# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

                         EKONOMIE V1
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B     amplitude 

       1.1.2    A     faktor 

       1.1.3    C     ad valorem 

       1.1.4    B     depresieer die R teen die $ 

       1.1.5    D     fiskale 

       1.1.6    D     veredeling 

       1.1.7    C     3–6% 

       1.1.8    A     Wêreldbank                                        (8 x 2)   (16)

 1.2   PAS ITEMS

       1.2.1    F     die verskil tussen wat ’n land uitvoer, insluitende goud en
                      wat die land invoer 

       1.2.2    C     produsente en verbruikers kan goedere en dienste van
                      enige plek in die wêreld koop sonder die inmenging van
                      die regering 

       1.2.3    H     die beweging van goedere, dienste en produksiefaktore
                      onder die deelnemers aan die ekonomie. 

       1.2.4    A     ingebed in vraag- en aanbod beleide. 

       1.2.5    D     toon verhouding tussen belastingkoerse en belasting
                      inkome 

       1.2.6    B     verhoog potensiaal vir grootskaalse produksie 

       1.2.7    E     die terugkeer van grond aan diegene wat dit verloor het
                      weens diskriminerende wette 

       1.2.8    G     bereken deur die reële BBP te deel deur die aantal in
                      diens geneemde werkers                         (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      EKONOMIE V1                                      3

 1.3    GEE EEN BEGRIP

        1.3.1         Ekonomiese kringloop 

        1.3.2         Resessie 

        1.3.3         Nasionalisasie 

        1.3.4         Globalisasie / Internasionale handel 

        1.3.5         Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe 

        1.3.6         Ekonomiese Aktiewe Bevolking                        (6 x 1)     (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:      30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van            die   drie   vrae   uit hierdie   afdeling   in    die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1   Noem enige TWEE              probleme    van openbare        sektor
                voorsiening.

                •    Aanspreeklikheid 
                •    Doeltreffendheid 
                •    Assessering van behoeftes 
                •    Prysbeleid 
                •    Parastatale 
                •    Privatisasie / Nasionalisasie                   (Enige 2 x 1)        (2)

        2.1.2   Waarom is die aangaan van lenings nie ŉ langtermyn-
                oplossing fundamentele betalingsbalans(BOP)-onewe-
                wigtigheid nie?

                • Dit is omdat lenings op die lang termyn onvolhoubaar is en
                  lande met hoë rentekoersbetalings belas sal word 
                • Lande met groot rentebetalings sal waarskynlik nie aan hul
                  belegging bestee nie 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                 (Enige 1 x 2)             (2)

 2.2    DATARESPONS

        2.2.1   Gee EEN voorbeeld van ’n inspuiting.

                • Investering 
                • Staatsbesteding 
                • Uitvoere                                           (Enige 1 x 1)        (1)

        2.2.2   Gee ’n formule om totale besteding in ’n oop ekonomie te
                bereken.

                •    Totale besteding (E) = C + I + G + X – M                             (1)

        2.2.3   Omskryf kortliks die begrip inspuiting.
                • ’n Inspuiting is die toevoeging van addisionele geld in die
                  ekonomie deur investering (I), staatsbesteding (G), en
                  verdienste uit uitvoere (X). 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   EKONOMIE V1                                            5

        2.2.4     Wat is die uitwerking op nasionale inkome as inspuitings
                  minder as lekkasies is?

                  • Die nasionale inkome neem af.                                       (2)

        2.2.5     Veronderstel die bestedingsfunksie ( E ) = 10 + 0.5Y.
                  Teken ’n 45° grafiek, met volledige byskrifte, om die
                  bestedingsfunksie aan te dui.

                        E                                                   E =Y

                                                                      C = 10 +0.5Y 

                        10

                                                                      Y 

                  Korrekte posisionering en byskrifte van 45° = 1 punt
                  Korrekte byskrif van die vertikale snypunt = 1 punt
                  Korrekte teken en byskrifte van die bestedings funksie
                  = 1 punt
                  Korrekte byskrifte van die asse = 1 punt                                (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    Gee ’n voorbeeld van ’n leidende aanwyser.

