# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-june-2023-afrikaans/f5813a9e-cb75-4db8-a0e2-72c6ca456f3a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-june-2023-afrikaans/f5813a9e-cb75-4db8-a0e2-72c6ca456f3a)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                           JUNIE 2023

                       EKONOMIE V1
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V1                                 (EC/JUNIE 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B      I+G+X>S+T+M

       1.1.2    A      Dubbeltelling

       1.1.3    B      Vry-swewende

       1.1.4    D      Verbetering van die doeltreffendheid van markte

       1.1.5    C      Ouditeur-generaal

       1.1.6    A      kollektief

       1.1.7    C      onderwaardeer

       1.1.8    D      afswaai – trog – opswaai – piek                   (8 x 2)     (16)

1.2    PAS-ITEMS

       1.2.1    D     gehef volgens die bedrag verdien

       1.2.2    I     ŉ Opsomming van ŉ land se ekonomiese aktiwiteit van
                       produksie, inkomste en uitgawes

       1.2.3    G     verskil in die waarde van totale uitset tussen ŉ piek en ŉ
                       trog

       1.2.4    A     aankoop van bates soos aandele of effekte, waar die
                       belegger slegs in die verwagte finansiële opbrengs op die
                       belegging belangstel

       1.2.5    C     Toon die regering se geprojekteerde inkomste en uitgawes
                       vir drie jaar

       1.2.6    H     ŉ Internasionale reserwebate wat deur die IMF geskep is
                       om die amptelike reserwes van sy lidlande aan te vul.

       1.2.7    E     Internasionale riglyne vir die ontwikkeling en rapportering
                       van statistieke wat oor lande vergelykbaar is

       1.2.8    F     Bestudeer die gedrag en prestasie van ŉ ekonomie as ŉ
                       geheel                                         (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        EKONOMIE V1                             3

1.3     GEE EEN TERM

        1.3.1     Vermenigvuldiger 

        1.3.2     Tendenslyn 

        1.3.3     Kontantreserwevereiste 

        1.3.4     Devaluasie 

        1.3.5     Laffer-kurwe (kromme) 

        1.3.6     Fiskale beleid                                 (6 x 1)    (6)

                                                     TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               EKONOMIE V1                                      (EC/JUNIE 2023)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van           die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1   Noem TWEE draaipunte van ŉ sakesiklus.

                •    Piek 
                •    Trog                                                  (2 x 1)        (2)

        2.1.2   Hoe kan ŉ groter marginale spaar geneigdheid (msg) die
                grootte van die vermenigvuldiger beïnvloed?

                Dit verminder die grootte van die vermenigvuldiger namate
                minder spandeer word. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord).
                                                                  (Enige 1 x 2)            (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1   Watter metode van berekening word in die tabel hierbo
                gebruik om die bruto binnelandse produk te bepaal?

                Inkomste-metode / BBP                                                     (1)

        2.2.2   Noem die ontbrekende item gemerk (A).

                Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse/BWT teen basiese
                pryse.                                                                    (1)

        2.2.3   Beskryf kortliks die term subsidies op produksie.

                Subsidies op produksie verwys na subsidies wat nie aan
                spesifieke goedere en dienste verbind word nie, bv. subsidies op
                indiensneming. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

        2.2.4   Hoe sal jy die BBP na BNP omskakel?

                Plus primêre inkomste vanaf die res van die wêreld  en minus
                primêre inkomste van die res van die wêreld  / BBP + primêre
                inkomste vanaf die res van die wêreld – primêre inkomste na die
                res van die wêreld.                                                     (2)

        2.2.5   Bereken die waarde van BBP teen markpryse vir 2021 (B).
                Toon alle berekeninge.

                5 572 608 + 633 854  – 13 965  = 6 192 497                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        EKONOMIE V1                                        5

2.3      DATARESPONS

         2.3.1     Noem die parastataal waarna in bogenoemde inligting verwys
                   word.

                   Eskom                                                               (1)

