# Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-memo-afr/c2538c9c-6d5e-4300-b714-4da611cd18c5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-memo-afr/c2538c9c-6d5e-4300-b714-4da611cd18c5)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  1 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2015

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/P1                                   2                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGE KEUSE

         1.1.1   B    inkome 
         1.1.2   B    ekstrapolasie 
         1.1.3   A    sentrale 
         1.1.4   A    portefeulje 
         1.1.5   C    resessie 
         1.1.6   C    progressiewe 
         1.1.7   B    tekort 
         1.1.8   A    interafhanklik                                            (8 x 2)       (16)

1.2      PAS-ITEMS

         1.2.1 H      finansiële toelaes om die produksie van uitvoergoedere aan te
                      moedig 
         1.2.2 A      waarskynlike aantal jare wat 'n persoon sal lewe na geboorte 
         1.2.3 F      'n opsomming van 'n land se transaksies met die res van die
                      wêreld 
         1.2.4 E      beweging van mense van landelike gebiede na stede en dorpe 
         1.2.5 B      bied geleenthede vir lenings en besparing 
         1.2.6 D      die piek van 'n sakesiklus 
         1.2.7 G      produsente en verbruikers kan goedere enige plek in die wêreld
                      koop en verkoop. 
         1.2.8 C      regering se beraamde inkomste en uitgawes vir 'n periode van drie
                      jaar.                                                      (8 x 1)       (8)

1.3      EENWOORD-ITEMS

         1.3.1        Devaluasie 
         1.3.2        Meriete goedere/openbare goedere 
         1.3.3        Ekonomiese kringloop model 
         1.3.4        Persoonlike inkomstebelasting 
         1.3.5        Heropbou en ontwikkelingsprogram (HOP) 
         1.3.6        Suid-Afrikaanse Reserwebank                                (6 x 1)       (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  3                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE

2.1     Beantwoord die vrae:

2.1.1   Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere.
        • Voedsel 
        • Brandstof 
        Enige ander relevante antwoord.                                           (2 x 1)       (2)

2.1.2   Waarom is die wisselkoersmark belangrik vir toeriste?

        Alvorens toeriste goedere en dienste in 'n vreemde land kan aankoop is dit is
        nodig dat hulle, hulle eie geldeenheid omruil vir die van 'n ander land. 
        Aanvaar enige relevante antwoord.                                         (1 x 2)       (2)

2.2     Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg

2.2.1   Voorsien die diagram van 'n gepaste opskrif.

         •    Tweesektor ekonomiese kringloop model 
         •    Ekonomiese kringloop model 
         •    Ekonomiese ewewig                                                                (1)

2.2.2   Noem, behalwe investering, nog enige ander inspuiting.

         •    Uitvoere 
         •    Owerheidsbesteding                                          (Enige 1 x 1)        (1)

2.2.3   Identifiseer A en B in die diagram.

        •     A = Huishoudings / verbruikers 
        •     B = Sakesektor / produsente / firmas                               (2 x 1)       (2)

2.2.4   Hoe sal nasionale inkome beïnvloed word deur bogenoemde lekkasies
        en inspuitings?

        Nasionale inkome sal toeneem  omrede (investering) J groter is as
        (besparings) L.                                                                        (2)

2.2.5   Bereken die verandering in nasionale inkome wat deur bogenoemde
        investering veroorsaak is. Toon alle berekeninge.

        M = 1/1-mvg = 1/1 - 0.75 = 4 
        Effek: R120m x 4 = R480m                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                4                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

2.3     Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg
2.3.1   Beskryf die tendens in die saldo op die lopende rekening van 2010 tot
        2012.

        'n Toenemende tekort op die saldo op die lopende rekening.            (1 x 2)       (2)

2.3.2   Beskryf die term handelsbalans.

        Dis die verskil tussen goedere-uitvoere en goedere-invoere.          (1 x 2)        (2)

2.3.3   Waarom word gouduitvoere as 'n afsonderlike item in die lopende
        rekening gelys?

        Weens die historiese belangrikheid van goud as 'n strategiese uitvoerproduk
        vir Suid-Afrika.                                                   (1 x 2)          (2)

2.3.4   Hoe kon die regering ons geldeenheid gebruik om die handelsbalans
        van 2012 te verbeter?

        Die owerheid kan die geldeenheid devalueer.  Dit maak ons goedere
        goedkoper vir die buiteland en gevolglik word uitvoere bevorder 
        Aanvaar enige ander relevante antwoord.                            (2 x 2)            (4)

