# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                         JUNIE 2024

                      EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                           *JECONA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

                 Hosted by https://www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               EKONOMIE V1                             (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.     Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

4.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.     Lees die vrae aandagtig deur.

6.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.     Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
       voldoen.

9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                      EKONOMIE V1                                            3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1      Die metode om BBP te bereken waardeur vergoeding van
                   werknemers in ag geneem word, word die … -metode genoem.

                   A    inkomste
                   B    produksie
                   C    toegevoegde waarde
                   D    besteding

        1.1.2      ŉ Sakesiklus wat deur veranderinge in die bou- en konstruksiebedryf
                   veroorsaak word, word die ... -siklus genoem.

                   A    Jugler
                   B    Kondratieff
                   C    Kitchin
                   D    Kuznets

        1.1.3      Die regeringsvlak wat uit metropole, distrikte en munisipaliteite
                   bestaan, word ŉ … regering genoem.

                   A    provinsiale
                   B    buitelandse
                   C    plaaslike
                   D    sentrale

        1.1.4      Die verskil tussen sigbare uitvoere en sigbare invoere staan as ...
                   bekend.

                   A    ruilvoet
                   B    handelsbalans
                   C    handelsliberalisering
                   D    handelsprotokol

        1.1.5      Besteding wat plaasvind ongeag die vlak van inkomste, word …
                   genoem.

                   A    geïnduseerde verbruik
                   B    outonome verbruik
                   C    staatsuitgawes
                   D    private besteding

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                EKONOMIE V1                                (EC/JUNIE 2024)

         1.1.6   ŉ Ekonomiese aanwyser wat die algemene rigting toon waarin die
                 ekonomie beweeg, word na as die ... verwys.

                 A    lengte
                 B    amplitude
                 C    tendenslyn
                 D    ekstrapolasie

         1.1.7   ŉ Plig van ŉ individu of organisasie om hul besluite en optrede te
                 verduidelik en verantwoordelikheid vir hul gedrag te aanvaar,
                 staan as ... bekend.

                 A    doeltreffendheid
                 B    eiebelang
                 C    ondoeltreffendheid
                 D    aanspreeklikheid

         1.1.8   ŉ Afname in die waarde van die geldeenheid as gevolg van
                 markkragte staan as ... bekend.

                 A    depresiasie
                 B    appresiasie
                 C    revaluasie
                 D    evaluering                                           (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                    EKONOMIE V1                                             5

 1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                     KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Lekkasies             A   spesiale vorm van krediet wat die IMF
                                               kan    gebruik    wanneer   ŉ     land
                                               betalingsbalans probleme ondervind

         1.2.2       Nuwe ekonomiese       B   goedere wat voordele vir hul
                     paradigma                 verbruikers en die ekonomie inhou

         1.2.3       Meriete goedere       C   die proporsie bykomende inkomste wat
                                               huishoudings kies om aan goedere en
                                               dienste te bestee

         1.2.4       Spesiale              D   ŉ som van belasting, invoere en
                     onttrekkingsregte         besparings in ŉ sirkelvloei

         1.2.5       Marginale verbruik-   E   die regeringsbeleid wat daarop gemik is
                     geneigdheid               om ekonomiese groei te skep sonder
                                               om inflasie te veroorsaak

         1.2.6       Kontantreserwe-       F   koop van finansiële bates soos aandele
                     vereistes                 in maatskappye op die aandelebeurs
                                               van ŉ ander land

         1.2.7       Parastatale           G   goedere wat moontlik skadelik vir die
                                               samelewing is

         1.2.8       Portefeulje-          H   besighede wat geheel of gedeeltelik
                     belegging                 deur die staat besit word en deur ŉ
                                               openbare owerheid bestuur word

                                           I   gebruik word om die geldvoorraad te
                                               beheer deur die koop en verkoop van
                                               staatseffekte
                                                                             (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V1                           (EC/JUNIE 2024)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    ŉ Ekonomie wat die buitelandse sektor insluit