         2.3.2     Wie is indirek verantwoordelik vir die redding van staats-
                   ondernemings in Suid-Afrika?

                   Die belastingbetaler                                                (1)

         2.3.3     Verduidelik kortliks die term privatisering.

                   Wanneer die regering hulle funksies, aktiwiteite en eienaarskap
                   van die regering na die privaatsektor oordra. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                         (2)

         2.3.4     Verduidelik ondoeltreffendheid as ŉ kenmerk van openbare
                   sektor-mislukking.

                  • Ondoeltreffendheid lei tot vermorsing van staatfondse en
                    hulpbronne. 
                    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1)          (2)

         2.3.5     Hoe kan staatsondernemings tot die uitbreiding van die
                   ekonomie bydra?

                  • Skep meer werkgeleenthede en stel bevoegde bestuur aan. 
                  • Bied vaardigingsontwikkeling programme aan om produktiwiteit
                    van bestaande werkers te verbeter. 
                  • Behou of diens die masjinerie en toerusting op ŉ gereelde basis
                    om kwaliteit dienslewering te verseker. 
                  • Die hantering van korrupsie om vermorsing van publieke fondse
                    te verminder. 
                    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)      (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                                 (EC/JUNIE 2023)

2.4     Bespreek kortliks leidende en saamvallende aanwysers as kenmerke
        wat in vooruitskattings gebruik word.

        Leidende ekonomiese aanwysers:

        • Hierdie is aanwysers wat verander voordat die ekonomie
          verander/samevallend met die verwysingsdraaipunt. 
        • Hulle gee verbruikers, besighede en beleidmakers ŉ aanduiding
          waarheen die ekonomie op pad is. 
        • Hulle bereik ŉ piek voordat die ekonomie ŉ piek bereik. 
        • Die mees belangrike tipe aanwyser om ekonome te help om te skat wat
          in die ekonomie gaan gebeur in die toekoms. 
        • Wanneer hierdie aanwysers voorspoed wys sal die vlak van ekonomiese
          aktiwiteite ook styg in ŉ paar maande se tyd. 
        • bv. aantal nuwe motors verkoop, reële uitvoer van goedere, ens. 
                                                                   (Maks. 2 x 2)

        Saamvallende ekonomiese aanwysers :
        • Hulle beweeg terselfdertyd as die ekonomie. As die draaipunt van ŉ
          spesifieke tydreeks verander met die verwysings draaipunt. 
        • Dit dui die huidige toestand van die ekonomie aan  bv. kleinhandel
          verkope. 
        • As die sakesiklus ŉ piek bereik en dan begin daal, die waarde van
          kleinhandelverkope sal ŉ piek bereik en dan begin daal op dieselfde
          tyd. 
          (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)              (Mak. 2 x 2)
                                                                          (4 + 4)     (8)

2.5     Hoe kan Suid-Afrika invoer verminder om die betalingsbalans-tekort
        (BOP) reg te stel?
        Suid-Afrika kan invoere verminder om die betalingsbalans-tekort (BOP) reg
        te stel deur:
        • Verhoging van rentekoerse om plaaslike besteding te ontmoedig
           insluitend ingevoegde goedere en dienste. 
        • Verhoging van indirekte belasting soos persoonlike inkomstebelasting
           om huishoudelike besteebare inkomste te verminder en dus die
           ontmoediging van hul besteding op invoere. 
        • Invoertariewe en heffings in te stel om ingevoerde goedere en dienste
           duurder te maak en binnelandse uitgawes daarop te verminder. 
        • Verminder die beskikbaarheid van buitelandse valuta om plaaslike
           vervaardigde besteding op invoere te ontmoedig. 
        • Implementeer streng doeaneprosedures om die proses van die aankoop
           van invoere te vertraag 
        • Moedig binnelandse produksie van invoere aan, sodat verbruikers dit op
           plaaslike markte sal koop 
        • Vermeerder totale aanbod van goedere en dienste om tekorte aan
           plaaslike goedere te vermy 
        • Devaluering van die rand om invoere relatief duurder te maak. 
        (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
        (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite /
        voorbeelde.)                                                                  (8)
                                                                                     [40]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         EKONOMIE V1                                         7

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1     3.1.1     Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.

