# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                       SENIORSERTIFIAAT

                                  GRAAD 11

                       NOVEMBER 2023

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1     C     huur

       1.1.2     A     huishoudings

       1.1.3     D     burokrasie

       1.1.4     C     Waardevermindering/depresiasie

       1.1.5     B     bruto binnelandse produk

       1.1.6     B     Lorenz-kromme

       1.1.7     A     progressief

       1.1.8     D     Nasionale Ontwikkelingsplan                     (8 x 2)    (16)

1.2    PAS-ITEMS

       1.2.1     C     – fasiliteite, aktiwiteite en dienste wat die bedryf en
                          ontwikkeling van ander sektore ondersteun

       1.2.2     G     – ŉ statistiek wat gebruik word om lande te rangskik in
                          terme van lewensverwagting, onderwys en
                          lewenstandaard

       1.2.3     F     – hulself oor ŉ lang tydperk vervang

       1.2.4     A     – bates wat oor ŉ lang tyd in die produksieproses
                          gebruik word

       1.2.5     H     – byvoegings van geld in die sirkelvloei

       1.2.6     B     – meet die mate van inkomste-ongelykheid              en
                          welvaartverspreiding tussen huishoudings

       1.2.7     D     – die beste moontlike uitkoms binne ŉ gegewe stel
                          omstandighede

       1.2.8     E     – bruto nasionale produk gedeel deur bevolking
                                                                         (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V1                                3

1.3     GEE EEN TERM

        1.3.1        Intermediêre goedere 

        1.3.2        Natuurlike hulpbronne 

        1.3.3        Kapitaalverdieping 

        1.3.4        Grondrestitusie 

        1.3.5        Kontantreserwes 

        1.3.6        Ekonomies aktiewe bevolking                   (6 x 1)      (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                  EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van           die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van duursame goedere.
                • voertuie 
                • boeke 
                • huishoudelike goedere / huishoudelike toestelle / verbruiker
                   elektronika 
                • meubels 
                • gereedskap                                    (Enige 2 x 1)             (2)

        2.1.2    Hoekom is dit belangrik vir die regering om
                 gemarginaliseerde mense in die ekonomie te bemagtig?
                 Bemagtiging van die gemarginaliseerdes kan die ekonomie ŉ
                 hupstoot gee, wat tot vinniger ekonomiese groei lei. 
                                                                    (Enige 1 x 2)          (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer die klassifikasie van bruto kapitaalvorming in
                 die tabel hierbo.
                 Bruto kapitaalvorming volgens soort/tipe bate                            (1)

        2.2.2    Noem EEN hoof nasionale rekeningaggregaat.
                 • Bruto toegevoegde waarde/bruto binnelandse produk/
                   BTW/BBP 
                 • Bruto nasionale besteding (BNB) 
                 • Bruto nasionale inkomste (BNI)             (Enige 1 x 1)               (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die term bruto kapitaalvorming.
                 Bruto kapitaalvorming vind plaas wanneer kapitaalvoorraad
                 soos masjinerie, geboue en voorraad toeneem.  /
                 Bruto kapitaalvorming vind plaas wanneer maatskappye
                 kapitaalgoedere wat verouderd raak, stukkend raak of die einde
                 van hul leeftyd bereik het, met nuwe kapitaalgoedere
                 vervang. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)           (2)

        2.2.4    Verduidelik die belangrikheid van nasionale rekening-
                 aggregate (groottotale) in ŉ ekonomie.
                 Hulle meet die prestasie van ŉ ekonomie deur inligting oor
                 ekonomiese groei, inflasie en ander ekonomiese aanwysers te
                 verskaf. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)   (1 x 2)              (2)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                          5

        2.2.5     Hoekom is kapitaalvorming belangrik vir die ekonomie?
                  • Kapitaalvorming lei daartoe dat meer geld in die ekonomie
                    sirkuleer. 
                  • Die akkumulasie van kapitaalgoedere lei tot belegging en
                    die produksie van meer goedere en dienste. 
                  • Dit verhoog die inkomste van die bevolking en stimuleer
                    vraag.                                     (Enige 2 x 2)          (4)