                  •    Advertensies vir werk / voorraad / verkope                        (1)

        2.3.2    Watter fase van ’n            sakesiklus    het      die   hoogte
                 werkloosheidskoers?

                 •    Depressie                                                          (1)

        2.3.3    Omskryf kortliks die begrip sakesiklus.

                 •     Sakesiklus is ’n opeenvolgende periode van stygende en
                       dalende ekonomiese aktiwiteit. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2021)

        2.3.4   Verduidelik die Keynesiaanse benadering/verduideliking
                van sakesiklusse.

                Die Keynesiaanse benadering is van mening dat markte
                inherent onstabiel is en daarom mag inmenging van die regering
                dalk vereis word. Die prysmeganisme misluk om die vraag en
                aanbod in markte te koördineer en dit lei tot ’n toename in
                opswaaie en afswaai.                                              (2)

        2.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom dat
                die ekonomie ’n trog bereik?

                Die Reserwebank kan:
                • die rentekoers (repokoers) afwaarts aanpas, wat lenings en
                   krediet goedkoper sal maak en totale vraag sal
                   stimuleer. 
                • die kontantreserwe vereistes verlaag ten einde geld meer
                   beskikbaar te maak aan banke, vir lenings. 
                • sekuriteite in die ope mark koop om geld beskikbaar te
                   maak vir lenings (ope mark transaksies) 
                • kommersiële banke oortuig om verantwoordelik op te
                   tree. 
                • die geldvoorraad verhoog. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                  (Enige 2 x 2)      (4)

 2.4    Teken ’n grafiek, met volledige byskrifte, om die verhouding tussen
        inflasie en werkloosheid aan te dui.

                                         

                                                                 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   EKONOMIE V1                                          7

        Puntetoekenning:
        Korrekte vorm en posisionering van PK = 2 punte
        Byskrif van PK = 1 punt
        Korrekte byskrifte van asse = 2 punte
        Byskrif op as = 1 punt
        Identifikasie van natuurlike werkloosheidskoers se punt = 2 punte           (8)

 2.5    Assesseer die beperkings van die vergelykende voordeel teorie vir
        lande wat betrokke is in internasionale handel.

        Die vergelykende voordeel-teorie word gekritiseer as gevolg van die
        volgende beperkinge:
        • Vervoerkoste, tariewe en wisselkoerse mag die relatiewe prys van
           goedere verander en dit mag die vergelykende voordele tussen
           lande verdraai. ✓✓/ Vervoerkoste mag dalk swaarder weeg as
           enige vergelykende voordeel. ✓✓
        • Verhoogde spesialisasie mag lei tot dis-ekonomieë van
           skaalvoordele. ✓✓
        • Regerings mag handel beperk. ✓✓
        • Onvolmaakte mededinging mag daartoe lei dat pryse verskil van die
           geleentheidskoste verhoudings. ✓✓
        • Die vergelykende voordeel-teorie neem nie sommige van die meer
           dinamiese elemente van wêreldhandel in ag nie ✓✓ byvoorbeeld
           kapitaal mag dalk buite die veld van die teorie val.
        • Wins uit handel beteken nie dat elke liewe persoon beter daaraan
           toe sal wees nie ✓✓ – werkers in nie-mededingende nywerhede
           mag sukkel om werksgeleenthede in nuwe industrieë te verkry. ✓✓
        • Dit neem nie die kompleksiteit van wêreldhandel in ag nie, waar
           daar in die werklike wêreld met veelvuldige goedere en dienste
           tussen verskillende lande handel gedryf word. ✓✓
          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                        (8)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1     3.1.1       Noem enige TWEE aanwysers met betrekking tot die
                     aanbod van geld.

                     •   M1 
                     •   M2 
                     •   M3                                         (Enige 2 x 1)       (2)

         3.1.2       Hoe help onderwys met sosiale ontwikkeling?

                     •  Onderwys as ’n leerproses en uitbreidende kultuur, dra
                        opvoeding by tot die verbetering van die menslike
                        toestand deur beter kennis, gesondheid, leef toestande,
                        sosiale gelykheid en produktiwiteit. 
                     • Dit is ’n sentrale instrument vir sosiale vooruitgang. 
                       (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                      (Enige 1 x 2)      (2)

 3.2     DATARESPONS

         3.2.1       Gee die formule om per capita inkome te bereken.

                     •   BBP/bevolking                                                  (1)

         3.2.2       Identifiseer ‘verdeel’ verwag ’n langer
                     lewensverwagting?

                     •   Noord 
                         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)             (1)

         3.2.3       Omskryf kortliks die begrip Noord-Suid verdeel.

                     Verwys na die ontwikkelde lande in die Noordelike Halfrond
                     en die ontwikkelende lande in die Suidelike Halfrond. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                 (2)