                  •   Aanspreeklikheid 
                  •   Doeltreffendheid 
                  •   Assessering van behoeftes
                  •   Prysbeleid 
                  •   Parastatale 
                  •   Privatisering/Nasionalisering                    (Enige 2 x 1)    (2)

        3.1.2     Wat is die betekenis van ŉ surplus op die lopende rekening
                  van die betalingsbalans?

                  • Die waarde van die rand sal styg as gevolg van netto invloei van
                     buitelandse valuta 
                  • Openbare skuld wat gebruik om die betalingsbalans-tekort (BOP)
                     te dek sal verminder/minder lenings. 
                  • Buitelandse reserwes kan vermeerder daarby verbeter dit die
                     finansiële posisie van die land. 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)        (Enige 2 x 1)      (2)

3.2     DATARESPONS

        3.2.1     Gee die ekonomiese konsep wat in die tabel hierbo geïllustreer
                  word.

                  Betalingsbalans/BOP                                                   (1)

        3.2.2     Watter lopende rekening-item word gebruik om skenkings aan
                  te teken?

                  Lopende oordragte                                                     (1)

        3.2.3     Beskryf kortliks die term handelsbalans.

                  Dit is die verskil tussen die waarde van handel-uitvoere plus net
                  goud uitvoere en die handel-invoere. 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                           (2)

        3.2.4     Waarom is netto gouduitvoersyfers positief in Suid-Afrika?

                  Dis omdat Suid-Afrika die wêreld se grootste uitvoerder van goud is
                  en daarom is ŉ netto uitvoerder.                                     (2)

        3.2.5     Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede
                  kwartaal van 2019. Toon ALLE berekenings.

                  Lopende rekeningsaldo = (invloeie) – (uitvloeie) + (lopende
                  oordragte )
                  = (1 233 + 50 + 213 + 106) – (1 314 + 229 + 230)  + (-35)
                  = 1 602 – 1773 – 35
                  = - 206                                                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                                 (EC/JUNIE 2023)

 3.3     DATARESPONS

         3.3.1   Gee ŉ naam vir die grafiek.

                 Phillips-kurwe/kromme                                                (1)

         3.3.2   Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidsyfer in die
                 grafiek hierbo?

                 14%                                                                  (1)

         3.3.3   Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.

                 Die nuwe ekonomiese paradigma verwys na die regeringsbeleide
                 wat ontwerp is om hoë vlakke van ekonomiese groei te bevorder
                 sonder om aanbod beperkings en prysinflasie te beïnvloed. 
                 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                          (2)

         3.3.4   Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan gebruik om
                 die herstel van ŉ ekonomie te bespoedig.

                 Die regering kan die herstel van die ekonomie bespoedig deur:
                 • Vermindering van belasting wat verbruikers en maatskappye
                    meer geld sal gee om te bestee op goedere en dienste en
                    maatskappye om hulle produksiekapasiteit uit te brei. 
                 • Vermeerder regeringsbesteding wat gemiddelde besteding en
                    vraag, en dit sal ekonomiese aktiwiteite en werkskepping
                    stimuleer. 
                 • Vermeerder regeringsbesteding en gelyktydig verminder
                    belasting. 
                 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)        (Enige 2 x 1)     (2)

         3.3.5   Met behulp van ŉ grafiek, illustreer die effek van vraag- en
                 aanbodkant beleide om sakesiklusse uit te stryk.

