# Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2018-afr/62475bba-81d7-45be-8b07-61fab84e1d32
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2018-afr/62475bba-81d7-45be-8b07-61fab84e1d32)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1        Die owerheid is verantwoordelik vir ... sektorvoorsiening.

                      A    privaat-
                      B    buitelandse-
                      C    openbare-
                      D    finansiële-

         1.1.2        Die totale vergoeding wat die eienaars van produksiefaktore
                      ontvang, word nasionale ... genoem.

                      A    produksie
                      B    besteding
                      C    uitvoere
                      D    inkome

         1.1.3        Die wisselkoersstelsel wat deur Suid-Afrika gebruik word, staan as
                      die ... wisselkoersstelsel bekend.

                      A    vaste
                      B    beheerde swewende
                      C    vryswewende
                      D    goudstandaard-

         1.1.4        Daar word na die ... verwys as 'n aanduiding van langtermyngroei
                      in die ekonomie.

                      A    tendenslyn
                      B    amplitude
                      C    lengte
                      D    trog

         1.1.5        Die aantal jare wat 'n pasgebore baba waarskynlik sal leef, staan
                      as ... bekend.

                      A    lewensverwagting
                      B    bevolking
                      C    voeding
                      D    bevolkingsgroei

         1.1.6        Globalisering maak lande ekonomies meer ...

                      A    geïsoleerd.
                      B    interafhanklik.
                      C    gestruktureerd.
                      D    onafhanklik.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       4                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

         1.1.7        Huishoudings in Suid-Afrika spandeer die meeste van hul inkomste
                      aan ...

                      A    duursame goedere.
                      B    semiduursame goedere.
                      C    nieduursame goedere.
                      D    dienste.

         1.1.8        'n Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om die
                      produksiekoste te meet, staan as die ...-indeks bekend.

                      A    verbruikersprys
                      B    produksieprys
                      C    koptelling
                      D    prys                                                           (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                       KOLOM B
         1.2.1       Vermenigvuldiger        A         verwydering van onnodige wette,
                                                       regulasies en regeringsbeheer wat met
         1.2.2        Kapitaalmark                     markte inmeng

         1.2.3        Deregulering           B         koers waarteen die SARB geld aan
                                                       banke leen
         1.2.4        Amplitude
                                             C         mense en hulle vaardighede wat vir
         1.2.5        Ruilvoet                         produksie vereis word

         1.2.6        Demografie             D         'n klein aanvanklike styging in
                                                       besteding lei tot 'n proporsioneel groter
         1.2.7        Inligting- en                    toename in totale nasionale inkome
                      kommunikasie-
                      tegnologie (IKT)       E         inligting oor die grootte en struktuur
                                                       van 'n bevolking
         1.2.8        Mensekapitaal
                                             F         druk 'n land se uitvoerpryse ten opsigte
                                                       van hulle invoerpryse uit

                                             G         langtermyn finansiële instrumente,
                                                       byvoorbeeld verbande

                                             H         meet die afstand van ossillasie van 'n
                                                       veranderlike vanaf die tendenslyn na
                                                       die piek en trog

                                             I         'n sleutelgroeisektor van die
                                                       Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
                                                                                       (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. GEEN
         afkortings of akronieme sal aanvaar word nie.

         1.3.1        Die eienaars van die produksiefaktore in die ekonomie

         1.3.2        'n Opsomming van die waarde van verskillende leidende
                      aanwysers in 'n enkele waarde

         1.3.3        'n Opgawe van 'n land se handels- en finansiële transaksies met
                      die res van die wêreld

         1.3.4        Goedere wat skadelik vir die samelewing is, byvoorbeeld sigarette

         1.3.5        Die belangrikste bron van inkomste vir die staat

         1.3.6        Moedig investering in vervaardiging, landbou en mynbou aan
                                                                                (6 x 1)            (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van    die   drie   vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van lekkasies.                            (2 x 1)         (2)

         2.1.2        Hoekom behoort die openbare sektor aan die bestuur van die
                      ekonomie deel te neem?                              (1 x 2)                         (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      BRUTO WAARDE TOEGEVOEG VOLGENS DIE TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT
      Teen huidige pryse (R miljoen)         2014      2015      2016
      Primêre sektor                          369 683   368 300   398 770
      Sekondêre sektor                        723 562   772 875   815 816
      Tersiêre sektor                       2 324 815 2 484 291 2 654 870
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese   3 418 060 3 625 466 3 869 456
      pryse
      Teen konstante 2010-pryse (R miljoen)  2014      2015      2016
      Primêre sektor                          303 563   307 875   291 143
      Sekondêre sektor                        556 028   555 915   556 935
      Tersiêre sektor                       1 888 785 1 919 390 1 945 596
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese   2 748 376 2 783 180 2 793 674
      pryse
                                                            [Bron: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2017]

         2.2.1        Watter metode is in die berekening van die bruto binnelandse
                      produk (BBP) hierbo gebruik?                                                        (1)

