# Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-afr/433c4274-9447-4470-a3d8-dbddd81ad65c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-afr/433c4274-9447-4470-a3d8-dbddd81ad65c)

## About this document

Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 10

                                EKONOMIE V1

                                 MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                            DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         •    AFDELING A: VERPLIGTEND.
         •    AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         •    AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

3.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
         vrae.

8.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                                 DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1       Die vertakking van ekonomie wat op die gedrag van die ekonomie
                     in sy geheel fokus, staan as … ekonomie bekend.

                     A    mikro-
                     B    ontwikkelings-
                     C    makro-

         1.1.2       Wanneer ons onvoldoende hulpbronne het om in ons behoeftes en
                     begeertes te voorsien, bestaan …

                     A    arbeid.
                     B    skaarsheid.
                     C    kapitaal.

         1.1.3       Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die
                     grense van 'n land vir 'n sekere tydperk geproduseer word, staan
                     as die … bekend.

                     A    Bruto Binnelandse Produk
                     B    Bruto Binnelandse Besteding
                     C    Bruto Nasionale Inkome

         1.1.4       Die aankoop van 'n skooltas eerder as 'n fliekkaartjie dui op die
                     ekonomiese beginsel van …

                     A    ruil.
                     B    geleentheidskoste.
                     C    besparing.

         1.1.5       Die eerste inheemse mense in Suid-Afrika was die …

                     A    Xhosas.
                     B    Zoeloes.
                     C    San.

         1.1.6       Suid-Afrika was 'n … van Engeland vir omtrent 150 jaar.

                     A    provinsie
                     B    kolonie
                     C    dorpie

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                                     DBE/2012
                                       NSS – Graad 10 Model

         1.1.7         'n Transaksie wat nie by 'n kitsbank gedoen kan word nie, is …

                       A     muntdeposito's.
                       B     onttrekkings.
                       C     die betaling van rekeninge.

         1.1.8         Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling het begin by …

                       A     mynbou.
                       B     visserye.
                       C     kommersiële landbou.                                     (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM A                               KOLOM B
                     1.2.1     Investering            A    word gewoonlik deur die
                                                           verbruikers van hierdie goedere
                     1.2.2     Publieke goedere            en dienste betaal

                     1.2.3     LBS                    B    beskerm die belange van werkers

                     1.2.4     Onderwys               C die ekonomiese term vir
                                                        besteding op kapitaalgoedere
                     1.2.5     Verstedeliking
                                                      D die grootste bestedingsitem in die
                     1.2.6     Spesialisasie            begroting van Suid-Afrika

                     1.2.7     Vakbonde               E    direkte belasting

                     1.2.8     Wettige                F    geld wat mense deur die wet
                               betaalmiddel                verplig word om te aanvaar

                                                      G 'n groeiende aantal mense trek
                                                        na stede en dorpe toe

                                                      H in die produksie van goedere,
                                                        herhaal elke werker slegs een
                                                        handeling

                                                      I    kollektiewe verbruik en besit deur
                                                           gemeenskappe
                                                                                       (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  5                                    DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.3      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
         woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Ekonomies kwesbare mense word altyd bevoordeel gedurende die
                     (uitbreidings-/inkrimpings-) fase van die sakesiklus.

         1.3.2       Meel wat in die produksie van brood gebruik word, is (finale/
                     intermediêre) goedere.

         1.3.3       Algemene prysstygings staan bekend as (inflasie/deflasie).

         1.3.4       'n Ander term vir 'n werksmag is (arbeidsmag/ondernemers).

