# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/eb6a3154-fcdb-46ae-a5b5-19de23f150b7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/eb6a3154-fcdb-46ae-a5b5-19de23f150b7)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

                     EKONOMIE V1
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                                  EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1     A        inspuitings 

      1.1.2     D        piek 

      1.1.3     B        begroting 

      1.1.4     B        revaluasie 

      1.1.5     C        Handelsliberalisering 

      1.1.6     C        grondherverdeling 

      1.1.7     D        kritieke infrastruktuurprogram 

      1.1.8     A        Arbeidsproduktiwiteit                           (8 x 2)   (16)

1.2   PAS-ITEMS

      1.2.1     E    –    Stel internasionale riglyne vir die rapportering van
                          statistieke wat oor lande vergelykbaar is 

      1.2.2     G    –    Makro-ekonomiese model wat daarop dui dat
                          skommelinge ŉ gevolg van tegnologiese veranderinge
                          is 

      1.2.3     F    –    Begrotingstekort om nie 3% van die BBP-lenings te
                          oorskry nie 

      1.2.4     H    –    Die vervaardiging van ŉ goed of diens teen die laagste
                          koste 

      1.2.5     B    –    Vaste en voorafbepaalde hoeveelheid wat ingevoer kan
                          word 

      1.2.6     C    –    Gemeet aan reële BBP 

      1.2.7     I    –    Geniet aansporings soos belastingverligting om
                          nywerheidsontwikkeling te bevorder 

      1.2.8     D    –    Gehef deur banke aan hul beste kliënte          (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                  EKONOMIE V1                                   3

1.3    GEE EEN TERM

       1.3.1     Geïnduseerde verbruik 

       1.3.2     Bewegende gemiddeldes 

       1.3.3     Vergelykende voordeel 

       1.3.4     Beskerming 

       1.3.5     Ruimtelike Ontwikkelings-inisiatief 

       1.3.6     Produsenteprys-indeks                               (6 x 1)     (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai asseblief om

### Page 4

4                                EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1    Noem enige TWEE tipes wisselkoersstelsels.
                 • Vry swewende 
                 • Vaste wisselkoers 
                 • Beheerde swewende                                 (Enige 2 x 1)      (2)

        2.1.2    Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in ŉ vier-
                 sektormodel kleiner as dié van ŉ twee-sektormodel?
                 Die grootte van die vermenigvuldiger sal kleiner wees aangesien
                 daar meer lekkasies (belasting en invoer) in die ekonomie sal
                 wees. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer ŉ item uit die tabel hierbo wat uit salarisse en lone
                 bestaan uit die tabel hierbo.
                 • Vergoeding van werknemers                         (Enige 1 x 1)      (1)

        2.2.2    Noem EEN item wat gebruik word wanneer BBP teen
                 faktorkoste na BBP teen basiese pryse omgeskakel word.
                 • Belasting op produksie 
                 • Subsidies op produksie                    (Enige 1 x 1)              (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die term faktorkoste.
                 Faktorkoste verteenwoordig die totale inkomste wat deur
                 verskillende produksiefaktore ontvang word. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

        2.2.4    Verduidelik die doel van ŉ residuele item in die berekening
                 van BBP.
                 Om akkuraatheid van die syfers te verseker / om verskille wat
                 ontstaan omdat verskillende metodes gebruik word om BBP te
                 bereken, in ag te neem. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

        2.2.5    Waarom sal ekonome konstante pryse bo huidige pryse
                 verkies wanneer hulle ekonomiese groei meet?
                 • Konstante pryse word aangepas om die uitwerking van inflasie
                   uit te sluit, terwyl huidige pryse nie aangepas word nie.
                 • Konstante pryse bied ŉ ware weerspieëling op werklike
                   veranderinge in produksie van goedere en dienste, terwyl
                   huidige pryse ŉ verkeerde weerspieëling gee. 
                 • Huidige pryse gee ŉ verkeerde/skewe aanduiding van die
                   werklike groei van die ekonomie. 
                 • Die meting van ekonomiese groei deur konstante pryse te
                   gebruik, verskaf akkurate data aan beleidmakers om ingeligte
                   besluite te maak.                                 (Enige 2 x 2)     (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                     EKONOMIE V1                                                5

2.3    DATARESPONS

       2.3.1    Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys.
                P1                                                                               (1)

       2.3.2    Gee ŉ formule om die totale vraag vir ŉ geslote ekonomie te
                bereken.
                TV = C + I + G                                                                   (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.
                Die nuwe ekonomiese paradigma verwys na regeringsbeleid wat
                ontwerp is om ŉ hoë koers van ekonomiese groei te verseker
                sonder om aanbodbeperkings en prysinflasie te hê. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                (2)

