# Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

                       EKONOMIE V1

PUNTE: 150

TYD:   2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

7.    Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        EKONOMIE V1                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                     30 PUNTE − 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1    Om onakkuraatheid in die berekening van Bruto Binnelandse Produk te
                vermy, word slegs … ingesluit.

                A     finale goedere en dienste
                B     half-vervaardigde goedere en dienste
                C     kapitaalgoedere en dienste
                D     grondstowwe

       1.1.2    In ŉ sentraal beplande ekonomie word alle probleme deur ... opgelos.

                A     die buitelandse sektor
                B     produsente
                C     privaat individue
                D     die regering

       1.1.3    Die sekondêre sektor in SA, volgens nasionale rekeninge, bestaan uit
                die … industrie.

                A     vervoer
                B     elektrisiteit
                C     kleinhandel
                D     mynbou

       1.1.4    Die lewenstandaard van ŉ bevolking word die beste beskryf deur die ...

                A     per capita inkomste.
                B     lae ekonomiese groei.
                C     afname in uitgawes.
                D     sekondêre onderwys.

       1.1.5    Fiat-geld …

                A     het intrinsieke waarde.
                B     is Krugerrande.
                C     het slegs waarde omdat dit algemeen as ŉ ruilmiddel aanvaar
                      word.
                D     is onwettig om te gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

      1.1.6   In Suid-Afrika word die waarde van geld gestabiliseer deur die …

              A       fiskale beleid van die tesourie.
              B       monetêre beleid van die SARB.
              C       Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbeleid.
              D       groei-, indiensnemings- en herverdelingsbeleid.

      1.1.7   SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van … in Suid-
              Afrika.

              A       spoorwegnetwerke
              B       nasionale paaie
              C       hawens en lughawens
              D       skoolgeboue

      1.1.8   Die tersiêre sektor speel ŉ dominante rol in alle ... ekonomieë.

              A       ontwikkelde
              B       ontwikkelende
              C       opkomende
              D       gemengde                                                   (8 x 2) (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                            EKONOMIE V1                                       5

1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
       letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
       neer, byvoorbeeld 1.2.8 J.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1         Markprys             A     dienste soos vervoer en kommunikasie

       1.2.2         Maatskaplike         B     die grootste bedreiging vir werkers se
                     dienste                    gesondheid in Suid-Afrika

       1.2.3         Infrastruktuur       C     vryemark-ekonomie

       1.2.4         Ontasbare            D     die huidige prys waarteen ŉ item of diens
                                                gekoop of verkoop kan word

       1.2.5         Makro-ekonomie       E     ’n beleid wat daarop gemik is om die
                                                eienaarskap van landbougrond van swart-
                                                mense in die ekonomie te verhoog

       1.2.6         Ekonomiese           F     onderwys, gesondheid en welsyn
                     regressie/
                     agteruitgang

       1.2.7         Grondherverdelings   G     dienste soos regs-, mediese en finansiële
                     -program                   dienste

       1.2.8         MIV/Vigs             H     ekonomiese aggregate

                                          I     beweeg agteruit na ŉ minder ontwikkelde
                                                land
                                                                                 (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
       langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
       Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

       1.3.1    Die bedrag wat die werker elke dag, elke week of aan die einde van
                ŉ maand ontvang

       1.3.2    Goedere wat gebruik of vernietig word in die proses om gebruik te
                word

       1.3.3    Kom voor wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde koers as die
                arbeidsmag groei

       1.3.4    Plaaslike kennis wat eie is aan ŉ sekere kultuur of samelewing

       1.3.5    Die prys wat ŉ lener moet betaal om op krediet te koop

       1.3.6    BBP teen basiese pryse, plus belasting op produkte, minus
                subsidies op produkte                                     (6 x 1)        (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          EKONOMIE V1                                          7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE           van   die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE groepe gemarginaliseerde mense in die ekonomie.
                                                                          (2 x 1)               (2)

       2.1.2    Waarom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit wanneer
                die waarde van BBP bereken word?                            (1 x 2)             (2)

2.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                [Aangepas van google images]

       2.2.1    Noem enige ander deelnemer in ŉ oop ekonomie.                                   (1)

       2.2.2    Dui die vloei aan wat deur goedere en dienste verteenwoordig word.              (1)

       2.2.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop.                                 (2)

       2.2.4    Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en firmas.                       (2)

       2.2.5    Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra? (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2022)

2.3    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     VRAAG NA NATUURLIKE HULPBRONNE (grond)
                                                           [Aangepas uit google images]

       2.3.1    Noem ŉ voorbeeld van ŉ nie-hernubare hulpbron.                             (1)

       2.3.2    Wat is die belangrikheid van natuurlike hulpbronne vir die
                ekonomie?                                                                  (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die term natuurlike hulpbron.                             (2)

       2.3.4    Verduidelik die verband tussen die skaarste aan grond en huur.             (2)

       2.3.5    Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en wys wat sal
                gebeur met die prys van grond (huur) as daar ŉ verhoging in die
                vraag na grond is.                                         (2 x 2)         (4)

2.4    Bespreek die kenmerke van ŉ markekonomie.                              (4 x 2)      (8)

2.5    Hoe verseker Swart Ekonomiese Bemagtiging gemeenskapsdeelname in
       Suid-Afrika?                                                                        (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         EKONOMIE V1                                        9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE komponente van die monetêre stelsel in Suid-
                Afrika.                                                   (2 x 1)            (2)

       3.1.2    Hoe verskil rykdom van inkomste?                                (1 x 2)      (2)

3.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       GINI-KOEFFISIËN IN SUID-AFRIKA 2006–2015

       Die Gini-koëffisiënt in Suid-Afrika was 0,65 punte in 2015; met minder
       ongelykheid in inkomste binne die landelike gebiede van die mees suidelike
       land van Afrika. ŉ Ideale situasie is een waarin inkomste perfek versprei is met
       die gelyke nul.

