# Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-afr/361b4c56-787f-4eff-a392-9751bd6fe2c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-afr/361b4c56-787f-4eff-a392-9751bd6fe2c7)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V1

                                        2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                                 DBE/2016
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                                   DBE/2016
                                             SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        Inkomste ontvang uit die uitvoer van goedere en dienste, staan
                      as … bekend.

                      A    lekkasies
                      B    inspuitings
                      C    investering

         1.1.2        Vooruitskatting van onbekende data, gebaseer op 'n patroon van
                      bekende data, staan as … bekend.

                      A    die amplitude
                      B    'n tendens
                      C    ekstrapolasie

         1.1.3        Lande met fundamentele betalingsbalansprobleme kan by die …
                      om finansiële hulp aansoek doen.

                      A    Internasionale Monetêre Fonds
                      B    Federale Bank
                      C    Reserwebank

         1.1.4        Die minibegroting wat oor 'n tydperk van drie jaar strek en in
                      Oktober elke jaar ter tafel gelê word, staan as die … bekend.

                      A    hoofbegroting
                      B    mediumtermyn-bestedingsraamwerk
                      C    korttermynbegroting

         1.1.5        Owerheidsbesteding maak deel uit van die … beleid.

                      A    monetêre
                      B    fiskale
                      C    Reserwebank se

         1.1.6        'n Belangrike oogmerk van nywerheidsontwikkeling is om …

                      A    invoere te vermeerder.
                      B    ekonomiese groei uit te brei.
                      C    buitelandse hulp uit te brei.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       4                                    DBE/2016
                                                 SSE

         1.1.7          Die landswye staatsingrypingsplan om werksgeleenthede vir armes
                        en kwesbares te skep, staan as die … bekend.

                        A     Uitgebreide Openbarewerkeprogram
                        B     Nywerheidsbeleid-aksieplan
                        C     Strategiese Investeringsprogram

         1.1.8          'n Hoë lewenspeil hou direk verband met …

                        A     goeie onderwys.
                        B     lae ekonomiese groei.
                        C     'n daling in besteding.                                  (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Disekwilibrium          A   staan ook as die arbeidsmag bekend

         1.2.2       Ruilvoet                B   bestaan uit ondernemings wat soortgelyke
                                                 produkte produseer/vervaardig
         1.2.3       Bewegende
                     gemiddeldes             C   stel die reële vloei in die ekonomie voor

         1.2.4       Vryhandel               D   maak korttermynfluktuasie in ekonomiese
                                                 data gelyk
         1.2.5       Totale geldvoorraad
                                             E   verskaf goedere en dienste stiptelik
         1.2.6       Effektiwiteit               volgens die verlangde hoeveelheid en
                                                 kwaliteit
         1.2.7       Ekonomies
                     bedrywige bevolking F       vergelyk 'n land se uitvoerpryse met sy
                                                 invoerpryse met behulp van 'n indeks
         1.2.8       Nywerheid
                                             G wanneer lekkasies meer as inspuitings is

                                             H   afwesigheid van hindernisse en beperkings

                                             I   bestuur deur die Reserwebank
                                                                                       (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   5                                    DBE/2016
                                             SSE

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Rekening in die betalingsbalans wat inligting oor beleggings wat
                      Suid-Afrikaners in ander lande gemaak het, bevat

         1.3.2        Primêre deelnemers en eienaars van die produksiefaktore

         1.3.3        Die wêreldwye interaksie van ekonomieë

         1.3.4        'n Aanwyser wat die aantal babas meet wat voor die ouderdom van
                      een jaar sterf

         1.3.5        Ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele aan myne en
                      besighede langs 'n bepaalde handelsroete bied

         1.3.6        Die staat se plan vir inkomste en besteding vir die komende fiskale
                      jaar                                                        (6 x 1)        (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       6                                       DBE/2016
                                                 SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van   die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in      die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1        Beantwoord die volgende vrae.