       2.3.4    Verduidelik die gebruik van uitgebreide fiskale beleid om
                ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.
                • Toenemende staatsbesteding sal die totale vraag verhoog wat
                  dien as ŉ inspuiting in die ekonomie wat lei tot ŉ toename in
                  produksie, en meer produksiefaktore word aangewend. 
                • Vermindering van belasting wat lei tot ŉ toename in besteebare
                  inkomste wat tot ŉ toename in totale vraag sal lei. 
                • Verhoging in regeringsbesteding en verlaging van belasting op
                  dieselfde tyd sal tot ŉ aansienlike toename in vraag lei.                     (2)

       2.3.5    Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit
                om die effek van vraag- en aanbodkantbeleide in die
                gladstryking van sakesiklusse te toon.

                2 punte vir aa verhoging
                1 punt vir benoeming van ekwilibrium-punte
                1 punt vir korrek geposisioneerde en benoemde nuwe ekwilibrium na ŉ
                toename in aanbod

                                                                     GA2 
                                                F          D

                                         C

                                                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai asseblief om

### Page 6

6                              EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   Bespreek kortliks spesialisasie en doeltreffendheid as gevolge van
      internasionale handel.

      Spesialisasie
      • Spesialisasie verhoog die lewenstandaard, veral wanneer die
         spesialisasie gebied in groot aanvraag is weens ŉ tekort aan
         verskaffing, 
      • bv. Angola het olie sodat dit in olieprodukte kan spesialiseer.
         Mosambiek het geen oliebronne nie en kan nie in hierdie hulpbronne
         spesialiseer nie.
      Doeltreffendheid
      • Onbeperkte internasionale handel verhoog mededinging 
      • Mededinging verhoog doeltreffendheid aangesien dit onnodige koste
         en vermorsing uitskakel en verminder 
      • Verhoogde doeltreffendheid lei tot laer koste en laer pryse 
      • Laer pryse beteken dat dieselfde inkomste meer goedere en dienste
         kan koop  wat tot ŉ verhoogde lewenstandaard lei. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (4 + 4)       (8)

2.5   Hoekom is finansiële markte belangrik vir ekonomiese groei?
      Finansiële markte is belangrik vir ekonomiese groei omdat hulle:
      • voorsiening te maak vir die huishoudings om hul deel van inkomste te
        spaar en vir besigheid om 'n bedrag geld te leen. 
      • die vloei van spaargeld en investering in die ekonomie te rig wat die
        akkumulasie van kapitaal vergemaklik, 
      • die toename in kapitaalakkumulasie vir die ekonomie dra by tot
        verhoogde produksie van goedere en dienste 
      • oorbrug die gaping tussen diegene wat oormaat geld het met diegene
        wat geld nodig het deur die geld- en kapitaalmarkte 
      • geleenthede bied om welvaart te verhoog deur in die aandelemark te
        belê 
      • voorsien 'n meganisme vir die regering om inflasie en geldvoorraad
        deur die effektemark te beheer 
      • die toewysing van krediet in die ekonomie te reguleer wat ook die
        produksie van goedere en dienste vergemaklik 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                  EKONOMIE V1                                        7

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1    3.1.1   Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel.
               • Spesialisering 
               • Skaalbesparings 
               • Keuses/toename in welvaart 
               • Innovasies/Beste praktyk 
               • Verbeterde internasionale betrekkinge    (Enige 2 x 1)             (2)

       3.1.2   Hoe beïnvloed ŉ toename in invoer die ekonomie?
               • ŉ Stygende vlak van invoer en ŉ groeiende handelstekort kan
                  'n negatiewe uitwerking op ŉ land se wisselkoers hê. 
               • ŉ Toename in invoere kan ŉ land se handelsbalans verwring
                  en sy geldeenheid devalueer. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)      (2)

3.2    DATARESPONS

       3.2.1   Identifiseer ŉ metode om uitvoere te bevorder uit die inligting
               hierbo
               • Aansporings 
               • Subsidies                                                          (1)

       3.2.2    Noem ŉ internasionale instelling wat vryhandel bevorder.
                Wêreldhandelsorganisasie (WHO)                                      (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.
                Uitvoerbevordering verwys na maatreëls wat deur die regering
                onderneem word om plaaslike produsente aan te moedig om meer
                te produseer om aan ander lande te verkoop. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2)

       3.2.4    Verduidelik die voordeel van skaalvoordele vir verbruikers.
                Skaalvoordele bevoordeel verbruikers deur lae produksiekoste wat
                tot lae pryse sal lei. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2)