      1.3.2    Die punt waar ekonomiese inkrimping op sy laagste is

      1.3.3    Die gebruik van belasting en staatsuitgawes om makro-ekonomiese
               doelwitte te bereik

      1.3.4    Die wêreldwye integrasie van ekonomieë met handel as ŉ
               belangrike element

      1.3.5    ŉ Raming van inkomste en uitgawes vir ŉ tydperk van drie jaar
               tydens die begrotingsproses

      1.3.6    ŉ Toename in die produksie van goedere en dienste van ŉ land
               gedurende ŉ tydperk, gewoonlik ŉ jaar                 (6 x 1)        (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                     EKONOMIE V1                                                7

 AFDELING B

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1     Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere.                            (2)

         2.1.2       Hoe kan mededinging totale aanbod stimuleer?                              (2)

 2.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   VERMENIGVULDIGER IN ’N TWEE-SEKTOR-EKONOMIE

         Land Y het slegs twee                deelnemers     en      het   ŉ   marginale
         verbruiksgeneigdheid van 0,6.

         Die land se outonome verbruik is 30. Die ewewig nasionale inkomste is 75.

                                                   [Aangepas uit Clever Economics, bl. 163]

         2.2.1       Identifiseer ŉ term wat verwys na besteding, wat nie van inkomste
                     afhang nie.                                                               (1)

         2.2.2       Noem EEN deelnemer in ŉ geslote ekonomie.                                 (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die konsep vermenigvuldiger.                             (2)

         2.2.4       Verduidelik die impak van ŉ toename in besparings op die waarde
                     van die vermenigvuldiger.                                                 (2)

         2.2.5       Teken ŉ goed-benoemde grafiek van ŉ vermenigvuldiger deur die
                     inligting uit die uittreksel te gebruik.                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2024)

2.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           [Bron: www.enews.co.za op 01 Januarie 2023.]

        2.3.1   Identifiseer ŉ rede vir openbare sektor mislukking uit die inligting
                hierbo.                                                                     (1)

        2.3.2   Noem EEN kenmerk van fiskale beleid.                                        (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die term openbare sektor mislukking.                       (2)

        2.3.4   Verduidelik die impak van hoë staatskuld op die voorsiening van
                openbare goedere en dienste.                                                (2)

        2.3.5   Hoe kan mislukking in die openbare sektor die ekonomie
                beïnvloed?                                                                  (4)

2.4     Bespreek kortliks die reële (werklike) sakesiklus sonder die grafiek.               (8)

2.5     Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van openbare
        sektorvoorsiening verbeter?                                                        (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                      EKONOMIE V1                                                 9

 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1    Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1      Noem enige TWEE aanwysers wat in vooruitskatting van
                   sakesiklusse gebruik word.                                                    (2)

        3.1.2      Hoe kan inkomstebelasting kerwe belastingbetalers beïnvloed?                  (2)

 3.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Vooruitskatting is ŉ tegniek wat historiese data as insette gebruik om
        ingeligte ramings te maak wat voorspellend is om die rigting van
        toekomstige tendense te bepaal.

        Ná die wêreldwye finansiële krisis (WFK) van 2008–09, het die Suid-
        Afrikaanse ekonomie vir meer as ’n dekade ’n ongewone sakesiklus beleef.
        Die globale ekonomiese herstel ná WFK was relatief ongelyk, met swak
        ekonomiese groei en lae rentekoerse.