         2.2.2        Watter jaar word tans as die basisjaar deur die Suid-Afrikaanse
                      Reserwebank (SARB) gebruik?                                                         (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term bruto nasionale produk.                                   (2)

         2.2.4        Watter sektor se bydrae tot die BBP het sedert 2014 bestendig
                      verhoog?                                                                            (2)

         2.2.5        Wat het tussen 2015 en 2016 gebeur met die waarde deur die
                      primêre sektor toegevoeg? Motiveer jou antwoord.   (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                                                     7                                                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                                               NSS

2.3                                       Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                         REËLE SAKESIKLUS
                                                                                              P1
                                          105

      Indeks van ekonomiese aktiwiteite
                                          104

                                          103                                             b
                                                                                                                            P2
                                          102

                                          101                                                                           d
                                                                                                               B
                                          100

                                           99                                                             c
                                                              a                                                                                e

                                           98
                                                                                                              T2
                                           97                                                                                           T3
                                                         T1
                                                                                                                                                               Jaar
                                                  2000   2001     2002   2003   2004   2005        2006       2007   2008        2009   2010       2011
                                                                                          BBP

                                          2.3.1           Identifiseer 'n trog in die sakesiklus hierbo.                                                                        (1)

                                          2.3.2           In watter jaar is die eerste sakesiklus in die grafiek hierbo volledig
                                                          voltooi?                                                                                                              (1)

                                          2.3.3           Bespreek kortliks die term reële (werklike) sakesiklus.                                                               (2)

                                          2.3.4           Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid staatsbesteding as fiskale
                                                          maatreël gebruik om die ekonomie te stimuleer?                                                                        (2)

                                          2.3.5           Hoe kon die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom het dat die
                                                          sakesiklus skerp na T3 gedaal het?                   (2 x 2)                                                          (4)

2.4                                       Beskryf kortliks ekonomieë van skaal (skaalbesparings) en keuse as
                                          argumente ten gunste van vryhandel.                          (2 x 4)                                                                  (8)

2.5                                       Verduidelik, met behulp van 'n goed benoemde Laffer-kromme, die uitwerking
                                          van 'n belastingkoerstoename op staatsinkome.                                                                                         (8)
                                                                                                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     8                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE basiese                dienste     wat    'n     mens se
                      lewenstandaard beïnvloed.                                           (2 x 1)         (2)

         3.1.2        Hoe kan KMMO's ekonomiese groei ondersteun?                           (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           MENSLIKEONTWIKKELINGSAANWYSERS

         Die indeks van die Verenigde Nasies wat op menslike ontwikkeling fokus,
         plaas Suid-Afrika in die onderste helfte van die ranglys. Dit is 'n jaarverslag
         deur die VN wat lande volgens hul lewenstandaarde ten opsigte van drie
         aanwysers op 'n ranglys plaas: bruto inkome per capita, lewensverwagting en
         onderwys.

         In Suid-Afrika is lewensverwagting by geboorte 57,4 jaar, met 'n gemiddelde
         verwagte skoling van 13,6 jaar. Bruto inkome per capita in die land is baie
         laag en hoë vlakke van ongelykheid kom steeds voor.

                                       [Aangepas uit VN Menslikeontwikkelingsindeksverslag, 2016]

         3.2.1        Identifiseer in die uittreksel hierbo die internasionale instelling wat
                      statistiek oor menslike ontwikkeling voorberei.                                     (1)

         3.2.2        Noem EEN aanwyser in die uittreksel wat by die meting van
                      lewenstandaard gebruik word.                                                        (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks hoekom verstedeliking 'n ekonomiese aanwyser is.                   (2)

         3.2.4        Beskryf kortliks hoekom verstedeliking 'n sosiale aanwyser is.                      (2)

         3.2.5        Hoe behoort groot onderwysongelykhede opgelos te word om die
                      lewenstandaard van Suid-Afrikaners te verbeter?        (2 x 2)                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN – VISIE VIR 2030,
                            ONS TOEKOMS – LAAT DIT WERK

         Suid-Afrika se vernaamste uitdaging is om armoede en ongelykheid uit die
         weg te ruim. Om lewenstandaarde tot die minimum vlak in die plan
         voorgestel, te verhoog, sal verbeterde onderrig behels. Die NOP fokus op die
         kritiese vermoëns wat nodig is om die ekonomie en samelewing deur
         verhoogde ekonomiese groei te verander.