                                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      EKONOMIE V1                                           9

3.4     Verduidelik die effek van ŉ toename in massaproduksie op
        internasionale handel.

        Effek van ŉ toename in massaproduksie op internasionale handel:
        • ŉ Styging in produksie as gevolg van massaproduksie kan tot ŉ styging
           in die aanbod van goedere en dienste in buitelandse markte lei 
        • ŉ Styging in uitvoere sal lei tot ŉ invloei van buitelandse valuta wat die
           aanbodkurwe na regs laat beweeg. 
        • Dit sal tot die appresiasie van die waarde van die rand lei. 
        • Verskaf meer werksgeleenthede wat sal lei tot ŉ styging in die vraag na
           buitelandse goedere wat bydrae tot internasionale handel  en wat lei
           tot ŉ groter toegang tot verskeidenheid van goedere en dienste. 
        • Meeste vervaardigde produkte benodig grootskaalse produksie om
           bekostigbaar en winsgewend te wees. 
           (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                  (8)

3.5     Hoe kan ŉ resessie die verskillende ekonomiese deelnemers negatief
        beïnvloed?

        • Die belastingbasis van die regering kan krimp omdat sommige
          besighede hul bedrywighede kan staak en werkers hulle werk
          verloor. 
        • Maatskaplike besteding deur die regering kan toeneem namate
          armoede en werkloosheidsvlakke tydens die resessie toeneem 
        • Staatskuld kan toeneem namate die regering probeer om fondse in te
          samel vir sommige van sy kritieke uitgawes. 
        • Huishoudings kan hul werk verloor en nie nuwe werk kry nie aangesien
          produksie van goedere en dienste afneem 
        • Besighede kan ŉ lae vraag na goedere en dienste ervaar aangesien
          verbruikers sommige van hul uitgawes uitstel 
        • Besighede se vertroue kan afneem en sodoende hulle ontmoedig om in
          die ekonomie te belê 
        • Besighede kan minder inkomste genereer, wat minder winste tot gevolg
          hê 
        • Die buitelandse sektor sal minder Suid-Afrikaanse uitvoere hê namate
          binnelandse produksie toeneem. 
          (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V1                                (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMISE STREWES

4.1   4.1.1    Noem enige TWEE instrumente van die monetêre beleid.

               •     Rentekoerse 
               •     Kontantreserwes vereistes 
               •     Ope-mark transaksies 
               •     Morele oorreding 
               •     Wisselkoersbeleid                                 (Enige 2 x 1)     (2)

      4.1.2    Hoe kan ondoeltreffendheid tot lei?

               Dit kan lei tot mislukking in die openbare sektor wanneer:
               • Teikens wat gemis word in verband met inflasie, groei en
                   indiensneming. 
               • Daar is onbevoegdheid in die gebruik van monetêre en fiskale
                   beleide en die harmonisering daarvan 
               • Daar is ŉ versuim om bestaande beleide met geskikte effektiewe
                   beleide aan te vul. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)       (Enige 1 x 2)          (2)

4.2   DATARESPONS

      4.2.1    Noem die tydperk van die sakesiklus waartydens die vlak van
               ekonomiese aktiwiteite toeneem.

               Opswaai/uitbreiding                                                      (1)

      4.2.2    Noem EEN tipe sakesiklus.

               •     Kitchin-siklus 
               •     Kondratief-siklus
               •     Jugler-siklus
               •     Kuznets-siklus                                   (Enige 1 x 1)      (1)
      4.2.3    Bespreek kortliks die term sakesiklus.

               Opeenvolgende periodes van stygende en dalende ekonomiese
               aktiwiteite. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                              (2)

      4.2.4    Hoe kan natuurrampe fluktuasies in sakesiklusse beïnvloed?

               Swak weer kan fluktuasies beïnvloed deur:
               •     Verminder die produktiwiteit van die landbousektor wat ŉ
                     afswaai veroorsaak in die ekonomie. ✓✓
               •     Kontraksies in sakesiklusse word veroorsaak as gevolg van ŉ
                     afname in die aanbod van landbouprodukte ✓✓
               •     Vermindering van grondstowwe wat gebruik word om ander
                     goedere te produseer wat dus ŉ vertraagde groei in die vlak van
                     ekonomiese aktiwiteite veroorsaak. ✓✓
                     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        EKONOMIE V1                                          11

