# Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2024

                      EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
      en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   EKONOMIE V1                                        3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                 30 PUNTE – 20 MINUTE

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    Die gedeelte van verbruik wat verander met besteebare inkomste
                 word na … verbruik verwys.

                 A     outonome
                 B     produktiewe
                 C     geïnduseerde
                 D     direkte

        1.1.2    ŉ Sakesiklus wat verkry word wanneer die gevolge van
                 onreëlmatige gebeurtenisse uit tydreeks data verwyder word, is ŉ
                 … sakesiklus.

                 A     reële
                 B     natuurlike
                 C     leidende
                 D     nuwe ekonomiese

        1.1.3    ŉ Regeringsfeer wat basiese dienste aan die mense lewer is die …
                 regering.

                 A     politieke
                 B     sentrale
                 C     basiese
                 D     plaaslike

        1.1.4    Die verskil tussen die waarde van sigbare uitvoere van goedere en
                 dienste en die waarde van sigbare invoere is die …

                 A     betalingsbalans.
                 B     direkte investering.
                 C     ruilvoet.
                 D     handelsbalans.

        1.1.5    Die verbod op die invoer van sekere goedere uit ŉ bepaalde land.

                 A     Hoeveelheid beheer
                 B     Fisiese beheer
                 C     Tariewe
                 D     Kwotas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

       1.1.6    ŉ Maatstaf van hoeveelheid geld verdien deur ŉ individu wat
                gebruik word om die lewenstandaard van die bevolking te bepaal,
                staan as ... bekend.

                A    per kapita inkomste
                B    nominale inkomste
                C    lone
                D    groei-inkomste

       1.1.7    ŉ Platform wat geskep is om die ontwikkeling van dringende
                benodighede vaardighede te help om werkskepping te fasiliteer.

                A    Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
                B    Kritieke Infrastruktuur Program
                C    Gesamentlike Inisiatief vir die Verwerwing van Voorkeur-
                     vaardighede
                D    Buitelandse investeringstoekenning

       1.1.8    ŉ Maatstaf van ŉ verandering in die pryse van goedere wat plaaslik
                geproduseer word soos die fabrieksvloer verlaat, is die ...

                A    verbruikersprys-indeks
                B    produsentprys-indeks
                C    weging-indeks
                D    inflasieteikening.                                    (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 EKONOMIE V1                                        5

1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in pas. KOLOM A. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                  KOLOM A                            KOLOM B
        1.2.1    Stelsel van         A   oordrag van funksies en eienaarskap
                 nasionale rekeninge     van die privaatsektor na die openbare
                                         sektor

        1.2.2    Vermindering van    B   ŉ landswye regeringsingryping om werk
                 koste                   te skep deur arbeidsintensiewe
                                         metodes

        1.2.3    Nasionalisering     C   welstand van mense wat deur
                                         gesondheid, onderwys en gesondheid
                                         bepaal word

        1.2.4    Spesiale            D   ŉ landstreek wat ŉ deurgang vorm wat
                 trekkingsregte          as deel van streeksontwikkeling
                                         ontwikkeld was

        1.2.5    Deregulering        E   ŉ stelsel van internasionale riglyne om
                                         inligting oor ekonomiese ontleding en
                                         formulering van makro-ekonomiese
                                         beleid te verskaf

        1.2.6    Uitgebreide         F   die aantal jare wat ŉ persoon verwag
                 Openbare Werke          om te leef gebaseer op statistieke
                 Program                 gemiddeldes

        1.2.7    Korridor            G   finansieringsinstrument verdeel tussen
                                         lidlande    van    die   Internasionale
                                         Monetêre Fonds

        1.2.8    Lewensverwagting    H   die verwydering van wette, regulasie en
                                         by-wette deur die regering

                                     I   ŉ aanbodkant-beleid wat skommelinge
                                         in die ekonomie gladstryk
                                                                      (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3   Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    Die totale waarde van alle goedere en dienste wat deur permanente
               inwoners van ŉ land vervaardig word

      1.3.2    Die duur van ŉ sakesiklus gemeet van trog tot trog, of van piek tot
               piek

      1.3.3    ŉ Illustrasie van die teoretiese verband tussen belastingkoerse en
               belastinginkomste

      1.3.4    ŉ Handelsbeleid wat die verskaffing van aansporings behels om
               plaaslike produsente aan te moedig om goedere vir uitvoere te
               produseer

      1.3.5    Die verskil in ekonomiese ontwikkeling tussen ontwikkelde en
               ontwikkelende lande

      1.3.6    Regeringsprogramme om investering en werkskepping in gebiede
               met hoë groei potensiaal aan te moedig                (6 x 1)            (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  EKONOMIE V1                                           7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.         (2 x 1)      (2)

       2.1.2    Waarom is dit nodig om die oorverhitte ekonomie te demp
                (buitensporige groei)?                            (1 x 2)                (2)

2.2    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        [Aangepas uit Google images]

