# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                    NOVEMBER 2023

                       EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                            *IECONA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                       (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereiste van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                    EKONOMIE V1                                           3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                 30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1    Die prys wat betaal word vir die gebruik van natuurlike hulpbronne
                word ... genoem.

                A     wins
                B     ruilwaarde
                C     huur
                D     geld

       1.1.2    In Suid-Afrika se nasionale rekeninge              verwys     finale
                verbruiksbesteding na besteding deur …

                A     huishoudings.
                B     besighede.
                C     regering.
                D     buitelanders.

       1.1.3    Die reëls en prosedures wat deur staatsamptenare gevolg word wat
                vertragings in die verskaffing van dienste veroorsaak, word ...
                genoem.

                A     aanspreeklikheid
                B     hiërargie
                C     regulasies
                D     burokrasie

       1.1.4    Die afname in die waarde van ŉ bate as gevolg van slytasie staan
                as ... bekend.

                A     ruilwaarde
                B     vaste bate
                C     waardevermindering/depresiasie
                D     eksplisiete koste

       1.1.5    Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van reële ...

                A     bruto nasionale produk.
                B     bruto binnelandse produk.
                C     lone betaal.
                D     bruto binnelandse besteding.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

         1.1.6   Die inkomstegaping word deur middel van die … gemeet.
                 A    aanbodkromme
                 B    Lorenz-kromme/kurwe
                 C    Gini-koëffisiënt
                 D    vraagkromme
         1.1.7   Die belastingstelsel wat Suid-Afrika gebruik is …
                 A    progressief.
                 B    proporsioneel.
                 C    dinamies.
                 D    regressief.
         1.1.8   Die … is die mees onlangse ontwikkelingstrategie wat deur Suid-
                 Afrika gevolg word.

                 A    Heropbou-en-Ontwikkelingsprogram
                 B    Gesamentlike Inisiatief oor die Verkryging van
                      Prioriteitsvaardighede
                 C    Nuwe Groeipad
                 D    Nasionale Ontwikkelingsplan                           (8 x 2)    (16)
 1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                   KOLOM A                             KOLOM B
         1.2.1   Infrastruktuur         A    bates wat oor ŉ lang tyd in die
                                             produksieproses gebruik word

         1.2.2   Menslike               B    meet die mate van inkomste-
                 Ontwikkelingsindeks         ongelykheid en welvaartverspreiding
                                             tussen huishoudings
         1.2.3   Hernubare              C    fasiliteite, aktiwiteite en dienste wat
                 hulpbronne                  die bedryf en ontwikkeling van ander
                                             sektore ondersteun
         1.2.4   Vaste kapitaal         D    die beste moontlike uitkoms binne ŉ
                                             gegewe stel omstandighede

         1.2.5   Inspuitings            E    bruto nasionale produk gedeel deur
                                             bevolking

         1.2.6   Lorenz-kromme          F    hulself oor ŉ lang tydperk vervang
         1.2.7   Optimale mengsel       G    ŉ statistiek wat gebruik word om
                                             lande in terme van lewensverwagting,
                                             onderwys en lewenstandaard te
                                             rangskik
         1.2.8   Per kapita inkomste    H    byvoegings van geld in die sirkelvloei

                                        I    goedere van ander lande ontvang
                                                                          (8 x 1)        (8)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                      EKONOMIE V1                                             5

1.3     Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.
        Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1        Goedere wat as insette deur ander ondernemings gebruik word

        1.3.2        Gawes van die natuur wat natuurlik voorkom

        1.3.3        Vind plaas wanneer die hoeveelheid kapitaalvoorraad per werker
                     verhoog word

        1.3.4        Die terug gee van grond aan diegene wat dit as gevolg van
                     rasdiskriminerende wette en praktyke verloor het

        1.3.5        Die minimum aantal deposito’s wat deur banke gehou moet word
                     om aan korttermyn- en noodfinansieringsbehoeftes te voldoen

        1.3.6        Burgers tussen die ouderdom van 15 tot 64 wat in diens is of
                     werk soek                                                (6 x 1)          (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van duursame goedere.                                (2)