2.3     DATARESPONS

        2.3.1    Identifiseer ŉ vlak van regering uit die inligting hierbo.
                 • Sentrale regering                                                   (1)

        2.3.2    Noem die ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika tans gebruik.
                 • Gemengde ekonomiese stelsel                                         (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.
                 ŉ Ekonomiese stelsel is ŉ stel beginsels en tegnieke
                 waarvolgens ŉ samelewing besluit oor en die eienaarskap,
                 toekenning en gebruik van skaars ekonomiese hulpbronne
                 organiseer, en die produksie, verspreiding en verbruik van
                 goedere en dienste organiseer. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)  (1 x 2)            (2)

        2.3.4    Verduidelik eienaarskap as 'n kenmerk van ŉ sentraal
                 beplande ekonomie.
                 • Die regering besit en beheer die faktore van produksie. 
                 • Arbeid word egter nie besit nie, maar word deur die regering
                    gelei. 
                 • Die regering kan alle grond, arbeid en kapitaal beheer om
                    die ekonomiese doelwitte van die staat te dien. 
                 • Daar is geen private eiendom (grond en kapitaal) nie
                    aangesien dit alles deur die regering genasionaliseer,
                    onteien of gekonfiskeer is.                    (Enige 1 x 2)      (2)

        2.3.5    Hoe bevoordeel vryheid van keuse die huishoudings as
                 verbruikers van goedere en dienste?
                 • Verbruikers kan by verkopers koop wat goedere teen ŉ laer
                     prys aanbied, wanneer hulle vryheid van keuse het. 
                 • Verbruikers het dalk ŉ geleentheid om die kwaliteit en
                     hoeveelheid goedere te kies wat hulle verkies wanneer hulle
                     koop. 
                 • Vryheid van keuse stel verbruikers in staat om hul behoeftes
                     en begeertes volgens hul smaak en voorkeure te
                     bevredig. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                    (Enige 2 x 2)       (4)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2023)

2.4     Bespreek die kenmerke van ŉ markekonomie.
        • Die markkragte van vraag en aanbod bepaal wat, hoe en vir wie om te
          produseer. ✓✓
        • Prys dien as tekens/seine in die vrye mark om tekorte en surplusse te
          voorkom. ✓✓
        • Die individu kan op eie inisiatief optree en het vryheid van keuse ten
          opsigte van alle ekonomiese keuses. ✓✓
        • Die meeste van die produksiefaktore is in private besit en beheer. ✓✓
        • Besluitneming is gedesentraliseerd ✓✓
        • ŉ Markekonomie is aan voortdurende besigheidskommelinge
          onderhewig. ✓✓
        • Markekonomieë is aan markmislukkings onderhewig. ✓✓
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)          (Enige 4 x 2)      (8)

2.5     Ondersoek die aksies wat deur die regering geneem is om
        toeganklikheid van die ekonomies gemarginaliseerde groepe deur
        bemagtiging te verhoog.
        • Die Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie is geïmplementeer om die
           vlakke van armoede, werkloosheid en ongelykheid te verminder. 
        • Die Suid-Afrikaanse Skolewet, wat in 1994 geïmplementeer is, fokus
           op die transformasie van onderwys om toegang, kwaliteit, gelykheid
           en regstelling vir leerders te verbeter sonder enige diskriminasie van
           enige aard. 
        • Die Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid verskaf
           ŉ basis vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie om
           ongelykheid uit te roei, en om volle deelname van swartmense aan die
           ekonomiese hoofstroom aan te moedig. 
        • Die instelling van nuwe arbeidswetgewing het ŉ groot impak op
           werksgeleenthede in Suid-Afrika gehad, veral die Wet op
           Arbeidsverhoudinge, die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet
           op Gelyke Indiensneming en die Wet op Vaardigheids-
           ontwikkeling. 
        • Entrepreneurskap, toelaes, vaardigheidsontwikkeling deur opleiding
           en ander vorme van bystand om mense te motiveer om selfstandig te
           word, is geïmplementeer. 
        • Die Uitgebreide Openbare Werke-program, wat in Mei 2004 van stapel
           gestuur is, is die grootste werkskeppende inisiatief wat die regering
           onderneem het. 
        • Die Nasionale Jeugagentskap, wat in Junie 2009 van stapel gestuur
           is, het ten doel om mense tussen die ouderdomme van 16 en 25 wat
           hul opleiding wil voortsit te help, deur aan hulle deeltydse werk te
           verskaf. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (Enige 4 x 2)    (8)
                                                                                       [40]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                        7

