# Economics Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-afr/2bd1fd2c-e861-4968-b722-2685568c2774
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-afr/2bd1fd2c-e861-4968-b722-2685568c2774)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V1

                                        2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                                 DBE/2017
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                              DBE/2017
                                                SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.9           A            B         C         D

         1.1.1        Die ekonomiesekringloop-model van 'n oop ekonomie toon die
                      funksionering van 'n ekonomie wat die … sektor insluit.

                      A       openbare
                      B       sake-
                      C       buitelandse
                      D       huishoudelike

         1.1.2        'n Diagram wat uitbreidings- en inkrimpingsperiodes          van
                      ekonomiese aktiwiteite toon, word 'n … siklus genoem.

                      A       sake-
                      B       ekonomiese
                      C       produktiwiteit-
                      D       inflasionêre

         1.1.3        Die verwydering van onnodige beperkings deur wetgewing staan
                      as … bekend.

                      A       regulering
                      B       deregulering
                      C       sentralisasie
                      D       desentralisasie

         1.1.4        Die term wat gebruik word om 'n land se uitvoerpryse met
                      sy invoerpryse deur middel van indekse te vergelyk, staan
                      as … bekend.

                      A       betalingsbalans
                      B       ruilvoet
                      D       handelsbalans
                      C       wisselkoers

         1.1.5        'n Voorbeeld van 'n sosiale aanwyser is …

                      A       onderwys.
                      B       sakevertroue.
                      C       indiensneming.
                      D       produksie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  4                                      DBE/2017
                                            SSE

         1.1.6        'n Styging in die reële waarde van produksie in 'n land staan as
                      ekonomiese … bekend.

                      A    ontwikkeling
                      B    groei
                      C    integrasie
                      D    vooruitgang

         1.1.7        Watter strategie het misluk in sy doelwit om teen 2014 armoede en
                      werkloosheid te halveer?

                      A    Nuwe Groeiplanraamwerk (NGPR)
                      B    Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)
                      C    Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief      vir     Suid-Afrika
                           ('AsgiSA'/VGGI-SA)
                      D    Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)

         1.1.8        'n Spesiaal geboude nywerheidspark, wat fisies omhein en met 'n
                      internasionale hawe of lughawe gekoppel is, staan as 'n …
                      bekend.

                      A    korridor
                      B    spesiale ekonomiese sone (SES)
                      C    nywerheidsontwikkelingsone (NOS)
                      D    geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)                    (8 x 2)       (16)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                        5                                     DBE/2017
                                                  SSE

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                       KOLOM B
         1.2.1       Huishoudings             A         boete of straf wat deur een land op 'n
                                                        ander land gelê word vir een of ander
         1.2.2       Nasionalisering                    oortreding
         1.2.3       Devaluasie               B         daling in die waarde van die rand ten
         1.2.4                                          opsigte van die pond as gevolg van
                     Sanksies
                                                        markkragte
         1.2.5       Tegnologie
                                              C         oordrag van eienaarskap van die privaat
         1.2.6       Nywerheid                          sektor na die openbare sektor
         1.2.7       Lewenstandaard           D         bestaan uit ondernemings wat dieselfde
                                                        soorte produkte produseer
         1.2.8       Produktiwiteit
                                              E         verhouding tussen uitset in die
                                                        ekonomie geproduseer en die inset
                                                        gebruik om dit te produseer
                                              F         nuwe wetenskaplike kennis in die vorm
                                                        van uitvindings en vernuwings
                                              G         eienaars van die produksiefaktore
                                              H         uitgedruk deur die reële BBP per capita,
                                                        lewensverwagting en vlak van
                                                        geletterdheid
                                              I         doelbewuste vermindering in die waarde
                                                        van 'n geldeenheid ten opsigte van 'n
                                                        ander geldeenheid
                                                                                           (8 x 1)      (8)
1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
         die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1       'n Besigheid wat volkome of gedeeltelik deur die staat besit word en
                     deur 'n openbare owerheid bestuur word
         1.3.2       Die strategie wat deur die Reserwebank gebruik word wat fokus op die
                     hoeveelheid geld in die ekonomie
         1.3.3       Die waarde van 'n land se geldeenheid verruil vir 'n ander geldeenheid
         1.3.4       Proses waardeur mense van landelike gebiede na dorpe en stede trek
         1.3.5       Arbeidsmag van die ouderdom van 16 tot 60 jaar
         1.3.6       Wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as 'n belangrike
                     element                                                 (6 x 1)                    (6)