         3.2.4       Vergelyk die armoede-vlakke van die Noord en Suid
                     lande.

                     •    Die Noord verdeel het baie lae vlakke van armoede en
                          in die Suid verdeel lewe die bevolking onder die
                          armoede lyn. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                      (Enige 1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      EKONOMIE V1                                         9

          3.2.5       Hoe beïnvloed lande in die ‘suid-verdeel’ die omgewing
                      negatief?

                      Lande in die ‘suide’ beïnvloed die omgewing negatief deur:
                      • betrokke te raak in produksiemetodes wat nie
                         omgewingsvriendelik is nie. 
                      • nie omgewingsregulasies in te stel nie. 
                      • op landbou te fokus, wat die natuurlike hulpbronne, soos
                         byvoorbeeld grond en water uitput. 
                      • nie oor oplossings vir die bewaring van water te beskik
                         nie. 
                        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                         (Enige 2 x 2)      (4)

 3.3      DATARESPONS

          3.3.1       Identifiseer ’n aanwyser met betrekking tot rentekoerse.

                      •   Terug koopkoers / repo koers                                     (1)

          3.3.2       Noem die soort wisselkoers-stelsel wat in Suid-Afrika
                      gebruik word?

                      •   Vry-swewende wisselkoers-stelsel                                 (1)

          3.3.3       Omskryf kortliks die begrip prima uitleenkoers.

                      Die prima uitleenkoers is die rente wat kommersiële banke hef
                      op hulle mees kredietwaardige korporatiewe kliënte. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                   (2)

          3.3.4       Hoekom is dit belangrik is vir die regering om die prestasie
                      van die ekonomie te assesseer.

                      •   Om in staat te wees om ingeligte besluite te neem vir
                          beplannings doeleindes en die samestelling van beleide ten
                          einde die ekonomie te verbeter. 
                          (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)               (2)

          3.3.5       Hoe sal ’n styging in die repokoers verbruiksbesteding
                      beïnvloed?

                      • Hoër rentekoerse beteken dat verbruikers nie oor soveel
                        besteebare inkome beskik nie en moet sny aan hulle
                        besteding. 
                      • Soos wat rentekoerse styg, sal verband pryse afneem. 
                      • Hoe langer die tydperk van die verband, hoe meer sal dit
                        fluktueer in verhouding tot die rentekoerse. 
                        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                        (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

3.4    Bespreek tariewe en kwotas as metodes van invoervervanging.

       Tariewe
       • Doeanebelasting en invoerbelasting is belastings op ingevoerde
          goedere. 
       • Dit kan ad valorem (% gebaseer op die waarde) of spesifiek wees
          op sekere goedere. 
       • Pryse op ingevoerde goedere styg dan vir binnelandse verbruikers
          en hulle is dan geneig om hulle vraag na ingevoerde goedere te
          verskuif na ’n vraag na plaaslik geproduseerde
           produkte (goedere).                                (Enige 2 x 2)

       Kwotas
       • Beperkings word op die aanbod van goedere en
       • dienste geplaas. 
       • Aanbod word verlaag en die pryse neem toe. 
       • Buitelandse ondernemings word bevoordeel as die vraag na hulle
          produkte hoog bly. 
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Enige 2 x 2)         (8)

3.5    Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke Program tot ’n daling in
       die werkloosheidskoers bydra?

       UOWP kan gebruik word deur:

       •   Investering op (arbeidsintensiewe) infrastrukturele ontwikkeling
           terwyl werksgeleenthede geskep word. ✓✓
       •   Verskaffing van vaardighede wat die gemeenskappe kan help om
           hulself geskik te maak om in diens geneem te word. ✓✓
       •   Bied aan gewone landsburgers die geleentheid om hulle eie
           besigheid op die been te bring deur vaardighede te verkry uit
           hierdie programme. 
       •   Verskaf werkers met ’n kombinasie van werkservaring en
           opleiding. 
       •   Verbeter die lewens van Suid-Afrikaners deur bates vir die
           gemeenskap te bou en in stand te hou en ook deur dienste te lewer
           aan die gemeenskappe. 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                     (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   EKONOMIE V1                                        11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1    4.1.1    Noem enige TWEE aansporings wat die SA regering aanwend
                 om nywerheidsontwikkeling te verbeter.