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1     3.1.1    Noem enige TWEE bronne van rykdom.
                 • Spaargeld 
                 • Erfenis 
                 • Wins gegenereer deur ŉ besigheid te bestuur 
                 • Geluk 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                  (Enige 2 x 1)       (2)

        3.1.2    Hoe gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingryp wanneer
                 ŉ bank bankmislukking ervaar?
                 Die Reserwebank sal kuratorskap van die bank neem en kan
                 finansiering verskaf om hul verpligtinge na te kom. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)     (2)

3.2     DATARESPONS

        3.2.1    Identifiseer ŉ plan om ekonomiese ontwikkeling in Suid-
                 Afrika te verseker uit die inligting hierbo.
                 Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) 

        3.2.2    Noem ŉ kenmerk van ontwikkelende lande.
                 • Lae lewenstandaard 
                 • Lae vlakke van produktiwiteit 
                 • Hoë bevolkingsgroei en afhanklikheidslaste 
                 • Hoë vlakke van werkloosheid 
                 • Afhanklikheid van die primêre sektor 
                 • Gebrek aan infrastruktuur                       (Enige 1 x 1)     (1)

        3.2.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
                 • Ekonomiese ontwikkeling verwys na ŉ verbetering in die
                   lewenstandaard en welstand van die burgers van ŉ land. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (1 x 2)     (2)

        3.2.4    Verduidelik die belangrikheid van inheemse kennisstelsels in
                 die ekonomie.
                 • IKS word as die sleutel tot volhoubare maatskaplike en
                    ekonomiese ontwikkeling gesien. 
                 • Voorsien ŉ produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop
                    gemik is om gemeenskappe te help. 
                 • Bied probleemoplossingsplanne of -strategieë aan vir plaaslike
                    gemeenskappe, veral die armes. 
                 • Verteenwoordig      ŉ   belangrike    bydrae    tot   globale
                    ontwikkelingskennis. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                    (Enige 1 x 2)     (2)

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                               EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2023)

        3.2.5    Bespreek kortliks buitelandse valutarisiko’s en swak
                 kredietevaluering as redes vir bankmislukkings.
                 • Ekonomiese ontwikkeling word deur die lewenstandaarde
                    gemeet. 
                 • Lewenstandaard verhoog slegs wanneer inkomste geskep
                    word, wat ŉ direkte gevolg van ekonomiese groei is. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2)         (4)

3.3     DATARESPONS

        3.3.1    Identifiseer ŉ monetêrebeleidsinstrument uit die uittreksel
                 hierbo.
                 Rentekoerse                                                          (1)

        3.3.2    Noem enige funksie van die sentrale bank (SARB).
                 • Bank van uitreiking 
                 • Tree op as bankier vir die regering 
                 • Bewaarder van buitelandse reserwes 
                 • Tree op as bankiers se bank               (Enige 1 x 1)            (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die term prima uitleenkoers.
                 • Die prima uitleenkoers is die laagste koers waarteen ŉ bank
                   geld aan sy gunstelingkliënte sal leen. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2)          (2)

        3.3.4    Verduidelik die doel van die SARB se monetêre beleid.
                 • Die doel van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is om die
                    waarde van die geldeenheid te beskerm in belang van
                    gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die
                    Republiek / prysstabiliteit van die rand te bereik en te
                    handhaaf. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2)         (2)

        3.3.5    Hoe word die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief deur die
                 voortdurende styging in rentekoerse beïnvloed/geraak?
                 • Beide besighede en verbruikers sal op besteding
                   besnoei. 
                 • Dit sal verdienste laat daal en aandeelpryse laat daal. 
                 • Die koste om sake te doen styg vir openbare (en private)
                   maatskappye. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                     (Enige 2 x 2)     (4)

