# Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2017-memo-afr/eb73c350-5319-47b9-8c60-825122bd26b6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2017-memo-afr/eb73c350-5319-47b9-8c60-825122bd26b6)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  1 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        A – trog 
         1.1.2        C – handelsliberalisering 
         1.1.3        A – vraag-en-aanbod 
         1.1.4        A – vryhandelsgebiede 
         1.1.5        B – monetêre 
         1.1.6        A – ongeskoolde 
         1.1.7        C – sentralisasie 
         1.1.8        C – Ontwikkelingsgemeenskap van Suidelike Afrika ('Southern
                      African Development Community')                         (8 x 2)           (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1        F – klein aanvanklike verandering in besteding skep 'n
                          proporsioneel groter styging in nasionale inkome 

         1.2.2        H – koördineer handel en bevorder plaaslik vervaardigde produkte
                          wêreldwyd 

         1.2.3        A – ekonomiese skommelinge wat deur oorsake buite die
                          markstelsel beïnvloed word 

         1.2.4        B – verander nie tot nadat die sakesiklus verander het nie 

         1.2.5        I – hoë-inkomsteverdieners 

         1.2.6        C – weerspieël die demografiese en geslagsamestelling van 'n
                          land 

         1.2.7        E – verhouding tussen insette en uitsette 

         1.2.8        D – sit die owerheid se breë benadering tot industrialisasie
                          uiteen                                                  (8 x 1)        (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Betalingsbalans 
         1.3.2        Laffer-kromme 
         1.3.3        Buitelandse wisselkoers / Forex 
         1.3.4        Korridor 
         1.3.5        Ekonomiese aanwyser 
         1.3.6        Lekkasie                                                      (6 x 1)      (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                               DBE/Feb.–Mar. 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae     in    hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE monetêre beleidsinstrumente.

                      •   Repokoers / rentekoerse 
                      •   Opemarktransaksies 
                      •   Minimum kontantreserwe vereiste 
                      •   Morele oorreding 
                      •   Wisselkoersbeleid                                            (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Identifiseer EEN voordeel              van     invoervervanging        vir
                      binnelandse huishoudings.

                      •   Meer werksgeleenthede / 'n styging in inkomste 
                      •   'n Beter keuse van goedere en dienste / Groter verskeidenheid
                          van produkte 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)              (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1        Identifiseer EEN inspuiting in die diagram hierbo.

                      Staatsbesteding / Regering aankope                                             (1)

         2.2.2        Noem die tipe ekonomie wat deur die bostaande diagram
                      uitgebeeld word.

                      Geslote ekonomie / driesektor-ekonomie                                         (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop.

                      Die ekonomiesekringloop-vloeimodel van die ekonomie is 'n
                      vereenvoudigde voorstelling hoe die ekonomie werk en die
                      verwantskap tussen inkome, produksie en besteding in die
                      ekonomie as 'n geheel 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

         2.2.4        Wat is die belangrikste doelwit van sosiale oordragte?

                      Herverspreiding van inkomste/armoede-verligting/regstelling van
                      onewewigtighede uit die verlede / bevorder regverdigheid / verklein
                      die gaping tussen ryk en arm 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                           DBE/Feb.–Mar. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         2.2.5        Verduidelik kortliks die belangrikheid van die faktormark in die
                      ekonomiese kringloop.

                      •   Die huishoudings besit the produksiefaktore, verkoop dit op die
                          insetmark en ontvang 'n inkomste (loon, huur, rente en wins)
                          om te gerbruik in die aankoop van goedere en dienste 
                      • Besighede koop produksiefaktore aan vanaf die huishoudings
                          op die faktormark en gebruik dit in die produksie van goedere
                          en dienste 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)        (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Identifiseer die uitdaging waarvoor Suid-Afrika te staan kom
                      om sukses te bereik op internasionale markte.

                      'Mededinging in 'n onregverdige wêreldekonomie'                           (1)

         2.3.2        Noem EEN handelsmerk in die uittreksel wat vanaf Korea
                      ingevoer word.

                      Samsung/Hyundai                                                           (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term beskerming.

