# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/837ca550-481a-47de-851a-7389f4927f42
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/837ca550-481a-47de-851a-7389f4927f42)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                        EKONOMIE V1
                        NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       C   lekkasies 

         1.1.2       B   verminder produksiekoste 

         1.1.3       A   voorsien meriete goedere 

         1.1.4       D   ŉ verbod 

         1.1.5       A   die voorkoming van storting (‘dumping’) 

         1.1.6       D   rykdom 

         1.1.7       C   repokoers 

         1.1.8       B   interafhanklik                                   (8 x 2)        (16)

 1.2     PAS-ITEMS

         1.2.1       G   Waarde van alle finale goedere en dienste wat deur
                         permanente inwoners van ŉ land, in ŉ spesifieke jaar,
                         geproduseer word. 

         1.2.2       A   Finansiële toelaes om die produksie van uitvoergoedere
                         te bevorder. 

         1.2.3       D   Geld wat ontvang word sonder dat enige produktiewe
                         dienste gelewer word 

         1.2.4       F   Besighede wat deur die staat besit en deur openbare
                         instellings bestuur word 

         1.2.5       H   ŉ Inter-staatsorganisasie wat daarna streef om sosio-
                         ekonomiese samewerking en integrasie te bevorder 

         1.2.6       I   Die totale bedrag geld in sirkulasie in die ekonomie 

         1.2.7       B   Fokus daarop om die mededingendheid van
                         vervaardigingsnywerhede te verbeter 

         1.2.8       E   Word gebruik om die veranderinge in ŉ reeks data oor ŉ
                         periode van tyd te ontleed 
                                                                           (8 x 1)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   EKONOMIE V1                             3

 1.3     IDENTIFISEER DIE BEGRIP

         1.3.1        Verbruiksbesteding 

         1.3.2        Eksogene / Monetariste 

         1.3.3        Wisselkoers 

         1.3.4        Korridor 

         1.3.5        Devaluasie 

         1.3.6        HOP                                       (6 x 1)      (6)

                                                    TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   2.1.1   Noem die TWEE periodes van ŉ sakesiklus.

                    Sametrekkende/afswaai 
                    Uitbreidende/opswaai                          (Enige 2 x 1)            (2)

      2.1.2   Wat is die uitwerking op die vermenigvuldiger as die ewewig
              inkome meer as die toename in die aanvanklike besteding
              toeneem?

              Die totale inkome en besteding neem toe en die vermenigvuldiger sal
              ook verhoog.                                               (1 x 2)           (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1   Watter bron was gebruik om die data in bostaande tabel saam te
              stel?

              Kwartaallikse bulletin, Maart 2017                                            (1)

      2.2.2   Watter jaar word tans as die basisjaar deur die Reserwebank
              gebruik?

              2015                                                                          (1)

      2.2.3   Verduidelik kortliks die verskil tussen die nominale BBP en reële
              BBP.

              Nominale BBP
               Word na verwys as BBP teen heersende pryse. 
               Ook bekend as markwaarde of geldwaarde. 
               Inflasie is nog nie in berekening gebring nie. 
               Hierdie pryse dui nie aan of ekonomiese aktiwiteit verhoog het
                 nie. 

              Reële BBP
               Word na verwys as BBP teen konstante pryse 
               Reële pryse is vir prysveranderinge aangepas. 
               Reële nasionale produk is die nasionale produk uitgedruk in
                  pryse wat in ŉ sekere basisjaar toegepas was 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                      (Enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                             5

         2.2.4    Bereken die deflator vir 2016. Toon alle berekeninge.

                  Deflator: Nominale BBP ÷ Reële BBP x 100
                  Deflator vir 2016 = 4 336 988  ÷ 3 009 860  x 100 
                                    = 144                                                    (4)

 2.3     DATA RESPONS

         2.3.1    By watter punt sal die regering sy inkome maksimeer?

                  A                                                                          (1)

         2.3.2    Watter kurwe word hierbo voorgestel?

                  Laffer                                                                     (1)

         2.3.3    Watter uitwerking sal punt C op owerheid inkome hê?

                  Belasting inkome sal toeneem                                              (2)

         2.3.4    Wat is die gevare van hoë persoonlike inkomstebelasting
                  koerse?

                   Belasting ontduiking 
                   Belasting vermyding 
                   Mense sal ontmoedig word om te werk                (Enige 1 x 2)        (2)

         2.3.5    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering openbare sektor
                  mislukking voorkom?