        2.1.2   Hoekom is dit belangrik vir die regering om gemarginaliseerde
                mense in die ekonomie te bemagtig?                                              (2)

2.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              BRUTO KAPITAALVORMING TEEN HUIDIGE PRYSE – 2022
        Residensiële geboue                       128 376
        Nie-residensiële geboue                    48 937
        Konstruksiewerk                           170 733
        Vervoertoerusting                          96 096
        Inligting, rekenaar en telekommunikasie
        toerusting                                 27 397
        Masjinerie en ander toerusting            363 170
        Rekenaarsagteware                          39 471
        Minerale eksplorasie en evaluering          1 665
        Gekweekte biologiese hulpbronne            10 053
        Oordragkoste                               24 250
        Totale vaste kapitaalvorming                  A
                                          [Bron: SARB, Kwartaallikse Bulletin, Maart 2023]

        2.2.1    Identifiseer die klassifikasie van bruto kapitaalvorming in die tabel
                 hierbo.                                                                        (1)

        2.2.2    Noem EEN hoof nasionale rekening-groottotale.                                  (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die term bruto kapitaalvorming.                               (2)

        2.2.4    Verduidelik die belangrikheid van nasionale rekening-groottotale
                 in ŉ ekonomie.                                                                 (2)

        2.2.5    Hoekom is kapitaalvorming belangrik vir die ekonomie?                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       EKONOMIE V1                                                 7

2.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   EKONOMIESE STELSELS

        ŉ Ekonomie is ŉ stelsel waardeur goedere geproduseer en uitgeruil word.
        Sonder ŉ lewensvatbare ekonomie sal ŉ staat in duie stort. Daar is drie
        hooftipes ekonomieë: vryemark, bevelsekonomie en gemengde ekonomie.
        Individue en besighede neem hul eie ekonomiese besluite. Die staat se
        sentrale regering neem al die land se besluite.

                     [Aangepas uit www.sparknotes.com. Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.]

        2.3.1    Identifiseer ŉ vlak van regering uit die inligting hierbo.                          (1)

        2.3.2    Noem die ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika tans gebruik.                           (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.                                       (2)

        2.3.4    Verduidelik eienaarskap as ŉ kenmerk van ŉ sentraal beplande
                 ekonomie.                                                                           (2)

        2.3.5    Hoe bevoordeel vryheid van keuse die huishoudings as verbruikers
                 van goedere en dienste?                                                             (4)

2.4     Bespreek die kenmerke van ŉ markekonomie.                                   (4 x 2)          (8)

2.5     Ondersoek die aksies (strategieë) wat deur die regering geneem is om
        toeganklikheid van die ekonomies gemarginaliseerde groepe deur
        bemagtiging te verhoog.                                                                      (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V1                                    (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE bronne van rykdom.                      .                 (2 x 1)      (2)

      3.1.2    Hoe gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingryp wanneer ŉ bank
               bankmislukking ervaar?                                                                 (2)

3.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           [Aangepas uit https://nationalgovernment.co.za/units/view/259/national-skills-fund-nsf.
                                                         Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.]

      3.2.1     Identifiseer ŉ plan om ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te
                verseker, uit die inligting hierbo.                                                   (1)

      3.2.2     Noem ŉ kenmerk van ontwikkelende lande.                                               (1)

      3.2.3     Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                                    (2)

      3 .2.4    Verduidelik die belangrikheid van inheemse kennisstelsels in die
                ekonomie.                                                                             (2)

      3.2.5     Waarom verbeter ekonomiese groei ekonomiese ontwikkeling?                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                    EKONOMIE V1                                                9

3.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             SA RESERWEBANK VERHOOG WEER TARIEWE – MEI 2023

        Die Reserwebank het rentekoerse met nog 50 basispunte verhoog.

        Dit plaas die repokoers op 8,25 persent en die prima uitleenkoers op
        11,75 persent.

        Hoë inflasie, met aanhoudende kragonderbrekings, was ŉ sleutelfaktor.

        Die goewerneur van die Reserwebank verseker ons dat Suid-Afrikaners
        later by die SARB se streng standpunt/uitkyk sal baat.

