# Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2018-memo-afr/ab4a1137-e329-40e2-b0a0-3610f7a80f27
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2018-memo-afr/ab4a1137-e329-40e2-b0a0-3610f7a80f27)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             EKONOMIE VRAESTEL 1

                                    JUNIE 2018

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                      PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   2                                   DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        B - storting 
         1.1.2        A - investering 
         1.1.3        D - vraag- en aanbodkant 
         1.1.4        C - ad valorem 
         1.1.5        C - ekonomiese groei 
         1.1.6        B - globalisering 
         1.1.7        A - indiensnemingskoers/werkverskaffingskoers 
         1.1.8        D - nywerheids-                                           (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1        E-   Benadering van 'n land se sentrale bank om besteding in die
                           ekonomie te beïnvloed 

         1.2.2        I–   Gedeelte van hul verbruikbare inkomste wat huishoudings
                           spandeer 

         1.2.3        A – Vergelyk uitvoerpryse met invoerpryse deur middel van
                          indekse 

         1.2.4        H – 'n Handelsbeleid om die vervaardiging van plaaslike produkte
                           vir die uitvoermark te bevorder 

         1.2.5        D – Koop en verkoop van owerheidsekuriteite om die
                          geldvoorraad te beïnvloed 

         1.2.6        G – Strategieë gebruik om produksie aan te moedig 

         1.2.7        C – Verwydering van handelsbeperkings 

         1.2.8        F – Meet hooflyninflasie                                   (8 x 1)       (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Geld 
         1.3.2        Resessie 
         1.3.3        Beskerming 
         1.3.4        Gelyke Indiensneming 
         1.3.5        Fiskale 
         1.3.6        Verstedeliking                                             (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      3                                        DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van    die   drie   vrae     in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE lidlande van die BRICS handelsprotokol.

                     •   Brasilië 
                     •   Rusland 
                     •   Indië 
                     •   Sjina 
                     •   Suid-Afrika                                                    (2 x 1)       (2)

         2.1.2       Hoe kan indirekte subsidies die uitvoerprodusent bevoordeel?

                     Die uivoerprodusent kan voordeel trek deur die ontvangs van:
                     • terugbetaling van invoertariewe 
                     • belastingrabatte (-afslag) / belastingkonsessies 
                     • produksiekoste sal daal / winste sal toeneem 
                     • verhoogde vermoë om mee te ding in buitelandse markte /
                        stygende uitvoere
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)              (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1       Identifiseer die tendenslyn in die sakesiklus.

                     K                                                                                (1)

         2.2.2       Watter letter stel 'n trog in die diagram voor?

                     D                                                                                (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term sakesiklus.

                     Opeenvolgende periodes van uitbreiding en inkrimping  in
                     ekonomiese aktiwiteite 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   4                                          DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

         2.2.4        Verduidelik ekonomiese aktiwiteit gedurende fase EF in die
                      sakesiklus.

                      • Ekonomie groei en verbeter vinnig 
                      • Meer besighede ontstaan en meer werkers word in diens
                        geneem 
                      • Verhoogde vraag na krediet sal rentekoerse verhoog 
                      • Hoër vraag en hoër pryse vir kapitaalgoedere 
                      • Winste en salarisse styg 
                      • Hoër inflasie 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         2.2.5        Hoe kan die lengte (BF)               in   die   vooruitskatting     van
                      sakesiklusse gebruik word?

                      • Omdat die lengte relatief konstant bly, kan jy voorsien dat die
                        volgende siklus ‘n soortgelyke lengte sal hê 
                      • As 'n sakesiklus 'n lengte van 12 jaar het, kan daar veronderstel
                        word dat 12 jaar sal verbygaan tussen opeenvolgende pieke of
                        trôe, of dat dit vir 'n ekonomie 6 jaar sal neem om deur 'n
                        resessie te beweeg 
                      • Langer siklusse toon krag wat daarop dui dat die volgende
                        siklus ook kragtig sal wees (of omgekeerd) 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)           (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Identifiseer die basisjaar wat tans deur die SARB hierbo
                      gebruik word.

                      2010                                                                         (1)

         2.3.2        Watter sektor dra die meeste tot die bruto binnelandse produk
                      van Suid-Afrika by?

                      Tersiêre sektor                                                              (1)

         2.3.3        Beskryf die term bruto waarde toegevoeg (BWT) teen
                      konstante pryse kortliks.

                      BBP waar die uitwerking van inflasie op die nominale BBP in
                      berekening gebring is  en die syfer verander deur die indeks te
                      defleer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         2.3.4        Hoe word die BBP teen markpryse na BNP teen markpryse
                      omgeskakel?

