# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/971f3951-a0b6-4ac5-a3e6-543b20f38ef9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/971f3951-a0b6-4ac5-a3e6-543b20f38ef9)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2022

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    A     finale goedere en dienste 

       1.1.2    D     regering 

       1.1.3    B     elektrisiteit 

       1.1.4    A     per kapita inkomste 

       1.1.5    C     het slegs waarde omdat dit algemeen as ŉ ruilmiddel
                      aanvaar word 

       1.1.6    C     monetêre beleid van die SARB 

       1.1.7    B     Nasionale paaie 

       1.1.8    A     ontwikkelde                                      (8 x 2)    (16)

 1.2   PAS-ITEMS

       1.2.1    D     die huidige prys waarteen ŉ item of diens gekoop of
                      verkoop mag word 

       1.2.2    F     onderwys, gesondheid en welsyn 

       1.2.3    A     dienste soos vervoer en kommunikasie 

       1.2.4    G     dienste soos regs-, mediese en finansiële dienste 

       1.2.5    H     ekonomiese aggregate 

       1.2.6    I     beweeg agteruit na ŉ minder ontwikkelde land 

       1.2.7    E     ’n beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van
                      landbougrond van swartmense in die ekonomie te
                      verhoog 

       1.2.8    B     die grootste bedreiging vir werkers se gesondheid in
                      Suid-Afrika                                        (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     EKONOMIE V1                                 3

 1.3    GEE EEN TERM

        1.3.1        Salaris 

        1.3.2        Nie-duursaam 

        1.3.3        Kapitaalverdieping 

        1.3.4        Inheemse kennis 

        1.3.5        Rentekoers 

        1.3.6        Bruto Binnelandse Produk teen markpryse        (6 x 1)    (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:      30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V1                                     (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van           die   drie    vrae   in     hierdie   afdeling   in     die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1   Noem enige TWEE groepe gemarginaliseerde mense in die
                ekonomie.

                 •    Arm landelike gemeenskappe 
                 •    Die gestremdes 
                 •    Vroue 
                 •    Die bejaardes 
                 •    Vlugtelinge 
                 •    Skoolverlaterende jeug                            (Enige 2 x 1)         (2)

        2.1.2   Waarom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit
                wanneer die waarde van BBP bereken word?

                 •  Hulle word uitgesluit aangesien die tel daarvan tot
                    dubbeltelling sal lei. 
                 • Om akkuraatheid van die syfers te verseker. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                  (Enige 1 x 2)                (2)

 2.2    DATARESPONS

        2.2.1   Noem enige ander deelnemer in ŉ oop ekonomie.

                •     Regering 
                •     Buitelandse sektor                                (Enige 1 x 1)         (1)

        2.2.2   Dui die vloei aan wat               deur     goedere     en     dienste
                verteenwoordig word.

                •    Reële/Werklike vloei                                                     (1)

        2.2.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop.

                •    ŉ Deurlopende vloei van besteding, produksie en inkomste
                     tussen verskillende ekonomiese deelnemers. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        EKONOMIE V1                                         5

        2.2.4    Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en firmas.

                 •       Huishoudings verkoop hul produksiefaktore aan die firmas en
                         kry ŉ inkomste in ruil daarvoor 
                 •       Firmas produseer goedere en dienste wat hulle aan
                         huishoudings verkoop en in ruil daarvoor verdien hulle ŉ
                         wins. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                          (Enige 1 x 2)     (2)

        2.2.5    Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra?

                 Die sakesektor kan meer positief bydra deur:
                 • meer te belê in arbeidsintensiewe projekte met die
                     fokus op die vaardigheidsontwikkeling van werkers 
                 • herbelegging van hul winste in bruto
                     kapitaalvormingsprogramme 
                 • om hul besigheidsbedrywighede te diversifiseer
                     deur ŉ gedifferensieerde produk in te bring 
                 • ondersteuning van Suid-Afrikaanse besighede in terme van
                     die verkryging van grondstowwe en die verhoging van die
                     markaandeel vir Suid-Afrikaanse vervaardigde goedere en
                     dienste plaaslik en in die buiteland. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                               (Enige 2 x 2)                (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    Noem ŉ voorbeeld van ŉ nie-hernubare hulpbron.