                               [Aangepas uit enca.com. Toegang op 31 Maart 2023 verkry.]

        3.3.1    Identifiseer ŉ monetêrebeleidsinstrument uit die uittreksel hierbo.        (1)

        3.3.2    Noem enige funksie van die sentrale bank (SARB).                           (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die term prima uitleenkoers.                              (2)

        3.3.4    Verduidelik die doel van die SARB se monetêre beleid.                      (2)

        3.3.5    Hoe word die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief deur die
                 voortdurende styging in rentekoerse geraak?                                (4)

3.4     Bespreek kortliks buitelandse valutarisiko’s en swak kredietevaluering
        as redes vir bankmislukkings                                      (4 x 2)           (8)

3.5     Evalueer    die    Heropbou-       en     Ontwikkelingsprogram         as     ŉ
        ontwikkelingstrategie in Suid-Afrika.                                               (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V1                                (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem TWEE maniere waarop lewenstandaarde gemeet kan word.                       (2)

       4.1.2    Waarom word invoere nie by binnelandse besteding ingesluit nie?                 (2)

4.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Visum-agterstand beteken SA mis uit op
                           hoogs geskoolde arbeid

        [Aangepas uit https://www.moneyweb.co.za/moneyweb. Toegang op 1 April 2023 verkry.]

       4.2.1    Identifiseer ŉ arbeid kategorie uit bogenoemde inligting.                       (1)

       4.2.2    Noem ŉ ekonomiese term wat verwys na hoogs geskoolde werkers
                wat ŉ land verlaat om beter werksgeleenthede in ander lande te
                soek.                                                                           (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks die term arbeid.                                               (2)

       4.2.4    Verduidelik die verskil tussen nominale en reële lone.                          (2)

       4.2.5    Hoe kan die kwaliteit van arbeid in Suid-Afrika verbeter word?                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                         EKONOMIE V1                                                11

4.3     Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Tradisionele ruilhandelstelsels werk slegs wanneer beide partye by ŉ
        transaksie iets het wat die ander party wil hê. Die bekendstelling van ŉ
        ruilmiddel maak voorsiening vir groter doeltreffendheid in ŉ ekonomie en
        stimuleer ŉ toename in algehele handelsaktiwiteit.

        Mikrofinansiering en mikrolenings het die potensiaal om ŉ kritieke deel van
        die finansiële omgewing te wees. In SA is baie mense verbaas om te hoor
        dat daar meer as 6 000 aktiewe gereguleerde kredietverskaffers is.

                     [Aangepas uit www.investopedia.com/terms. Toegang op 31 Maart 2023 verkry.]

        4.3.1    Identifiseer ŉ funksie van geld uit bogenoemde inligting.                             (1)

         4.3.2   Noem die Suid-Afrikaanse geldeenheid.                                                 (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die term mikro-lenings.                                              (2)

        4.3.4    Verduidelik die rol van die Nasionale Kredietwet in die ekonomie.                     (2)

        4.3.5    Hoe kan die regering die waarde van geld in ŉ land stabiliseer?                       (4)

4.4     Onderskei tussen werklike en geldvloei.                                                        (8)

4.5     Verduidelik die verband tussen bankmislukking en ekonomiese aktiwiteite.                        (8)
                                                                                                      [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                       Maks. 2
 x ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
    hou, te definieer of te omskryf.
 x MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 x MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 x Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/              Maks. 26
Ondersoek/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Analiseer/Bespreek
krities/Verduidelik/Assesseer/Debatteer/Teken ŉ grafiek en verduidelik/
Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/        Maks. 10
ŉ Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
x ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van          Maks. 2
    enige feite wat reeds genoem is
x Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
x Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
    versterk
x ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
x Aanbevelings
TOTAAL                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

x    Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.
                                                                         (26 punte)
x    Ondersoek die verband tussen die verskillende sektore in die ekonomie.
                                                                         (10 punte)           [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

x    Bespreek in detail die verskillende metodes wat gebruik word om inkomste en
     rykdom te herverdeel.                                              (26 punte)
x    Evalueer Suid-Afrika se ekonomiese groeiprestasie.                 (10 punte)           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                   GROOTTOTAAL:               150
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
