# Economics Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2019-afr/4111393a-5b0e-4e21-b9bf-b66d295d1f1a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2019-afr/4111393a-5b0e-4e21-b9bf-b66d295d1f1a)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   EKONOMIE V1

                                         2019

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                               DBE/2019
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   3                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Arbeid kan in die … mark gekoop en verkoop word.

                      A    goedere
                      B    faktor-
                      C    finansiële
                      D    verbruikers-

         1.1.2        Vergelykende kostevoordeel toon dat wêreldproduksie kan styg as
                      lande … in wat hulle die beste doen.

                      A    tariewe afdwing
                      B    die gebruik van tegnologie beperk
                      C    spesialiseer
                      D    werkers beskerm

         1.1.3        Die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) is 'n …-jaar-
                      vooruitskatting van owerheidsbesteding en -inkomste.

                      A    drie
                      B    een
                      C    twee
                      D    vier

         1.1.4        Die piek van 'n sakesiklus word deur 'n … gekenmerk.

                      A    hoë vraag na krediet
                      B    stabiele inflasiekoers
                      C    hoë werkloosheidkoers
                      D    lae uitset

         1.1.5        'n Styging in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie oor
                      'n spesifieke tydperk word … genoem.

                      A    inkrimping
                      B    ekonomiese ontwikkeling
                      C    ekonomiese groei
                      D    globalisering

         1.1.6        Kostedelingstoelaes deur die owerheid om paaie te verbeter, word
                      die …-program genoem.

                      A    Uitgebreide Openbarewerke
                      B    Kritieke Infrastruktuur
                      C    Kleinsake-ondersteunings
                      D    Vaardigheidsontwikkelings

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                                     DBE/2019
                                             SS/NSS

         1.1.7         'n Voorbeeld van 'n ekonomiese aanwyser is …
                       A     sanitasie.
                       B     bevolkingsgroei.
                       C     lewensverwagting.
                       D     produksieprysindeks.
         1.1.8         Maatskaplike toelaes aan die landsburgers van Suid-Afrika vorm
                       deel van die … beleid.
                       A     monetêre
                       B     handels-
                       C     groei-
                       D     fiskale                                                  (8 x 2)       (16)
1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Vermenigvuldiger        A      as 'n onderneming in staatsbesit aan 'n
                                                    sakeonderneming in die privaat sektor
         1.2.2       Privatisering                  verkoop word
         1.2.3       Afgeleide handel        B      bring benadeelde groepe tot op 'n gelyke
                                                    vlak ten opsigte van aanstelling,
         1.2.4       Vryswewende                    bevordering en ander aspekte van
                     wisselkoers                    indiensneming
         1.2.5       Wêreldbank              C      verantwoordelik vir infrastruktuur en
                                                    sakebeleggings in agtergeblewe en
         1.2.6       Nywerheidsont-                 onderontwikkelde gebiede
                     wikkelingsone (NOS)
                                             D      internasionale instelling wat gestig is om
         1.2.7       Gelyke indiensneming           herstel en ontwikkeling te bevorder

         1.2.8       Verbruikersprysindeks   E      hoë gehaltestandaarde word afgedwing
                     (VPI)                          om die invoer van goedere te bemoeilik
                                             F      die waarde van 'n geldeenheid ten
                                                    opsigte van die waarde van 'n ander
                                                    geldeenheid wat deur markkragte bepaal
                                                    word
                                             G      meet prysveranderinge van 'n
                                                    gemiddelde mandjie goedere en dienste
                                                    wat deur 'n verbruiker aangekoop word
                                             H      'n klein aanvanklike styging in besteding
                                                    lei tot 'n proporsioneel groter styging in
                                                    totale inkomste
                                             I      nywerheidsgebiede wat fisies omhein is
                                                    en naby aan 'n hawe of 'n lughawe is
                                                                                        (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    5                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Die totale waarde van finale goedere en dienste wat binne die
                      landsgrense in 'n gegewe tydperk geproduseer is

         1.3.2        Voorspel die toekomstige ekonomiese aktiwiteite deur feite of
                      inligting wat bekend is, te gebruik

         1.3.3        Rekord van alle handels- en finansiële transaksies tussen 'n land
                      en die res van die wêreld

         1.3.4        Die styging in die lewenstandaard van die mense oor 'n tydperk

         1.3.5        Pogings deur owerhede om vervaardiging en ander besighede uit
                      metropolitaanse gebiede na landelike gebiede te verskuif

