# Economics Grade 11 P1 National November 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the National November 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr/8e0f4a03-bfa7-4129-b1d7-1989705c9a51
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 National November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr/8e0f4a03-bfa7-4129-b1d7-1989705c9a51)

## About this document

Economics · Grade 11 · National November · 2013. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 11

                                   EKONOMIE V1

                                    MODEL 2013

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                            DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         •       AFDELING A: VERPLIGTEND
         •       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         •       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde, buiten die
         vereiste getal, sal NIE nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan die antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

6.       Los 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
         vrae.

8.       Gebruik slegs blou of swart ink.

9.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                                    DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die
         vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.1.1        Fabrieksgeboue is voorbeelde van ... kapitaal.

                      A    beweeglike/vlottende
                      B    werkende
                      C    vaste

         1.1.2        Die bedrag wat 'n hulpbron kan verdien uit sy tweede beste gebruik
                      staan as ... bekend.

                      A    ekonomiese huur.
                      B    oordraginkomste.
                      C    ekonomiese wins.

         1.1.3        Besteding op onderwys en behuising deur die staat word onder die
                      ... afdeling van owerheidsbesteding geklassifiseer.

                      A    funksionele
                      B    administratiewe
                      C    finansiële

         1.1.4        'n Alternatiewe begrip vir bruto binnelandse produk is bruto...

                      A    nasionale produk.
                      B    binnelandse inkome.
                      C    toegevoegde waarde.

         1.1.5        Suid-Afrika   se    lopende-teruggehoue-inkomstebelastingstelsel
                      ('PAYE taxation system') is ...

                      A    proporsioneel.
                      B    progressief.
                      C    regressief.

         1.1.6        Die belangrikste bate van 'n land is sy ... bronne.

                      A    kapitaal-
                      B    menslike hulp-
                      C    natuurlike hulp-

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                                       DBE/2013
                                       NSS – Graad 11 Model

         1.1.7        Die verwantskap tussen die waarde van geld en pryse is 'n ...
                      verwantskap.

                      A     parallelle
                      B     positiewe
                      C     omgekeerde

         1.1.8        Die vernaamste Suid-Afrikaanse argitek van NEPAD was ...

                      A     Thabo Mbeki.
                      B     Tokyo Sexwale.
                      C     Jacob Zuma.                                                  (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Gawes van die natuur      A     hou rekord van internasionale
                                                     transaksies, byvoorbeeld inligting oor
         1.2.2       Gelykbreekpunt                  invoere en uitvoere

         1.2.3       Betalingsbalans           B     hoeveelheid goedere en dienste wat
                                                     'n persoon met sy inkomste kan koop
         1.2.4       Reële lone
                                               C     minerale, hout, lug en vis
         1.2.5       Rykdom
                                               D     totale bedrag van inkomste verdien
         1.2.6       Menslike-
                     ontwikkelingsindeks       E     totale inkomste is gelyk aan totale
                                                     koste
         1.2.7       Plastiekgeld
                                               F     beloon suksesvolle entrepreneurs
         1.2.8       SAOG
                                               G     bevorder die lewenstandaard en
                                                     lewensgehalte van die mense van
                                                     Suider- Afrika

                                               H     MasterCard, Visa, Diner's Club

                                               I     meet die vlak van ontwikkeling van
                                                     lande
                                                                                    (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                                   DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

1.3      Gee EEN konsep vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         konsep langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.3.1        Goedere wat 'n prys behaal

         1.3.2        Die toevoeging van nuwe kapitaal by bestaande voorraad kapitaal

         1.3.3        Verbruikersgoedere wat vir 'n uitgebreide periode kan hou

         1.3.4        Hierdie Wet het te make met gelykheid in die werkplek ten opsigte
                      van ras en geslag

         1.3.5        Oordragbetalings deur die staat om bejaardes by te staan

         1.3.6        Die bank wat ekonomiese ontwikkeling in Suider-Afrika bevorder
                                                                                 (6 x 1)        (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                                 DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae:

         2.1.1        Noem enige TWEE kenmerke van 'n bevels- (sentraal beplande)
                      ekonomiese stelsel.                                  (2 x 1)              (2)