                          Verbeter die kwaliteit van bestuursvaardighede in die
                           openbare sektor 
                          Verminder korrupsie, insluitende nepotisme wanneer
                           openbare sektor werkers aangestel word 
                          Verminder burokrasie deur in moderne stelsels te investeer,
                           soos ŉ IT-stelsel. 
                          Verhoogde aanspreeklikheid 
                          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                          (Enige 2 x 2)       (4)

 2.4     Verduidelik kortliks hoe ŉ tekort op die betalingsbalans outomaties
         reggestel sal word onder ŉ vry swewende wisselkoersstelsel.

             Daar is ŉ oormaat aanvraag vir buitelandse geldeenhede op die
              buitelandse valuta mark.
             Uitvoere sal goedkoper raak en toeneem. 
             Invoere sal duurder raak en afneem.
             Die tekort sal afneem. 
              (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Enige 4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.5     Hoe bevoordeel die toetrede van plaaslike besighede in
         buitelandse markte Suid-Afrika?

         Suid-Afrika sal voordeel trek deur buitelandse markte te betree, deurdat:
          Plaaslike besighede meer mededingend raak 
          Kwaliteit verbeter en pryse daal 
          Buitelandse valuta verdien word 
          Dit ons in staat stel om produkte van ander lande, wat ons nie self
             kan produseer nie, in te voer 
             (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)           Maks. 8      (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   EKONOMIE V1                                             7

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1     3.1.1    Noem TWEE instrumente van die SARB kan gebruik om die
                  ekonomie te beïnvloed.

                         Rentekoerse 
                         Ope-mark transaksies 
                         Morele oorreding 
                         Kontantreserwe vereistes 
                         Wisselkoers beleid                            (Enige 2 x 1)       (2)

         3.1.2    Watter uitwerking sal ŉ groot toename in elektrisiteitskoste
                  op kleiner besighede in Suid-Afrika hê?                                    (2)

                  Besighede sal ŉ verlies ly / toemaak; deure sluit / meer sal bankrot
                  speel. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)(Enige 1 x 2)

 3.2     DATA RESPONS

         3.2.1    Waarvoor staan die afkorting IPAP? (Leerlinge mag die
                  Engelse benaming gebruik)

                  Industrial Policy Action Plan / Nywerheidsbeleid-aksieplan                 (1)

         3.2.2    Noem EEN fokuspunt van hierdie beleid vir 2017/2018.

                         Onderwys en vaardighede 
                         Infrastruktuur  en regulerende omgewing 
                         Die arbeidsverhouding omgewing 
                         Insluitende groei                               (Enige 1 x 1)     (1)

         3.2.3    Verduidelik EEN rede vir nywerheidsontwikkeling.

                         Werkverskaffing 
                         Handhaaf makro-ekonomiese stabiliteit 
                         Ontwikkel en handhaaf toepaslike aansporings om
                          investeerders te lok. 
                         Diversifisering van die ekonomie 
                         Dra by tot die nywerheidsontwikkeling van die Afrika-
                          vasteland. 
                          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                            (Enige 1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2017)

         3.2.4   Hoe suksesvol is die nywerheidsontwikkelingbeleide in Suid-
                 Afrika?

                  Bevorder aansporings vir investeerders om nywerhede te
                   vestig. 
                  Bevorder industrialisasie deur middel van vervaardiging
                   ontwikkelingsbeleide, wat aansporings aanbied  soos
                   byvoorbeeld lenings, uitvoerbevordering, subsidies en
                   vestigingstoelaes.
                  Bevorder globalisasie deur middel van ŉ liberale beleid ten
                   opsigte van buitelandse investering. 
                  Verbeter infrastruktuur van vervoer, energie en moderne
                   kommunikasie, insluitende toegang tot internet. 
                  Innovasie en tegnologie. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                     (Enige 1 x 2)       (2)