         1.3.5       Die (Franse/Industriële) Rewolusie het in Engeland begin.

         1.3.6       Die sentrale bank in Suid-Afrika word die (Federale/Reserwe-)
                     Bank genoem.                                          (6 x 1)             (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                                         DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE           van     die   drie   vrae    uit   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 25 MINUTE

2.1      Identifiseer die VIER produksiefaktore.                                        (4 x 1)       (4)

2.2      Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1       Dui die illustrasie hierbo op die proses van verbruik of produksie?              (2)

         2.2.2       Gee 'n voorbeeld van duursame goedere in die illustrasie hierbo.                 (1)

         2.2.3       Sou die besteding op duursame goedere hierbo geklassifiseer
                     word as owerheidsbesteding of huishoudelike verbruiksbesteding?                  (1)

         2.2.4       Onderskei tussen onmiddellike (direkte) verbruik en uitgestelde
                     (indirekte) verbruik en gee 'n voorbeeld van elk.        (2 x 3)                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 7                                       DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

2.3      Bestudeer die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MR PRICE SE PRESTASIE

          Kaapstad: In 2011 het Mr Price vir die eerste keer in vyf jaar 'n laer
          rekenkundige wins aangekondig. Groei in verkope het met 15% gestyg tot
          R2,6 biljoen vir die jaar geëindig 31 Maart 2011.

          'Dis maklik om die blaam op kleiner verbruiksbesteding te plaas. Ons
          voorrade van sekere luukse items vir Mr Price se Naweekverkope was
          eenvoudig te hoog en ons moes ons pryse en winsgrense sny.'

          Moeilike handelsomstandighede het ook 'n uitwerking op die besigheid se
          resultate gehad, net soos hierdie toestande ander kleinhandelaars se sake
          beïnvloed het.

          Die afdeling wat die meeste geraak is deur moeilike handelsomstandighede,
          was die groep se juwelierswarereeks, en die groep beplan nie om hierdie
          afdeling verder uit te brei nie.
                                                    [Aangepas uit: Sakeburger, 5 Julie 2010]

         2.3.1       Waarna verwys rekeningkundige wins?                                          (2)

         2.3.2       Hoekom het Mr Price lae winste ondervind?                      (2 x 2)       (4)

         2.3.3       Hoekom, dink jy, was die verkope van juweliersware by Mr Price
                     die meeste beïnvloed deur moeilike handelsomstandighede?    (2               (4)
                     x 2)

2.4      Verduidelik die kenmerke waarvolgens markte geklassifiseer kan word. (2 x 4)             (8)

2.5      Tabuleer die verskille tussen vrye goedere en ekonomiese goedere.          (4 x 2)       (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  8                                        DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES                                     40 PUNTE – 25 MINUTE

3.1      Gee VIER voorbeelde van kommoditeitsgeld.                                    (4 x 1)       (4)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          SAMESTELLING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE BBP 1912–2011
                             [% van BBP]

        SEKTOR             1912    1940     1981       1994      2003     2005      2011
  Primêr                   48,8     32,7      A         11,8     10,8      10,2     11,8
  Landbou, bosbou          21,3     12,1     7,1         4,6     3,4       2,8       2,4
  en visserye
  Mynbou                   27,5     20,6    16,0         7,2     7,4       7,4       9,4
  Sekondêr                  5,8     11,6    31,1        27,7     24,3      23,4     21,0
  Tersiêr                  45,4     55,7    45,8        60,5     64,9      66,4     67,2
                                                   [Bron: SARB Kwartaalblad, September 2012]

         3.2.1       Definieer die sekondêre sektor.                                                (2)

         3.2.2       Bereken die waarde van die primêre sektor se bydrae (A) in 1981.               (2)

         3.2.3       Beskryf kortliks die neiging met betrekking tot die bydrae van die
                     verskillende sektore tot die BBP van 1912 tot 2011.                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   9                                      DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

3.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        BEVOLKINGSYFERS VAN SUID-AFRIKA

Bevolking/Miljoen
          54
          53,5
              53
          52,5
              52
          51,5
              51
          50,5
              50
               2010      2015      2020      2025      2030      2035      2040
                                              Jaar
                                                              [Bron: Geniet Ekonomie, 2011]

         3.3.1        Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel?               (2)