                      Beskerming verwys na owerheidsbeleide en regulasies wat
                      ontwerp is om plaaslike produsente van goedere en dienste te
                      bevoordeel in hul mededinging by ingevoerde goedere, en help hul
                      dus met hul oorlewing 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         2.3.4        Watter maatreëls kan die owerheid tref om te verseker dat
                      plaaslike nywerhede beskerm sal word?

                      Die owerheid kan:
                      • invoerkwotas instel 
                      • hoër tariewe op ingevoerde goedere hef
                      • sekere goedere wat voorheen ingevoer was, verbied of beperk
                          
                      • binnelandse nywerhede subsidieer 
                      • 'n plaaslike inhoudsvereiste afdwing om indiensneming te
                          beskerm 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  5                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

         2.3.5        Hoe kan plaaslike ondersteuning, na jou mening, lewe blaas
                      in die Suid-Afrikaanse ekonomie?

                      Deur uitvoere -
                      • van surplusproduksie 
                      • verdien       die  land     meer     buitelandse valuta /
                          betalingsbalansewewig 
                      • word werksgeleenthede geskep 
                      • is daar 'n styging in verbruik van plaaslik vervaardigde
                          produkte 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (4)

2.4      Onderskei tussen die amplitude              en    tendenslyn   as     kenmerke
         onderliggend aan vooruitskatting.

         Tendenslyn
         • Die tendens is die algemene rigting van die ekonomie 
         • Die tendenslyn wat stelselmatig styg, het 'n positiewe helling oor die
            langtermyn. Hierdie stygende lyn toon 'n groeiende ekonomie aan 
         • Die tendenslyn verteenwoordig die gemiddelde posisie van 'n sakesiklus

         Amplitude
         • Amplitude verwys na die afwyking van die tendenslyn na die trog en van
            die tendenslyn na die piek van die sakesiklus 
         • Dit toon die erns van elke fase van die sakesiklus, hoe korter die
            amplitude, hoe ligter is die resessie 
         • Hoe groter die amplitude, hoe meer buitensporig die veranderinge wat
            voorkom 
         • As die piek ver van die tendenslyn lê is die ondeerliggende oorsake van
            'n uitbreiding baie sterk / as die piek baie naby aan die tendenslyn lê, is
            die onderliggende oorsake swak                             (Enige 2 x 4)
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote noem van feite /
            voorbeelde)                                                                           (8)

2.5      Hoe kan die vestiging van meer arbeidsintensiewe nywerhede Suid-
         Afrika bevoordeel?

         Vestiging van meer arbeidsintensiewe nywerhede sal Suid-Afrika bevoordeel
         deur:
         • meer werksgeleenthede te verskaf 
         • meer hulpbronne te verwerk 
         • bv. mynbou, landbou en vervaardigingsaanlegte 
         • 'n groter verskeidenheid vaardighede en kennis aan die werkers oor te
             dra 
         • vakmanne, tegnici en ingenieurs te gebruik wat sal lei tot beter
             ekonomiese groei 
         • die lewenstandaard van inwoners te verbeter (ekonomiese ontwikkeling)
         • meer inkomste vir die staat te genereer deur inkomstebelasting 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde)                (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem TWEE aspekte wat gebruik kan word om lande in die
                      Noord-Suid-verdeling te onderskei.

                      •   Ongelyke lewenstandaard 
                      •   Globalisering ongelykhede (uitdagings van globalisering) 
                      •   Omgewing                                        Enige (2 x 1)         (2)
         3.1.2        Wat is die verwantskap tussen ekonomiese                 groei    en
                      ekonomiese ontwikkeling?

                      Ekonomiese groei behoort meer werksgeleenthede te verseker
                      asook 'n beter inkomste vir meeste huishoudings, wat sal lei tot die
                      verbetering van die lewenstandaarde van die mense          (1 x 2)       (2)
3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Identifiseer EEN groei- en ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika in
                      die uittreksel hierbo.

                      Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) /
                      Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)                                   (1)
         3.2.2        Wat is die vernaamste doelwit van die HOP?