           2.1.1      Noem TWEE makro-ekonomiese doelwitte van die staat.                (2 x 1)            (2)

           2.1.2      Hoe kan die Reserwebank rentekoerse gebruik om die ekonomie
                      te stimuleer?                                         (1 x 2)                         (2)

2.2        Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK
      % Verandering
                                                                              Kwartaal tot kwartaal
      6
                                                                              Jaar tot jaar
                                         4,5%

      4

      2

      0

      -2                                                                                        Nuwe
                                                                                                 Nuwe
                                                                                              kwartaal-
                                                                                              kwartaallik
                                                                                               selikse
                                                                                                   koers
      -4                                                                                        koers
                                                                                                 0,6%
                                                                                                0,6%

      -6

      -8
               2008         2009          2010         2011         2012          2013             2014
                                                                         [Bron: Stats SA, Junie 2015]

           2.2.1      Watter instelling het die inligting in die grafiek hierbo gepubliseer?                (1)

           2.2.2      In watter kwartaal van 2014 het Suid-Afrika 'n positiewe
                      verandering in die BBP ervaar?                                                        (1)

           2.2.3      Wat is die implikasies van onlangse tendense in die BBP wat
                      tussen 2011 en 2014 plaasgevind het?                  (2 x 2)                         (4)

           2.2.4      Verduidelik die belangrikheid van die BBP as ekonomiese
                      aanwyser.                                        (2 x 2)                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                                        DBE/2016
                                               SSE

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     PARASTATALE (SBO's) 'N LAS OP SA SE TOEKOMS

         Die finansiële welstand van die land se parastatale (staatsbeheerde
         ondernemings) is in 'n verknorsing. Hulp wat in die toekoms deur die
         parastatale (SBO's) benodig gaan word, is een van die drie hoofbedreigings
         vir Suid-Afrika se ekonomie. Die ander twee is ekonomiese groei wat swakker
         as verwagting is en openbaresektor-loonooreenkomste wat meer as inflasie
         is. Radikale verandering is nodig om ons fiskale toekoms te verseker.

         Party mense meen dat privatisering die enigste opsie is. Eskom is die
         grootste ontvanger. Dit het tot op hede R350 miljard in waarborge ontvang en
         het R144,5 miljard geleen. Die padagentskap, Sanral, het waarborge ter
         waarde van R38,9 miljard ontvang en R30,2 miljard daarteen geleen. Die
         Suid-Afrikaanse Lugdiens is ook op die rand van bankrotskap.

                                                [Aangepas uit Mail & Guardian, 27 Februarie 2015]

         2.3.1        Identifiseer TWEE parastatale (SBO's) in die uittreksel.           (2 x 1)       (2)

         2.3.2        Verduidelik die begrip privatisering.                                            (2)

         2.3.3        Hoe bedreig die swak finansiële welstand van parastatale (SBO's)
                      die ekonomie van Suid-Afrika?                             (1 x 2)                (2)

         2.3.4        Verduidelik hoe die privatisering van ondernemings in staatsbesit
                      (SBO's) ons fiskale toekoms kan beveilig.                 (2 x 2)                (4)

2.4      Onderskei tussen leidende en sloerende aanwysers.                               (2 x 4)       (8)

2.5      Hoe kan ondoeltreffendhede (oneffektiwiteite) wat tot openbaresektor-
         mislukking bygedra het, opgelos word?                                                         (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                                       DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem TWEE regstellende metodes wat deur die staat gebruik
                      word om die wanbalanse van die verlede reg te stel. (2 x 1)                   (2)

         3.1.2        Hoe word ontwikkelende lande deur globalisering uitgedaag?
                                                                               (1 x 2)              (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                SA STAALNYWERHEID IN KRISIS
                                           ArcelorMittal SA het die jongste slagoffer
                                           van dalende staalpryse en afnemende vraag
                                           geword. Sommige van die redes hiervoor is:
                                           goedkoop invoere, die devaluasie van China
                                           se geldeenheid, gereelde kragonder-
                                           brekings, gewelddadige nywerheidsoptrede,
                                           ontoereikende infrastruktuur en stygende
                                           produksiekoste.
                                           Die staalnywerheid staan voor 'n krisis; die
                                           media praat van 'n werksgeleentheid-
                                           bloedbad, veral in kleiner maatskappye.
                                           Hierdie maatskappye is diep in die skuld en
                                           veg om oorlewing.
                                                [Aangepas uit Business News, 14 Oktober 2015]

         3.2.1        Gee EEN rede vir die dalende staalpryse.                                      (1)

         3.2.2        Wie is Afrika se grootste staalprodusent?                                     (1)

         3.2.3        Waarom, dink jy, het China sy geldeenheid gedevalueer?                        (2)

         3.2.4        Wat was die gevolg van die devaluasie van China se geldeenheid
                      op Suid-Afrika se staalbedryf?                                                (2)

         3.2.5        Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die
                      negatiewe gevolge van hierdie krisis te verminder?       (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  9                                       DBE/2016
                                            SSE

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              Stel jy nog
                                           in ons kernkrag-
                                             ooreenkoms
                                            belang, Jacob?