                     •    Goud 
                     •    Diamante 
                     •    Fossielbrandstof 
                         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                                  (Enige 1 x 1)             (1)

        2.3.2    Wat is die belangrikheid van natuurlike hulpbronne vir die
                 ekonomie?

                 •       Hulle vorm die basis van produksie in die primêre sektor/dit
                         dien as ŉ bron van voedsel 
                         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
                                                                          (Enige 1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

        2.3.3   Beskryf kortliks die term natuurlike hulpbron.

                •     Alle middele wat deur die natuur beskikbaar gestel word om
                      as insette in die produksieproses gebruik te word. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (2)

        2.3.4   Verduidelik die verband tussen skaarste aan grond en huur.

                •     As grond skaars is, sal die huur hoog wees en as grond
                      redelik beskikbaar is, sal die huur laer wees. 
                     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                (2)

        2.3.5   Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en wys wat
                met die prys van grond (huur) sal gebeur as daar ŉ toename
                in die vraag na grond is.

                •    1 punt vir asse
                •    1 punt vir A
                •    1 punt vir verskuiwing van VV to V1V1
                •    2 punte vir Ekonomiese huur

                •    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)        Maks.    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  EKONOMIE V1                                         7

 2.4 Bespreek die kenmerke van ŉ markekonomie.

       •   Die markkragte van vraag en aanbod bepaal wat, hoe en vir wie om te
           produseer. 
       •   Pryse dien as seine/aanduidings in die vrye mark om tekorte en
           surplusse te voorkom 
       •   Die individu kan op eie inisiatief optree en het vryheid van keuse met
           betrekking tot alle ekonomiese keuses. 
       •   Die meeste van die produksiefaktore is in private besit en beheer.
       •   Besluitneming is gedesentraliseerd 
       •   ŉ Markekonomie is onderhewig aan voortdurende besigheids-
           skommelinge 
       •   Markekonomieë is onderhewig aan markmislukkings. 
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (8)

 2.5 Hoe verseker Swart Ekonomiese Bemagtiging gemeenskaps-
     deelname in Suid-Afrika?

       SEB verseker gemeenskapsdeelname in Suid-Afrika deur:
       • poog om rykdom so wyd as moontlik deur gemeenskappe te versprei
         deur ekonomiese bemagtiging van voorheen benadeelde groepe. 
       • die verskaffing van toegang vir klein- en medium-ondernemings tot
         die markte. 
       • om swart eienaars van ondernemings en openbare ondernemings,
         asook groot ondernemings, te betrek sodat hulle by alle
         besluitneming ingesluit word. 
       • ondersteuning van swart besighede sodat swartmense ŉ groter rol in
         die ekonomie kan speel. 
       • toegang tot die aandelebeurs vir swart eienaars toe te laat. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
         (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite en
         voorbeelde.)
                                                                                      (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1   3.1.1   Noem enige TWEE komponente van die monetêre stelsel in
               Suid-Afrika.

               •     Nasionale tesourie 
               •     Suid-Afrikaanse Reserwebank 
               •     Finansiële instellings                       (Enige 2 x 1)        (2)

       3.1.2   Hoe verskil rykdom van inkomste?

               • Rykdom bestaan uit eiendom, voertuie en toerusting wat op
                 ŉ spesifieke tydstip besit word. 
               • Inkomste is die beloning wat eienaars van produksiefaktore
                 ontvang vir die gebruik daarvan in die produksieproses. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                  (Enige 1 x 2)         (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1   Noem die indeks wat die persentasie van die bevolking beskryf
               wat onder die armoedegrensinkomste leef.

               Koptelling-indeks                                                      (1)

       3.2.2   Dui aan wat ŉ Gini-koëffisiënt van een beteken.

               Volmaakte inkomste-ongelykheid / mees onregverdige
               verdeling                                                              (1)

       3.2.3   Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt.