2.4     Bespreek spesialisasie en ekonomieë van skaal as argument ten gunste
        van vryhandel.

        Spesialisasie:
        • Die effek van stygende lewenstandaarde lei tot die toename in die handel
          van goedere en dienste. 
        • Die teorie van vergelykende voordeel toon dat wêreldproduksie verhoog
          kan word indien lande spesialiseer in dit wat hulle die beste produseer.
        • Dit verhoog ekonomiese doeltreffendheid en verhoed die vermorsing van
          hulpbronne.
        • Lande wat die beste is in die produksie van sekere goedere en dienste sal
          spesialiseer en meer daarvan produseer                              (2 x 2)       (4)
        Ekonomieë van skaal:
        • Handel laat skaalvoordele maksimeer en sodoende verminder koste.. 
          Dit bevorder mededingendheid in wêreldmarkte. 
        • Ekonomieë trek voordeel uit meer effektiewe arbeidsverdeling en die
          skepping van ekonomiese doeltreffendheid.  Wêreldproduksie en
          ekonomiese welvaart neem toe en markte groei.
        • Produsente kompeteer om die beste produksietegnieke / metodes om
          koste te sny en die kwaliteit van goedere te verbeter  dit stimuleer
          kreatiwiteit en innovasie.                                    (2 x 2)             (4)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 5                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

2.5     Waarom is dit nodig om ontwikkelende lande beskerming teen oorsese
        mededinging te beskerm?

        Dit bevorder indiensname 

         •    Handelsbeskerming is 'n maatreël om werkloosheid te beheer.
         •    Die beperkings op goedere en dienste wat van die buiteland af die land
              binnekom, veroorsaak dat binnelandse produsente meer goedere en
              dienste self produseer.
         •    Nuwe besighede kan die mark binnekom.
         •    Dit skep ook nuwe werksgeleenthede.                          (2 x 2)

        Dit verhoed dumping / storting 

         •    Met dumping word produkte verkoop teen pryse laer as produksiekoste
              in die land van oorsprong en laer as die pryse van die land waarna
              uitgevoer word. 
         •    Dit maak dit baie moeilik vir plaaslike produsente om te kompeteer.
         •    Dit sal swakker ondernemings plaaslik uit die mark forseer.     (2 x 2)

        Dit bied tydelike beskerming aan beginnende industrieë.

         •    Nuwe besighede produseer teen baie hoë koste en lae inkomste 
         •    Hulle het beskerming nodig teen goed gevestigde mededingers van
              oorsee. 
         •    Wanneer die besighede deur die beginstadium is en mededingend begin
              raak moet beskerming verminder word.                        (2 x 2)

        Selfstandige en strategiese nywerhede

         •    Sommige nywerhede soos die yster en staal, landbou en energie word
              dikwels beskou as strategiese nywerhede. 
         •    Ontwikkelende lande voel dat hulle hierdie nywerhede moet ontwikkel ten
              einde selfversorgend te wees.                                 (2 x 2)
              Aanvaar enige ander relevante antwoord,                   (Enige 2 x 4)         (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES

3.1     Beantwoord die volgende vrae:

3.1.1   Noem TWEE sosiale aanwysers.
         • Onderwys 
         • Behuising 
         Aanvaar enige ander relevante antwoord.                        (Enige 2 x 1)        (2)

3.1.2   Waarom vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse
        Reserwebank elke twee maande?

        Om inflasionêre toestande te oorweeg en die repokoers te verander indien
        nodig om prysstabiliteit te verseker. 
        Aanvaar enige ander relevante antwoord.                           (1 x 2)            (2)

3.2     Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

3.2.1   Wat is die staat se rol in die implementering van die NOP?

        Die rol van die regering is om 'n raamwerk daar te stel waarbinne die
        privaatsektor moet funksioneer.                              (1 x 2)               (2)

3.2.2   Bespreek TWEE positiewe elemente van die NOP

        •     Die uitbreiding van infrastruktuur: met die fokus op VYF belangrike
              fisiese en sosiale infrastruktuur areas.  nl. energie, vervoer,
              kommunikasie, water en behuising 
        •     Landbou-waardeketting: deur hoë kunsmispryse aan te spreek  Die
              promosie van prosessering en die uitvoer van verwerkte landbouprodukte
              
        •     Mynbou-waardeketting: die toename in minerale ontginning 
              bevordering van infrastruktuur, vaardigheidsontwikkeling en
              ondersteuning en bevoordeling van die vervaardiging van verbruikers
              goedere en dienste en kapitaalgoedere.
        •     Groen ekonomie: deur uitbreiding in die konstruksie en produksie van
              nuwe tegnologie in veral sonenergie, windenergie en biobrandstof. 
        •     Vervaardigingsektor: deur innovasie  sterk vaardigheidsontwikkeling
              en investering in navorsing en ontwikkeling. 
        •     Toerisme: asook hoëvlak-dienste.                        (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 7                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

