# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-12-qp-sept-2020-afrikaans/1a029e5f-d670-46f2-8a18-e047d9370403
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr-12-qp-sept-2020-afrikaans/1a029e5f-d670-46f2-8a18-e047d9370403)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                         EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
       NIE nagesien word NIE.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik word.

 4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 5.    Lees die vrae aandagtig deur.

 6.    Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

 7.    Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

 8.    Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae
       voldoen.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                               EKONOMIE V1                             3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                 30 PUNTE − 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 –1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1       Die metode wat gebruik word om totale vergoeding van
                     produksiefaktore af te lei, word die … -metode genoem.

                     A    produksie
                     B    inkome
                     C    kringloop
                     D    bestedings

         1.1.2       ŉ Aanduiding van langtermyngroei in die ekonomie word die ...
                     genoem.

                     A    tendenslyn
                     B    amplitude
                     C    lengte
                     D    trog

         1.1.3       Suid-Afrikaanse Weermagdienste word verskaf deur die …
                     regering.

                     A    distriks
                     B    plaaslike
                     C    provinsiale
                     D    sentrale

         1.1.4       Die huidige betalingsbalans het … rekening(e).

                     A    twee
                     B    een
                     C    drie
                     D    vier

         1.1.5       Die aantal werkende persone as ŉ persentasie van die
                     ekonomiese aktiewe bevolking (EAB), word die … genoem.

                     A    ekonomiese groei
                     B    produktiwiteitskoers
                     C    indiensnamekoers
                     D    arbeidsproduktiwiteit

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

        1.1.6    Ekonomiese integrasie waar lidlande saamstem            oor     ŉ
                 gemeenskaplike beleid, word ŉ … genoem.

                 A    ekonomiese unie
                 B    vryhandelgebied
                 C    doeane unie
                 D    gemeenskapsmark

        1.1.7    Watter strategie het in sy doelwit om armoede en werkloosheid
                 teen 2014 te halveer, misluk?

                 A    Nuwe Groei Pad (NGP)
                 B    Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief vir Suid-Afrika
                      (AsgiSA)
                 C    Heropbou en Ontwikkelingsplan (HOP)
                 D    Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)

        1.1.8    ŉ Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om die
                 produksiekoste te meet, staan bekend as die … -indeks.

                 A    verbruikersprys
                 B    koppetelling
                 C    prys
                 D    produksieprys                                       (8 x 2) (16)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                            EKONOMIE V1                                5

 1.2    Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1    Portefeuljebeleggings   A   SARB se gesprekke met handelsbanke
                                             om op ŉ toepaslike manier op te tree,
                                             in ooreenstemming met heersende
                                             ekonomiese toestande

        1.2.2    Stelsel van Nasionale   B   die onderste draaipunt van die
                 Rekeninge                   sakesiklus

        1.2.3    Morele oorreding        C   ŉ handelsooreenkoms tussen ŉ groep
                                             opkomende markte

        1.2.4    BRICS                   D   moontlike aantal jare wat ŉ persoon na
                                             sy/haar geboorte sal lewe

        1.2.5    Piek                    E   regering se geskatte inkome en
                                             besteding oor ŉ periode van drie jaar

        1.2.6    MTBR                    F   aankoop van finansiële bates soos
                                             aandele in maatskappye, op die
                                             aandelebeurs van ŉ ander land

        1.2.7    Lewensverwagting        G   deur die SARB beheer

        1.2.8    Aanbod van geld         H   die boonste draaipunt van die
                                             sakesiklus

                                         I   voorgeskryf deur die Verenigde Nasies
                                             om die syfers van die bruto
                                             binnelandse produk saam te stel

                                                                              (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3    Gee EEN begrip/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die begrip/woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die
        ANTWOORDEBOEK neer. GEEN AFKORTINGS sal as antwoorde aanvaar
        word nie.

        1.3.1   ŉ Opsomming van die waarde van verskillende leidende
                aanwysers in ŉ enkele waarde

        1.3.2   Teruggee van grond aan diegene wat dit as gevolg van
                diskriminerende wette van die verlede verloor het

        1.3.3   Wanneer ŉ produk in ŉ buitelandse mark, teen ŉ prys wat laer is as
                die produksiekoste daarvan in die land van oorsprong, verkoop
                word

        1.3.4   Die beleid wat daarop gemik is om pryse te stabiliseer, deur
                inflasie te bekamp

        1.3.5   ŉ Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit

        1.3.6   Die wêreldwye interaksie van ekonomieë, met handel as ŉ
                sleutelelement.                                         (6 x 1)           (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                             EKONOMIE V1                                  7

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE metodes van invoervervanging.                  (2 x 1)      (2)