                      Die verbetering in die lewens van die meeste Suid-Afrikaners / 'n
                      beter lewe vir almal 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (1)
         3.2.3        Watter boodskap word in die inligting hierbo in 'n ekonomiese
                      konteks uitgebeeld?

                      Mense leef in armoede met 'n verwagting dat dinge gaan
                      verander 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         3.2.4        Watter rol het die HOP in die verbetering sedert 1994 in die
                      lewens van mense gespeel?

                      Die HOP het:
                      • die basiese behoeftes van mense bevredig
                      • infrastruktuur-ontwikkeling verbeter
                      • die fondasie vir volhoubare ekonomiese groei en
                          werkskepping gelê
                      • menslike hulpbronne ontwikkel
                      • die veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaanse landsburgers
                          en die owerheid verseker
                      • die owerheid getransformeer om ontwikkeling en mens-
                          gesentreerde aard van die demokratiese staat weer te gee               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         3.2.5        Hoe kan die NOP, na jou mening, 'n beter lewe vir almal skep?

                      •   Die NOP kan die ekonomiese aktiwiteite van die land ten volle
                          herskep 
                      • Dit kan bydra tot: 'n veranderde ingesteldheid van alle Suid-
                          Afrikaners sodat elkeen beoordeel sal word volgens sy/haar
                          vermoë en potensiaal/verminder armoede en ongelykheid in
                          die gemeenskap 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Hoekom is dit belangrik, volgens die Minister van Handel en
                      Nywerheid, vir ekonomieë in Afrika om te diversifiseer?

                      Om in staat te wees om buitelandse direkte investering te lok             (1)

         3.3.2        Watter nuwe benadering behoort lande te volg om besigheid
                      te doen?

                      Die benadering moet verbruik gebaseerd wees                               (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die begrip gemeenskapsmark.

                      Lande wat deel vorm van 'n gemeenskapsmark bevorder die vrye
                      beweging van arbeid, kapitaal en geld tussen die grense van
                      lidlande/mense kan werk en bly waar hulle wil in 'n
                      gemeenskapsmark 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.3.4        Gee EEN rede hoekom ontwikkelende lande as deel van hulle
                      beleidsrigtings op invoervervanging diversifiseer.

                      •  Die nywerheidsbasis van hul ekonomieë moet versterk en
                         uitgebrei word 
                      • Dit sal hulle minder afhanklik van ander lande maak en hul
                         beheer oor hul eie ekonomieë gee / sny die risiko van
                         wêreldwye fluktuasie in pryse en vraagprobleme uit 
                      • Onervare vervaardigers kan nie met ander meeding nie, wat
                         beskermingsmaatreëls regverdig 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.3.5        Hoe kan Suid-Afrika voordeel trek deur te fokus op
                      toegevoegde waarde produksie?

                      Suid-Afrika kan bevoordeel word deur:
                      • oprigting van uitvoergedrewe nywerhede 
                      • skepping van meer werksgeleenthede 
                      • verbetering van vryhandel deur nuwe handelsvennote te vind
                      • bv. BRICS 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                8                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

3.4      Bespreek mededingendheid en belegging in mense kapitaal as gepaste
         Suid-Afrikaanse strategieë vir beste praktyk in nywerheidsontwikkeling.

         Mededinging
         • Maatskappye is meer gefokus, innoverend en doeltreffend as sterk
            mededinging aanwesig is 
         • Dit verbeter die kwaliteit van die vervaardigde produkte in sy geheel 
         • Nes tegnologiese vooruitgang, kan hoë kwaliteit produkte makliker
            uitgevoer word en meeding op 'n internasionale vlak            (Maks 4)

         Mensekapitaal
         • Die ontwikkeling van mensekapitaal deur vaardigheidsontwikkeling is van
            kritieke belang, omdat geskoolde werknemers meer produktief is as
            ongeskooldes 
         • Deur investering in mensekapitaal, is 'n land verseker van langtermyn
            ekonomiese groei 
            (Aanvaar indien in tabelvorm)
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (Maks 4)
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde)            (8)