         3.2.5   Watter invloed mag IPAP hê op nywerheidsontwikkeling in
                 die privaatsektor van Suid-Afrika?

                  Versnelde toename in die prys van elektrisiteit en brandstof wat
                    besigheidskoste sal laat toeneem.
                  Arbeidsonrus wat tot verlaagde produktiwiteit gelei het 
                  Strukturele werkloosheid omdat nuwe vaardighede vereis word
                    en ander verouderd geraak het. 
                  Die globale finansiële krisis en die aanhoudende onstabiliteit
                    wat lei tot lae buitelandse vraag na Suid-Afrikaanse
                    uitvoere. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                       (Enige 2 x 2)     (4)

 3.3     DATA RESPONS

         3.3.1   Noem die metode wat gebruik word om ekonomiese
                 ontwikkeling van ŉ land te meet.

                 Menslike ontwikkelings-indeks (MOI)                                    (1)

         3.3.2   Watter land het die hoogste MOI in bostaande tabel?

                 Noorweë  (0,955)                                                       (1)

         3.3.3   Verduidelik die begrip menslike ontwikkeling.

                 Is die verbetering van geleenthede wat ŉ land se mense in die
                 gesig staar, sodat hulle ŉ lang, ten volle opgeleide, gesonde lewe
                 kan lei, toegang kan verkry tot hulpbronne en in hulle
                 gemeenskappe kan deelneem.
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               EKONOMIE V1                                             9

         3.3.4    Hoekom onderpresteer Suid-Afrika se ekonomiese
                  ontwikkeling?

                   Afname in lewensverwagting a.g.v. MIV en vigs epidemie 
                   Onderpresterende onderwysstelsel 
                   Afname in werkverskaffingskoers 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Enige 1 x 2)      (2)

         3.3.5    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering help om ekonomiese
                  ontwikkeling te verbeter?

                  Regering se plan om ekonomiese ontwikkeling te handhaaf, sluit
                  in:
                   Werkverskaffing 
                   Subsidies aan geen-fooi skole 
                   Toegang tot basiese dienste soos voorsiening van water
                       geisers wat met sonkrag werk 
                   Opgradering van informele nedersettings en water-
                       strukture 
                   Besteding op gesondheid en sosiale bystand 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                      (Enige 2 x 2)      (4)

 3.4     Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord-Suid lande.

                                            Noord                      Suid
         Reële BBP per capita:     Produseer 78% van         Produseer 22% van
                                   wêreld inkome – het       wêreld inkome – die
                                   baie hoër per capita      per capita inkome is
                                   inkome.                 baie laer. 
         Lewensverwagting:         Is ouer as 75 jaar en     Is omtrent 50 jaar en
                                   ouer as 80 in sommige     40 jaar is sommige
                                   lande.                  Afrika lande. 
         Onderwys:                 Geletterdheidsvlakke is   Geletterdheidsvlakke is
                                   omtrent 95%.            so laag soos 50% in
                                                             sommige
                                                             ontwikkelende lande in
                                                             Afrika. 
                                                  Maks. 4                    Maks. 4     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.5     Hoe suksesvol is Swart Ekonomiese Bemagtiging in die Suid-
         Afrikaanse ekonomie?

            Aantal swart mense wat besighede in die land besit, bestuur en
             beheer het beduidend toegeneem. 
            Inkome en ongelykhede neem beduidend af. 
            Besighede spandeer geld op projekte wat werkers en ander lede van
             benadeelde gemeenskappe bevoordeel. 
            Dit bring transformasie van eienaarskap, bestuur en aspekte van
             gelyke indiensname na besighede in SA. 
            Verseker werkers word nie in posisies in ’n maatskappy geplaas as
             gevolg van hulle ras nie. 
            Hulle word bevorder en aangemoedig om op te beweeg in die
             hiërargie, indien hulle aan die minimum kriteria voldoen. 
             (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)          Maks. 8     (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                          11

 VRAAG 4

 4.1     4.1.1    Noem TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.