3.2.3   Verskaf die staat kwaliteit onderwys? Motiveer jou antwoord.

        Ja 
        •    Nuwe skole is gebou 
        •    Handboeke / studiemateriaal / web tuistes 
        •    Voedingskemas vir kinders 
        OF
        Nee 
        •    Onvoldoende klaskamers 
        •    Gebrek aan handboeke in sommige skole
        •    Swak opgeleide onderwysers 
        Enige ander relevante antwoorde                                         (2 x 2)       (4)

3.3     Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg

3.3.1   Noem enige voordeel van Swart Ekonomiese Bemagtiging vir die Suid-
        Afrikaanse ekonomie.
        •   Transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie vind plaas
        •   Toename in die getal swart mense wat die ekonomie besit en
            beheer.
        •   Verbeter die inkomste van voorheen benadeelde gemeenskappe.
        •   Verbeterde lewensstandaard 
        •   Bevorder sosiale gelykheid 
        Aanvaar enige ander relevante antwoord.                         (1 x 2)               (2)
3.3.2   Definieer die term Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging.
        BBSEB – Is breër as SEB, dit sluit die volgende in: ontwikkeling van
        kleinsake, die ontwikkeling van vaardighede, eienaarskap van besighede en
        voorkeurbehandeling 
        Aanvaar enige ander relevante definisie.                                              (2)

3.3.3   Watter boodskap word in die spotprent uitgebeeld?

        •     Word die geld op bemagtigingsprojekte gespandeer? 
        •     Word die ander lede van die benadeelde gemeenskappe ook
              bevoordeel? 
        •     Dra die besigheid regtig sorg oor aktiwiteite in die gemeenskap? 
        •     Dra die besigheid sorg oor die omgewing en die markplek? 
              Aanvaar enige ander relevante antwoord.                           (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

3.3.4     Na jou mening, het die SEB-beleid swart mense in Suid-Afrika
          bevoordeel?

                          Ja                                  Nee 
           Bemagtiging van die inheemse bevolking 
           Geslagsgelykheid, meer geleent-     Bevoordeel sleg 'n klein persentasie
           hede vir verteenwoordiging op alle  (paar individue) van as gevolg van
           vlakke van bestuur.               nepotisme en korrupsie.
           Ekonomiese bemagtiging – verspreiding van finansiële rykdom 
           Skerp toename van ekonomiese        Meeste swart Suid-Afrikaners trek
           mag deur aandeelhouding in groot    geen voordeel nie – werkloos –
           ondernemings.                     gebrek aan toegang tot kapitaal.
           Lewenstandaard 
           Die deel van die bevolking wat wel  Baie swart Suid-Afrikaners geniet
           bemagtig is, geniet 'n baie hoër    glad nie 'n hoër lewenstandaard nie
           lewenstandaard.                   - die gaping tussen ryk en arm het
                                               egter toegeneem. Die Gini
                                               koëffisiënt het verswak.
           Aanvaar enige ander relevante antwoord.                     (Enige 2 x 2)         (4)

3.4     Onderskei tussen nywerheidsontwikkelingsones en spesiale ekonomies
        sones.

        Nywerheidsontwikkelingsones: (NOS’e)
        • Dit is doelgeboude nywerheidspersele wat fisies omhein is en aan 'n
          internasionale hawe of lughawe gekoppel is met tariefvrye
          aansporings.
        • Dit is ontwerp om internasionale mededingendheid in die SA
          vervaardigingsektor aan te moedig.
        • NOS’e val buite die binnelandse doeanesone en is daarom in staat om
          goedere in te voer sonder tariewe en handelsbeperkings NOS’e voeg
          waarde toe en voer uit.
        • NOS’e in ontwerp om nuwe investering te trek na uitvoergedrewe
          nywerhede. Dit moedig uitvoere ekonomiese groei en werkskepping
          aan.
        • NOS’e is die verantwoordelikheid van die provinsiale en plaaslike
          owerhede.
        • Sakeontwikkeling rondom die NOS’e (banke, personeel, versekering,
          ouditeurs, IT, kommunikasie, spyseniering, winkels en vervoer)
        • NOS’E versterk en stimuleer          die ekonomie in die onmiddellike
          omgewing.
        • Elke NOS bied 'n direkte skakel met 'n internasionale lughawe of hawe,
          wêreldklas infrastrukture, 'n nul-koers BTW op voorrade van Suid-Afrika,
          owerheid aansporingskemas, verminderde belasting virsekere produkrte,
          toegang tot die nuutste inligting.                             (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  9                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

