! 'n Nuwe                      MARKMISLUKKING
      werk met 'n beter salaris. Ek
      kan egter nie verhuis nie, as
        gevolg van die koste en
                                                   SIPHO: Eisj! Besoedeling wat deur
                ongerief.
                                                        nywerhede naby my huis
       Wat van my huis, 'n nuwe
                                                     veroorsaak word, is sleg vir my
        skool vir my kinders en
                                                   gesondheid en my mediese koste
         familie en vriende wat
                                                          is besig om te styg.
                agterbly?

         A                                             B

           3.3.1      Definieer die begrip markmislukking.                                        (2)

           3.3.2      Identifiseer die oorsake van markmislukking wat in PRENT A en B
                      uitgebeeld word.                                         (2 x 2)            (4)

           3.3.3      Verduidelik hoe produksievlakke en die pryse van goedere en
                      dienste beïnvloed sal word as besoedelaars vir Sipho se mediese
                      koste verantwoordelik gehou word.                        (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       9                        DBE/November 2013
                                              NSS

3.4        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            CHICKEN LICKEN                           SPAR
                                        KFC                           SHOPRITE
                     MCDONALD'S
                                                        WOOLWORTHS
                   NANDO’S
                                     STEERS            OK           PICK N PAY

                             MR PRICE
             EDGARS                                                          MAKRO
                                    FOSCHINI          DION

                    TRUWORTHS                                    GAME
                                         JET
                                                        CLICKS      INCREDIBLE
                   MARKHAM
                                     PEP                            CONNECTION

           3.4.1      Watter markstruktuur word deur die sakeondernemings hierbo
                      verteenwoordig?                                                            (2)

           3.4.2      Wat is die aard van die produkte wat in hierdie markstruktuur
                      aangebied word?                                                            (2)

           3.4.3      Identifiseer die soort wins wat hierdie sakeondernemings oor die
                      lang termyn sal toon.                                                      (2)

           3.4.4      Verduidelik hoe die sakeondernemings hierbo nie-prys-
                      mededinging kan gebruik om hul markaandeel te vergroot. (2 x 2)            (4)

3.5        Bespreek die rol van die sleutelinstellings wat mededinging in Suid-Afrika
           reguleer.                                                          (2 x 4)            (8)

3.6        Verduidelik hoe natuurlike en kunsmatige monopolieë hindernisse kan wees
           vir ander produsente wat tot die mark wil toetree.                 (2 x 4)            (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                                       10                           DBE/November 2013
                                                              NSS

VRAAG 4: EKONOMIESE STREWES                                                        50 PUNTE – 25 MINUTE
4.1                       Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
                          die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (4.1.1–4.1.4)  in    die
                          ANTWOORDEBOEK neer.
                          4.1.1      Ekonomiese ontwikkeling impliseer              'n   styging   in    die
                                     (produksie/menslikekapitaal) -kapasiteit.
                          4.1.2      Nywerheidsontwikkeling is op die toename van (uitvoere/invoere)
                                     gerig.
                          4.1.3      Tariewe wat per eenheid of massa bereken word, staan as
                                     (ad valorem-/spesifieke) tariewe bekend.
                          4.1.4      Direkte subsidies wat in uitvoerbevordering gebruik word, is
                                     (belastingafslag/ kontantbetalings) aan uitvoerders. (4 x 2)                  (8)
4.2                       Noem DRIE groeisektore in Suid-Afrika wat die potensiaal het om werk
                          te skep.                                                       (3 x 2)                   (6)
4.3                       Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          PERSENTASIE VAN DIE WÊRELDBEVOLKING TEEN
                                                VERSKILLENDE ARMOEDEVLAKKE
                        100%

                        90%

                        80%

  Wêreldbevolking (%)
                        70%

                        60%

                        50%

                        40%

                        30%

                        20%

                        10%

                         0%
                                  $1,00        $1,25          $1,45        $2,00           $2,50         $10,00
                                                       Armoedelyn (VS-dollar per dag)
  Die meeste mense oorleef op 'n paar dollar per dag. Dit maak egter nie                      Onder die armoedelyn
  saak waar jy bly nie, ryk of arm, jy sal hoë vlakke van ongelykheid
  waarneem.                                                                                   Bo die armoedelyn

                                                                          [Aangepas uit Wêreldbank Verslag 2012]

