# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2021-afrikaans/fa9667d6-5903-42bd-ac7f-d603b59718cf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2021-afrikaans/fa9667d6-5903-42bd-ac7f-d603b59718cf)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

                       EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 5.    Lees die vrae aandagtig deur.

 6.    Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

 7.    Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

 8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
3                                   EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)                                30 PUNTE − 20 MINUTE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die
        korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        ooreenstemmende vraagnommers (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.

        1.1.1   Die erns van ’n fase in die sakesiklus word deur die … gemeet.

                A     trog
                B     amplitude
                C     ekstrapolasie
                D     tendens

        1.1.2   Arbeid kan in die …-mark gekoop en verkoop word.

                A     faktor
                B     goedere
                C     finansiële
                D     verbruikers

        1.1.3   Wanneer invoertariewe ingestel word as ’n persentasie van die
                waarde van die ingevoerde goedere, staan dit as … -tariewe
                bekend.

                A     saamgestelde
                B     spesifieke
                C     ad valorem
                D     gemiddelde

        1.1.4   As die wisselkoers verander van $1 = R6 tot $1 = R8, as gevolg van
                markkragte, dan ...

                A     depresieer die $ teen die R.
                B     depresieer die R teen die $.
                C     devalueer die R teen die $.
                D     devalueer die $ teen die R.

        1.1.5   Sosiale toelaes aan landsburgers van Suid-Afrika vorm deel van
                die ... beleid.

                A     monetêre
                B     handels-
                C     groei
                D     fiskale

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

         1.1.6   Die proses om ŉ mineraal te omskep in ŉ produk met ŉ hoër waarde,
                 wat plaaslik verbruik of uitgevoer kan word, staan as ... bekend.

                 A     poorte
                 B     opritte
                 C     uitvoerverwerkingsones
                 D     veredeling

         1.1.7   Die huidige inflasiekoers vasgestel deur die Suid-Afrikaanse
                 regering, is ...

                 A     1 – 6%.
                 B     6 – 12%.
                 C     3 – 6%.
                 D     0 – 3%.

         1.1.8   ŉ Internasionale organisasie wat van sy lede vereis om hul
                 aanwysers te standaardiseer, word die ... genoem.

                 A     Wêreldbank
                 B     Regerings Finansiële Statistieke.
                 C     Wêreld Ekonomiese Forum
                 D     Menslike-ontwikkelingsindeks                         (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
5                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommers
         (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1   Handelsbalans           A ingebed in vraag- en aanbod beleide

         1.2.2   Vryhandel               B verhoog potensiaal vir grootskaalse
                                           produksie

         1.2.3   Reële vloei             C produsente en verbruikers kan goedere
                                           en dienste van enige plek in die wêreld
                                           koop sonder die inmenging van die
                                           regering

         1.2.4   Nuwe ekonomiese         D toon verhouding tussen belasting-
                 paradigma                 koerse en belasting-inkome.

         1.2.5   Laffer-kurwe            E die terugkeer van grond aan diegene
                                           wat     dit   verloor  het    weens
                                           diskriminerende wette

         1.2.6   Nasionale               F die verskil tussen wat ’n land uitvoer,
                 Nywerheidsbeleid          insluitende goud, en wat die land invoer
                 Raamwerk (NNBR)

         1.2.7   Grond-restitusie        G word bereken deur die reële BBP te
                                           deel deur die aantal indiens-geneemde
                                           werkers

         1.2.8   Arbeidsproduktiwiteit   H die beweging van goedere, dienste en
                                           produksiefaktore onder die deelnemers
                                           aan die ekonomie

                                         I   toon alle transaksies tussen een land
                                             en ’n ander land
                                                                            (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.3    Gee EEN begrip/woord vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs
        die begrip/woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6)
        in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal
        NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   Aanhoudende vloei van besteding, produksie en inkome tussen
                verskillende sektore

        1.3.2   ’n Negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee opeenvolgende
                kwartale.