3.5      Hoe kan die ontwikkeling van klein besighede die Suid-Afrikaanse
         ekonomie bevoordeel?

         Klein besighede kan die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel deur:
         • leiding te gee om werk te skep vir struktureel-werklose mense wat mag
             lei tot 'n meer inklusiewe ekonomie 
         • bevordering van entrepreneursontwikkeling tussen vroue en jongmense
             in landelike gebiede waar werkloosheid baie hoog is 
         • Hulp te verskaf in die diversifisering van die ekonomie deur die
             verbetering van 'n verskeidenheid vaardighede aan te moedig 
         • Vergroot mededinging wat prysgewys die verbruiker die meeste sal
             bevoordeel
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde)           (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE vorme van invoervervanging.

                      •   Vrywillige 
                      •   Gedwonge                                                 (2 x 1)      (2)

         4.1.2        Watter impak sal die verhoging in die BTW-koers hê op die
                      lewenstandaard van armes?

                      Dit sal hul verbruiksbesteding verlaag omdat hulle nou minder kan
                      koop as voor die styging                                 (1 x 2)         (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Watter instelling verskaf die statistiek hierbo?
                      Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB)                                        (1)

         4.2.2        Watter item hou rekord van transaksies wat aan donasies en
                      geskenke aan ander lande verwant is?
                      Lopende oordragte                                                         (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die kapitaaloordragrekening as deel van die
                      betalingsbalans.
                      Dit is die netto bedrag wat transaksies en toelaes insluit verwant
                      aan die besit van vaste bates, skuldkwytskelding en die waarde
                      van huishoudings en persoonlike effekte en finansiële eise en laste
                      van migrante 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         4.2.4        Gee EEN rede vir die daling in gouduitvoere.
                      •  Minder afhanklik van goud as waarde stabiliserende
                         kommoditeit 
                      • Wêreldwye resessie het gelot 'n lae goudprys 
                      • Goudskagte wat sluit het gelei tot die afskaling van
                         goudproduksie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         4.2.5        Bereken die handelsbalans vir 2015. Toon alle berekeninge.
                      Handelsbalans = Goedere-uitvoere + Netto gouduitvoere –
                                         Goedere-invoere
                                       = R973 778  + R67 662  - R1 075 850 
                                       = - R34 410 
                      (1 punt vir die korrekte antwoord sonder enige berekeninge)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  10                        DBE/Feb.–Mar. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Identifiseer EEN groot uitdaging in die spotprent hierbo.

                      Ongelykheid/armoede                                                    (1)

         4.3.2        Gee EEN negatiewe gevolg van armoede in die spotprent
                      hierbo.

                      Hongersnood/ondervoeding/misdaad                                       (1)

         4.3.3        Waarna verwys die Mandela Erfenis?

                      Die Mandela Erfenis het gepoog om die vernaamste probleem van
                      armoede, maatskaplike en ekonomiese ongelykheid op te los en 'n
                      deursigtige en demokratiese owerheid te skep waar wedersydse
                      respek vir die mensdom bestaan 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

         4.3.4        Stel EEN manier voor hoe Suid-Afrika van ongelykheid bevry
                      kan word.

                      • Regverdige verdeling van nasionale inkome 
                      • Skepping van werksgeleenthede 
                      • Skep 'n beleggers-vriendelike wetgewing wat BDI sal trek 
                      • Verskaf onderwys en opleiding 
                      • Moedig entrepreneurskap aan 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

         4.3.5        Hoe kan menslike hulpbronne geteiken word om die probleme
                      in die spotprent hierbo meer doeltreffend op te los?

                      •   Meer klem moet gelê word op onderwys, wat die grootste deel
                          van die begrotingsbesteding ontvang, om almal betrokke by
                          die onderwys te bevoordeel 
                      •   Die vernaamste vennote in die privaatsektor moet
                          verantwoordelikheid neem om geskoolde werkers op
                          verskillende vlakke te akkommodeer, en te fokus op
                          vervaardiging wat arbeidsintensiewe produksiemetodes
                          gebruik 
                          (As die uitdagings genoem in die spotprent aangespreek word,
                          moet die kandidaat se antwoord aanvaar word)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               11                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

4.4      Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones as deel van Suid-Afrika se
         nywerheidsontwikkelingsplan.