                         Aanspreeklikheid 
                         Doeltreffendheid 
                         Vasstelling van behoeftes 
                         Parastatale 
                         Prysbeleid 
                         Privatisering / Nasionalisering                 (Enige 2 x 1)     (2)

         4.1.2    Hoe hou ekonomiese groei met ekonomiese ontwikkeling
                  verband?

                  Ekonomiese groei hou verband met goedere en dienste  en
                  ekonomiese ontwikkeling hou verband met mense en menslike
                  ontwikkeling. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)    (1 x 2)             (2)

 4.2     DATA RESPONS

         4.2.1    Watter internasionale handelsbeleid word in bostaande
                  uittreksel na verwys?

                  Vryhandel                                                                 (1)

         4.2.2    Wat gebeur met die aanbod wanneer ŉ land by vryhandel
                  betrokke raak?

                  Neem toe / styg                                                           (1)

         4.2.3    Omskryf die begrip vryhandel.

                  Is wanneer produsente en verbruikers vry is om goedere en
                  dienste enige plek in die wêreld te koop, sonder inmenging van
                  die regering. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                        (2)

         4.2.4    Verduidelik waarom handelsprotokolle nodig is in die
                  ekonomie.

                         Dit het ŉ samelopende uitwerking om die handel tussen lande
                          te verhoog. 
                         Dit beperk handel deur reëls neer te lê ten opsigte van die
                          manier hoe dit mag plaasvind. 
                          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                           (Enige 1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2017)

         4.2.5   Hoe ervaar die gemeenskap ŉ toename in rykdom deur
                 vryhandel?

                     Moet die koste van hindernisse t.o.v. handel ondersoek. 
                     Tariewe en kwotas verlaag die hoeveelheid en verskeidenheid
                      van goedere wat is aan verbruikers beskikbaar. 
                     Die buitelandse goedere wat ingevoer word, is duurder a.g.v.
                      doeane-tariewe en invoerbelasting. 
                     Vryhandel verhoog die verskeidenheid van keuses wat
                      beskikbaar is vir die verbruiker en verlaag die algemene
                      prysvlak.                                        (Enige 2 x 2)    (4)

 4.3     DATA RESPONS

         4.3.1   Watter ekonomiese probleem word in bostaande prentjie
                 voorgestel?

                 Inflasie                                                                (1)

         4.3.2   Hoe mag inflasie die verbruiker se koopkrag beïnvloed?

                 Afneem/daal                                                             (1)

         4.3.3   Omskryf die begrip inflasie kortliks.

                 Inflasie kan omskryf word as ŉ toename in die algemene prysvlak
                 in ŉ ekonomie, en dit word oor ŉ tydsperiode volgehou.                 (2)

         4.3.4   Hoe sal ŉ belegger deur inflasie beïnvloed word?

                  Winste / opbrengs op beleggings mag daal. 
                  Bates met ŉ vaste nominale waarde het ŉ vaste opbrengs 
                   en laer koopkrag as pryse styg. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                   (Enige 1 x 2)          (2)

         4.3.5   Hoekom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om
                 die optrede van die ekonomie dop te hou?

                     Om besluit te neem en beleide te formuleer 
                     Aan te toon watter teikens bereik is 
                     Vergelyk toestande tussen verskillende gebiede en tydens
                      verskillende periodes 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
                                                                   (Enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                EKONOMIE V1                                             13

 4.4     Verduidelik kortliks die kritiese infrastruktuur en vaardigheid
         ondersteuningsprogramme as die aansporings wat deur die SA
         regering gebruik word, ten einde nywerheidsontwikkeling te
         bevorder.

         Kritiese Infrastruktuur Program
          Is ŉ koste-deel toelae vir projekte wat ontwerp is om kritiese
              infrastruktuur in Suid-Afrika te verbeter.
          Dek ŉ kwalifiserende ontwikkelingskoste tussen 10% en 30% ten bate
              van totale ontwikkelingskoste. 
          Is beskikbaar met voltooiing van die projek. 
          Dit strek oor beide openbare sektor en privaatsektor. 
          Die program sien infrastruktuur as kritiek indien investering nie
              plaasgevind het nie of nie optimaal sou werk sonder die betrokke
              infrastruktuur nie.
          Regering verskaf finansiële aansporings aan groot ondernemings wat
              kritiese infrastruktuur vereis,  soos paaie, elektrisiteit en
              watersuiwering.                                            (Enige 2 x 2)

