# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2024

                    EKONOMIE V1
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.

               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1     C    –       geïnduseerde verbruik 

      1.1.2     A    –       reële sakesiklus 

      1.1.3     D    –       plaaslike 

      1.1.4     D    –       handelsbalans 

      1.1.5     B    –       fisiese beheer 

      1.1.6     A    –       per kapita inkomste 

      1.1.7     C    –       Gesamentlike Inisiatief vir die Verwerking van Voorkeur-
                             vaardighede 

      1.1.8     B    –       Produsentprys-indeks                             (8 x 2)   (16)

1.2   PAS-ITEMS

      1.2.1     E       –     ŉ stelsel van internasionale riglyne om inligting in
                               ekonomiese ontleding en inligting oor makro-
                               ekonomiese beleid te verskaf

      1.2.2     I       –     ŉ aanbodkant-beleid      wat   skommelinge     in    die
                               ekonomie gladstryk

      1.2.3     A       –     oordrag van funksies en eienaarskap van die
                               privaatsektor na die openbare sektor

      1.2.4     G       –     finansierings-instrument onder lidlande      van     die
                               Internasionale Monetêre Fonds versprei

      1.2.5     H       –     die verwydering van wette, regulasies en by-wette
                               deur die regering

      1.2.6     B       –     ŉ landswye regeringsingryping om          werk      deur
                               arbeidsintensiewe metodes te skep

      1.2.7     D       –     ŉ landstreek wat ŉ deurgang vorm wat deel van
                               streeksontwikkeling is

      1.2.8     F       –     die aantal jare wat ŉ persoon kan leef gebaseer op
                               statistiese gemiddeldes                        (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 EKONOMIE V1                                     3

1.3    GEE EEN TERM

       1.3.1     Bruto Nasionale Produk 

       1.3.2     Lengte 

       1.3.3     Lafferkurwe 

       1.3.4     Uitvoerbevordering 

       1.3.5     Noord-Suid verdeling 

       1.3.6     Ruimtelike-Ontwikkelings-Inisiatiewe                 (6 x 1)    (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.
                 • Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) 
                 • Aksynsregte/sonde-belasting 
                 • Doeane-belasting/Invoerbelasting/tariewe 
                 • Brandstofheffing 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1)          (2)

        2.1.2    Waarom is dit nodig om ŉ oorverhitte ekonomie te demp
                 (buitensporige groei)?
                 • ŉ Oorverhitte ekonomie veroorsaak ŉ tekort in die voorsiening
                   van goedere en dienste en lei tot inflasie. 
                 • Die waarde van die rand kan sterk raak, en dit kan tot ŉ daling
                   in uitvoere lei. 
                 • Hulpbronne kan uitgeput raak as besighede besluit om
                   produksie as gevolg van vraag te verhoog. 
                   Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 2)      (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer ŉ letter wat geldbesteding op kapitale goedere
                 verteenwoordig vanuit die grafiek.
                 • I                                                  (1 x 1)         (1)

        2.2.2    Noem die tipe ekonomie wat deur die diagram hierbo
                 uitgebeeld word.
                 • Oop-ekonomie                             (1 x 1)                   (1)

        2.2.3    Verduidelik die term vermenigvuldiger.
                 ŉ Aanvanklike styging in besteding (inspuiting) lewer ŉ meer as
                 proporsionele toename in nasionale inkomste. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (1 x 2)      (2)

        2.2.4    Verduidelik die negatiewe effek van ŉ styging in invoere
                 besteding op die grootte van die vermenigvuldiger.
                 ŉ Toename in besteding aan invoere sal die grootte van die
                 vermenigvuldiger verminder; namate meer geld uit die land vloei
                 (lekkasies), verminder plaaslike verbruik (mvg). 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2)

        2.2.5    Gebruik die formule K = ∆Y/∆J om die waarde van die
                 vermenigvuldiger te bereken uit die scenario hierbo.
                 Toon ALLE berekeninge.
                 K = [200 – 100]  ÷ [80 – 40]  = 2,5 
                 • (Maksimum 1 punt vir antwoord alleen.)                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  EKONOMIE V1                                         5

2.3    DATARESPONS

       2.3.1    Identifiseer EEN parastataal vanuit die uittreksel hierbo.
                • Eskom 
                • Transnet                                        (Enige 1 x 1)       (1)

       2.3.2    Noem ŉ kenmerk van openbare sektor mislukking.
                • Ondoeltreffendheid 
                • Onbekwaamheid                             (Enige 1 x 1)             (1)

       2.3.3    Verduidelik die term openbare sektor mislukking.
                Openbare sektor mislukking vind plaas wanneer die openbare
                sektor nie daarin slaag om die beskikbare hulpbronne effektief en
                optimaal te bestuur nie / Vind plaas wanneer regeringsingryping
                nie die gewenste uitkoms bereik nie, of selfs die bestaande
                ekonomiese situasie vererger. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (1 x 2)      (2)

       2.3.4    Verduidelik die impak van korrupsie op volle indiensneming
                as ŉ makro-ekonomiese objektief.
                • Korrupsie verminder die effektiwiteit van openbare investering
                  wat tot ŉ daling in werkskepping lei. 
                • Aangesien maatskappye verliese ervaar as gevolg van korrupsie
                  en bedrog, kan sommige werkers dalk afgelê word. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)     (1 x 2)       (2)

