# Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

         1.1.1        Die metode wat gebruik word om die totale vergoeding van
                      produksiefaktore af te lei, staan as die … metode bekend.

                      A    produksie-
                      B    inkome-
                      C    bestedings-

         1.1.2        Die metode wat by sakesiklusse gebruik word om iets onbekends
                      uit inligting wat reeds bekend is te voorspel, staan as … bekend.

                      A    amplitude
                      B    ekstrapolasie
                      C    tendens

         1.1.3        Die dienste van die Suid-Afrikaanse Weermag word deur die …
                      regering voorsien.

                      A    sentrale
                      B    plaaslike
                      C    provinsiale

         1.1.4        Die koop of verkoop van effekte vorm deel van … beleggings in die
                      betalingsbalans.

                      A    portefeulje-
                      B    direkte
                      C    ander

         1.1.5        Negatiewe ekonomiese groei vir minstens twee opeenvolgende
                      kwartale, staan as … bekend.

                      A    bloei
                      B    depressie
                      C    resessie

         1.1.6        Die staat mik na 'n meer gelyke verdeling van inkomste deur 'n …
                      persoonlike belastingstelsel te gebruik.

                      A    proporsionele
                      B    regressiewe
                      C    progressiewe

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

         1.1.7         Wanneer 'n land se totale invoere die totale uitvoere oorskry, word
                       daarna verwys as 'n … op die handelsbalans.

                       A    surplus
                       B    tekort
                       C    ewewig

         1.1.8         Met globalisering word lande ekonomies meer …

                       A    interafhanklik.
                       B    onafhanklik.
                       C    geïsoleerd.                                              (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Direkte subsidies        A waarskynlike aantal jare wat 'n persoon
                                                na geboorte sal lewe
         1.2.2       Lewensverwagting
                                              B bied geleenthede vir leen en spaar
         1.2.3       Betalingsbalans
                                              C regering se beraamde inkomste en
         1.2.4       Verstedeliking             uitgawes vir 'n tydperk van drie jaar

         1.2.5       Finansiële mark          D die piek van 'n sakesiklus

         1.2.6       Voorspoed                E beweging van mense van landelike
                                                gebiede na stede en dorpe
         1.2.7       Vryhandel
                                              F 'n opsomming van 'n land se transaksies
         1.2.8       Mediumtermyn-              met die res van die wêreld
                     bestedingsraamwerk
                     (MTBR)                   G produsente en verbruikers kan goedere
                                                en dienste enige plek in die wêreld koop
                                                en verkoop

                                              H finansiële toelaes ter ondersteuning van
                                                die produksie van uitvoergoedere

                                              I   'n mark vir goedere en dienste
                                                                                        (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die doelbewuste vermindering in die waarde van 'n land se
                      geldeenheid

         1.3.2        Onderwys- en gesondheidsdienste wat deur die staat voorsien
                      word

         1.3.3        'n Model wat die vloeie tussen die deelnemers in die ekonomie
                      illustreer

         1.3.4        Die grootste bydraer tot staatsinkomste

         1.3.5        Die beleid wat in 1994 in Suid-Afrika geïmplementeer is om die
                      ongelykhede van die verlede reg te stel

         1.3.6        Die instelling in Suid-Afrika wat vir monetêre beleid verantwoordelik
                      is                                                            (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere.                 (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Waarom is die wisselkoersmark belangrik vir toeriste?          (1 x 2)       (2)

2.2      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Vloeie van faktor-                                                   S = R100 miljoen
                                            A              Lekkasies
       inkomste,
       byvoorbeeld lone,
       huur, rente en
                                                            Verbruik van
       wins wat uit die          R2 000 m       R2 000 m    goedere en
       produksie van
                                                            dienste
       goedere en
       dienste                              B
       voortspruit.                                        Inspuitings      I = R120 miljoen

                                                                                LET WEL:
                                                                                mvg = 0,75

         2.2.1        Voorsien die diagram hierbo van 'n gepaste opskrif.                          (1)

         2.2.2        Noem, behalwe investering, enige ander inspuiting.                           (1)

         2.2.3        Identifiseer A en B in die diagram hierbo.                                   (2)

         2.2.4        Hoe sal die nasionale inkome deur die lekkasies en inspuitings
                      hierbo beïnvloed word?                                                       (2)