         Vaardigheid ondersteuningsprogram
          Is ŉ kontant aansporingsskema ten einde groter investering in
            vaardigheidsopleiding oor die algemeen, aan te moedig. 
          Om nuwe, gevorderde vaardighede tot die onmiddellike voordeel van
            die Suid-Afrikaanse arbeidsmag bekend te stel. 
          ŉ Maksimum van 50% van ŉ maatskappy se handelskoste word
            gedek.                                               (Enige 2 x 2)            (8)

 4.5     Hoe kan klimaatsveranderinge internasionale handel beïnvloed?

         ŉ Verandering in klimaatstoestande mag internasionale handel beïnvloed
         deurdat:
          Dit lei tot meer verskillende produkte wat geproduseer en uitgevoer
             word na ander lande as voorheen. 
          Dit lei tot invoer van verskillende produkte wat plaaslik geproduseer
             word en voorheen uitgevoer was. 
          Dit veroorsaak dat ander soorte nywerhede tot stand kom a.g.v. ŉ
             verandering in produksiepatrone en soorte produkte wat verskaf
             word. 
          Dit ŉ ernstige behoefte veroorsaak na navorsing in onbekende
             produksievelde, ten einde internasionale handel te verseker. 
            (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                             (8)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                    PUNTE-
                                                                       TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is ŉ laer orde antwoord:
       ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip, wat met
         die vraag verband hou, te definieer.
       Moenie enige gedeelte an die vraag in jou inleiding insluit       Maks. 2
         nie.
       Moenie enige gedeelte van jou inleiding in die inhou
         herhaal nie.
       Vermy dit om in die inleiding te skryf dat jy die inhou gaan
         bespreek.
  Liggaam:
  Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande                       Maks. 26
 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed
 (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer
                                                                          Maks. 10
 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
 krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/
 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
 grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/
 Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
 Slot
 Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te
 sluit:
  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed sonder om
      reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
  ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite              Maks. 2
  Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
      versterk / ontleding
  ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
  Aanbevelings
 TOTALE AANTAL PUNTE                                                         40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

 Die sakesiklus speel ŉ sleutelrol om ekonome in staat te stel om berekende
 skattings oor die toekomstige groei van die ekonomie te maak.

      Bespreek aanwysers as onderliggende kenmerke in die voorspelling
       van sakesiklusse.                                    (26 punte)
      Hoekom is dit belangrik dat die Reserwebank prysstabiliteit in die
       Suid-Afrikaanse ekonomie handhaaf?                    (10 punte)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              EKONOMIE V1                                           15

 INLEIDING

 Ekonomiese aanwysers is statistieke wat gebruik word om sekere aspekte van
 die ekonomie te meet. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)             (Maks. 2)

 INHOUD: HOOFGEDEELTE

 Ekonomiese aanwysers:

  Leidende ekonomiese aanwysers 
    Verander voordat die ekonomie verander. 
    Dit piek voordat die piek in die totale ekonomiese aktiwiteit bereik word en
     dit bereik die trog voordat die totale ekonomiese aktiwiteit die trog
     bereik. 
    Dit gee voortydige waarskuwing van veranderinge in totale ekonomiese
     aktiwiteit. 
    Dit gee verbruikers, besigheidsleiers en beleidsmakers ŉ kykie na
     waarheen die ekonomie dalk op pad mag wees. 
    As leidende aanwysers vandag styg, sal die res van die ekonomie geneig
     wees om in die komende jaar te styg. 
    Voorbeelde van leidende ekonomiese aanwysers: Ruimte vir advertering
     van werksgeleenthede, gemiddelde ure gewerk in vervaardiging,
     goedkeuring van bouplanne.                                        (Maks. 8)

  Sloerende ekonomiese aanwysers 
     Verander nie rigting, tot nadat die sakesiklus sy rigting verander, nie. 
     Dit bereik ŉ piek/trog maande nadat die sakesiklus die piek/trog bereik
       het. 
     Dit volg samevallende aanwysers met die tyd saam. 
     Dit mag daarom dien as bevestiging van die gedrag van samevallende
       aanwysers.
     Indien dit nie ŉ opswaai of afswaai bevestig nie, dui dit daarop dat die
       opswaai of die afswaai swak is en in ŉ vroeë stadium sal eindig. 
     Ekonome gebruik dit om te skat of individuele aanwysers ŉ vals sein
       gee. 
     Voorbeelde van sloerende ekonomiese aanwysers: Werkloosheidskoers,
       Aantal handelsvoertuie verkoop, Reële masjinerie en toerusting verkoop,
       Aantal ure gewerk in konstruksiebedryf.                          (Maks. 8)