       2.3.5    Hoe      kan      onbevoegdheid       in    staatsondernemings
                dienslewering beïnvloed?
                • Onbevoegdheid deur SBO’s vertraag dienslewering en lei tot
                  onreëlmatige dienslewering (SAL en ESKOM). 
                • Fondse wat vir dienslewering toegeken word, word nie reg
                  bestee nie weens ŉ gebrek aan kapasiteit. 
                • SBO’s werknemers het dalk onvoldoende opleiding en ervaring
                  wat tot verkeerde besluite en lae produktiwiteit lei. 
                • Dit kan lei tot minder wins verdien en daarom is dienslewering
                  baie stadig. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2024)

2.4   Verduidelik kortliks die verhouding tussen die finansiële sektor en
      die ander deelnemers in die ekonomiese kringloop-model.
      • Finansiële sektor voorsien lenings aan ander deelnemers van die
        ekonomiese kringloop. 
      • Kommersiële banke aanvaar deposito’s van geld van huishoudings as
        spaargeld. 
      • Die finansiële sektor leen geld in die vorm van lenings aan
        vervaardigers wat dit benodig om uit te brei. 
      • Huishoudings kan geld leen van finansiële instellings om goedere en
        dienste te koop. 
      • Regeringsinstansies soos staatsbeheerde besighede en plaaslike
        munisipaliteite kan spaar of hulle surplus fondse by finansiële instellings
        investeer/belê. 
      • Finansiële instellings soos kommersiële banke en versekerings-
        maatskappye betaal belasting aan die regering. 
      • Die regering kan geld by verskillende finansiële instellings leen. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (Enige 4 x 2)       (8)

2.5   Hoe kan eksogene faktore ekonomiese skommelinge veroorsaak
      (sakesiklusse)?
      • Uitbreidingsbeleide soos vermindering in belasting en rentekoerse
        stimuleer totale vraag wat die produksie van goedere en dienste sal
        verhoog. 
      • Toename in geldvoorraad en staatsbesteding stimuleer wat ŉ
        uitbreiding in ekonomiese aktiwiteit sal veroorsaak 
      • Strukturele veranderinge soos toename in die bydrae van die
        sekondêre of tersiêre sektor tot die BBP kan produksiepatrone
        verander, en die vlak van ekonomiese aktiwiteit vergroot. 
      • Tegnologiese verandering lei tot groot beleggings in die produksie van
        nuwe produkte wat ŉ uitbreiding in ekonomiese aktiwiteite
        veroorsaak 
      • Willekeurige skokke soos verandering in die regerende party of
        burgeroorlog kan veroorsaak dat besighede en huishoudings
        pessimisties is en sodoende die vlak van aktiwiteit verlaag 
      • ŉ Drastiese styging in internasionale oliepryse kan die koste van
        produksie verhoog wat die vlak van ekonomiese aktiwiteite sal laat
        krimp 
      • Natuurrampe soos droogtes en vloede kan infrastruktuur vernietig wat
        ŉ inkrimping in ekonomieë aktiwiteit kan veroorsaak 
      • Klimaatsverandering en aardverwarming verminder primêre sektor
        produksie, vertraag ekonomiese groei  van die ekonomie wat ook
        die produksie van goedere en dienste fasiliteer 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      LET WEL: ŉ Maksimum van 2 punte vir die opnoem van feite moet
                  toegeken word.                                   (Enige 4 x 2)        (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   EKONOMIE V1                                          7

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1    3.1.1   Noem enige TWEE vorms van ekonomiese integrasie.
               • Doeane-unie 
               • Gemeenskapsmark 
               • Ekonomiese unie 
               • Monetêre unie 
               • Vryhandel-gebied 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1)          (2)

       3.1.2    Hoe kan die ekonomie sy produktiwiteit verhoog?
                • Verbeterings     in    arbeidsgehalte,   insluitend   bestuurs-
                  doeltreffendheid deur onderwys en opleiding, kan produktiwiteit ŉ
                  hupstoot gee 
                • Die gebruik van beter en verbeterde tegnologie wat besighede in
                  staat stel om meer te produseer met dieselfde hoeveelheid arbeid
                  en kapitaal. 
                • Die toekenning van befondsing om navorsing en ontwikkeling te
                  bevorder. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)         (2)

3.2    DATARESPONS

       3.2.1    Identifiseer EEN nuwe lidland van BRICS.
                • Saoedi-Arabië 
                • Egipte 
                • Verenigde Arabiese Emirate (VAE) 
                • Iran 
                • Ethiopië                                              (Enige 1 x 1)     (1)

       3.2.2    Noem die handelsooreenkoms (protokol) tussen die Verenigde
                State en sub-Sahara Afrika-lande.
                Die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA)    (1 x 1)               (1)

       3.2.3    Verduidelik kortliks die term handelsprotokol.
                Handelsprotokol is ŉ reël of riglyn wat van toepassing op lidlande
                is. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (1 x 2)     (2)

       3.2.4    Verduidelik die hoofdoelwitte van BRICS.
                • Om ekonomiese samewerking en handel tussen die lidlande te
                   verbeter 
                • Om volhoubare ontwikkeling en inklusiewe groei te bevorder 
                • Om politieke samewerking en wedersydse begrip tussen lidlande
                   te fasiliteer 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