        Spesiale Ekonomiese Sones: (SES'e)

        •  Dit is waar 'n breë verskeidenheid van nywerheidsparke en ekonomiese
           infrastruktuur effektief saam gegroepeer word vir effektiewe
           waardetoevoeging en werkskepping.
        • Ontwerp om die ekonomie te laat groei.
        • Bevorder uitvoere.
        • Skep werksgeleenthede.
        • Investering is gebaseer op publieke-privaatsektor-venootskappe met die
           staat wat die infrastruktuur voorsien.
        • En die privaatsektor wat nuwe besighede begin.
        • Aansporings word aan firmas gebied met 'n mededingende voordeel
           het.
        • (laer pryse vir hul nywerheidsuitvoere oor ander internasionale
           produsente) 
        • Groei in die SES’s is gebaseer op uitvoergebaseerde vervaardiging. 
        Aanvaar enige ander relevante antwoord.                             (2 x 2)            (4)
                                                                                               (8)
3.5     Bespreek hoe die Klein en Medium Ondernemingsprogram (KMOP) en
        die Buitelandse Investeringstoelae help om nywerheidsontwikkeling in
        Suid-Afrika te bevorder.

        Klein en Medium Onderneming Ontwikkelingsprogramme

         •    Dit is 'n regeringsinisiatief om die KMMO’s in die ekonomie te ondersteun
              om te begin of om uit te brei.
         •    Toelae word aan die KMMO’s gegee wie se totale bates minder as R100
              miljoen is.
         •    'n Verskeidenheid van nywerhede is geregtig op die toelae, dit varieër
              van vervaardiging en toerisme tot landbou.
         •    Toelae word tot 'n maksimum periode van 3 jaar verskaf.
                                                                           (Enige 2 x 2)       (4)

        Buitelandse Investering Toelae

        •     Dit neem die vorm van kontanttoelae aan wat toegeken word aan
              buitelandse maatskappye wat graag wil investeer in nuwe
              vervaardigingsbesighede.
        •     Die toelaes dek vanaf 15% tot 'n maksimum van R3 miljoen van die koste
              om toerusting en masjinerie na Suid-Afrika te vervoer.
        •     Die doel met die aansporings is om buitelandse investering aan te
              moedig.                                                (Enige 2 x 2)           (4)
                                                                                               (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                10                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 4       MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1     Beantwoord die volgende vrae:

4.1.1   Noem enige TWEE metodes wat gebruik kan word om die nasionale
        rekeningtotale te bereken.
         •    Inkome 
         •    Produksie / Toegevoegde Waardemetode 
         •    Besteding                                                       (2 x 1)       (2)

4.1.2   Waarom is die Bruto Nasionale Produk van Suid-Afrika oor die algemeen
        laer as die Bruto Binnelandse Produk?

        Buitelanders se bydrae tot ons ekonomie is groter as die bydrae wat SA
        burgers maak in buitelandse ekonomieë.                      (1 x 2)                (2)

4.2     Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

4.2.1   Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld?

        Mnr. Pravin Gordan poog om 'n balans tussen staatsinkomste en die
        behoeftes in kritieke areas van die ekonomie te vind.
        Aanvaar enige relevante antwoord.                                                    (2)

4.2.2   Gee EEN voorbeeld van 'n belastingaansporing.

         •     Belastingvrye aansporings 
         •     Belastingvrye kontanttoelae                                   (1 x 2)       (2)

4.2.3   Verduidelik die betekenis van persoonlike inkomstebelastingverligting.

        Dit verwys na maatreëls deur die regering om die belastinglas wat op die
        belastingbetalers rus te verminder. Bv. Die hersiening van belastingkoerse
                                                                               (2 x 1)       (2)

4.2.4   Watter deel van die bevolking sal die grootste voordeel                     uit
        inkomstebelastingverligting trek? Motiveer jou antwoord.

        Die laer inkomste deel van die bevolking.
        Motivering:
        Om die lewenstandaard van die armes te verbeter het die minister 'n
        aanpassing op die belastingskale spesifiek vir die laer inkomstegroepe.
        aangekondig.
        Aanvaar enige ander relevante antwoord.                          (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

4.3      Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1    Watter provinsie het die grootste bydrae tot die Suid-Afrikaanse
         ekonomie gemaak in 2012?