                      BNP teen markprys is BBP @ markpryse plus primêre inkome van
                      die res van die wêreld min primêre inkome aan die res van die
                      wêreld / BBP plus die netto primêre inkome                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  5                                    DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

         2.3.5        Bereken die Bruto Binnelandse Produk teen markpryse (A).
                      (Toon alle berekeninge)

                      Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse: 2 794 601
                      Plus: belasting                          (+) 30 600 
                      Min: Subsidies                           (-)     5 900 
                      BBP teen markpryse                           2 819 301 

                      OF         2 794 601 + 30 600  – 5 900  = 2 819 301                 (4)
2.4      Verduidelik kortliks die maatreëls om 'n tekort op die betalingsbalans te
         verminder.
         • Leen geld by die IMF 
         • Invoervervanging sal invoere verminder as goedere nou self geproduseer
           word 
         • Uitvoerbevordering sal lei tot 'n styging in totale aanbod en pryse sal
           verlaag. Uitvoere word bevorder deur goedkoper pryse 
         • Hoër rentekoerse help om besteding op invoere te verlaag 
         • 'n Styging in invoertariewe en beheer, alhoewel SA voldoen aan die
           beleide van die WHO om invoerbeheer te verminder (handelsliberalisering)
           
         • Wisselkoersbeheer laat sentrale banke toe om buitelandse valuta te
           beperk 
         • Verminder buitelandse reserwes by SARB om tekorte goed te maak as
           daar 'n beheerde swewende wisselkoers aanvaar word 
         • Verandering in wisselkoers soos depresiasie/devaluasie van die
           geldeenheid maak invoere duurder en uitvoere goedkoper na die buiteland
           (verhoog uitvoere) 
         • Styging in belasting verminder verbruikbare inkome wat vraag na invoere
           verminder 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
           (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite /
           voorbeelde)                                                      (4 x 2)           (8)
2.5     Waarom behoort Suid-Afrika 'n beleid van vryhandel te volg?
        'n Beleid van vryhandel behoort gevolg te word omdat:
         • dit spesialisasie toelaat wat die koste per eenheid van 'n produk verlaag
            (ekonomieë van skaal) 
         • verkope plaaslik en oorsee verbeter wat lei tot verhoogde winste 
         • 'n verskeidenheid van goedere verseker word wat die keuse van verbruikers
            vergroot en hul welvaart verhoog 
         • ekonomiese groei versnel wat groter spare en investering bevorder 
         • ontwikkelende lande toegelaat word om voordeel te trek uit buitelandse
            kennis wat nie in die binneland beskikbaar is nie 
         • groter doeltreffendheid bevorder word asook 'n beter produk en tegnologiese
            vordering 
         • mededinging bevorder word en die toekenning van hulpbronne verbeter 
        (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                           (8)
                                                                                                    [40]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    6                                  DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem enige TWEE sosiale aanwysers.

                      •   Demografie 
                      •   Voeding en gesondheid 
                      •   Onderwys 
                      •   Dienste 
                      •   Behuising en verstedeliking                           (2 x 1)        (2)
         3.1.2        Wat kan die owerheid doen gedurende 'n periode van resessie
                      om die ekonomie te stimuleer?

                      Die owerheid kan:
                      • 'n uitbreidende fiskale beleid toepas 
                      • belasting verminder / verlaag persoonlike inkomstebelasting 
                      • owerheidsbesteding verhoog 
                      • nuwe infrastruktuur verskaf 
                      • KMMO’s en informele sektor aktiwiteite ondersteun 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)        (2)

3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Noem EEN voertuigvervaardiger wat produksie-aanlegte in
                      Suid-Afrika het.

                      • BMW 
                      • Ford 
                      • Volkswagen                                                             (1)

         3.2.2        Identifiseer EEN voordeel van voertuigproduksie-aanlegte wat
                      in Suid-Afrika geleë is.

                      •    Gediversifiseerde vervaardiging 
                      •    Ding mee in die wêreldekonomie 
                      •    Versnel groei en ontwikkeling 
                      •    Beleggingsgeleenthede 
                      •    Geniet produksie-voordele 
                      •    Lei tot handelsooreenkomste                                         (1)
         3.2.3        Beskryf kortliks die term vryhandelgebied.