         1.3.6        Dit meet die afstand tussen die piek en die trog van 'n sakesiklus
                                                                                    (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                         6                                         DBE/2019
                                                 SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van     die    drie    vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1         Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die
                       Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word.         (2 x 1)                         (2)

         2.1.2         Wat is die doel van die tendenslyn van 'n sakesiklus?                  (1 x 2)    (2)

2.2      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              Goedere en                         Goedere en
                               dienste                            dienste

                                                 PRODUK-
                                                  MARK

                                  Inkomste                   Besteding

                                                                                 HUISHOU-
         BESIGHEDE
                                                                                  DINGS
                                  Besteding                  Inkomste

                 Produksie-                      FAKTOR-                        Produksie-
                    faktore                                                     faktore
                                                  MARK

         2.2.1         Wat word in die diagram hierbo uitgebeeld?                                        (1)

         2.2.2         Identifiseer EEN voorbeeld van 'n reële vloei.                                    (1)

         2.2.3         Beskryf kortliks die term produkmark.                                             (2)

         2.2.4         Wat kan die Minister van Finansies doen om ekonomiese
                       aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder?                                           (2)

         2.2.5         Hoe kan die buitelandse direkte investering (BDI) die nasionale
                       inkome beïnvloed?                                      (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     7                                      DBE/2019
                                             SS/NSS

2.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA KOM UIT 'N DIE RESESSIE MET 'N 2,5% BBP GROEI

                                                              [Aangepas uit Google images, 2018]

      Groei in die landbousektor ruk handuit met 33,6%. Mynbou het met 3,9% gegroei
      en het 0,3 van 'n persentasiepunt tot die totale groei bygedra. Die sekondêre sektor
      het met 1,9% en die vervaardigingsektor met 1,5% gegroei.

         2.3.1        Noem EEN kenmerk van die trog van 'n sakesiklus.                               (1)

         2.3.2        In watter sektor funksioneer die landbou?                                      (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                          (2)

         2.3.4        Watter ekonomiese oorspoeleffekte kan ontstaan as gevolg van die
                      2,5% BBP-groei?                                                                (2)

         2.3.5        Hoe kan die mynbousektor ekonomiese groei stimuleer?             (2 x 2)       (4)

2.4      Beskryf kortliks inkomevlakke en voorkeure en smaak as vraagredes vir
         internasionale handel.                                        (2 x 4)                       (8)

2.5      Evalueer belasting as deel van die owerheidstrategie om die ekonomie te laat
         groei.                                                                                      (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    8                                         DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE sake waaraan die Noord-Suid-verdeling
                      aandag gee.                                    (2 x 1)                          (2)

         3.1.2        Hoe sal 'n verbetering in produktiwiteit buitelandse investering in
                      Suid-Afrika bevoordeel?                                     (1 x 2)             (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP)

   'n Belangrike fokus van die NOP is om Suid-Afrikaners in 'n program te verenig wat die
   Grondwet se visie van 'n verenigde, vooruitstrewende, nie-rassige en nie-seksistiese
   gemeenskap sal verbeter.

                                          [Aangepas uit die Bestuursverslag oor Nasionale Ontwikkeling]

         3.2.1        Noem EEN ongelykheid waaraan die Nasionale Ontwikkelingsplan
                      aandag moet skenk.                                                              (1)
         3.2.2        Watter ekonomiese aanwyser meet die lewenstandaard van 'n
                      gemeenskap?                                                                     (1)
         3.2.3        Beskryf kortliks die term indiensneming.                                        (2)
         3.2.4        Hoekom moet die owerheid op kleinsake-ontwikkeling fokus om die
                      groot werkloosheidsprobleem op te los?                                          (2)
         3.2.5        Hoe sal die sukses van die NOP die ekonomie bevoordeel? (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    9                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          BBSEB MEER RELEVANT AS OOIT TEVORE

         Die BBSEB het ten doel om te verseker dat die ekonomie gestruktureer en
         getransformeer is. Dit sal lei tot die betekenisvolle deelname van die meeste
         landsburgers en die toetrede van swart entrepreneurs tot die hoofstroom
         ekonomiese aktiwiteite en die bevordering van koöperasies.

