# Economics Grade 11 P1 National November 2013 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the National November 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/40d1a430-226f-4d0c-ad9d-f6911438b780
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 National November 2013 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/40d1a430-226f-4d0c-ad9d-f6911438b780)

## About this document

Economics · Grade 11 · National November · 2013. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  1 GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                                   EKONOMIE V1

                                    MODEL 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   2                                        DBE/2013
                              NSS – Graad 11 Model – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1   C    vaste 
         1.1.2   B    oordraginkomste 
         1.1.3   A    funksionele 
         1.1.4   C    toegevoegde waarde 
         1.1.5   B    progressief 
         1.1.6   B    menslike hulp- 
         1.1.7   C    omgekeerde 
         1.1.8   A    Thabo Mbeki                                             (8 x 2)         (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1 C minerale, hout, lug en vis 
         1.2.2 E totale inkomste is gelyk aan totale koste 
         1.2.3 A hou rekord van internasionale transaksies, byvoorbeeld invoere en
                 uitvoere) 
         1.2.4 B hoeveelheid goedere en dienste wat 'n persoon met sy inkomste
                 kan koop 
         1.2.5 F beloon suksesvolle entrepreneurs 
         1.2.6 I meet die vlak van ontwikkeling van lande 
         1.2.7 H (Mastercard, Visa, Diner's Club 
         1.2.8 G bevorder die lewenstandaard en lewensgehalte van die mense in
                 Suider Afrika)                                            (8 x 1)             (8)

1.3      IDENTIFISEER DIE KONSEP

         1.3.1        Ekonomiese goedere 
         1.3.2        Kapitaalvorming 
         1.3.3        Duursame verbruiksgoedere 
         1.3.4        Wet op Gelyke Indiensneming 
         1.3.5        Ouderdomspensioene 
         1.3.6        Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika                      (6 x 1)         (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                                         DBE/2013
                              NSS – Graad 11 Model – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK..

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      2.1.1        Eienaarskap:  of
                      Al die produksiefaktore, behalwe arbeid, word deur die staat
                      besit 
                      Motivering: of
                      Verbruikers, sakesektor en staat werk vir gemeenskaplike goed.
                      Beplanning: of
                      Hulpbronne word toegewys deur middel van 'n beplannings-
                      proses.                                                                   (2)

         2.1.2        Entrepreneurs lewer 'n baie belangrike bydrae tot groei en
                      vooruitgang in enige ekonomie  Groter werkverskaffing sal
                      outomaties lei tot 'n toename in produksie (Ekonomiese groei)             (2)

2.2      2.2.1        Totale waarde van alle eindgoedere wat binne die grens van 'n
                      land geproduseer is in 'n bepaalde periode, gewoonlik een jaar.          (2)

         2.2.2        Huishouding                                                               (1)

         2.2.3        Dit is balanserende item sodat BBP-berekening dieselfde is as die
                      produksie- en inkomemetode.                                              (2)

         2.2.4        3 571  + 854  - 872  = 3 553                                           (4)

         2.2.5        SARB Kwartaalblad                                                         (1)

2.3      2.3.1        Tersiêre sektor                                                           (1)

         2.3.2        Bedrywe wat grondstowwe uit die natuur onttrek/ontgin
                      byvoorbeeld visserye
                      (Aanvaar enige ander relevante voorbeeld)                                  (3)

         2.3.3        •   Die persentasie bydrae van die primêre en sekondêre sektore
                          het in verhouding tot ander sektore afgeneem, nie noodwendig
                          die hoeveelhede nie.
                      •   Die primêre sektor het geleidelik gedaal in bydrae tot die
                          BBP.  
                      •   Terwyl die bydrae van die tersiêre sektor toegeneem het om
                          tans die grootste bydrae tot die BBP te lewer.  
                      •   Die % bydrae van die sekondêre sektor het oor die jare stabiel
                          gebly.                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 4                                         DBE/2013
                            NSS – Graad 11 Model – Memorandum

2.4      •    Sedert 1994 is arbeidswetgewing ingestel wat die regte van werknemers
              beskerm.
         •    Om die proses aan te help is die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
              Bemagtiging en die Wet op Gelyke Indiensneming van 1998 ingestel.
         •    Die Nasionale Vaardigheidontwikkelingstrategie het 3,6 miljoen mense in
              staat gestel om opleiding in die werkplek te verkry. Ongeveer 50 000
              werklose jongmense het aan leierskapprogramme deelgeneem.
         •    Sektorale Onderwys-en-Opleidingowerheid (SOOO) speel 'n belangrike
              rol in die verskaffing van vaardigheidsopleiding wat in die nywerheid in
              aanvraag is.
         •    Regstellende aksie speel 'n belangrike rol by nuwe aanstellings in die
              werksplek.
         •    Grondherverdeling en grondherstelprogram                 (Enige 2 x 4)         (8)