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                        9

3.4    Bespreek kortliks die redes vir bankmislukkings.
       • ŉ Swak ekonomiese omgewing maak dit moeilik vir banke om wins te
         maak. 
       • Swak en bedrieglike bestuur mag tot mislukking bydra. 
       • Die oorblootstelling aan mikrolenings en slegte skuld. 
       • Swak bestuur kan tot likiditeit lei. 
       • Swak kredietbeheer maatreëls wat in plek is 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (Enige 4 x 2)      (8)

3.5    Evalueer    die    Heropbou-     en    Ontwikkelingsprogram       as  ŉ
       ontwikkelingstrategie in Suid-Afrika.
       Positiewe aspekte:
       • Dit was ŉ arbeidsintensiewe program vir openbare werke 
       • Help met die vermindering van armoede deur meer werk te verskaf 
       • Dit was ŉ sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat as 'n goue draad in
          elke regeringsplan deurgeloop het 
       • Bygestaan met die ontwikkeling van menslike hulpbronne,  een van
          die mees belangrike hulpbronne wat die ekonomie vir ontwikkeling
          benodig 
       • Help met die toename in infrastruktuurontwikkeling 
       • Die implementering van grondhervorming bevorder 
       • Dit het gehelp met die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en
          primêre gesondheidsorg                                                          (Enige 2 x 2

       Negatief:
       • Werkloosheidsyfer het aanhou styg 
       • Armoede en dienslewering is nooit verbeter nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)       (Enige 2 x 2)
                                                                         (4 + 4)      (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1     4.1.1   Noem TWEE maniere waarop lewenstandaarde gemeet kan
                word.
                • Verbruik 
                • Inkomste                                  (2 x 1)                    (2)

        4.1.2   Waarom word invoere nie by binnelandse besteding ingesluit
                nie?
                • Dit is omdat hulle nie deel van binnelandse produksie vorm
                   nie. 
                • Die inkomste uit hul aankope word in ander lande bestee en
                   nie plaaslik nie. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)        (2)

4.2     DATARESPONS

        4.2.1   Identifiseer ŉ arbeidskategorie uit bogenoemde inligting.
                Geskoolde arbeid                                                       (1)

        4.2.2   Noem ŉ ekonomiese term wat verwys na hoogs geskoolde
                werkers wat ŉ land verlaat om beter werksgeleenthede in
                ander lande te soek.
                Breindrein                                                             (1)

        4.2.3   Beskryf kortliks die term arbeid.
                Arbeid is die gebruik van menslike geestelike en fisiese
                inspanning om goedere en dienste te produseer om 'n beloning in
                die vorm van inkomste te kry. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

        4.2.4   Verduidelik die verskil tussen nominale en reële lone.
                ŉ Nominale loon word nie vir inflasie aangepas nie, terwyl ŉ reële
                loon ŉ loon is wat vir inflasie aangepas is. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

        4.2.5   Hoe kan die kwaliteit van arbeid in Suid-Afrika verbeter
                word?
                • Verhoogde toegang tot gemeenskapskolleges en tegniese en
                  beroepsopleidingskolleges. 
                • Implementering van ŉ nasionale minimum loon. 
                • Om te verseker dat indiensnemings belasting aansporing
                  korrek werk en ŉ nasionale strategie teen korrupsie
                  daarstel. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                    (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                       11

4.3     DATARESPONS

        4.3.1    Identifiseer ŉ funksie van geld uit bogenoemde inligting.
                 Ruilmiddel                                                            (1)

        4.3.2    Noem die Suid-Afrikaanse geldeenheid.
                 Rand/ZAR                                                              (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die term mikro-lenings.
                 Mikro-lenings is die praktyk om klein lenings toe te staan aan
                 behoeftiges wat gewoonlik klein bedrae is. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (2)

        4.3.4    Verduidelik die rol van die Nasionale Kredietwet in die
                 ekonomie.
                 • Die Nasionale Kredietwet het ten doel om te verseker dat leners
                    nie buitensporige hoë rentekoerse gehef word nie. 
                 • Dit verseker ook dat lenings slegs toegestaan word aan mense
                    wat in staat is om die skuld te delg.
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                      (Enige 1 x 2)     (2)

