# Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        'n Maatreël wat gebruik word om die ekonomiese voorspoed van 'n
                      land aan te dui, word die … genoem.

                      A    bruto binnelandse inkome
                      B    per capita nasionale inkome
                      C    netto nasionale inkome

         1.1.2        Eksogene faktore soos … kan skommelinge in die vlak van
                      ekonomiese aktiwiteite veroorsaak.

                      A    weerpatrone
                      B    onbuigsaamheid van markte
                      C    vraagpatrone

         1.1.3        'n Voorbeeld van 'n positiewe eksternaliteit is …

                      A    onderwys.
                      B    besoedeling.
                      C    die rook van tabak.

         1.1.4        Watter EEN van die volgende kan 'n tekort op die betalingsbalans
                      veroorsaak?

                      A    Inwaartse buitelandse beleggings
                      B    'n Toename in buitelandse valutareserwes
                      C    'n Afname in mineraaluitvoere

         1.1.5        Wanneer die regering meer as 50% van die aandele van 'n
                      staatsonderneming verkoop, word dit … genoem.

                      A    privatisering
                      B    nasionalisering
                      C    vryhandel

         1.1.6        Die Noord-Suid-verdeling beklemtoon die ekonomiese … wat
                      tussen die ontwikkelde en ontwikkelende lande bestaan.

                      A    ooreenkomste
                      B    programme
                      C    verskille

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      4                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

         1.1.7         Die nywerheidsontwikkelingsbeleid wat die bevordering van
                       langtermyn-nywerheidsontwikkeling ten doel het, word … genoem.

                       A     die Nywerheidsbeleid-aksieplan
                       B     Spesiale Ekonomiese Sones
                       C     Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe

         1.1.8         Die hoofdoelwit van die Vaardigheidsondersteuningsprogram is
                       om …

                       A     owerheidsbesteding te verminder.
                       B     groter belegging in opleiding aan te moedig.
                       C     vyf miljoen huise te bou.                               (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Bruto binnelandse produk         A   gebruik rentekoerse om die vlak
                                                          van besteding te beïnvloed
         1.2.2       Piek
                                                      B   gee aan lidlande die geleentheid
         1.2.3       Monetêre beleid                      om finansiële ondersteuning van
                                                          die IMF te verkry
         1.2.4       Produksieprysindeks
                                                      C   wette en regulasies wat
         1.2.5       Spesiale Trekkingsregte              vervaardigingswerksaamhede
                                                          verbeter
         1.2.6       BRICS
                                                      D   assesseer die prestasie van die
         1.2.7       Nywerheidsbeleid                     ekonomie

         1.2.8       Ekonomiese aanwyser              E   die totale waarde van alle finale
                                                          goedere en dienste wat in 'n
                                                          gegewe jaar binne die grense van
                                                          'n land geproduseer word

                                                      F   die gewigtoekenning van
                                                          binnelands vervaardigde uitsette

                                                      G   die boonste draaipunt van die
                                                          sakesiklus

                                                      H   produksie wat deur permanente
                                                          inwoners gelewer word

                                                      I   'n handelsooreenkoms tussen 'n
                                                          groep opkomende markte
                                                                                    (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die proses waardeur die lewenstandaard van mense in 'n land
                      verbeter

         1.3.2        Die handelsbeleid waarvolgens die land die plaaslike produksie
                      van goedere aanmoedig eerder as om die goedere in te voer

         1.3.3        Wanneer owerhede doelbewus die waarde van 'n geldeenheid
                      verhoog

         1.3.4        Die draaipunt in die sakesiklus waar die vlak van ekonomiese
                      aktiwiteite op sy laagste is

         1.3.5        'n Land se rekord van transaksies met die res van die wêreld vir 'n
                      ruk lank

         1.3.6        Geld wat die ekonomiese kringloop binnevloei                 (6 x 1)       (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     6                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van   die   drie    vrae     in    hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1        Noem TWEE instrumente van fiskale beleid.                               (2 x 1)     (2)
         2.1.2        Hoe kan die appresiasie van die rand die uitvoere van goedere en
                      dienste beïnvloed?                                        (1 x 2)                   (2)
2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  DIE VERMENIGVULDIGEREFFEK
        Die regering van Valspar het besluit om vanjaar die nasionale padnetwerk met
        R200 miljoen uit te brei. Die tendens van huishoudings is om 20 persent van
        hul inkomste te spaar.