        2.1.2   Hoe kan wêreldhandel deur spesialisasie verbeter word?         (1 x 2)      (2)

 2.2    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        NUWE EKONOMIESE PARADIGMA

                                                                [Bron: Geniet Ekonomie]

        2.2.1    Verskaf ŉ naam vir die bogenoemde grafiek.                                 (1)

        2.2.2    Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidskoers in die
                 bostaande grafiek?                                                         (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die begrip nuwe ekonomiese paradigma.                     (2)

        2.2.4    Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan aanwend om die
                 herstel van die ekonomie te versnel.                                       (2)

        2.2.5    Illustreer, met behulp van ŉ grafiek, die uitwerking van vraagkant-
                 en aanbodkantbeleide in die gladstryk van sakesiklusse.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       SUID-AFRIKA SE RUILVOET INSLUITENDE GOUD

        Die ruilvoet in Suid-Afrika het tot 109,30 indekspunte in die derde kwartaal
        van 2019 gestyg, vanaf 106,30 indekspunte in die tweede kwartaal van
        2019.
                                                          [Bron: tradingeconomics.com]

        2.3.1   Met hoeveel het die ruilvoet in die laaste twee kwartale van 2019
                toegeneem?                                                                (1)

        2.3.2   Wat het ŉ toename in Suid-Afrika se ruilvoet in die derde kwartaal
                van 2019 veroorsaak?                                                      (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die begrip ruilvoet.                                     (2)

        2.3.4   Verduidelik die uitwerking van ŉ verbetering in die ruilvoet op die
                ekonomie.                                                                 (2)

        2.3.5   Hoe sal ŉ tekort op die lopende rekening (negatiewe handels-
                balans) die ruilvoet beïnvloed?                          (2 x 2)          (4)

 2.4    Bespreek die redes vir uitvoerbevordering.                            (4 x 2)     (8)

 2.5    Ontleed die voordele van deregulering van huishoudings.                           (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                             EKONOMIE V1                                  9

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                              40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE internasionale organisasies wat van lede
               verwag om hulle aanwysers te standaardiseer.             (2 x 1)            (2)

      3.1.2    Hoe dra lande in die Noord-verdeel by tot die vernietiging van die
               omgewing?                                                     (1 x 2)       (2)

 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE VOORUITSIGTE VIR 2020

      SA se ekonomiese groeikoers het sigself dikwels in ŉ negatiewe omgewing
      gedurende die jaar 2019 bevind.          Die hernude Eskom-beurtkrag in
      Desember 2019 het gelei tot vooruitskattings dat groei in 2020 waarskynlik
      laer as die verwagte 1,4 – ,6 persentasie-omvang sal wees, soos wat vroeër
      deur die SA Reserwebank (SARB) en ander ekonome, verwag is.

      Ekonomiese groei in SA het amper soos ŉ horisontale lyn geword. Suid-
      Afrikaanse beleidmakers behoort ŉ pro-aktiewe benadering te volg om beter
      ekonomiese vooruitsigte te bou vir 2020.

                                                      [Bron: Aangepas uit www.iol.co.za]

      3.2.1     Noem ŉ ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese
                groei te meet.                                                             (1)

      3.2.2     Wat is die begrip wat gebruik word om lande met ŉ lae ekonomiese
                groei te beskryf?                                                          (1)

      3.2.3     Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.                              (2)

      3.2.4     Hoe lei ekonomiese groei tot ekonomiese ontwikkeling?                      (2)

      3.2.5     Wat kan Suid-Afrikaanse beleidmakers doen om die huidige stand
                van die land se ekonomie te verbeter?                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.3    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Die gekonsolideerde begrotingbesteding sal volgens projeksies vir die
        eerste keer ooit, R2 triljoen oorskry. Bruto belastinginkome wat gedurende
        die eerste twee maande van 2020/21 geïn is, is alreeds
        R35,3 miljard laer as die teiken. Die land verwag om die belastingteiken vir
        hierdie jaar met meer as R300 miljard te mis.

        VERWAGTINGE VAN DIE AANGEPASTE BEGROTING: Die Minister mag
        die progressiewe persoonlike inkomstebelastingtabelle aanpas en so
        probeer om die herverspreidingseffek te bevorder – dit in die lig van hoe die
        COVID-19 pandemie inkome- en rykdomongelykheid vererger het. Die
        Nasionale Tesourie het bevestig dat die Minister van Finansies, Tito
        Mboweni, nuwe belastings in sy Februarie-begroting van volgende jaar sal
        aankondig en dit sal rykdombelasting insluit.