        4.3.5    Hoe kan die regering die waarde van geld in ŉ land
                 stabiliseer?
                 Die regering stabiliseer die waarde van geld deur:
                 • Stabilisering van die algemene prysvlak 
                 • Hou inflasie op ŉ minimum vlak 
                 • Die gebruik van monetêre beleid as ŉ instrument om inflasie te
                    beheer bv. rentekoerse 
                 • Verhoging van die rentekoers as inflasie bo die Reserwebank
                    se boonste perk styg,  om besteding te beperk en vraag te
                    verminder, wat weer die waarde van geld stabiliseer 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                      (Enige 2 x 2)     (4)

4.4     Onderskei tussen werklike en geldvloei.
        Werklike vloei:
        • Produksiefaktore vloei vanaf die huishoudings na produsente via die
          faktormarkte. 
        • Goedere en dienste vloei vanaf die produsente via die goederemarkte
          na huishoudings en ander gebruikers van goedere en dienste. 
        • Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van die buiteland na
          Suid-Afrika (invoere). 
        • Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van Suid-Afrika na die
          buiteland (uitvoere).                                 (Enige 2 x 2)

        Geldvloei
        • Faktorvergoeding verteenwoordig die uitgawes van produsente en die
          inkomste van huishoudings (lone, huur, rente en wins). 
        • Aan die ander kant verteenwoordig verbruiksbesteding die besteding
          van huishoudings en die inkomste van produsente.         (2 x 2)
                                                                      (4 + 4)           (8)
 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                               EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

4.5     Verduidelik die verband tussen bankmislukking en ekonomiese
        aktiwiteite.
        • Die banke is baie belangrike instellings in enige gegewe ekonomie
           as gevolg van hul rol om die ekonomie te finansier. 
        • Bankmislukkings belemmer die geldvoorraad in die ekonomie. 
        • Wanneer banke misluk, verloor maatskappye die befondsing en word
           gedwing om hul bedrywighede te besnoei. 
        • Dit lei daartoe dat werkloosheidsyfers styg as gevolg van afleggings,
           lae winste en vermindering in produksie deur hierdie firmas. 
        • As ŉ bank nie die deposito’s ten volle verseker het nie, sal die leners
           waarskynlik verliese ly en ŉ vermindering van hul rykdom hê. 
        • Dit word in die reële ekonomie deur verminderde vraag na goedere
           en dienste oorgedra. 
        • Tydens likwidasie van banke word die bates verkoop om die
           deposante terug te betaal. 
        • Dit kan baie lank neem en lei tot die verlies aan waarde vir geld. 
        • Wanneer een bank misluk, veroorsaak dit dat ander banke ŉ
           inkrimping van geldvoorraad het. 
        • Die ander banke kan dalk meer pessimisties oor die ekonomie raak
           en hul lenings in die ekonomie probeer verminder. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (Enige 4 x 2)      (8)
                                                                                      [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:              80

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                         13

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

• Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.
                                                                 (26 punte)
• Ondersoek die verband tussen die verskillende sektore in die ekonomie.
                                                                 (10 punte)

INLEIDING

Die tersiêre sektor is ŉ ekonomiese sektor wat betrokke is met die voorsiening van
dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                            (2)
                                                                        (Maks. 26)        (26)

HOOFDEEL
Dra by tot BBP 
• Die tersiêre sektor se bydrae tot BBP word op 62 persent in Suid Afrika
   geskat. 
• In die huidige tegnologiese omgewing, word dit voorspel dat groei in die tersiêre
   sektor ŉ groter rol in BBP se bydrae in die toekoms sal speel. 
• Die werklike bydrae van die tersiêre sektor tot BBP mag onderskat word. 
• Baie noodsaaklike dienste word nie ingesluit nie, soos dienste van
   tuisteskeppers, asook dienste wat deur besighede vir hulself verskaf word in die
   primêre en sekondêre sektore bv. rekenaardienste, boekhou en opleiding. 