         2.2.1        Watter persentasie van hul inkomste bestee huishoudings?                            (2)
         2.2.2        Verduidelik die term vermenigvuldiger.                                              (2)
         2.2.3        Watter uitwerking sal           'n    styging     in   belasting       op   die
                      vermenigvuldiger hê?                                                                (2)
         2.2.4        Bereken die grootte van die vermenigvuldiger. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                        (4)
2.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            DIT IS TYD OM DIE HERSTEL TE VERSNEL

                 Dit sê dat die
                                                                                Hoe weet
                 herstel besig
                                                                                hulle dit?
                    is om te
                 verlangsaam.

                                               EKONOMIE

                                                           [Bron: Sheneman, Tribune Media Services]

         2.3.1        Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld?                            (2)
         2.3.2        Gee 'n rede vir die huidige stand van die ekonomie.                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

         2.3.3         Watter hoof ekonomiese aanwyser word gebruik om die stand van
                       die Suid-Afrikaanse ekonomie te bepaal?                                     (2)

         2.3.4         Hoe kan die regering die herstel van die ekonomie versnel?                  (4)

2.4      Onderskei tussen reële vloeie en geldvloeie in die ekonomiesekringloop-
         model.                                                           (2 x 4)                  (8)

2.5      Hoe kan die Reserwebank, na jou mening, die tekort op die betalingsbalans
         verminder?                                                         (4 x 2)                (8)
                                                                                                   [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1         Noem TWEE aanwysers wat verwant is aan buitelandse handel.
                                                                             (2 x 1)               (2)

         3.1.2         Wat is die uitwerking van stygende investeringsbesteding op die
                       ekonomie?                                                (1 x 2)            (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       LEWENSVERWAGTINGSNEIGINGS IN SUID-AFRIKA

                                 LEWENSVERWAGTING            LEWENSVERWAGTING
                 JAAR               BY GEBOORTE                 BY GEBOORTE
                                     SONDER MIV                    MET MIV
                     2002               64,2                        53,4
                     2005               65,5                        52,1
                     2008               66,3                        56,0
                     2011               67,1                        58,7
                     2014               67,9                        61,2
                                                                  [Bron: www.statssa.gov.za]

         3.2.1         Watter jaar, volgens die tabel        hierbo,   dui    die   hoogste
                       lewensverwagting sonder MIV aan?                                            (1)

         3.2.2         Watter instansie is verantwoordelik vir die publikasie van
                       lewensverwagtingsneigings in Suid-Afrika?                                   (1)

         3.2.3         Verduidelik die term lewensverwagting.                                      (2)

         3.2.4         Watter uitwerking sal MIV/Vigs op produktiwiteitsvlakke hê?                 (2)

         3.2.5         Wat het, na jou mening, die verbetering in lewensverwagting van
                       53,4 jaar tot 61,2 jaar veroorsaak?                       (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  8                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         ONS TOEKOMS: LAAT DIT WERK – NOP 2030

         Die NOP beoog om teen 2030 armoede uit te wis en ongelykheid te
         verminder. Suid-Afrika kan hierdie doelwitte bereik deur die werkvermoë van
         sy mense te benut, 'n inklusiewe ekonomie uit te bou, bekwaamheid uit te
         bou, die kapasiteit van die staat te verbeter en leierskap en vennootskappe
         dwarsdeur die samelewing aan te moedig.
                                                                    [Bron: www.nda.org.za]

         3.3.1        Waarvoor staan die afkorting NOP?                                         (2)

         3.3.2        Wat word met 'n inklusiewe ekonomie bedoel?                               (2)

         3.3.3        Gee 'n rede waarom dit belangrik is om armoede uit te wis en
                      ongelykheid in Suid-Afrika te verminder.                                  (2)

         3.3.4        Watter uitwerking het die Uitgebreide Openbare Werke-program op
                      jou plaaslike gemeenskap?                                 (2 x 2)         (4)

3.4      Bespreek kortliks indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser.               (4 x 2)       (8)

3.5      Hoe sal die nuut afgebakende spesiale ekonomiese sones (SES'e)
         streeksontwikkeling in Suid-Afrika bevoordeel?          (4 x 2)                        (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                    9                                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                              NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                 Noem TWEE items                    in        die    finansiële   rekening     van die
                               betalingsbalans.                                                                (2 x 1)        (2)