                      'n Vryhandelgebied is waar beperkings soos tariewe en kwotas
                      verwyder is                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   7                                    DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

         3.2.4        Wat   is    die  doelwit van           die    Suidelike      Afrika
                      Ontwikkelingsgemeenskap?

                      Bevorder sosio-ekonomiese samewerking en integrasie sowel as
                      samewerking polities en veiligheid tussen Suidelike Afrika state 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         3.2.5        Hoe kan die owerheid armoede in Suid-Afrika deur middel van
                      die vervaardigingsektor aanpak?

                      Die staat kan armoede aanpak deur:
                      • nywerheidsontwikkeling aan te moedig dmv effektiewe
                          nywerheidsbeleide wat arbeidsintensiewe produksieprosesse
                          aanmoedig 
                      • direkte en indirekte subsidies te betaal om die produksiekoste
                          te beperk wat die eindverbruiker sal bevoordeel (laer pryse)
                          
                      • konsessies aan vervaardigers te betaal wat 'n bekostigbare
                          eindprodukte sal verseker 
                      • aansporings te betaal wat meer diverse produksie sal verseker
                          en wat die verbruiker 'n groter keuse bied 
                      •    'n positiewe beleggingsklimaat in hoofsaaklik arbeids-
                          intensiewe produksieprosesse te skep 
                      • makro-ekonomiese beleide toe te pas wat verseker dat 'n groot
                          komponent van die finale produk binnelands geproduseer
                          moet word, wat meer werksgeleenthede bied en armoede
                          verlig 
                      • ondersteuning van die oprigting van KMMO’s 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)          (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Volgens die grafiek, wanneer was werkloosheid op sy hoogste
                      vlak?

                      Tweede kwartaal 2017                                                      (1)

         3.3.2        Watter instelling het die werkloosheidsyfers saamgestel?

                      StatsSA                                                                   (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term werkloosheid.

                      Werkloosheid verwys na daardie mense binne die ekonomies-
                      aktiewe bevolking wat bereid en in staat is om te werk  maar wat
                      nie 'n werk kan kry nie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                                    DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

         3.3.4        Wat is die negatiewe impak van hoë werkloosheid op die
                      jeug?

                      • Dit beperk hul toekomstige groei en ontwikkeling 
                      • Dit sal hulle ontmoedig om hul studies voort te sit of om werk te
                        soek 
                      • Dit sal hul menswaardigheid en algemene gesondheid
                        beïnvloed 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

         3.3.5        Hoe kan die       owerheid werkloosheid in die ekonomie
                      verminder?

                      Die owerheid kan die vlak van werkloosheid verlaag deur:
                      • toepassing van vaardigheidsontwikkelingsprogramme wat
                          beter vergoeding verseker wat vraag en produksie stimuleer
                          
                      • aansporing van sakegemeenskappe om jongmense te
                          absorbeer en hulle van relevante opleiding en vaardighede te
                          voorsien wat vereis word om die nuutste tegnologie te gebruik
                          wat in produksieprosesse gebruik word 
                      • aansporings aan die jeug vir deelname aan die ekonomie deur
                          belastingafslag en rabatte 
                      • verskaffing van werk deur die UOWP 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)          (4)

3.4      Bespreek kortliks demografie as sosiale aanwyser.

         •   Die owerheid en sakesektor moet kennis dra van die grootte van die land
             se bevolking vir hul beplanning (bevolkingsgroei) 
         • Owerhede moet weet watter infrastruktuur projekte en sosiale
             programme hul voorkeurbeleggings uitmaak 
         • Owerhede en besighede moet kennis dra van die beskikbaarheid van
             arbeid en grootte van die bevolking in hul markte 
         • Lande se bevolkings word getel met sensus wat gereeld gedoen word
             
         • Suid-Afrika se bevolking is 55 miljoen en sal by raming groei tot meer as
             daardie getal teen 2021
         • Lewensverwagting druk die aantal jare wat 'n nuut gebore baba sal leef
             as die mortaliteitspatrone sal voortduur deur sy/haar lewe 
         • Dis belangrik vir owerhede om te weet wat die gemiddelde
             lewensverwagting is omdat werkende mense 'n verskeidenheid sosiale
             dienste benodig terwyl hulle terselfdertyd die belastingbasis van die land
             vorm 
         • Die Menslike Ontwikkelingsindeks is 'n aanwyser van menslike
             ontwikkeling waar die lewenstandaard, kwaliteit van gesondheidsorg en
             algemene onderwys standaard oorweeg word 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (4 x 2)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 9                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