         Wes-Kaap                                                             (1 x 2)       (2)

4.3.2    Definieer die begrip streeksnywerheidontwikkeling.

         Streeknywerheid ontwikkeling verwys na beleide wat daarop gemik is om die
         ekonomiese lewensvatbaarheid van 'n spesifieke gebied te verbeter.
         Aanvaar enige ander korrekte definisie.                             (1 x 2)          (2)

4.3.3    Wat is die gemiddelde BBP-groeikoers vir Suid-Afrika?

         ± 2.2%                                                               (1 x 2)       (2)

4.3.4    Wat dink jy behoort die staat te doen om nywerheidsontwikkeling in die
         onderpresterende provinsies te bevorder?

         •    Bou die nodige infrastruktuur.
         •    Bv. Vervoerfasiliteite, elektrisiteit en water.
         •    Ontwikkel aansporings vir potensiële beleggers.
         •    Bv. verminder belasting 
              Aanvaar enige ander relevante antwoord.                    (Enige 2 x 2)        (4)

4.4     Bespreek die monetêre beleidsinstrumente wat gebruik word om die
        ekonomie te stabiliseer.

        Rentekoersverandering 
        • Word gebruik om kredietskepping te beïnvloed, deur krediet duurder of
           goedkoper te maak.
        • Die stabilisering van die wisselkoers deur kapitaalinvloei aan te
           moedig.
        • Of uitvloei om tekorte uit te wis en 'n surplus op die lopende rekening van
           die betalingsbalans te verseker.

        Opemarktransaksies 
        • SARB verkoop vaste rentedraende staatseffekte om kredietskepping deur
           handelsbanke te beperk en die geld uit sirkulasie te neem. 
        • Banke het nou minder geld en kan dus minder krediet aan hul kliënte
           toestaan.
        • Om kredietskepping aan te moedig koop die SARB vaste rentedraende
           staatseffekte terug uit die opemark; die geld vloei terug in sirkulasie.
        • Bank het nou weer die geleentheid om meer krediet te skep.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   12                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

           Morele oorreding 
           • Die SARB konsulteer met banke en oortuig hulle om anders op te
              tree.
           • Hul optrede moet inpas wees met die huidige behoeftes in die
              ekonomie.
           • Verkoop waardepapier soos wissels en obligasies.

           Kontantreserwevereiste 
           • Dit is die voorgeskrewe persentasie van die totale deposito’s wat deur
              handelsbanke teruggehou mag word en wat hulle dan kan gebruik om
              aan kliënte uit te leen.
           • 'n Verandering in die kontantreserwevereiste maak meer of minder geld
              beskikbaar in die bankstelsel.

           Valutabeheerbeleid 
           • 'n Maatreël om die uitvloei van kapitaal na ander lande te verhoed.
           • Dit is 'n beleid wat normaalweg deur ontwikkelende lande ontwikkel is
              waar sentrale banke vrees dat groot bedrae geld die land uitvloei. 
           • Valutabeheer is onlangs in Suid-Afrika verslap. 
              Aanvaar enige relevante antwoord,                            (Enige 4 x 2)         (8)

4.5    Assesseer hoe 'n toename in invoerpryse en 'n toename in uitvoerpryse
       (ruilvoet) die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed.

       'n Verandering in die ruilvoet kan tot die volgende lei:

       'n Styging in uitvoerpryse kan lei tot:

       •      Die numeriese waarde van die ruilvoet / indeks verbeter. 
       •      Toename in ekonomiese welvaart omdat meer geld die land inkom teen
              dieselfde koste/uitgawe.
       •      Alhoewel, oor die langtermyn kan die hoër uitvoerpryse lei tot 'n afname in
              die verkoopvolume, afhangende van die pryselastisiteit van die vraag.
       •      Dit kan lei tot 'n verlies in welvaart.                            (2 x 2)       (4)

       'n Styging in invoerpryse kan lei tot:

       •      Die ruilvoet verswak/numeriese waarde van die ruilvoet/indeks
              verminder 
       •      Verlies aan welvaart omrede meer hulpbronne gebruik moet word om die
              stygende invoerkoste te dek.
              Aanvaar enige ander relevante antwoord.                       (2 x 2)              (4)
                                                                                                 (8)
                                                                                                  [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN         van   die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                                             PUNTETOEKENNING:
Inleiding                                                                  Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                  Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking                                                                   Maks. 2
TOTAAL                                                                             40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 35 MINUTE

Die staat se primêre oogmerk met sakesiklus-beleid is om die beste moontlike
groeikoers te verkry.
•    Bespreek die vraag-en-aanbodkant-beleid van die staat om sakesiklusse                     (26)
     glad te stryk.
•    Gebruik 'n volledig benoemde grafiek om die effek van vraag-en-                           (10)
     aanbodkant-beleide op pryse te verduidelik.                                               [40]