        1.3.3   Oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite vanaf die privaat
                sektor na die openbare sektor

        1.3.4   Die wêreldwye interaksie tussen ekonomieë met handel as ŉ
                belangrike element

        1.3.5   Geïnisieer om infrastruktuur en investering in besighede in
                afgeskeepte en onderontwikkelde areas te voorsien

        1.3.6   Alle persone van enige geslag, tussen die ouderdom van 15 en 65
                wat arbeid vir produktiewe aktiwiteite verskaf           (6 x 1)          (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
7                                 EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.
                                                                    (2 x 1)                    (2)

        2.1.2   Waarom is die aangaan van lenings nie ŉ langtermynoplossing vir
                ŉ fundamentele betalingsbalans (BOP)-onewewigtigheid nie?
                                                                       (1 x 2)                 (2)

 2.2    Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        Die vermenigvuldiger-effek vind plaas omdat inspuitings of die nuwe vraag
        na goedere en dienste in die ekonomiese kringloop van inkome, verdere
        rondtes van besteding stimuleer. Nasionale inkome kan verander as ’n
        direkte gevolg van ’n verandering in totale besteding.

                                [Aangepas en vertaal uit https://www.economicsonline.co.uk]

        2.2.1    Gee EEN voorbeeld van ’n inspuiting.                                          (1)

        2.2.2    Gee ’n formule om totale besteding in ’n oop ekonomie te bereken.             (1)

        2.2.3    Omskryf kortliks die begrip inspuiting.                                       (2)

        2.2.4    Wat is die uitwerking op nasionale inkome as inspuitings minder
                 as lekkasies is?                                                              (2)

        2.2.5    Veronderstel die bestedingsfunksie ( E ) = 10 + 0.5Y.
                 Teken ’n 45° grafiek, met volledige byskrifte, om die bestedings-
                 funksie aan te dui.                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.3    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                SUID-AFRIKA SE LEIDENDE SAKESIKLUS AANWYSER

        Die saamgestelde leidende sakesiklus aanwyser in Suid-Afrika het
        intussen vooruitbeweeg na ’n skerp daling in April 2020. Die grootste
        positiewe bydraes kom van meer bouplanne wat goedgekeur is.

                                  [Aangepas en vertaal uit SARBQB, Desember 2020.]

        2.3.1   Gee ’n voorbeeld van ’n leidende aanwyser.                                 (1)

        2.3.2   Dui die fase aan van ’n sakesiklus wat die hoogste
                werkloosheidskoers het.                                                    (1)

        2.3.3   Omskryf kortliks die begrip sakesiklus.                                    (2)

        2.3.4   Verduidelik die Keynesiaanse benadering/verduideliking van
                sakesiklusse.                                                              (2)

        2.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom dat die
                ekonomie ’n trog bereik?                                                   (4)

 2.4    Teken ’n grafiek, met volledige byskrifte, om die verhouding tussen inflasie
        en werkloosheid aan te dui.                                                        (8)

 2.5    Assesseer die beperkings van die vergelykende voordeelteorie vir lande
        wat by internasionale handel betrokke is.                                         (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
9                                EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE aanwysers met betrekking tot die aanbod van
               geld.                                                   (2 x 1)                 (2)

      3.1.2    Hoe help onderwys met sosiale ontwikkeling?                        (1 x 2)      (2)

 3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                        ONGELYKE LEWENSTANDAARD

                                          [Aangepas en vertaal uit https://www.bbc.co.uk/]

      3.2.1    Gee ŉ formule om per capita inkome te bereken.                                  (1)

      3.2.2    Identifiseer die ‘verdeel’ waar ’n langer lewensverwagting verwag
               word.                                                                           (1)

      3.2.3    Omskryf kortliks die begrip Noord-Suid verdeel.                                 (2)

      3 .2.4   Vergelyk die armoede-vlakke van die Noord en Suid lande.                        (2)

      3.2.5    Hoe beïnvloed lande in die ‘suid-verdeel’ die omgewing negatief?                (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                               LOPENDE MARK-KOERSE
            Aanwyser            Waarde   Laaste periode               Beweging
         Repokoers                  3,5           23/02/2021
         Prima uitleenkoers
                                   7,00           23/02/2021
         M3
                                   9,48            Des 2020
         Rand per VS
         Dollar
                                 14,6818          23/02/2021

                                              [Aangepas en vertaal uit www.resbank.co.za]