      3.2.5    Hoe kan vryhandel die ekonomie benadeel?
               • Mededinging met buitelandse uitvoere kan plaaslike
                 werkloosheid en besigheidsmislukkings veroorsaak. 
               • Nywerhede kan verskuif na gebiede met toegeeflike regulasies en
                 wetgewings, wat omgewingskade of beledigende arbeidspraktyke
                 veroorsaak 
               • Lande kan afhanklik raak van globale markte vir sleutelgoedere
                 wat hulle in ŉ strategiese nadeel in tye van krisis laat. 
               • Ontwikkelde lande/nasies verwag van ontwikkelende lande om hul
                 handelsversperrings te verwyder, sonder dat (ontwikkelde lande)
                 dieselfde doen 
               • Monopolieë kan geskep word wat pryse en handelstoestande
                 bepaal 
               • Die vermindering van belastinginkomste as gevolg van die
                 verwydering van tariewe 
               • Stygende produksievlakke kan tot grootskaalse besoedeling
                 lei 
               • Ontwikkelde      lande implementeer streng            sanitêre en
                 gesondheidstandaarde vir goedere uit ontwikkelde lande 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                        (Enige 2 x 2)     (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1    Identifiseer die ekonomiese aanwyser uit die tabel wat met
               buitelandse handel verband hou.
               Wisselkoers                                                               (1)
      3.3.2   Noem EEN geldvoorraadaanwyser.
              • M1 
              • M2 
              • M3                                                    (Enige 1 x 1)      (1)
      3.3.3    Verduidelik kortliks die term werkloosheidskoers.
               Die werkloosheidskoers word gedefinieer as die persentasie
               werkloosheidswerkers in die totale arbeidsmag. 
               (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.)               (1 x 2)         (2)

      3.3.4   Verduidelik die belangrikheid om die prestasie van die ekonomie
              te meet.
              • Om te kyk hoe die ekonomie van tyd tot tyd vaar 
              • Om ingeligte besluite te neem en toekomstige ekonomiese
                 beleide te bepaal 
              • Om te wys of teikens bereik is 
              • Om toestande tussen gebiede en verskillende tydperke te
                 vergelyk 
              • Om soortgelyke syfers met die van ander lande te vergelyk en vir
                 ons die relatiewe prestasie te vertel 
              • Om die sakegemeenskap te help om die gebruik van VPI te
                 verstaan om hul stygings op pryse te baseer 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)   (Enige 1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  EKONOMIE V1                                         9

       3.3.5    Ondersoek die rol van internasionale instellings in die
                standaardisering van ŉ land se aanwysers.
                • Die internasionale instellings betrokke in standaardisering is die
                   Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank en Verenigde
                   Nasies 
                • Oorbruggingsfinansiering vir betalingsbalanstekorte word deur die
                   IMF betaal as die betalingsbalans volgens hul vereistes
                   saamgestel word. 
                • Die IMF fokus op staatsfinansiering oor openbare finansies,
                   rekeningkunde en baseer hul voorspellings slegs op transaksies
                   wat wel plaasgevind het en wat na verwagting sal gebeur. 
                • Die Wêreldbank is verantwoordelik vir ontwikkelingshulp en is die
                   wêreld se grootste bron van finansiële bystand. 
                • Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir kinderhulp deur
                   UNICEF 
                • Die Verenigde Nasies skryf die gebruik van die Stelsel op
                   Nasionale Rekeninge in die saamstelling van produksie-,
                   inkomste- en bestedingsrekeninge voor. 
                • Ekonomiese en sosiale aanwysers is belangrik vir internasionale
                   hulp en befondsingsorganisasies wat spesifikasies nodig het van
                   hoe om dit te voltooi. 
                • Voordeel mag nie aan lande gegee word as hul aanwysers nie
                   beskikbaar is nie, nie in ooreenstemming met die instelling se
                   vereistes is nie, of nie prestasies toon wat ŉ lid vir hulp of
                   befondsing kwalifiseer nie 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

3.4   Verduidelik kortliks die voordele van invoervervanging.
      • Verhoogde indiensneming – plaaslike werkers, eerder as buitelandse
         werkers word in diens geneem om die goedere en dienste te produseer
         wat buitelandse goedere kan vervang. 
      • Meer keuses – omdat goedere nie meer ingevoer word nie, maar
         plaaslik geproduseer word, kan die buitelandse valuta wat beskikbaar
         word vir ander invoere gebruik word en sodoende die keuses wat aan
         verbruikers beskikbaar gestel word, verhoog 
      • Diversifikasie – deur meer goedere plaaslik te produseer, vergroot die
         verskeidenheid beskikbare goedere 
      • Die land is minder kwesbaar vir buitelandse optrede en toestande. 
      • Moedig industriële groei en ontwikkeling aan 
      • Minder invoere het ŉ positiewe uitwerking op die betalingsbalans. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      LET WEL: Ken ŉ maksimum van 4 punte vir blote opnoem van feite
                 toe.                                             (Enige 4 x 2)     (8)