3.5      Hoe kan die monetêre beleid gebruik word om die ekonomie van Suid-
         Afrika te stimuleer?

         Die monetêre beleid word gebruik om die ekonomie te stimuleer deur:
         • daling in rentekoerse, wat kredietskepping beïnvloed deurdat krediet
             goedkoper raak 
         • stabilisering van die wisselkoerse deur kapitaalinvloei aan te moedig om
             die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans te neutraliseer
             
         • toepassing van opemarktransaksies waar kredietskepping aangemoedig
             word deur SARB deur aankope van sekuriteite in die opemark en geld as
             gevolg daarvan na die banksektor vloei 
         • toepassing van morele oorreding waar die SARB met banke konsulteer
             en hulle aanmoedig om op 'n sekere wyse te reageer wat gunstig inwerk
             op die ekonomiese toestande in daardie tydstip 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)               (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   10                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1      Beantwoord die volgende vrae.
         4.1.1        Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.
                      •   Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) 
                      •   Aksynsregte / sondebelasting 
                      •   Doeanebelasting 
                      •   Brandstofheffing 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 1)       (2)
         4.1.2        Watter belangrike rol speel klein, mikro-              en    medium
                      ondernemings (KMMO's) in die ekonomie?
                      • Dit vereis en verbeter die besigheid se bestuursvaardighede 
                      • Help om die indiensnemingsbasis te verbreed 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)           (2)

4.2      DATARESPONS
         4.2.1        Volgens die uittreksel,         wat    was   die   tekort    in    die
                      betalingsbalans in 2016?
                      R76 miljard                                                                 (1)
         4.2.2        In die uittreksel, identifiseer die term wat die verskil tussen
                      goedere-invoere en goedere-uitvoere bereken.
                      Handelsbalans                                                               (1)
         4.2.3        Beskryf kortliks die term betalingsbalans.
                      'n Sistematiese rekord van alle transaksies tussen een land en
                      ander lande 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)
         4.2.4        Wat is die belangrikheid van die saldo op die lopende
                      rekening?
                      Dit gee 'n aanduiding of 'n land binne sy vermoë leef (dui ‘n surplus
                      of tekort aan)                                                             (2)
         4.2.5        Hoe kan 'n oorskot op die betalingsbalans die Suid-Afrikaanse
                      ekonomie positief beïnvloed?
                       Die surplus van die betalingsbalans kan die ekonomie positief
                      beïnvloed deur:
                      • bereiking van die produksiepotensiaal van die land 
                      • opbouing van reserwes van die land as gevolg van ‘n surplus
                         
                      • groter infrastruktuur investering 
                      • verhoogde waarde van die rand 
                      • trek meer buitelandse direkte investering 
                      • verlaagde belastinglas a.g.v. minder geld wat geleen is om
                         publieke skuld af te los 
                      • stimulering van ekonomiese groei en skepping van werk 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)    (2 x 2)               (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 11                                 DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Watter deel van die noord/suidverdeling word deur die klein
                      vissies in die spotprent verteenwoordig?

                      Die Suide                                                             (1)

         4.3.2        Volgens die inligting hierbo, hoekom is buitelandse direkte
                      investering (BDI) so belangrik vir ontwikkeling in lande?

                      Dit is van die grootste belang om kennis te dra van 'n beter
                      nywerheidsontwikkeling in ontwikkelende lande                         (1)

         4.3.3        Wat is die boodskap in die spotprent?

                      Die Noorde – deur die ingryping van die WHO – bied finansiële
                      hulp aan arm ontwikkelende lande, maar die suide bly skepties /
                      bang vir wat die werklike rede is van die Noorde 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (2)

         4.3.4        Hoe beïnvloed massaproduksie deur ontwikkelde lande die
                      omgewing negatief?

                      Hulle is hoofsaaklik verantwoordelik vir die skade aan die
                      osoonlaag, besoedeling en storting van toksiese afval                (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         4.3.5        Hoe word ontwikkelende lande deur 'n tekort aan BDI
                      benadeel?