         3.3.2        Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n land beïnvloed.           (1)

         3.3.3        Beskryf die neiging wat deur die grafiek geïllustreer word.                  (3)

         3.3.4        In watter jaar sal die Suid-Afrikaanse bevolking 'n hoogtepunt
                      bereik?                                                                      (2)

         3.3.5        Wat is die verwagte bevolkingsyfer van Suid-Afrika vir die jaar
                      2040?                                                                        (2)

3.4      Verduidelik die begrip globalisering.                                       (4 x 2)       (8)

3.5      Bespreek kortliks die impak van kolonialisme op die ekonomiese ontwikkeling
         van Suid-Afrika.                                                    (4 x 2)               (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                                DBE/2012
                                       NSS – Graad 10 Model

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 25 MINUTE

4.1      Noem VIER ekonomiese gevolge van die mynbou- en nywerheidstadium.
                                                                         (4 x 1)                (4)

4.2      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              2 SEKTOR-KRINGLOOPMODEL

                                          mark vir
                                         produksie-
                     arbeid                faktore

                              inkome                          B

      huishouding                                                          A

                                besteding

                                                                   C

                                            mark vir
                                           goedere en
                                             dienste

         4.2.1       Benoem A, B en C.                                                          (3)

         4.2.2       Noem EEN lekkasie wat die geldvloei in hierdie model kan
                     beïnvloed.                                                                 (1)

         4.2.3       Hoe sal die insluiting van die buitelandse sektor die vloei van
                     goedere en dienste in die kringloop beïnvloed?                             (2)

         4.2.4       Beskryf die reële vloei en geldvloei wat tussen huishoudings en die
                     owerheid bestaan, indien die owerheid in die kringloopmodel
                     ingesluit sou word.                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                                      DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             [Bron: Geniet Ekonomie, 2011]

         4.3.1       Definieer die term mark.                                                      (2)

         4.3.2       Watter tipe handel word in die spotprent geïllustreer?                        (2)

         4.3.3       Verduidelik die probleme wat sou bestaan, indien ons gemeenskap
                     geen geld as ruilmiddel gehad het nie.                    (3 x 2)             (6)

4.4      Bespreek kortliks die impak van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.
                                                                               (4 x 2)             (8)

4.5      Onderskei tussen absolute skaarsheid en relatiewe skaarsheid.                             (8)
                                                                                                   [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 12                                             DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

AFDELING C

Beantwoord enige EEN         van   die   twee   vrae      uit   hierdie    afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                  PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                      Maks. 3
Inhoud:
• Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/                          Maks. 24
    Evalueer/Assesseer
• Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/                              Maks. 6
    diagram …/Lei af …/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/
    Jou eie opinie
Slot                                                                            Maks. 2
Interpretasie/Rubriek                                                           Maks. 5
TOTAAL                                                                            40

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE                                           40 PUNTE – 25 MINUTE

Bespreek die fases en redes van sakesiklusse.

Teken 'n volledig benoemde, tipiese sakesiklus om jou bespreking te ondersteun.                  [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE KWESSIES                                     40 PUNTE – 25 MINUTE

Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika deur vroeë ontwikkeling,
privaat banke en imperiale banke te beklemtoon.

Verduidelik ook hoe tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke
verminder het.                                                                                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-eng/9c1ec3a9-a152-4768-8e14-068095b99253) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/7fb2abbc-86f7-4c71-84bd-fc5623a5f789) — Economics · Memo · 2012 · Afr
- [Economics P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/730fbd56-393b-4f61-9f65-8860d0695193) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics P2 GR 10 Exemplar 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/9f50ee48-8def-4982-8a8a-7b40f9afd527) — Economics · QP · 2012 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP GR10 NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov2020-english/8719c3df-cf99-42d8-9a57-f56dca634761) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [Economics P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/a6382a36-b6f1-4d29-94e1-3f4f44773ab3) — Economics · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
