# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/89e7f1d9-ad16-4f5f-bcb8-714e34471ec1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/89e7f1d9-ad16-4f5f-bcb8-714e34471ec1)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                              JUNIE 2023

                           EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                            (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste
      aantal oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         EKONOMIE V1                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1    Nasionale inkomste sal toeneem wanneer …

                  A    I + G + X = S + T + M.
                  B    I + G + X > S + T + M.
                  C    I + G + X < S + T + M.
                  D    I + G + X – S + T + M.

         1.1.2    Een van die grootste uitdagings         wanneer    die   nasionale
                  inkomstesyfers bereken word, is ...

                  A    dubbeltelling.
                  B    die residuele item.
                  C    vergoeding van werknemers.
                  D    netto inkomste.

         1.1.3    Die wisselkoersstelsel waardeur markkragte absolute beheer het,
                  word die … wisselkoersstelsel genoem.

                  A    vaste
                  B    vryswewende
                  C    beheerde
                  D    absolute

         1.1.4    Gesamentlike aanbod in die ekonomie kan deur … gestimuleer word

                  A    die verhoging van koste
                  B    ondoeltreffendheid van insette te verbeter
                  C    dieselfde koste te handhaaf
                  D    die doeltreffendheid van markte te verbeter

         1.1.5    Die instelling wat jaarliks skriftelike verslae aan die parlement
                  verskaf oor die standaard van finansiële bestuur van elke
                  staatsdepartement:

                  A    Tesourie beheer
                  B    Ministeriële verantwoordelikhede
                  C    Ouditeur-generaal
                  D    Parlementêre ondervraging

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                                  (EC/JUNIE 2023)

        1.1.6   Openbare goedere waar vry-ryers uitgesluit word deur fooie,
                heffings of tolgeld, is … -goedere.

                A     kollektiewe
                B     privaat
                C     gemeenskap
                D     verbruiksgoedere

        1.1.7   Wanneer ŉ geldeenheid … is, kan rentekoerse verlaag word
                wat tot ŉ uitvloei van buitelandse valuta sal lei.

                A     oorwaardeer
                B     gedepresieer
                C     onderwaardeer
                D     waardeer

        1.1.8   Die tipiese skommelinge van ŉ sakesiklus sal ŉ ... wees.

                A     opswaai – afswaai – trog – piek
                B     piek – afswaai – opswaai – trog
                C     piek – opswaai – trog – afswaai
                D     afswaai – trog – opswaai – piek                  (8 x 2) (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                            EKONOMIE V1                                         5

1.2      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1    Progressiewe         A     aankoop van bates soos aandele of
                  belastingstelsel           effekte, waar die belegger slegs in die
                                             verwagte finansiële opbrengs op die
                                             belegging belangstel

         1.2.2    Nasionale rekening   B     gemeet van piek tot piek of trog tot trog
                  gemiddelde

         1.2.3    Amplitude            C     toon die regering se geprojekteerde
                                             inkomste en uitgawes vir drie jaar

         1.2.4    Portefeulje-         D     gehef volgens die bedrag verdien
                  beleggings

         1.2.5    Mediumtermyn-        E     internasionale      riglyne    vir   die
                  bestedings-                ontwikkeling en verslagdoening van
                  raamwerk                   statistieke wat oor lande vergelykbaar is

         1.2.6    Spesiale             F     bestudeer die gedrag en prestasie van
                  trekkingsregte             ŉ ekonomie as geheel

         1.2.7    Stelsel van          G     verskil in die waarde van totale uitset
                  Nasionale                  tussen ŉ piek en ŉ trog
                  rekeninge

         1.2.8    Makro-ekonomie       H     ŉ internasionale reserwebate wat deur
                                             die IMF geskep is om die amptelike
                                             reserwes van sy lidlande aan te vul.

                                       I     ŉ opsomming van ŉ land se
                                             ekonomiese aktiwiteit van produksie,
                                             inkomste en uitgawes
                                                                           (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                                  (EC/JUNIE 2023)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    ŉ Klein aanvanklike toename in besteding produseer ŉ proporsioneel
               groter toename in totale nasionale inkomste

      1.3.2    ŉ Aanduiding van die algemene rigting van die ekonomie

      1.3.3    Die optrede deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank om af en toe die
               balans te verander wat banke moet handhaaf.