INLEIDING

Die nuwe ekonomiese paradigma ten opsigte van die gladstryking van sakesiklusse,
ontmoedig beleidmakers om gebruik te maak van monetêre- en fiskale beleid wanneer
daar fyn verstellings aan die ekonomie gemaak moet word. /Die nuwe paradigma
moedig beleidmakers aan om eerder die ekonomie te stabiliseer deur gesonde
langtermynbesluite ten opsigte van vraag- en aanbodfaktore in die ekonomie te maak.
Gladstryking beteken om die pynlikhede wat met ekonomiese verval geassosieer word,
uit die weg te ruim.
Aanvaar enige ander relevante definisie / beskrywing van gladstryking of nuwe
ekonomiese paradigma.                                                      (Maks.2)

INHOUD: HOOFDEEL

Die nuwe ekonomiese paradigma is vervat in die vraag- en aanbodkant-beleide. 

Vraagkant-beleide
• Dit fokus op die totale vraag in die ekonomie.
• Wanneer huishoudings, firmas en die staat meer spandeer, sal die vraag in die
   ekonomie toeneem.
•  Dit laat die ekonomie groei maar kan lei tot inflasie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

Inflasie: 
−     Die totale vraag neem vinniger toe as totale aanbod, dit veroorsaak 'n styging in
      die algemene pryspeil.
−     Indien die aanbod nie in dieselfde mate gaan styg as die vraag nie, gaan pryse
      styg.
−     Dit veroorsaak inflasie ('n volgehoue en aansienlike styging in die algemene
      pryspeil)

Werkloosheid: 
−   Vraagkant-beleide is effektief in die stimulering van ekonomiese groei.
−   Ekonomiese groei kan lei tot 'n styging in die vraag na arbeid.
−   Die gevolg: meer mense word in diens geneem en indiensname styg 
−   Soos werkloosheid afneem neig inflasie om toe te neem.
−   Die verhouding tussen werkloosheid en inflasie word geïllustreer in die Phillips
    kurwe.

Aanbodkant-beleide

Vermindering in koste 
−   Infrastrukturele dienste 
    Billike tariewe en effektiewe dienste soos vervoer, kommunikasie en water
    asook energievoorsiening.
−   Administratiewe kostes 
    Hierdie koste sluit in inspeksie, verslae oor die toepassing van 'n verskeidenheid
    wette regulasies en ordinansies, belasting terugbetalings, betalings ten opsigte
    van statistiese inligting.
    Dit alles dra by tot hoër koste in besighede.
    In SA dra besighede 'n swaar las aan administratiewe kostes.
−   Kontant aansporings 
    Dit sluit in: Subsidies vir besighede om hulself in afgeleë gebiede te vestig
    waar werkloosheid hoog is. 
    Vergoeding aan uitvoerders vir kostes aangegaan om uitvoermarkte te
    ontwikkel. 

Verbetering in die effektiwiteit van insette 
−   Belasting koerse 
    Lae belastingkoerse kan werkers aanspoor om beter te werk.
    Dit kan produktiwiteit verbeter.
−   Kapitaalverbruik 
    Die gereelde vervanging van kapitaalgoedere (toerusting en masjinerie) bied aan
    besighede die geleentheid om in pas te bly met die jongste tegnologiese
    ontwikkelings, wat uitset verbeter. 
−   Ontwikkeling van menslike hulpbronne 
    Om die kwaliteit van mannekrag te verbeter deur die verbetering van
    gesondheidsorg, onderwys en opleiding.
−   Gratis adviesdienste 
    Dit bevorder uitvoergeleenthede.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      15                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS – Memorandum

Verbetering in die effektiwiteit van markte 
−   Deregulering 
−   Die verwydering van wette, regulasies, ordinansies en ander vorme van
    staatsbeheer, verseker 'n vryer mark omgewing.
−   Kompetisie 
    Moedig die vestiging van nuwe besighede aan.
−   Gelyke speelveld
    Privaat besighede kan nie met publieke ondernemings kompeteer nie.