               Die Gini-koëffisiënt is ŉ maatstaf vir die verspreiding van inkomste
               oor ŉ bevolking / ŉ Statistiese maatstaf wat gebruik word om die
               ongelykheid van inkomsteverdeling uit te druk. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

       3.2.4   Verduidelik die verband tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
               koëffisiënt.

               • Hoe verder die Lorenz-kromme weg is van die lyn van
                 gelykheid, hoe hoër sal die Gini-koëffisiënt wees 
               • Hoe nader die Lorenz-kromme aan die gelykheidslyn is,
                 hoe laer sal die Gini-koëffisiënt wees. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     EKONOMIE V1                                        9

       3.2.5    Hoe kan die regering ongelykheid in inkomsteverspreiding
                verminder?

                Die regering kan ongelykheid van inkomsteverdeling verminder deur:
                • Verhoog die minimum loon tot ŉ lewende loon
                • Belegging in onderwys 
                • Gebruik ŉ progressiewe belasting- en voordelestelsel wat
                     proporsioneel meer belasting neem van diegene op hoër vlakke
                     van inkomste, en herverdeel welsynsvoordele aan diegene met
                     laer inkomste. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (4)

 3.3 DATARESPONS

       3.3.1    Noem enige funksie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

                •     Regering se bankier 
                •     Bank van uitreiking 
                •     Bankier se bank 
                •     Bewaarder van goud en buitelandse valutareserwes 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x
                      1)                                                                (1)

       3.3.2    Noem die inflasie-teikengebied in Suid-Afrika.

                •    3–6% 

                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (1)

       3.3.3    Beskryf kortliks die term terugkoop (repo)koers.

                • Repokoers is die koers waarteen die sentrale bank van ŉ land
                     geld aan kommersiële banke leen in die geval van enige tekort
                     aan fondse. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2)

       3.3.4    Verduidelik die rol van die SARB wanneer bankmislukking
                plaasvind.

                • SARB gryp in om ŉ verlies aan vertroue in die banksektor
                  te voorkom.
                • Die SARB waarborg dat deposante nie die geld wat hulle in ŉ
                  geregistreerde bank inbetaal het, sal verloor nie. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

      3.3.5   Hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot ŉ hoër ekonomiese
              groeikoers bydra?

              Dit kan bydra deur:
              • handhawing van lae en stabiele inflasie 
              • stimulering van totale vraag met lae rentekoerse 
              • verlaging van rentekoerse, wat die koste van lenings verlaag,  lei
                 tot hoër beleggingsaktiwiteit en die aankoop van duursame
                 verbruikersgoedere 
                 (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2)         (4)

3.4 Bespreek kortliks ruilmiddel en rekeneenheid as funksies van geld.

      Ruilmiddel
      • Die primêre funksie van geld is aanvaarding as betaling vir goedere en
          dienste 
      • Goedere word vir geld geruil wat omruiling baie makliker maak 
      • Voordat mense geld as ruilmiddel gebruik het, moes hulle ruilhandel
          doen. 
      • Geld oorkom die tekortkominge van ruilhandel. 
      • Geld olie die meganisme van ruil en veroorsaak dat die ekonomie meer
          produktief is.                                          (Enige 2 x 2)

      Geld as ŉ rekeneenheid
      • Geld word gebruik om die relatiewe waarde/waarde van ŉ goedere en
         dienste te meet.
      • Dit word gebruik as die standaard eenheidseenheid om die pryse van alle
         items aan te dui 
      • As ŉ eenheid van bedrag/maat, stel geld mense in staat om onmiddellik
         die waarde van produkte te ken 
      • Dit maak dit maklik om die waarde van goed volgens hul pryse te vergelyk
         en ekonomiese berekeninge te doen. 
      • Ons gebruik geld om die relatiewe waarde van die produksiefaktore,
         goedere en dienste te meet.                            (Enige 2 x 2)           (8)