                          4.3.1      Watter tipe aanwyser word deur die staafgrafiek hierbo getoon?                (2)

                          4.3.2      Verduidelik die begrip armoedelyn.                                            (2)
Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                        11                           DBE/November 2013
                                               NSS

           4.3.3        Watter persentasie (%) van die wêreldbevolking leef bo die
                        armoedelyn van $2 'n dag?                                                    (2)

           4.3.4        Noem die ekonomiese begrip wat die omvang van armoede in
                        verskillende lande meet.                                                     (2)

           4.3.5        Waarom dink jy vind armes dit moeilik om vry te kom uit armoede?             (2)

4.4        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN
           Trevor Manuel het 'n Nasionale
           Ontwikkelingsplan voorgelê wat feitlik
           volle indiensname en hoë ekonomiese
           groei teen 2030 voorspel. Die
           dokument, opgestel deur die Nasionale
           Beplanningskommissie, meen dat die
           werkloosheidskoers teen 2030 van die
           huidige 25% tot 14% behoort te daal.
           Dit sê die ekonomie behoort teen 'n gemiddeld van 5,4% per jaar te groei en
           dat die BBP per capita teen 2030 van R50 000 tot R110 000 per persoon
           behoort te styg. Die kommissie sê dat hierdie doelwitte bereik kan word deur
           onderwys te verbeter en sekere arbeidswette te verslap.

           Die Nasionale Ontwikkelingsplan maak voorstelle vir:

           •     Die uitbreiding van infrastruktuur om uitvoere te bevorder
           •     Die verlaging van lewenskoste vir arm huishoudings
           •     Die verlaging van die koste vir klein sakeondernemings om sake te doen.

           Belastingaansporings is nodig om werkgewers aan te moedig om jongmense
           in diens te neem. Dit stel ook 'n ruimer immigrasiebeleid voor om
           hoëvlakvaardighede te lok.
                                                             [Aangepas vanaf die Internet, 2012]

               4.4.1    Vir watter portefeulje is Trevor Manuel tans verantwoordelik?                (2)

               4.4.2    Watter ekonomiese aanwyser uit die uittreksel kan gebruik word
                        om lewenstandaarde te vergelyk?                                              (2)

               4.4.3    Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan die bevordering van
                        klein- en mediumondernemings (KMO's) bystaan?                                (2)

               4.4.4    Hoe kan die ekonomie 'n gemiddelde groeikoers van 5,4% per jaar
                        bereik?                                                 (2 x 2)              (4)

4.5        Verduidelik Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) as 'n ontwikkelings-
           inisiatief.                                                 (4 x 2)                       (8)

4.6        Bespreek kortliks die Noord-Suid-verdeling.                                  (2 x 4)      (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                       12                           DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 5: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 50 PUNTE – 25 MINUTE

5.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           5.1.1      Die inflasieteiken vir Suid-Afrika is tans (3–6%/2–5%).

           5.1.2      Die indeks wat na produksiekoste verwys, staan as die
                      (verbruikers/produsente)-prysindeks bekend.

           5.1.3      Ouderdomspensioentrekkers en mense met 'n vaste inkomste sal
                      (bevoordeel word deur/ly onder) algemene prysverhogings.

           5.1.4      Belasting wat gehef word op die uitset van goedere wat eksterne
                      omgewingskoste skep, word (groen/inkomste)-belasting genoem.
                                                                               (4 x 2)               (8)

5.2        Noem enige DRIE voordele van toerisme vir huishoudings.                     (3 x 2)       (6)

5.3        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                TOKSIESE GETY DREIG OM
                         GEWILDE ERFENISTERREIN TE OORSTROOM
           Die Gold Reef City-mynmuseum word deur stygende suurwater bedreig.
           Die verlate skag was eens die wêreld se grootste en diepste goudmyn.
           Dit ontvang daagliks ongeveer 3 000 besoekers, insluitend honderde
           skoolkinders en studente. Die probleem het ontstaan toe myne gesluit en die
           pompe wat altyd die watervlak beheer het, afgeskakel is. Die Departement
           van Waterwese het aanbeveel dat stappe gedoen moet word om die
           watervlak in 'n groot holte (wat as die sentrale kom bekendstaan) onder
           Johannesburg te verlaag.
           As die water nie vinniger gepomp word nie, sal suurwater die museum teen
           Junie 2013 bereik. In sekere gebiede van Johannesburg het die water reeds
           die oppervlak bereik. Dit word behandel en na die Vaalrivierstelsel
           gekanaliseer.
           Volgens Jaco Schoeman, hoofbestuurder van Mine Restoration Investments
           (MRI), het ons tegnologie nodig om die gehalte en hoeveelheid water te
           hanteer. Hy noem ook dat wette en regulasies aangepak en befonds moet
           word.
                                               [Aangepas uit Sunday Times, 30 September 2012]