  Samevallende ekonomiese aanwysers 
     Beweeg saam met die totale ekonomiese aktiwiteit. 
     Dui op die werklike stand van die ekonomie. 
     Samevallende aanwyser verander op dieselfde tyd as die ekonomie. 
     Dit bereik ŉ piek/trog op dieselfde tyd as die sakesiklus.
     Ekonome gebruik dit om sakesiklusse saam te stel.
     Dit volg leidende aanwysers na verloop van ŉ bietjie tyd, maar hulle neig
      om die draaipunte van die leidende aanwysers te bevestig.
     Voorbeelde van samevallende aanwysers: Nywerheidsproduksie-indeks,
      Volume van invoere, Waarde van groothandel, kleinhandel en nuwe
      voertuie verkope.                                             (Maks. 8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 Saamgestelde ekonomiese aanwysers 
    ŉ Opsomming van verskeie aanwysers van dieselfde soort, in ŉ enkele
     waarde. 
    Die drie saamgestelde aanwysers word dikwels gebruik om ŉ enkele
     saamgestelde aanwyser te bereken,  dit is ŉ enkel syfer om ŉ land se
     ekonomiese prestasie aan te meet.                           (Maks. 4)
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
     (ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir slegs die lys van
     feite/voorbeelde)                                           (Maks. 26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Dit is belangrik dat die Reserwebank prys stabiliteit in die Suid-Afrikaanse
 ekonomie handhaaf deur:
  Te verseker dat markte optimaal kan funksioneer en die regering ekonomiese
      groei en ontwikkeling meer doeltreffend kan bevorder. 
  Gereelde skommelinge in die prysvlakke van verbruikers en produsente
      goedere te vermy. 
  Dit maklik te maak vir verbruikers en produsente om te beplan en te
      begroot  sodat verbruikers bewus mag wees van die koste van goedere
      en dienste.
  Buitelandse investeerders, wat in plaaslike besighede sou wou belê, se
      vertroue ŉ hupstoot te gee sodat hulle seker is oor wat produksiekoste /
      inkome sal wees van een maand tot die volgende. 
      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                 (Maks.10)

 SLOT

 Dit is moeilik om akkurate ekonomiese voorspellings te maak omdat daar baie
 faktore is wat die dinamika van die ekonomie kan beïnvloed. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)                   (Maks. 2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            EKONOMIE V1                                         17

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

 Baie mense, soos gewone landsburgers, besighede, beleggers en die
 regering, is geïnteresseerd om te sien hoe ŉ ekonomie presteer.

     Bespreek die volgende sosiale aanwysers:
      - Voeding en gesondheid           (16 punte)
      - Demografie                      (10 punte)              (26 punte)
     Hoe kan ekonomiese ontwikkeling deur die gebruik van hierdie sosiale
      aanwysers verbeter word?                                 (10 punte)

 INLEIDING

 Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van menslike
 ontwikkeling in ŉ land aantoon. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)           (Maks. 2)

 INHOUD: HOOFGEDEELTE

 Voeding en gesondheid
    Die gesondheid van ŉ bevolking en dié van die arbeidsmag van ŉ land is
     baie belangrik vir die ekonomiese groei en ontwikkeling. 
    Gesonde landsburgers is meer produktief, verdien meer, verbruik meer
     en werk langer. 

 Baba sterftekoers
   Dit meet die aantal babas wat sterf, voordat hulle die ouderdom van 1
     jaar per duisend lewendige geboortes behaal het, in ŉ gegewe jaar. 
   Die baba sterftekoers in Suid-Afrika is nog baie hoog in vergelyking met
     ander lande. 
   Baba sterftekoers word dikwels verbind aan ŉ lae gewig by geboorte, wat
     veroorsaak kan wees deur wanvoeding by die Moeder, stres of deurdat
     sy rook en alkohol of dwelinmiddels misbruik.