3.5 Ontleed die voordele van mikro-finansiering in die ekonomie.

      •   Toegang tot noodsaaklike finansiële dienste bemagtig individue ekonomies
          en sosiaal 
      •   Dit skep selfstandigheid en ekonomiese volhoubaarheid in arm
          gemeenskappe waar werksgeleenthede met salarisse skaars is. 
      •   Klein lenings stel entrepreneurs in staat om mikro, klein en medium
          ondernemings te begin of uit te brei. 
      •   Entrepreneurs wat suksesvolle besighede skep, skep op hul beurt werk,
          handel en algehele ekonomiese verbetering binne ŉ gemeenskap. 
      •   Vir sake-eienaars is mikrolenings ŉ manier om toegang tot fondse te kry,
          selfs met geen kredietgeskiedenis of ŉ swak krediettelling nie. 
      •   Mikro-finansiering kan vroue help om die siklus van armoede te breek. 
          (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                    (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   EKONOMIE V1                                       11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1    4.1.1    Noem enige TWEE bronne van rykdom.

                 •   Spaargeld 
                 •   Erfenis 
                 •   Entrepreneuriese aktiwiteite 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 2 x 1)     (2)

        4.1.2    Hoe sal ŉ verhoging in rentekoerse verbruikersbesteding
                 beïnvloed?

                 ŉ Verhoging in rentekoerse sal tot gevolg hê:
                 • die handelsbanke verhoog ook die prima uitleenkoers 
                 • ŉ hoë primakoers wat mense ontmoedig om meer te
                    leen. 
                 • dalende hoeveelheid geld wat beskikbaar vir besteding is. 
                 • besteding aan goedere en dienste neem ook af . 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige1 x 2)      (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1    Noem ŉ voorbeeld van kapitaalgoedere.

                 •   Masjiene 
                 •   Toerusting 
                 •   Gereedskap 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 1)     (1)

        4.2.2    Dui die vergoeding vir kapitaal aan.

                 Deur rente                                                         (1)

        4.2.3    Beskryf kortliks die term kapitaalvorming.

                 •    Kapitaalvorming verwys na ŉ proses waardeur kapitaal-
                      goedere geproduseer of aangekoop word. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2)      (2)

        4.2.4    Skets die belangrikheid van spaargeld wat belangrik vir die
                 skepping van kapitaalgoedere is.

                 • Die fondse wat benodig word vir die produksie of aankoop
                    van kapitaalgoedere word uit spaargeld verkry. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

       4.2.5    Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse
                ekonomie?

                •     Kapitaalgoedere verhoog die doeltreffendheid van arbeid en
                      verhoog al die ekonomiese aktiwiteite 
                •     Verhoog die land se vermoë om rykdom te produseer 
                •     Wanneer die voorraad vaste kapitaal in ŉ land groei teen ŉ
                      tempo wat groter is as die groeikoers van die arbeidsmag, sal dit
                      tot ŉ toename in reële BBP lei. 
                •     Skep werk/werksgeleenthede 
                •     Toon hoeveel van die nuwe waardetoevoeging in die ekonomie
                      eerder belê as verbruik word 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)      (4)

 4.3   DATARESPONS

       4.3.1    Identifiseer die tydperk waarin groei in reële BBP die laagste is.

                2de kwartaal van 2020/2020 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (1)

       4.3.2    Noem ŉ ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese
                groei te meet.

                •    Reële BBP                                                            (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.

                • Dit is ŉ toename in die produksievermoë van ŉ land. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (1 x 2)    (2)

       4.3.4    Verduidelik faktore wat tot verhoogde ekonomiese groei kan lei.

                •     ŉ Toename in kapitaalinvestering 
                •     Verhoogde arbeidsproduktiwiteit 
                •     Verbetering in tegnologie 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)      (2)

       4.3.5    Waarom ervaar Suid-Afrika lae ekonomiese groeikoersvlakke?

                Suid-Afrika ervaar lae ekonomiese groeivlakke as gevolg van:
                • die oorwaardering en wisselvalligheid van Suid-Afrika se
                   geldeenheid 
                • ŉ onvoldoende nasionale infrastruktuur 
                • tekort aan geskoolde arbeid 
                • hindernisse tot toetrede, beperkinge op mededinging en beperkte
                   nuwe beleggingsgeleenthede 
                • tekortkominge in staatsorganisasie, kapasiteit en leierskap 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   EKONOMIE V1                                         13