        Die nuwe belastings sal help om die skuld te stabiliseer en R40 miljard in te
        samel in die volgende paar jare.
                                                         [Bron: aangepas van die internet]

        3.3.1   Identifiseer, uit die bostaande uittreksel, die vraagkantbeleid vir die
                bevordering van groei en ontwikkeling.                                       (1)

        3.3.2   Gee ŉ voorbeeld van rykdombelasting.                                         (1)

        3.3.3   Beskryf kortliks die begrip progressiewe belastingstelsel.                   (2)

        3.3.4   Verduidelik die bydrae van belastings tot sosiale ontwikkeling.              (2)

        3.3.5   Hoe kan die regering deur sy begrotingsprosesse inkome en
                rykdom herversprei?                                      (2 x 2)             (4)

 3.4    Bespreek kortliks kapitaalvorming en gratis adviesdienste as aanbodkant
        benadering in die bevordering van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
                                                                             (4 x 2)         (8)

 3.5    Bespreek krities hoe Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging die
        Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel het.                                              (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                             EKONOMIE V1                                  11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.             (2 x 1)    (2)

       4.1.2    Hoekom is dit belangrik om die werking van die ekonomie te
                assesseer?                                                 (1 x 2)         (2)

 4.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 [Aangepas uit ‘google images’]

       4.2.1    Noem ŉ monetêre instrument wat gebruik word om prysstabiliteit te
                bereik.                                                                    (1)

       4.2.2    Wat is die inflasiekoersteiken wat deur die Suid-Afrikaanse
                Reserwebank daargestel word?                                               (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks die begrip terugkoopkoers (Repo-koers).                   (2)

       4.2.4    Verduidelik die rede waarom die regering prysstabiliteit as ŉ
                makro-ekonomiese doelwit navolg.                                           (2)

       4.2.5    Hoe handhaaf die Suid-Afrikaanse Reserwebank prysstabiliteit?              (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          KOM ONS KEER TERUG NA DIE NOP: aanmoediging van aktiewe
                     landsburgers om hulself te ontwikkel

        Die gesig van mense in oranje oorpakke wat, meestal alleen, besems en
        vullissakke ronddra en weerskante van paaie vee en onkruid bestry, is ’n
        algemene gesig regoor die land. Dit is die geval sedert 2003 toe die
        Departement van Openbare Werke sy Uitgebreide Openbare Werke
        Program (UOWP) geloods het.

        Die regering het die NOP aan die begin van die afgelope dekade aanvaar,
        ten einde armoede te verlig en ongelykheid te verminder.

        Teen 2030 beoog die NOP ’n daling, vanaf 39% tot 0%, in die aantal mense
        wat in ’n huishouding bly met ’n maandelikse inkomste minder as R419 per
        persoon.
                                                             [Bron: Aangepas uit National]

        4.3.1        Watter soort werkers word dikwels deur die Uitgebreide
                     Openbare Werke Program in diens geneem?                                 (1)

        4.3.2        Hoe word die NOP gefinansier?                                           (1)

        4.3.3        Beskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.                    (2)

        4.3.4        Verduidelik hoe die ontwikkeling van menslike hulpbronne as ’n
                     benadering om armoede te verlig, gebruik kan word.                      (2)

        4.3.5        Hoe kan die NOP die indiensnamekoers in Suid-Afrika verhoog?
                                                                            (2 x 2)          (4)

 4.4    Bespreek kortliks armoede en handel as uitdagings van globalisasie.                  (8)

 4.5    Waarom moet ontwikkelende lande oorlewing van arbeidsintensiewe
        nywerhede in die globale ekonomie verseker?                                           (8)
                                                                                             [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                              EKONOMIE V1                             13

 AFDELING C
 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                          PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                        TOEKENNING
 Inleiding
  ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
    vraag gebruik word, te definieer.
  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.        Maks. 2
  Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
    bespreek.
 Inhoud:
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In-diepte bespreking /
 Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /             Maks. 26
 Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer
 Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
 Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik /             Maks. 10
 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe
 grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei /
 Interpreteer / Debatteer kortliks
 Slot
  Die slot is ŉ samevatting van die bespreking van die onderwerp
    en behoort as ’n hoërorde-antwoord beskou te word.
  Die slot kan die vorm aanneem van ’n eie mening, voorbeelde om
    jou bespreking te ondersteun of ŉ teenstrydige sienswyse van
    wat bespreek is.                                                        Maks. 2
  Geen aspek van die inleiding of die slot mag in die inhoud
    ingesluit word nie.
 TOTAAL                                                                       40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                            40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek, in detail, die markte in ŉ vier-sektor model.
                                                                                      (26)

    Evalueer die bydrae/rol van besighede in die groei van die ekonomie.
                                                                                      (10)

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                            40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek sosiale aanwysers in detail.                                            (26)

    Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die bevordering van
     ekonomiese ontwikkeling deur die gebruik van hierdie sosiale aanwysers?
                                                                                      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING C:           40
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