      1.3.4    ŉ Doelbewuste afwaartse aanpassing aan die waarde van ŉ land se
               geldeenheid, relatief tot ŉ ander geldeenheid

      1.3.5    ŉ Model wat die          verband    tussen     belastingkoerse   en
               belastinginkomste toon

      1.3.6    ’n Regeringsbeleid wat staatsuitgawes en belasting gebruik om
               ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed                      (6 x 1)           (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                           EKONOMIE V1                                          7

AFDELING B

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1     Noem TWEE draaipunte van ŉ sakesiklus.                                      (2)

        2.1.2     Hoe kan ŉ groter marginale spaargeneigdheid (msg) die grootte van
                  die vermenigvuldiger beïnvloed?                                             (2)

2.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   NASIONALE INKOMSTE REKENINGE VAN SUID-AFRIKA
                                                                  R miljoene

                                                      2020                  2021
         Vergoeding van werknemers                 2 678 050             2 861 309
         Netto bedryfsurplus                       1 493 978             1 795 000
         Vaste kapitaalverbruik                      752 613               797 230
         Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste 4 924 641             5 453 539
         Ander belasting op produksie                118 022               131 563
         Ander subsidies op produksie                  13 088               12 494
                               A                   5 029 575             5 572 608
         Belasting op produkte                       541 457               633 854
         Subsidies op produkte                         14 116               13 965
         Bruto binnelandse produk teen markpryse 5 556 916                   B
                                                  [Aangepas uit SARB KB, Desember 2021]

        2.2.1     Watter metode van berekening word in die tabel hierbo gebruik om
                  die bruto binnelandse produk te bepaal?                                     (1)

        2.2.2     Noem die ontbrekende item gemerk (A).                                       (1)

        2.2.3     Beskryf kortliks die term subsidies op produksie.                           (2)

        2.2.4     Hoe sal jy BBP na BNP omskakel?                                             (2)

        2.2.5     Bereken die waarde van BBP teen markpryse vir 2021 (B). Toon
                  alle berekeninge.                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 EKONOMIE V1                                       (EC/JUNIE 2023)

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die president van Suid-Afrika het aangekondig dat die departement van
      energie Eskom sal oorneem. Daar was ŉ poging om Eskom en die hele
      bedryf in dit in die laat 90’s te privatiseer, maar dit is laat vaar aangesien
      geen private maatskappy wou meeding met onvolhoubare en
      onwinsgewende elektrisiteitspryse gerugsteun deur belasting en skuld nie.

                                                   [Aangepas en vertaal uit Nuus 24.net]

      2.3.1    Noem die parastataal waarna in bogenoemde inligting verwys
               word.                                                                          (1)

      2.3.2    Wie is indirek verantwoordelik             vir   die    redding     van
               staatsondernemings in Suid-Afrika?                                             (1)

      2.3.3    Beskryf kortliks die term privatisering.                                       (2)

      2.3.4    Verduidelik ondoeltreffendheid as ŉ kenmerk van openbare sektor-
               mislukking.                                                                    (2)

      2.3.5    Hoe kan staatsondernemings tot die uitbreiding van die ekonomie
               bydra?                                                                         (4)

2.4   Bespreek kortliks leidende en saamvallende aanwysers as kenmerke wat
      in vooruitskattings gebruik word.                                                       (8)

2.5   Hoe kan Suid-Afrika invoer verminder om die betalingsbalanstekort (BOP)
      reg te stel?                                                                           (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                            EKONOMIE V1                                          9

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1     Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1     Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.                    (2)

        3.1.2     Wat is die betekenis van ŉ surplus op die lopende rekening van die
                  betalingsbalans?                                                             (2)

3.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord vrae wat volg.

                 Jare               2018                        2019
         Kwartale                   K1–4      K1          K2        K3          K4
         Lopende rekening-          R bn     R bn        R bn      R bn        R bn
         items
         Uitgevoerde goedere        1176     1193        1233      1258        1260
         Netto gouduitvoer            72       56          50        70          93
         Dienste ontvangste          210      208        213       215          215
         Inkomste ontvangste          97      123        106       117          121
         Huidige oordragte           -35      -36         -35       -36         -36
         Ingevoerde goedere         1223     1207        1314      1284        1250
         Betalings van dienste       218      221        229       226          230
         Inkomstebetalings           251      266        230       303          241

                                                 [Aangepas uit SARB KB, Desember 2019]

        3.2.1     Gee die ekonomiese konsep wat in die tabel hierbo geïllustreer
                  word.                                                                        (1)