         4.2.5    Hoe het die Keynesiaanse               (endogene)      denkrigting
                  sakesiklusse beïnvloed?

                  •   Die Keynesiaanse (endogene) siening is dat markte inherent
                      onstabiel is en daarom is regerings inmenging noodsaaklik om
                      die ekonomie te stabiliseer. 
                  •   Hulle argumenteer dat die totale waarde van besteding bring
                      verandering in vraag 
                  •   Regering kan inmeng deur die fiskale beleid wat belasting en
                      regerings besteding insluit. 
                  •   Gedurende ŉ resessie, kan die regering hulle besteding
                      vermeerder en belasting verminder (stimuleer) 
                  •   Dit sal die vlak van ekonomiese aktiwiteit vermeerder bv.
                      produksie, indiensneming, inkomste en vraag 
                  •   Gedurende ŉ piek kan die regering belasting vermeerder en
                      regeringsbesteding verminder 
                  •   Dit sal lei tot ŉ verminderde inkomste, vermindering in die
                      vraag na die produksiefaktore en besteding 
                      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)       (Enige 2 x 2)     (4)

 4.3     DATARESPONS

         4.3.1    Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die
                  publisering van die data hierbo

                  Statistiek Suid-Afrika/Stats SA                                         (1)

         4.3.2    Wat is die tendens in die indeks van invoerpryse?

                  •   ŉ Daling/afname                                                     (1)

         4.3.3    Beskryf kortliks die term handelsvoorwaardes.

                  Die verhouding tussen die indeks van uitvoerpryse en die indeks
                  van invoerpryse / Die verhouding tussen uitvoerpryse en
                  invoerpryse / Dit druk ŉ land se uitvoerpryse in terme van sy
                  invoerpryse uit. 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                             (2)

         4.3.4    Wat kan ŉ verbetering in die land se handelsvoorwaardes
                  (ruilvoet) bring?

                  ŉ Styging in uitvoerpryse / ŉ Daling in invoerpryse.                 (2)

         4.3.5    Bereken die handelsvoorwaardes vir Maart 2022 (A). Toon
                  ALLE berekenings.

                  Ruilvoet = indeks van uitvoerpryse/indeks van invoerpryse x 100
                           = 109,7 /107,7  x 100 
                           = 101,8                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              EKONOMIE V1                                  (EC/JUNIE 2023)

4.4   Bespreek kortliks absolute en komparatiewe voordeel as redes vir
      internasionale handel.

      Absolute voordeel:
      • Absolute voordeel beteken dat die land daardie goed of diens beter as
         enigiemand anders/teen die laagste koste kan produseer. 
      • ŉ Land met ŉ absolute voordeel maak ekonomiese winste deur te
         spesialiseer in wat hy die beste doen 
      • ŉ Basis vir handel bestaan aangesien dit sin maak dat hierdie land in die
         produksie van hierdie goed spesialiseer en dit dan verruil vir goedere
         waarin ander lande ŉ absolute voordeel het. 
      • Elke land spesialiseer daarin om te produseer wat hulle die beste doen
         en voer daardie produkte in wat hulle goedkoper van die buiteland kan
         koop as van plaaslike produsente. 
      • Al het die land absolute voordeel in die produksie van alles, hoef dit nie
         noodwendig alles te produseer en selfversorgend te wees nie, as gevolg
         van die beginsel van vergelykende voordeel. 

      Komparatiewe voordeel:
      • Die beginsel van komparatiewe voordeel bepaal dat twee lande onder
        sekere omstandighede kan baat by handel as een van hulle meer
        doeltreffend as die ander is om alles te produseer. 
      • Komparatiewe voordeel stel geleentheidskoste bekend as `n faktor vir
        ontleding in die keuse tussen verskillende opsies vir produksie
        diversifikasie  Komparatiewe voordeel stel dat daar voordeel vir alle
        partye in handel sal wees as lande spesialiseer in die vervaardiging van
        goedere waarin hulle ŉ komparatiewe voordeel het (laagste
        geleentheidskoste). 
      • ŉ Land het ŉ komparatiewe voordeel in die produksie van ŉ goed of
        diens wat teen ŉ laer geleentheidskoste vervaardiging word as sy
        handelsvennote 
      • Lande verhoog hulle ekonomiese welvaart deur die goedere uit te voer
        wat hulle relatief meer doeltreffend is om te produseer en die goedere in
        te voer wat ander lande relatief meer doeltreffend is om te produseer        (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                    EKONOMIE V1                                       13