         2.1.2        Wat is die verband tussen entrepreneursaktiwiteit en ekonomiese
                      groei?                                                    (1 x 2)         (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         NR.                               ITEM                             BEDRAG
                                                                            BILJOEN
                                                                               (R)
           1     Finale verbruiksbesteding deur (A)                           2 379
           2     Finale verbruiksbesteding deur die algemene owerheid          635
           3     Bruto kapitaalvorming                                         569
           4     Respos-item                                                   -12
           5     Bruto binnelandse besteding                                  3 571
           6     Uitvoere van goedere en dienste                               854
           7     Invoere van goedere en dienste                                872
           8     Besteding op BBP teen markpryse                               (B)

         2.2.1        Definieer die konsep BBP.                                                 (2)

         2.2.2        Voltooi die item gemerk A in die tabel.                                   (1)

         2.2.3        Wat is die doel van die respos-item?                                      (2)

         2.2.4        Bereken besteding op BBP teen markpryse (B).                              (4)

         2.2.5        Watter publikasie sal hierdie inligting bevat?                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                                        DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE STRUKTUUR VAN DIE SUID-AFRIKAANSE EKONOMIE
                               IN TERME VAN BYDRAE TOT BBP

              EKONOMIESE          1911        1960           2003         2006           2010
              SEKTOR
              Primêre …           49%         25%            11%          9%             8%
              Sekondêre …         6%          24%            23%          24%            23%
              Tersiêre …          45%         51%            66%          67%            69%
                                                            [Aangepas uit SARB Kwartaalblad, 2012]

         2.3.1        Watter sektor het in die laaste jare die grootste bydrae tot die BBP
                      gemaak?                                                                         (1)

         2.3.2        Definieer die konsep primêre sektor. Gee enige voorbeeld van 'n
                      bedryf uit hierdie sektor.                                                      (3)

         2.3.3        Met verwysing na die drie sektore, hoe het die ekonomiese
                      struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie tussen 1911 en 2010
                      verander?                                                                       (6)

2.4      Verduidelik die staat se poging om die ekonomies gemarginaliseerde groepe
         in Suid-Afrika by te staan.                                                                  (8)

2.5      Bespreek krities die ekonomiese belangrikheid van die sekondêre sektor vir
         die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                                (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                                      DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae:

         3.1.1        Noem TWEE regstellende herverdelingsmetodes wat die staat
                      gebruik.                                           (2 x 1)                    (2)

         3.1.2        Watter effek sal MIV/Vigs op toekomstige ekonomiese groei hê?
                                                                                (1 x 2)             (2)

3.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           SUID-AFRIKA SE BBP-GROEIKOERS
                                     (Kwartaalliks)

                                           [Bron: www.tradeeconomics/southafrica/gdpgrowth, 2012]

         3.2.1        Definieer die term groeikoers.                                                (2)

         3.2.2        Wanneer het Suid-Afrika die hoogste groeikoers ondervind?                     (2)

         3.2.3        Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                 (2)

         3.2.4        Waarom sal 'n styging in alkoholverbruik lei tot 'n toename in die
                      BBP, maar tot 'n daling in die lewenstandaard?                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                        9                                 DBE/2013
                                                          NSS – Graad 11 Model

3.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          Kumulatiewe % van inkome
                                                                                                       B

                                                                                   Y
                                                         Zz ZZ     Z

                                                                                                F

                                                                                  E

                                                                        D
                                                     O                                                  C
                                                                 Kumulatiewe % van bevolking

         3.3.1        Identifiseer kurwe Z in die grafiek hierbo.                                                   (2)

         3.3.2        Wat verteenwoordig die reguitlyn OB?                                                          (2)

         3.3.3        Benoem die skadu-gedeelte Y.                                                                  (2)

         3.3.4        Wat sal die implikasie wees indien die lyn gemerk DEF verder weg
                      van OB lê?                                                                                    (2)

         3.3.5        Wat sal die implikasie wees indien DEF met OB saamval?                                        (2)

3.4      Bespreek die bank van uitreiking en owerheidsbankier as funksies van die
         Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB).                               (2 x 4)                                  (8)

3.5      Ontleed kortliks Suid-Afrika se rol en ekonomiese belangrikheid in Afrika.
                                                                                 (4 x 2)                            (8)
                                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                                     DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                         40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1        Beantwoord die volgende vrae:

           4.1.1      Noem TWEE metodes wat gebruik word om inkome-ongelykheid
                      te meet.                                          (2 x 1)                   (2)