                                                                       TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                                          DBE/2017
                                              SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die    drie   vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE lekkasies uit die ekonomiese kringloop.                   (2 x 1)      (2)

         2.1.2        Watter voordeel sal die staat trek uit die                 verkoop van
                      nie-winsgewende ondernemings in staatsbesit?                      (1 x 2)        (2)

2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP) – 2016

                                                                                  R miljoen
          Vergoeding van werknemers                                                1 892 721
          Netto bedryfsurplus                                                      1 065 200
          Vastekapitaalverbruik                                                      560 397
          Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste                                  3 518 318
          Ander belastings op produksie                                               81 307
          Ander subsidies op produksie                                                 9 813
          Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse                                3 589 812
          Belasting op produkte                                                      438 785
          Subsidies op produkte                                                       15 005
          Bruto binnelandse produk teen markpryse                                  4 013 592
                                        [Aangepas uit die SARB Kwartaallikse Bulletin, Junie 2016]

         2.2.1        Noem die metode wat gebruik is om die BBP in die tabel hierbo
                      te bereken.                                            (2 x 1)                   (2)

         2.2.2        Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.                              (2)

         2.2.3        Wat is die vernaamste doelwit van subsidies op produksie?                        (2)

         2.2.4        Bereken vastekapitaalverbruik as 'n persentasie van die BBP teen
                      faktorkoste. Toon ALLE berekeninge.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    7                                        DBE/2017
                                              SSE

2.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE NASIONALE BEGROTING – 2016/17

                                                                Brandstofheffings 5%

                                                                     Ander 7%
              BTW 27%

                                             STATE
                                            STAATS-
                                            REVENUE
                                            INKOME
       Doeaneregte
           5%
                                                                                Persoonlike
                                                                                 inkomste-
                                                                               belasting 34%

      Maatskappybelasting 3%                                 Aksynsregte 3%

                                                               [Aangepas uit die 2016-Begrotingsrede]

         2.3.1        Identifiseer EEN vorm van indirekte belasting in die inligting hierbo.         (1)

         2.3.2        Watter tipe belasting sal die grootste bydrae tot die staatsinkome in
                      die 2016/17 finansiële jaar lewer?                                             (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term begroting.                                           (2)

         2.3.4        Gee EEN rede hoekom die regering belasting (aksynsregte)
                      op nie-merietegoedere gedurende die 2016/17 finansiële jaar
                      verhoog het.                                                                   (2)

         2.3.5        Hoe sal 'n styging in maatskappybelasting ekonomiese groei
                      negatief beïnvloed?                                 (2 x 2)                    (4)

2.4      Verduidelik natuurlike      hulpbronne     en   spesialisasie    as   oorsake van
         internasionale handel.                                                      (2 x 4)         (8)

2.5      'n Internasionale maatskappy belê R5 miljoen in 'n sakeonderneming in
         Suid-Afrika. Bereken die vermenigvuldigereffek van hierdie belegging op ons
         ekonomie as die marginale spaargeneigdheid (msg) 0,6 is. Toon ALLE
         berekeninge.                                                                                (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       8                                        DBE/2017
                                                 SSE

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1          Noem TWEE aanwysers wat met produksie verband hou.                 (2 x 1)      (2)

         3.1.2          Hoekom fokus die Suid-Afrikaanse regering                     op     klein
                        sakeondernemings om ekonomiese groei te bevorder?                  (1 x 2)      (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              WÊRELDWYE                                                 Help            NOORD
               ARMOEDE                                                julleself!

                                HELP!!