        3.3.1   Identifiseer ’n aanwyser met betrekking tot rentekoerse.                      (1)

        3.3.2   Noem die soort wisselkoers-stelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.           (1)

        3.3.3   Omskryf kortliks die begrip prima uitleenkoers.                               (2)

        3.3.4   Hoekom is dit belangrik vir die regering om die prestasie van die
                ekonomie te assesseer?                                                        (2)

        3.3.5   Hoe sal ’n styging in die repokoers verbruiksbesteding beïnvloed?             (4)

 3.4    Bespreek tariewe en kwotas as metodes van invoervervanging.                           (8)

 3.5    Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke Program tot ’n daling in die
        werkloosheidskoers bydra?                                                             (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
11                               EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE aansporings wat die SA regering aanwend om
                nywerheidsontwikkeling te verbeter.                   (2 x 1)                 (2)

       4.1.2    Hoe kan ’n land die ruilvoet verbeter?                             (1 x 2)    (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                            NASIONALE REKENING TOTALE

       SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK 2019                          R miljoene
       Vergoeding aan werkers                                                 2 418 544
       Netto bedryf surplus                                                   1 296 696
       Verbruik van vaste kapitaal                                             713 078
       Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste                              4 428 317
       Ander belastings op produksie                                           105 061
       Ander subsidies op produksie                                              9 798
       Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse                                 A
       Belastings op produkte                                                  554 866
       Subsidies op produkte                                                    10 821
       Bruto binnelandse produk teen markpryse                                5 077 625
                           [Aangepas en vertaal uit SARB Quarterly Bulletin, Desember 2020]

       4.2.1    Gee EEN voorbeeld van belastings op produkte.                                  (1)

       4.2.2    Identifiseer die metode wat gebruik is om die BBP te bereken.                  (1)

       4.2.3    Omskryf kortliks die begrip verbruik van vaste kapitaal.                       (2)

       4.2.4    Bepaal die waarde van A hierbo.                                                (2)

       4.2.5    Hoekom verskaf die regering subsidies op produkte?                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.3    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                 PERSENTASIE VAN HUISHOUDINGS WAT TOEGANG TOT
                DRINKWATER IN SUID-AFRIKA HET – SOSIALE AANWYSER

                                                 [Aangepas en vertaal uit stats.sa@gov.za]

        4.3.1     Noem enige ander voorbeeld van ’n basiese diens.                             (1)

        4.3.2     Dui die persentasie Suid-Afrikaanse huishoudings aan wat nie
                  toegang tot verbeterde waterbronne het nie.                                  (1)

        4.3.3     Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.                                (2)

        4.3.4     Watter maatreëls kan gebruik word om in ’n voldoende aanbod van
                  water vir Suid-Afrika te voorsien?                                           (2)

        4.3.5     Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van
                  dienste as ’n sosiale aanwyser?                                              (4)

 4.4    Bespreek kortliks die voorkoming van storting (‘dumping’) en beskerming
        van natuurlike hulpbronne as argumente ten gunste van beskerming.                      (8)

 4.5    Hoe kan die Reserwebank die tekort op die betalingsbalans doeltreffend
        verminder?                                                                             (8)
                                                                                              [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
13                                  EKONOMIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag uit die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ’n lae orde antwoord.                                            Maks. 2
 • ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
    vraag gebruik word, te definieer.
 • MOENIE enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 • MOENIE enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
 • Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
 Inhoud
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/                 Maks. 26
 Bespreek krities/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik gegewe vraag en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek                                           Maks. 10
 Addisionele gedeelte: Gee jou mening/Bespreek krities/Evalueer/
 Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/
 Hoe/Stel voor/Ontleed
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 • ’n Kort opsomming van wat bespreek is sonder om genoemde feite te               Maks. 2
    herhaal
 • Enige mening of waarde oordeel oor die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te
    versterk
 • ’n Teenstellende sienswyse met motivering, indien nodig is.
 • Aanbeveling.
 TOTAAL                                                                              40

 VRAAG 5: MAKRO EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die rede(s) vir openbare sektor mislukking. (26 punte)
 •   Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
     mislukking, opgelos kan word.                                  (10 punte)               [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe ten opsigte van
     streekontwikkeling.                                           (26 punte)
 •   Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelingsbeleide
     kragtens internasionale maatstawwe.                           (10 punte)                [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                 GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