                 •    Klein Sakeonderneming Ondersteunings Program 
                 •    SEDA Tegnologie Program (STP) 
                 •    Vaardigheid Ondersteunings Program (VOP) 
                 •    Kritiese Infrastruktuur Fasiliteite 
                 •    Doeane vrye aansporings 
                 •    Buitelandse investering aansporings 
                 •    Strategiese Investering Program 
                 •    Dienste aan Sake Prosesse                  (Enige 2 x 1)          (2)

        4.1.2    Hoe kan ’n land die ruilvoet verbeter?

                 Die land kan die ruilvoet verbeter deur:
                 • die kwaliteit van uitvoere te verhoog sodat dit op dieselfde vlak
                    is as dié van hulle mededingers in die internasionale mark. ✓✓
                 • die waarde van uitvoere in vergelyking met invoere te verhoog
                    sodat die handelsbalans meer positief kan wees. ✓✓
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                       (Enige 1 x 2)     (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1    Gee EEN voorbeeld van belastings op produkte.

                 •  BTW 
                 •  Belastings op invoere 
                 • Belastings op uitvoere 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                   (1)

        4.2.2    Identifiseer die metode wat gebruik is om die BBP te
                 bereken.

                 Inkome metode                                                          (1)

        4.2.3    Omskryf kortliks die begrip verbruik van vaste kapitaal.

                 • Dit is die vermindering in die waarde van vaste bates wat
                   plaasvind gedurende die produksieproses. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                   (2)

        4.2.4    Bedaal die waarde van A hierbo?

                 •    R4 523 581 
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

        4.2.5   Hoekom verskaf die regering subsidies op produkte?

                •  Om sekere produkte meer bekostigbaar te maak. 
                   bv. bruinbrood. 
                • Om produksie te verhoog 
                • Om uitvoere te verhoog 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                               (Enige 2 x 2)            (4)

 4.3    DATARESPONS

        4.3.1   Noem enige ander voorbeeld van ’n basiese diens.

                •     Vullisverwydering 
                •     Elektrisiteit 
                •     Sanitasie 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                  (Enige 1 x 1)         (1)

        4.3.2   Dui die persentasie Suid -Afrikaanse huishoudings aan
                wat nie toegang tot verbeterde waterbronne het nie.

                •    11,8%                                                            (1)

        4.3.3   Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.

                • Maatreëls wat ekonome gebruik om die prestasie van ’n
                   land te meet kragtens die sosiale-welstand van sy
                   landsburgers. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                 (Enige 1 x 2)         (2)

        4.3.4   Watter maatreëls kan gebruik word om in ’n voldoende
                aanbod van water vir Suid-Afrika te voorsien?

                •    Voed mense op om verbruik en leefstyle te verander. ✓✓
                •    Vind nuwe tegnologieë vir waterbewaring uit. ✓✓
                •    Herwin afvalwater. ✓✓
                •    Verbeter besproeiing- en landbou praktyke. ✓✓
                •    Stel ’n toepaslike prys vas vir water. ✓✓
                •    Ontwikkel energie doeltreffende ontsouting aanlegte. ✓✓
                •    Verbeter die infrastruktuur wat nodig is vir verspreiding. ✓✓
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                      (Enige 1 x 2)    (2)

        4.3.5   Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die
                lewering van dienste as ŉ sosiale aanwyser?

                Suksesse:
                • Die Nasionale Elektrisiteit Reguleerder rapporteer dat
                   85,4% van huishoudings in Suid-Afrika toegang tot
                   elektrisiteit in 2013 gehad het. Die syfer was 83,5% in
                   2010. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     EKONOMIE V1                                           13

                 •    Ongeveer 66% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang
                      tot weeklikse vullisverwydering deur plaaslike owerhede. 
                 •    89% van Suid-Afrikaners het toegang tot skoon water gehad
                      in 2013 
                 •    In Suid-Afrika, behels gratis basiese water 6 000 liter per
                      huishouding, per maand. 
                 •    77,9% van huishoudings in Suid-Afrika het in 2013 toegang
                      gehad tot basiese sanitasie. 
                 •    Dit sluit in spoeltoilette, chemiese toilette en put toilette met
                      ventilasie pype. 

                 Mislukkings:
                 • Die land word tans uitgedaag deur onwettige elektrisiteit
                    koppeling en kragonderbrekings. 
                 • Munisipaliteite misluk in hul poging om vullis te verwyder, soos
                    wat daar van hulle verwag word. 
                 • Daar is steeds gebiede in Suid-Afrika wat emmer toilette
                    gebruik sonder voldoende ventilasie stelsels. 
                 • Sommige gebiede in die land staar ernstige water uitdagings in
                    die gesig, waar mense en diere toegang tot dieselfde besmette
                    waterbronne het. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
                                                                       (Enige 2 x 2)          (4)

 4.4    Bespreek kortliks die voorkoming van storting (‘dumping’) en
        beskerming van natuurlike hulpbronne as argumente ten gunste van
        beskerming.