         2.2.5        Bereken die verandering in nasionale inkome wat deur die
                      investering hierbo veroorsaak is. Toon ALLE berekeninge.                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING OP DIE BETALINGSBALANS
                                          2010–2012
      LOPENDE REKENING:                                        R BILJOEN
                                                          2010    2011   2012
      Goedere-uitvoere                                     597    714    743
      Netto gouduitvoere                                    59     75      71
      Minus: Goedere-invoere                               607    742    854
      Handelsbalans                                        49      47     -40
      Netto dienste, inkomste en lopende oordragbetalings -102    -115   -125
      Saldo op die lopende rekening                                 -53         -68        -165
                                            [Aangepas uit die Kwartaalblad SARB, Desember 2013]

         2.3.1        Beskryf die tendens in die saldo op die lopende rekening van
                      2010 tot 2012.                                                               (2)

         2.3.2        Beskryf die term handelsbalans.                                              (2)

         2.3.3        Waarom word gouduitvoere as 'n afsonderlike item in die lopende
                      rekening genoem?                                                             (2)

         2.3.4        Hoe kan die regering ons geldeenheid                gebruik   om die
                      handelsbalans van 2012 te verbeter?                            (2 x 2)       (4)

2.4      Bespreek spesialisasie en ekonomieë van skaal as argumente ten gunste van
         vryhandel.                                                         (2 x 4)                (8)

2.5      Waarom is dit nodig om ontwikkelende lande teen onregverdige oorsese
         mededinging te beskerm?                                       (2 x 4)                     (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE sosiale aanwysers.                                     (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Waarom vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-
                      Afrikaanse Reserwebank elke twee maande?           (1 x 2)                     (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP)

          Die NOP wil hê Suid-Afrikaners moet ophou om vinger te wys na al die
          'kwaaddoeners' en eerder help dat die visie vorm aanneem. Die NOP sal
          geïmplementeer word, maar die privaat sektor en landsburgers moet aan die
          proses deelneem.

          Die regering het hulle goed van hul taak gekwyt deur inwoners toegang tot
          gesondheidsorg en onderwys te gee. Volgens die minister van finansies was
          die staat se rol by die implementering van die NOP nie om te dikteer nie;
          maar eerder om 'n raamwerk daar te stel waarbinne die privaat sektor kan
          funksioneer.

                                           [Bron: The Star, Business Report, 20 November 2013]

         3.2.1        Wat is die staat se rol in die implementering van die NOP?                     (2)

         3.2.2        Bespreek TWEE positiewe elemente van die NOP.                    (2 x 2)       (4)

         3.2.3        Verskaf die staat kwaliteit onderwys? Motiveer jou antwoord.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

3.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Voordele en
                       effekte                            Ons hou van dié
                                                           wat ons het.
                                    SEB-
                                   KODE

                                                              SEB                      SEB
                                                                             BALANS-
                                                                              STAAT

          Staat

                                        [Aangepas uit The Star, Business Report, Oktober 2013]

         3.3.1        Noem enige voordeel van swart ekonomiese bemagtiging vir die
                      Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                      (2)

         3.3.2        Definieer die term breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging.                    (2)

         3.3.3        Watter boodskap word in die spotprent uitgebeeld?                              (2)

         3.3.4        Na jou mening, het die SEB-beleid swart mense in Suid-Afrika
                      bevoordeel?                                                                    (4)

3.4      Onderskei tussen nywerheidsontwikkelingsones en spesiale ekonomiese
         sones.                                                       (2 x 4)                        (8)

3.5      Bespreek hoe die Klein- en Medium-ondernemingontwikkelingsprogram
         (KMOOP) en die Buitelandse Investeringstoelae (BIT) help om
         nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.         (2 x 4)                          (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1         Noem enige TWEE metodes om die nasionalerekeningtotale te
                       bereken.                                          (2 x 1)                          (2)

         4.1.2         Waarom is die bruto nasionale produk van Suid-Afrika oor die
                       algemeen laer as die bruto binnelandse produk?        (1 x 2)                      (2)