                                                      [Aangepas uit News24, Februarie 2017]

         3.3.1        Waarvoor staan die akroniem BBSEB?                                           (1)

         3.3.2        Watter staatsdepartement is daarvoor verantwoordelik om te
                      verseker dat die BBSEB-beleid 'n werklikheid word?                           (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling.                            (2)

         3.3.4        Watter positiewe rol speel die Nywerheidsbeleid-aksieplan (NBAP)
                      in swart ekonomiese bemagtiging?                                             (2)

         3.3.5        Wat kan gedoen word om die toetrede van swart entrepreneurs tot
                      besighede te bevorder?                                  (2 x 2)              (4)

3.4      Bespreek kortliks die aanbodkantbenadering in die bevordering van
         ekonomiese groei.                                            (4 x 2)                      (8)

3.5      Hoekom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir die ekonomie?                           (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     10                                         DBE/2019
                                              SS/NSS

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee enige TWEE voordele van die Uitgebreide Openbarewerke-
                      program (UOWP).                                     (2 x 1)                       (2)

         4.1.2        Hoe sal desentralisering van nywerhede tot werkskepping in die
                      land bydra?                                             (1 x 2)                   (2)

4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS
              TEEN HUIDIGE PRYSE     2010       2015        2017
                  (R miljoene)
          Duursame goedere                     136 049           199 971            209 997
          Semi-duursame goedere                133 323           203 082            231 668
          Nie-duursame goedere                 625 989           962 467           1 124 170
          Dienste                              726 476          1 051 760          1 199 221
          TOTAAL                              1 621 836         2 417 271          2 764 397
                          [Aangepas uit Quarterly Bulletin South African Reserve Bank, Maart 2018]

         4.2.1        Gee EEN voorbeeld van nie-duursame goedere.                                       (1)

         4.2.2        Noem EEN ander item wat gebruik word om BBP te bereken.                           (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term duursame goedere.                                       (2)

         4.2.4        Waarom is die syfers hierbo NIE 'n ware weerspieëling van die
                      BBP-groei NIE?                                                                    (2)

         4.2.5        Bereken die persentasiebydrae van dienste                  tot die finale
                      verbruiksbesteding deur huishoudings in 2017.                     (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    11                                       DBE/2019
                                             SS/NSS

4.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              BEGROTINGSTOESPRAAK 2018: VERANDERINGE IN INDIREKTE
                                 BELASTING
          INDIREKTE BELASTING                  STYGING IN BELASTINGKOERSE
          Koolstofbelasting              Die prys van plastieksakke styg met 50% tot
                                         12c per sak.
          Eiendomsbelasting              'n Styging van 25% op eiendomme van meer as
                                         R30 miljoen.
          Belasting op luukse            Die ad valorem-aksynsregte op luukse goedere,
          goedere                        soos motorvoertuie, styg van 7% tot 9%.
                                         [Aangepas uit https//www.fin24.com/budget speech 2018]

         4.3.1        Watter ministerie (departement) is verantwoordelik vir die aanbied
                      van die nasionale begrotingstoespraak aan die parlement?                       (1)

         4.3.2        Noem EEN vorm van direkte belasting wat aan die staat
                      betaalbaar is.                                                                 (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term begroting.                                           (2)

         4.3.4        Hoe sal die styging in koolstofbelasting op plastieksakke die
                      ekonomie bevoordeel?                                                           (2)

         4.3.5        Beskryf kortliks die mate waartoe die begroting aan ekonomiese
                      gelykheid aandag gee.                                   (2 x 2)                (4)

4.4      Bespreek kortliks vryemarkoriëntering en mededingendheid as riglyne vir
         streeksontwikkeling in Suid-Afrika.                              (2 x 4)                    (8)

4.5      Hoe sal 'n verbetering in ruilvoet die saldo op die lopende rekening                        (8)
         beïnvloed?                                                                                  [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    12                                     DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK. Verseker dat jou antwoord die struktuur wat hieronder aangedui
word, volg om die maksimum aantal punte te behaal.

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
     definieer of te omskryf
  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie
  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie
  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                  Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe            Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                 Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                           40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek invoervervanging as 'n internasionale handelsbeleid onder die volgende:
    - Voordele (8 punte)
    - Nadele (8 punte)
    - Metodes (10 punte)                                                  (26 punte)
   Hoekom behoort vryhandel bo beskerming verkies te word?               (10 punte)             [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek sosiale aanwysers volledig onder die volgende:
    - Onderwys (8 punte)
    - Dienste (8 punte)
    - Demografie (10 punte)                                       (26 punte)
   Hoe kan die gebruik van sosiale aanwysers die owerheid met besluitneming
    bystaan?                                                      (10 punte)                     [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                        GROOTTOTAAL:             150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [NW ECN PAPER 1 Afr SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-ecn-paper-1-afr-sept-2019/b6010c94-014f-4a28-af48-32fee5a27e90) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