       3.2.5   Hoe help ŉ toename in uitvoere ŉ ekonomie?
               • ŉ Handelsoorskot dra by tot ekonomiese groei in ŉ land. 
               • Wanneer daar meer uitvoere is, beteken dit dat daar ŉ hoë vlak
                 van uitset van ŉ land se fabrieke en nywerheidsfasiliteite
                 is. 
               • Daar is ook ŉ groter aantal mense wat in diens geneem word
                 om hierdie fabrieke in bedryf te hou. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                  (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 8

8                                 EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

3.3       DATARESPONS
          3.3.1   Identifiseer die groeibeleid wat daarop gemik is om werk te skep deur
                  arbeidsintensiewe metodes van bogenoemde te gebruik.
                  UOWP                                                                                (1)
          3.3.2   Noem enige ander Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleid.
                  • HOP 
                  • GEAR 
                  • Asgisa 
                  • Jipsa 
                  • NOP 
                  • NGP                                                 (Enige 1 x 1)                 (1)
          3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
                  ŉ Verbetering in die lewenstandaard van die burgers van ŉ land. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                   (2)
          3.3.4   Verduidelik die rol van die regering in die bevordering van die toetrede
                  van swart entrepreneurs tot besighede.
                  Die regering kan toetrede van swart entrepreneurs tot besigheid bevorder
                  deur:
                  • die inisiëring van behoorlike en doeltreffende wetgewing (voorkeur-
                     verkryging) 
                  • ondersteuning van organisasies wat gelyke verteenwoordiging in die
                     ekonomie dryf 
                  • versekering van behoorlike onderwys en opleiding en mentorskap
                     (inkubasieprogramme) 
                  • finansiële ondersteuning te bied waar nodig 
                  • monitering van SEB-nakoming en optrede deur wetgewing 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (2)
          3.3.5   Waarom was die BBSEB-programme nie suksesvol in die bevordering
                  van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika nie?
                  BBSEB was nie suksesvol in Suid-Afrika nie, want:
                  • Die meerderheid van die benadeelde mense van hierdie land het nie ten
                    volle by die beleid baat gevind nie, aangesien armoede en werkloosheid
                    steeds toeneem. 
                  • Maatskappye met swak BBSEB-tellings sal waarskynlik nie deelneem aan
                    staatskontrakte nie, hoewel hulle ŉ groot persentasie swartmense in diens
                    het, wat ŉ negatiewe impak op ander maatskappye in swart besit het. 
                  • Tenders word deur middel van voorkeurverkryging toegeken, en kos die
                    regering meer aangesien hulle nie die verskaffers van dienste is nie as
                    gevolg van uitkontraktering (omdat hulle nie betrokke is by die verskaffing
                    van die goedere en dienste nie, word die kwaliteit benadeel). 
                  • Bedrog waar betaling vir tenders nagekom is sonder enige produk- of
                    dienslewering. 
                  • Bedrog      soos     vals   SEB-sertifisering,    wanvoorstellings     aan
                    staatsdepartemente, versuim om aandelesertifikate uit te reik en
                    diefstal. 
                  • Die herverdeling van rykdom is beklemtoon en het nie ekonomiese groei
                    bevorder nie. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (4)
      Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                EKONOMIE V1                                        9

3.4   Bespreek die redes vir industriële ontwikkeling.
      • Om die wêreldekonomie uit te buit om handel te dryf en kennis te
        bekom. 
      • Om te verseker makro-ekonomiese stabiliteit word gehandhaaf vir
        verbetering van ekonomiese groei. 
      • Om hoë koerse van spaar en belegging te bereik om werksgeleenthede
        te skep. 
      • Om grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou en dienste-produksie
        te vestig vir ŉ meer diverse ekonomie. 
      • Ontwikkel binnelandse vervaardigingskapasiteit om uitvoere te
        verhoog. 
      • Ontwikkel en handhaaf toepaslike aansporings om beleggers te lok.
      • Dra by tot die industriële ontwikkeling van die Afrika-kontinent 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (8)

3.5   Hoe sal die sukses van die NOP die Suid-Afrikaanse ekonomie
      bevoordeel?
      • Daar sal ŉ toename in ekonomiese groei deur werkskepping as meer
        goedere en dienste geproduseer word 
      • Lewenstandaarde sal verbeter soos meer mense in diens geneem word
        en daar sal minder afhanklikheid van maatskaplike toelaes wees 
      • Ekonomiese integrasie binne en buite die grense van die land sal deur
        handel versterk word 
      • Kwaliteit uitset beide in goedere en dienste sal geproduseer word soos
        globalisering verhoog 
      • Daar sal ekonomiese doeltreffendheid wees wat tot hoër produktiwiteit
         en hoër winste lei 
      • Buitelandse beleggers se vertroue sal verhoog, wat tot beleggings en
         meer produksie eenhede sal lei 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (8)
                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 10