        Voorkoming van storting (’dumping’)
        • Sommige lande verkoop hulle surplusgoedere in ’n ander land teen ’n
          laer prys as wat dit hulle kos om die goedere te produseer. 
        • Plaaslike produsente kan nie meeding nie en hulle fabrieke mag
           sluit. 
        • Oor die langtermyn, sal konstante laer pryse in vergelyking met dié van
          plaaslike pryse, die plaaslike nywerhede uit besigheid uit dwing en dit
          sal buitelandse besighede toelaat om hulself as ’n monopolie
           te vestig. 
        • Hierdie buitelandse monopolieë sal dan kort daarna hulle pryse verhoog
          en sodoende verbruikers uitbuit.                             (2 x 2)

        Beskerming van natuurlike hulpbronne
        • Vryhandel kan maklik natuurlike hulpbronne uitput. 
        • Daarom is beskerming nodig om plaaslike nywerhede te beskerm
           asook inheemse kennisstelsels, sodat hulle kan oorleef. 
        • Die Suid-Afrikaanse regering het stappe geneem om Rooibostee te
           beskerm as natuurlike hulpbron en hulle beskerm inheemse kennis wat
           toelaat dat die hoodia plant gebruik word vir medisinale doele. 
            (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)            (2 x 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.5    Hoe kan die Reserwebank die tekort op die betalingsbalans
        doeltreffend verminder.

        Die tekort kan verminder word deur:
        • Die land aan te moedig, wanneer daar ’n tekort ervaar word, om geld te
            leen van ander lande. 
        • Leen: ’n land het in elk geval nie ’n langtermyn oplossing vir die
            fundamentele betalingsbalans onewewigtigheid nie. 
        • Leen by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), as ’n lidland, in die
            geval van ’n fundamentele onewewigtigheid. 
        • ’n Verhoging in rentekoerse sal besteding laat daal en dit sluit invoere
            in. 
        • Gebruik aanbodkant beleid om mededinging in die plaaslike bedryf en
            uitvoere te verbeter.
        • Byvoorbeeld, as die regering streef na ŉ beleid vir privatisering en
            deregulering, mag dit help om die doeltreffendheid van die ekonomie te
            verhoog, as gevolg van die winsmotief in die privaat sektor. 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                         (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2021)                  EKONOMIE V1                                     15

AFDELING C

VRAAG 5: MAKRO EKONOMIE

• Bespreek in detail die rede(s) vir openbare sektor mislukking. (26 punte)
• Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
  mislukking, opgelos kan word.                                  (10 punte)

INLEIDING

•     Openbare sektor mislukking vind plaas wanneer die regering misluk om die
      ekonomie en die hulpbronne onder sy beheer, optimaal te bestuur. / Openbare
      sektor mislukking kan beskou word as ’n mislukking van die regering om sy
      doelwitte te bereik. 
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)                                (2)

HOOFGEDEELTE

Bestuur mislukking 

•    Onkunde, bv. implementeer van botsende beleide of verkeerde beleide. 
•    Onbevoegdheid, dit is die gebrek aan vaardigheid of vermoë om ’n taak behoorlik
     te doen.  Dit mag wees as gevolg van onvoldoende kwalifikasies, gebrek aan
     opleiding, ondervinding en ’n apatiese houding. 
 • Dit mag tot verkeerde besluitneming en lae produktiwiteit lei. 
•  Korrupsie bv. uitbuiting van ’n persoon se posisie vir persoonlike gewin. 
   Aanvaar van omkoopgeld/-geskenke, pleeg van bedrog, nepotisme, oneerlike
   gedrag en deur diskriminerend op te tree. 
• Bevordering van eiebelang  wat verwys na die gedrag wat die welvaart van
   iemand verbeter ten koste van die welvaart van andere. 

Apatie 

•    Suksesvolle openbare produksie maak op langtermyn aanspreeklikheid
      staat. 
•    Dit is nie altyd maklik om die openbare sektor verantwoordelik te hou nie, as
     gevolg van die groot arbeidsmag in die verskillende departemente. 
•    Swak aanspreeklikheid kan lei tot ondoeltreffendheid soos korrupsie en swak
     dienslewering. 
•    Mense wat in diens van die staat is, dien nie altyd die belang van die publiek
      nie. 
•    Hulle is daarop uit om hulle salarisse, status en mag te maksimeer en daar word
     nie van hulle verwag om ’n wins en verlies staat op te stel nie. 
•    Hulle is begroting aangedrewe. 
•    Swak aanspreeklikheid is die gevolg van lae motivering, swak opleiding en ’n
     gebrek aan bevoegdheid. 