       2.2.1    Identifiseer uit die grafiek hierbo ŉ letter wat geldbesteding op
                kapitale goedere verteenwoordig.                                         (1)

       2.2.2    Noem die tipe ekonomie wat deur die diagram hierbo uitgebeeld
                word.                                                                    (1)

       2.2.3    Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger.                              (2)

       2.2.4    Verduidelik die negatiewe effek van ŉ styging in invoerbesteding
                op die grootte van die vermenigvuldiger.                                 (2)

       2.2.5    Gebruik die formule K =∆Y/∆J om die waarde van die
                vermenigvuldiger te bereken vanuit die scenario hierbo.
                Toon alle bewerkings.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2024)

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        OPENBARE SEKTOR MISLUKKING: IS DIE REGERING BESIG OM
               SUID-AFRIKA SE EKONOMIE TE VERWOES?

      ŉ Nuwe verslag deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemings
      (SOO) voer aan dat swak beleide en swak regerings ekonomiese groei
      vernietig.

      Die verslag het volgende geïdentifiseer:
      • Onvoldoende energie voorsiening is Suid-Afrika se mees kritieke
         beperking op groei – Die handhawing van Eskom-monopolie het
         beteken dat ŉ ineenstorting deur korrupsie, onbevoegdheid het
         katastrofiese implikasies vir die hele land gehad.
      • Die Zondo-kommissie het bevind dat die staat meer as R57 biljoen aan
         korrupsie besmette kontrakte bestee het.
      • Transnet se monopolie op swak hawebestuur en spoorweg-
         infrastruktuur verduidelik hoekom sy dienste afgeneem het, maar kostes
         het gestyg
      • Die aanstelling van onbevoegde mense in sleutel-organisasies was die
         belangrikste faktor wat tot vervalle openbare infrastruktuur bygedra dit.
        [Aangepas uit https://dailyinvestor.com/south-africa/19596. Toegang op 22 Maart 2024
                                                                                     verkry.]

      2.3.1    Identifiseer EEN parastataal uit die uittreksel hierbo.                            (1)

      2.3.2    Noem ŉ kenmerk van openbare sektor mislukking.                                     (1)

      2.3.3    Verduidelik kortliks die term openbare sektor mislukking.                          (2)

      2.3.4    Verduidelik die impak van korrupsie op volle indiensneming as ŉ
               makro-ekonomiese objektief.                                                        (2)

      2.3.5    Hoe kan onbevoegdheid in staatsondernemings dienslewering
               beïnvloed ?                                                                        (4)

2.4   Verduidelik kortliks die verhouding tussen die finansiële sektor en die ander
      deelnemers in die ekonomiese kringloop-model.                                               (8)

2.5   Hoe kan eksogene faktore ekonomiese skommelinge veroorsaak
      (sakesiklusse)?                                                                             (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     EKONOMIE V1                                                 9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE vorms van ekonomiese integrasie.                      (2 x 1)     (2)

       3.1.2    Hoe kan die ekonomie sy produktiwiteit vermeerder?                     (1 x 2)    (2)

3.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    BRICS UITBREIDING
                                                    Die 15de uitgawe van die
                                                    jaarlikse BRICS-beraad wat
                                                    in 2023 in Suid-Afrika gehou
                                                    was, het ŉ besluit geneem
                                                    om die BRICS-blok uit te brei
                                                    en nuwe lede toe te laat.

                                                            Vyf lande, Saoedi-Arabië,
                                                            Egipte, Ethiopië, Iran en die
                                                            VAE is nou volle lede van die
                                                            BRICS handelsprotokol.

                        [Aangepas en vertaal uit livemint.com. Toegang op 5 April 2024 verkry.]

       3.2.1     Identifiseer EEN nuwe lidland van BRICS.                                         (1)

       3.2.2     Noem die handelsooreenkoms (protokol) tussen die Verenigde
                 State en sub-Sahara Afrika lande.                                                (1)

       3.2.3     Verduidelik kortliks die term handelsprotokol.                                   (2)

       3.2.4     Verduidelik die hoofdoel van BRICS.                                              (2)

       3.2.5     Hoe kan vryhandel die ekonomieë benadeel?                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V1                                    (EC/SEPTEMBER 2024)

3.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                EKONOMIESE AANWYSERS

         AANWYSERS                NUUTSTE           VERWYSING               MAATSTAF
                                  WAARDE
      Inflasie                       5,6              12/2023                  Persent
      VPI                            114              02/2024               Indeks punte
      Geldvoorraad                 376 845            02/2024                ZAR miljoen
      Werkloosheidskoers            32,1              12/2023                  Persent
      Rentekoers (repo)             8,25              02/2024                  Persent
      Wisselkoers                   18,87            26/03/2024               US$/rand
      Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorspel dat sy globale
      ekonomiese groei sal styg tot 3,1% ten spyte van die verbeterde globale
      uitkyk vir 2024, Suid-Afrika se groeiprestasie bly gestrem in vergelyking met
      ander lande.