3.5   Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES) tot die uitbreiding van die
      Suid-Afrikaanse ekonomie bydra?
      SES dra by tot die uitbreiding van die Suid-Afrikaanse ekonomie deur:
      • Nuwe besigheid/beleggings te lok. 
      • Besighede by te staan wat nuwe produklyne vestig en hul
          bedrywighede uitbrei 
      • Meer werk vir mense in hul omgewings te skep. 
      • Verhoog produktiwiteit en ekonomiese groei 
      • Bevorder meer effektiewe gebruik van hulpbronne. 
      • Fokus op beide plaaslike produksie en uitvoere. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      LET WEL: Ken ŉ maksimum van 4 punte vir blote opnoem van feite
                 toe.                                             (Enige 4 x 2)    (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     EKONOMIE V1                                         11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1    4.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van NOSs in Suid-Afrika.
                •     Coega NOS 
                •     Oos-Londen NOS 
                •     Gauteng NOS 
                •     Mafikeng NOS 
                •     Richardsbaai NOS 
                •     Saldanha NOS 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1)       (2)

       4.1.2    Hoe beïnvloed prysveranderinge die monetêre vloei in die
                ekonomiese kringloop?
                • ŉ Afname in die pryse van goedere en dienste sal tot ŉ toename
                   in vraag lei, wat geld verhoog in die sirkulêre vloei as betaling vir
                   goedere en dienste en besteding tussen die deelnemers. 
                • ŉ Verhoging in die pryse van goedere en dienste sal geld wat
                   tussen die deelnemers vloei (as betaling vir goedere en dienste),
                   verminder, namate die vraag na goedere en dienste afneem. 
                • As die prys van arbeid (lone) styg, sal dit die vloei van geld in die
                   sirkulêre vloei verhoog namate die vraag toeneem as gevolg van
                   verhoogde inkomste
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)          (2)

4.2    DATARESPONS

       4.2.1    Identifiseer ŉ voorbeeld van leidende aanwysers uit die inligting
                hierbo.
                Gemiddelde ure gewerk                                    (1 x 1)            (1)

       4.2.2    Noem die tipe sakesiklus wat tussen 15–20 jaar duur.
                Kuznets                                                         (1 x 1)     (1)

       4.2.3    Verduidelik kortliks die term saamgestelde aanwyser.
                ŉ Saamgestelde aanwyser word gevorm wanneer individuele
                aanwysers in ŉ enkele mark saamgestel word. 
                (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)            (1 x 2)              (2)

       4.2.4    Verduidelik samevallende aanwysers as ŉ kenmerk wat in die
                vooruitskatting van sakesiklusse gebruik word.
                • Samevallende aanwysers verskaf inligting oor die huidige
                    situasie van die ekonomie. 
                • Hulle verander op dieselfde tyd as die ekonomie. 
                • Hulle bereik ŉ hoogtepunt op dieselfde tyd as die sakesiklus en
                    bereik ŉ trog op dieselfde tyd as die sakesiklus. 
                • Voorbeelde van samevallend aanwysers is die reële BBP en
                    geregistreerde werkloses. 
                    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)        (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

      4.2.5    Waarom gebruik ekonome die bewegende gemiddeldes in die
               analisering van ekonomiese tendense?
               Ekonome gebruik die bewegende gemiddelde:
               • As ŉ instrument om veranderinge wat in ŉ reeks data oor ŉ tydperk
                  plaasvind, te ontleed ✓✓
               • As ŉ berekening om klein skommelinge uit te stryk en neigings in
                  die sakesiklus te openbaar ✓✓
               • Om ŉ duideliker beeld te kry van die algemene tendense in die
                  sakesiklus deur berekeninge wat uit data bepaal word ✓✓
               • As ŉ toepaslike metode uit vorige data nie beskikbaar is nie, en
                  wanneer langtermyn voorspelling gedoen word. ✓✓
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2)      (4)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1    Identifiseer ŉ nywerheidsontwikkelingsbeleid uit die inligting
               hierbo
               • NBAP 
               • NNBR
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1)      (1)

      4.3.2    Noem EEN aansporing wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik
               om nywerheidsontwikkeling aan te moedig.
               • Kleinsake-ondersteuningsprogram
               • SEDA Tegnologie Program (STP) 
               • Vaardigheidsondersteuning Program (VOP) 
               • Kritiese infrastruktuurfasiliteite 
               • Doeanevry aansporings 
               • Buitelandse Beleggings inisiatiewe/aansporings 
               • Strategiese Beleggingsprogram 
               • Dienste aan sakeprosesse 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1)         (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling.
               Verwys na beleide wat gemik is op die aanmoediging van
               nywerheidsinvestering en groter nywerheidsdoeltreffendheid /
               Regeringswette of regulasies wat daarop gemik is om maatreëls te
               ontwikkel om nywerheidsbedrywighede te verbeter of investering in
               nywerheid aan te moedig. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (1 x 2)        (2)

      4.3.4    Verduidelik mededinging as een van die algemene kriteria vir
               streeksontwikkeling.
               Mededingend vereis dat nywerhede en besighede wat gestig is as
               gevolg van streeksbeleide nie deurlopend finansiële hulp van die
               regering moet benodig nie. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  EKONOMIE V1                                       13

       4.3.5    Hoe kan Geïntegreerde Vervaardigingsstrategie (GVS)
                industrialisasie in Suid-Afrika bevorder?
                • GVS fokus op die verbetering van die mededingendheid van
                   vervaardigingsondernemings deur die verbetering van
                   infrastruktuur soos energie, kommunikasie en vervoer. 
                • Die strategie is daarop gemik om dwarsliggende kwessies te
                   verbeter deur ŉ reeks faktore soos tegnologie, innovasie en
                   menslike hulpbronne te ondersoek. 
                • Toegang tot finansiering word verbeter deur die voorsiening van
                   befondsing vir die ontwikkeling van nywerhede 
                • GVS behels die opgradering van menslike hulpbronne deur
                   vaardigheidsontwikkelingprogramme om arbeidsproduktiwiteit
                   en die kwaliteit van goedere en dienste te verbeter 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                     (Enige 2 x 2)    (4)

4.4    Onderskei tussen die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en
       die Mediumtermyn Begrotingsbeleid-raamwerk (MTBBR).