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    16                              EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

Gebrek aan motivering 

•    Voorste linie werkers ontvang selde aansporings vir suksesvolle dienslewering. 
•    Daar is baie min voorskrifte vir diens kwaliteit of kwantiteit. 
•    Daar bestaan geen meting van doeltreffendheid of produktiwiteit nie en daar is weinig
     vergoeding en strawwe daarvoor. 
•    Daar is nie genoeg stelsels in plek om dienste wat deur regeringsbeampte gelewer
     word, te evalueer nie. 
•    Die verskaffer monitor slegs insette en nakoming van prosesse en prosedures. 
•    Dit lei tot beperkte dienste wat van ’n swak gehalte en duur is en tot staats-
     departemente wat ondoeltreffend en oneffektief is. 

Burokrasie 

 (amptelike reëls en prosedures) 
 • Burokrasie maak beleide: dit neem lank om te implementeer of dit word nie suksesvol
    geïmplementeer nie. 
• Beamptes mag dalk fokus op korrekte prosedures en reëls en nie omgee oor kwaliteit
    nie (bv. die aantal pasiënte waarna omgesien word)  en kwaliteit van diens (bv.
    verduideliking van die gebruik van medisyne).  Sommige mag selfs onsensitief
    wees tot die behoeftes van hulle kliënte. 
• As gevolg van eiebelang, kan burokrate beleide manipuleer om hulself te bevoordeel
    ten koste van ander mense. 

Politici 

•    Politici is geneig om beleide te bevorder en spandeer geld op projekte solank as wat
     hulle net stemme kry inruil daarvoor. 
•    Hierdie beleide mag dalk die ondoeltreffende toekenning van hulpbronne behels.
•    Politici kan ook hulle eie belange dien deur middel van korrupsie, persoonlike en
     verskuilde agendas en suspisieuse motiewe. 

Strukturele swakpunte 

•    Doelwitte word nie bereik nie. 
•    Byvoorbeeld, volle indiensname en behuising vir almal is nie realisties nie en is
     onbereikbare doelwitte. 
•    Sommige doelwitte mag dalk teen mekaar werk en daartoe lei dat die regering nie sy
     makro-ekonomiese doelwitte bereik nie. 
•    Bv. as die regering inkome en rykdom té aggressief herversprei, kan ekonomiese
     groei en ontwikkeling oor die langtermyn skade ly. 

Spesiale belangegroepe 

•    Groepe soos vakbonde en sakegroepe kan ook lei tot regerings mislukking. 
•    Vakbonde kan die regering beïnvloed om sekere wette af te vaardig wat tot voordeel
     van hulle lede kan wees. 
•    Sakegroepe kan, byvoorbeeld, die regering beïnvloed om hulle te voorsien van
     winsgewende kontrakte en gunstige regulasies. 
•    Hulle kan ook die regering beïnvloed om hulpbronne te versprei sodat hulle kan
     voordeel trek ten koste van die land. 
    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2021)                EKONOMIE V1                                       17

Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
mislukking, opgelos kan word.

•    Belastingbetalers se geld kan aangewend word om die optimale toewysing van
     hulpbronne te verseker  bv. subsidieer studente se onderrig gelde op
     meriete. 
•    Beskerming van nywerhede wat van strategiese belang is  bv. die
     tekstielbedryf wat arbeidsintensief is. 
•    Monitor besteding van regeringsfondse aan sosiale dienste, wat begrotings
     verwant is, ten einde nepotisme en korrupsie te vermy. 
•    Stel strukture en beleide in plek om direk om te sien na die omgewing.  bv.
     vermeerder die aantal sekuriteitsbeamptes om die uitwissing van diere, bv.
     renosters, te voorkom. 
•    Sien indirek om na die omgewing deur middel van programme wat die
     gemeenskappe bewus maak van die toestand van die omgewing.  bv. meer
     omgewingsprogramme op die TV en op die grondvlak. 
•    Menseregte moet eerbiedig word ten einde samewerking te verseker op alle
     vlakke van die regering. 
•    Verminder burokrasie deur te investeer in moderne stelsels, soos byvoorbeeld IT
     stelsels. ✓✓
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike oplossing wat verband hou met
     burokrasie, onbevoegdheid en korrupsie.)                                          (10)