2.5      •    Maak 'n aansienlike bydrae tot die BBP
              In 2011 was die bydrae van die sektor tot die BBP 20,8%
         •    Skep werksgeleenthede 
              Bv. sekondêre bedrywe verskaf werksgeleenthede aan ongeskoolde
              werkers (skoonmakers) en geskoolde arbeid (ingenieurs). 
         •    Verseker onafhanklikheid 
              Ons is in staat om goedere te produseer vir plaaslike sowel as
              buitelandse markte. 
         •    Verdien buitelandse valuta 
              Suid-Afrika is nie 'n toonaangewende nywerheidsland nie, nogtans word
              baie van die plaaslike nywerheidsprodukte uitgevoer. Ons verdien
              buitelandse valuta wat betaal vir ons land se invoere.
         •    Belangrike beleggingsveld 
              Sekondêre bedrywe gebruik baie duur masjinerie en toerusting. Plaaslike
              en internasionale investering word benodig om dit toe te laat.
         •    Verseker strategiese belang in Afrika: 
              Suid-Afrika het die nodige minerale, tegnologiese vaardighede en
              infrastruktuur om 'n belangrike rol te speel in die ontwikkeling van
              Afrika.                                                  (Enige 4 x 2)         (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                                        DBE/2013
                              NSS – Graad 11 Model – Memorandum

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1      3.1.1        •   Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) 
                      •   Grondherverdeling 
                      •   Grondherstelprogram 
                      •   Subsidies op die aankoop van eiendom           (Enige 2 x 1)         (2)

         3.1.2        Ekonomiese groei sal afneem.                             (1 x 2)        (2)

3.2      3.2.1        Die persentasie toename in 'n land se ekonomiese groei                  (2)

         3.2.2        1ste kwartaal in 2007                                                   (2)

         3.2.3        Ekonomiese groei verwys na produksie terwyl ontwikkeling na die
                      lewensgehalte van 'n individu of huishouding verwys. 
                      (Enige ander relevante antwoord)                                          (2)

         3.2.4        Wanneer mense meer geld spandeer op alkohol  sal hulle
                      minder geld oor hê om op noodsaaklike goedere en dienste te
                      spandeer wat 'n verlaging in die lewenstandaard van mense tot
                      gevolg sal hê.
                      (Enige ander relevante antwoord)                         (2 x 2)          (4)

3.3      3.3.1        Lorenz-kurwe                                                            (2)

         3.3.2        Lyn van volmaakte ongelykheid.                                          (2)

         3.3.3        Gebied van volmaakte ongelykheid                                        (2)

         3.3.4        Inkome-ongelykheid is groter.                                           (2)

         3.3.5        Elke lid van die samelewing sal dieselfde inkomste ontvang.             (2)

3.4      Bank van uitreiking- Die SARB het die alleenreg om banknote en munte uit
         te reik Sedert 1963 word Suid-Afrikaanse banknote deur die Suid-
         Afrikaanse Banknotemaatskappy (SA Munt) gedruk. Met die uitreik van
         note en munte word die SARB deur die behoeftes van die ekonomie gelei.

         Owerheidsbankier- Die SARB tree op as die hoofbankier van die staat.
         Die SARB lewer dienste soortgelyk aan handelsbanke aan die staat.
         Staatsdepartemente deponeer fondse by die SARB en onttrek fondse deur
         middel van tjeks.                                          (Enige 2 x 4)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                                           DBE/2013
                             NSS – Graad 11 Model – Memorandum

3.5      •    Suid-Afrika het die 25ste grootste ekonomie (itv BBP) in die wêreld.
         •    Suid-Afrika het 'n politieke demokrasie en ekonomiese vermoë soortgelyk
              aan ontwikkelde lande.
         •    Suid-Afrika stel 'n voorbeeld vir die res van Afrika.
              Suid-Afrika los sy eie politieke probleme op 'n vreedsame wyse op en sy
              demokratiese beginsels word deur die regstelsel afgedwing. 
         •    Suid-Afrika is 'n onafhanklike fasiliteerder sedert SA in 1994 weer
              toegelaat is as deel van die wêreldgemeenskap, is SA se standpunt
              onafhanklik en onpartydig.
         •    Suid-Afrika is betrokke.
              President Thabo Mbeki was die hoofargitek van NEPAD, waar die fokus
              hoofsaaklik is op die ekonomiese ontwikkeling van Afrika-lande.
                                                                            (Enige 4 x 2)         (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                                           DBE/2013
                              NSS – Graad 11 Model – Memorandum