           4.1.2      Watter effek sal 'n styging in die inkomstebelastingkoers op die
                      ongelykheidsgaping tussen ryk en arm hê?                  (1 x 2)           (2)

4.2        Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       A                        B                             C

           4.2.1      Klassifiseer die tipe arbeid wat deur persoon A verrig word.                (1)

           4.2.2      Verduidelik enige EEN kenmerk van arbeid.                                   (2)

           4.2.3      Onder watter van die kategorieë hierbo (A, B of C) sal jy die
                      grootste gedeelte van Suid-Afrika se arbeidsmag klassifiseer?               (1)

           4.2.4      Wat, dink jy, hou die grootste bedreiging vir arbeid in Suid-Afrika
                      in?                                                                         (2)

           4.2.5      Waarom sou jy arbeid as 'n belangrike produksiefaktor beskou?               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                                            DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

4.3        Bestudeer die sirkelgrafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           SIRKELGRAFIEK A                                        SIRKELGRAFIEK B
                      Wes-Kaap                                     Wes-Kaap   Oos-Kaap
                        5%                                              5%      4%
                                 Oos-Kaap
            Limpopo              20%                  Limpopo                            Vrystaat
                                                                                         0%

                                                    Noord-Kaap
      Noord-Kaap                       Vrystaat            3%
             2%                        6%
                                                   Noordwes
                                                        6%
        Noordwes
             9%

Sirkelgrafiek A toon die persentasie van                        Sirkelgrafiek B toon die toekenning van
die Suid-Afrikaanse bevolking wat in armoede                    die jaarlikse begroting per provinsie.
leef per provinsie.

                                  [Bron: 'DEAT Socio-Economic Impact of Poverty Relief Funded Projects']

           4.3.1       Wat word deur grafiek B voorgestel?                                               (1)

           4.3.2       Watter provinsie het die grootste persentasie mense wat in
                       armoede leef?                                                                     (2)

           4.3.3       Watter provinsie het die grootste toekenning van die begroting
                       gekry en waarom?                                                                  (3)

           4.3.4       Watter TWEE dienste kan die staat lewer om die lewenstandaard
                       van die armes in jou gemeenskap te verbeter?                                      (4)

4.4        Verduidelik die belangrikheid van die entrepreneur in die produksieproses.
                                                                                  (4 x 2)                (8)

4.5        Waarom is inheemse kennisstelsels (IKS) belangrik vir die ekonomiese
           ontwikkeling van 'n land?                                      (4 x 2)                        (8)
                                                                                                         [40]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 12                                  DBE/2013
                                   NSS – Graad 11 Model

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN OPSTEL:                                            PUNTETOEKENNING:
Inleiding                                                             Maks. 3
Inhoud:
• Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/                     Maks. 24
    Evalueer/Assesseer
• Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/diagram …/              Maks. 6
    Lei af …/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/Jou eie opinie
Slot                                                                      Maks. 2
Interpretasie/Rubriek                                                     Maks. 5
TOTAAL                                                                      40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE –20 MINUTE

In die praktyk het die meeste ekonomieë 'n gemengde ekonomiese stelsel.

•   Bespreek Suid-Afrika se gemengde ekonomiese stelsel in terme van kenmerke,
    voordele en nadele.                                                 (24 punte)
•   Evalueer die staat se doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste aan
    plaaslike gemeenskappe.                                              (6 punte)     [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 20 MINUTE

Ontwikkelende lande kan as lae-inkome-, middel-inkome- of nuut geïndustrialiseerde
lande geklassifiseer word.

•   Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande.                      (24 punte)
•   Na jou mening, sal die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) suksesvol
    wees?                                                                 (6 punte)    [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/40d1a430-226f-4d0c-ad9d-f6911438b780) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-eng/bee44f6f-cb26-47a0-a272-08bd98a10e7c) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/2380ae01-5860-460b-811e-44f136c88db2) — Economics · QP · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/c5ccea2d-cb21-4bc1-95a4-97de4ef1b929) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [ECON GR 11 P1 FINAL EXAM MEMO 2013](https://www.hlayiso.com/library/econ-gr-11-p1-final-exam-memo-2013/bfad7579-1a2a-47fc-ad6f-4f7eaaff26bf) — Economics · Memo · 2013
- [ECON P2 GR11 -QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-eng/718d3a74-43b5-4290-b854-14bb77595b0a) — Economics · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