       Suid-Afrika het die wêreld se hoogste ongelykheid in inkomsteverspreiding
       gehad

                                                                       [Bron: StatsSA]

       3.2.1    Noem die indeks wat die persentasie van die bevolking beskryf wat
                onder die armoede grensinkomste leef.                                        (1)

       3.2.2    Dui aan wat ŉ Gini-koëffisiënt van een beteken.                              (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt.                                  (2)

       3.2.4    Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
                koëffisiënt.                                                                 (2)

       3.2.5    Hoe kan die regering ongelykheid in inkomsteverspreiding verminder?          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2022)

3.3     Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                               SENTRALE BANK IN SUID-
                                               AFRIKA

                                               Die Sentrale Bank gebruik die
                                               monetêre beleidsinstrumente om
                                               die vlak van inflasie te beïnvloed.
                                               Veranderinge in die repokoers raak
                                               die breër ekonomie.

         Die Nasionale Tesourie stel in oorleg met die sentrale bank die
         inflasieteiken vas, wat as maatstaf dien waarteen prysstabiliteit gemeet
         word.

                                                            [Aangepas uit resbank.co.za]

        3.3.1   Noem enige funksie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.                     (1)

        3.3.2   Noem die inflasieteiken-gebied in Suid-Afrika.                              (1)

        3.3.3   Beskryf kortliks die term terugkoopkoers (repo).                            (2)

        3.3.4   Verduidelik die rol van die SARB wanneer bankmislukking plaasvind.          (2)

        3.3.5   Hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot ŉ hoër ekonomiese
                groeikoers bydra?                                          (2 x 2)          (4)

3.4     Bespreek kortliks ruilmiddel en rekeneenheid as funksies van geld.     (4 x 2)      (8)

3.5     Ontleed die voordele van mikro-finansiering in die ekonomie.                        (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     EKONOMIE V1                                           11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom.                                   (2 x 1)    (2)

       4.1.2 Hoe sal ŉ verhoging in rentekoerse verbruikersbesteding beïnvloed?
                                                                            (1 x 2)          (2)

4.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    [Bron: https://marketbusinessnews.com]

       4.2.1 Noem ŉ voorbeeld van kapitaalgoedere.                                           (1)

       4.2.2 Dui die vergoeding vir kapitaal aan.                                            (1)

       4.2.3 Beskryf kortliks die term kapitaalvorming.                                      (2)

       4.2.4 Dui die belangrikheid van besparings aan vir die skepping van
             kapitaalgoedere.                                                                (2)

       4.2.5 Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V1                                   (EC/NOVEMBER 2022)

4.3     Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                      SUID-AFRIKA SE REËLE BBP-GROEIKOERS

                                           [Aangepas en vertaal uit tradingeconomics.com]

        4.3.1   Identifiseer die tydperk waarin groei in reële BBP die laagste is.           (1)

        4.3.2   Noem ŉ ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese
                groei te meet.                                                               (1)

        4.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                  (2)

        4.3.4   Verduidelik faktore wat tot verhoogde ekonomiese groei kan lei.              (2)

        4.3.5   Waarom ervaar Suid-Afrika lae ekonomiese groeikoersvlakke?
                                                                        (2 x 2)              (4)

4.4     Bespreek kredietkaarte en elektroniese fondsoorplasings as maniere om
        betalings te maak.                                                                   (8)

4.5     Evalueer die Suid-Afrikaanse regering se doeltreffendheid in die lewering
        van sosio-ekonomiese dienste.                                                        (8)
                                                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          EKONOMIE V1                                      13

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                           PUNTE-
                  STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                         TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
    hou, te definieer of te omskryf.
• Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.          Maks. 2
• Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/         Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee
en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
                                                                          Maks. 10
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
 ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
 toegeken word.
Slot
• Die slot is ŉ samevatting van die bespreking van die onderwerp en
  behoort as ’n hoërorde-antwoord beskou te word.
• Die slot kan die vorm aanneem van ŉ eie mening, voorbeelde om
  jou bespreking te ondersteun of ŉ teenstrydige sienswyse van wat
  bespreek is.                                                             Maks. 2
• Geen aspek van die inleiding of die slot mag in die inhoud ingesluit
  word nie.
TOTAAL                                                                       40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor.
                                                                            (26 punte)
•      Ontleed die negatiewe impak van die globale pandemie (Covid-19) op die
       ekonomiese struktuur in Suid-Afrika.                                (10 punte)      [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die kenmerke van ontwikkelende lande in detail. (26 punte)
•      Hoe beoog die Nasionale Ontwikkelingsplan om ekonomiese te verhoog
       groei en ontwikkeling in Suid-Afrika?                              (10 punte)       [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                     GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