 4.4 Bespreek kredietkaarte en elektroniese fondsoorplasings as maniere
     om betalings te maak.

       Kredietkaarte
       • ŉ Kredietkaart stel die kaarthouer in staat om produkte op krediet te
          koop. 
       • ŉ Mens het nie geld in sy/haar rekening nodig om met ŉ kredietkaart te
          betaal nie.
       • ŉ Kredietkaart het ŉ vaste kredietlimiet 
       • Elke maand moet die kaarthouer ŉ sekere bedrag deponeer om die
          skuld te delg.
       • Voorbeelde sluit in bankkredietkaarte soos Visa- en Master-kaarte,
          handelaars kredietkaarte soos Makro of Woolworths.  (Enige 2 x 2)

       Elektroniese fondsoorplasings
       • Een van die nuutste vorme van betaling. 
       • Geld word elektronies van een rekening na ŉ ander oorgeplaas deur
          die internet te gebruik. 
       • Hierdie betalings staan ook as EFT-betalings bekend. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (Enige 2 x 2)         (8)

 4.5 Evalueer die Suid-Afrikaanse regering se doeltreffendheid in die
     lewering van sosio-ekonomiese dienste.

       POSITIEWE
       • Voorsiening van gratis basiese onderwys en die maak van dit as ŉ
         prioriteit deur vroeë kinderontwikkeling om te verseker dat alle kinders
         toegang tot onderwys kry. 
       • Voorsiening van gratis gesondheidsorg deur sy openbare
         gesondheidsklinieke en hospitale wat toeganklik vir alle burgers is. 
       • Voorsiening van maatskaplike toelae-voordeel aan miljoene arm Suid-
         Afrikaners. 
       • Voorsiening van voedingsetes aan baie openbare skole in die land.
       • Baie huishoudings het elektrisiteit geïnstalleer en het toegang tot skoon
         water en sanitasie.
       • Huise was vir miljoene gesinne gebou. 
       • Die regering het aansienlike pogings aangewend om werk te skep deur
         sy Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP). 
       • Daar was pogings om landbou en voedselsekerheid in landelike
         gebiede te bevorder deur verskillende projekte deur die Departement
         van Landbou. 

       NEGATIEWE
       • Die aantal mense wat werkloos is, het die afgelope jare toegeneem 
       • Korrupsie het dienslewering in die land belemmer 
       • Die swak toestand van gesondheidsorgsentrums met groot tekorte. 
       • Toename in armoedevlakke namate meer mense hulself sonder werk
          bevind. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING C

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 •   Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor.
                                                                  (26 punte)
 •   Ontleed die negatiewe impak van die wêreldwye pandemie (Covid-19)
     op die ekonomiese struktuur in Suid-Afrika.                 (10 punte)

 INLEIDING

 • Die primêre sektor (primêre industrie) bestaan uit ekonomiese aktiwiteite wat
   gebaseer is op natuurlike hulpbronne wat van die aarde af kom, bv. mynbou,
   boerdery, bosbou en visvang. 
   (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                                     (2)

 HOOFGEDEELTE

Voorsien voedsel en minerale 
• Die landbousektor produseer ŉ wye reeks produkte. 
• Suid-Afrika is nie selfvoorsienend nie en daarom word sommige
   landbouprodukte ingevoer. 
• Mynbou was die dryfkrag agter die geskiedenis en ontwikkeling van die Suid-
   Afrika se ekonomie. 
•  Suid-Afrika is byna selfstandig in minerale behalwe vir ru-olie en ander
   olieprodukte wat ingevoer moet word. 

Verdien buitelandse valuta 
• Suid-Afrika verdien buitelandse inkomste deur primêre sektor produkte soos
    vrugte, neute, graan en verskeie minerale uit te voer. 
• Die buitelandse valuta wat verdien word, word gebruik om vir nodige invoere
    soos olie te betaal. 
•   Suid-Afrika is een van die grootste en mees diverse mineraalprodusente en
    voer ŉ verskeidenheid minerale uit. 