10                               EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1   4.1.1    Noem TWEE tipes sakesiklusse.
               • Kitchen-siklusse 
               • Jugler-siklusse 
               • Kuznets-siklusse 
               • Kondratieff-siklusse                              (Enige 2 x 1)     (2)

      4.1.2    Waarom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir 'n
               ekonomie?
               • Spesiale ekonomiese sones het verbinding met beide
                  verskaffers en potensiële markte, terwyl dit uitvoergerigte
                  nywerhede en plaaslike integrasie bevorder. 
               • Hulle stimuleer indiensneming, industriegroei en maatskaplike
                  ontwikkeling. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (2)

4.2   DATARESPONS

      4.2.1    Identifiseer die waarde van die handelsbalanstekort vir
               Januarie 2023.
               R23,05 miljard                                                        (1)

      4.2.2    Noem ŉ hoofrekening van die betalingsbalans wat uitvoere
               en invoere aanteken.
               Lopende rekening                                                      (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die term handelsbalans.
               Die verskil tussen uitvoere en invoere. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      4.2.4    Verduidelik die doel van die betalingsbalans.
               Die betalingsbalans verskaf gedetailleerde inligting oor die
               ekonomiese en finansiële verhoudings tussen ŉ land en die res van
               die wêreld. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      4.2.5    Hoe kan lande ŉ gunstige handelsbalans verkry?
               Lande kan ŉ gunstige handelsbalans verkry deur:
               • Verbetering van hul handelsbalans deur baie te belê in
                  uitvoergerigte vervaardigings- of ontginningsbedrywe. 
               • Plasing van tariewe op ingevoerde goedere. 
               • Devaluering van die land se geldeenheid. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                    (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                         11

4.3    DATARESPONS
       4.3.1    Identifiseer ŉ omgewingskwessie wat arm lande raak.
                • Orkane 
                • Droogtes 
                • Oorstromings 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1)        (1)

       4.3.2    Watter deel van Noord-Suid-verdeling verteenwoordig die arm
                lande?
                Suid                                                                      (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling.
                Verwys na die ontwikkelde lande in die Noordelike halfrond en die
                ontwikkelende lande in die Suidelike halfrond. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

       4.3.4    Verduidelik die negatiewe impak van massaproduksie deur
                ontwikkelde lande op die omgewing.
                • Sommige metodes wat tydens massaproduksie gebruik word lei
                   tot skadelike gasvrystelling wat die osoonlaag beskadig wat
                   lugbesoedeling tot gevolg het. 
                • Massaproduksie lei ook tot die storting van giftige afval op land en
                   water. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (Enige 1 x 2)     (2)

       4.3.5    Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat verband hou met die
                Noord-Suid-verdeling aangespreek word?
                Ongelyke lewenstandaard kan aangespreek word deur:
                • die skep van surplusse op BBP wat lande kan spaar en in hul
                  ekonomieë kan belê, wat tot hoër lewenstandaarde lei 
                • die verhoging van die per capita-inkomste in ontwikkelende lande
                  in die Suide deur verhoogde buitelandse investering wat tot
                  verhoogde ekonomiese groei lei 
                • fokus op grootskaalse nywerheidsaktiwiteite en ŉ wye
                  verskeidenheid dienste waar meer mense by ekonomiese
                  aktiwiteite betrokke kan wees wat lei tot ŉ styging in
                  inkomstevlakke 
                • die regering wat meer bydra deur meer belasting te verhoog om
                  beter dienste te lewer 
                • die verhoging van die lewensverwagting van ontwikkelende lande
                  wat aan siektes en swak gesondheid ly, deur die ingryping van
                  ontwikkelde lande waar die nuutste navorsing en tegnieke
                  toegepas word 
                • fokus op die stryd teen wanvoeding en ernstige siektes soos MIV
                  en vigs 
                • die verhoging van die standaard van onderwys deur effektiewe
                  interaksie met die betrokke partye betrokke by menslike
                  ontwikkeling 
                • die beskikbaarstelling van die vlak en doeltreffendheid van
                  onderwys soos deur die volwasse geletterdheidsyfer uitgedruk 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 12

12                               EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2023)

4.4   Met behulp van ŉ korrek benoemde grafiek, verduidelik die amplitude
      van ŉ sakesiklus.

      Verduideliking
      • Amplitude verwys na die vertikale (hoogte) verskil tussen ŉ trog en die
         volgende piek van ŉ siklus. 
      • Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ŉ piek en ŉ trog. 
      • Dit meet die afstand van die ossillasie van ŉ veranderlike vanaf die
         tendenslyn. 
      • Dit is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
         aktiwiteit. 
      • Hoe groter die amplitude, hoe meer ekstreem is die veranderinge wat
         kan voorkom.                                                 (Enige 2 x 2)     (8)