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1      4.1.1        Gini-koëffisiënt  en BBP per capita                                      (2)

         4.1.2        Die bedoeling met 'n progressiewe inkomstebelastingskaal is om
                      die ongelykheidsgaping tussen ryk en arm te verklein.                    (2)

4.2      4.2.1        Geskoolde                                                                 (1)

         4.2.2        (a) Inkome as mikpunt Volsin
                      (b) Arbeid kan nie geskei word van die eienaar nie. Volsin
                      (c) Arbeid kan nie opgegaar word nie. Volsin
                      (d) Die aanbod daarvan kan nie skielik verhoog word nie.
                           Volsin                                        (Enige 1 x 2)          (2)

         4.2.3        C – Ongeskoold                                                            (1)

         4.2.4        MIV/Vigs                                                                   (2)

         4.2.5        •   Produksie verg arbeid (fisies en verstandelik) 
                      •   Die ekonomie benodig daarom 'n geskikte arbeidsmag om te
                          groei.
                      •   Die arbeidsmag moet die korrekte getal geskoolde en
                          ongeskoolde arbeid beskikbaar hê.
                      •   Onderwys is belangrik in die ontwikkeling van 'n land se
                          arbeidsmag.
                      •   Hoe beter opgelei die arbeidsmag is, hoe beter is die
                          produktiwiteit.
                      •   Baie Suid-Afrikaanse ondernemings is arbeidsintensief,
                          daarom maak arbeidskoste 'n baie groot deel uit van
                          produksiekoste. 
                      •   Vakbonde speel 'n belangrike rol in die beskerming van lone,
                          regte en die waardigheid van werkers. Moedig werkgewers aan
                          om meer te belê in volwasse onderrig en opleiding.
                                                                           (Enige 2 x 2)         (4)

4.3      4.3.1        Die begroting                                                             (1)

         4.3.2        KwaZulu-Natal 23%                                                        (2)

         4.3.3        Gauteng  Meer mense /een van die grootste provinsies/
                      meer ontwikkeling/groter en meer nywerhede 
                      (Enige ander relevante antwoord)                                           (3)

         4.3.4        • Vullisverwydering/klinieke/hospitale/werkskepping
                      • Water/elektrisiteit/skole/vaardigheidsontwikkeling 
                        (Enige ander relevante antwoord)                        (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  8                                           DBE/2013
                             NSS – Graad 11 Model – Memorandum

4.4      •    Draadlose tegnologie het entrepreneurs in verafgeleë gebiede in staat
              gestel om besighede te open. Kennis word verkry deur kommunikasie
         •    Hierdie sektor maak 'n belangrike bydrae tot die BBP (8% in 2012). 
         •    Dit is 'n bron van werksgeleenthede vir alle vlakke van arbeid. 
         •    Suid-Afrika word toenemend betrek by produksieprosesse van groot
              buitelandse ondernemings.
         •    Suid-Afrika se reputasie as leier op die gebied van finansiële
              diensverskaffing kan grootliks toegeskryf word aan 'n ontwikkelde IT-
              netwerk.                                                   (Enige 4 x 2)          (8)

4.5      •    Word deur die Ontwikkelingsbank beskou as die sleutel tot volhoubare
              sosiale en ekonomiese ontwikkeling.
         •    Kennis van die inheemse stelsels kan help om plaaslike toestande te
              verstaan en voorsien 'n produktiewe raamwerk van aktiwiteite waarbinne
              gemeenskappe gehelp kan word.
         •    Inheemse kennis bied probleemoplossingsplanne of -strategieë vir
              plaaslike gemeenskappe, veral aan die armes.
         •    Dit lewer 'n belangrike bydrae tot internasionale kennisontwikkeling.
         •    Inheemse kennis is 'n onderbenutte hulpbron in die ontwikkelings-
              proses.                                                     (Enige 4 x 2)         (8)
                                                                                                  [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 9                                         DBE/2013
                            NSS – Graad 11 Model – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN OPSTEL:                                               PUNTETOEKENNING:
Inleiding                                                                Maks. 3
Inhoud:
• Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/                   Maks. 24
    Evalueer/Assesseer
• Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/diagram                Maks. 6
    …/ Lei af …/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/Jou eie opinie
Slot                                                                     Maks. 2
Interpretasie/Rubriek                                                    Maks. 5
TOTAAL                                                                     40

VRAAG 5

In die praktyk het die meeste ekonomieë 'n gemengde ekonomiese stelsel.

