# Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V1

                                        2015

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                                   DBE/2015
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                                      DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                           30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        Wanneer die bruto binnelandse produk (BBP) bereken word, word
                      slegs die waarde van ... goedere en dienste in berekening gebring.

                      A    finale
                      B    onbewerkte
                      C    intermediêre

         1.1.2        'n Voorbeeld van 'n fiskale beleidsinstrument is ...

                      A    geldvoorraad.
                      B    owerheidsbesteding.
                      C    rentekoerse.

         1.1.3        Ondernemings in staatsbesit word ook ... genoem.

                      A    parastatale
                      B    die privaat sektor
                      C    die korporatiewe sektor

         1.1.4        'n Styging in die waarde van 'n geldeenheid as gevolg van vraag
                      en aanbod staan as ... bekend.

                      A    appresiasie
                      B    revaluasie
                      C    depresiasie

         1.1.5        Nuutgestigte industrieë word dikwels ... industrieë genoem.

                      A    gevestigde
                      B    suigeling-
                      C    ontwikkelde

         1.1.6        Arbeid as 'n produksiefaktor word ... genoem.

                      A    menslike ontwikkeling
                      B    menseregte
                      C    menslike kapitaal

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                                      DBE/2015
                                               SSE

         1.1.7         NBAP is ontwerp om industrialisasie in die ...-sektor te verhoog.

                       A    dienste
                       B    landbou
                       C    vervaardiging

         1.1.8         Die verhouding tussen goedere en dienste wat geproduseer is en
                       die hulpbronne wat gebruik is om dit te produseer, staan as ...
                       bekend.

                       A    produktiwiteit
                       B    produksie
                       C    doeltreffendheid                                         (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Faktormark                A     menslike hulpbronne wat tot
                                                     maksimum kapasiteit gebruik word
         1.2.2       Kuznets-siklus
                                               B     geen hindernisse of beperkings in
         1.2.3       Volle indiensneming             wȇreldhandel nie

         1.2.4       Buitelandse reserwes      C     waar arbeid, entrepreneurskap, grond
                                                     en kapitaal verhandel word
         1.2.5       Vraagkantbenadering
                                               D     word veroorsaak deur veranderinge
         1.2.6       Vryhandel                       in die bou- en konstruksiebedryf

         1.2.7       Strategiese               E     kontantaansporings vir besighede in
                     Investeringsprogram             inligtingstegnologie

         1.2.8       Verbruikersprysindeks     F     hooflyn-inflasie

                                               G     al die geldeenhede van ander lande
                                                     wat in die Suid-Afrikaanse
                                                     Reserwebank se besit is

                                               H     inflasie-aanwyser op produsentevlak

                                               I     die gebruik van fiskale beleid om
                                                     besteding in die ekonomie te
                                                     stimuleer
                                                                                     (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                                       DBE/2015
                                             SSE

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die verhouding tussen die invoer- en uitvoerindekse

         1.3.2        Uitbreiding en inkrimping in die vlak van ekonomiese aktiwiteite

         1.3.3        'n Plek of meganisme waardeur kopers en verkopers ontmoet om
                      sake te doen

         1.3.4        Die plan wat die staat se beraamde inkomste en uitgawes vir 'n
                      spesifieke jaar bevat

         1.3.5        Die staat se ingrypingsprogram wat daarop gemik is om
                      werksgeleenthede te skep deur arbeidsintensiewe metodes te
                      gebruik

         1.3.6        'n Handelsbeleid waardeur die staat aansporings en subsidies
                      gebruik om Suid-Afrikaanse besighede aan te moedig om aan
                      ander lande te verkoop                               (6 x 1)                (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   6                                            DBE/2015
                                             SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE metodes om die groottotale van nasionale rekeninge
                      te bereken.                                           (2 x 1)                   (2)

         2.1.2        Waarom is die BNP-syfers in Suid-Afrika oor die algemeen laer as
                      die BBP-syfers?                                           (1 x 2)               (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING
                          ITEM                    2011      2012                         2013
         Goedere-uitvoere (vry aan boord)      714 466   743 811                      853 715
         Netto gouduitvoere                     75 298    71 050                       63 887
         Dienste-ontvangste                    107 825   124 332                      136 751
         Inkome-ontvangste                      38 118    48 501                       64 441
         Min: Goedere-invoere (vry aan boord)  742 679   854 439                      991 186
         Min: Betaling vir dienste             142 230   145 006                      158 356
         Min: Inkomebetalings                  104 689   121 428                      135 652
         Lopende oordragte                     -14 199   -31 369                      -30 666
         Saldo op lopende rekening             -68 090  -164 548                     -197 179
                                                     [Bron: SARB Kwartaalblad, September 2014]