Bydrae tot werkskepping
• Suid-Afrika verdien buitelandse inkomste deur die uitvoer van primêre sektor
  produkte soos vrugte, neute, graan en verskeie minerale.
• Die buitelandse valuta wat verdien was, word gebruik om vir noodsaaklike
  invoere soos olie te betaal.
• Suid-Afrika is een van die grootste en mees diverse mineraalprodusente en voer
  ŉ verskeidenheid minerale uit.

Bydrae tot uitvoere
• Die tersiêre sektor voer ŉ aansienlike aantal dienste na lande buite Suid Afrika
  uit.
• Dit is gewoonlik in die vorm van vrag, versekering, vervoer, reis, tantieme,
  lisensiefooie en dienste soos kommunikasie

Bydrae tot ekonomiese groei
• Die groei in die tersiêre sektor is veel groter as dié van die primêre sektor en die
  van die sekondêre sektor.
• Die tersiêre sektor is die dryfkrag, wat impetus aan die ander sektore gee.

Bron van inkomste vir die staat
• Besighede moet belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) betaal.
• Hierdie geld word gebruik om om basiese dienste soos infrastruktuur (paaie,
   behuising, publieke vervoer ens.) en welsynsdienste aan Suid Afrikaners te
   verskaf.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    14                             EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

Skep markte vir verbruikersprodukte
• Vir produkte om te verkoop, moet verbruikers weet wat beskikbaar is.
• Hierdie sektor sê vir verbruikers watter produkte beskikbaar is, byvoorbeeld
  advertering.
  (Maksimum van 8 punte vir en voorbeelde)

ADDISIONELE DEEL
• Die primêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor vir vervaardigde
   produkte soos masjinerie en toerusting. 
• Die sekondêre sektor is afhanklik van die primêre sektor vir die grondstowwe
   en produkte wat dit dan prosesseer na produkte wat meer bruikbaar is. 
• Beide die primêre en sekondêre sektore is afhanklik van die tersiêre sektor vir
   die voorsiening van dienste. 
• Die primêre en sekondêre sektore is ook afhanklik van die tersiêre sektor vir
   die voorsiening van produkte om weer te verkoop, soos handelaars in vars
   produkte. 
• Die tersiêre sektor is ook afhanklik van die vervaardigde goedere  soos
   kantoor-toerusting, kantoor meubelment en skryfbehoeftes. 
• In die sekondêre sektor, maak vervaardigers komponente wat ander
   vervaardigers in hul finale produkte gebruik. 
• Besighede in ŉ sektor is ook afhanklik van ander besighede in dieselfde
   sektor. 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (Maks.) 10)
                                                                                  (10)

GEVOLGTREKKING

•        Die tersiêre sektor is vinnig besig om te verander met die toenemende
         gebruik van tegnologie in die dienstesektor.

      (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.)   (Maks. 2)     (2)
                                                                                       [40]

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                        15

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

• Bespreek in detail die verskillende metodes wat gebruik word om
  inkomste en rykdom te herverdeel.                             (26 punte)
• Evalueer Suid-Afrika se ekonomiese groeiprestasie.            (10 punte)

INLEIDING

Herverdeling is ŉ proses van hertoewysing van inkomste; rykdom en hulpbronne
gelyk onder die burgers om sosiale en ekonomiese ongelykhede te
verminder. 
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                      (Maks. 2)          (2)

HOOFDEEL

Belasting 
• Die regering kan begin om herverdeling te verseker deur belasting te
   gebruik. 
• Progressiewe belastingstelsel sal gebruik word aangesien dit bepaal dat die
   hoër inkomste meer belasting betaal. 
• Die inkomste wat uit belasting ingesamel word, word gebruik om die arm
   burgers in die land by te staan. 

Maatskaplike toelaes (kontantvoordele) 
• Kontanttoelaes word deur die regering aan ontvangers betaal sonder dat
  enige diens gelewer word. 
• Hulle help die armes om die basiese lewenskoste in die land die hoof te
  bied. 
• Die belangrikste kontanttoelaes in Suid-Afrika is ouer-persone-toelaes;
  kinderondersteuningstoelaes; ongeskiktheidstoelaes; ens. 
• Suid-Afrika is die grootste welsynstaat ter wêreld en bestee die grootste deel
  van sy BBP aan maatskaplike toelaes en maatskaplike bystand. 