Antwoorde moet goed beskryf en in volsinne wees met voorbeelde alvorens 2 punte
toegeken word.
Indien die feite slegs genoem is kan 'n maksimum van 13 punte verdien word.
                                                                          (Maks 26)

INHOUD: ADDISIONELE GEDEELTE

                                      TV 1                  TA
                                                                 TA 1
                                TV
                                                                    Benoeming van asse = 1 punt
                                        C       F

         Prysvlak %
                                                                    TV beweeg na regs = 1 punt
                      P                                             TA beweeg na regs = 1 punt
                                                                    Korrekte helling van kurwes =
                                                                                        1 punt elk
                          TA                             TV 1       Ewewigspunt =         1 punt
                               TA 1                                                 Maks 4 punte
                                                    TV

                                       H       H1
                                                       Reële Uitset

Verduideliking
Bogenoemde grafiek toon:

•   Totale vraag (TV) en totale aanbod (TA) is in ewewig by punt C.
•   Wanneer die vraag gestimuleer word beweeg TV na TV 1 .
•   In reaksie op die groter vraag, neem produksie en uitset toe, TA verhoog na TA 1
    sonder dat pryse styg.
•   Aanbod is dikwels taai en traag om oor die korttermyn aan te pas.
•   Indien die totale vraag na TV 1 verskuif en die totale aanbod onveranderd bly, is
    die snypunt by F.
•   Reële produksie neem toe, maar so ook pryse, m.a.w. daar is meer inflasie.
•   Indien die TA-kurwe na enige posisie links van TA1 verskuif, impliseer dit stygende
    inflasie.
•   Die oplossing is om omstandighede te skep wat sal verseker dat aanbod meer
    aanpasbaar is.
•   Dit word met behulp van aanbodkant maatreëls gedoen.                    (Maks.6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  16                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

GEVOLGTREKKING

Dit is duidelik uit die bespreking hierbo dat dit krities belangrik is om totale vraag- en
totale aanbod reg te bestuur ten einde 'n stabiele ekonomie te verseker. 
Aanvaar enige relevante gevolgtrekking.                                           (Maks 2)       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                17                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 35 MINUTE

Ekonomiese aanwysers word gebruik om die prestasie van 'n ekonomie te
bepaal.
•    Ontleed in detail die volgende ekonomiese aanwysers:
     -    Inflasiekoers                                                                      (26)
     -    Indiensname
•    Na jou mening, waarom is dit noodsaaklik dat die staat van tyd tot tyd die              (10)
     prestasie van die ekonomie assesseer?                                                   [40]

INLEIDING

Ekonomiese aanwysers is statistiese data wat die gedrag van een of ander
veranderlike in die ekonomie oor tyd aantoon.
Aanvaar enige ander relevante inleiding                        (Maks. 2)

INHOUD: HOOFDEEL

1.   Inflasiekoers 

−    Dit is die voordurende styging in die algemene pryspeil van goedere en dienste
     oor 'n bepaalde tydperk, gewoonlik oor een jaar periode.
−    Dit word dus beskou as 'n aanwyser wat die stand/welsyn/gesondheid van die
     ekonomie aandui.
−    Dit word op twee maniere gemonitor: Produksiekant : PPI – Produksie Prys
     Indeks  en Verbruikerskant : VPI – Verbruikersprysindeks 

Produsente Prys Indeks (PPI) 
−   Word gebruik om die pryse van goedere wat plaaslik geproduseer is by die punt
    waar dit die produksie-aanleg verlaat, te meet.
−   Ook meet dit die pryse van ingevoerde goedere by die punt waar dit die land
    binnekom.
−   Beide word gemeet voordat verbruikers betrokke raak.
−   PPI bestaan uit drie mandjies van goedere wat plaaslik vervaardig is.
−   Bv. Veranderings in die PPI kan maandeliks, kwartaalliks of jaarliks gemaak
    word.
−   Terwyl die verandering in pryse van uitvoerprodukte afsonderlik in dieselfde
    verslag aangetoon word.
−   PPI sluit in kapitaal- en intermediêre goedere; geen dienste word egter
−   ingesluit nie.
−   Die PPI mandjie verskil geheel en al van dié wat gebruik word in die geval van die
    VPI.
−   Dit meet die koste van produksie eerder as lewenskoste.
−   Dit voorspel wat met die verbruikersinflasie (VPI) gaan gebeur.
−   Wanneer pryse in die produksiekant verander sal dit onvermydelik ook die pryse
    aan die verbruikerskant op 'n latere stadium beïnvloed. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                18                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

Verbruikersprysindeks (VPI) 
−   Toon prysverandering van 'n verteenwoordigende mandjie van goedere en
    dienste wat verbruikers koop aan.
−   Dit word afgekort as VPI, en sluit al die stedelike gebiede in.
−   Dit is 'n algehele indeks en gewigte word verkry van besteding deur huishoudings
    vanuit verskillende inkomstegroepe.
−   Dit is die mees omvattende aanwyser wat gebruik word om verbruikersinflasie in
    die land te meet.
−   Dit toon die verandering in die algemene koopkrag van die rand aan 
−   Dit word gebruik vir die staat se inflasie-mikpunte-beleid.        (Maks.16)

2.   Indiensname

−    Aanvullend tot ekonomiese groei is die indiensname van mense in die ouderdom
     van (15-64 jaar) 'n belangrike ekonomiese doelstelling.
−    Beter kennis is noodsaaklik daarom moet daar inligting wees rakende die mense
     wat werk soek.
−    Die getalle word bepaal op grond van ouderdom en mense se bereidheid om te
     werk.