                      Ontwikkelende lande word benadeel deur:
                      • stadige ekonomiese groei 
                      • 'n gebrek aan groei of werksgeleenthede / hoë werkloosheid
                        
                      • geen verbetering in die gehalte van mense nie 
                      • 'n gebrek aan ekonomiese integrasie en ontwikkeling 
                      • oneffektiewe gebruik van beskikbare hulpbronne 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  12                                    DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

4.4     Onderskei tussen endogene- en eksogene benaderings tot sakesiklusse.

         Endogene benadering                        Eksogene benadering
         Faktore wat ekonomie beïnvloed van         Faktore wat die ekonomie beïnvloed
         binne die markstelsel                     van buite die markstelsel 

         Markte is inherent onstabiel              Markte is inherent stabiel 

         Staatsinmenging is nodig                  Owerheid moet nie inmeng nie 

         Ook bekend as die Keynesiaanse             Ook bekend as die Monetariste se
         verduideliking                            verduideliking 

         Die prysmeganisme gee aanleiding tot       Monetariste glo dat ‘n wanbalans
         opswaaie en afswaaie                      veroorsaak word deur die verkeerde
                                                    gebruik van beleide bv. monetêre
                                                    beleid 

         Byvoorbeeld: verandering in patrone     By voorbeeld: natuurrampe / oorlog /
         van verbruiksbesteding,                 terrorisme                  (Maks 4)
         investeringsbesteding       (Maks 4)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
                                                                                                      (8)

4.5      Hoe effektief is produktiwiteit as 'n ekonomiese aanwyser?

         Produktiwiteit as ekonomiese aanwyser is effektief deurdat:
         • die gebruik van 'n produktiwiteitindeks die relatiewe verhouding tussen
            inset en uitset toon – hoe hoër die uitset in verhouding tot inset, hoe meer
            produktief is die ekonomiese eenheid 
         • 'n meer produktiewe ekonomiese eenheid meer kompeterend is en 'n beter
            kans staan om winsgewend en suksesvol te raak 
         • dwing produktiwiteit om tred te hou met 'n styging in arbeidskoste, of
            anders sal dit lei daartoe dat 'n land minder mededingend raak omdat dit
            lei tot duurder produksie 
         • dit verskillende ekonomieë in verskillende stadiums van ontwikkeling
            illustreer waar 'n land moet fokus om meer mededingend te wees en
            produktief 
         • fokus meer op hoër onderwys en opleiding  'n doeltreffende goedere-
            en arbeidsmark  ontwikkeling van die finansiële mark  en
            tegnologiese gereedheid in Suid-Afrika 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
            (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite /
            voorbeelde)                                                                          (8)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  13                                       DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING C
Beantwoord enige EEN           van    die   twee    vrae    in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat.           (26 punte)
• Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse owerheid sover in die bereiking van
  sy makro-ekonomiese doelwitte?                                   (10 punte)                      [40]
INLEIDING
Die owerheid verskaf goedere en dienste wat onder-voorsien word deur die mark, en
speel dus 'n vername rol in regulering van ekonomiese aktiwiteite en rig en vorm van
die ekonomie 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Doelwitte:
•   Ekonomiese groei 
    - Verwys na 'n styging in die produksie van goedere en dienste 
    - Gemeet in terme van reële BBP 
    - Vir ekonomiese groei om plaas te vind moet die ekonomiese groeikoers hoër
      wees as die bevolkingsgroeikoers 
    - Groei en ontwikkeling in 'n land bevoordeel sy burgers omdat dit dikwels lei tot
      'n hoër lewenstandaard 
•    Volle indiensneming 
    - Wanneer alle persone wat wil werk en op soek is na werk 'n werk kry 
    - Hoë vlakke van indiensneming is die belangrikste ekonomiese doelwitte van die
        staat 
    - Die werkloosheidkoers het oor die afgelope paar jaar gestyg 
    - Informele sektor aktiwiteite moet aangemoedig word, want dis 'n gebied waar
        indiensneming toeneem 
•    Wisselkoersstabiliteit 
    -  Die ekonomie moet effektief bestuur word, en 'n effektiewe fiskale- en monetêre
       beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou 
    - Depresiasie en appresiasie van die geldeenheid skep onsekerhede vir
       produsente en handelaars en moet beperk word 
    - SARB het die wisselkoers van 'n beheerde swewing na vryswewende
       wisselkoers verander 
•    Prysstabiliteit 
    -  'n Stabiele prys veroorsaak beter resultate in terme van werkverskaffing en
       ekonomiese groei 
    - Die owerheid se inflasie-teiken is 3 – 6% en SARB was sover suksesvol om
       inflasie binne hierdie teiken te hou 
    - Rentekoerse gebaseer op die repokoers is die vernaamste instrument gebruik in
       die stabiliseringsbeleid 
    - 'n Stabiele begrotingstekort het ook 'n stabiliseringseffek op die inflasiekoers 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                14                                   DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