       MTBR
       • ŉ Plan van geraamde inkomste en uitgawes wat ŉ tydperk van drie jaar
         strek 
       • Dit dien om die vlak van deursigtigheid oor sake van die staatsbegroting
         te verhoog 
       • Dit fasiliteer langtermynbeplanning sodat departemente elke drie jaar
         seker kan wees van beleids- en befondsingskwessies 
                                                                         (Mak. 4)

       MTBBR
       • Die staat wat in Oktober van elke jaar aangebied word om ŉ prentjie te
         gee van die volgende jaar se jaarlikse begroting in Februarie 
       • Dit verskaf die regeringsbeoordeling van die ekonomie, die
         begrotingsprioriteite en die verdeling van inkomste 
       • Dit is gebaseer op die Medium Termyn Bestedingsraamwerk 
         (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
         (Aanvaar ŉ maksimum van 4 punte vir die blote opnoem van feite.)
                                                                  (Mak. 4) (4 + 4)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

4.5   Analiseer gesondheid as ŉ sosiale aanwyser.
      • Kindersterftes 
        o Die aantal kinders wat voor eenjarige ouderdom sterf, is een manier
            om die gesondheid van die bevolking te meet 
        o Kindersterftes is aansienlik hoër in arm huishoudings. 
      • Jonger as vyf jaar sterftesyfer 
        o     Die aantal kinders wat voor die vyfjarige ouderdom sterf 
        o     Die aantal kinders wat onder die ouderdom van vyf jaar sterf is
              steeds baie hoog, weens faktore soos nalatigheid, gebrek aan
              fasiliteite en personeel 
      • Gesondheidsbesteding 
        o Dit word gemeet in terme van die bedrag van openbare en private
            besteding aan gesondheidsorg as ŉ persentasie van die BBP
            (gesondheidsorg ontvang die tweede grootste begrotingstoekenning
            vir sy dienste). 
        o Gesondheidsorg het uiters positiewe eksternaliteite aangesien ŉ
            groter deel van die bevolking nou toegang tot basiese
            gesondheidsorg het 
        o Die toekenning van gesondheidsorg uitgawes is nie voldoende in alle
            provinsies nie en ŉ uiterse tekort aan toerusting en personeel word in
            verskeie hospitale ervaar 
      • Toegang tot skoon drinkwater 
        o Dit is maatreëls in terme van die persentasie van die bevolking wat
            redelike toegang tot veilige drinkwater het (behandel of
            onbesmet). 
        o Sommige gebiede van die land ervaar erge droogtes, en ŉ tekort aan
            skoon water in skole en hospitale 
        o Die Departement van Waterwese het baie waterverligtingskemas
            gebou, veral in skole en landelike gemeenskappe. 

       • Toegang tot sanitêre fasiliteite 
         o Dit word gemeet in terme van die persentasie van ŉ bevolking met
            ten minste voldoende sanitasie-fasiliteite wat mens/dier/insekte
            kontak effektief kan voorkom. 
         o ŉ Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander koste, lewer
            inkomste en dra tot ŉ sterker ekonomie by. 
         o Die landelike gemeenskappe(skole) ervaar steeds ŉ gebrek aan
            sanitasiegeriewe (soos die gebruik van die ou-put toiletstelle,
            ens.). 
            (Mak 2 punte vir die blote opnoem van feite en voorbeelde.)
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                               (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 EKONOMIE V1                                         15

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

• Bespreek in detail die redes vir internasionale handel.      (26 punte)
• Hoe kan verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?
                                                               (10 punte)

INLEIDING

Internasionale handel gee verbruikers en lande die geleentheid om blootgestel te
word aan goedere en dienste wat nie in hul eie lande beskikbaar is nie, of wat
binnelands duurder sou wees  / Internasionale handel is die ruil van goedere en
dienste oor internasionale grense. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                      (2)

HOOFDEEL

Vraagredes 

Die vraag na goedere en dienste word beïnvloed deur:

Die grootte van die bevolking 
• As daar ŉ toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit ŉ toename in vraag,
   omdat meer mense se behoeftes bevredig moet word 
• As ŉ land nie genoeg goedere en dienste het nie, moet dit van ander lande
   ingevoer word aangesien plaaslike verskaffers dalk nie aan hierdie vraag kan
   voldoen nie 

Inkomstevlakke 
• Veranderinge in inkomste veroorsaak ŉ verandering in die vraag na goedere en
   dienste. 
• ŉ Toename in die per kapita inkomste van mense in ŉ land lei tot hoër besteebare
   inkomste wat aan goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige
   ingevoer moet word. 
• Hierdie verhoogde vraag moet bevredig word en as daar nie genoeg goedere en
   dienste in die land is nie, moet goedere en dienste ingevoer word. 