         Spesiale Ekonomiese Sones (SES'e)
         • Geografies afgebakende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite
            geïdentifiseer is om te ontwikkel 
         • Hierdie gebiede mag aansporings geniet soos belastingverligting en
            ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder 
         • Dit skep 'n basis vir 'n wyer verskeidenheid nywerheidsparke 
         • Dit verskaf ook ekonomiese infrastruktuur om die doeltreffende
            groepering van waarde toevoeging en groter werkverskaffende
            vervaardigers moontlik te maak 

         Die doelwitte van SES'e
         • Bevorder vinnige ontwikkeling deur op te tree as 'n magneet vir
             investering in sleutel-groei gebiede 
         • Bemagtig die ontwikkeling van nuwe nywerheidstreke deur die skepping
             van nuwe nywerheids-kernpunte in onderontwikkelde streke en die
             versterking van bestaandes 
         • SES'e word gebruik vir die doeleindes soos uitvoerbevordering,
             sakeontwikkeling, stedelike vernuwing, landelike ontwikkeling en
             binnelandse of streeksproduksie                          (Enige 4 x 2)
             (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde)           (8)

4.5      Hoe kan Suid-Afrika voordeel trek uit handel in wêreldmarkte?

         Suid-Afrika kan bevoordeel word uit handel in wêreldmarkte deur:
         • intensiewe deelname aan vryhandel wat doeltreffendheid sal verbeter
             deur uitskakeling van ekstra koste en vermorsing 
         • najaging van laer pryse wat die plaaslike verbruiker sal bevoordeel in die
             bevrediging van 'n groter verskeidenheid behoeftes 
         • toegang tot meer goedere en dienste geproduseer in ander lande wat die
             verskeidenheid waaruit hulle kan kies, vergroot 
         • bystand aan plaaslike produsente om produksie te verhoog en meer
             binnelandse produksiefaktore te gebruik, wat werkloosheid sal beperk en
             'n positiewe uitwerking sal hê op die lewenstandaard van baie Suid-
             Afrikaners 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde)           (8)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    12                              DBE/Feb.–Mar. 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae     in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Die staat speel 'n betekenisvolle rol in 'n gemengde ekonomiese stelsel en is dus
een van die grootste sektore in die ekonomie.

•   Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat.                                    (26)
•   Hoe suksesvol is die implementering van Suid-Afrika se fiskale beleid?                    (10)    [40]

INLEIDING
Ekonomiese groei word vereis vir ekonomiese ontwikkeling en kan alleen plaasvind as
beleidsbeplanning in die land daardie beleide aanvaar wat volhoubaarheid van die
ekonomie waarborg                                                      (Maks 2)
HOOFDEEL
Prysstabiliteit 
• Impliseer dat pryse in die ekonomie nie veel oor tyd verander nie 
• Prysstabiliteit is die teenoorgestelde van inflasie 
• As pryse relatief stabiel en inflasie laag is, kan markte optimaal funksioneer en die
  owerheid ekonomiese groei en ontwikkeling meer doeltreffend bevorder 
• Die SARB streef daarna om die inflasiekoers binne die inflasieteiken van 3 tot 6% te
  hou                                                                      (Maks 6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