                                                                         [Aangepas uit NOP]

         3.3.1        Watter uitdaging moet Suid-Afrika teen 2030 aanpak, volgens die
                      uittreksel hierbo?                                                          (1)

         3.3.2        In die uittreksel hierbo, identifiseer EEN manier waarop Suid-Afrika
                      die uitdagings waarvoor dit te staan kom, kan minimaliseer.                 (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                 (2)

         3.3.4        Watter ekonomiese voordeel sal die implementering van die
                      Nasionale Ontwikkelingsplan op die ekonomie van Suid-Afrika hê?             (2)

         3.3.5        Hoe kan armoede en ongelykheid in Suid-Afrika hanteer word?
                                                                            (2 x 2)               (4)

3.4      Beskryf kortliks die repokoers en geldvoorraad as ekonomiese aanwysers.
                                                                             (2 x 4)              (8)

3.5      Hoekom is dit vir die owerheid belangrik om van tyd tot tyd die prestasie van
         die ekonomie te evalueer?                                                                (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee enige TWEE redes vir openbaresektor-mislukking.                 (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Watter uitwerking sal die instelling van 'n groen ekonomie op die
                      nywerheidsontwikkelingsplan van Suid-Afrika hê?            (1 x 2)                (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       MINI-BEGROTING 2016

         'Belastingverhogings sal nie die armes benadeel nie …,' was die belofte van
         die      Minister    van     Finansies     tydens     sy     mediumtermyn-
         begrotingsbeleidverklaring. In Suid-Afrika is 10% van die bevolking
         verantwoordelik vir 37% van alle persoonlike inkomstebelasting aan die staat.
         Bykomende belastings word ook in die vorm van belasting op toegevoegde
         waarde (BTW) en brandstofheffings gehef, terwyl suikerbelasting en
         koolstofbelasting moontlikhede in die toekoms is. Ekonome het gemeen dat 'n
         styging in BTW die kleinste negatiewe uitwerking op inkomegelykheid in
         Suid-Afrika sou hê, terwyl 'n styging in persoonlike inkomstebelasting of
         maatskappybelasting meer skadelik sou wees.

                                                      [Aangepas uit Finance Week, Oktober 2016]

         4.2.1        Wie lewer die begrotingstoespraak in die Parlement?                               (1)

         4.2.2        Identifiseer die soort begroting in die uittreksel hierbo.                        (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term begroting.                                              (2)

         4.2.4        Wat is die hoofdoelwit van die heffing van suikerbelasting?                       (2)

         4.2.5        Verduidelik hoekom 'n styging in BTW 'n negatiewe uitwerking op
                      die ekonomie sal hê.                                     (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     11                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

4.3         Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES (NOS)/
            SPESIALE EKONOMIESE SONES (SES)/KORRIDORS IN SUID-AFRIKA

       Suid-Afrika se Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe bestaan uit die volgende:
       1.   Maputo-ontwikkelingskorridor             6.   Weskus-beleggingsinisiatief
       2.   Lubombo-korridor                         7.   Platinum-ROI
       3.   Richardsbaai-ROI                         8.   Phalaborwa-ROI
       4.   Wildekus-ROI                             9.   Coast 2 Coast-(Kus-tot-Kus)-korridor
       5.   Visrivier-ROI
      Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide is in die Nywerheidsontwikkelingsprogram
      (NOP) vasgelê, met die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) as die dryfkrag
      met betrekking tot nywerheids- en ruimtelike ontwikkeling. Die NOP sluit ROI's,
      korridors, NOS'e en SES'e in.
                                                            [Aangepas uit Finance Week, Oktober 2016]

            4.3.1     In die inligting hierbo, identifiseer 'n staatsdepartement wat die
                      implementering van streeksontwikkelingsbeleidsrigtings dryf.                      (1)
            4.3.2     Watter korridor word deur  in die kaart hierbo verteenwoordig?                   (1)
            4.3.3     Beskryf kortliks die term korridor.                                               (2)
            4.3.4     Wat is die doelwit van die regering met die aanneming van
                      streeksontwikkelingsbeleide?                                                      (2)
            4.3.5     Hoe kan die instelling van spesiale ekonomiese sones (SES'e) die
                      ekonomie van Suid-Afrika bevoordeel?                     (2 x 2)                  (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               12                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

4.4      Verduidelik veranderinge in vraag en rentekoerse as maatreëls om die
         onewewigtighede in die betalingsbalans reg te stel.            (2 x 4)            (8)

4.5      Hoe vergelyk Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide met internasionale
         maatstawwe ('benchmarks') ten opsigte van goeie staatsbeheer en
         vennootskappe?                                                                    (8)
                                                                                           [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      13                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
 Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek invoervervanging as deel van Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid
    onder die volgende:
     Metodes (13 punte)
     Redes/Voordele (13 punte)                                            (26 punte)
   Beoordeel, met behulp van 'n grafiek, die uitwerking van 'n toename in
    massaproduksie op internasionale handel.                              (10 punte)                   [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die aanbodkantbenadering in die bevordering van groei en ontwikkeling
    in Suid-Afrika en sluit die volgende in:
     Doeltreffendheid (13 punte)
     Koste om sake te doen (13 punte)                                 (26 punte)
   Hoe effektief was die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) om die
    ongelykhede in Suid-Afrika se verlede op te los.                   (10 punte)                      [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-eng/4a0147f8-f13e-4c79-a4e9-cbeb77edfdc9) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-afr/f2ad6b44-5e81-48d8-87e0-8447c94bf4cc) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/87194943-d258-4bd9-a7a0-7e2fc3c27b6a) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-english/4bded7c3-f717-49ba-8ceb-612b8e43eddd) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