4.5   Hoe sal lande by internasionale ooreenkomste baat vind?
      • Die produsent land verkry toegang tot nuwe verbruikers en die invoerland
        verkry toegang tot goedere wat vereis word 
      • Lande kan verlaagde tariewe op invoere en uitvoere geniet 
      • Internasionale ooreenkomste laat lande toe vir die beveiliging van
        kredietlyne tussen lidlande 
      • Die versterking van betrekkinge op ander terreine as handel en
        belegging,  byvoorbeeld ekonomiese samewerking, wetenskap en
        tegnologie, kultuur en kuns en dialoog oor internasionale kwessies 
      • Die verbetering van globale doeltreffendheid 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                EKONOMIE V1                                        13

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

• Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
  ekonomie.                                                 (26 punte)
• Ontleed die impak van swak dienslewering deur die regering op sosio-
  ekonomiese regte.                                         (10 punte)

INLEIDING

Die staat of regering verskaf goedere en dienste wat onder lewering deur die mark
is en speel dus ŉ groot rol in die regulering van ekonomiese en leiding en vorming
van die ekonomie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                    (2)

HOOFDEEL

Ekonomiese groei 
• Verwys na ŉ toename in die produksie van goedere en dienste. 
• Dit word in terme van reële BBP gemeet. 
• Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër as
  die bevolkingsgroei. 
• Groei en ontwikkeling in ŉ land bevoordeel sy burgers omdat dit dikwels tot ŉ
  hoër lewenstandaard lei. 

Volle indiensneming 
• Dit is wanneer al die mense wat wil werk, wat werk soek, werk moet kan kry 
• Hoë vlakke van indiensneming is die belangrikste ekonomiese doelwit van die
   regering 
• Die werkloosheidsyfer het die afgelope paar jaar toegeneem 
• Gestremde persone het benadeelde status in Suid-Afrika 
• Informele sektoraktiwiteite moet bevorder word omdat dit ŉ gebied is waar
   indiensneming toeneem 
• Vir indiensneming om te verhoog, moet produksie toeneem 

Wisselkoersstabiliteit 
• Die ekonomie moet doeltreffend bestuur word en effektiewe fiskale en monetêre
   beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou 
• Depresiasie en waardering van die geldeenheid skep onsekerhede vir
   produsente en handelaars en moet beperk word 
• Die SARB het die wisselkoersstelsel verander van ŉ bestuurde swewende na ŉ
   vry swewende wisselkoersstelsel 

Prysstabiliteit 
• Stabiele pryse veroorsaak beter resultate in terme van werkskepping en
   ekonomies groei 
• Die SARB-inflasieteiken is 3–6% 
• Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrumente wat in die
   stabiliseringsbeleid gebruik word 
• Die stabiele begrotingstekort het ook ŉ stabiliserende effek op die inflasie-
   koers 
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 14

14                               EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

Ekonomiese billikheid 
• Herverdeling van inkomste en rykdom is noodsaaklik 
• Suid-Afrika gebruik ŉ progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op
  winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding
  word gebruik om gratis dienste te finansier 
• Gratis maatskaplike dienste is basiese onderwys; primêre gesondheid en om
  basiese ekonomiese dienste te finansier 
• Bv. kontanttoelaes aan armes, bv. kindertoelaes en kontanttoelaes aan
  kwesbare mense, bv. ongeskiktheidstoelaes 
• Progressiewe belasting beteken dat die hoër inkomste verdieners hoër/meer
  belasting betaal                                                  (Maks. 26)        (26)

ADDISIONALE DEEL

Swak dienslewering deur die regering kan 'n impak op sosio-ekonomiese regte hê
deur:
• beperking van mense se deelname aan ekonomiese aktiwiteite as gevolg van
   swak infrastruktuur dienste soos elektrisiteit en watervoorsiening 
• om mense bloot te stel aan ŉ ongesonde of onveilige leefomgewing as gevolg
   van swak sanitasie en ŉ gebrek aan behuising 
• die skending van kinders se reg op onderwys weens ŉ gebrek aan
   opvoedkundige infrastruktuur en materiaal 
• mense bloot te stel aan dood risiko’s deur swak gesondheidsorgdienste in
   sommige dele van die land 
• beperking van toegang tot behuising en eienaarskap van eiendom deur
   vertraagde menslike nedersetting en behuisingsprogramme 
• mense bloot te stel aan misdaad as gevolg van swak en onbetroubare
   beskermingsdienste deur die SAPD en weermag 
• die mense se reg op menswaardigheid te skend deur te versuim om behoorlike
   sanitasie en behuising in sommige dele van die land te voorsien 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
  ŉ Maksimum van 2 punte kan vir blote opsomming van feite toegeken word.
                                                                       (Maks. 10)       (10)