•   Bespreek Suid-Afrika se gemengde ekonomiese stelsel in terme van
    kenmerke, voordele en nadele.                                             (24)
•   Evalueer die staat se doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste aan
    plaaslike gemeenskappe                                                     (6)

INLEIDING

'n Gemengde ekonomiese stelsel is 'n ekonomiese stelsel wat die voordele van beide
die vryemarkstelsel en die sentrale beplande ekonomie kombineer. Sedert 1994 het
Suid-Afrika 'n gemengde ekonomie gekies. 
(Enige ander relevante definisie)                                         (Maks. 3)

LIGGAAM

HOOFDEEL

Ekonomiese kenmerke van 'n gemengdemark-ekonomie
• Die meeste van die produksiefaktore is in privaat besit en die staat se rol word
   beperk tot op regulering, stabilisering, herverdeling en allokeer/toewysing
• Mense gebruik hulle eie inisiatief om produkte te vervaardig en te verkoop 
• Die winsmotief speel 'n belangrike rol in die ekonomie. 
• In Suid-Afrika tree die staat op as ondernemer, organiseerder en wetmaker in die
   produksieproses. 
• Die oorgrote meerderheid aktiwiteite is markgeoriënteerd afhangend van die vlak
   van staatsinmenging. 
• Die openbare sektor verskaf infrastruktuur en openbare dienste omdat daar min
   winsmotief is vir hulle om deur die vrye mark voorsien te word. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 10                                           DBE/2013
                            NSS – Graad 11 Model – Memorandum

Voordele van 'n gemengdemark-ekonomie
• Privaat eienaarskap. Individuele kreatiwiteit en ondernemingsgees dryf die
   ekonomie. 
• Eienaarskap van besittings, bv. huise, motors, ens. is almal oordraagbaar 
• Individue het vryheid van keuse om te koop wat ook hy/sy wil.
• Die ondernemer is geregtig op 'n wins. 
• Moedig mededinging en groei aan. 
• Die grootte van die staat hoef nie groter te wees as wat nodig is nie, dit is minder
   burokrasie en 'n meer doeltreffende toewysing van hulpbronne. 
• Die staat is daar om noodsaaklike openbare goedere en dienste te voorsien. 
Nadele van 'n gemengdemark-ekonomie
• Skaars hulpbronne (veral arbeid, natuurlike hulpbronne) kan vermors word,
   uitgebuit of uitgeput word weens markmislukkings (verkeerde produksiebesluite,
   privaat ondernemings se gierigheid). 
• Omdat die meeste produksiefaktore privaat besit word, loop individue die risiko van
   moontlike verliese en bankrotskap. 
• Die kwaliteit van goedere kan minderwaardig wees weens 'n gebrek aan beheer
   deur die staat. 
• Sosialiste sou argumenteer dat sekere gemengde ekonomie tè vry is (nie genoeg
   staatsregulering en inmenging nie) en dat die mengsel nie altyd reg is nie.
• Belasting kan hoog wees om openbare goedere en dienste te finansier. Indien die
   belasting te laag is, sal daar onvoldoende inkome wees om maatskaplike welsyn te
   finansier.                                                           (Maks. 24)
ADDISIONELE DEEL
EVALUERING VAN MAATSKAPLIKE DIENSLEWERING
• Die staat probeer voorheen benadeelde gemeenskappe op te hef deur
   maatskaplike dienste (soos behuising, onderwys, basiese dienste soos water en
   elektrisiteit) aan die armes te voorsien. 
   - Verhoging in onderwys en opleiding om geletterdheid en volwasse geletterdheid
      te verbeter, bv. die bou van skole, kolleges, universiteite en technikons. 
   - Verskaffing van sekuriteit - Uitdaging is groot aangesien geweldsmisdade aan
      die toeneem is. 
   - Voorsiening van behuising aan behoeftiges.– Staat bereik nie sy doelwitte
      nie. 
   - Met betrekking tot staatspensioen, ongeskiktheidstoelaes, ens. Die staat staan
      voor die werklikheid dat daar té veel eisers en te min belastingbetalers is. 
   - Toenemende verskaffing van basiese gesondheidsorg aan gemeenskappe.
      Gratis gesondheidsorg word nou aan vroue en kinders onder die ouderdom van
      6 voorsien. 
   - Staatsbesteding op MIV/Vigs het toegeneem vanaf R30 miljoen in 1994 na meer
      as R3,6 biljoen in 2003.                                              (Maks. 6)
    Aanvaar enige ander relevante antwoord.
SLOT
'n Gemengde ekonomie is die voorkeur ekonomiese stelsel in die meeste lande omdat
staatsinmenging nodig is wanneer markte misluk. Die staat het egter baie uitdagings in
die lewer van goedere en dienste as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid.
Boonop is die belastingbasis in baie gemengde ekonomieë klein daarom minder geld
om doeltreffend te funksioneer.
(Enige ander relevante slot)                                                 (Maks. 2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     11                                           DBE/2013
                                NSS – Graad 11 Model – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om die bespreking hierbo te assesseer:

  PUNTE              INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
                     Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis
  1
                     belangrike aspekte.                                            (1–10)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met
  2
                     die onderwerp nie.                                           (11–19)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van
  3
                     die verwagte respons.                                        (20–25)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante
  4
                     feite met die onderwerp.                                     (26–30)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite
  5
                     met die onderwerp.                                            (31–35)          [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                12                                        DBE/2013
                           NSS – Graad 11 Model – Memorandum

VRAAG 6
Ontwikkelende lande kan as lae-inkome-,                middel-inkome-     of   nuut
geïndustrialiseerde lande geklassifiseer word.

•   Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande.                   (24 punte)
•   Na jou mening, sal die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)
    suksesvol wees?                                                   (6 punte)
INLEIDING
Hierdie lande word veral in die Suidelike Halfrond gevind, met die uitsondering van
Australië. 
(Enige ander relevante definisie)                                         (Maks. 3)
LIGGAAM
HOOFDEEL
a) Lae lewenstandaarde 
• Besteding deur die openbare sowel as privaat sektore op behuising, onderwys en
   gesondheidsdienste is laag wanneer met ontwikkelde ekonomieë vergelyk
   word 
• As gevolg daarvan is die lewenstandaard veel laer met talle mense wat onder die
   armoedegrens leef. 
• Aanwysers van lae lewenstandaarde is: swak behuising, lae gesondheid-
   standaarde, hoë kindersterftesyfers, hoë wanvoedingsvlakke, gebrek aan
   onderwys. 
• Daar word nie verwag dat mense lank sal leef soos hulle eweknieë in ontwikkelde
   lande te leef nie as gevolg van gesondheids-, voedings- en ander soortgelyke
   nadele. 
b) Lae vlakke van investering 
• Lande in ontwikkelende ekonomieë het groot bedrae buitelandse skuld wat hulle
   moet terugbetaal, wat beteken dat hierdie fondse nie na die nodige kapitaal-
   projekte soos brûe, hospitale, ens gaan nie. 
• Besparing deur die inwoners van die land is min as gevolg van die lae
   lewenstandaard - die vlak van besteebare inkome is laag – daarom die lae vlakke
   van kapitaalvorming. 
• Ontwikkelingsprogramme word selfs verder vertraag. 
c) Lae vlakke van produktiwiteit 
• Gemeet deur die uitset per werker ens., is baie laag. 
• Dit kan toegeskryf word aan faktore soos swak voeding, ongeletterdheid, gebrek
   aan goeie gesondheidsdienste, onvoldoende drinkwater, swak sanitasie en
   afvalverwydering, hoë voorkoms van omgewings- en waterdraende siektes. 
• Gebrek aan kapitaalgoedere (investering in fisiese kapitaal, soos masjinerie), lae
   vlakke van bestuurskundigheid en motivering en 'n gebrek aan toegang tot
   tegnologie wat ook tot lae vlakke van produktiwiteit bydra. 
• Monetêre kapitaal wat die ontwikkeling van menslike kapitaal in meer doeltreffende
   arbeid, bevoegde bestuurders en ondernemers moet omskep, ontbreek ook 
• Lae vlakke van besparing deur inwoners dra ook by tot lae vlakke van
   produktiwiteit as gevolg van lae vlakke van persoonlike inkomste wat op die
   daaglikse lewe bestee moet word. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                                        DBE/2013
                           NSS – Graad 11 Model – Memorandum