4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              R9,25 BILJOEN SE
               PERSOONLIKE
                 INKOMSTE-
                BELASTING-
                VERLIGTING

                                                                    SOSIALE BESKERMING

          VEILIGHEID EN SEKURITEIT
                                                                       ONDERWYS

              OPENBARE DIENSTE
                                                                    GESONDHEID

                        BEHUISING

                                                                  VOOR
                                                               VERKIESINGS

                                                                                         NA VERKIESINGS

                                                                              'N RUK GELEDE
                                                                           HET DIE PRESIDENT
                                         ONS MOET DIT IN 'N BETER       BELOWE OM 'N ½ MILJOEN
        … ONS IS NIE SEKER OF HY                                          WERKSGELEENTHEDE
                                      SAKEBESTEMMING VERANDER –
        REGTIG DAARDIE 6 MILJOEN                                                 TE SKEP …
                                       DIT GAAN GROOT BELASTING-
        WERKSGELEENTHEDE GAAN                                             IN PLAAS DAARVAN IS
                                     AANSPORINGS EN -HERVORMINGS
               SKEP NIE …                                                 WERKSGELEENTHEDE
                                         VERG OM ONS EKONOMIE
           TEN MINSTE IS DIT 'N                                                 VERLOOR …
                TEIKEN …                     TE LAAT WERK …

                                                              [Bron: Business Times, 2 Maart 2014]

         4.2.1         Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld?                           (2)

         4.2.2         Gee EEN voorbeeld van 'n belastingaansporing.                                      (2)

         4.2.3         Verduidelik die betekenis van persoonlike inkomstebelasting-
                       verligting.                                                                        (2)

         4.2.4         Watter deel van die bevolking sal die grootste voordeel uit
                       persoonlike inkomstebelastingverligting trek? Motiveer jou
                       antwoord.                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     11                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

4.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  STREEKNYWERHEIDSONTWIKKELING
                                   BBP-BYDRAE PER PROVINSIE: 2012

                                                                            SA - Vlak van
                                                                             Prestasie

                                                                                            BBP/R ..
                                                                                            SA

                      WK     OK      NK   VS    KZN            GAU     MP       L

                                                      NW

                                                           [Aangepas uit StatsSA, September 2013]

         4.3.1        Watter provinsie het in 2012 die grootste bydrae tot die Suid-
                      Afrikaanse ekonomie gemaak?                                                      (2)

         4.3.2        Definieer die begrip streeknywerheidsontwikkeling.                               (2)

         4.3.3        Wat is die gemiddelde BBP-groeikoers vir Suid-Afrika?                            (2)

         4.3.4        Wat, dink jy, behoort die staat te doen om nywerheidsontwikkeling
                      in onderpresterende provinsies te bevorder?                                      (4)

4.4      Bespreek monetêre beleidsinstrumente wat gebruik word om die ekonomie te
         stabiliseer.                                                     (4 x 2)                      (8)

4.5      Assesseer hoe 'n toename in invoerpryse en 'n toename in uitvoerpryse
         (ruilvoet) die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed.             (2 x 4)                        (8)
                                                                                                       [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 12                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN         van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                           PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                    Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                      Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking                                                                    Maks. 2
TOTAAL                                                                              40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 35 MINUTE

Die staat se primêre oogmerk met sakesiklus-beleid is om die beste moontlike
groeikoers te verkry.
•    Bespreek die vraag-en-aanbodkant-beleid wat deur die staat gebruik word om
     sakesiklusse uit te stryk.                                                                (26)
•    Gebruik 'n volledig benoemde grafiek om die effek van vraag-en-aanbodkant-
     beleide op pryse te verduidelik.                                                          (10)
                                                                                               [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 35 MINUTE

Ekonomiese aanwysers word gebruik om die prestasie van die ekonomie te bepaal.

•    Ontleed in detail die volgende ekonomiese aanwysers:
     -    Inflasiekoers
     -    Indiensname                                                                          (26)
•    Na jou mening, waarom is dit belangrik vir die staat om van tyd tot tyd die
     prestasie van die ekonomie te assesseer?                                                  (10)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                   GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