ŉ Styging in die welvaart van die bevolking 
• ŉ Styging in welvaart van die bevolking lei tot ŉ groter vraag na goedere
• Mense het meer toegang tot lenings en kan meer en groter op luukse goedere
   bestee, waarvan baie in ander lande geproduseer word. 
• As ŉ land nie self hierdie luukse en hoogs tegnologiese produkte kan verskaf nie,
   moet sulke goedere ingevoer word. 
• Hierdie faktore is gunstig vir ontwikkelde lande, maar nie vir ontwikkelende lande
   nie. 
• Ontwikkelde lande baat meer by internasionale handel as ontwikkelende
   lande 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

Persoonlike smaak en voorkeure 
• Persoonlike smaak en voorkeure speel ŉ belangrike rol in die bepaling van
    pryse, bv. verbruikers in Australië het ŉ voorkeur vir ŉ spesifieke produk wat
    hulle nie plaaslik kan produseer nie, en dus moet hulle invoer, en dit sal ŉ hoër
    waarde hê as in ander lande. 

Die verskil in verbruikspatrone 
• Die vlak van ekonomiese ontwikkeling in ŉ land bepaal verbruikerspatrone. 
• Die verbruikspatrone van ontwikkelde lande sal van die van ontwikkelende
   lande verskil. 
• Byvoorbeeld, swak ontwikkelende lande het ŉ hoë vraag na basiese goedere
   en dienste, maar kleiner vraag na luukse goedere. 
• Die behoefte aan basiese benodighede, soos voedsel in ontwikkelende lande,
   kan daartoe lei dat meer benodighede goedere ingevoer word. 

Aanbodredes 

Natuurlike hulpbronne
• Natuurlike hulpbronne is nie eweredig tussen alle lande versprei nie. 
• Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word in plekke waar daardie
   hulpbronne voorkom 
• Elke land het sy eie unieke mengsel van natuurlike hulpbronne wat hulle in staat
   stel om sekere goedere en dienste meer effektief en teen ŉ relatief laer prys te
   produseer. 
• Byvoorbeeld, Suid-Afrika se goud- en diamantbronne het ons ŉ voordeel gegee
   in die produksie van goud en diamante. 
• Suid-Afrika is goed toegerus met verskillende natuurlike hulpbronne, maar het
   minder hulpbronne met geskoolde arbeid en kapitaal. 
• Japan en Ierland wat ŉ oorvloed van geskoolde arbeid het, maar hulle het ŉ
   gebrek aan natuurlike hulpbronne. 

Klimaattoestande 
• Verskille in klimaatstoestande tussen lande maak dit vir sekere lande moontlik
   om goedere teen ŉ laer prys as ander lande te produseer. 
• Baie gewasse kan slegs in sekere klimaatstoestande in sekere gebiede en
   sekere soorte grond verbrou word 
• Lande met gunstige klimaatstoestande maak dit ander moontlik om sekere
   goedere teen ŉ laer prys te produseer. 
• Byvoorbeeld Brasilië, wat die wêreld se grootste produsent van koffie is. 

Arbeidsbronne 
• Arbeid verskil tussen verskillende lande in terme van vaardighede, kennis,
   opleiding, kwaliteit, kwantiteit en ook koste. 
• Sommige lande het hoogs geskoolde, goedbetaalde werkers met hoë
   produktiwiteitsvlakke bv., Switserland (horlosie-vervaardiging). 
• Dit stel hulle in staat om goedere en dienste teen laer pryse te produseer as wat
   dit deur ander lande geproduseer kan word. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  EKONOMIE V1                                         17

Tegnologiese hulpbronne 
• Die ontwikkelingsvlak en innovasie prosesse van ŉ land sal altyd verskil en
   gevolglik kan ander lande dit in oorvloed hê, terwyl ander nie 
• Lande soos Duitsland en die VSA is in staat om kapitaal te gebruik wat hoë
   vlakke van tegnologie vereis, terwyl ander lande nie toegang tot die nuutste
   tegnologie het nie, soos basiese internetdienste en gesondheidsorg. 
• Daardie lande wat ŉ hoë tegnologiese arbeidskragte het, is in staat om sekere
   goedere en dienste teen ŉ lae koste te produseer, soos die ontwikkelde
   lande. 

Spesialisasie 
• Sommige lande spesialiseer in die produksie van sekere goedere en
  dienste 
• Spesialiseer in die produksie van ŉ sekere goed of diens, stel dit ŉ land in staat
  om voordeel te trek uit skaalvoordele en kan dus ŉ goed teen ŉ vergelykende
  eenheidskoste voordeel produseer 
• Byvoorbeeld, Japan spesialiseer in die produksie van sekere elektroniese
  goedere en verkoop dit teen ŉ laer prys as wat dit in ander lande geproduseer
  kan word. 
• Dit lei dikwels tot massaproduksie as gevolg van arbeidsverdeling,
  outomatisering en meganisasie 
• Kosteverskille vind plaas omdat goedere en dienste teen laer koste in een land
  as ŉ ander land geproduseer word kan word, as gevolg van die teorie van
  vergelykende voordeel. 
• Meeste van hierdie surplusproduksie word na ander lande uitgevoer en die
  inkomste verdien wat gebruik word uit hierdie uitvoere kan gebruik word om hul
  invoere te finansier 