Betalings in natura 
• Dit is noodsaaklike dienste wat die regering verseker dat dit gratis aan
   behoeftiges verskaf word. 
• Hulle     bestaan    uit   primêre    gesondheidsorg;  basiese  onderwys;
   voedingskemas; beskerming en infrastruktuur. 
• Alhoewel dit nie bydra tot die ophoping van bates om langtermyn-welvaart te
   genereer nie, bevredig dit basiese behoeftes. 

Onderwys 
• Verbeterde onderwysstelsel verhoog onderwysvlakke in lae-inkomste gesinne
  in ŉ land. 
• Dit verbeter die mense se vooruitsigte in die arbeidsmark. 
• Onderwys maak werkers duidelik meer mededingend in ŉ moeilike
  arbeidsmark. 
• Die aanbod van hoogs geskoolde arbeid moet toeneem as werkloosheid en
  armoede verminder wil word. 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               EKONOMIE V1                           (EC/NOVEMBER 2023)

Arbeidspraktyk 
• Uitwissing     van   die   arbeidsongelykhede     verbeter die       algemene
   werksomstandighede vir alle Suid-Afrikaners. 
• Die implementering van ŉ minimum loon en werkloosheidsversekering help
   om relatiewe armoede te verminder vir mense wat baie lae lone verdien. 
• Strategieë om die jeug te help om hul eerste werk te kry, sluit in ŉ
   loonsubsidie, ŉ soeksubsidie en verminderde regulasies vir eerste poste. 

Makro-ekonomiese beleid 
• Voordele van sterk makro-ekonomiese prestasie en ekonomiese groei is dat
  belastinginkomste gegenereer word om maatskaplike uitgawes te
  finansier.
• Makro-ekonomiese beleide soos GEAR en AsgiSA beïnvloed die verspreiding
  van inkomste en rykdom op verskeie maniere. 
• Streeksontwikkelingsbeleide verminder geografiese ongelykhede van
  inkomste en rykdom. 

Herverdelingmetodes 
• Suid-Afrika se transformasie sedert 1994 het strategieë beklemtoon om
   ongelykhede en lewensomstandighede vir alle Suid-Afrikaners uit te
   skakel. 
• Intervensies wat ŉ vinniger herverdeling van inkomste, rykdom en
   geleenthede aan voorheen benadeeldes sal verseker. 
• Dit sluit in Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), regstellende aksie,
   grondherverdeling en eiendomsubsidies. 
                                                                      (Maks. 26) (26)

ADDISIONELE DEEL

•    Swak strukturele groei en COVID-19-pandemie het sosio-ekonomiese
     uitdagings vererger. 
•    Suid-Afrika het van sy pre-pandemie BBP herstel, maar nie sy
     indiensnemingvlak nie. 
•    Hoë werkloosheidsvlakke was duidelik sigbaar gedurende hierdie tydperk. 
•    Aan die einde van 2022 was daar nog byna ŉ halfmiljoen minder
     werksgeleenthede as aan die einde van 2019 met vroue en jeugdiges wat
     aanhoudend meer geraak is. 
•    Private verbruik en beleggings sal die hoofdryfvere van groei. 
•    Die werksgroei, die lewenskoste, verhoogde rentekoerse en die afname in
     koopkrag het ŉ groot impak op ekonomiese groei gehad. 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (Maks. 10)    (10)

GEVOLGTREKKING

Die regering speel ŉ belangrike rol in die herverdeling van inkomste sodat
voorheen benadeelde groepe voordeel trek en deelneem aan ekonomiese
aktiwiteite om groei en ontwikkeling in die ekonomie te verseker.
                                                                 (Maks. 2)            (2)
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:           40
                                                             GROOTTOTAAL:            150
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr
- [Economics Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-march-2023-qp-and-memo/7bf14762-8297-40aa-ba3f-fa755749132a) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
