# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/19222ca9-4238-466d-852f-45301574064b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/19222ca9-4238-466d-852f-45301574064b)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2023

                     EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                  EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
      en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                          3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    Die formule I + J + X verteenwoordig … in ŉ oop ekonomie.

                 A     inspuitings
                 B     lekkasies
                 C     uitgawes
                 D     uitvoere

        1.1.2    Die boonste draaipunt van ŉ sakesiklus staan as ... bekend.

                 A     voorspoed
                 B     herstel
                 C     trog
                 D     piek

        1.1.3    Die skatting van toekomstige inkomste en uitgawes oor ŉ periode
                 staan as ... bekend.

                 A     totale vraag
                 B     begroting
                 C     finansies
                 D     uitgawes

        1.1.4    Die doelbewuste toename in die waarde van 'n rand in terme van
                 die ander is ...

                 A     appresiasie.
                 B     revaluasie
                 C     oorwaardering
                 D     surplus.

        1.1.5    Die opheffing of vermindering van beperkings op die vrye uitruil van
                 goedere tussen nasies staan as ... bekend.

                 A     handelsprotokol
                 B     globalisering
                 C     handelsliberalisering
                 D     ekonomiese integrasie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2023)

       1.1.6    ŉ Regstellingsmaatreël wat fokus op grond vir residensiële en
                produksie vir voorheen benadeelde groepe, staan as ... bekend.

                A    grondrestitusie
                B    grondhervorming
                C    grondherverdeling
                D    eiendom-subsidie

       1.1.7    ŉ Kontanttoelaag om fisiese infrastruktuur te bou of uit te brei,
                is ŉ ...

                A    nywerheidsontwikkelingsone.
                B    geïntegreerde vervaardigingstrategie.
                C    buitelandse beleggingstoelaag.
                D    kritieke infrastruktuurprogram.

       1.1.8    ŉ Ekonomiese aanwyser wat gemeet word deur die reële BBP te
                deel deur die aantal werkers in diens, word na as ... verwys.

                A    arbeidsproduktiwiteit
                B    indiensneming
                C    werkloosheid
                D    ekonomies aktiewe bevolking.                             (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                  EKONOMIE V1                                        5

1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in pas. KOLOM A. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                  KOLOM A                            KOLOM B
        1.2.1    Stelsel van         A    leen moet slegs vir kapitale uitgawes
                 nasionale rekeninge      gebruik word

        1.2.2    Reële sakesiklus     B   vaste en voorafbepaalde hoeveelheid
                                          wat ingevoer kan word

        1.2.3    Tekortreël           C   gemeet aan reële BBP

        1.2.4    Absolute voordeel    D   gehef deur banke aan hul beste kliënte

        1.2.5    Kwota                E   stel internasionale riglyne vir die
                                          verslagdoening van statistieke wat oor
                                          lande vergelykbaar is

        1.2.6    Ekonomiese groei     F   begrotingstekort om nie 3% van BBP-
                                          lenings te oorskry nie

        1.2.7    Spesiale             G   makro-ekonomiese model wat daarop
                 ekonomiese sone          dui dat skommelinge ŉ gevolg van
                                          tegnologiese veranderinge is

        1.2.8    Prima-rentekoers     H   die vervaardiging van ŉ goed of diens
                                          teen die laagste koste

                                      I   geniet aansporings soos belasting-
                                          verligting om nywerheids-ontwikkeling
                                          te bevorder
                                                                         (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3   Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    ŉ Gedeelte van verbruik wat met besteebare inkomste wissel

      1.3.2    Statistiese hulpmiddel wat gebruik word om die veranderinge in ŉ
               reeks data oor ŉ sekere tydperk te ontleed

      1.3.3    ŉ Situasie waar een land ŉ relatiewe voordeel in die produksie van
               goedere of dienste het

      1.3.4    ŉ Beleid waar die staat die invoer van sekere goedere en dienste
               ontmoedig om plaaslike nywerhede teen onregverdige mededinging
               te beskerm

      1.3.5    ŉ Regeringsinisiatief om infrastruktuur- en sakebeleggings na
               verwaarloosde en onderontwikkelde gebiede te lok