         2.2.1        Wat het sedert 2011 met goud se bydrae gebeur?                                  (1)

         2.2.2        Definieer die term lopende oordragte.                                           (2)

         2.2.3        Bereken die handelsbalans vir 2013. Toon AL die berekeninge.                    (3)

         2.2.4        Watter invloed sal die tekort op die lopende rekening op die
                      ekonomie hê?                                          (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                                  DBE/2015
                                               SSE

2.3      Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           OPENBARESEKTOR-BEGROTING
                     GROOT BESTEDING – 2013/2014 FINANSIËLE JAAR

                                   BEHUISING
                                    R143 bn.

                                                     ONDERWYS
                                                      R254 bn.

                                GESONDHEID
                                  R146 bn.

                                                 INFRA-
                                               STRUKTUUR
                                                 R93 bn.

         2.3.1        Watter staatsdepartement het die grootste toewysing in die
                      begroting ontvang?                                                      (1)

         2.3.2        Wanneer begin die staat se finansiële jaar?                             (1)

         2.3.3        Noem enige TWEE items in die sirkelgrafiek hierbo wat met
                      maatskaplike besteding verband hou.                (2 x 1)              (2)

         2.3.4        Waarom, dink jy, behoort die staat meer aan infrastruktuur-
                      ontwikkeling te spandeer?                                               (2)

         2.3.5        Waarom ken die staat 60% van die totale begroting aan
                      maatskaplike besteding toe?                     (2 x 2)                 (4)

2.4      Verduidelik die endogene redes (Keynesiaanse teorie) vir sakesiklusse.
                                                                                  (4 x 2)     (8)

2.5      Argumenteer ten gunste van invoervervanging.                             (4 x 2)     (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                                           DBE/2015
                                              SSE

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat met indiensneming
                      verband hou.                                         (2 x 1)                     (2)

         3.1.2        Wat is die hoofoogmerk van              Suid-Afrika     se     Nasionale
                      Ontwikkelingsplan (NOP/'NDP')?                                   (1 x 2)         (2)

3.2      Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe in SA

                                                                            Maputo
                                                    Phalaborwa-ROI Ontwikkelings-
                                                                          korridor
                                         Platinum-ROI
           Kus-tot-kus-korridor

                                                                Lubombo-ROI

                                                           Richardsbaai-ROI
           Weskus-beleggings-
              inisiatiewe

                                                                              A

                                                            Visrivier-ROI

                                                          [Bron: SA Jaarboek, 2013/2014]

         3.2.1        Noem die ROI wat deur A aangedui word.                                           (2)

         3.2.2        Definieer ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe.                                   (2)

         3.2.3        Wat is die hoofoogmerk van ROI'e?                                  (1 x 2)       (2)

         3.2.4        Wat is die verskil tussen nywerheidsontwikkelingsones en spesiale
                      ekonomiese sones?                                         (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  9                                        DBE/2015
                                            SSE

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

                                In die rigting van breëbasisgroei

         Swart ekonomiese bemagtiging – of breëbasis- swart ekonomiese
         bemagtiging, soos wat dit tegnies bekendstaan – is nie regstellende aksie nie,
         alhoewel gelyke indiensneming deel uitmaak daarvan. Dit het ook nie ten doel
         om rykdom by een groep te vat en aan 'n ander groep te gee nie. Dit is in
         wese 'n groeistrategie wat die Suid-Afrikaanse ekonomie se swakste punt:
         ongelykheid, teiken.

         'Geen ekonomie kan groei deur 'n gedeelte van sy bevolking uit te sluit nie, en
         'n ekonomie wat nie groei nie, kan nie al die burgers van daardie land op 'n
         sinvolle wyse integreer nie. Hierdie strategie beklemtoon op sigself 'n SEB-
         proses wat met groei, ontwikkeling en ondernemingsontwikkeling geassosieer
         word, en nie bloot die herverdeling van bestaande welvaart nie,' sê die
         departement van handel en nywerheid.

         Swart ekonomiese bemagtiging is 'n belangrike beleidsinstrument wat daarop
         gemik is om die ekonomiese basis van die land te verbreed – en om hierdeur
         verdere ekonomiese groei te stimuleer en werksgeleenthede te skep.