Wisselkoersstabiliteit 
• As meer geld die land invloei as wat geld die land verlaat, kan ons 'n surplus op die
  betalingsbalans ervaar 
• Die staat bevorder binnelandse produksie van surplusse om uitvoere te verhoog en
  deur die veranderinge in wisselkoerse te monitor 
• Fluktuasies, soos depresiasie en apprresiasie van 'n geldeenhbeid, kan
  onsekerhede vir beleggers, produsente en kleinhandelaars skep 
• Suid-Afrika gebruik 'n swewende wisselkoersstelsel, wat die wisselkoers toelaat om
  sy eie waarde te bepaal, gebaseer op vraag en aanbod 
• Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het aansienlik oor die laaste twee dekades
  gefluktueer 
• Oor die laaste dekade het dit geappresieer om 'n piek van R6,36 vir 'n dollar te
  bereik teen die einde van 2005 
• Daarna het dit skerp gedepresieer met 33% tot R8,44 per VS-dollar in 2010 en
  2012 
• Internasionale reserwes verhoog van 12,9% 'n dekade terug tot 28,67% in 2011 
• Die SARB gebruik 'n vryswewende wisselkoersstelsel 
• Onstabiliteit van wisselkoerse soos gedurende die laaste deel van die 2000s is 'n
  groot probleem vir besighede 
• Die internasionale verwysingspunt is egter of die markkragte die koerse bepaal 
  Suid-Afrika stem ooreen met hierdie verwysingspunt                        (Maks 6)
Volle indiensneming 
• Volle indiensneming beteken dat alle mense wat wil werk en werk soek, in staat is
  om werk te vind of werk vir hulself te skep / waar alle hulpbronne doeltreffend
  aangewend word 
• Werkverskaffing in die formele nie-landbousektore van die ekonomie het teen 'n lae
  koers toegeneem 
• Dit het egter in 2009 en 2010 na negatief verander as gevolg van die effek van die
  wêreldwye resessie 
• Die gemiddelde groei van minder as een persent in die tien jaar was teleurstellend
  laag 
• Die gevolg is dat die werkloosheidskoers van 15% in 1994 na 25,2% in 2012
  toeneem 
• Openbaresektor-werkverskaffing het gedurende en na die wêreldwye resessie
  toegeneem wat die totale uitwerking op werkverskaffing verminder het 
• Die owerheid ondersteun opvoeding, arbeidsintensiewe besighede en die informele
  sektor 
• Lae werkloosheidsvlakke stem ooreen met maatskaplike aanwysers soos 'n lae
  misdaadvlak en hoër gesondheidsvlak                                      (Maks 6)
Ekonomiese gelykheid 
• Dit is die redelike verdeling van inkomste onder die bevolking 
• Herverdeling van inkomste en rykdom bereik die redelike verdeling van rykdom 
• Maatreëls wat die regering gebruik om dit te bereik is:
  - Gebruik die progressiewe inkomstebelastingstelsel, hoër inkomstegroepe betaal
     hoër belastingkoerse 
  - regering gebruik belasting om sosiale/maatskaplike goedere en dienste te
     finansier, soos behuising, onderwys en primêre gesondheidsorg 
  - Regering betaal kontanttoelaes, soos ouderdomstoelaes, ongeskiktheidstoelaes,
     kinderonderhoudstoelaes, ens. 
  - Regering implementeer beleid, soos BBSEB, om dit te bereik.            (Maks 6)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 14                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