Kapitaal 
• Kapitaal kan nie so maklik in sekere lande as in ander lande verkry word
  nie. 
• Ontwikkelde lande het ŉ voordeel bo ontwikkelende lande. 
• As gevolg van die gebrek aan kapitaal kan sekere lande nie self al die goedere
  wat hulle benodig produseer nie, of hulle geniet nie die gunstige toestande soos
  in ander lande nie. 
• In sommige lande moet hulle hul nywerhede en ekonomieë met gevorderde
  masjinerie en toerusting moderniseer, maar kan nie hierdie toerusting
  vervaardig nie, want hulle het nie die kapitaal om dit te doen nie. 
• Hierdie faktor het dus die behoefte aan internasionale handel verhoog . 
  Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
  (Maksimum van 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.)
  (Ken ŉ maksimum van 13 punte vir bespreking van een hoofrede toe.)
                                                                   (Mak. 26 punte)     (26)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

ADDISIONALE DEEL
Hoe kan ŉ verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?
• ŉ Verbetering in die ruilvoet kom as gevolg van ŉ styging in uitvoerpryse of ŉ
  afname in invoerpryse 
• ŉ Verhoging in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart op die korttermyn
  verhoog, aangesien meer inkomste verdien word met dieselfde/minder
  uitgawes en invoere 
• ŉ Afname in invoerpryse sal op die korttermyn minder uitgawes of minder
  betalings op invoer tot gevolg hê 
• Hoër uitvoerverdienste en laer invoerbetalings kan die tekort op die
  betalingsbalans op die korttermyn verminder 
• Minder hulpbronne sou gebruik word om uitvoere te produseer om vir invoere
  te betaal 
• Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere kan op die langtermyn as gevolg van hoë
  pryse daal 
• ŉ Daling in die ruilvoet kom as gevolg van ŉ daling in die uitvoerpryse of/en ŉ
  styging in invoerpryse. 
• ŉ Afname in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart op korttermyn verlaag,
  aangesien minder inkomste verdien word met dieselfde/minder uitgawes aan
  invoere. 
• ŉ Verhoging in invoerpryse sal op die korttermyn meer uitgawes of meer
  betalings op invoere tot gevolg hê 
• Laer uitvoer verdienste en hoër invoerbetalings kan die betalingsbalanstekort
  op die korttermyn verhoog 
• Meer hulpbronne sal gebruik word om uitvoere te produseer as vir die betaling
  vir invoere 
• Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere kan op die langtermyn toeneem as
  gevolg van laer pryse. 
  (Aanvaar enige korrekte relevante korrekte antwoord.)
  (Ken ŉ maksimum van 2 punte vir die lys van feite toe.)              (Maks. 10)       (10)

GEVOLGTREKKING

Internasionale handel is van kardinale belang vir ons moderne kommersiële wêreld
en produsente omdat verskillende lande wil voordeel uit ŉ groter mark trek, in plaas
daarvan om beperk te word om net binne hul grense te verkoop. 
(Aanvaar enige hoër orde relevante gevolgtrekking.)                       (Maks. 2)      (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 EKONOMIE V1                                        19

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

• Bespreek in detail die vraagkant-benadering in die bevordering van groei en
  ontwikkeling in Suid-Afrika.                                      (26 punte)
• Evalueer die Nasionale Ontwikkelingsprogram (NOP) in bevordering van groei en
  ontwikkeling.                                                     (10 punte)

INLEIDING

Die vraagkant-benadering behels diskresionêre verandering in monetêre en
fiskale beleide met die doel om die vlak van totale markvraag te verander. 
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)                              (Maks.)    (2)

HOOFDEEL

Internasionale beste praktyke argumenteer dat ontwikkelende ekonomieë hul
ekonomieë moet bestuur op ŉ manier wat ekonomiese groei skep. 
Dit sal sosiale transformasie, menslike kapitaalvorming en herverdeling van
inkomste aanhelp. 

Monetêre beleid 
• Monetêre beleid word gedryf deur die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank (SARB)
  en word gebruik om die rentekoerse te beïnvloed en voorsiening van geld in die
  ekonomie om pryse te stabiliseer deur inflasieteikens te implementeer. 
• Die sentrale bank bestuur die beskikbaarheid van geld deur middel van ope-
  mark transaksies en kontantreserwes vereistes 
• Variasies in die vlakke van rentekoerse verhoog of verlaag die koste van krediet
  en bepaal die hoeveelheid geld deur die werking van die geld-
  vermenigvuldiger 
• Variasies van wisselkoerse vir die doel van die veranderende
  handelsvoorwaardes word gebruik as ŉ hulpmiddel om veranderinge in die geld-
  voorraad teweeg te bring 

Die Suid-Afrikaanse monetêre beleid implementeer die vraagkant-benadering
deur:

Beheer die repokoers 
Om die rentekoerse te beïnvloed wat kommersiële banke kan bied vir twee
doeleindes:
• Kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of goedkoper te maak 
• Stabiliseer die wisselkoerse deur kapitaal invloei en uitvloei aan te moedig om
   te sorg vir ŉ tekort of ŉ surplus op die lopende rekening van die betalings-
   balans. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