           5.3.1      Definieer die begrip besoedeling.                                              (2)

           5.3.2      Na jou mening, waarom is Gold Reef City so 'n gewilde
                      toeristebestemming?                            (2 x 2)                         (4)

           5.3.3      Hoe kan die bedreiging van stygende suurwater opgelos word?
                                                                               (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                              13                               DBE/November 2013
                                                     NSS

5.4        Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            COP 17                                   GEEN OPPOSISIE!
                                                                     ... DAAR IS TE
                         Dobbel met die toekoms                      VEEL OP DIE SPEL!
                            van die Planeet

                                                                                         GEREGTIG-
                        GROOT
                     ONTWIKKELENDE           KERN-
                                                                    GROOT
                                                                     GAS
                                                                                 JA!     HEID VIR DIE
       GROOT         BESOEDELAARS            KRAG                                         KLIMAAT!
      BESOEDE-                                             GROOT
       LAARS                         GROOT                 STEEN-
                                      OLIE                 KOOL
                                                                                  SA
                                                                            VN

                                                       [Aangepas uit Mail & Guardian, Desember 2009]

           5.4.1       Wat verstaan jy onder die begrip omgewingsvolhoubaarheid?                              (2)

           5.4.2       Beskryf die boodskappe wat deur die spotprent oorgedra word.
                                                                                 (2 x 2)                      (4)

           5.4.3       Na jou mening, wat sal die impak van klimaatsverandering op die
                       omgewing wees?                                           (2 x 2)                       (4)

5.5        Verduidelik die effek van toerisme op indiensneming en armoede.                      (2 x 4)       (8)

5.6        Verduidelik hoe die toeken van eiendomsreg deur die openbare sektor tot
           omgewingsvolhoubaarheid kan lei.                               (4 x 2)                             (8)
                                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                                  14                               DBE/November 2013
                                                         NSS

VRAAG 6: MAKRO- EN MIKROËKONOMIE                                                 50 PUNTE – 25 MINUTE
6.1        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
           6.1.1       Die aanwyser wat rigting gee oor waarheen die ekonomie op pad
                       is, word 'n (leidende/sloerende) aanwyser genoem.
           6.1.2       Funksies en eienaarskap wat van die private na die openbare
                       sektor oorgedra word, staan as (nasionalisering/privatisering)
                       bekend.
           6.1.3       Die huur wat 'n entrepreneur                              betaal,   word        as     'n
                       (eksplisiete/implisiete) koste beskou.
           6.1.4       Besoedeling is 'n vorm van 'n (private/sosiale) koste.                           (4 x 2)       (8)
6.2        Noem die DRIE metodes wat gebruik word om die bruto binnelandse produk
           (BBP) te bereken.                                               (3 x 2)                                    (6)
6.3        Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        PRODUKSIEFAKTORE                                                GOEDERE EN DIENSTE
                                              SAKE-
                                             SEKTOR
                   Besteding op
                   produksie-
                    faktore                  (I)                                 Inkome
                                  Openbare
                                   dienste         (T)

                                                                     (G)
                          Uitgawes (G)
                                                                                 GOEDEREMARK
            B                                 STAAT
                                                                (G+D)
                            Produksie-
                              faktore                          (T)         (S)

                                  Openbare                      FINANSIËLE
                                   dienste                         MARK              Private
              Inkome (T)                                                           verbruiks-
                (lone/rente/                              (S)                    besteding (C)
                    huur/wins)

        PRODUKSIEFAKTORE                                                GOEDERE EN DIENSTE
                                                    A