Ekonomiese groei 
• Dit verwys na 'n styging in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie van die land
  vir 'n spesifieke tydperk bv. 'n jaar / 'n toename in die produksie van goedere en
  dienste in die ekonomie 
• Dit word gewoonlik gemeet in terme van groei in die nasionale produksie
  gewaardeer teen markpryse wat verwys na die Bruto Binnelandse Produk (BBP) 
• Suid-Afrika is 'n ontwikkelende land in terme van die Wêreldbank se klassifikasie 'n
  hoër-middel inkomsteland 
• Die gemiddelde ekonomiese groeikoers was 3.8% per jaar in die tien jaar tussen
  2001 en 2012 
• Die owerheid pas strukturele hervorming toe as riglyn in die fiskale beleidsdissipline
  van die land 
• Strukturele hervorming impliseer dat die begroting moet reflekteer op transformasie
  doelwitte van die owerheid bv. op onderwys, gesondheid en welsyn 
• Onder die GEAR-beleid, wat uitfaseer is in 2010, het die begrotingstekort verminder
  tot minder as 30% van die BBP in al die jare voor 2009 
• Dit was die aanvaarbare internasionale verwysingspunt ('benchmark') vir beste
  praktyk 
• Die owerheid word internasionaal erken vir sy fiskale dissipline en dis aanvaarbaar
  in die internasionale gemeenskap se oë 
• Die staat poog om te verseker dat daar 'n volgehoue verbetering in die produktiewe
  kapasiteit van die ekonomie is deur kwaliteit opvoeding en vaardigheidsopleiding te
  bied 
• Ekonomiese groei maak dit moontlik om die lewenstandaard van mense te verbeter
  en armoede te verminder                                                  (Maks 6)
  (Aanvaar huidige statistiek)
  (Ken 'n maks van 8 punte vir opskrifte/onderopskrifte/voorbeelde toe.)
ADDISIONELE DEEL
Die owerheid het die volgende in plek om inkomste te bekom:
- Progressiewe persoonlike inkomstebelasting waar die hoër-inkomste-verdieners
  teen 'n hoër koers belas word 
- Welvaartsbelasting waar eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in
  stedelike gebiede jaarliks belas word 
- Ander herverspreiding wat die armes en lae-inkomste-verdieners bevoordeel 
Bestedingsuitgawes:
- Kontantvoordele verskaf in die vorm van ouderdomspensioen, toelaes aan
  gestremdes, kinderondersteuningstoelaes 
- Betaling in natura wat die verskaffing van gesondheidsorg, onderwys en skooletes
  insluit 
- Eiendomsubsidies wat die begunstigdes help om eienaarskap van vaste eiendom in
  woongebiede te bekom 
- Owerheid voldoen in terme van besteding en belasting op 'n wyse wat dit moontlik
  maak om sy makro-ekonomiese doelwitte te bereik 
- Owerheid investeer in meer infrastruktuur om die ekonomie te ontwikkel bv. Medupi
  kragstasie vir 'n groter aanbod van elektrisiteit, die De Hoop dam 
- Die verskaffing van behuising vir die armes en voorheen benadeelde swart
  meerderheid 
- Verskaffing van maaltye aan skole vir skoolkinders                    (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

SLOT

Makro-ekonomiese doelwitte is wenslik vir die owerheid om na te streef omdat dit dien
as rigsnoer vir die aanspreek van sosio-ekonomiese omstandighede in die land 
                                                                           (Maks 2)           (26)
                                                                                              [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Ekonomiese en sosiale aanwysers word wêreldwyd gebruik om lande se
ekonomiese prestasies te vergelyk en te beskryf.

•   Ondersoek die volgende sosiale aanwysers:
    o Demografie
    o Opvoeding                                                                    (26)
    o Voeding en gesondheid
•   Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om                 die   lewering van
    maatskaplike dienste aan sy landsburgers te verbeter?                       (10)          [40]

INLEIDING

Sosiale aanwysers is maatreëls wat ekonome gebruik om die prestasie van 'n land te
evalueer in terme van die maatskaplike welstand van sy landsburgers    (Maks 2)

HOOFDEEL

Demografie
• Dit handel oor die kenmerke van die bevolking, soos grootte, ras, geslag, inkome,
   geografiese verspreiding, taal, onderwys, beroepe, geloof 
• Bepaalbare kwessies verwant aan menslike welstand oor tyd 
• Bevolkingsgroei  die bevolkingsgetal was 52,98 miljoen in 2013 
   Groei is besig om te verlangsaam 
• Meting van bevolkingsgroei is belangrik vir lewering van sosiale dienste en vir
   bepaling van die grootte van die belastingbasis (die totale aantal mense wat
   belasting betaal) 
• Lewensverwagting  Suid-Afrika se lewensverwagting-koers het gedaal van 62,8
   tot 49.7 jaar in 2015 
• Afhanklikheidskoers  die hoë ouderdomsgroep afhanklikheidskoers in Suid-Afrika
   dui die vlak van afhanklikheid aan vir dié wat werk 
• Menslike Ontwikkelingsindeks  dis 'n sosio-ekonomiese aanwyser van menslike
   ontwikkeling. Drie basiese aspekte word oorweeg: die lewenstandaard, kwaliteitt
   van gesondheidsorg en algemene onderwysstandaard 
   - Dit kombineer maatreëls van lewensverwagting, skoolgereedheid, geletterdheid
      en inkomste om 'n breër oorsig van 'n land se ontwikkeling te gee in vergelyking
      met wat inkome alleen doen                                            (Max 10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               16                          DBE/Feb.–Mar. 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