Gevolgtrekking

Dit is baie belangrik dat die staat van tyd tot tyd sy funksionering verbeter om die
ekonomie se onstabiliteit te vermy om sodoende gewenste ontwikkeling te
bring. 
(Aanvaar enige hoër orde relevante gevolgtrekking.)                        (Maks. 2)     (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                        15

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

• Bespreek sosiale aanwysers in detail.                        (26 punte)
• Hoe kan dienslewering deur plaaslike owerhede verbeter word? (10 punte)

INLEIDING

Sosiale aanwysers is ŉ maatstaf wat ekonome of die regering gebruik om die
prestasie van ŉ land te evalueer in terme van die sosiale welstand van sy
burgers.  (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                 (Maks.)      (2)

HOOFDEEL

Demografie ✓
• Dit handel oor die kenmerke van die bevolking, bv. bevolkingsgrootte/ras/
  ouderdom/geslag/inkomste/geografiese verspreiding/taal/opvoeding/
  beroep/godsdiens/geboortesyfer/vrugbaarheidsyfer/lewensverwagting by
  geboorte/kindersterftesyfer/sterftesyfer. ✓✓
• Hierdie inligting kan deur die regering gebruik word om te beplan vir bv.
  infrastruktuurontwikkeling ✓✓ en implementering van maatskaplike
  programme. ✓✓
• Dit is ook belangrik vir besigheid aangesien dit die grootte en kenmerke van
  besigheid se teikenmarkte aandui. ✓✓

Die bevolkingsgroei ✓
• Die bevolking van Suid-Afrika is teen middel-jaar 2021 op 60,14 miljoen geraam
   en na verwagting sal dit in 2022 ongeveer 61,93 miljoen wees ✓✓
• Suid-Afrika het ŉ relatief hoë bevolkingsgroei in vergelyking met ander
   ontwikkelde lande. ✓✓
• Die bevolkingsgroeikoers is ŉ belangrike aanwyser vir die regering in terme van
   die aantal maatskaplike dienste wat benodig word. ✓✓

Lewensverwagting ✓
• Dit spreek die aantal jare uit wat ŉ pasgebore baba sal leef as die heersende
   sterftepatrone dwarsdeur sy of haar lewe. dieselfde gebly het. ✓✓
• In Suid-Afrika is lewensverwagting by geboorte vir 2021 op 59,3 jaar vir mans
   en 64,6 jaar vir vroue geraam. ✓✓
• Die gemiddelde lewensverwagting vir Suid-Afrika in 2022 word op 64,63 jaar
   geraam. ✓✓ Dit is belangrik vir die regering om die gemiddelde
   lewensverwagting van die bevolking te ken, aangesien werkende mense ŉ
   reeks maatskaplike dienste benodig en ook die belastingbasis van die land. ✓✓
• Versekeringsmaatskappye stel veral belang in die lewensverwagting omdat
   onverwagte verlagings in lewensverwagting die aantal jare wat polishouers
   hul premies kan betaal verminder ✓✓ en nadelige uitwerking op die dienste
   van sulke besighede kan hê. ✓✓

Afhanklikheidskoers ✓
• Die hoë-ouderdom afhanklikheidsyfer in Suid-Afrika dui op die vlak van
   afhanklikheid van diegene wat werk. ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 16

16                              EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

 Menslike Ontwikkelingsindeks ✓
 • Dit is ŉ sosio-ekonomiese aanwyser van menslike ontwikkeling. Drie
    basiese aspekte word oorweeg: die lewenstandaard, gehalte van
    gesondheidsorg en algemene onderwysstandaard. ✓✓

 Voeding en gesondheid ✓

 Dit is twee verwante sosiale aanwysers.

 Voeding
 • Dit is ŉ belangrike aanwyser vir die welstand van babas en klein/jong
   kinders. ✓✓
 • Twee belangrike voedingstoestande is kinderwanvoeding en oorgewig wat
   veral belangrik is vir kinders onder die ouderdom van vyf jaar. ✓✓

 Kinder wanvoeding ✓
 • Wanvoeding word op twee maniere uitgedruk, naamlik gewig vir ouderdom
    (ondergewig) en lengte vir ouderdom (vertraagde of dwerggroei). ✓✓
 • Wanvoeding in al sy vorme kom neer op ŉ ondraaglike las, nie net die
    nasionale gesondheidstelsel nie, maar op die hele kulturele, sosiale en
    ekonomiese weefsels van die nasie. ✓✓
 • Die proporsie kinders wat ondergewig is, is die belangrikste aanwyser van
    wanvoeding ✓✓ en gewig omdat oorgewig die risiko van sterftes verhoog en
    kognitiewe ontwikkeling by kinders beïnvloed ✓✓