           6.3.1       Watter tipe ekonomie word deur die diagram voorgestel?                                         (2)
           6.3.2       Benoem A en B in die diagram.                                                    (2 x 1)       (2)
           6.3.3       Identifiseer EEN voorbeeld van 'n inspuiting in die diagram.                                   (2)
           6.3.4       Verduidelik die interaksie tussen die sakesektor en die staat.
                                                                                                        (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                          15                          DBE/November 2013
                                                 NSS

6.4        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         KOSTE EN VOORDELE VAN DIE VERSKAFFING
                              VAN ELEKTRISITEIT AAN SKOLE

               SKOOL                 EKONOMIESE KOSTE                 EKONOMIESE
                                         R miljoen                     VOORDELE
                                                                        R miljoen
                     A                           1                         0,5
                     B                          2,5                         1
                     C                           3                          4

           6.4.1         Wat is die rasionaal agter die koste-voordeel-ontleding?                    (2)

           6.4.2         Gebruik die inligting in die tabel en teken 'n volledig benoemde
                         staafgrafiek wat die koste en voordele vir elke alternatief aandui:

                           Vertikale as: Koste/Voordele R miljoen.
                                         Skaal 1 cm = 0,5 R miljoen
                         Horisontale as: Skole                                                       (6)

           6.4.3         Watter skool behoort die elektrisiteit te ontvang?                          (2)

6.5        Bespreek arbeidsbronne en tegnologie as redes vir internasionale handel.
                                                                                (2 x 4)              (8)

6.6        Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorms van samespanning.
                                                                               (2 x 4)               (8)
                                                                                                     [50]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                     16                            DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE           van   die   vier   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

PUNTETOEKENNING VIR OPSTELANTWOORDE
           STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                       PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                      Maks 3
Inhoud
• Hoofdeel     Byvoorbeeld:
               bespreek/onderskei/differensieer/                                    Maks 30
               verduidelik/analiseer/evalueer/assesseer

• Addisionele deel     Byvoorbeeld: teken 'n grafiek of diagram/
                       lei af/gee 'n oorsig/verduidelik kortliks/                   Maks 10
                       brei uit/jou eie opinie/ondersteun
Slot                                                                                Maks 2
Interpretasie                                                                       Maks 5
TOTAAL                                                                               50

VRAAG 7: MAKRO-EKONOMIE                                         50 PUNTE – 40 MINUTE

Fiskale beleid is 'n instrument wat deur die owerheid gebruik word om die ekonomie
te beïnvloed.

•   Bespreek in detail die effek van fiskale beleid en sluit 'n Lafferkurwe in. (30 punte)
•   Tot watter mate was die Suid-Afrikaanse owerheid suksesvol in die implementering              [50]
    van sy fiskale beleid?                                                      (10 punte)

VRAAG 8: MIKRO-EKONOMIE                                         50 PUNTE – 40 MINUTE

Markte vorm die middelpunt van ekonomiese aktiwiteite.

•   Ontleed, met behulp van grafieke, die verskillende ewewigsposisies (normale wins,
    ekonomiese wins en verlies) van die individuele besigheid onder volmaakte
    mededinging.                                                           (30 punte)
•   Ondersoek die voorwaardes waaronder volmaakte mededinging suksesvol
    funksioneer.                                                           (10 punte)             [50]

VRAAG 9: EKONOMIESE STREWES                                     50 PUNTE – 40 MINUTE

Streeksnywerheidsontwikkeling verwys na beleidsrigtings wat op die verbetering van
die ekonomiese lewensvatbaarheid van spesifieke gebiede gemik is.

•   Bespreek streeksnywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika deur te fokus op
    Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe en Nywerheidsontwikkelingsones. (30 punte)
•   Hoe geskik is die verskillende finansiële aansporings wat deur die Suid-Afrikaanse
    owerheid toegestaan word vir die oprigting van nuwe besighede?          (10 punte)            [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie                                    17                         DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 10: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                             50 PUNTE – 40 MINUTE

Inflasie is 'n ekonomiese probleem wat elke lid van die samelewing al ondervind het.

•   Ondersoek die verskillende maatreëls om inflasie te bekamp.             (30 punte)
•   Ontleed die gevolge van inflasie op inkomste en rykdom.                 (10 punte)     [50]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           100
                                                                  GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics HG 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-hg-2013-qp/a8e69965-e2d4-4bc3-916d-58cf41c0f0f9) — Economics · QP · 2013
- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