      1.3.6    ŉ Aanwyser om veranderinge in die pryse van goedere wat plaaslik
               geproduseer word te meet wanneer dit die fabrieksvloer verlaat
                                                                           (6 x 1)      (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                   EKONOMIE V1                                              7

AFDELING B

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE tipes wisselkoersstelsels.                      (2 x 1)      (2)

       2.1.2    Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in ŉ vier-sektor
                model kleiner as dié van ŉ twee-sektor model?                                (2)

2.2    Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         NASIONALE INKOMSTE EN PRODUKSIE-REKENINGE VAN SUID-
                                    AFRIKA
        Teen huidige pryse
        R miljoene
                                              2020      2021
        Vergoeding van werknemers          2 678 050 2 861 309
        Netto bedryfsurplus                1 480 978 1 795 000
        Verbruik van vaste kapitaal         752 613   797 230
        Bruto toegevoegde waarde teen
        faktorkoste                        4 924 541 5 453 539
        Bruto toegevoegde waarde teen
        basiese pryse                      5 029 575 5 572 608

                               [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022]

       2.2.1    Identifiseer ŉ item uit die tabel hierbo wat uit salarisse en lone
                bestaan.                                                                     (1)

       2.2.2    Noem EEN item wat gebruik word wanneer BBP teen faktorkoste
                na BBP teen basiese pryse omgeskakel word.                                   (1)

       2.2.3    Beskryf kortliks die term faktorkoste.                                       (2)

       2.2.4    Verduidelik die doel van ŉ residuele item in die berekening van
                BBP.                                                                         (2)

       2.2.5    Waarom sal ekonome konstante pryse bo huidige pryse verkies
                wanneer hulle ekonomiese groei meet?                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    EKONOMIE V1                                   (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      VRAAGKANT-BELEID – FISKALE BELEID

                     [Bron: http://www.sanandres.esc.edu.ar/secondary/economics%20packs/
                                        macroeconomics/. Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.]

      2.3.1    Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys.                                         (1)

      2.3.2    Gee ŉ formule om die totale vraag vir ŉ geslote ekonomie te
               bereken.                                                                            (1)

      2.3.3    Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.                                (2)

      2.3.4    Verduidelik die gebruik van ekspansiewe fiskale beleid om
               ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.                                                 (2)

      2.3.5    Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om
               die effek van vraag- en aanbodkantbeleide in die gladstryking van
               sakesiklusse te toon.                                                               (4)

2.4   Bespreek kortliks spesialisasie en doeltreffendheid as gevolge van
      internasionale handel.                                                                       (8)

2.5   Hoekom is finansiële markte belangrik vir ekonomiese groei?                                  (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                      EKONOMIE V1                                                 9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel.                                (2)

       3.1.2    Hoe beïnvloed ŉ toename in invoer die ekonomie?                                    (2)

3.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             Die     Departement      van
                                                             Handel     Nywerheid      en
                                                             Mededinging (DHNM) het
                                                             die mandaat om Suid-
                                                             Afrikaanse    goedere     en
                                                             dienste met toegevoegde
                                                             waarde in die buiteland te
                                                             bevorder       deur       die
                                                             uitvoerbasis deur middel van
                                                             aansporings en subsidies te
                                                             verbreed.
           [Aangepas en vertaal uit hedtic.gov.za/sectors-and-services-2/1-4-2-trade-and-export.
                                                                Toegang op 5 April 2023 verkry.

       3.2.1     Identifiseer ŉ metode om uitvoere te bevorder uit die inligting
                 hierbo.                                                                           (1)

       3.2.2     Noem ŉ internasionale instelling wat vryhandel bevorder.                          (1)

       3.2.3     Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.                                     (2)

       3.2.4     Verduidelik die voordeel van skaalvoordele vir verbruikers.                       (2)

       3.2.5     Hoe help ŉ toename in uitvoer ŉ ekonomie?                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

10                                     EKONOMIE V1                                  (EC/SEPTEMBER 2023)

3.3   Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     [Bron: hedtic.gov.za/sectors-and-services. Toegang op 5 April 2023 verkry.]