 Onder-vyf sterftekoers 
   Dit is dikwels verbind aan wanvoeding, diarree, masels, malaria en long
     infeksies. 
   Die onder-vyf sterftekoers word gewoonlik gegee as ŉ getal sterftes per
     1 000 lewendige geboortes. 
   Die aantal kinders wat sal sterf voordat hulle die ouderdom van vyf jaar
     bereik. 

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 Toegang tot gesondheidsdienste 
    Suid-Afrika vergelyk goed kragtens aanwysers wat toegang tot primêre
     gesondheidsdienste betref.  en
    Die bedrag toegeken aan gesondheidsbesteding, as ŉ persentasie van
     die BBP. 

 Toegang tot skoon drinkwater 
    Beteken dat mense het veilige drinkwater uit krane, by hulle huise. 
    Die persentasie van ŉ bevolking wat redelike toegang to veilige
     drinkwater het. 

 Toegang tot sanitasie-fasiliteite 
    Beteken dat mense toegang het tot toilette of verbeterde sanitasie-
     geriewe wat kontak vermy met ander mense, diere en insekte.
    Die persentasie van ŉ bevolking wat ten minste oor voldoende sanitasie-
     geriewe beskik. 

 Voeding 
    Is ŉ proses waardeur ŉ persoon se liggaam die voedsel kry wat nodig is
     vir gesondheid en groei. 

 Kinder-wanvoeding 
   Wanvoeding word op twee maniere uitgedruk: gewig of ouderdom en
     lengte of ouderdom. 
   ŉ Persoon se liggaamsgewig word vergelyk met die ideaal volgens
     daardie persoon se ouderdom, geslag en lengte. 
   Fisiese tekens moet ook in ag geneem word omdat mense met normale
     gewig en oorgewig mense beide kan ly aan tekorte van sekere
     voedingswaardes. 

 Oorgewig kinders 
   Daar is ŉ verband tussen vetsug by kinders en ander siektes. 
   ŉ Persoon met ŉ liggaam massa indeks (BMI) van meer as 30 kg, word
     beskou as iemand wat aan vetsug ly.                       (Maks. 16)

 Demografie 
   Is ŉ studie van ŉ bevolking met verwysing na die totale grootte, bevolking
     veranderings oor tyd, ouderdom-en geslags verspreiding en geografiese
     verspreiding. 

 Bevolkingsgroei 
   Suid-Afrika het ŉ relatiewe hoë bevolkingsgroei in vergelyking met dié
     van ontwikkelde lande. 
   Die bevolkingsgroeikoers is ŉ belangrike aanwyser vir die regering
     kragtens die aantal sosiale dienste wat benodig word. 

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            EKONOMIE V1                                          19

 Lewensverwagting 
    Dui op die aantal jare wat ŉ nuwe baba sal kan lewe  indien die
     huidige sterftepatrone dieselfde bly gedurende sy/haar lewe. 
    Sterftekoerse in Suid-Afrika is beïnvloed deur die teenwoordigheid van
     MIV, wat beduidend toegeneem het. 
    Dit is belangrik vir die regering om te weet wat die gemiddelde
     lewensverwagting is,  want werkende mense vereis ŉ verskeidenheid
     sosiale dienste. 
    Versekeringsmaatskappye is besonders geïnteresseerd in die
     lewensverwagting.                                             (Maks.10)
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
     (ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir slegs die lys van
     feite/voorbeelde)                                              (Maks. 26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Ekonomiese ontwikkeling kan verbeter word deur:
  Meer te bestee op die verbetering van die lewensgehalte van die algemene
    bevolking en die vermindering van sosiale spanning. 
  Meer te belê in die toekomstige kwaliteit van die arbeidsmag vir die
    voorbestaan van die ekonomie. 
  Gesondheid en onderwysfasiliteite te verbeter. 
  Te fokus op areas wat ontwikkeling benodig in gemeenskappe en daaraan
    te bestee. 
  Sosiale samewerking en interafhanklikheid te bevorder. 
  Die regering te help om na ander hulpbehoewende areas te kyk d.m.v. die
    begroting. 
    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)           (Maks. 10)

 SLOT

 Sosiale aanwyser rig regeringsbesteding op kwessies wat sosiale ontwikkeling
 en ŉ kwaliteit lewenspeil sal waarborg. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)                     (Maks. 2)
                                                                                    [40]

                                                      TOTAAL AFDELING C:             40
                                                          GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