                                                            [Aangepas uit Investopedia.com]

        3.2.1      Identifiseer ŉ sakesiklus fase uit die uittreksel hierbo.                     (1)

        3.2.2      Noem EEN tipe sakesiklus.                                                     (1)

        3.2.3      Verduidelik kortliks die term sakesiklusse.                                   (2)

        3.2.4      Verduidelik die belangrikheid van bewegende gemiddeldes as ŉ
                   kenmerk wat in vooruitskattings gebruik word.                                 (2)

        3.2.5      Hoekom is dit belangrik vir ekonome om voorspellings te maak?                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                               (EC/JUNIE 2024)

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      3.3.1    Identifiseer ŉ diagram hierbo wat ŉ toename in die aantal toeriste
               van die VSA na Suid-Afrika voorstel.                                     (1)

      3.3.2    Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.             (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term wisselkoers.                                   (2)

      3.3.4    Verduidelik die impak op die rand as die aantal toeriste van Suid-
               Afrika na die VSA afneem.                                                (2)

      3.3.5    Watter voordele kan lande van die wêreld uit internasionale handel
               verkry?                                                                  (4)

3.4   Bespreek die endogene (Keynesiaanse) verduideliking van sakesiklusse.             (8)

3.5   Hoe kan die nasionale begroting sosio-ekonomiese regte bevorder?                  (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                     EKONOMIE V1                                           11

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1       Noem enige TWEE kenmerke van openbare sektor mislukking.                 (2)

       4.1.2       Hoe kan die regering belasting gebruik om ekonomiese herstel te
                   stimuleer?                                                               (2)

 4.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       4.2.1       Identifiseer  die   belastingkoers      waarteen    die   regering
                   belastinginkomste maksimeer.                                             (1)

       4.2.2       Noem enige vorm van indirekte belasting wat huishoudings aan die
                   regering betaal.                                                         (1)

       4.2.3       Beskryf kortliks die term progressiewe belasting.                        (2)

       4.2.4       Verduidelik die effek van ŉ regressiewe belastingstelsel op
                   inkomsteverdeling.                                                       (2)

       4.2.5       Hoekom sal belastinginkomste afneem as die regering baie hoë
                   belastingkoerse instel?                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V1                                     (EC/JUNIE 2024)

4.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE RENTEKOERS: JANUARIE 2024

        Die Reserwebank het eenparig besluit om sy sleutel repokoers op 8,25% op
        Januarie 2024 te hou. Hy het opgemerk dat die terugkeer van inflasie na die
        teiken stadig was. Hooflyninflasie het vir ŉ tweede maand tot 5,1% in
        Desember gedaal.

                                                       [Aangepas uit tradingeconomics.com]

        4.3.1   Identifiseer die tydperk met die laagste repokoers in die inligting
                hierbo.                                                                            (1)

        4.3.2   Noem die komitee wat verantwoordelik is vir rentekoersbesluite in
                Suid-Afrika.                                                                       (1)

        4.3.3   Beskryf kortliks die term repokoers.                                               (2)

        4.3.4   Verduidelik die verband tussen inflasie en werkloosheid in die
                Phillips-kromme.                                                                   (2)

        4.3.5   Hoe kan morele oorreding gebruik word as ŉ instrument om die
                oorverhitte ekonomie af te koel?                                                   (4)

4.4     Bespreek kortliks prysstabiliteit en ekonomiese regverdigheid as makro-
        ekonomiese doelwitte.                                                                      (8)

4.5     Hoe sal produsente op die verskillende fases van die sakesiklus reageer?               (8)
                                                                                              [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                   80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                    EKONOMIE V1                                            13

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                          PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                        TOEKENNING
 Inleiding
  • Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                 Maks. 2
  • ŉ Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag
    verband hou, te definieer of te omskryf.
  • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
  • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.
 Liggaam:
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/           Maks. 26
 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
 Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee
 en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
                                                                         Maks. 10
 ŉ Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
 word.
 Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
 Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
 ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
 toegeken word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
  • ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van      Maks. 2
    enige feite wat reeds genoem is
  • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  • Bykomende ondersteunende inligting wat die
    bespreking/ontleding versterk
  • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                     40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die markte binne die vier-sektor model.
                                                                      (26 punte)
 •   Hoe kan die toename in inspuitings ŉ impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie
     hê?                                                              (10 punte)           [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek volledig die redes vir internasionale handel.           (26 punte)
 •   Hoe kan ŉ geldeenheid (rand) depresiasie die ekonomie beïnvloed? (10 punte)           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