Lei werkers op en skep werksgeleenthede 
• Werkers moet opgelei word om die masjinerie te gebruik 
• Werksgeleenthede word in die mynbedryf geskep 
• Landbou is ŉ belangrike werkgewer vir landelike mense, hoewel die getalle
    die afgelope paar jaar afgeneem het 

Voorsiening van grondstowwe vir sekondêre nywerhede 
•   Landbou, visvang, bosbou en mynbou speel ŉ belangrike rol in die
    ontwikkeling en vestiging van vervaardigingsbedrywe in Suid-Afrika. 
• Inmaak fabrieke is voorbeelde van nywerhede wat gestig is om grondstowwe
   soos vrugte te verwerk. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   EKONOMIE V1                                         15

 Bydrae tot BBP 
 •   Ten spyte van die afname in die bydrae van die landbousektor tot die BBP,
     speel dit steeds ŉ belangrike rol in die verskaffing van werksgeleenthede 
 •   Die sektor lok steeds aansienlike buitelandse beleggings na die land. 

 Bron van kapitaalvorming 
 • Beide landbou- en mynboubedrywe benodig baie kapitaalgoedere in die
     produksieproses. 
 • Buitelandse investering speel ŉ baie belangrike rol in die groei van hierdie
     bedrywe. 
 • Kapitaalvorming in die landbousektor groei bestendig as gevolg van hoë
     kommoditeitspryse. 

 Stimulering van navorsing en ontwikkeling 
 • In die primêre sektor is daar navorsings instellings wat navorsing doen oor
     metodes om produktiwiteit en kwaliteit te bevorder 
 • Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) en die Wetenskaplike en
     Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is voorbeelde van sulke instellings. 
                                                                      (Maks.)          (26)

 ADDISIONELE DEEL

 •    Al drie sektore en hul werkers is negatief deur die pandemie geraak.
 •    Die sektore en werkers wat die meeste deur die COVID-19-pandemie geraak
      is, was die mynbou-/mineraalsektore, die konstruksiesektor, die
      vervoersektor en meeste van die dienstesektore soos kleinhandel en
      verblyf. 
 •    Verminderde ekonomiese aktiwiteite het tot verminderde vraag na arbeid en
      kapitaal gelei. 
 •    Dit het op sy beurt gelei tot verminderde inkomste vir alle deelnemers aan die
      ekonomie. 
 •    Huishoudings wat van ongeskoolde arbeidsinkomste afhanklik is, het die
      meeste gely omdat hierdie werkers die meeste ná die ineenstorting ingeperk
      was. 
 •    Mynbou en minerale is geraak deur die inperking sowel as die daling in die
      mineraalpryse op die wêreldmark. 
 •    Daar was ŉ afname in BBP-groei wat grootliks te wyte was aan die daling in
      ekonomiese aktiwiteit tesame met wydverspreide ontwrigtings in beide
      internasionale en binnelandse voorsieningskettings. 
 •    Laer BBP-groei en toenemende werkloosheid lei tot stygende werkloosheid-
      en armoedekoerse. 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (Maks.)   (10)