 Oorgewig kinders ✓
 • Die voorkoms van oorgewig kinders is ŉ groeiende bron van kommer in Suid-
   Afrika. ✓✓
 • Daar is ŉ verband tussen vetsug by kinders en die hoë voorkoms van
   diabetes (suikersiekte), respiratoriese siektes, hoë bloeddruk, sielkundige en
   ortopediese afwykings. ✓✓
 • Oorgewig kan lei tot talle nadelige gesondheidstoestande wat mense se
   vermoë om te werk en vir hulself te sorg, beïnvloed. ✓✓
 • Regerings maak dikwels wetgewing dat gesondheidsaanvullings soos
   vitamien A by basiese voedselsoorte soos brood gevoeg word. ✓✓
 • Die gesondheidsdepartement moedig ook borsvoeding aan. ✓✓
 • Wanvoeding en vetsug by kinders is aanwysers wat oorweeg word wanneer
   daar op voedingskemas en hul omvang besluit word. ✓✓

 Gesondheid
 • ŉ Aantal aanwysers word beide nasionaal en internasionaal gebruik om die
   gesondheid van ŉ bevolking te monitor. ✓✓

 Kindersterftes ✓
 • Dit word gemeet in terme van die aantal babas wat voor die ouderdom van
    een jaar per duisend lewende geboortes in ŉ gegewe jaar sterf. ✓✓
 • Die huidige babasterftesyfer vir Suid-Afrika in 2022 is 24 306 sterftes per
    1 000 lewende geboortes, ŉ afname van 2,93% vanaf 2021. ✓✓
 • Die babasterftesyfer vir Suid-Afrika in 2021 was 25 039 sterftes per 1 000
    lewende geboortes, ŉ afname van 2,84% vanaf 2020. ✓✓
 • Kindersterftes is aansienlik hoër in arm huishoudings. ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                        17

 Onder/Jonger as vyf sterftes ✓
 • Dit word gemeet in terme van die waarskynlikheid dat ŉ pasgebore baba sal
   sterf voor die ouderdom van vyf jaar, indien onderhewig aan huidige
   ouderdom-spesifieke sterftesyfers. ✓✓
 • Die waarskynlikheid word uitgedruk as ŉ getal per duisend en in Suid-Afrika
   is die Onder vyf-sterftesyfer (per 1 000 lewende geboortes) in Suid-Afrika in
   2020 op 32,2% gerapporteer, volgens die Wêreldbank. ✓✓

 Gesondheidsbesteding ✓
 • Dit word in terme van die hoeveelheid openbare en private besteding aan
   gesondheidsorg as ŉ persentasie van die BBP gemeet. ✓✓
 • Gesondheidsuitgawes vir die 2021/2022-boekjaar was R248,8 miljard en sal
   na verwagting met 0,8% per jaar styg, van R58,1 miljard in 2020/21 tot R59,4
   miljard in 2023/24. ✓✓
 • Gesondheidsorg het uitgebreide positiewe eksternaliteite. ✓✓

 Toegang tot skoon drinkwater ✓
 • Dit word gemeet in terme van die persentasie van die bevolking wat redelike
    toegang tot veilige en drinkwater (behandel of onbesmet) het. ✓✓
 • Die persentasie huishoudings met toegang tot ŉ verbeterde bron van water
    het tussen 2002 en 2021 van 84,4% tot 88,7% toegeneem. ✓✓

 Toegang tot sanitasiegeriewe ✓
 • Dit word gemeet in terme van die persentasie van ŉ bevolking met ten minste
    voldoende sanitasiegeriewe wat menslike kontak met mense, dier en insekte
    effektief kan voorkom. ✓✓
 • Die persentasie huishoudings met toegang tot verbeterde sanitasie het
    tussen 2002 en 2021 met 22,4 persentasiepunte toegeneem, van 61,7% tot
    84,1%. ✓✓
 • ŉ Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander koste, lewer inkomste
    en dra tot ŉ sterker ekonomie by. ✓✓

 Dienste ✓
 Dienste is noodsaaklik om mense se lewenstyl en vlak van ekonomiese en
 sosiale ontwikkeling te verbeter. ✓✓
 In Suid-Afrika word die volgende ingevolge die Grondwet se vereistes van
 menswaardigheid en sosiale geregtigheid geïdentifiseer: ✓✓

 Elektrisiteit ✓
 • ŉ Toename in die persentasie huishoudings wat aan die elektrisiteitstoevoer
    vanaf die hoofleiding gekoppel is, het van 76,7% in 2002 tot 89,3% in 2021
    toegeneem.✓✓