SLOT

•     Die Suid-Afrikaanse regering se laaste groeiplan, die Ekonomiese Her-
      konstruksie en Herstel Plan (EHHP) van 2020, het getoon dat weinig korttermyn
      doelwitte bereik is en met vordering wat hoofsaaklik diagnosties was, bv.
      sameroeping van komitees, fondse en verhoogde regeringsindiensname. 
      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)                                   (2)
                                                                                       [40]

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
    18                               EKONOMIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

•        Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe ten opsigte van
         streekontwikkeling.                                         (26 punte)
•        Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelings beleide
         kragtens internasionale maatstawwe.                         (10 punte)

INLEIDING

Streekontwikkeling verwys na beleide wat daarop gemik is om die ekonomiese
lewensonderhoud van spesifieke areas of gebied te verbeter. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)

HOOFGEDEELTE

 Spesiale ekonomiese sones (SES’e) 
• Hierdie is geografiese gebiede van ’n land wat uitgesit is vir spesifiek
   geteikende ekonomiese aktiwiteite. 
• Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur spesiale reëlings wat wette en
   ondersteuningstelsels mag insluit wat nywerheidsontwikkeling
    ondersteun. 
• Hulle het ten doel om die vervaardigingsektor uit te brei. 
• Dit skep addisionele industriële gebiede sodat die nasionale nywerheidsbasis
   streeksgewys kan diversifiseer. 
• Hierdie gebiede mag aansporings geniet soos belastingverligting en
   ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder. 
• Daar is planne om belasting te verminder na 15% as ’n aansporing om nuwe
   nywerhede te lok. 
• Die doel met die vestiging van ’n SES is om die volgende te lok:
   o slegs nuwe besighede 
   o ondernemings wat ’n nuwe produkreeks ontwikkel 
   o ondernemings wat hulle aantal produkte uitbrei 
• Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS’e, waar spesiale belasting
   aansporings nie geld nie, geïnkorporeer sal word by SES’e. 
• Dit skep ’n basis vir ’n breër reeks industriële parke en verskaf ekonomiese
   infrastruktuur en bevorder werkskepping. 

 Gange / korridors 
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele bied aan
   mynwese, vervaardiging en ander besighede. 
• Die voordele sluit ook in die teenwoordigheid van bestaande infrastruktuur en
   die spesialisasie van produkte en dienste. 
• Hierdie korridors is ontwikkelingsareas binne Suid-Afrika en is die
   ontwikkelings prioriteit van die ontwikkelingsagente. 
• Die DHN verskaf hulp ter ondersteuning van die ontwikkeling van korridors.
• Die Maputo Korridor, wat in Gauteng begin en deur Mpumalanga strek tot by
   die Maputo hawe, bied geleenthede aan die vervoer nywerheid of die
   Phalaborwa sub-korridor in die Limpopo Provinsie bied geleenthede vir die
   mynwese en verwante aktiwiteite.                                                  (8)

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)                 EKONOMIE V1                                         19

 Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe (ROI) 
• Dit is ’n gebied met hoë vlakke van werkloosheid en armoede wat deur die
    regering geïdentifiseer is vir ’n gekoördineerde poging om die ekonomiese
    potensiaal van die gebied te ontwikkel. 
• Die gebied wat gekies word as ’n ROI moet onderontwikkeld wees en die
    potensiaal hê vir volhoubare groei. 
• Die ontwikkeling fokus op hoë vlak ondersteuning in gebiede waar sosio-
    ekonomiese toestande gekonsentreerde regeringsbystand benodig. 
• Hierdie inisiatiewe help om ekonomiese aktiwiteit eweredig oor die land te
    versprei. 
• Alle investering is gebaseer op openbare-private vennootskappe. 
• Dit is ’n regering strategie van investering wat die Department van Handel en
    Nywerheid (DHN) betrek asook die Departement van Vervoer (DvV). 
• Dit fokus op die aandag van die regering wat strek oor nasionale, provinsiale en
    plaaslike regeringsvlakke ten einde te verseker dat investering versnel word 
    en dat daar die maksimum sinergie tussen die verskeie soorte investering
    heers. 
• Daar word van hierdie projekte verwag om nuwe werksgeleenthede te skep vêr
    in die toekoms in. 
• Die sukses van hierdie projekte hang af van ’n sterk beweging na internasionale
    mededingendheid, streeksamewerking en ’n meer gediversifiseerde basis vir
    eienaarskap. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)