        3.2.2     Watter lopende rekening-item word gebruik om skenkings aan te
                  teken?                                                                       (1)

        3.2.3     Beskryf kortliks die term handelsbalans.                                     (2)

        3.2.4     Waarom is netto gouduitvoersyfers positief in Suid-Afrika?                   (2)

        3.2.5     Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede kwartaal
                  van 2019. Toon ALLE berekeninge.                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                                      (EC/JUNIE 2023)

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           NUWE EKONOMIESE PARADIGMA

                                                       [Bron: Geniet Ekonomie, Bl. 56]

      3.3.1    Gee ŉ naam vir die grafiek hierbo gegee.                                     (1)

      3.3.2    Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidsyfer in die grafiek
               hierbo?                                                                      (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.                         (2)

      3.3.4    Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan gebruik om die
               herstel van ŉ ekonomie te bespoedig.                                         (2)

      3.3.5    Met behulp van ŉ grafiek, illustreer die effek van vraag- en
               aanbodkantbeleide om sakesiklusse uit te stryk.                              (4)

3.4   Verduidelik die effek van ŉ toename in massaproduksie op internasionale
      handel.                                                                               (8)

3.5   Hoe kan ŉ resessie die verskillende ekonomiese deelnemers negatief
      beïnvloed?                                                                           (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                               EKONOMIE V1                                             11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1      Noem enige TWEE instrumente van die monetêre beleid.                                (2)

       4.1.2      Hoe kan ondoeltreffendheid lei tot mislukking in die openbare
                  sektor?                                                                             (2)

4.2    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         SAKESIKLUSSE

       Ekonomieë kan versteur word deur baie faktore wat kan lei tot afswaaie en
       dit kan ook deur periodes van groei en voorspoed gaan. Lande moet
       maniere vind om sakesiklusse te hanteer om stabiele ekonomieë te bereik.

                           [Bron: www. https://www.ekonlib.org/biblioteek/Enc/Sakesiklusse.html]

       4.2.1      Noem die tydperk van die sakesiklus waartydens die vlak van
                  ekonomiese aktiwiteite toeneem.                                                     (1)

       4.2.2      Noem EEN tipe sakesiklus.                                                           (1)

       4.2.3      Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                               (2)

       4.2.4      Hoe kan natuurrampe fluktuasies in sakesiklusse beïnvloed?                          (2)

       4.2.5      Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkrigting sakesiklusse
                  beïnvloed?                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 EKONOMIE V1                                        (EC/JUNIE 2023)

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  SUID-AFRIKA: HANDELSVOORWAARDES 2022
          Maand         Indeks van   Indeks van    Handels-
                       invoerpryse  uitvoerpryse voorwaardes
        Januarie           108,2        102,9        95,1
        Februarie          107,9        105,4        97,6
        Maart              107,7        109,7         A

        [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/publikasies/P01427/P01427Maart2022.pdf]

      4.3.1    Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publisering
               van die data hierbo.                                                          (1)

       4.3.2   Wat is die tendens in die indeks van invoerpryse?                             (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die term handelsvoorwaardes.                                 (2)

      4.3.4    Wat kan ŉ verbetering in die land se handelsvoorwaardes
               (ruilvoet) bring?                                                             (2)

      4.3.5    Bereken die handelsvoorwaardes vir Maart 2022 (A). Toon ALLE
               berekeninge.                                                                  (4)

4.4   Bespreek kortliks absolute en komparatiewe voordeel as redes vir
      internasionale handel.                                                                 (8)

4.5   Hoekom is prysstabiliteit belangrik om uiterste skommelinge in
      sakesiklusse te voorkom?                                                              (8)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                          EKONOMIE V1                                         13

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                        PUNTE-
                  STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                      TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde antwoord.                                  Maks. 2
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
    hou, te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande                            Maks. 26
bespreking/Ondersoek /Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/
Evalueer/ Onderskei/Verduidelik /Teken ŉ grafiek en verduidelik/
Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/    Maks. 10
Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde
toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/
Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/
Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling      Maks. 2
    van enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die
    bespreking/ontleding versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                     40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek in detail die markte binne die vier-sektormodel.           (26 punte)
•    Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra?        (10 punte)      [40]

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
     ekonomie.                                                        (26 punte)
•    Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
     bewerkstellig?                                                    (10 punte)       [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:             40
                                                               GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