       [Aangepas en vertaal uit trading.com; statista.com & treasury.gov.za. Toegang op 5 April
                                                                                  2024 verkry.

      3.3.1    Identifiseer ŉ ekonomiese aanwyser uit die tabel hierbo wat met
               buitelandse handel verband hou.                                                      (1)

      3.3.2    Noem EEN geldvoorraad-aanwyser.                                                      (1)

      3.3.3    Verduidelik kortliks die term werkloosheidskoers.                                    (2)

      3.3.4    Verduidelik die belangrikheid om die prestasie van die ekonomie te
               meet.                                                                                (2)

      3.3.5    Ondersoek die rol van internasionale                    instellings     in   die
               standaardisering van ŉ land se aanwysers.                                            (4)

3.4   Verduidelik kortliks die voordele van invoervervanging.                                       (8)

3.5   Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES) tot die uitbreiding van die Suid-
      Afrikaanse ekonomie bydra?                                                                    (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      EKONOMIE V1                                               11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van NOS in Suid-Afrika.                     (2 x 1)    (2)

        4.1.2    Hoe beïnvloed prysveranderinge die monetêre vloei in die
                 ekonomiese-kringloop?                                    (1 x 2)                  (2)

4.2     Bestudeer die informasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          SAAMGESTELDE SAKESIKLUSSE AANWYSERS VIR SUID-AFRIKA

        Die saamgestelde samevallende sakesiklus-aanwyser het in November
        2023 toegeneem en ŉ toename is ook aangeteken vir die saamgestelde en
        sloerende sakesiklus-aanwysers gedurende dieselfde periode. ŉ Daling in
        die saamgestelde aanwyser toon dat gemiddelde ure gewerk per werker ook
        gedaal het. Sommige sakesiklusse duur tussen 15–20 jaar, en word deur
        veranderinge in aktiwiteite in die bou- en konstruksie nywerhede veroorsaak.

           [Aangepas en vertaal uit sarb/publikasies/ Feb 2024.pdf. Toegang op 31 Maart verkry.]

        4.2.1    Identifiseer ŉ voorbeeld van leidende aanwysers uit die inligting
                 hierbo.                                                                           (1)

        4.2.2    Noem die tipe sakesiklus wat tussen 15–20 jaar duur.                              (1)

        4.2.3    Verduidelik kortliks die term saamgestelde aanwyser.                              (2)

        4.2.4    Verduidelik saamvallende aanwysers as ŉ kenmerk wat in
                 vooruitskatting van sakesiklusse gebruik word.                                    (2)

        4.2.5    Waarom gebruik ekonome bewegende gemiddeldes in die
                 analisering van ekonomiese tendense?                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2024)

4.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           NYWERHEIDS-ONTWIKKELINGSTRATEGIEË IN SUID-AFRIKA

      Die Suid-Afrikaanse regering het aksie geneem om uitdagings in die
      ontwikkeling van nywerhede aan te spreek deur verskeie beleide en
      strategieë. Dit sluit die volgende in, NVOS, IPAP, NNBR en GVS.
      Verskillende vervaardiging- en diens-aansporings word deur die
      Departement van Handel en Nywerheid verskaf om streeksontwikkeling te
      verbeter.
      [Aangepas en vertaal uit https://www.thedtic.gov.za/sectors-and-services-2/industrial-
      development/. Toegang op 5 April 2024 verkry.]

      4.3.1    Identifiseer ŉ nywerheidsonwikkelingsbeleid uit die inligting hierbo.            (1)

       4.3.2   Noem EEN aansporing wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik om
               nywerheidsontwikkeling aan te moedig.                                            (1)

      4.3.3    Verduidelik kortliks die term nywerheidsontwikkeling.                            (2)

      4.3.4    Verduidelik mededinging as een van die algemene kriteria vir
               streeksontwikkeling.                                                             (2)

      4.3.5    Hoe kan die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie                     (GVS)
               industrialisasie in Suid-Afrika bevorder?                                        (4)

4.4   Onderskei tussen Meduimtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en die
      Medium-termyn begrotingsbeleidraamwerk (MTBBR).                                           (8)

4.5   Analiseer gesondheid as ŉ sosiale aanwyser.                                               (8)
                                                                                               [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2024)                 EKONOMIE V1                                        13

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding
 • Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                    Maks. 2
 • ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
   hou, te definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
   bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/              Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
                                                                           Maks. 10
ŉ Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 • ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van         Maks. 2
   enige feite wat reeds genoem is
 • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
 • ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
TOTAAL                                                                        40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die redes vir internasionale handel.             (26 punte)
•      Hoe kan verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?
                                                                           (10 punte)       [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek in detail die vraagkant-benadering in die bevordering van groei en
       ontwikkeling in Suid-Afrika.                                         (26 punte)
•      Evalueer die suksesse van die Nasionale Ontwikkelingsprogram (NOP) in die
       bevordering van groei en ontwikkeling.                               (10 punte)      [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                   GROOTTOTAAL:             150
    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