 Nywerheidsontwikkeling Sones 
• Dit is ’n doelgerigte geboude nywerheids perseel, wat fisies omhein is en grens
    aan ’n internasionale hawe of lughawe, met belastingvrye aansporings. 
• Dit was ontwerp om internasionale mededingendheid in SA se
    vervaardigingsektor aan te moedig. 
• NOS’e val buite plaaslike doeane sones en daarom is dit by magte om items
    vry van doeane- en handelsbeperkings in te voer en dan weer hulle goedere uit
    te voer. 
• Hulle is ontwerp om nuwe investering in uitvoer gedrewe nywerhede te lok.
    Daardeur word uitvoere, ekonomiese groei en ontwikkeling aangemoedig. 
• NOS’e is die verantwoordelikheid van die provinsiale en plaaslike regering. 
• Besighede ontwikkel rondom die NOS’e (bankwese, personeel, versekering,
    ouditeurs, IT, kommunikasie, akkommodasie, spyseniering, inkopies, vervoer).
    
• NOS’e versterk en stimuleer ekonomieë in hulle onmiddellike omgewings. 
• Elke NOS bied direkte skakels aan internasionale hawens en lughawens,
    wêreldklas infrastruktuur, ’n nulkoers BTW op die aanbod van Suid-Afrikaanse
    bronne, regering aansporing skemas, verminderde belasting op sommige
    produkte en toegang tot die nuutste inligting. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)

  (Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien feite/voorbeelde slegs gelys words)
                                                                     (Maks. 26)

  Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
  20                              EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

ADDISIONELE GEDEELTE

Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelings beleide
kragtens internasionale maatstawwe.

 SA was suksesvol in sy Streekontwikkelingsbeleide omdat:
• ingrypings in nywerhede gebaseer is op gesonde ekonomiese navorsing en
    ontleding wat lei tot groei-formulering van Nasionale Industriële
    Beleidsraamwerk (NIPF) waarop die Industriële Beleid Aksieplan (IPAP)
    2018/2019– 2020/2021 gebaseer is. 
• voorsiening van subsidies en aansporingsbeduidende vooruitgang en groei in
    staat stel in die opgradering van waardetoevoeging en arbeidsintensiewe
    vervaardigingsektore, die Swart besigheid-verskaffer ontwikkelingsprogram,
    Buitelandse investering toelaes, SEDA Tegnologie Program, ens. 
• groot sukses bereik is in die bekamping van doeane bedrog en onwettige
    invoere van produkte van ’n swak kwaliteit, deur invoerbeperking van die Wet
    op Doeane beheer, die Wet op Doeanebelasting, die Wet op Internasionale
    Handel Administrasie en die Wet op Vervalste goedere. 
• ’n belyning van handelsbeleid en nywerheidsbeleid plaasgevind het deur die
    Departement van Handel en Nywerheid (DHN) as een van sy doelwitte. 
• dit daartoe gelei het dat Suid-Afrikaanse nywerhede meer mededingend geword
    het in die globale mark. 

 SA was onsuksesvol in sy Streekontwikkelings beleide omdat:
• nywerhede gesluit het weens die onttrekking van finansiële ondersteuning deur
    die regering. 
• daar geen aanduiding is van goeie bestuur nie, as gevolg an korrupsie en
    nepotisme,  bv. staatskaping. 
• daar ’n gebrek is aan aanspreeklikheid en deursigtigheid en programme
    gevolglik nie korrek gemonitor en geëvalueer word nie. 
• beleide slegs vir ’n korttermyn doel geïmplementeer word (geen volhoubaarheid
    nie), bv. programme soos die UOWP vir menslike hulpbronne en beskermings
    beleide vir natuurlike hulpbronne. 
• daar geen integrasie is nie, want ontwikkeling is steeds gesentraliseer in dorpe
    en stede. 
• daar steeds ’n groot gaping is tussen ontwikkeling in stedelike en plattelandse
    gebiede kragtens infrastruktuur. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)

SLOT

Die Suid-Afrikaanse regering het toegetree tot verskeie ooreenkomste en projekte
wat ontwikkeling in Suider-Afrika ondersteun, tot voordeel van Suid-Afrika. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)                        Maks. (2)       (2)
                                                                                      [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:            40
                                                             GROOTTOTAAL:             150

  Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics Grade 12 Trial 2021 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-trial-2021-p1-and-memo/ed51c4b0-5c6a-443c-b684-4fa0927b34d8) — Economics · Memo · 2021
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