                 SUID

         'Die ontwikkelingsgaping tussen die Noorde en die Suide het 'n probleem
         geword wat die hele wêreld moet bestuur.' Hierdie stelling is ietwat uitgedien,
         omdat die gaping tussen die ryk en die arm lande besig is om oorbrug te word.
         Geleenthede vir meer gelyke handel en kapitaalvloei het sommige
         ontwikkelende lande die geleentheid gegee om vinniger te ontwikkel.
         Die beskikbaarheid en gebruik van moderne tegnologie in landbou en
         vervaardiging en handelsooreenkomste, soos die Wet op Groei en Geleenthede
         in Afrika ('AGOA'), het verdere waarde aan die algehele verandering toegevoeg.
                                                                [Aangepas uit SAIRR, Oktober 2016]

         3.2.1          Watter handelsooreenkoms het ontwikkelende lande gunstige
                        uitvoergeleenthede gegee?                                                       (1)

         3.2.2          Identifiseer, in die inligting hierbo, hoe tegnologie vir die bekamping
                        van armoede gebruik kan word.                                                   (1)

         3.2.3          Beskryf kortliks die uitwerking van aktiwiteite in die Noorde (Noord-
                        Suid-verdeling) op die wêreldomgewing.                                          (4)

         3.2.4          Na jou mening, hoe kan lande in die Suide die probleem van
                        onderontwikkeling oplos?                             (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                                      DBE/2017
                                              SSE

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      WERKSKEPPING IN PRIVAAT SEKTOR BLY SWAK

         Die werkloosheidskoers was teen die einde van 2015, 24,3%.
         Langtermynwerksoekers maak 66% van die werkloses uit. Dit dui op die
         ernstige gevolge van langdurige uitsluiting uit die arbeidsmark of vaardighede
         en indiensneming.

         Werkskepping in die privaat sektor bly swak. Die openbare sektor het in 2014,
         59% tot 88% van die werkgeleenthede bygedra, waarvan die meeste in
         openbarewerke-programme, ondernemings in staatsbesit en plaaslike
         regering was.

         In die ontwikkelende lande bly werkloosheid steeds die belangrikste oorsaak
         van armoede.

                                                          [Aangepas uit 2015-Begrotingsoorsig]

         3.3.1        Volgens die uittreksel hierbo, watter sektor het in 2014 die meeste
                      werk geskep?                                                                  (1)

         3.3.2        Identifiseer die belangrikste oorsaak van armoede in die uittreksel.          (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term werkloosheid.                                       (2)

         3.3.4        Hoekom word die hoë indiensnemingskoers deur die openbare
                      sektor soms as 'n probleem beskou?                                            (2)

         3.3.5        Wat kan die privaat sektor doen om indiensneming in Suid-Afrika
                      te verhoog?                                             (2 x 2)               (4)

3.4      Bespreek kortliks streeksontwikkeling in Suid-Afrika en gebruik
         mededingendheid en volhoubaarheid as bestepraktyk-kriteria (normkriteria).
                                                                              (2 x 4)               (8)

3.5      Hoe speel die Internasionale Monetêre Fonds en die Verenigde Nasies, as
         internasionale organisasies, 'n rol in die standaardisering van die aanwysers
         van lidlande?                                                                              (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       10                                          DBE/2017
                                                 SSE

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE markte wat deel van die ekonomiese kringloop vorm.
                                                                             (2 x 1)                        (2)

         4.1.2        Wat sou die invloed op ekonomiese ontwikkeling wees indien die
                      bevolking sou toeneem sonder 'n styging in die reële bruto
                      binnelandse produk (BBP)?                               (1 x 2)                       (2)

4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               EKONOMIESE AFSWAAI:
           ONS EKONOMIE IN DIE MOEILIKHEID                  Moeilikheid
                                                             vorentoe

                     Ons is baie
                     naby aan 'n                          SUID-
                     resessie!!!                       AFRIKAANSE
                                                        EKONOMIE

                                                                               0,8%
                                                                               BBP-
                                                                               groei