•       Ekonomiese gelykheid 
    -  Herverdeling van inkomste en welvaart is noodsaaklik om armoede te verminder
       
  - Suid-Afrika gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op
       winste, belasting op rykdom, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding,
       word gebruik om gratis dienste te finansier 
  - Gratis sosiale dienste is basiese onderwys, primêre gesondheidsorg en
       finansiering van basiese ekonomiese dienste 
  - Kontanttoelaes aan armes/kwesbares byvoorbeeld kindertoelaes en toelaes vir
       gestremdheid 
  - Progressiewe belasting impliseer dat die hoër inkomste verdiener 'n hoër
       belasting betaal                                                   Maks (26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)

INHOUD: ADDISIONELE DEEL
    • Antwoorde van kandidate kan positief of negatief wees
    • Volg die argument en kyk of die kandidaat genoeg bewyse kan lewer om
      sy/haar antwoord te ondersteun

Die owerheid is suksesvol in die bereiking van hierdie doelwitte deur:
- verlaag werkloosheid deur die UOWP. Was dit nie vir hierdie program nie, sou die
   werkloosheidskoers baie hoër wees 
- in staat om die inflasiekoers binne die 3 – 6% teiken te hou 
- ekonomiese gelykheid het verbeter (SEB deur regstellende aksie,
   geslagsgelykheid) 
- SA funksioneer in 'n vry swewende wisselkoersstelsel wat in lyn is met
   internasionale verwysingspunte ('benchmark') 

Die owerheid was nie suksesvol in die bereiking van sy doelwitte nie deur:
- 'n voortdurende daling in ekonomiese groei. In die laaste 5 jaar was die
   gemiddelde reële bruto binnelandse produk groei onder 2% 
- stygende werkloosheidkoerse – 'n toename tot 27.7 in 2017 wat die hoogste was
   sedert 2009 
- fluktuasies in die waarde van die rand – oor die afgelope 5 jaar het die rand baie
   geskommel teenoor die grootste geldeenhede van handelsvennote 
- SEB het slegs 'n paar individue bevoordeel a.g.v. korrupsie en wanvoorstelling
   gebruik as front                                          (Enige 5 x 2) (Maks 10)