Ope-mark transaksies ✓
• Om krediet te beperk verkoop die SARB sekuriteite en wanneer die banke
  hierdie sekuriteite koop, vloei geld van die banke na die SARB. ✓✓
• Die banke het dan minder geld om uit te leen en kan nie soveel krediet toestaan
  soos voorheen nie. 
• Om kredietverlening aan te moedig, koop banke die SARB-sekuriteite. Geld
  vloei die bankstelsel in. ✓
Morele oorreding ✓
• Die SARB konsulteer met banke om verantwoordelik op te tree in die lig van
  die heersende ekonomiese toestande ✓✓
• Die oortuiging word dikwels gekoppel aan die transaksies deur die SARB in die
  geldmark, ✓✓ bv. die koop en verkoop van wissels en verbande ✓
• As die banke vrygewig is om krediet te verleen, kan die SARB hulle versoek
  om minder toegeeflik te wees. ✓✓ Dit kan egter terselfdertyd papier in die mark
  verkoop en oortollige likiditeit dreineer, sodat banke minder geld het om uit te
  leen 
Fiskale beleid 
Fiskale beleid word gedryf deur die Departement van Finansies, en het ten doel
om die regering se politieke en ekonomiese doelwitte te fasiliteer,  deur
belasting en staatsbesteding wat ekonomiese groei en ontwikkeling kan
stimuleer. 

Progressiewe persoonlike inkomstebelasting: 
• Hoër inkomste verdieners word met hoër belastingkoerse belas as laer-
   inkomste verdieners. 
• Hierdie belasting word aangewend om maatskaplike ontwikkelings te finansier
   / die armes verkry meer voordeel as diegene met hoër inkomste. 

Welvaartbelasting ✓
• Eiendomme soos huise, kantore en fabrieke in stedelike gebiede word jaarliks
  belas 
• Hereregte/Oordragkoste word betaal wanneer eiendom gekoop en verkoop
  word. 
• Kapitaalwinsbelasting word gehef op wins uit die verkoop van kapitaalgoedere
  soos eiendomme en aandele 

Kontantvoordele 
• Ouderdomspensioene, ongeskiktheidstoelaes, kinderondersteuning              en
  werkloosheid versekering is belangrike kontanttoelaes. 
• Dit is ook as bestaanssorgbetalings/sosiale toelaes bekend. 

Goederevoordele (Natura-voordele) 
• Dit sluit in die voorsiening van gesondheidsorg, onderwys en sosiale maaltye,
  beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur. 
• Wanneer gebruikersfooie gehef word, betaal die armes of lae-inkomste
  verdieners minder of niks. 
• ŉ Beperkte hoeveelheid gratis elektrisiteit en water word voorsien. 
Ander herverspreiding 
• Sommige mikro-ekonomiese beleide het die voordeel dat dit die armes en
   lae-inkomste verdieners bevoordeel  bv. UOWP, SGP en KMMOs 
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                EKONOMIE V1                                       21

Grondrestitusie en grondherverdeling ✓
• Die doel van grondrestitusie is die teruggee van grond aan diegene wat dit
   verloor het weens eertydse diskriminerende wette na Junie 1913, terwyl
   grondherverdeling fokus op grond vir woongebiede en produktiewe gebruik vir
   voorheen benadeelde groepe. 
• Die doel is om landbougrond te herverdeel aan die voorheen benadeelde
   persone. 

Eiendom-subsidies 
• Subsidies help mense om eienaarskap van vaste residensiële eiendom te
    bekom. 
• Die staat se behuisingssubsidies-skema voorsien befondsing aan alle mense
    wat minder as R3 500 per maand verdien / die geld vir hierdie skema kom
    vanaf die hoofbegroting. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.
LET WEL: Ken ŉ maksimum van 8 punte vir die blote opnoem van
           feite/voorbeelde toe.
          (Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 26)   (26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Die Nasionale Ontwikkelingsplan was suksesvol omdat:
• dit het daarin geslaag om werksgelykheid te verminder deur sy beleide soos
    BBSEB, Diensbillikheid ens. 
• die NOP het openbare vervoer verbeter, landelike inkomste verhoog en die
    toegang tot werk verbreed 
• die NOP was suksesvol in die professionalisering van die staatsdiens in terme
    van verbeterde aanspreeklikheid, doeltreffendheid koördinering en om
    korrupsie op alle vlakke van die samelewing uit te roei 
• die NOP was suksesvol in die bevordering van private investering in
    arbeidsintensiewe gebiede, mededinging en toenemende uitvoer 
• die NOP in samewerking met die onderwysdepartemente het die gehalte van
    onderwys verbeter, veral in terme van vroeë kinderontwikkeling (VKO) . 
• die NOP is besig om die nasionale gesondheidsversekering (NHI) in te
    faseer, openbare gesondheidsorgfasiliteite op te gradeer en om die koste
    van private gesondheidsorg in die land te verminder. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

Die NOP was nie suksesvol nie omdat:
• Die land kon nie regstreekse buitelandse investering bekom nie (FDI’s). 
• Die nasionale werkloosheidskoers is steeds uiters hoog, as gevolg van ŉ baie
    lae ekonomiese groeikoers. 
• Die nasionale openbare gesondheidstelsel is nie funksioneel nie/doeltreffend
    in alle dele van die land nie. 
• Die vlakke van misdaad / geweld / korrupsie is buite beheer in groot dele van
    die land. 
    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                    (Maks. 10)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                              EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

GEVOLGTREKKING

Suid-Afrika se groei- en ontwikkelingsbeleid is ontwerp om baie sosiale en
ekonomiese doelwitte te bereik en om te verseker dat die meeste Suid-Afrikaners
ŉ redelike lewenstandaard kan bereik. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.)     (Maks. 2)    (10)
                                                                                   [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:           40
                                                           GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