 SLOT

 Terwyl die land probeer om beheer oor die pandemie te kry, is dit belangrik vir die
 regering om kwesbare bevolkings (vroue) te beskerm, kwesbare sektore en
 eksterne handelsdiversifikasie te ondersteun. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.)
                                                                           (Maks.)      (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 6
 • Bespreek in detail die kenmerke van ontwikkelende lande. (26 punte)
 • Hoe beoog die Nasionale Ontwikkelingsplan om ekonomiese groei en
   ontwikkeling in Suid-Afrika te verhoog?                  (10 punte)
 INLEIDING
 Die drie belangrikste kenmerke van ontwikkelende lande is – Lae reële inkomste
 per capita. Hoë bevolkingsgroeikoers/grootte. Hoë werkloosheidsyfers.             (2)
 (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)
 HOOFGEDEELTE
 Lae lewenstandaard 
 • Lae lewenstandaarde hou ook met lae vlakke van onderwys verband. 
 • Die vlak en doeltreffendheid van onderwys word deur die volwasse
     geletterdheidsyfer uitgedruk. 
 • Dit is ŉ persentasie mense van 15 jaar en ouer wat kan lees, skryf en
     praat. 
 • Geletterdheidsyfers in ontwikkelende lande is laag in vergelyking met dié in
     ontwikkelde lande. 
 • Onderwystekorte        en    die    apartheids   nalatenskap   het    ernstige
     vaardigheidstekorte in Suid-Afrika veroorsaak. 
 • Die belangrikste manier om armoede vir individue te ontsnap, is onderwys. 
 • ŉ Verbeterde onderwysstelsel is nodig om die ekonomie as ŉ geheel te laat
     groei 
 Lae vlakke van produktiwiteit 
 • Produktiwiteit is noodsaaklik vir ŉ nasie se ontwikkeling en sy inwoners se
     welsyn. 
 •   Die lae vlakke van arbeidsproduktiwiteit in die meeste ontwikkelende lande
     word deur ŉ gebrek aan kapitaalbeleggings, lae onderwysstandaarde en
     ervare bestuur veroorsaak. 
 Hoë bevolkingsgroei en afhanklikheidslaste 
 • Ontwikkelende lande het gewoonlik ŉ hoë bevolkingsgroei as gevolg van baie
    hoë geboortesyfers. 
 • ŉ Hoë bevolkingsgroeikoers veroorsaak ŉ aantal probleme soos werkloosheid,
    druk op behuising, onderwys en gesondheidsdienste. 
 • Die arbeidsmag in ontwikkelende lande moet byna twee keer soveel kinders
    en bejaardes as in ryker lande onderhou. 
 • Die hoë geboortesyfers verander in hoë afhanklikheidsverhoudings. 
 • Kinders en bejaardes moet deur ŉ land se arbeidsmag ondersteun word .
 Hoë vlakke van werkloosheid 
 • ŉ Land met ŉ hoë bevolkingsgroeikoers en lae vlakke van ekonomiese groei
    sal nie genoeg werksgeleenthede kan verskaf nie. 
 • Arbeid word ook onderbenut in ontwikkelende lande in vergelyking met
    ontwikkelde lande. 
 •  Meer werksgeleenthede moet geskep word om die vinnige bevolkingsgroei te
    akkommodeer – ŉ doelwit wat gewoonlik nie bereik word nie. 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 EKONOMIE V1                                         17

 Afhanklikheid van die primêre sektor 
 • Meeste van die mense in ontwikkelende lande woon en werk in landelike
     gebiede. 
 • Hulle is baie afhanklik van bestaansboerdery vir ŉ bestaan. 
 • Hierdie lande is afhanklik van die uitvoer van hul primêre produkte. 
 • Arm lande kry minder vir hul uitvoere en moet meer vir hul invoere betaal. 

 Gebrek aan infrastruktuur 
 • In die meeste ontwikkelende lande is infrastruktuur dikwels gebrekkig of dit
     word swak geonderhoud. 
   • Swak infrastruktuur beperk ekonomiese groei aangesien daar swak toegang
      tot markte is. 
 •   Infrastruktuur speel ŉ belangrike rol in die verbetering van mededingendheid
     en die fasilitering van internasionale handel  (Maks.)                        (26)

 ADDISIONELE DEEL

 •   Verbetering van arbeiders se vaardighede deur middel van beter onderwys
     en opleiding 
 •   Verbetering van die funksionering van vraag en aanbod in die arbeids-
     mark 
 •   Stimulering van uitvoere waar Suid-Afrika ŉ vergelykende voordeel het bv.
     mynbou en toerisme 
 •   Groeiende belegging in sosiale en ekonomiese infrastruktuur 
 •   Verhoog produktiwiteit deur meer mense ŉ geleentheid te gee om aan die
     ekonomie deel te neem. 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (10)

 SLOT

 Die koronavirus (COVID-19) pandemie en die ekonomiese stilstand is ŉ ernstige
 knou vir die wêreldekonomie en veral armer lande. 
 (Aanvaar enige korrekte hoërorde gevolgtrekking.)                                    (2)
                                                                                     [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            40
                                                            GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