         4.1.2                 Watter uitwerking het inflasie op die armes?                                     (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    WISSELKOERSE
                                                   MARK VIR VS-DOLLAR

                                              V                                   A2    A       A1

                 Wisselkoers
                                R12                          E2
                                R11                                E
                   R/VS$        R10                                                                EE
                                                                             E1
                                              A2

                                          A        A1                                    V

                                      0                 30   40        50               Miljoene

                                                        Hoeveelheid dollar

         4.2.1                 Watter aanbodkurwe dui 'n afname in die aanbod van dollar aan?                                 (1)

         4.2.2                 Watter tipe wisselkoersstelsel word tans in Suid-Afrika gebruik?                               (1)

         4.2.3                 Verduidelik die term wisselkoers.                                                              (2)

         4.2.4                 Noem EEN faktor wat tot 'n toename in die aanbod van dollar kon
                               gelei het.                                                                                     (2)

         4.2.5                 Gebruik die grafiek hierbo om die uitwerking van die toename in
                               die aanbod van VS-dollar op die R/VS$-wisselkoers te verduidelik.
                                                                                          (2 x 2)                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

4.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      OPENBARESEKTOR-BEGROTINGSRAAMWERK
               R BILJOEN        HERSIEN     MEDIUMTERMYNBERAMINGS
                                                     (MTBR)
                                2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016
       Inkomste                    830       904      1 005     1 118
         Persentasie van BBP      27%       27%       27,8%     28%
       Uitgawes                           972            1 058          1 149          1 239
        Persentasie van BBP               32%            32%            31%            31%
       Surplus/Tekort                     –142           –153           –143            –12
        Persentasie van BBP               –4%            –4%            –4%              A
       Bruto binnelandse produk           2 995          3 301          3 622          3 997
                                          [Aangepas uit Die Nasionale Tesourie: Begrotingsoorsig]

         4.3.1        Waarvoor staan die afkorting MTBR?                                              (2)

         4.3.2        Wat is die internasionale norm vir begrotingstekorte as 'n
                      persentasie van die BBP?                                                        (2)

         4.3.3        Bereken die begrotingstekort as 'n persentasie van die BBP (A).                 (2)

         4.3.4        Wat kan die owerheid, na jou               mening,     doen     om    die
                      begrotingstekort te laat verminder?                                             (4)

4.4      Verduidelik hoe die amplitude en tendenslyn in die vooruitskatting van
         sakesiklusse gebruik kan word.                                   (2 x 4)                     (8)

4.5      Hoe kan belasting gebruik word om indiensneming in Suid-Afrika te
         stimuleer?                                                 (4 x 2)                           (8)
                                                                                                      [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     11                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN            van    die    twee     vrae    in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding                                                                           Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                     Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                   40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 40 MINUTE

Om internasionaal mededingend te wees, is dit noodsaaklik dat 'n land geskikte
handelsbeleidsrigtings gereed moet hê. Hulle moet hul nywerhede uitbrei indien hulle
'n verbetering in die lewenstandaard wil hê.
•   Bespreek die argumente ten gunste van beskerming in besonderhede. (26 punte)
•   Hoe kan die owerheid, na jou mening, subsidies gebruik om te verseker dat
    plaaslike nywerhede teen onregverdige buitelandse mededinging beskerm word?
                                                                        (10 punte)                   [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

Internasionaal   word      die vernaamste   instrumente   waarop   groei-  en
ontwikkelingsbeleidsrigtings gebaseer word, vraag- en aanbodkantbenaderings
genoem. Die aanbodkantbenadering fokus meer op mikro-ekonomiese doelwitte.
•   Ondersoek in besonderhede (sonder die gebruik van 'n grafiek) die
    aanbodkantbenadering ten opsigte van Suid-Afrika se pogings om ekonomiese
    groei en ontwikkeling te bevorder.                               (26 punte)
•   Was HOP en GEAR, na                      jou     mening,    suksesvol      as    groei- en
    ontwikkelingsbeleidsrigtings?                                                    (10 punte)      [40]
                                                                      TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                          GROOTTOTAAL:               150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936) — Economics · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