                                                            [Aangepas uit www.wikipedia.com]

         3.3.1        Watter wanopvatting bestaan volgens die uittreksel ten opsigte van
                      die SEB-beleid?                                                             (1)

         3.3.2        Wat is die fokus van die SEB-beleidsinstrument?                             (1)

         3.3.3        Hoe kan breëbasisgroei bereik word?                           (2 x 2)       (4)

         3.3.4        Dink jy dat SEB suksesvol is as maatreël om die ongelykhede van
                      die verlede te herstel? Motiveer jou antwoord.           (2 x 2)            (4)

3.4      Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.              (2 x 4)       (8)

3.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering verseker dat hulle nywerheidsbeleide
         aan internasionale standaarde voldoen?                            (4 x 2)                (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                                       10                                               DBE/2015
                                                                                 SSE

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                                     Noem TWEE groeisektore van Suid-Afrika se Geïntegreerde
                                                   Vervaardigingstelsels (GVS).                     (2 x 1)                                    (2)

         4.1.2                                     Hoe kan ekstrapolasie in die vooruitskatting van sakesiklusse
                                                   gebruik word?                                         (1 x 2)                               (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             REËLE SAKESIKLUS
                                                                                       P1
                                                  105

              Indeks van ekonomiese aktiwiteite
                                                  104

                                                  103                                  b
                                                                                                            P2
                                                  102

                                                  101                                                       d
                                                                         A                         B
                                                  100

                                                  99                                           c
                                                                 a                                                        e

                                                  98
                                                                                                   T2
                                                  97                                                                 T3
                                                            T1
                                                                                                                                       Jaar
                                                        0   1        2       3    4        5   6        7        8   9        10       11
                                                                                       BBP

         4.2.1                                     Wat word deur stippellyn a en b voorgestel?                                   (2 x 1)       (2)

         4.2.2                                     Definieer die term reële (werklike) sakesiklusse.                                           (2)

         4.2.3                                     Wat is die belangrikheid van die lengte (T 2 –T 3 ) van 'n sakesiklus?                      (2)

         4.2.4                                     Wat kan die staat doen om te verseker dat hoë inflasie nie tydens
                                                   die pieke van sakesiklusse voorkom nie?                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                                    DBE/2015
                                            SSE

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        Besoedeling

                                                  Afrika

                                                                      Erken dit … daar is
                                                                   altyd iets op die agenda
                                                                     wat belangriker is as
                                                                             Afrika!

                                                                 [Bron: www.economicscartoons.com]

         4.3.1        Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld?                 (2)

         4.3.2        Noem TWEE lande wat deel vorm van die lande van die G8-groep.
                                                                             (2 x 1)           (2)

         4.3.3        Gee 'n rede waarom Afrika-lande voel dat die G8-lande Afrika
                      afskeep.                                                                 (2)

         4.3.4        Waarom sal die Gini-koëffisiënt van die G8-lande in die Noorde
                      verskil van dié van lande in die Suide?                 (2 x 2)          (4)

4.4      Verduidelik die metodes om uitvoere te bevorder.                        (4 x 2)       (8)

4.5      Evalueer die sukses van ekonomiese groei en prysstabiliteit as deel van die
         staat se makro-ekonomiese doelwitte.                                 (2 x 4)          (8)
                                                                                               [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    12                                          DBE/2015
                                              SSE

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling    in     die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                       STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                       Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede                                          Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks                  Maks. 10
Slot:
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                            Maks. 2
•    'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige
     feite wat alreeds genoem is, te herhaal
•    Enige opinie of waardeoordeel rakende die feite wat bespreek is
•    Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/analise
     versterk
•    'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•    Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 35 MINUTE
Ekonome stel die ekonomie as 'n vereenvoudigde ekonomiesekringloop-model voor om
die interaksie tussen die onderskeie deelnemers te illustreer.

•   Bespreek in besonderhede, sonder om 'n diagram te gebruik, die interaksie tussen
    die verskillende deelnemers in die oop ekonomiesekringloop-model.                                 (26)
•   Verduidelik die vermenigvuldigerproses deur 'n volledig benoemde grafiek te
    gebruik.                                                                                          (10)
                                                                                                      [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 35 MINUTE
Die welsyn en ontwikkeling van die samelewing is baie belangrik; daarom prioritiseer die
staat die voorsiening van goedere en dienste om maatskaplike ontwikkeling te verbeter.
•   Ontleed die volgende maatskaplike aanwysers in besonderhede:
    - Demografie
    - Voeding en gesondheid
    - Dienste                                                                                         (26)
•   Hoe kan ekonomiese ontwikkeling, na jou mening, deur die gebruik van hierdie
    maatskaplike aanwysers verbeter word?                                                             (10)
                                                                                                      [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                        GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6) — Economics · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