d) Hoë bevolkingsgroei en die las van afhanklikes 
• Ontwikkelende lande het hoe bevolkings groeikoers (gemeet deur die bruto
   geboortekoers) en dit veroorsaak probleme soos werkloosheid. Dit plaas ook druk
   op behuising, onderwys en gesondheidsdienste.
• Dit plaas 'n groot las op die ekonomies aktiewe bevolking. 
• In ontwikkelde lande is inwoners geneig om kleiner families te hê en sodoende is
   hulle in staat om meer te spaar..
e) Hoë vlakke van werkloosheid
• Lae vlakke van onderwys en opleiding en ondernemerskennis dra by tot die
   werkloosheidskoers..
• Grootskaalse werkloosheid kom voor wanneer werk nie beskikbaar is vir dié wat
   na werk soek nie.
• Wanneer werkers boonop nie tot hulle volle potensiaal benut word nie, vind
   onderindiensneming van arbeid plaas.
f) Afhanklikheid van die primêre sektor 
• Primêre nywerhede neig om in hulle rangorde bestaansboerderymetodes te
   domineer in plaas van kommersiële boerdery wat die ekonomie moet
   domineer.
• 'n Hoë persentasie van die bevolking is in diens in die primêre sektor.
• Primêre produkte is verantwoordelik vir 'n hoë persentasie van die uitvoere en
   oorheers die ekonomie.
g) Gebrekkige infrastruktuur 
• Ontwikkelende lande het 'n gebrek aan goeie infrastruktuur (paaie, krag opwek,
   kommunikasiestelsels) om hulle sekondêre en tersiêre nywerhede ten volle te
   ontwikkel.
• Bestaande infrastruktuur is nie goed is stand gehou nie. 
• Swak infrastruktuur belemmer toegang tot markte.                      (Maks. 24)
          .
ADDISIONELE DEEL
NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP)
• Die Nasionale Ontwikkelingsplan beoog om armoede en ongelykheid teen die jaar
   2030 te elimineer.
• Hierdie plan is deur die Nasionale Beplanningskommissie, Minister Trevor Manuel
   saamgestel is, bevat 'n groot verskeidenheid beleidsvoorstelle oor wat nodig is om
   die land se sukses oor die medium- tot langtermyn te verseker. 
• Die ontwikkelingsplan is op 6 pilare gebou. 
• Die doeltreffendheid van regstellingsmaatreëls, soos swart ekonomiese
   bemagtiging en gelyke indiensneming moet verbeter. 
• Burgers en gemeenskappe moet hul leiers vir hul dade aanspreeklik hou. 
• Groei van 'n inklusiewe ekonomie (verhoog indiensname van 11 miljoen tot
   24 miljoen) 
• Die behoefte om vermoëns te verbeter (openbare vervoer, hawens en water-
   infrastruktuur) 
• Die behoefte aan 'n bekwame en ontwikkelingstaat. 
• Verantwoordelikhede van leiers dwarsdeur die samelewing om saam te werk om
   probleme op te los.                                                    (Maks. 6)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     14                                       DBE/2013
                                NSS – Graad 11 Model – Memorandum

SLOT

Ongeveer vyf-sesdes van die wêreld leef in ontwikkelende lande.               (Maks. 2)
(Enige ander relevante slot)

Gebruik die volgende rubriek om die bespreking hierbo te assesseer:

    PUNTE                            INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
                     Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis
        1
                     belangrike aspekte.                                            (1–10)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met
        2
                     die onderwerp nie.                                           (11–19)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van
        3
                     die verwagte respons.                                         (20–25)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante
        4
                     feite met die onderwerp.                                     (26–30)
                     Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite
        5
                     met die onderwerp.                                           (31–35)    [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:        40
                                                                        GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr/8e0f4a03-bfa7-4129-b1d7-1989705c9a51) — Economics · QP · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/c5ccea2d-cb21-4bc1-95a4-97de4ef1b929) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [ECON GR 11 P1 FINAL EXAM MEMO 2013](https://www.hlayiso.com/library/econ-gr-11-p1-final-exam-memo-2013/bfad7579-1a2a-47fc-ad6f-4f7eaaff26bf) — Economics · Memo · 2013
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-eng/bee44f6f-cb26-47a0-a272-08bd98a10e7c) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/2380ae01-5860-460b-811e-44f136c88db2) — Economics · QP · 2013 · Afr
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-eng/bfaad6c6-a550-4878-865b-5391588394c1) — Economics · Memo · 2013 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-june-2024-question-paper/a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