 Vullisverwydering ✓
 • Drie-vyfdes (62,9%) van huishoudings in Suid-Afrika se vullis is weekliks of
    minder gereeld in 2021 verwyder. ✓✓
 • Vullisverwydering was baie meer algemeen in stedelike as in landelike
    gebiede (85,4% vergeleke met 11,8%), terwyl 86,3% van huishoudings in
    metropolitaanse gebiede toegang tot hierdie dienste gehad het. ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 18

18                              EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

 Watervoorsiening ✓
 • 88,7% van alle huishoudings gebruik kraanwater in hul wonings, hul erwe of
   uit hul bure se of gemeenskaplike krane gebruik, terwyl slegs 45,2% het in
   2021 water in hul wonings gehad. ✓✓
 • Dit is die gemiddelde van stedelike en landelike toegang tot verbeterde
   waterskemas.✓✓
 • Verbeterde waterbronne verwys na 'n voldoende hoeveelheid water uit
   bronne ✓✓
 • bv. huishoudings se aansluitings/krane binne die erf/openbare
   krane/boorgate/beskermde fonteine/en reënwaterversameling. ✓

 Sanitasie ✓
 • Nasionaal, in 2021, het slegs 64,8% van huishoudings spoeltoilette gebruik,
   terwyl 19,3% puttoilette met ventilasiepype en 13,4% puttoilette sonder
   ventilasiepype gebruik het. ✓✓

 Onderwys ✓
 Die lewenstandaard hou met die vlak van onderwys verband.✓✓

 Onderwys is ŉ belangrike sosiale aanwyser:

 Openbare besteding ✓ die persentasie van die nasionale begroting wat aan
 onderwys toegeken is. ✓✓
 Sekondêre inskrywing ✓ dit toon die persentasie van ŉ ouderdomsgroep wat in
 die hoërskool ingeskryf is. ✓✓
 Primêre voltooiing ✓ die persentasie van ŉ ouderdomsgroep wat primêre
 onderwys voltooi het, is ŉ aanwyser van die doeltreffendheid van die
 onderwysstelsel. ✓✓
 Jeug-geletterdheidsyfer ✓ die persentasie van die ouderdomsgroep
 15–24 jaar wat geletterd is. ✓✓

 Behuising en verstedeliking

 Behuising ✓
 • Beduidende deel van SA burgers is arm en kan nie eiendom bekostig nie
   (± 50%).✓✓
 • Die regering verskaf subsidies en lenings van die private sektor. ✓✓
 • Meer as 1,5 miljoen huise is sedert 1994 oorhandig. ✓✓

 Verstedeliking ✓
 Verstedeliking (toename in bevolkingsgetalle in stede/dorpe) as gevolg van:
 • die natuurlike groei van die stedelike bevolking; ✓✓
 • migrasie ✓
 • vestiging van nuwe dorpe. ✓✓

 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
 (Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.)        (Maks. 26)       (26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                         19

ADDISIONALE DEEL

Dienslewering deur plaaslike munisipaliteite kan verbeter word deur:
• verhoging van burgerdeelname in die sake van die plaaslike owerheid en
   vennootskap met die gemeenskap in dienslewering. ✓✓
• om ŉ buigsame reaksie op diensgebruikerklagtes te hê. ✓✓
• waarde vir geld te bied en te verseker dat diensgebruikers hul rekeninge
   betyds betaal. ✓✓
• behoorlike strategiese staatsdiensbeplanning te doen. ✓✓
• implementering van ŉ gesonde menslikehulpbronbeleid wat kapasiteitsbou
   en werknemersmotivering insluit. ✓✓
• die hantering van verandering in plaaslike regering toepaslik en effektief. ✓✓
• die hantering van korrupsie en die verbetering van aanspreeklikheid van
   mensehulpbronne. ✓✓
• skeiding van pligte tussen raadslede en bestuur van die plaaslike
   owerhede. ✓✓
• vennootskap met ander spelers en uitkontraktering van dienste waar van
   toepassing. ✓✓
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (Maks. 10)     (10)

GEVOLGTREKKING

• Sosiale aanwysers is die beste maatstawwe om die ontwikkeling en
  vordering van gemeenskappe na te gaan as gevolg van regeringsinisiatief
  om die lewens van die gemeenskap in die algemeen te verbeter. ✓✓
• Die Suid-Afrikaanse regering verhoog jaarliks sy begrotingsbesteding aan
  gesondheid en onderwys om die lewens van sy burgers te verbeter. ✓✓
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.)
                                                                    (Maks. 2)       (10)
                                                                                    [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:             40
                                                           GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