                                                         Inflasiekoers
                                                              6,1%
                                   Wisselkoers
                                   $1 = R14,50

                                                                         [Aangepas uit Google Images]

         4.2.1        Identifiseer TWEE ekonomiese aanwysers in die spotprent hierbo.
                                                                                (2 x 1)                     (2)

         4.2.2        Beskryf kortliks die term resessie.                                                   (2)

         4.2.3        Hoe sal die aanvanklike stadiums in 'n ekonomiese afswaai
                      rentekoerse in Suid-Afrika beïnvloed?                                                 (2)

         4.2.4        Wat kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen om ekonomiese
                      groei in die land te verhoog?                       (2 x 2)                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   11                                      DBE/2017
                                             SSE

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DEPARTEMENT VAN HANDEL EN NYWERHEID (DHN)
                         VIR EKONOMIESE GROEI IN SUID-AFRIKA

         Die DHN glo in die vermoë om die ekonomie te laat groei, werkloosheid
         te verminder en die gelyke verdeling van ekonomiese aktiwiteit te bevorder.

         In hul jaarlikse verslag het die Departement van Handel en Nywerheid die
         implementering van die vyf kernbeleidsinisiatiewe om ekonomiese groei
         te ondersteun, beklemtoon:
         • Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR)
         • Nywerheidsbeleid-aksieplan ('IPAP')
         • Die finalisering van sektorale inisiatiewe in die nywerheid, byvoorbeeld
             outomobiele
         • Die Outomobielproduksie- en Ontwikkelingsprogram ('APDP')
         • Die Kleding- en Tekstiel-mededingendheidsprogram ('CTCP')T
                                                     [Aangepas uit die DHN-Jaarverslag: 2015]

         4.3.1        Identifiseer EEN kernbeleidsinisiatief in die uittreksel hierbo wat
                      deur die Departement van Handel en Nywerheid ontwikkel is.                    (1)

         4.3.2        Volgens die uittreksel, wat is die hoofdoelwit van die Departement
                      van Handel en Nywerheid?                                                      (1)

         4.3.3        Beskryf   kortliks  die    doelwitte      van      die      Nasionale
                      Nywerheidsbeleidsraamwerk.                                     (2 x 2)        (4)

         4.3.4        Hoe sou hierdie kernbeleidsinisiatiewe die groei van die Suid-
                      Afrikaanse ekonomie ondersteun?                         (2 x 2)               (4)

4.4      Bespreek kortliks verdeling van inkome (ekonomiese gelykheid) en
         prysstabiliteit as makro-ekonomiese doelwitte.             (2 x 4)                         (8)

4.5      Hoe kan die regering aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling aan te
         moedig?                                                                                    (8)
                                                                                                    [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      12                                      DBE/2017
                                                SSE

AFDELING C
Beantwoord enige EEN             van   die    twee    vrae   in   hierdie    afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
                                                                                          PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                        TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                       Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/               Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                             Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                        Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                         40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE
Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid bestaan uit uitvoerbevordering en
invoervervanging.
•   Bespreek uitvoerbevordering as deel van Suid-Afrika                     se   internasionale
    handelsbeleid onder die volgende opskrifte:
    - Redes (8)
    - Metodes (8)
    - Nadele (10)                                                                            (26)
•   Ontleed die argumente ten gunste van 'n vryhandelsbeleid.                                (10)       [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                         40 PUNTE – 40 MINUTE
Ten einde ekonomiese groei en ontwikkeling te bereik, word die regte benadering
vereis.
•   Ondersoek die vraagkantbenadering tot groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. (26)
•   Evalueer die sukses van 'AsgiSA'/VGGI-SA en Swart Ekonomiese Bemagtiging
    (SEB) as owerheidsinisiatiewe om groei en ontwikkeling te bevorder.         (10)                    [40]
                                                                     TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                         GROOTTOTAAL:                   150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-preparatory-2017-question-paper/9ce7d7f8-23ba-4c32-bf91-12e3dca51807) — Economics · QP · 2017
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