Onderwys
• Die lewenstandaard is verwant aan die vlak van onderwys 
• Onderwys is 'n sleutel sosiale aanwyser:
   o Publieke besteding  die persentasie van die nasionale begroting wat direk
     toegewys word aan onderwys 
   o Sekondêre toelatingsyfers  dit toon die persentasie van enige
     ouderdomsgroep wat hoërskole bywoon 
   o Primêre voltooiing  die persentasie van enige ouderdomsgroep wat primêre
     onderrig voltooi het is 'n aanduiding van die doeltreffendheid van die
     onderwysstelsel 
   o Jeuggeletterdheidskoers  die persentasie van 15-24 jariges wat geletterd
     is                                                            (Maks. 10)

Voeding en gesondheid
• Die lewenstandaard van die bevolking is verwant aan die voeding en gesondheid
   van die volk
   - Voeding
      Ondervoede kinders  ondervoeding word uitgedruk op twee maniere – gewig
      per ouderdom en lengte per ouderdom (dwerge)  ondervoeding in al sy
      vorme behels 'n onaanvaarbare las op die nasionale gesondheidstelsel en die
      kulturele, maatskaplike en ekonomiese stof van die volk 
  - Die verhouding van kinders wat ondergewig is, is die belangrikste aanwyser van
      wanvoeding 
  - Oorgewigkinders  daar is 'n verband tussen vetsug by kinders en ander
      siektes 
   - Gesondheid
      Kindermortaliteit  Die aantal kinders wat sterf voor 1-jarige ouderdom is 'n
      manier om die gesondheid van die bevolking te meet  kindermortaliteit is
      aansienlik hoër in arm huishoudings 
      Onder-vyf-mortaliteit  die aantal kinders wat sterf voor die ouderdom van 5 

Gesondheidsbesteding
• Die totale besteding aan gesondheid deur die staat en privaatsektor, as
   persentasie van die BBP 
• Gesondheidsorg het buitengewoon positiewe eksternaliteite 
• Toegang tot veilige drinkwater:  die persentasie van 'n bevolking wat redelike
   toegang het tot veilige drinkwater 
• Toegang tot sanitasiegeriewe:  die persentasie van 'n bevolking wat ten minste
   genoegsame sanitasie fasiliteite het wat menslike, diere en insek-kontak
   voorkom                                                              (Maks. 10)
   (Ken 'n maks van 8 punte vir opskrifte/onderopskrifte/voorbeelde toe.)

ADDISIONELE DEEL

Die Suid-Afrikaanse regering kan
• gratis gesondheidsdienste van kwaliteit by provinsiale hospitale en klinieke
    verskaf, omdat almal nie in staat is om daarvoor te betaal nie 
• die paaie infrastruktuur wat lei tot ekonomiese spilpunte wat meer vervoer kan dra,
    beter ontwikkel en instandhou 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               17                        DBE/Feb.–Mar. 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

•   skool voedingskemas uitbrei na die meeste primêre skole in die land waar groot
    werkloosheid heers in die gemeenskappe 
•   die verskaffing van skoon water aan gemeenskappe waar droogtes heers 
•   gratis behuisingsdienste vermeerder asook toelaes aan behoeftiges 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (Maks. 10)

SLOT

Sosiale aanwysers is die beste maatstaf om die ontwikkeling en vooruitgang van
gemeenskappe te kontroleer as gevolg van owerheidsaansporings om die lewens van
die gemeenskap as geheel te verbeter / SA owerheid verhoog jaarliks sy
begrotingsbesteding op gesondheid en opvoeding om lewens van inwoners te verbeter
                                                                     (Maks. 2)         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2017-english/3bc2ac92-e0de-4198-91d6-d15849198b39) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Memo June 2017 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-june-2017-english/bdaaec94-465e-45be-91a2-f374b09fc55f) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-memo-afr/d318adc0-9a71-42ee-8d3c-8ece9ec3be5e) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