                 BRICS-LANDE SAL GELYKE KAPITAALBYDRAES TOT
                      DIE NUWE ONTWIKKELINGSBANK MAAK

Die Nuwe Ontwikkelingsbank BRICS (NOB BRICS), voorheen die BRICS-
ontwikkelingsbank, is 'n multilaterale ontwikkelingsbank wat deur die BRICS-lande
bedryf word as 'n alternatief tot die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.

Kapitaalvorming van die Nuwe Ontwikkelingsbank (NOB), waarvan die hoofkantoor in
Sjanghai is, sal gelykop deur die vyf BRICS-lande gedeel word. Die aanvanklike
uitgereikte kapitaal sal VSA$50 miljard wees. Die doel van die bank is om hulpbronne vir
infrastruktuur en volhoubare-ontwikkelingsprojekte in BRICS- en ander ontluikende
ekonomieë en ontwikkelende lande te mobiliseer. Elke deelnemende land hou 'n gelyke
getal aandele en gelyke stemreg, en nie een van die lande sal die vetoreg hê nie.
                                                  [Aangepas uit Business News, 16 Oktober 2015]

         3.3.1        Identifiseer EEN land wat deel van BRICS uitmaak.                            (1)

         3.3.2        Watter lidland stel daarin belang om 'n kernkragooreenkoms met
                      Suid-Afrika aan te gaan?                                                     (1)

         3.3.3        Verduidelik die begrip ontluikende (opkomende) ekonomieë.
                                                                                     (2 x 2)       (4)

         3.3.4        Hoe kan Suid-Afrika voordeel uit die Nuwe Ontwikkelingsbank
                      BRICS trek?                                           (2 x 2)                (4)

3.4      Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.               (2 x 4)       (8)

3.5      Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES's) tot streeksontwikkeling bydra?
                                                                             (4 x 2)               (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Ekonomie/V1                                   10                                      DBE/2016
                                              SSE

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1       Beantwoord die volgende vrae.

           4.1.1       Noem TWEE metodes van invoervervanging.                        (2 x 1)       (2)

           4.1.2       Waarom is nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika noodsaaklik?
                                                                                 (1 x 2)            (2)

 4.2       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   HOE MEER JY VERDIEN, HOE MEER GAAN JY BETAAL

Die minister van finansies het gedurende die 2015/16-begrotingsrede verligting vir laer-
inkomste-verdieners en verhoogde belasting vir hoër-inkomste-verdieners aangekondig.
Byvoorbeeld, mense wat meer as R37 000/maand verdien, gaan meer betaal, terwyl mense
wat minder as dit verdien, in werklikheid effens minder belasting gaan betaal.

In teenstelling betaal 8 500 000 mense wat as belastingbetalers geregistreer is, geen belasting
nie. Maatskaplike toelaes word aan 17 miljoen mense betaal – dit is waarom ons nog 'n lang
pad het om te loop om meer gelykheid in hierdie land te kry.

       BELASTINGKOERSE VIR DIE BELASTINGJAAR GEËINDIG 29 FEBRUARIE 2016

   BELASBARE INKOMSTE VAN                        BELASTING BETAALBAAR (R)
         INDIVIDUE (R)
          0 tot 181 900                            18% van belasbare inkomste
       181 901 tot 284 100             32 742 + 26% van belasbare inkomste bo 181 900
       284 101 tot 393 200             59 314 + 31% van belasbare inkomste bo 284 100
       393 201 tot 550 100             93 135 + 36% van belasbare inkomste bo 393 200
       550 101 tot 701 300             149 619 + 39% van belasbare inkomste bo 550 100
        701 301 en meer                208 587 + 41% van belasbare inkomste bo 701 300
                        Die belastingdrumpels vir 2015/2016 is:
              Belastingbetalers onder die ouderdom van 65 jaar – R73 500
                    Belastingbetalers van 65 jaar en ouer – R114 500
                    Belastingbetalers van 75 jaar en ouer – R128 500
                                                    [Bron: SAID 2015/16 – Inkomstebelastinghandleiding]

           4.2.1       Na watter belastingskaal word in die opskrif van die uittreksel
                       verwys?                                                                      (1)