Die ekonomies aktiewe bevolking (EAB) 

−    Die ekonomies aktiewe bevolking (EAB) staan bekend as die werksmag.
−    Dit bestaan uit mense tussen die ouderdom 15 en 64 wie bereid is om te werk vir
     kontant of in natura en sluit in:
−    Werkers in die formele sektor
−    Werkers in die informele sektor
−    Werknemers                            Enige een 
−    Verskaf eie werk
−    Werklose mense
−    Volgens die 2011 skatting was die SA bevolking - 50.5 miljoen mense.
−    Die EAB was geskat op 17.5 miljoen. (34.6% van die totale bevolking).

Indiensnamekoers 
−    Die getal mense in diens geneem uitgedruk as 'n persentasie van die EAB gee
     verteenwoordig die indiensnamekoers.
−    Die indiensnamekoers kan ook omgeskakel word na 'n indeks.
−    Suid-Afrika se indiensnamekoers was in 2011 gelyk aan 74.9%. 
−    Dit is laag in vergelyking met die van ontwikkelde en selfs sommige
     ontwikkelende lande, soos Argentinië en Pakistan.
−    In SA, stem ekonomiese groei en die groei in indiensname nie ooreen nie.

In diensnamesyfers word vir die volgende gebruik:
−     Om sekere tendense van indiensname in verskillende nywerhede aan te dui
      of
−     Dit dui op strukturele verandering in die ekonomie.
−     Om produktiwiteit te bereken.
−     Om aan te toon hoe suksesvol die ekonomie kan wees as dit tot volle
      potensiaal aangewend kan word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/P1                                19                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

Werkloosheidskoers 
−   Statistiek SA (SSA) verkry sy arbeidsdata jaarliks vanuit die Kwartaallikse
    Arbeidsopname (KAO)/(QLFS) 
−   Dit gebruik die standaard definisie van die Internasionale Arbeidskantoor om
    werkloosheid te bereken.
−   Die streng definisie van werkloosheid word gebruik om die werkloosheidskoers te
    bereken.
−   Werklose mense is daardie gedeelte van die EAB wie:
    o     Nie gewerk het 7 dae voor die onderhoud nie. 
    o     Graag wil werk en gereed is om te werk 7 dae na die onderhoud.
    o     Stappe geneem het om werk te soek of wat werk vir hom/haar self skep vier
          weke voor die onderhoud.
    o     Die amptelike werkloosheidskoers in SA soos in 2012 was 25,2%.
  − In ontwikkelende lande dwing verandering in werkloosheidskoerse die staat om
  − fyn verstellings aan die ekonomie te maak.
  − 'n Styging vereis dat meer fondse vir werkloosheidversekering (UIF) beskikbaar
    gestel word.
  − In ontwikkelende lande is werkloosheid die grootste oorsaak van armoede.
Aanvaar relevante statistiese data.                                      (Maks.16)

INHOUD: ADDISIONELE DEEL

•   Om beleidsrigting te gee in die land. 
•   Om meganismes in die gevoelige sektore in die ekonomie so spoedig moontlik te
    beskerm. bv. gedurende die 2008-2009 resessie is sommige maatskappye
    gered van ondergang deur die staat se finansiële reddingsplan (bail out).
•   Ontwikkel sommige ekonomiese stabiliseerders om die impak van groot
    ekonomiese skokke/ onverwagse ekonomiese afswaai te absorbeer.
•   Open alternatiewe markte vir hul goedere en dienste.
•   Om navorsing en advies aan besighede te verskaf alvorens die veranderinge
    kom.
•   Dit kan gebruik word om nuwe denke en groei in die sektore van die ekonomie te
    stimuleer.
Aanvaar enige relevante oorweging.                                         (Maks.10)

GEVOLGTREKKING

Ekonomieë kan nie oorleef en groei indien hulle in hulle beplanning nie gebruik maak
van ekonomiese aanwysers nie.
                                                                                           [40]
Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking.                              (Maks. 2)

                                                            TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6) — Economics · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