4.5      Hoekom is prysstabiliteit belangrik om uiterse skommelinge in
         sakesiklusse te voorkom?

         Prysstabiliteit is belangrik om uiterste skommelinge in sakesiklusse
         te voorkom:
         • Dra by tot hoë vlakke van ekonomiese aktiwiteite en indiensneming 
         • Verbeter die deursigtigheid van die prysmeganismes sodat mense
             veranderinge in die relatiewe pryse kan herken sonder om verwar te
             word deur veranderinge in die algehele prys 
         • Laat mense toe om goed ingeligte verbruiksbesluite te neem 
         • Buitelandse beleggings aan te moedig om groei te bevorder 
         • Help om hulpbronne meer doeltreffend toe te wys 
         • Vermy onproduktiewe aktiwiteite wat soms gebruik word om ŉ mens
             teen die impak van hoë inflasie te beskerm. 
         • Vermy die risiko van deflasie wat dit moeiliker maak om beleide te
             implementeer om daarteen te waak. 
         • Implementeer inflasieteikens deur die verdraaiing van inflasie of
             deflasie te verminder wat op verdraaiing impak op die ekonomiese
             gedrag van belasting en sosiale sekerheid vererger 
         • Verhoed ŉ arbitrêre herverdeling van rykdom en inkomste as gevolg
             van onverwagte skommelinge 
         • Hou rentekoers onveranderd om te verseker dat daar deurlopende
             groei in die ekonomie is sonder enige groot fluktuasies 
         • Pas die kontant reserwes vereistes aan wat banke sal verplig om
             krediet/geld in omloop te beperk 
             (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                           (8)
                                                                                   [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 EKONOMIE V1                                  (EC/JUNIE 2023)

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

•    Bespreek in detail die markte binne die vier-sektor model.   (26 punte)
•    Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra? (10 punte)

INLEIDING

•    Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en
     dienste 
•    Die sirkel vloeimodel is ŉ vereenvoudigde voorstelling van die interaksies tussen
     die deelnemers van die ekonomie 
      (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                                        (2)

HOOFGEDEELTE

Goedere/Produkte/Uitsetmarkte 
• Dit is markte vir verbruikersgoedere en dienste 
• In ekonomie word onderskeid getref tussen goedere en dienste:
• Goedere word gedefinieer as tasbare items soos kos, klere en motors wat
  sommige menslike behoeftes bevredig 
• Koop en verkoop van goedere wat geproduseer in markte sluit:
  - Kapitaalgoedere mark is vir geboue en masjinerie 
  - Verbruikersgoedere mark is vir die verhandeling van duursame
       verbruikersgoedere, semi-duursame verbruikers goedere en nie-duursame
       verbruikersgoedere 
  - Dienste word gedefinieer as nie tasbare items en sluit groothandelaars en
       kleinhandelaars vervoer en finansiële markte 
• Vloei van private en openbare goedere en dienste is werklike vloeie en dit gaan
  gepaard met teenvloeie van uitgawes en belasting op die produkmark

Faktor/Hulpbronne/Insette markte 
• Produksiefaktore word op hierdie markte gekoop en verkoop word in die
   faktormark 
• Die faktor sluit arbeid, eiendomme en finansiële markte in 
• Faktor dienste is werklike vloeie en dit gaan gepaard met teen vloeie van
   inkomste op die faktor mark 

Finansiële markte 
• Hulle is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie maar
   dien as ŉ skakel tussen huishoudings, sakesektor en ander deelnemers met
   surplus fondse. 
• Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die
   finansiële mark 