           4.2.2       Watter belangrike element van regstelling kom in die uittreksel
                       voor?                                                                        (1)

           4.2.3       Verduidelik die negatiewe uitwerking van hoë belastingkoerse.
                                                                                  (2 x 2)           (4)

           4.2.4       Bereken die belasting betaalbaar deur 'n persoon met 'n belasbare
                       inkomste van R200 000 per jaar. Toon ALLE berekeninge.                       (4)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                                                                  11                                       DBE/2016
                                                                                            SSE

4.3                                     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 ARMOEDE EN WELVAARTVERSPREIDING
                                       100%                                                       •   Volgens Wêreldbankstatistiek het die
                                       90%                                                            persentasie Suid-Afrikaners wat onder die
                                                                                                      armoedegrens       (broodlyn)   leef,   van

      Kumulatiewe % van huishoudings
                                       80% Lyn van perfekte gelykheid                                 38 persent in 2000 tot 23 persent teen 2006
                                       70%                                                            gedaal.
                                                                                                  •   Inkome-ongelykheid het egter in die
                                       60%
                                                                                                      teenoorgestelde rigting beweeg. Suid-Afrika
                                       50%                                                            se Gini-koëffisiënt, wat reeds redelik hoog
                                                                                                      was – hoofsaaklik as gevolg van die
                                       40%
                                                                                                      nalatenskap van apartheid, het aanskou hoe
                                       30%                                                            inkome-ongelykheid sedert 2009 drasties
                                       20%
                                                                                                      toegeneem het.
                                                                            Lorenz-kurwei         •   Suid-Afrika het een van die hoogste koerse
                                       10%                                                            van ongelykheid in die wêreld. Terwyl daar
                                        0%                                                            tradisioneel baie op ongelykheid tussen
                                              0   10   20    30 40   50   60 70   80   90 100         rasse gefokus is, het ongelykheid in elke
                                                       Kumulatiewe % van inkomste                     rassegroep toegeneem.
                                                                                                                     [Bron: Wêreldbankverslag 2015]

                                        4.3.1               Watter internasionale instelling het die data verskaf in die
                                                            uittreksel?                                                                            (1)

                                        4.3.2               Wanneer het inkome-ongelykhede in Suid-Afrika drasties begin
                                                            styg?                                                                                  (1)

                                        4.3.3               Watter indeks beskryf die persentasie van die bevolking wat onder
                                                            die armoedegrens(broodlyn)-inkomste lewe?                                              (2)

                                        4.3.4               Gee 'n rede waarom armoede in Suid-Afrika tussen 2000 en 2006
                                                            afgeneem het.                                                                          (2)

                                        4.3.5               Wat is die verband tussen die Lorenz-kurwe en die Gini-
                                                            koëffisiënt?                                     (2 x 2)                               (4)

4.4                                     Onderskei tussen die geldmark en die kapitaalmark.                                            (2 x 4)      (8)

4.5                                     Na jou mening, hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot 'n groter
                                        ekonomiese groeikoers bydra?                                (4 x 2)                                        (8)
                                                                                                                                                   [40]

                                                                                                                  TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 12                                     DBE/2016
                                           SSE

AFDELING C
Beantwoord enige EEN         van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                        STRUKTUUR VAN OPSTEL                                        PUNTE-
                                                                                  TOEKENNING
Inleiding                                                                           Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                          Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer
                                                                                       Maks. 10
krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                  Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder om enige feite wat reeds
   genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                    40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

In die wêreldekonomie streef lande daarna om meer uit te voer as wat hulle invoer om
die voordele van internasionale handel te maksimaliseer.

•   Ondersoek die aanbodredes vir internasionale handel.                                         (26)
•   Gebruik 'n grafiek en verduidelik hoe 'n styging in uitvoere na die VSA die waarde
    van die rand sal beïnvloed.                                                                  (10)
                                                                                                 [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

Die jaarlikse ontleding van lande se ekonomiese prestasie is baie belangrik. Dit word
deur internasionale instellings en regerings gedoen om te bepaal hoe lande in
vergelyking met ander lande presteer het.

•   Ontleed die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die prestasie
    van die ekonomie te meet:
     Produktiwiteit                                          (maksimum 10 punte)
     Buitelandse handel                                      (maksimum 16 punte)                (26)
•   Waarom is vergelykings van lande se ekonomiese prestasie belangrik?                          (10)
                                                                                                 [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                   GROOTTOTAAL:                  150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