      3.3.1    Identifiseer die groeibeleid wat daarop gemik is om werk te skep
               deur arbeidsintensiewe metodes te gebruik uit die bogenoemde.                        (1)

      3.3.2    Noem enige ander Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleid.                      (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                                   (2)

      3.3.4    Verduidelik die rol van die regering in die bevordering van die
               toetrede van swart entrepreneurs tot besighede.                                      (2)

      3.3.5    Waarom was die BBSEB-programme nie suksesvol om groei en
               ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder nie?                                         (4)

3.4   Bespreek die redes vir industriële ontwikkeling.                                              (8)

3.5   Hoe sal die sukses van die Nasionale Ontwikkelingsplan die Suid-
      Afrikaanse ekonomie bevoordeel?                                                               (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                       EKONOMIE V1                                                 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1    Noem TWEE tipes sakesiklusse.                                                        (2)

        4.1.2    Waarom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir ŉ ekonomie?                        (2)

4.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                GROOT SLAG VIR SA UITVOER

        Suid-Afrika het meer ingevoer as wat hy aan die begin van 2023 uitgevoer
        het en het in Januarie 2023 ŉ voorlopige handelsbalanstekort van R23,05
        miljard aangeteken.

        Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê die tekort is te wyte aan
        uitvoere wat R139,36 miljard bereik het en invoere van altesaam R162,41
        miljard.

        Dit was ŉ beduidende jaar-tot-jaar (JoJ) afname vanaf Januarie 2022, toe
        die land ŉ handelsbalansoorskot van R4,64 miljard aangeteken het.

          [Aangepas en vertaal uit https://businesstech.co.za/news/finance/670341/huge-blow-for-
                                       exports-in-south-africa-repor/. Toegang op 31 Maart verkry.]

        4.2.1    Identifiseer die waarde van die handelsbalanstekort vir Januarie
                 2023.                                                                                (1)

        4.2.2    Noem ŉ hoofrekening van die betalingsbalans wat uitvoere en
                 invoere aanteken.                                                                    (1)

        4.2.3    Beskryf kortliks die term handelsbalans.                                             (2)

        4.2.4    Verduidelik die doel van die betalingsbalans.                                        (2)

        4.2.5    Hoe kan lande ŉ gunstige handelsbalans verkry?                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

12                                    EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2023)

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Industrialisering het dekades van rykdom meegebring, waarby burgers van
      ryk lande baat vind, namate armer lande probeer verbeter, word hul
      ontwikkelingspogings voortdurend teruggesit deur orkane, droogtes, vloede
      en klimaatrampe.

      Klimaatsverandering tref armer gemeenskappe en lande die hardste.

       [Aangepas en vertaal uit https://www.climatechangenews.com/2015/11/24/a-paris-climate-
                         deal-must-address-global-inequality/. Toegang op 5 April 2023 verkry.]

      4.3.1     Identifiseer uit bogenoemde uittreksel ŉ omgewingskwessie wat arm
                lande raak.                                                                        (1)

       4.3.2    Watter deel van die Noord-Suid-verdeling verteenwoordig die arm
                lande?                                                                             (1)

      4.3.3     Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling.                                    (2)

      4.3.4     Verduidelik die negatiewe impak van massaproduksie deur
                ontwikkelde lande op die omgewing.                                                 (2)

      4.3.5     Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat verband hou met die
                Noord-Suid-verdeling aangespreek word?                                             (4)

4.4   Met behulp van ŉ korrekte benoemde grafiek, verduidelik die amplitude van
      ŉ sakesiklus.                                                                                (8)

4.5   Hoe sal lande by internasionale ooreenkomste baat vind?                                      (8)
                                                                                                  [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                 EKONOMIE V1                                         13

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding
 • Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                    Maks. 2
 • ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
   hou, te definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
   bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/              Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
                                                                           Maks. 10
ŉ Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 • ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van         Maks. 2
   enige feite wat reeds genoem is
 • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
 • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
TOTAAL                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die ekonomie.
                                                                              (26 punte)
•      Ontleed die impak van swak dienslewering deur die regering op sosio-
       ekonomiese regte.                                                      (10 punte)     [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die sosiale aanwysers.                             (26 punte)
•      Hoe kan dienslewering deur plaaslike owerhede verbeter word?          (10 punte)      [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