Geld markte 
• In die geldmark, word baie korttermyn gespaar en op kort term-myn geleen
   (minder as 3 jaar) deur verbruikers en besighede.
• Produkte wat hier verhandel word is bank obligasies(skuldbriewe), skatwissels
   en staatseffekte. 
• Die SARB is die sleutel-instansie in die geldmark. 
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     EKONOMIE V1                                         15

 Kapitaalmarkte 
 • In die kapitaalmark is wat langtermynfondse (3 jaar en langer) gespaar en
   geleen word deur verbruikers en ondernemings. 
 • Die Johannesburg Sekuriteitsbeurs ŉ sleutel-instansie in die kapitaalmark. 
 • Produkte verkoop in hierdie mark is verbandlenings en aandele. 

 Buitelandse markte 
 • Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om
    vir ingevoerde goedere en dienste te betaal 
 • Hierdie transaksies vind in banke plaas en bestaan uit ŉ elektroniese
    geldoorplasing van een rekening na ŉ ander. 
 • Die belangrikste buitelandse wisselmarkte is in Londen/New York/Tokio 
 • Die SA rand word vrylik op hierdie markte verhandel en die SARB het geen
    beheer daaroor nie 
 • Invoer en uitvoer is werklike vloeie en dit gaan gepaard met teenvloeie van
    uitgawes en inkomste op die buitelandse valutamark 
 • (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord )                     (Maks. 26)         (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra?

 Die sakesektor kan meer positief bydrae deur:
 • Om meer te belê in arbeidsintensiewe projekte met die fokus op hierdie
    opleiding en vaardigingsontwikkeling van werkers 
 • Om hul winste in bruto kapitaalvorming programme te herbelê toerusting,
    gereedskap, vervoerbates en elektrisiteit 
 • Hul sakebedrywighede uit te brei en in die nuutste tegnologie te belê om ŉ
    opheffing van die kwaliteit van produksiefaktore wat vir produksie benodig
    word, te verseker. 
 • om hul besigheidsbedrywighede te diversifiseer deur ŉ gedifferensieerde
    produk aanbieding binne of buite die reeks wat hulle produseer in te bring 
 • ondersteun Suid-Afrikaanse besighede in die verkryging van rou materiale en
    vermeerder hulle markaandele vir Suid-Afrikaanse produkte wat plaaslik en
    oorsee vervaardig word. 
 • verseker die bestaan van gesonde besigheidsbeginsels vir langtermyn
    betrokkenheid by die ekonomie wat tot ŉ positiewe ekonomiese groeikoers
    lei 
 • gebruik van lenings om in kapitaalgoedere soos masjinerie te belê om
    massaproduksie teen ŉ laer koste te verseker en sodoende hul
    mededingendheid te verbeter. 
 (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord)                             (Mak. 10)     (10)

 Slot
 Markte is krities belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle die
 mark reguleer, om prysstabiliteit en algemene sakevertroue te verseker. 
 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                            (Maks. 2)      (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 EKONOMIE V1                                  (EC/JUNIE 2023)

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

 •    Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
      ekonomie.                                                     (26 punte)
 •    Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
      bewerkstellig?                                               (10 punte)

 INLEIDING

 Die regering verskaf goedere en dienste wat nie deur die mark voorsien word nie
 en speel dus ŉ groot rol in die regulering van ekonomiese aktiwiteite, leiding en
 vorming van die ekonomie. 
 (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                                              (2)

 HOOFGEDEELTE

 Ekonomiese groei 
 • Verwys na ŉ toename in produksie van goedere en dienste 
 • Gemeet in terme van reële BBP 
 • Ekonomiese groei vind plaas wanneer die ekonomiese groeikoers hoër is as
   die bevolkingsgroei 
 • ŉ Land se inwoners vind baat by groei en ontwikkeling omdat dit telkens tot `n
   hoër lewenstandaard lei 
 • Formule gebruik:

                     Reële BBP huidige jaar – Reële BBP vorige jaar x 100
      Reële BBP =
                                   Reël BBP vorige jaar 