SLOT

Terwyl die owerheid 'n sekere mate van sukses bereik het, is die bereiking van sekere
doelwitte belemmer deur faktore soos 'n gebrek aan rekenpligtigheid, korrupsie,
begrotings, nepotisme en gebrek aan vaardigheid en kundigheid 
                                                                                              [40]
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)                  Maks (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                15                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek die volgende as Suid-Afrika se inisiatiewe in streeksontwikkeling
  volledig:
   - Spesiale Ekonomiese Sones                (8)
   - Korridors                               (8)
   - Ruimtelike Ontwikkeling Inisiatiewe (10)                         (26 punte)
• Hoe effektief is Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide in terme van
  mededingendheid en goeie staatsbestuur?                             (10 punte)               [40]
INLEIDING
Dis die bevordering van ekonomiese ontwikkeling in areas waar armoede,
werkloosheid en inkomste ongelykheid hoër is met die doel van opheffing 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          Maks (2)
INHOUD: HOOFDEEL
SPESIALE EKONOMIESE SONES (SES'e)
• Dit is geografiese gebiede in 'n land wat opsy gesit is vir spesifiek geoormerkte
  ekonomiese aktiwiteite 
• Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur spesiale reëlings wat wette en
  ondersteuningstelsels mag insluit wat nywerheidsontwikkeling bevorder 
• Hulle is gerig op die uitbreiding van die vervaardigingsektor 
• Skep addisionele nywerheidspilpunte sodat die nasionale nywerheidsbasis streeks
  gediversifiseer sal wees 
• Hierdie gebiede mag aansporings geneig soos belastingverligting en
  ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder 
• Daar word beplan om belasting tot 15% te verminder as aansporing om nuwe
  nywerhede te trek 
• Die doel met die skepping van SES'e is om:
      - Nuwe besighede te trek 
      - Besighede te trek wat 'n nuwe produklyne ontwikkel 
      - Besighede te trek wat hul omset vergroot 
• Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS'e waar spesiale
  belastingaansporings nie geld nie, stelselmatig SES'e sal word 
• Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid nywerheidsparke en verskaf
  ekonomiese infrastruktuur om indiensneming te bevorder                     (Maks 8)
KORRIDORS
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele bied aan
  mynbou, vervaardiging en ander besighede 
• Die voordele sluit onder andere die bestaande infrastruktuur en spesialisering van
  produkte of dienste in 
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die ontwikkelings-
  prioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe 
• Die DHN verskaf hulp deur die ondersteuning van die ontwikkelings-korridors 
• Die Maputo korridor, wat in Gauteng begin en strek deur Mpumalanga na die
  Maputo hawe, bied geleentheid vir die vervoerindustrie; die Phalaborwa sub-
  korridor in die Limpopo Provinsie bied geleenthede vir mynbou en verwante
  aktiwiteite                                                              (Maks 8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                16                                  DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSINISIATIEWE (ROI's)
• Dis 'n gebied waar hoë vlakke van werkloosheid en armoede geïdentifiseer is deur
   die owerheid in 'n gekoördineerde poging om die ekonomiese potensiaal van die
   gebied te ontwikkel 
• Die gebied wat as ROI gekies word moet onderontwikkeld wees maar die
   potensiaal hê vir volhoubare groei 
• Die ontwikkeling fokus op hoë vlak ondersteuning in gebiede waar sosio-
   ekonomiese toestande gekonsentreerde owerheidsbystand benodig 
• Hierdie inisiatiewe help om ekonomiese aktiwiteite gelyk oor die land te versprei 
• Alle investering is gebaseer op publieke-private vennootskappe 
• Dit is 'n owerheidstrategie van investering wat die departement van handel en
   nywerheid (DHN) en vervoer (DvV) insluit 
• Dit fokus op owerheidsbetrokkenheid op nasionale, provinsiale en plaaslike
   owerheidsvlakke om te verseker dat investering voorkeur geniet  en dat
   maksimum sinergie tussen die verskillende soorte beleggings bestaan 
• Hierdie projekte sal na verwagting nuwe werksgeleenthede skep in die toekoms 
• Die sukses van hierdie projekte is afhanklik van 'n sterk geneigdheid tot
  internasionale mededingendheid, streeks samewerking en 'n meer gediversifiseerde
  eienaarskap basis                                                       (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (Maks 26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
ADDISIONELE DEEL
Die staat kan verseker dat Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide met
internasionale beste praktyk ooreenstem deur:
• effektiewe bestuur-strategieë vry van korrupsie daar te stel 
• effektiewe integrasie tussen verskillende areas deur middel van oorspoelvoordele
    na ander nywerhede 
• bou van vennootskappe tussen sentrale owerheid, plaaslike owerhede, plaaslike
    gemeenskappe en spesiale belange groepe en die privaatsektor 
• verskaffing van voldoende hulpbronne in hulpbron-arm areas bv. Infrastruktuur 
• die vestiging van mededingende besighede wat nie volgehoue finansiële hulp van
    die owerheid verlang nie 
• mense uit die streek te betrek by opleiding, onderwys, verbeterde produktiwiteit en
    verskaffing van noodsaaklike goedere en dienste aan die streek 
• te fokus op kwessies op voetsoolvlak, wat verseker dat ontwikkeling van onder af
    begin 
• te fokus op totale ontwikkeling wat alle aspekte van die menslike lewe insluit bv.
    onderwys, gesondheid en voeding                                       (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)
(Punte moet toegeken word as ontwikkelingsbeleide nie ooreenstem met
internasionale maatstawwe nie)
SLOT
Ekonomiese desentralisering sal waarborg dat groter klem in die ontwikkeling van die
land asook komprehensiewe gebruik van hulpbronne wat effektief gebruik word vir die
verbetering van die welsyn van die land, geplaas word 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde antwoord)                 (Maks 2)       [40]
                                                              TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECON P1 GR12 MEMO SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-memo-sept-2018-english/b620ea39-e03a-4808-91b0-a06a2f306e46) — Economics · Memo · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2017-memo-afr/7f77f7c6-d257-4f04-959a-d7b20acf4acb) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/87194943-d258-4bd9-a7a0-7e2fc3c27b6a) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