 Volle indiensneming 
 • Dit is wanneer almal wat wil werk en werk soek, die geleentheid moet hê om
    te kan werk 
 • Hoë indiensnemingvlakke is die belangrikste ekonomiese doelwit van die
    staat 
 • Die werkloosheidskoers het oor die afgelope paar jaar gestyg
 • Gestremde mense het benadeelde status in Suid-Afrika.
 • Informele sektor-aktiwiteite moet aangemoedig word omdat dit ŉ sektor is
    waar indiensneming toeneem 
 • Vir werkskepping om te styg, moet produksie ook verhoog word. 
 • Formule:
                                         = getal werklose persone x 100 
                 Werkloosheidskoers
                                                     Totaal EAB

 Wisselkoers-stabiliteit
 • Doeltreffende monetêre en fiskale beleide moet in werking wees om
   wisselkoerse relatief stabiel te hou. 
 • Daling en styging in die waarde van die geldeenheid lei tot onsekerheid vir
   vervaardigers en handelaars en moet beperk word. 
 • Die SARB het die wisselkoers van ŉ beheerde swewing na ŉ vry-swewing
   wisselkoers omgeskakel 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      EKONOMIE V1                                         17

 Prysstabiliteit 
 • Stabiele pryse bring beter resultate in terme van werkskepping en ekonomiese
    groei mee. 
 • Die SARB se inflasieteiken is 3–6% 
 • Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrumente wat in die
    stabilisasiebeleid gebruik word. 
 • Die stabiele begrotingstekort het ook ŉ stabiliserende uitwerking op die
    inflasiekoers 
 Ekonomiese regverdigheid / Ekonomiese regverdigheid 
 • Herverdeling van inkomste en welvaart is belangrik. 
 • Suid-Afrika het ŉ progressiewe inkomste belastingstelsel.
   winsbelasting, welvaartbelasting, belasting op kapitaalwins en belasting op
   besteding word gebruik om gratis dienste mee te finansier 
 • Gratis maatskaplike dienste is basiese onderwys; primêre gesondheidsorg en
   finansiering van basiese ekonomiese dienste 
 • Bv. kontantskenkings aan die armes, bv.. kindertoelae en kontantskenkings
   aan mense wat kwesbaar is, bv. ongeskiktheidstoelae 
 • Progressiewe belasting beteken dat die hoër inkomstegroepe ŉ groter
   persentasie van hul inkomste as betalings betaal 
 Betalingsbalans ewewig 
 • Die surplus of tekort op die handelsbalans moet tot die minimum beperk word
   deur invoere te beperk en uitvoere te bevorder
 • Dit kan gedoen word deur ŉ buitelandse handelsbeleid wat fokus op
   uitvoerbevordering, invoervervanging en beskerming. 
 • Huishoudelike nywerhede met spesiale fokus op die sekondêre sektor moet
   ook ontwikkel word                                         (Maks. 26 punte)       (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 •    Werkloosheid het 30% oorskry en dit sal waarskynlik nog styg. 
 •    Werksgeleenthede word geniet deur mense wat nie bekwaam is nie, en nie
      geskik is vir die werk nie 
 •    Die GEAR-strategie het nie werklik die beoogde resultate in terme van
      indiensneming verbeter nie 
 •    EPWP skep werk wat nie volhoubaar is nie en wat onproduktief is 
 •    Regeringsinisiatiewe om vaardighede aan sy mense te verskaf is nie gelyk
      aan die vraag na arbeid nie. 
 •    Daar word geargumenteer dat ŉ groter persentasie van die land se begroting
      gaan na vergoeding en baie min wat vir werkskepping oorbly. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                    (Maks. 10)       (10)

 SLOT

 Terwyl sekere sukses deur die regering bereik is, word die vervulling van sommige
 doelwitte in die gedrang gebring deur faktore soos ŉ gebrek aan aanspreeklikheid,
 korrupsie, begroting, nepotisme en onbevoegdheid. 
 (Aanvaar enige korrekte relevante hoë-orde slot)                           (Mak. 2)    (2)

                                                          TOTAAL AFDELING C:            40
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
